

Boodskap van die Dekaan

Prof Elsabé Loots
Dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se sukses berus op die klem wat geplaas word op die voorbereiding van ‘n nuwe generasie sakeleiers, entrepreneurs, bestuurders en regeringsamptenare wat werksgeleenthede kan skep en ‘n innoverende lewensuitkyk handhaaf.
Die Fakulteit bestaan uit agt departemente: Rekeningkunde, Ouditkunde, Belasting, Finansiële
Die Universiteit van Pretoria streef daarna om internasionaal mededingend en nasionaal relevant te wees. Die Fakulteit dra hiertoe by deur te verseker dat die akademiese en navorsingsprogramme deurentyd aan die hoogste standaarde voldoen en dat nasionale en internasionale akkreditasie van grade deur professionele liggame gehandhaaf word. Die Fakulteit streef verder daarna om te verseker dat die markwaarde van die grade wat toegeken word, altyd ‘n mededingende voordeel vir studente sal skep.
Bestuur, Ekonomie, Bemarkingsbestuur (insluitende Toerismebestuur), Menslikehulpbronbestuur en Ondernemingsbestuur (insluitende Kommunikasiebestuur), asook die Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie. Hierdie departemente en skool bied gesamentlik al die BCom- en BAdmingrade, sowel as die nagraadse programme op honneurs-, magister- en doktorale vlak aan.
Die Fakulteit het aktiewe ooreenkomste met verskeie internasionale instellings. Vir meer inligting oor die akademiese aanbieding van die Fakulteit, besoek gerus www.up.ac.za/bcom.
Tel +27 (0)12 420 2425 E-pos emsdean@up.ac.za
Inhoud
Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2016. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111.
Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
Voorgraadse programme
Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2018
Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is.
Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT.
Universiteit van Pretoria-webwerf
www.up.ac.za/ebw Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za
Programme
BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Eerste stap tot kwalifisering as geoktrooieerde rekenmeesters en ander rekenmeesterskategorieë, finansiële bestuurders, interne ouditeurs, boekhouers, bankiers, belastingpraktisyns en -adviseurs, koste- en bestuursrekenmeesters en kredietbestuurders
BCom (Beleggingsbestuur)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Fondsbestuurders, beleggingsadviseurs, finansiële adviseurs, bestuursrekenmeesters, bestuurskonsultante, finansiële bestuurders, beleggingsmakelaars en beleggingsanaliste
BCom (Finansiële Wetenskappe)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe:
Spesialisering in finansiële bestuur: Bestuurskonsultante, prestasiebestuurders, kwaliteitsbestuurders, kosterekenmeesters, finansiële beplanners, finansiële adviseurs, bestuursrekenmeesters, finansiële bestuurders, besigheidsontleders en strategieontleders
Spesialisering in belasting: Belastingouditeurs in openbare praktyk, belastingrisikobestuurders, belastingadviseurs, belastingbeleidsontwerpers, SARS-ouditeurs, belastingnakomingsbestuurders en belastingpraktisyns
Spesialisering in interne ouditkunde: Interne ouditeurs, nakomingsbeamptes, forensiese ouditeurs, rekenaarouditeurs, finansiële ouditeurs, prestasieouditeurs, omgewingsouditeurs, risikobeamptes, staatsouditeurs en korporatiewebeheerouditeurs
BCom (Ekonometrie)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Ekonometrici word plaaslik en internasionaal in diens geneem deur die regering, die sentrale bank, privaat en kommersiële banke, leidinggewende aandelemakelaars en konsultante. Posisies sluit analiste, konsultante, navorsers, makelaars en akademici in. Die werk behels meestal statistiese ontleding (vooruitskatting, strukturele en beleidsanalise) van ekonomiese en finansiële markte en interverwantskappe.
BCom (Ekonomie)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Ekonome kan spesialiseer in bankwese, owerheidsekonomie, internasionale handel en investering of ekonomiese ontwikkeling. Ekonome word plaaslik en internasionaal aangestel deur die regering, die sentrale bank, privaat en kommersiële banke, aandelemarkfirmas en konsultasiemaatskappye. Posisies sluit analiste, konsultante, navorsers, makelaars en akademici in.
