












![]()





















Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?
Die Witbulle se voorseisoen was gevul met aksie, bloed en sweet. Elke speler het sy sterk karakter gewys, op en van die veld af. Of dit nou was om op te daag vir harde oefensessies of om hul lywe op die lyn te sit teen goeie spanne, almal het gewys waartoe hulle in staat is. Ons het baie goed voorberei, waardevolle ervaring opgedoen en is gereed vir die SDC Noordvaal.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?
Hierdie jaar se Witbulle is doelgerig. Elke speler speel met trots vir die trui en betree die veld met die regte ingesteldheid. Die Witbulle van 2026 wil en gaan weer die trots in Monument-rugby terugbring.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree?
Ek dink aan die doel wat ons as span saam het. Ek probeer alle emosie uit die situasie haal en die veld betree met ’n doelgerigte ingesteldheid om my rol as agtsteman en kaptein te vervul. Ek dink aan al die Witbulle wat voor my in my posisie gespeel het, en hoe ek die trui op ’n beter plek kan laat.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?
Die Witbulle is ’n sterk span met broederskap onder mekaar. Ons het ’n magiese speelstyl wat wissel van fisieke kragspel onder die voorspelers tot presiese spoedaanvalle deur die agterspelers. Die Witbulle het ’n magtige ingesteldheid en vrees geen span wat voor hulle staan nie.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?
Ons het besluit dat ons alles vir God sal gee,
omdat Hy ons gered het en ons so bevoorreg gemaak het om in die Witbultrui te speel. Ons het baie hoë standaarde gestel, want ons wil nie met middelmatigheid tevrede wees nie. Ons wil die trots van al die spelers wat voor ons gespeel het, behou.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?
Die wedstryd teen Garsfontein staan vir my uit. Dit gaan een van ons grootste uitdagings in die SDCbeker wees. Hulle is ’n talentvolle, hardwerkende span en gaan kom met alles wat hulle het.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?
Roché Botha. Hy begin nou meer gemaklik raak met eerstespan-rugby en raak al hoe meer selfversekerd in sy eie spel.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur?
Dit leer spelers om aan te hou en aan te pas wanneer dinge nie jou kant toe gaan nie. Dit help jou om dissipline op te bou en selfdissipline toe te pas. Dit verbeter spelers se ingesteldheid rondom uitdagings en help hulle om meer selfvertroue op te bou.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?
Ek wil ’n leier wees na wie elke speler in die span kan kom met hul probleme en bekommernisse.
Ek wil hulle help om altyd hul koppe omhoog te hou en vir niemand terug te staan nie. Ek wil deur voorbeeld lei en altyd myself op die lyn sit vir my spanmaats.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?
Dat ons nooit ophou nie, en dat hulle kan sien ons speel vir mekaar.


Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?
Ons span het die afgelope paar weke teen baie sterk spanne gespeel en baie geleer oor waar ons op én van die veld af kan verbeter. Ons sterkste karaktereienskap is dat ons nooit sal ophou veg nie.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?
Ons het verseker meer matrieks vanjaar as wat ons verlede jaar gehad het. Ondersteuners moet ons wedstryde kom kyk, want ons het die ondersteuning nodig. Ons is ’n span wat onverwags dinge op die veld toepas.
Wat gaan deur jou kop voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?
Die oomblik wat ek die veld betree, dank ek my Hemelse Vader vir nog ’n geleentheid om my span te lei en te speel. Ek voel altyd dankbaar dat ek die kaptein van my span kan wees.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?
Ons het baie respek vir mekaar en ons afrigters. Ons speel baie deur ons voorspelers, omdat ons ’n baie dominerende pak het. Ons spangees is baie sterk, en ons dryf mekaar om die beste uit mekaar te kry.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?
Ons wil alles doen tot eer en verheerliking van ons Hemelse Vader, en altyd nederig bly.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?
Hoërskool Monument staan vir my uit, want dit is die wedstryd wat bepaal wie die beste in ons dorp
Editor Meinette van Zyl
Layout & Design
Rowan Engledoe
Lukhanyo Siko
Phillip Samuels
Distribution
Charl Paulse
Schools Coordinator
Melinda Huysamen
Advertising Coordinator
Michaela Smit
Printed by Paarl Coldset.
Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd
is. Dit is ook belangrik vir toekomstige leerders wat moet besluit na watter hoërskool hulle wil gaan, en daarom is dit ook belangrik vir ons skool se bemarking.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?
Ek dink Llewellyn Lourens, ons oopkantflank (6), is een van ons uitstaande spelers. Hy het verlede jaar aan die begin van die seisoen sy kakebeen gebreek en kon die hele jaar nie speel nie. Hierdie jaar is hy verseker iemand om dop te hou, veral oor die manier waarop hy die bal dra, duikslagte maak en balle steel.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Dit leer jou om saam as ’n span te werk en dat jy as mens nie alle doelwitte alleen kan bereik nie.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil deur voorbeeld lei. Ek wil as kaptein my spelers leer dat rugby iets is wat jy doen, maar nie wie of wat jy is nie. Ek wil iemand in hul lewens wees na wie hulle eendag kan terugverwys en sê dat ek vir hulle ’n lewensles geleer het.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Dat hierdie span altyd saam deurgedruk het, maak nie saak wat die omstandighede was nie. Ek hoop hulle sal sien dat ons ’n gelowige en nederige span is wat alle eer aan ons Hemelse Vader gee.
The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646
Email: awsumnews@tiemedia.co.za
Chief Executive Officer: Durandt van Zyl
Managing Director: Meinette van Zyl
Financial Manager: Christelle van Wyk
Admin Manager: Carina Pio
Sales Manager: Quintus Brand






























Met rentekoerse wat styg, oorloë wat woed en groter markonbestendigheid, hoe verseker ‘n mens ‘n finansiële toekoms?
Die eerste stap is om ‘n vennootskap aan te gaan met ‘n finansiële adviseur wat objektief na jou situasie kan kyk en jou deur die verskillende fases van die lewe kan lei.
Of jy jou kapitaal met sekerheid wil laat groei, ‘n lewenslange gewaarborgde inkomste wil ontvang, of ‘n erfenis vir jou geliefdes wil nalaat, jy sal ‘n volhoubare langtermynplan nodig hê om dit te kan doen.
Ek werk saam met Glacier van Sanlam, ‘n toonaangewende beleggingsplatform wat ‘n omvattende reeks opsies bied om in verskillende kliëntebehoeftes te voorsien. Kontak my by Westgold BlouSter vandag om jou finansiële behoeftes te bespreek.

van den Berg



































Ebraheem Lukwayo, Nstimane Thutu, Ruan Rudolph, Winner Ngleka, Olwethu Ntsobi, Hanno De Beer, Ghandi Mangando, Damian Van der Merwe, Ruben Kruger, Sion Erasmus, Kyle Payne, Hayden Dalton (k), Luluthando Mhlanga, JG du Toit, Ryan Genis, Armando Minnie, Damian Els, Paka Buthelezi, AJ Mbatha, Andani Manari, Wian du Plessis, Zavien Francis, Marnus Khuun.

