Skip to main content

Graad 10-vakkeuses 2018

Page 1

Inhoud

Verantwoordelike

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2017. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel +27 (0)12 420 3111

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Verantwoordelike vakkeuses vir Graad 10 is belangrik

Dit is baie teleurstellend wanneer Graad 12-leerders en hulle ouers besef dat die vakke wat die leerders geneem het hulle nie toelaat om vir hulle gekose studierigting aansoek te doen nie. Dit gebeur selfs dat hulle die regte vakke gekies het, maar nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie.

Twee redes vir hoë uitsakkings is die volgende:

(a) Leerders kies die verkeerde program.

(b) Leerders maak nie seker dat hul Graad 10-vakkeuses met hulle gekose program ooreenstem nie.

Ten einde enige gapings te oorbrug, stel hierdie brosjure Graad 9-leerders in staat om goeie vakkeuses vir Graad 10 te maak wat vir hulle toegang tot ʼn verskeidenheid programme sal bied. Leerders het ʼn belangrike verantwoordelikheid in hierdie opsig omdat oningeligte besluite oor vakkeuses hulle toekomstige loopbaanbeplanning kan benadeel. Leerders hoef nie te bekommer nie, want hulle

kan moontlikhede saam met hulle ouers en opvoeders beplan en oorweeg om te bepaal watter opwindende loopbaan hulle sal wil volg en watter vakke hulle in Graad 10 sal benodig om daardie droom te bewaarheid.

Hierdie brosjure is ‘n unieke, stap-vir-stap gids wat Graad 9-leerders in staat sal stel om sinvolle vakkeuses te maak vir Graad 10.

Stappe om te volg

StAp 01

Hierdie stap is dikwels die moeilikste en die een wat ouers en leerders moedeloos maak, veral as leerders werklik nie weet watter loopbaan hulle eendag wil volg nie. Die doel met hierdie stap moet egter nie noodwendig wees om te besluit oor ‘n spesifieke beroep nie, maar eerder oor ‘n breë beroepsbelangstellingsveld, bv gesondheidswetenskappe, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, ingenieurswese, ens.

Dit is daarom nodig dat leerders self soveel as moontlik inligting moet inwin oor sodanige moontlike beroeps-belangstellingsvelde wat by hulle eie belangstellings en persoonlikhede sal pas. Ouers kan hier ‘n groot rol speel en baie help omdat hulle meer weet van die eise wat spesifieke beroepe stel. Dit is belangrik dat leerders ondersteun en begelei moet word met advies om sover as moontlik uiteindelik hul EIE keuse te maak. Sodoende word die leerders se selfbeeld ontwikkel en neem hulle eienaarskap van hul besluite. Daar is verskeie bronne waarin meer inligting oor beroepsbelangstellingsvelde gekry kan word. Een sodanige bron wat aanbeveel word, is die webwerf van PACE Careers.

Versamel inligting oor moontlike beroepsgeleenthede

Leerders kan die volgende stappe volg:

ƒ Gaan na www.pacecareers.com.

ƒ Klik op “Services”.

ƒ Beweeg af en klik dan op “Take the Questionnaire” en dan op “Start the questionnaire”.

ƒ Registreer om die vraelys te voltooi. Dit bestaan uit 105 eenvoudige stellings waarop die leerder slegs “Ja” of “Nee” moet antwoord.

ƒ Sodra die laaste vraag beantwoord word, word ‘n profiel van die leerder se beroepsbelangstellingsvelde vertoon waar baie duidelik aangedui word watter belangstellingsvelde die sterkste is.

ƒ Reg langs elke belangstellingsveld is daar ‘n skakel waarop geklik kan word en wat dan ‘n lys gee van alle moontlike beroepe binne die betrokke belangstellingsveld.

ƒ Indien daar dan op ‘n spesifieke beroep geklik word, kry die leerder inligting in verband met die beroep, wat ‘n opsomming insluit oor wat die beroep behels, vakke wat vereis word en ook beroepsmoontlikhede.

