Skip to main content

Fakulteit Opvoedkunde 2017/18

Page 1


Boodskap van die Dekaan

As Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde sluit my visie aan by die breër 2025-visie van die Universiteit, naamlik om ‘n voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionaal erken word vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mensebydraes, die skep van kennis en vir betekenisvolle plaaslike en internasionale bydraes

Studente wat met studie op enige vlak begin, sal dus ‘n kompeterende maar ondersteunende omgewing vind waar elke student ernstig opgeneem word en bekwaam voorberei word om as ‘n professionele persoon in enige deel van die wêreld uit te blink. In nastrewing van uitnemende onderrig, volg die Fakulteit die Universiteit se hibriede onderrig- en leermodel, ‘n optimale vermenging van direkte kontakonderrig en virtuele (of aanlyn) leergeleenthede vir studente. Hierdie model bied die beste van albei wêrelde – direkte kontakonderrig waar toepaslik, verryk deur die wye verskeidenheid virtuele leerinstrumente en -produkte (YouTubevideo’s, selfoontoepassings, narratiewe PowerPoint-aanbiedings) wat beskikbaar gestel word. Gevolglik sal die Fakulteit onderwysers lewer wat tegnologies ingestel en geletterd is en dus in staat is om op die vinnig veranderende onderrigomgewing in skole te reageer.

Die Fakulteit gee opleiding aan professionele onderwysers en opleiers afkomstig van pre-primêre, primêre en hoërskole; klinieke en hospitale; die opleidingsafdelings van sake- en nywerheidsondernemings; regeringsen nie-regeringsorganisasies; en die volwasse- en gemeenskapsonderrigsektore. Die graad BEd is die beste keuse vir iemand wat ‘n ten

Die Universiteit van Pretoria funksioneer in ‘n nasionale landskap waar toegang, sukses, billikheid, kwaliteit, relevansie en breë transformasie bewese uitdagings is.

volle gekwalifiseerde en professioneel geregistreerde onderwyser wil word. As ‘n student belang stel in die onderwys, sal enige van die volgende drie skoolfases toepaslik wees: BEd (Grondslagfaseonderwys) – Voorskool tot Graad 3, BEd (Intermediêrefase-onderwys) –Graad 4 tot 6 en BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys) – Graad 7 tot 12.

Die Grondslagfase is baie aantreklik vir die onderwyser wat daarvan hou om met jonger kinders te werk en hulle dop te hou en te help ontwikkel in hierdie vormingstyd wanneer hulle die vinnigste groei en leer. Die Intermediêre Fase gee aan ‘n onderwyser die geleentheid om in ‘n mate te spesialiseer aangesien die ontwikkeling van spesifieke vakke toenemend belangrik word terwyl die ontwikkelingsen remediërende behoeftes van die kind steeds teenwoordig is. In die BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12, bied die Universiteit van Pretoria van die mees omvattende verskeidenheid vakke wat vir onderrig geakkrediteer is, aan met feitlik alle spesialisvakke wat deur spesialisdepartemente aangebied word.

Die vorm van aanbieding van programme deur spesialisdepartemente maak dit vir ‘n BEd-onderwyser moontlik om aan te gaan met ‘n BScHons of ‘n BAHons in sy/haar spesialisgebied. Met hierdie kwalifikasies kan ‘n Opvoedkundestudent ook ‘n meesters- en doktorsgraad in die verskillende spesialisgebiede doen. Vanaf hul tweede jaar doen Opvoedkundestudente prakties by skole. In hul vierde of finale jaar bring hulle 14 weke by skole in Pretoria en ander dele van die land deur.

Net soos die Universiteit se graduandi in ander dissiplines, kry onderwysers uit ons Fakulteit makliker werk as die wat hul opleiding aan enige ander instansie in Suid-Afrika ontvang het. Ons studente is professioneel goed voorberei en word gekenmerk deur hul diepgaande vakkennis en aanpasbaarheid. Hulle kan hul kennis uitbrei om by veranderende kurrikula en omgewingsbehoeftes aan te pas en is kreatief en selfversekerd.