o.14A - Rugbyspan
Voorspelers:
André Bredenkamp, Heinrich Croukamp, Liam de Bruyn, Caleb Hughes, Danie Kok, Regan Nkoana, Matthew Pienaar, Olonathando Skiti, Joshua Steyn, AJ van den Berg, Jacques van Niekerk, Arné Venter.
Agterspelers:
Christiaan Burger, Carlo du Toit, Seth Fredericks, Owen McPherson, Bongani Mncusini, Okuhle Nkosi, Ricardo Rohloff, Keagan Stewart, Ponza Tshishonga, Charl Vorster, Tyrone-Lee Wiechers, Chanville Zaal.
Afrigters:
Johann van den Berg, Andries Botha, AJ van Blerk, Dioné Groenewald (kondisioneerder).
Voorspelers:
Evan Botha, Dianco Booyens, Lohann Botes, Tendayi Chiyangwa, Jewandré de Villiers, Jason du Preez, Etienne Henning, Danté Klaaste, Daniel Kazadi, Ashley Ludongeni, Zian Maritz, Olorato Mtlako, Brandon van Buuren.
Agterspelers:
Adam Brown, Marko Genis, Eli Gilbert, Mogau Malebana, Thuto Ngoepe, KG Rakgomo, Lungelo Semele, Clayton Snyman, Tristan Teessen, Arno van Molendorff.
Afrigters: Francois Robbertse, Anvor Schooney, Jacques de Villiers, Danika de la Hunt (spanbestuurder), Anton Bouwer (kondisioneerder).

o.15A - Rugbyspan

o.16A - Rugbyspan
Tiaan Beneke, Janco Botes, Luan Coetzee, CJ du Plessis, Ettienne Fourie, Deacon Korff, Cameron Kourie, Ray-Nathan van Kolver, Ivan van der Merwe, Bennie van Wyk, Ryan van Wyk, Jack Milne, Corné Mostert, Matthew Morton, Arrie Nieman, Xavier Nel, Ricardo Nyman, Matthew Schönfeldt, Caleb Sparks, Juhan Thompson, Jaden Whitfield, Shalom Ziaka.

o.19B - Rugbyspan





Agter VLNR: Janu Dubber, Jayquin Billet, Reghard Schlebusch, Aiden Viljoen, Ewan Oosthuizen, Jayden Olivier, Ruvan Rautenbach, Jacques Rossouw, Branden Axcel.
Middel VLNR: Luan Oudbier, Divan Coetzee, Renz Keyser, Franco Opperman, Ruben Bell, Rudolph le Roux, Lemuel Fourie, Dreyden Greeff.
Voor VLNR: Arno van Wyk, Kaiden Geyer, Zander Oosthuizen, Fourie le Roux, Pierre Meyer, Keanu van Zyl, Keagen Nel.
Afwesig: Waylon Futcher.
Agter VLNR: Raywin Links, Ethan Muller, Kristen Steyn, Franke Du Plooy, Liam Olivier, Zayden Volschenk, Arno Van Wyk, Zachary Fleur.
Middel VLNR: Tiaan Du Toit, Matthew Van Deventer, Marno Claassens, Mondré Elliott, Triston Vorster, Juanro Nel.
Voor VLNR: Ruvan Ferreira, Stephan Agenbach, Pieter Botes, Christiaan Steyn, Aldré Wohlfahrt, Stantonio Karelse, Robbie Webster.
Afwesig: Zuvann Lessing, Reynhardt Knighton. Agter VLNR: Tavian Maritz, Reinhardt Bell, Ruard Swanepoel, Rynard Hall, Cee-Jay Maartens, Aiden De Villiers, Dmitri Gurovich, MJ Kritzinger.
Middel VLNR: Eben van Heerden, Cruz Goncalves Jardine, Blaine Anthony, Stiaan Jordaan, Liam De Villiers, Drè Engelbrecht, Owami Mokgotle, Ben De Jager.
Voor VLNR: PJ Matthews, EJ Lourens, Mishael Titus, Ewan Coetzee, Divan Brough, Stephen Higgo, Jordan Coetzer, Mpho Mthethwa.
Agter VLNR: Adrian Broodryk, Hendré Schutte, Rick vd Berg, EC vd Merwe, Ethan Lombard, Juan de Bruyn, Lourenzo Maritz.
Middel VLNR: Lian Venter, Ruan Nagel, Iwan Oosthuizen, Erich Willemse, Jayden Waldick, Ulrich Smith.
Voor VLNR: Luan Jordaan, Jayden Pienaar, Justin Rossouw, Hein jv Rensburg.
Afwesig: Wickus Roos, Edwil Oktober, Cayden Streicher.