ƒ Dit word verder aanbeveel dat leerders tyd aan skaduwerk moet bestee. Sodoende kan leerders die werksomgewing ervaar wat ‘n kritieke aspek is wanneer ‘n besluit oor ‘n spesifieke beroep geneem moet word.

StAp 02

Daar word van Graad 9-leerders verwag om minstens SEWE vakke in hul vakpakket vir Graad 10 in te sluit:

Vier verpligte vakke:

ƒ Huistaal

ƒ Eerste Addisionele Taal

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

StAp 03

Neem kennis van die struktuur van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat

Drie ander keusevakke uit ‘n lys van die erkende NSS 20-kredietvakke wat by die betrokke skool aangebied word.

‘n Lys van die skoolvakke waaruit ‘n leerder sal kan kies, sal deur die skool beskikbaar gestel word. Die verskeidenheid vakke wat aangebied kan word, sal bepaal word deur die beskikbare hulpbronne en toerusting by individuele skole.

Maak seker dat jy bewus is van die toelatingsvereistes om aan ‘n tersiêre instansie te studeer

Voorbeelde van tersiêre instansies sluit in universiteite, universiteite van tegnologie, kolleges vir verdere onderwys en opleiding (VOO)- en privaatkolleges. Daar is twee stelle toelatingsvereistes waaraan voornemende studente uiteindelik met hul Graad 11- en/of Graad 12-uitslae sal moet voldoen om aan ‘n tersiêre instansie te studeer:

Toelatingsvereistes van die Departement van Onderwys

Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of ‘n

Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat met ‘n minimum prestasievlak van 4 (50–59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder:

ƒ Rekeningkunde

ƒ Landbouwetenskap

ƒ Besigheidstudies

ƒ Verbruikerstudies

ƒ Dramatiese Kunste

ƒ Ekonomie

ƒ Ingenieursgrafika en ontwerp

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Tale

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Wiskundige Geletterdheid

ƒ Wiskunde

ƒ Musiek

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Religieuse Studies

ƒ Visuele Kunste

Toelatingsvereistes van die verskillende tersiêre instansies Hierdie toelatingsvereistes sluit fakulteitspesifieke toelatingsvereistes in. Let daarop dat die verskillende tersiêre instansies verskillende toelatingsvereistes sal hê. Vir die toelatingsvereistes wat deur die Universiteit van Pretoria gestel word, besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting.

Stappe om te volg: Stap 03 (vervolg)

Om in aanmerking te kom vir ‘n program moet die aansoeker voldoen aan die spesifieke vakvereistes sowel as die Toelatingspunttelling (TPT)-vereiste, byvoorbeeld:

program

BA (Oudiologie)

[4 jaar]

Sluitingsdatums:

SA – 30 Junie

Nie-SA – 30 Junie

Minimum vereistes vir 2019 prestasievlak tpt Engels Wiskunde NSS/IEB NSS/IEB

Departementele keuring is gebaseer op akademiese prestasie. Om toelating te behou, word daar van kandidate verwag om ’n TPT van minstens 32 in Graad 12 te behaal. Slegs 50 studente word toegelaat. Die voorlopige keuringsproses begin in Julie van die jaar wat die eerste studiejaar voorafgaan. Meer inligting kan van die programkoördineerder verkry word. Die eerste studiejaar vir Oudiologie en Spraak-Taalpatologie is dieselfde. Die keuse van Lewenswetenskappe word sterk aanbeveel. Die NBT is nie van toepassing op hierdie progam nie.

LET WEL: Slegs studente wat hierdie program as hulle eerste keuse op die Aanlynaansoek aandui, sal oorweeg word. Beroepe as ʼn oudioloog: Diagnostiese en rehabilitasie-oudiologie, oudiometrie en gehoorterapie, werk in die onderwys, buitengewone onderwys, hospitale, klinieke, privaat praktyk, die staat, militêre - en akademiese instellings (onderrig en navorsing ) en industrieë

Die berekening van die TPT word gedoen op grond van ‘n sewepuntgraderingskaal

Nasionale Seniorsertifikaat (NSS) sewepuntgraderingskaal

Voorbeeld: Joanne Govender

UP-taalbeleid

Vanaf 1 Januarie 2019 sal Engels die taal van onderrig en leer vir alle eerstejaar-programme wees. Die enigste uitsondering is waar studente ander tale bestudeer en in programme met beroepspesifieke taaluitkomste, onderhewig aan goedkeuring deur die Senaat. Engels sal ook op alle kampusse en in koshuise die taal van amptelike kommunikasie en administrasie wees. Waar dit aangevra en haalbaar is, bestaan die moontlikheid dat administratiewe dienste in ander Suid-Afrikaanse tale gelewer kan word.