BCom (Regte)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Eerste stap tot prokureurs, regsadviseurs, advokate, aanklaers, voorsittende beamptes, landdroste of regters en regsakademici
BCom (Statistiek)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Datawetenskaplikes, statistiese analiste in verskeie bedryfsektore, navorsers, konsultante en dosente
Voorgraadse programme
Programme
BCom (Informatika)
Fokusarea: Inligtingstelsels [3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Bestuurders in die inligtingtegnologie-omgewing, sagteware- of hardeware-ondersteuners, IT-stelselanaliste, finansiële-inligtingstelselanaliste, besigheidsontleders, inligtingfasiliteerders, IT-opleidingsbeamptes, stelselontwikkelaars en besigheidstelselanaliste
BCom (Agribesigheidsbestuur) [3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Landbou-ekonome by handelsbanke, agribesighede en ander landbou- en voedselondernemings, kommoditeitshandelaars op termynmarkte, konsultante, waardeerders, navorsers en beleidsmakers. As bestuurders en projekleiers by bostaande ondernemings BCom (Rekreasie- en Sportbestuur)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Sportfasiliteitbestuurders, sportgeleentheidsorganiseerders, sport- en rekreasiebestuurders en sportbemarkers BCom [3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Hierdie graad lei nie na ‘n spesifieke beroepsuitkoms nie. Studente word egter in staat gestel om hulle eie kurrikulum saam te stel met die oog op beroepsgeleenthede in alle sektore. Die graad bied dus geleenthede om, binne perke, ‘n eie beroepsuitkoms te bepaal. BCom (Entrepreneurskap)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Eienaars van entrepreneursaktiwiteite en sakeondernemings, korporatiewe entrepreneurs, entrepreneursmentors, administratiewe bestuurders, verkoopsbestuurders, winkelbestuurders, entrepreneurs, besigheidsbestuurders, besigheidseienaars en kleinhandelbestuurders.
BCom (Ondernemingsbestuur)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: ‘n Verskeidenheid geleenthede in administrasie, finansies, bemarking en menslikehulpbronbestuur. Dit sluit onderwysers, dosente, algemene bestuurders en bestuurskonsultante in.
BCom (Voorsieningskettingbestuur) [3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Die doel van hierdie opsie is om studente in voorsieningskettingbestuur toe te rus met die vermoë om deel te neem aan funksionele bestuur binne die konteks van ‘n geïntegreerde voorsieningsketting. Dit sluit die dissiplines van voorsienings-, produksie- en operasionele bestuur, pakhuis- en vervoerbestuur en voorsieningskettingstrategie in.
BCom (Bemarkingsbestuur)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Produkbestuur, kliëntediensbestuur, kliënteverhoudingbestuur, strategiese bemarkingsverkoopsbestuur, handelsnaambestuur, advertensiebestuur, mediabeplanning, bestuur van bemarkingsnavorsing en promosiebestuur
BCom (Menslikehulpbronbestuur) [3 jaar]
Sluitingsdatums: SA – 30 September
Nie-SA – 31 Augustus
Beroepe: Menslikehulpbronpraktisyns, menslikehulpbronkonsultante, mediators, arbeidsverhoudingspesialiste, menslikehulpbronbestuurders, personeelbestuurders, onderhandelingsbeamptes, psigometriste en bedryfsielkundiges. In hul hoedanigheid as menslikehulpbronpraktisyns, sal gegradueerdes verantwoordelik wees vir onder meer die ontwikkeling van strategieë en beleid oor menslikehulpbronbestuur, beplanning vir menslike hulpbronne, werwing en keuring van werknemers, opleiding en ontwikkeling van personeellede, arbeidsverhoudinge en personeeladministrasie.