What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?
Pre-season was tough and structured, with a strong focus on skills, strength, agility and speed. It tested our work ethic and commitment, but it also prepared us for more than just netball. It reminded us that hard work pays off, consistency is key and that we play for something bigger than ourselves — we play for our team and for Monnas Netball.
What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?
This year’s first team has a hunger and passion that makes us different. We are excited, determined and willing to fix our mistakes instead of giving up. Supporters can look forward to beautiful netball, a team that stays composed on court and a group of players who always have one another’s backs.
What goes through your mind before you step onto the court wearing your school colours?
Before I step onto the court, I thank the Lord for the opportunity, my talent and the privilege of playing for such an amazing school. Wearing the first-team dress means so much to me. I have dreamed of it since Grade 8, and I never want to take that opportunity for granted.
How would you describe your team’s playing style, attitude and spirit?
We had a bit of a bumpy start as two teams came together, but we have grown into an amazing group of girls who love the sport. Our team has a strong spirit, a positive attitude and a willingness to work together, even when things are not easy.
What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?
Our biggest standard is to have one another’s backs. We believe that if we stay united, work hard and do our jobs, we can achieve great things this season. We also know that what we do off the court reflects on Monnas and Monnas Netball, so we want to act responsibly and hold one another accountable.
Which fixture stands out most on the calendar for you?


