MAY 2014
NORTHERN SUBURBS
NEWS
LAERSKOOL
Lys jou besigheid op een van die volgende skole se 2014 yskasmagneet telfoongids:
NUUS
GRATIS
FREE
PRIMARY SCHOOL
- Laerskool Welgemoed - DF Malan HoĂŤ - HoĂŤrskool Tygerberg E-pos: sales@tiemedia.co.za | Tel: 021 872 3880
Tel: 021 872 3880
awsum@tiemedia.co.za
WHAT TO FIND INSIDE AWSUM Scoop
Health
P2 Discover Robertson
P2 5 Facts about wine
P3 Handy hints for your home
P3 âGroepsdrukâ
P3 Rawson Properties
P5 - P8 School NEWS
SCHOOLS INSIDE
In & around the house
⢠Kenridge
⢠Gene Louw
⢠De Tyger
⢠Durbanville
⢠Eversdal ⢠Welgemoed
Voorbereiding ⢠Edgemead
WHO WE ARE
Advertise in this newspaper - Contact: Liza Schreuder - (076) 614 2317 - liza@tiemedia.co.za Michelle van Zyl - (083) 414 6948 - michelle@tiemedia.co.za Editor Tenille Swanepoel - 021 872 3880 | tenille@tiemedia.co.za Graphic Designer Rowan Engledoe - 021 872 3880 | rowan@tiemedia.co.za AWSUM News is distributed to the following schools: NORTHERN SUBURBS: Primary schools: De Kuilen, Labiance, Bellville
Noord, Mikro, De Tyger, Welgemoed, Fanie Theron, Aristea Edgemead, Brackenfell, Durbanville Voorbereiding, Gene Louw. High Schools: HTS Bellville, Belville, Brackenfell, DF Malan, Tygerberg, Eben Donges, Stellenberg, Settlers, Durbanville, De Kuilen.
PRINTED BY - Paarl Coldset
www.awsum.co.za
AWSUM News
Vol magies, warm lyfies en ân gróót plan
Idees vir ân Warm Winterhart-projek
D
ie winter is hier! Die koue klop aan die venster, dit is tyd vir lekker pannekoek en sop, en die Kaapse reĂŤns betrap ons gereeld sonder ân sambreel. Maar ⌠wat van hulle wat nie ân sambreel het nie â ook nie ân huis met vensters of ân ietsie warm om te eet nie? Vir talle minderbevoorregtes hier in ons streek is die winter vreesaanjaend. Ons hart bloei wanneer ons ân man, vrou of kind op straat sien wat in wind en weer staan en bedel. Die meeste van ons wil graag iets vir hulle doen ⌠maar ons weet dat om geld te gee niĂŠ ân goeie idee is nie. Hier is wel ân klompie goeie idees; dit is prakties en dit kan maklik saam met jou gesin, jou vriende of jou klasmaats aangepak word. SĂł kan julle ân verskil maak: Maak magies vol! Maak blikkieskos bymekaar, en rys, bone, pap, langlewe-melk en ander nie-bederfbare produkte, en begin ân kosbank. Daar is altyd gesinne wat daardie kos bitter nodig het, ĂŠn organisasies wat na sulke gesinne probeer omsien. Julle kan hier ân groot verskil maak â en sĂł ander se magies so vol soos julle sân kry! ĂĂşgoed is warmgoed Die koue en nat weer kry ons almal onder â maar het jy al daaraan gedink dat daar mense is wat in hierdie nat winter nie skoene het om aan te trek nie? Gaan kyk ân bietjie in jou kas â en loer sommer in jou broer of suster of ma of pa sân â en tel ân bietjie
die pare skoene en tekkies wat nooit meer gebruik word nie. En die jeans wat nooit meer gedra word nie (omdat dit te styf sit!). En wat van die opgevoude kombers wat al twee jaar lank ongebruik daar lĂŞ? Dit is tyd dat daai goed ân nuwe huis kry! En onthou sommer ook daardie serp wat nie meer cool is nie. Daar sĂĄl iemand wees wat dit sal LOVE! Onthou die Engelse spreekwoord: âOne manâs junk is another manâs treasure!â Maak kleingeld groot! Kies ân organisasie wat jy wil ondersteun â en doen dit dan! Kyk, ân mens het mos altyd ân klomp kleingeld in jou beursie (dalk gooi julle dit in ân bottel wat iewers in die huis staan). Moedig jou bure, ouers en die res van die familie aan om van daardie swĂĄĂĄr sente â ĂŠn die ewe swaar blink geld â ontslae te raak.
Stuur vir ons fo toâs van jĂşlle Warm Winterha rtprojek!
Stel dan ân doelwit: Hoeveel geld WIL jy insamel? En: Wanneer wil jy die projek voltooi? Vertel al wat leef en beef daarvan op Facebook en whatsapp. Kry nou sommer jou hele skool hierby betrokke. Gaan teken dan ân prent of die skoolwapen met bordkryt op ân parkeerterrein of sommer op die netbalbaan (hoe groter die prent, hoe meer plek vir die geld!). Op ân spesifieke dag â of by ân spesiale geleentheid wat jy met die onderwysers gereĂŤl het â bring almal dan hulle kleingeld en pak dit binne-in die getekende prent. Jy sal jou verstom oor hoe groot kleingeld word! Daar is ân KLOMP maniere om in hierdie winter ân verskil te maak. Hierbo is maar drie idees.