Voorgraadse programme
Programme Minimum vereistes vir 2018 Prestasievlak
BCom – Verlengde program [4 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus
Let wel: Hierdie program word slegs in Engels aangebied. Die eerste studiejaar word op die Mamelodi-kampus aangebied. Toelating is onderworpe aan keuring. Beroepe: Beroepsgeleenthede word bepaal deur die student se keuse van studierigting in die tweede studiejaar.
BAdmin (Internasionale Verhoudinge) [3 jaar]
Sluitingsdatums:
SA – 30 September
– 31 Augustus
Let wel: Die program word slegs in Engels aangebied. Studente kan nie toegelaat word tot ‘n BCom-graad via ‘n BAdmin-graad indien hulle nie aan die toelatingsvereistes vir ‘n BCom-graad voldoen nie.
Beroepe: Diplomate, staatsamptenare en politieke analiste
BAdmin (Openbare Bestuur)
[3 jaar]
Sluitingsdatums:
– 30 September Nie-SA – 31 Augustus
Let wel: Die program word slegs in Engels aangebied. Studente kan nie toegelaat word tot ‘n BCom-graad via ‘n BAdmin-graad indien hulle nie aan die toelatingsvereistes vir ‘n BCom-graad voldoen nie.
Beroepe: Bestuurders in die openbare sektor, plaaslike regering en die privaat sektor, nie-regeringsorganisasies, internasionale organisasies en ambassades. Gegradueerdes word dikwels aangestel in menslikehulpbronafdelings, beplanningsafdelings of algemene administratiewe afdelings.
Voorgraadse programme
Ten einde te kan registreer moet NSS/IEB*/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook aan die minimum vereistes van die betrokke program.
Die berekening van ‘n Toelatingspunttelling (TPT) is gebaseer op ‘n kandidaat se prestasie in enige SES erkende NSS-20-kredietvakke (insluitende vakke van die nie-aangewese vaklys, bv RTT, Toerisme, Gasvryheidstudies en Siviele, Elektriese & Meganiese Tegnologie, ens), deur gebruik te maak van die NSS-sewepuntgraderingskaal. Lewensoriëntering is ‘n 10-kredietvak, en word nie vir die berekening van die TPT ingesluit nie. Lewensoriëntering is ook nie ‘n fakulteitspesifieke vakvereiste nie.
*Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)
Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-sewepuntgraderingskaal
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)
Die NBT is nie verpligtend vir programme nie, maar alle studente word aangeraai om wel die toets te skryf. Let asseblief daarop dat die Akademiese Geletterdheidstoets nie die NBT vervang nie.
Kontakinligting
Tel +27 (0)21 650 3523
Webwerf www.nbt.ac.za
Internasionale Studenteafdeling
Tel +27 (0)12 420 3111
E-pos ssc@up.ac.za
Webwerf www.up.ac.za/ISD
Studenteadministrasie
BCom (Agribesigheidsbestuur)
BCom (Rekreasie en Sportbestuur)
BCom (Entrepreneurskap)
BCom (Ondernemingsbestuur)
BCom (Voorsieningskettingbestuur)
BCom (Bemarkingsbestuur)
BCom – Verlengde program
BAdmin (Internasionale Verhoudinge)
BAdmin (Openbare Bestuur)
Voorgraadse programme
Programme
BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Professionele Etiek.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Finansiële
Rekeningkunde*
Finansiële
Bestuur*
Kommersiële Reg
Informatika
Ekonomie
Statistiek
Ondernemingsbestuur
Finansiële
Rekeningkunde*
Finansiële
Bestuur*
Ouditkunde*
Belasting*
Kommersiële Reg
Informatika
Kommunikasiebestuur
Finansiële
Rekeningkunde*
Finansiële
Bestuur*
Ouditkunde*
Belasting*
*Die spesialiseringsmodules in die eerste tot derde studiejare van BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) mag slegs geneem word deur studente wat vir die graad gekeur is.
BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) is ‘n geakkrediteerde program wat deel uitmaak van die vereistes vir opleiding as ‘n geoktrooieerde rekenmeester (GR(SA)) sowel as ‘n ouditeur (GRO).