Definitely Noordheuwel. It is our derby, and everyone in Krugersdorp talks about that game. For the matrics, it is our last year playing for Monnas, and we would love to leave knowing we beat Noordheuwel.
Who in this squad could surprise people this season?
Sipho is definitely a player to watch. She came to Monnas last year, and her talent is remarkable. She stands out in every game, and her defence is unlike anything I have seen before. She is also fun to be around, which makes playing with her even better.
What does netball teach players beyond the game itself?
Netball teaches discipline, commitment, respect and sportsmanship. It also teaches you how to work with different personalities, communicate clearly and motivate others when they are under pressure.
As captain, what kind of leader do you want to be?
I want to be a leader my teammates can trust. I want to show up when things get tough, keep working hard and encourage each player in the way they need. I also want to lead with respect and expect the same from my teammates.
When people watch your team play this year, what do you hope they will say afterwards?
I hope they see a team that loves one another as much as they love the sport. I want younger players to look up to us not only because we play good netball, but because we respect one another, our opponents and the umpires. I hope people will say, “Wow, I want to be just like them.”
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?
Baie van die spelers is nuut en was onseker oor wat om te verwag, maar wanneer ons geoefen het, het die dogters hard gewerk. Die fokuspunt was om te wys hoekom hulle hier is en hoekom hulle gekies is. Ons is hardwerkend, gedrewe en span-georiënteerd.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?
Ons is ’n hele nuwe en jong span en het nog baie ontwikkeling om deur te gaan, maar ons is almal sterk en passievolle spelers. Ons seisoen begin nou eers, en ondersteuners moet opgewonde wees oor wat ons hierdie jaar wil bereik en waaraan ons wil werk.
Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree?
Ons verskillende set-ups hardloop heel eerste deur my kop, asook alles wat ek voor die wedstryd geoefen het teen die speler waarteen ek speel. Tweedens probeer ek heeltyd positief bly en, as ek senuweeagtig is, probeer ek rustigheid vind in die wete dat alles op die ou einde sal gebeur soos wat dit moet.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?
Ons speelstyl is doelgerig. Ons hou nie daarvan om terug te sit en te wag nie — ons druk vorentoe en speel met selfvertroue. Ons het ’n goeie balans tussen dissipline en kreatiwiteit. Elke speler ken haar rol, maar daar is ook ruimte vir inisiatief en slim besluite. Ons ingesteldheid wys vasberadenheid en deursettingsvermoë. Selfs wanneer dinge nie volgens plan verloop nie, gee ons nie op nie. Ons bly gefokus, ondersteun mekaar en werk hard tot die laaste oomblik. Ons spangees is waarskynlik ons grootste krag. Daar is ’n sterk gevoel van eenheid — ons speel vir mekaar en nie net vir onsself nie. Ons is ’n span wat met hart, dissipline en trots speel.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?
Ons wil graag Gauteng toe gaan en top drie in ons liga eindig. Buiten dit het ons baie nuwe spelers, en hierdie jaar is grootliks ’n ontwikkelingsjaar vir hulle. Ons wil bou aan groter dinge vir die jaar wat kom.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?
Monnas. Dit is ons grootste en opwindendste wedstryd. Dit is nie net ’n wedstryd nie, maar ’n derby waar ons skool as ’n eenheid bymekaarkom. Daardie dag is vol netbal, gees en adrenalien.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?
Jessica van Aswegen, ons doelspeler, gaan mense verras. Om doel te speel kom met groot verwagtinge en verantwoordelikheid, en om van verdediger na eerstespandoel te skuif, is nie maklik nie. Jessica het nog baie ruimte om te groei, maar is sover briljant in dié posisie. Sy beteken baie vir ons span, gee altyd haar beste en verbeter elke dag.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan gebeur?
Dit leer jou hoe om situasies te hanteer waar die uitslae nie altyd in jou guns tel nie. Dit leer jou hoe om in ’n span te werk waar dinge nie net oor jouself gaan nie. Dit leer jou ook om hard te werk as jy dinge in die lewe wil bereik, want niks kom maklik nie. Deursettingsvermoë is iets wat hierdie sport vir ’n mens leer.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?
Ek wil die persoon wees wat sterk staan wanneer dit moeilik gaan, sodat die dogters kan sien hulle het iemand wat hulle kan motiveer en bystaan. Selfs wanneer ’n wedstryd nie in ons guns tel nie, wil ek hê hulle moet weet daar is iemand wat hulle kan optel en motiveer, sodat ons tot die einde kan veg. Ek wil iemand wees na wie hulle kan opkyk.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?
Dat ons ’n span is wat aanhou baklei en alles gee tot die eindfluitjie blaas. Ek hoop hulle sê ons stap van die baan af soos wenners, maak nie saak wat die telbord sê nie, want ons weet ons het ons harte uitgespeel. Noordheuwel hoef nie die span te wees wat heeltyd wen nie, maar die span wat deursettingsvermoë wys en as ’n eenheid saamstaan. KAPTEIN VAN HOËRSKOOL NOORDHEUWEL SE EERSTESPAN NETBAL














Madison Coghill, Katelyn Edwards, Bokamoso Moholole, Mija-Ne Hurter, Mieke Rooyen, Amy Coetzee, Michelle Kamwenye, Liane Snooke, Karla v Loggerenberg.

Juanell le Roux, Kaitlyn Kourie, Du-Anique Griffiths, Wilme Victor, Kaylie Putter, Danelle Versveld, Lieschen Dames, Chanel de Villiers, Eve Campbell, Kenyana Asaba.

Aimee du Plessis, Abby Joubert, Monteniques vd Merwe, Delta Fourie, Cyanne Campbell, Miané Fourie, Mieke Potgieter, Zelmé Grobler, Magdeli Malan.

Xenel vd Westhuizen, Annebelle Kruger, Kelebogile Makgale, Milan Blignaunt, Zeevah Pocock, Chanel Harmse, Carolien Scheepers, Helé Coetzee, Mareli King.