Die Groenkloofkampus huisves meer as 3 500 BEd-studente waarvan aansienlik meer as 800 elke jaar gradueer en die onderwysprofessie betree. Onderwys is ‘n ooglopende prioriteit in ‘n land waar sommige studies toon dat slegs 7% van matrikulante openbare hoër onderrig betree, 12% ander vorms van voortgesette en hoër onderrig betree, 30% ‘n werk kry en 51% van alle jongmense werkloos is.

Die Fakulteit Opvoedkunde word as een van die top 200 ter wêreld beskou volgens die QS World University-ranglys en as die top fakulteit Opvoedkunde in Suid-Afrika op grond van sy getal NNS-gegradeerde navorsers. Die Fakulteit se akademiese aanbieding word internasionaal gereken en so ook sy reputasie as werkgewer en bron van navorsingsitate. Die krag van die Fakulteit se BEd is geleë in sy vennootskap met vooraanstaande spesialisdepartemente en -fakulteite.

Die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria is die voorkeurfakulteit vir aspirant onderwysers met ‘n passie vir leer.

Tel +27 (0)12 420 5721

E-pos chika.sehoole@up.ac.za

Prof Chika Sehoole Dekaan: Fakulteit Opvoedkunde

Inhoud

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2016. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111.

Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Voorgraadse programme

Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2018

ƒ Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ’n kandidaat wat oor ’n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ’n kandidaat wat ’n gegradueerde van ’n ander tersiêre instelling is of die status van ’n gegradueerde van so ’n instelling geniet; en ’n kandidaat wat ’n gegradueerde van ’n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.

ƒ Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.

ƒ Voornemende studente met ’n TPT van 26-29 moet die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) aflê. Finale toelating sal deur die Toelatingskomitee van die Fakulteit bepaal word, afhangende van die uitslag van die NBT.

ƒ Sodra kandidate tot die BEd-graad toegelaat is, sal hulle in kennis gestel word dat hulle in Januarie van die volgende jaar by die Universiteit moet registreer. Dit is in ’n voornemende student se eie belang om so spoedig moontlik aansoek te doen, veral met betrekking tot finansiële bystand en/of koshuisverblyf.

Universiteit van Pretoria-webwerf

www.up.ac.za/education Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za

Programme

BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3 [4 jaar]

Sluitingsdatums:

SA – 30 September

Minimum vereistes vir 2018

Prestasievlak TPT Afrikaans of Engels NSS/ IEB HIGCSE ASLevel ALevel

Nie-SA – 31 Augustus 4 3 D D 30 (26–29 toelating op grond van die NBT)

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in preprimêre of primêre skole

BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6 [4 jaar]

Sluitingsdatums:

SA – 30 September

Nie-SA – 31 Augustus

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre skole

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12 [4 jaar]

Sluitingsdatums:

SA – 30 September

Nie-SA – 31 Augustus

‘n Addisionele vakvereiste vir keusemodules in ekonomiese en bestuurswetenskappe is Wiskunde, geslaag met ‘n prestasievlak van 4 (50%–59%) in Graad 12.

Addisionele vakvereistes vir keusemodules in natuurwetenskappe is Fisiese Wetenskap, geslaag met ‘n prestasievlak van 5 (60%–69%), en Wiskunde geslaag met ‘n prestasievlak van 5 (60%–69%) in Graad 12.

Beroepe: Onderwysers en opleidingsbeamptes in primêre of sekondêre skole

4 3 D D 30 (26–29 toelating op grond van die NBT)

4 3 D D

30 (26–29 toelating op grond van die NBT)

Die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria is een van die grootste en mees diverse fakulteite in Suid-Afrika vir die aanvanklike en gevorderde opleiding van professionele opvoedkundiges van regoor die wêreld. ’n Onderskeidende kenmerk van die Fakulteit is dat nie net voordiensonderwysers opgelei word nie, maar ook opvoedkundige sielkundiges, skoolhoofde, navorsers, programevalueerders, kurrikulumontwerpers, spesialiste in rekenaaronderrig, -opleiding en -assessering, onderwys-beleidanaliste, gemeenskapsontwikkelingswerkers en onderwysregsadviseurs wat in nasionale en internasionale agentskappe en organisasies werksaam is.