Studente wat voor 2019 geregistreer het, insluitende diegene wat in 2018 vir die eerste keer geregistreer het, sal steeds lesings, tutoriale, studiegidse en assesseringsmateriaal (vraestelle, werkopdragte ensovoorts) in Afrikaans ontvang vir daardie programme wat ten tye van registrasie in Afrikaans aangebied was, gegewe dat die grootte van die klas prakties haalbaar bly en dat dit akademies regverdigbaar is.

Waar assessering en vraestelle in Afrikaans aangebied word, sal studente wat tans geregistreer is, ook toegelaat word om in Afrikaans te antwoord.

StAp 04

Alle leerders is nie ewe lief vir Wiskunde nie en alle leerders is ook nie in dieselfde mate aangelê om die vak ewe goed te bemeester nie. Dit is onwaarskynlik dat leerders wat nie lief is vir Wiskunde nie en nie goed daarin presteer nie, ‘n studie- of beroepsrigting sal kies waar Wiskunde ‘n vereiste is. Dit is egter ‘n realiteit dat Wiskunde ‘n vereiste vak is vir heelwat programme op tersiêre vlak en dat leerders wat nie Wiskunde neem nie, daarom nie vir sodanige programme oorweeg sal word nie.

Leerders bemeester gewoonlik die inhoud van Wiskundige Geletterdheid makliker as die inhoud van Wiskunde aangesien Wiskundige Geletterdheid meer te make het met die praktiese aanwending van wiskundige beginsels en begrippe in die alledaagse lewe, bv die berekening van oppervlaktes, volumes en omtrekke, die berekening van wins en verlies, die opstel van ‘n begroting, ens.

Neem ‘n belangrike besluit tussen Wiskunde en Wiskundige

Geletterdheid

Onthou dat ‘n slaagpunt in Wiskundige Geletterdheid vir ‘n leerder beter is as ‘n druippunt in Wiskunde. Dit behoort ook die uitgangspunt te wees wanneer die leerder saam met sy ouer die keuse moet maak tussen hierdie twee vakke. Leerders en ouers word sterk aangemoedig om die aanbeveling van die skool en die Wiskunde-onderwyser in hierdie verband te oorweeg wanneer hierdie belangrike besluit geneem moet word.

Let ook daarop dat dit verseker nie die einde van die studie- of beroepspaadjie is vir ‘n leerder wat nie Wiskunde neem nie. Daar is talle studierigtings beskikbaar vir leerders wat Wiskundige Geletterdheid as vak neem wat duidelik aangedui word in die fakulteitstabelle in hierdie brosjure. Dit is ook ‘n feit dat hierdie leerders net so suksesvol in hul latere beroepe kan wees as hul kollegas wat Wiskunde as ‘n vak geneem het.

StAp 05

Die struktuur van die NSS en die IEB-sertifikaat waarna in Stap 2 verwys is, stel Graad 10leerders in staat om, afgesien van die kritiese en verpligte vakke, ook keusevakke te neem wat die leerder geniet en waarin leerders goed kan presteer om hulle gemiddelde punt op te skuif. Afgesien van goeie prestasies in die vakke wat vir spesifieke programme vereis word, is die gemiddelde persentasie wat leerders vir al hul vakke saam behaal, baie belangrik om uiteindelik toegelaat te word vir programme by tersiêre instansies.