Die GR(SA)- en GRO-kwalifikasies is die hoogste professionele kwalifikasies in rekeningkunde in Suid-Afrika en word internasionaal erken.
BCom (Beleggingsbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Finansiële Rekeningkunde
Ekonomie
Statistiek
Informatika
Ondernemingsbestuur
Kommersiële Reg
Finansiële Rekeningkunde
Ekonomie
Beleggingsbestuur
Finansiële Bestuur
Statistiek
Informatika
Finansiële Rekeningkunde
Ekonomie
Beleggingsbestuur
Finansiële Bestuur
Gegradueerdes van hierdie graad kan die volgende professionele kwalifikasies nastreef: Geoktrooieerde Finansiële Analis (Chartered Financial Analyst – CFA®)*, Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (Certified Financial Planner – CFP®)* en Geoktrooieerde Alternatiewe Beleggingsanalis (Chartered Alternative Investment Analyst – CAIA).
*CFA Institute en CFA is geregistreerde handelsmerke van CFA Institute. BCom (Finansiële Wetenskappe)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend) 1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Finansiële
Rekeningkunde
Informatika
Statistiek
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Finansiële Rekeningkunde
Interne Ouditkunde
Belasting
Finansiële Bestuur
Informatika
Besigheidsreg
Finansiële
Rekeningkunde*
Interne
Ouditkunde*
Belasting*
Finansiële Bestuur*
*Studente kies enige drie hoofvakke op derdejaarsvlak.
Die Universiteit van Pretoria is een van slegs ses universiteite in die wêreld wat geakkrediteer is as ‘n Sentrum van Uitnemendheid in Interne Ouditkunde – die hoogste vlak van akkreditasie wat deur die Internasionale Instituut van Interne Ouditeure toegeken word.
Gegradueerdes met ‘n BCom (Finansiële Wetenskappe)-graad verwerf sekere vrystellings vir die CIMA (Chartered Institute of Management Accountants)-kwalifikasie en kan ook professionele kwalifikasies van SAIPA (South African Institute of Professional Accountants) en ACCA (Association of Chartered Certified Accountants) nastreef.
BCom (Ekonometrie)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ekonomie
Wiskundige Statistiek
Wiskunde
Finansiële Rekeningkunde
Ondernemingsbestuur
Ekonomie
Wiskundige Statistiek
Wiskunde
Informatika
Kommunikasiebestuur
BCom (Ekonomie)
Ekonomie
Wiskundige Statistiek
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ekonomie
Statistiek
Ondernemingsbestuur
Finansiële Rekeningkunde
Wiskunde
BCom (Regte)
Ekonomie
Statistiek
Besigheidsreg
Kommunikasiebestuur
Ekonomie
Statistiek
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur, Akademiese Geletterdheid vir EBW en Afrikaans of Engels.
Voorgraadse programme
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Finansiële
Rekeningkunde
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Statistiek
Romeinse Reg
Jurisprudensie
Personereg
Keusemodules
Verbruikersbeskerming
Kontraktereg
Erfreg
Besondere Kontrakte
Insolvensiereg
Sakereg
Deliktereg
Ondernemingsreg
Betalingsmetodes
(Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ondernemingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Ekonomie
Finansiële
Bestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Belasting
Informatika
BCom (Statistiek)
Ondernemingsbestuur
Ekonomie
Finansiële
Bestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Belasting
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Statistiek of Wiskundige Statistiek
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Ondernemingsbestuur
Keusemodules
Statistiek of Wiskundige Statistiek
Kommunikasiebestuur
Statistiek of Wiskundige Statistiek
(Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Wiskunde
Informatika
Finansiële Bestuur
Ekonomie
Rekenaarwetenskap
Wiskunde
Informatika
Landbouekonomie
Aktuariële Wiskunde*
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Inleiding tot morele en politieke filosofie
Wiskunde
Landbouekonomie
Aktuariële Wiskunde*
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
*Sien die voorvereistes vir Aktuariële Wiskunde in die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Studente in Wiskundige Statistiek wat hulself ook vir die versekeringsbedryf wil bekwaam, kies onder andere die volgende modules as deel van hul kern- en keusemodules: 1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Wiskundige
Statistiek
Ekonomie
Wiskunde
Rekenaarwetenskap
Finansiële Bestuur
Wiskundige
Statistiek
Aktuariële Wiskunde*
Wiskunde
Wiskundige Statistiek
Aktuariële Wiskunde*
*Sien die voorvereistes vir Aktuariële Wiskunde in die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Studente in Wiskundige Statistiek wat hulself ook in die ekonometriese veld wil bekwaam kies die volgende modules as deel van hul kern- en keusemodules: 1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Wiskundige
Statistiek
Rekenaarwetenskap
Wiskunde
Wiskundige
Statistiek
Ekonomie
Wiskunde
Wiskundige Statistiek
Ekonomie
Ander studente kies modules uit enige vak of fakulteit volgens hulle eie spesifieke loopbaanvereistes.