Doel van die Baccalaureus-graad in Opvoedkunde

Die doel van die kwalifikasie is om onderwysers op te lei wat bevoeg is om onderwys in ’n spesifieke leergebied of fase te gee soos gespesifiseer deur die verskillende kwalifiseerders.

Voorbereiding vir ’n beroep in opvoedkunde

Die toekoms van Suid-Afrika lê in die opvoeding van sy mense. Onderwys bly ’n loopbaan wat nie net uitdagend en vervullend is nie, maar ook lewensnoodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van die bevolking. Ten einde onderwysers, opvoedkundige sielkundiges, bestuurders en beleidmakers vir hierdie reuse-uitdaging voor te berei, bied die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria kwalifikasies aan wat innoverend en relevant is.

Studente word toegerus vir die nuwe uitdagings van die onderwysberoep. Daar is min loopbane wat so vervullend soos die onderwys is en daar is nie ’n beter plek om jou loopbaan te begin as by die Fakulteit Opvoedkunde by die Universiteit van Pretoria nie. Opwindende voorgraadse programme in onderwyseropleiding word aangebied.

1. Die graad BEd is die beste keuse vir studente wat ten volle gekwalifiseerde en professioneel geregistreerde onderwysers wil word. 2. Wanneer ‘n student ‘n passie vir die onderwys het, sal enige een van die volgende fases toepaslik wees: BEd (Grondslagfaseonderwys) – Voorskool tot Graad 3, BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6 en BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12. 3. Die Fakulteit Opvoedkunde is die tuiste vir meer as 3000 Baccalaureus in Opvoedkundestudente. 4. Die Fakulteit Opvoedkunde is met uitstekende rekenaarlaboratoriums toegerus. 5. Kunsonderwys-studente het die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef. 6. Groenkloofkampus is ‘n veilige kampus met ‘n aangename leeromgewing. 7. Opvoedkunde-studente het ook ‘n goeie student-onderwyser ervaring by skole waar hul praktiese onderwys doen. 8. Die Fakulteit Opvoedkunde by die Groenkloofkampus word internasionaal erken vir hul goeie akademiese reputasie, werkgewer-reputasie en navorsing. 9. Die Grondslagfase is ‘n aantreklike rigting vir die onderwyser wat lief is vir klein kindertjies, en om hul te help om op die regte manier te leer en te ontwikkel. 10. Studente neem deel aan kreatiewe aktiwiteite wat hul gedagtes stimuleer en hul die geleentheid bied om ook gemeenskapsdiens te lewer.

1. Die Fakulteit Opvoedkunde bied jaarliks ‘n kultuurfees aan waar studente die geleentheid kry om hul talente in kuns, musiek en tale te wys. 2. Trots daarop om ‘n BEd-graad te ontvang. 3. Die kampus het vele uitstekende infrastruktuurontwikkelings wat die studente op vele gebiede bevoordeel. 4. Musiekopvoeding is ‘n belangrike deel van die program van die studente wat in die vakgebied wil skoolhou. 5. Dit is duidelik hoe die student oor die Fakulteit Opvoedkunde en oor die Universiteit voel. 6. Interaktiewe leer in die klasse. 7. Die Groenkloofkampus is die tuiste van Opvoedkunde-studente. 8. Die nuwe lesingslokale kan tot 350 studente op ‘n keer akkommodeer. 9. ‘n Kunsopvoeding-student wat sy talente uitleef. 10. Tot 800 finalejaar BEd-studente gradueer elke jaar.