VLNR: Laroché de Villiers, Joeke Deysel, Sasha van Nieuwenhuizen, Sue-Ann van Nieuwenhuizen, Lara Wolfaardt, Milan Martin, Tayla Stander.
Agter VLNR: Elmay Jenkins, Mene van Heerden, Ashley Nieuwenhuyzen, Zane Viljoen, Kiara Kotze.
Voor VLNR: Vonmanique Conradie, Charlume van Niekerk, Mika Stander.
Agter VLNR: Gaby de Lange, Luhane van Wyk, Reese Domoney, Mickayla Futcher, Gaby du Plooy, Miane van der Merwe.
Voor VLNR: Mila de Beer, Tamika van der Linde, Mikaela Marais.
VLNR: LZ van Rensburg, Nina van Niekerk, Kayla Venter, Lika Guy, Anja Prinsloo, Ella de Beer, Alri Gerritsen.

















What aspects of fitness and strategy has the team focused on during pre-season training?
During pre-season, we focused on overall fitness and basic skills to ensure we can maintain a high standard throughout the game. Strategically, we worked on our structure, quick ball movement and communication so that we can play better as a team.
What are your team’s biggest strengths, and how do you plan to capitalise on them this season?
Our biggest strengths are our passion for the sport and our willingness to grow in skill and unity. We plan to build on this by maintaining a high tempo during matches and constantly supporting one another.
What does it mean to you to lead your school’s hockey first team?
It is a huge honour to lead Monument High School’s first hockey team. It means a lot to represent my school, set a positive example and lead with commitment, sportsmanship and pride, both on and off the field.
How would you describe your school’s hockey culture, and what makes it unique?
Monument’s hockey culture is built on discipline and hard work. What makes it unique is the strong sense of unity and support between players across all age groups, as well as the pride we take in representing our school.
What are your main goals as a team for this season?
Our main goal is to grow as a team, stay consistent and compete at a high level in every match. We also want to make Monument proud by showing commitment and improving with every game.
Which upcoming fixture excites you most, and why is it significant?
The fixture I am most excited about is our game against Noordheuwel, our main rivals. Those matches are always intense and competitive, and this fixture gives us the opportunity to test ourselves and show how much we have improved.
Which hockey player or sports figure do you look up to, and how has their career influenced your approach to the game?
I look up to players like Yibbi Jansen from the Netherlands because of her skill, consistency and dedication to the sport. Her career inspires me to stay disciplined, work hard and always look for ways to improve my game.


KAPTEIN VAN HOËRSKOOL NOORDHEUWEL SE EERSTESPAN HOKKIE
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?
Die voorseisoen was fisies baie uitdagend, met baie vroeë oggende en fiksheid op die astro, maar dit was presies wat ons nodig gehad het. Dit het gewys dat hierdie groep meisies nie bang is vir harde werk nie. Daar is ’n diep gewilligheid om vir mekaar te veg wanneer die bene begin brand, en dit wys dat ons karakter stewig is.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?
Vanjaar het ons ’n jonger, varser energie in die span. Ons is dalk nie fisies die grootste span nie, maar ons spoed en balbeheer is op ’n ander vlak. Ondersteuners kan opgewonde wees omdat ons met meer vryheid en flair speel. Ons is nie bang om kreatiewe risiko’s op die astro te neem nie, en dit maak ons wedstryde opwindend om te kyk.
Wat gaan deur jou kop voordat jy die veld in jou skoolkleure betree?
Daar is altyd daardie skoenlappers, maar dit is ’n goeie opgewondenheid. Ek dink aan al die ure se oefening en die trots om my skool se wapen op my bors te dra. In my matriekjaar voel elke oomblik nog meer kosbaar. Dit gaan oor die nalatenskap wat ek wil agterlaat.
Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?
Ons identiteit is susterskap en deursettingsvermoë. Ons speelstyl is ’n hoëdruk-aanval waar ons die teenstander dwing om foute te maak. Ons ingesteldheid is dat geen bal ooit verlore is nie, en ons spangees is onbreekbaar. Of ons nou wen of verloor, ons doen dit as ’n eenheid. Ons is die tipe span wat hard sing in die kleedkamer, maar absolute fokus het wanneer die fluitjie blaas.
Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?
Ons doelwit is om ná elke wedstryd van die veld af te stap met die wete dat ons mekaar nooit in die steek gelaat het nie. Ons streef na konsekwentheid, dissipline en om altyd die waardes van ons skool uit te leef, ongeag wat die telbord sê.
Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?
Definitief ons buurskool, Hoërskool Monument. Die atmosfeer en geskiedenis tussen die twee skole maak dit die hoogtepunt van die jaar. Dit is die wedstryd waarvan jy droom vandat jy in Graad 8 in die skoolspan gekom het.
Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?
Ek dink Milan Bolt gaan baie mense verras. Sy het ongelooflike visie op die veld en ’n manier om uit die moeilikste situasies met die bal te kom — iets wat ’n mens moet sien om te glo.
Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur?
Dit leer jou veerkragtigheid. Hokkie leer jou dat jy gaan val en foute gaan maak, maar dat jy moet opstaan en dadelik weer moet fokus. Dit leer jou ook dat jy niks alleen kan bereik nie; sukses is altyd ’n spanpoging.
As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n leier wees wat met aksie lei, eerder as net met woorde. Ek wil die een wees wat die hardste werk wanneer dit moeilik gaan, maar ook die een na wie enige speler kan kom as hulle ondersteuning nodig het. Ek wil ’n span van inklusiwiteit en passie kweek.
Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop hulle sê: “Daardie meisies speel met ongelooflike hart en veg tot die einde.” Ek wil hê hulle moet ons passie en respek vir die
lank nadat die seisoen verby is.








