BCom (Informatika)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir IT; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie. Die BCom (Informatika)-graad is die enigste Inligtingstelsels-program in Afrika wat deur die International Accreditation Board for Engineers and Technology (ABET) geakkrediteer is.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Informatika
Finansiële Rekeningkunde
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Statistiek
Keusemodules
Informatika
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
Gemeenskapgebaseerde Projek Informatika
Kies een keusemodule. (Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Bemarkingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Interne Ouditkunde
Statistiek
Finansiële Rekeningkunde
Belasting
Informatika (Rekeningkundige sagteware)
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Interne
Ouditkunde
Statistiek
Finansiële Rekeningkunde
Belasting
Voorgraadse programme
BCom (Agribesigheidsbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ekonomie
Statistiek
Ondernemingsbestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Bemarkingsbestuur
Ekonomie
Statistiek
Ondernemingsbestuur
Landbouekonomie
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
Ekonomie
Landbouekonomie
BCom (Rekreasie- en Sportbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese
Geletterdheid vir EBW.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Grondslae van Rekreasie- en Sportbestuur
Leierskap in Sport en Rekreasie
Finansiële
Rekeningkunde
Statistiek
Ekonomie
BCom
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Sportfasiliteit- en Geleentheidbestuur
Besigheid en Regeerkunde van Sport
Sporttoerisme
Sportontwikkeling
Besigheidsreg
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Ekonomie van Sport en Vryetyd
Waardegebaseerde Besluitneming in Sport en Rekreasie
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Kommersiële Reg (eerstejaarsvlak) of Besigheidsreg (tweedejaarsvlak)
Statistiek of Wiskundige Statistiek
Besigheidsreg
Kommunikasiebestuur
Een van die volgende modules: (Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Publieke Administrasie
Enige van hierdie vier modules wat nie reeds as kernmodule gekies is nie, kan as keusemodule gekies word.
Keusemodules
(Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Publieke Administrasie
Wiskunde
Informatika
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Publieke Administrasie
Statistiek of Wiskundige Statistiek of Wiskunde
Informatika
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Belasting
Finansiële Bestuur
BCom (Entrepreneurskap)
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Publieke Administrasie
Statistiek of Wiskundige Statistiek of Wiskunde
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Belasting
Arbeidsverhoudinge
Arbeidsreg
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ondernemingsbestuur
Finansiële Rekeningkunde
Bemarkingsbestuur
Ekonomie
Statistiek
Ondernemingsbestuur
Entrepreneurskap
Finansiële Bestuur
Bemarkingsbestuur
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
Ondernemingsbestuur
Entrepreneurskap
Internasionale Sakebestuur
Voorgraadse programme
BCom (Ondernemingsbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Statistiek
Informatika
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Finansiële
Bestuur
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Internasionale Sakebestuur
BCom (Voorsieningskettingbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese
Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Informatika
Statistiek
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Bemarkingsbestuur
Voorsieningskettingbestuur
Finansiële Bestuur
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
BCom (Bemarkingsbestuur)
Ondernemingsbestuur
Voorsieningskettingbestuur
Internasionale Sakebestuur
BCom (Menslikehulpbronbestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese
Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend) 1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Ondernemingsbestuur