Voorgraadse programme

Baccalaureus Educationis (BEd)-programme en modules

Fundamentele modules in al die programme

ƒ Akademiese-inligtingsbestuur

ƒ Geletterdhede vir die Onderwys

BEd (Grondslagfase-onderwys) – Voorskool tot Graad 3

Kernmodules

ƒ Opvoedkunde

ƒ Grondslagfasestudies

ƒ Leerondersteuning

ƒ Lewensvaardigheidsmodules

ƒ Geletterdheidsmodules

ƒ Grondslagfasewiskunde

ƒ Navorsingsmetodologie

ƒ Praktiese Onderwys

Keusemodules

Een taal as keusemodule tot op tweedejaarsvlak

ƒ Zulu

ƒ Sepedi

ƒ Ndebele

ƒ Setswana

BEd (Intermediêrefase-onderwys) – Graad 4 tot 6

Kernmodules

ƒ Opvoedkunde

ƒ Leerondersteuning

ƒ Professionele Studies

ƒ Navorsingsmetodologie

ƒ Praktiese Onderwys

ƒ Kommunikatiewe vaardigheid in ’n Afrikataal

Keusemodules

Een taal as keusemodule tot op tweedejaarsvlak

ƒ Een van vier Afrikatale/Engels/Afrikaans

ƒ Wiskunde (prestasievlak van ten minste 4 in Graad 12 word vereis)

ƒ Geografie/Geskiedenis

ƒ Kunsopvoeding

ƒ Musiekopvoeding

ƒ Natuurwetenskap en Tegnologie

ƒ Lewensoriëntering en Menslike Bewegingstudies

BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys) – Graad 7 tot 12

Kernmodules

ƒ Opvoedkunde

ƒ Professionele Studies

ƒ Navorsingsmetodologie

ƒ Praktiese Onderwys

ƒ Kommunikatiewe vaardigheid in ’n Afrikataal

Graad 12-vakvereistes vir keusemodules

Keusemodules vir die volgende pakkette

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

ƒ Statistiek*

ƒ Ondernemingsbestuur

ƒ Erfenis- en Kultuurtoerisme

ƒ Finansiële Rekeningkunde*

ƒ Ekonomie*

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie*

Natuurwetenskappe

ƒ Wiskunde

ƒ Plantkunde

ƒ Dierkunde

ƒ Chemie

ƒ Fisika

Keusemodules

ƒ Een van vier Afrikatale/Engels/Afrikaans

ƒ Wiskunde (prestasievlak van ten minste 5 in Graad 12 word vereis)

ƒ Geografie

ƒ Geskiedenis

ƒ Godsdiensstudies of Sielkunde

ƒ Rekenaartoepassingstegnologie

ƒ Kunsopvoeding

ƒ Musiekopvoeding

ƒ Lewensoriëntering en Menslike Bewegingstudies

ƒ Erfenis- en Kultuurtoerisme

ƒ Ondernemingsbestuur

Voorvereistes

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

*Leerders moet in Graad 12 Wiskunde slaag met minstens 50%

Natuurwetenskappe

Leerders moet in Graad 12 beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap slaag met minstens 60%

Voorgraadse programme

Kontakinligting vir voorgraadse navrae

Hannie de Weerd

Tel +27 (0)12 420 5644

Faks +27 (0)12 420 5933

E-pos hannie.deweerd@up.ac.za

Monicca Makena

Tel +27 (0)12 420 5546

Faks +27 (0)12 420 5933

E-pos monicca.makena@up.ac.za

Tshego Chauke

Tel +27 (0)12 420 5660

Faks +27 (0)12 420 5933

E-pos tshegofatso.chauke@up.ac.za

Thandi Mngomezulu

Tel +27 (0)12 420 5615

Faks +27 (0)12 420 5933

E-pos thandi.mngomezulu@up.ac.za

Algemene inligting

Besoek www.up.ac.za/toelatingsinlgting vir inligting oor die volgende:

ƒ Studie-inligting

ƒ Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT)

ƒ Sluitingsdatums

ƒ Fooie en befondsing

ƒ Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders

ƒ Doen aansoek by UP

ƒ Wysig of voeg ’n program by

ƒ Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)

ƒ Aansoekstatus

ƒ Berei voor om by UP te studeer

ƒ Registrasie en aanvang van die akademiese jaar

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Fakulteit Opvoedkunde 2017/18 by University of Pretoria - Issuu