What aspects of fitness and strategy has the team focused on during pre-season training?
Our squad focused mainly on conditioning and overall endurance to make sure we can keep up with a high-quality pace throughout the whole game. Strategy-wise, we spent a lot of time on our defensive press and structure, helping us maintain composure and shape during matches. One key focus for us was improving our communication on the field.
What are your team’s biggest strengths, and how do you plan to capitalise on them this season?
Our team’s biggest strengths are our work rate and intensity. The boys back each other and play for the badge, especially against tougher teams that push us beyond what we believe we can do. We plan to capitalise on this by continuing to work hard and keeping our goals for the season in mind.
What does it mean to you to lead your school’s hockey first team?
Leading the first team is both an honour and a huge responsibility. It has always been something I have wanted to do. I love motivating the boys on and off the field when it matters most, and it is important to me that people feel comfortable coming to me for help. Leading this team is something I take a lot of pride in.
How would you describe your school’s hockey culture, and what makes it unique? Monument hockey is not like any other school. While the community is not very big, it is definitely strong. Monument hockey players have respect and honour for the school and the sport. We play for the people who take the time to support us, and most importantly, we play for each other.
What are your main goals as a team for this season?
While winning big games and taking titles is important, my main goal is for the team to improve every game and for each player to grow on and off the field. We are also working hard to make sure we keep the Noordvaal title for another year.
Which upcoming fixture excites you most, and why is it significant?
We soon play against our biggest rivals, Noordheuwel and Krugersdorp High School, both in the same month. These games excite me the most because the tension builds up year after year for these moments. They are extremely significant because they allow us to represent our town and area as one of the best teams around.
Which hockey player or sports figure do you look up to, and how has their career influenced your approach to the game?
My role model in the sport is Mustapha Cassiem, a South African hero. He has amazing skill, speed and confidence on the ball. He has taught me to stay composed, especially under pressure. Watching Mustapha has influenced me to constantly work on my all-round game, and he has taught me that hard work beats talent any day.
KAPTEIN VAN HOËRSKOOL NOORDHEUWEL SE EERSTESPAN HOKKIESEUNS
Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?
Die voorseisoen was baie intens, met ’n groot fokus op fiksheid en basiese vaardighede. Dit het vir my gewys dat hierdie span regtig bereid is om hard te werk en doelwitte te bereik. Die manne het nie sommer opgegee nie, en ons het mekaar voortdurend gemotiveer om aan te hou werk en beter te word.
Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span het beslis baie talent, maar wat dit spesiaal maak, is die bereidwilligheid om hard te werk. Ondersteuners kan uitsien na vinnige, aanvallende hokkie waar ons vir mekaar speel en met trots vir die skoolwapen uitdraf.
Wat gaan deur jou kop voordat jy die veld betree, en wat beteken dit vir jou persoonlik?
Ek fokus op alles waaraan ons tydens die voorseisoen gewerk het, veral ons spelpatroon. Vir my is dit ’n groot voorreg om hierdie span as kaptein te lei. Dit voel soos die beloning vir al die jare se harde werk en toewyding.
Hoe sal jy julle span se identiteit beskryf?
Ons identiteit is om hard te werk en nooit op te gee nie. Die gees in die span is baie positief — ons bou mekaar op en speel vir mekaar.
Watter standaard het julle vir julself gestel?
Ons wil mekaar met respek behandel en seker maak dat ons die hokkieprogram by Hoërskool Noordheuwel in ’n beter plek los. Ons fokus daarop om elke wedstryd te verbeter en uit ons foute te leer.
Watter wedstryd staan vir jou uit en hoekom?
Die wedstryd teen KHS staan vir my uit. Die tradisie en die gees rondom die wedstryd maak dit spesiaal, en dit is ook waar ons karakter werklik getoets gaan word. Ons fokus sal wees om by ons plan te hou.
Wie gaan mense hierdie seisoen verras?
Ek dink Janco Kriel gaan mense verras. Hy bly baie kalm onder druk en fokus op sy werk, wat hom ’n baie waardevolle speler maak.
Wat leer hokkie by julle skool spelers?
Hokkie leer jou baie meer as net wat op die veld gebeur. Dit leer jou tydsbestuur en dissipline, en wys vir jou dat sukses nie net oor talent gaan nie, maar oor die werk wat jy agter die skerms insit.
Watter tipe leier wil jy wees?
Ek wil ’n leier wees wat deur my optrede lei en ’n voorbeeld stel vir my spanmaats. Ek wil goeie standaarde stel en seker maak ons hou mekaar aanspreeklik.
Wat hoop jy sal mense oor julle span sê?
Ek hoop mense sal sê ons is ’n span wat nooit opgee nie, maak nie saak wat die telbord sê nie. Dat ons met trots speel, vir mekaar speel, en tot die einde aanhou veg mekaar met respek behandel, terwyl ons altyd positief bly.


