Ekonomie
Finansiële Rekeningkunde
Statistiek
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Ondernemingsbestuur
Kommunikasiebestuur
Besigheidsreg
Navorsing
BCom – Verlengde program
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Ondernemingsbestuur
Arbeidsreg
Arbeidsverhoudinge
Die eerste studiejaar word op die Mamelodi-kampus en slegs in Engels aangebied. Dit is die ideale beginpunt vir studente wat belangstel in studies vir BCom in bestuur of finansiële wetenskappe. Studente moet gedurende Oktober in hulle eerste jaar aansoek doen om oor te skakel na die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe op die Hatfieldkampus. Plasing in BCom (Rekeningkundige Wetenskappe) en BCom (Beleggingsbestuur) kan nie gewaarborg word nie. Alle modules moet in die eerste jaar geslaag word om na enige van die BCom-programme te kan oorskakel.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de tot 4de jaar
Akademiese
Inligtingsbestuur
Taal-, Lewens- en Studievaardigheid
Wiskunde
Finansiële Rekeningkunde
Voltooi uitstaande modules van gekose program wat op Hatfieldkampus aangebied word.
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW; en alle tweedejaarstudente neem Inleiding tot Morele en Politieke Filosofie.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Finansiële Rekeningkunde
Statistiek
Ekonomie
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Kommunikasiebestuur
Finansiële Bestuur
Besigheidsreg
Bemarkingsbestuur
Ondernemingsbestuur
Internasionale Sakebestuur
Statistiek/ Wiskundige Statistiek
Ondernemingsbestuur
BAdmin (Internasionale Verhoudinge)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese Geletterdheid vir EBW.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Publieke Administrasie
Politiek
Ekonomie
Publieke Administrasie
Internasionale Verhoudinge
Kommunikasiebestuur
Publieke Administrasie
Internasionale Verhoudinge
Voorgraadse programme/Algemene inligting
Keusemodules
(Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Geskiedenis
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Staatsleer
Bemarkingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Staatsleer
Taal: Duits, Engels, Frans, Arabies, Mandaryns, Russies, Spaans
Taalmodules ter waarde van hoogstens 64 krediete kan tot die tweede jaar geneem word. Kies uit die volgende modules:
‘n Europese taal (Duits, Engels, Frans of Spaans) by UP
‘n Internasionale taal (Arabies, Mandaryns of Russies) by Unisa
BAdmin (Openbare Bestuur)
Nota: Alle eerstejaarstudente neem die verpligte fundamentele modules, Akademiese Inligtingsbestuur en Akademiese
Geletterdheid vir EBW.
Kernmodules (verpligtend)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Publieke Administrasie
Politiek
Ekonomie
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Keusemodules
Publieke Administrasie
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Kommunikasiebestuur
Publieke Administrasie
(Sien die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
1ste jaar 2de jaar 3de jaar
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Finansiële
Rekeningkunde
Statistiek
Afrikaans
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Staatsleer of Internasionale
Verhoudinge
Besigheidsreg
Regsuitleg
Ekonomie
Ondernemingsbestuur
Bedryf- en Organisasiesielkunde
Staatsleer of Internasionale
Verhoudinge
Arbeidsreg
Administratiefreg
Arbeidsverhoudinge
Let wel: Kandidate wat nie Wiskunde in Graad 12 met ‘n prestasievlak van minstens 4 (50–59%) geslaag het nie, of wat nie Statistiek (STK) 113 en 123 geslaag het nie, mag nie Ekonomie (EKN) 120, 234, 244, 310 en 320 en Statistiek (STK) 110 en 120 volg nie. Verwys ook na die fakulteitsvoorvereistes vir die modules.
Nagraadse programme
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bied nagraadse studiemoontlikhede in verskeie spesialiseringsrigtings aan. Sien die Jaarboek oor Nagraadse Programme van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (slegs in Engels beskikbaar) vir meer inligting of besoek www.up.ac.za/bcom.