Besluit nou op ‘n veilige vakkeuse vir Graad 10

Die fakulteitstabelle vanaf bladsy 9 weerspieël al die voorgraadse programme wat by die Universiteit van Pretoria aangebied word met daarnaas die vereiste NSS/IEB-vakke waaruit leerders in Graad 10 sal moet kies om vir die programme oorweeg te kan word. Hierdie tabelle sluit ook wenke in oor ander toepaslike keusevakke om die vakpakket van sewe vakke vol te maak. Neem kennis dat daar vakke aangedui kan word wat nie noodwendig by alle skole aangebied word nie. Daar mag ook by sommige skole erkende NSS 20-kredietvakke aangebied word wat nie in hierdie tabel verskyn nie en wat die leerder as ‘n keusevak sal kan kies.

StAp 06

Word ‘n Juniortukkie

Die JuniorTukkie-program van die Departement Toelating en Studenteadministrasie aan die Universiteit van Pretoria is gestig om leerders in Grade 9, 10, 11 en 12 te help om verantwoordelike studie- en loopbaankeuses te maak.

Die JuniorTukkie-inisiatief ontwikkel ook belangrike vaardighede om leerders beter toe te rus vir die uitdagings wat hulle in hulle persoonlike en ook professionele hoedanigheid kan teëkom. Die JuniorTukkie-program bied onder meer ‘n groot verskeidenheid dienste vir leerders en studente soos eerstehandse inligting oor studie- en loopbaanopsies, leierskap-, lewensvaardigheid- en studievaardigheid-ontwikkeling, sowel as betrokkenheid by gemeenskapsprojekte en talle meer. Leerders met ‘n minimum akademiese gemiddeld van 70% kan vir lidmaatskap van die JuniorTukkieklub aansoek doen. Lidmaatskap van die JuniorTukkie-klub is kosteloos.

Kyk net na al die voordele waarin JuniorTukkies kan deel:

ƒ Ontvang elke jaar twee aanlyn uitgawes van die JuniorTukkie-tydskrif propvol kampusinligting en ook inligting oor die verskillende fakulteite en programme wat ons aanbied.

ƒ Toegang tot ons JuniorTukkie-webblad en JT App, waar onder meer ook studiegidse vir ‘n aantal skoolvakke afgelaai kan word, geleenthede lewendig uitgesaai word, ens.

ƒ Toegang tot nuttige eksamenwenke

ƒ Persoonlike uitnodigings na geleenthede en funksies wat die Universiteit van Pretoria aanbied.

ƒ Regstreekse toegang tot die JuniorTukkiekantoor om met jou navrae te help.

ƒ Bystand om te verseker dat jou aansoekproses glad verloop wanneer jy in jou Graad 12-jaar aansoek doen vir toelating tot studie aan die Universiteit van Pretoria.

ƒ Toegang tot die JuniorTukkie Somer- en Winterskole.

ƒ Toegang tot e-leer-verrykingsprogramme in Wiskunde en Fisiese Wetenskap.

ƒ Toegang tot die Lectorsaleesontwikkelingsprogram.

Maak ‘n slim Graad 10-vakkeuse op grond van die betrokke programvereistes.

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 10-vakpakket

Minimum vereistes vir 2019

programme

BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak

(Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Landbouwetenskap

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Toerisme

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Rekeningkunde

ƒ Landbouwetenskap

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Toerisme

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Opvoedkunde Graad 10-vakpakket programme

prestasievlak

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

NSS/IEB

Minimum vereistes vir 2019 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

BEd (Grondslagfase-onderwys) –Voorskool tot Graad 3 4

BEd (Intermediêrefase-onderwys)

– Graad 4 tot 6 4

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys) – Graad 7 tot 12

Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap Onderwys

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys) – Graad 7 tot 12

(Natuurwetenskappe opsie)

Additionele vakvereistes:

ƒ Fisiese Wetenskap 5 (60-69%)

tpt

28 (26–27 toelating op grond van die NBt)

28 (26–27 toelating op grond van die NBt)

28 (26–27 admission based on the NBt)