o.19B - Seuns Hokkiespan

o.16A - Seuns Hokkiespan


Name in geen spesifieke order.

o.14A - Dogtershokkie
Leandri Myburgh, Kgalalelo Tebjani, Rethabile Sekgobela, Monique Diederiks, Alyssa Smit, Kiara Smyth, Angelique Wiltshire, Liahné Lindeque, Reabetswe Leketi, Mija-né Hurter, Melissa Schutte, Milan Nel, Jeanelle Castanho, Lucia Dunn, Leah-Paige van der Westhuizen, Mia van der Merwe, Shaylin Botha.

o.15A - Dogtershokkie

Monument Gholfspan

Noordheuwel Skaakspan
o.14A - Dogtershokkie
Agter VLNR: Lezaan Viljoen (Afrigter), Jeanté van Nikkelyn Kuyper, Luané Strydom, Mijuan Badenhorst, Mikayla miles, Mileah smit, Kyla Silvo, Leanne van Jaarsveld, Annika Kotze, Elmien Olivier (Span-bestuurder).
Voor VLNR: Marizé Odendaal, Ilse Louw, Saskia Du Toit, Nate Vorster.

Sittend VLNR: Amber Botha, Este-Marie Eveleigh, Mieke van Der Merwe.
Afwesig: Lucrisha Jacobs.

o.15A - Dogtershokkie
Voor VLNR Mikayla van der Westhuizen.

Noordheuwel Gholfspan

o.14A - Seunshokkie