Algemene inligting
Besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting vir inligting oor die volgende:
Studie-inligting
Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT)
Sluitingsdatums
Fooie en befondsing
Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders
Doen aansoek by UP
Wysig of voeg ‘n program by
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)
Aansoekstatus
Berei voor om by UP te studeer
Registrasie en aanvang van die akademiese jaar
Inligtingsdiagramme

Inligtingsdiagramme





GR-studente skitter onder die SAIGR-kollig
Met ‘n uitstekende slaagsyfer van 92% vir die moeilike Aanvanklike Bevoegdheidstoets (ITC) van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR), het die Geoktrooieerde Rekeningkunde-studente weereens bewys dat UP die beste plek vir toekomstige GR’s is om te studeer. Twee van die top-tien kandidate van 2016 se ITC is ook van UP.
Ouditkunde-studente sprei hul vlerke in China
Die Interne Ouditkunde-program by UP bied aan sy studente die mees opwindende en opvoedkundige geleenthede. ‘n Groep studente het vir vyf maande aan die einde van 2015 die Nanjing Oudit-universiteit as uitruilstudente besoek. Die studente het die diepte van hul kennis in interne ouditkunde gedemonstreer, terwyl hulle ook tydens hul besoek die Chinese kultuur verken het.
Leerervarings in die werklike lewe skep afgeronde studente
BCom (Voorsieningskettingbestuur)studente kry die geleentheid om praktiese kennis op te doen, bo en behalwe die teoretiese konsepte wat hulle tydens klastyd leer. Gereelde besoeke aan pakhuise en verspreidingsentrums stel die studente in staat om ‘n begrip vir werklike werksplekke te ontwikkel.
New York roep, Ekonomie-studente antwoord
Nagraadse studente wat Ekonomie aan UP studeer besoek New York vir ses weke om twee vakke te loop, as deel van die Fordham Ontluikende Markte en Risiko-analise van Lande-program. Die studente besoek verskeie finansiële instellings en ervaar Amerikaanse kultuur. Die finale deel van die program vind in Pretoria plaas, wanneer Amerikaanse studente deur die Universiteit van Pretoria ontvang word.




Geen vervelige oomblik met Bemarkingsbestuur nie
‘n Prettige resies om verskeie bemarkingsuitdagings te oorkom is slegs een van die opwindende komponente van die Bemarkingsbestuur-honneursstudente se praktiese bemarkingsprogram. Die studente word uitgedaag om deur middel van ‘n geïntegreerde bemarkingskommunikasieplan handelsmerkbewustheid vir die Gautrein Bestuursagentskap te skep.
BAdmin-studente maak ‘n verskil in Sunnyside deur na kleuterskole uit te reik
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is daartoe verbind om ontwikkelingsinisiatiewe in die gemeenskap te ondersteun. Studente, personeel en belanghebbendes van die Fakulteit vorm vennootskappe om voortdurend tot die verbetering van lewenskwaliteit en onderrig in Suid-Afrika by te dra.
Tax@Tuks skep leiers, kundiges en beroepslui in belasting
Tax@Tuks is ‘n groep jong beroepslui wat bewustheid van belasting aanmoedig en opvoedkundige leierskap onder studente bevorder. Hierdie amptelike vereniging vir Belasting-studente aan UP het in 2015 toekennings vir beste vereniging (eerste prys) en geleentheid van die jaar (derde prys) binne EBW gewen, asook die professionalismetoekenning, vir die professionele standaard van hul verslae, administrasie en finansiële verslae.
Pret en ondersteunende vriendskappe by fakulteitshuis te vinde
Commercii is die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria se fakulteitshuis. Dit is ‘n vereniging wat in AL die behoeftes van BComstudente wat in die Fakulteit geregistreer is voorsien, deur eerstejaars met hulp by te staan, akademiese ontwikkelingsvaardighede te voorsien, geleenthede vir gemeenskapsuitreike te bied en leierskap en sosiale interaksie wat die studentelewe so lekker maak, aan te moedig.