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Toerisme

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Landbouwetenskap

ƒ Dramatiese Kunste

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Musiek

ƒ Religieuse Studies

ƒ Visuele Kunste

ƒ Gasvryheidstudies

ƒ Verbruikerstudies

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Wiskunde 5 (60-69%) 4 28 (26–27 toelating op grond van die NBt)

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys) – Graad 7 tot 12

(Ekonomiese- en bestuurswetenskappe opsie)

Additionele vakvereiste:

ƒ Wiskunde 4 (50-59%)

4 28 (26–27 toelating op grond van die NBt)

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Geografie

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Rekeningkunde

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Toerisme

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Gasvryheidstudies

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Graad 10-vakpakket programme

Minimum vereistes vir 2019

prestasievlak

SKOOL VIR DIE BOUOMGEWING

BSc (Binne-

Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

tpt

BSc (Konstruksiebestuur) 5 5 of Rekeningkunde 4 30

BSc (Eiendomswese) 5 5 of Rekeningkunde 4 30

BSc (Bourekenkunde) 5 5 of Rekeningkunde 4 30

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap of Geografie of Lewenswetenskappe

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap of Rekeningkunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Rekeningkunde

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Rekeningkunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Visuele Kunste

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Geografie

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Rekeningkunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Geskiedenis

ƒ Visuele Kunste

ƒ Siviele Tegnologie

ƒ ‘n Derde taal

programme

SKOOL VIR

DIE BOUOMGEWING

Minimum vereistes vir 2019 Graad 10-vakpakket prestasievlak

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

Wiskunde Fisiese Wetenskap

NSS/IEB NSS/IEB NSS/IEB

tpt

BS&S –Baccalaureus in Stads- en Streekbeplanning 5 4 - 27

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan

Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak

(Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Rekeningkunde

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Visuele Kunste

ƒ ‘n Derde taal programme

Minimum vereistes vir 2019 Graad 10-vakpakket prestasievlak

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word) SKOOL VIR INGENIEURSWESE

(Bedryfsingenieurswese)

BIng (Siviele

BIng

BIng (Meganiese

tpt

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Rekeningkunde

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Ekonomie

Addisioneel tot die vakpakket word leerders aangemoedig om ook Addisionele Wiskunde te neem.

BIng (Mynbouingenieurswese)

BIng (Rekenaaringenieurswese)

Aanvullende Graadprogram in

programme

SKOOL VIR

Minimum vereistes vir 2019 Graad 10-vakpakket prestasievlak tpt

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

BSc (Rekenaarwetenskap) 5 5

BIS (Multimedia) 4 5

BSc (Inligting- en Kennisstelsels) 4 5

BIS (Inligtingkunde) 428 (25–27 toelating op grond van die NBt)

BIS (Uitgewerswese) 5

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste

Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Besigheidstudies

ƒ Rekeningkunde

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Besigheidstudies

ƒ Rekeningkunde

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Teologie en Religie Graad 10-vakpakket programme

Minimum vereistes vir 2019

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

prestasievlak tpt

NSS/IEB

BDiv – Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv studie) 4

BTh – Baccalaureus Theologiae 4

DipTh – Diploma in Teologie 3

25 (23–24 toelating op grond van die NBt)

25 (23–24 toelating op grond van die NBt)

22 (20–21 toelating op grond van die NBt)

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Musiek

ƒ Dramatiese Kunste

ƒ Geskiedenis

ƒ Religieuse Studies

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Minimum vereistes vir 2019

prestasievlak

programme

– Baccalaureus

BSportSci –

BVerpl –

BKMP –

Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk 4 4 - 25

Graad 10-vakpakket

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap (of Lewenswetenskappe slegs vir BSportSci)

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ ‘n Derde taal

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Geesteswetenskappe Graad 10-vakpakket programme

prestasievlak

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal Wiskunde

tpt

Minimum vereistes vir 2019 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

NSS/IEB NSS/IEB

BA (Spraak-Taalpatologie) 5 4 32

BA (Oudiologie) 5 4 32

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Musiek

ƒ ‘n Derde taal

BA 5 - 30

BA (Regte) 5 - 30

BA (Tale) 5 - 30

BSocSci (Bedryfsosiologie en Arbeidstudies) 5 - 30

BSocSci (Erfenis- en Kultuurtoerisme) 5 - 30

BMW – Baccalaureus in Maatskaplike Werk 5 - 30 ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

BPolSci (Internasionale Studies) 5 - 30

BPolSci (Politieke Studies) 5 - 30

BA (Beeldende Kunste) 5 - 30

BA (Inligtingsontwerp) 5 - 30

BA (Visuele Studies) 5 - 30

BMus 5 - 30

BDram – Baccalaureus in Drama 5 - 30

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Toerisme

ƒ Dramatiese Kunste

ƒ Visuele Kunste

ƒ Musiek

ƒ ‘n Derde taal

BSocSci (Filosofie, Politiek en Ekonomie) [PPE] 5 5 32

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Geskiedenis

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Inligtingtegnologie

ƒ Religieuse Studies

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Regsgeleerdheid Graad 10-vakpakket program

Minimum vereistes vir 2019

prestasievlak

Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal

tpt

NSS/IEB LLB 5 32

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak

(Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Dramatiese Kunste

ƒ Geskiedenis

ƒ Besigheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Veeartsenykunde Graad 10-vakpakket programme

Minimum vereistes vir 2019

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak (Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekeningkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Ekonomie

ƒ Geografie

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Landbouwetenskap

ƒ ‘n Derde taal Baccalaureus

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewensoriëntering

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Minimum vereistes vir 2019

Graad 10-vakpakket programme

prestasievlak

(Biologiese Wetenskappe)

(Biotegnologie)

BSc (Genetika)

BSc (Mensgenetika)

BSc (Mensfisiologie)

BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde)

(Mediese Wetenskappe)

(Geoinformatika)

(Geologie)

(Meteorologie)

BSc (Omgewingswetenskappe)

BSc (Omgewings- en Ingenieursgeologie)

BSc (Kulinêre Wetenskap)

BSc (Voedselwetenskap)

BSc (Voeding)

BScAgric (Landbouekonomie en Agribesigheidsbestuur)

BScAgric (Veekunde)

BScAgric (Plantpatologie)

BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe)

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak

(Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Geografie

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Landbouwetenskap

ƒ Ekonomie

ƒ Besigheidstudies

ƒ Rekeningkunde

ƒ Ingenieursgrafika en -ontwerp

ƒ Verbruikerstudies

ƒ Gasvryheidstudies

ƒ ‘n Derde taal

programme

Minimum vereistes vir 2019 Graad 10-vakpakket prestasievlak tpt

Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele

Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

Gewilde vakke wat geneem MAG word om die pakket vol te maak

(Ander 20-krediet skoolvakke wat nie hier gelys word nie, mag ook oorweeg word)

ƒ Inligtingtegnologie*

ƒ Fisiese Wetenskap*

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Ekonomie

ƒ Besigheidstudies

ƒ Rekeningkunde

ƒ ‘n Derde taal

*Veral belangrik vir studies in aktuariële wetenskappe. Leerders word ook aangemoedig om Alpha of Addisionele

Wiskunde te neem alhoewel alle skole dit nie aanbied nie.

ƒ Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste

Addisionele

Taalvlak moet wees

ƒ Wiskunde

ƒ Lewensoriëntering

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Fisiese Wetenskap

ƒ Lewenswetenskappe

ƒ Verbruikerstudies

ƒ Gasvryheidstudies

ƒ Ekonomie

ƒ Besigheidstudies

ƒ Rekeningkunde

ƒ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria kontakinligting

Leerders en ouers is baie welkom om die Departement Toelating en Studenteadministrasie by die Universiteit te kontak vir enige navrae en advies.

Tel +27 (0)12 420 3111 | E-pos ssc@up.ac.za | Webwerf www.up.ac.za

Fisiese adres

Universiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield

Posadres

Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028

JuniorTukkie kontakinligting

Tel +27 (0)12 420 5102/6606 | E-pos junior.tukkie@up.ac.za Webwerf www.up.ac.za/juniortukkie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Graad 10-vakkeuses 2018 by University of Pretoria - Issuu