Skip to main content

Hugenote vs Swartland - AWSUM Special Edition 2026

Page 1

Our premium, single varietal ranges are produced exclusively from characterful bush vines grown in the heart of the Swartland, yielding wines of distinctive depth and concentration. Discover the true character and complexity of each variety and the story of its terroir as the wine develops in your glass. Shop our wines on www.swartlandwinery.co.za

Not for Persons Under the Age of 18.

Not for Persons Under the Age of 18.

Not for Persons Under the Age of 18.

Welkom by interskole

Welkom by die 50ste Interskole tussen Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland – ‘n besondere mylpaal in die geskiedenis van twee skole wat reeds dekades lank deur sport, tradisie en gesonde mededinging verbind is. Dat hierdie goue jubileum vanjaar op Hugenote se tuisveld plaasvind, maak dit des te meer spesiaal.

Ons besef dat hierdie interskole een van die grootste oorspronklike plattelandse interskole in Suid-Afrika is wat steeds met dieselfde trots, passie en betekenis voortleef. Vir vyftig jaar bring hierdie naweek spelers, afrigters, ondersteuners, ouers en oudleerders bymekaar. Dit is veel meer as net ‘n reeks sportwedstryde – dit is ‘n viering van ons geskiedenis, ons waardes en die gemeenskappe wat ons skole gevorm het.

Vir hierdie tradisie om nog vir baie geslagte voort te leef, is dit noodsaaklik dat die interskole kompeterend bly. Gesonde mededinging dryf uitnemendheid, bou karakter en skep herinneringe wat ‘n leeftyd hou. Dit is juis hierdie gees van sportmanskap en wedersydse respek wat maak dat die interskole steeds die hoogtepunt op albei skole se jaarprogram is. Dit is ook die gom wat jaar ná jaar ons oudleerders teruglok na hul alma mater – om weer saam herinneringe te herleef en nuwe stories te skep.

By Hugenote Hoërskool glo ons dat sport oor baie meer gaan as die eindtelling. ‘n Groot deel van ons bestaan gaan oor die invloed wat ons op ander se lewens kan uitoefen. Hoe meer ons ons lewens, ons suksesse én ons uitdagings met mekaar deel, hoe groter word die geleenthede om mekaar positief te beïnvloed. Ons glo dat God ons juis deur hierdie verhoudings gebruik om ‘n blywende verskil in mekaar se lewens te maak.

Ons sportikoon en oudleerder, Frankie Horne, het dit treffend verwoord: “One cannot be successful without the backing of our loved ones, team mates and team structures.” Hierdie woorde herinner ons daaraan dat geen oorwinning ooit alleen behaal word nie. Agter elke speler staan ‘n span van ouers, afrigters, onderwysers, ondersteuners en vriende wat saam die pad stap.

Beide Wellington en Malmesbury se gemeenskappe groei voortdurend en saam daarmee groei ook Hugenote Hoërskool en Hoërskool Swartland. Ons sien met opgewondenheid uit na die volgende vyftig jaar waarin hierdie interskole net van krag tot krag sal gaan – net soos ons skole. Mag elke speler hul wedstryd geniet en moed en karakter toon. Aan elke ondersteuner wens ek ‘n naweek vol trots, kameraadskap en onvergeetlike herinneringe toe.

Mag die beste span wen, maar mag die waardes waarvoor ons skole staan, uiteindelik seëvier.

OUR TEAM

Editor Meinette van Zyl

Layout & Design Rowan Engledoe

Lukhanyo Siko

Phillip Samuels

Distribution

Charl Paulse

Schools Coordinator

Melinda Huysamen

Advertising Coordinator

Myola Walters

Printed by Paarl Coldset.

Copyright:

HEAD OFFICE

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl

Managing Director: Meinette van Zyl

Financial Manager: Christelle van Wyk

Admin Manager: Carina Pio

Sales Manager: Quintus Brand

Mnr. Nico Burger - Skoolhoof
Mnr. Nico Burger

KAPTEIN VAN HUGENOTE

Divan Steenkamp

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Dis die eerste keer, sover ek weet, dat Hugenote so vroeg met kondisionering begin het. Die vroeë voorbereiding het nie net ons fiksheid verbeter nie, maar ook die grondslag gelê vir die sterk broederband wat ons vandag as span het. Dit het gewys dat elke speler bereid is om die ekstra myl vir mekaar én vir Hugenote te loop.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Daar is geen onderskeid tussen ouderdomme of grade in ons span nie. Wanneer jy die eerstespantrui aantrek, dra elke speler dieselfde verantwoordelikheid en hou ons mekaar aanspreeklik om ons beste te lewer. Ons bou mekaar eerder op as om mekaar af te breek. As iemand ’n fout maak, motiveer ons hom om weer op te staan en met selfvertroue aan te hou speel. Ek glo ons eenheid, passie en bereidwilligheid om vir mekaar te speel, is wat ondersteuners trots sal maak wanneer hulle langs die veld staan en ons ondersteun.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek is baie gefokus op die dag en probeer soveel moontlik saam met my spanmaats as ’n eenheid rondbeweeg terwyl die wedstrydplanne deur my kop maal. Ek maak ’n punt daarvan om by elke moontlike wedstryd langs die veld te wees en my mede-Blackies te ondersteun. Dis vir my ’n groot pelle voorreg om my skool te verteenwoordig, en ek besef die verantwoordelikheid wat as eerstespankaptein op my skouers rus.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons is ’n span wat vir mekaar speel. Ons identiteit lê in ons fisieke spel, peller ne en die vertroue wat ons in mekaar het. Wanneer een peller ’n fout maak, staan die res van die span saam om hom op te tel. Ons speel met trots en passie, en vir die Hugenote-embleem op ons bors.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n leier wees wat deur sy voorbeeld lei en wat dien eerder as om net opdragte te gee. Ek glo respek word deur jou optrede verdien. Ek wil die ou wees wat eerste opstaan ná ’n terugslag, wat altyd sy beste gee en wat elke speler laat glo dat hy ’n waardevolle deel van hierdie span is.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons standaard is om elke dag een persent beter te wees as wat ons gister was en om elke wedstryd met trots, dissipline en volle toewyding te speel. Ons wil fisiek en aggressief wees waar dit saak maak, maar altyd binne die reëls van die spel. Ons moedig mekaar aan om ná foute weer op te staan en aan te hou veg, want karakter word nie net deur oorwinnings gebou nie, maar ook deur hoe ’n mens uitdagings hanteer.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die interskolewedstryd teen Hoërskool Swartland op 15 Augustus is beslis die hoogtepunt van ons seisoen. Dit is nie net die 50ste interskole nie, maar vir baie van ons ook ons laaste interskole as matrikulante. Om hierdie geskiedkundige wedstryd op ons tuisveld te speel en alles vir Hugenote te gee, sal iets wees wat ons altyd sal onthou.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Zeeque Adams is seker die kleinste speler op die veld, maar hy het die grootste hart. Hy doen alles voluit. Sy duikslae, ongeag die grootte van sy teenstander, is indrukwekkend, en dan het hy ook spoed wat vir niks skrik nie.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Rugby by Hugenote leer jou baie meer as net die spel. Dit leer jou respek, dissipline en verantwoordelikheid, asook dat niemand alleen sukses behaal nie. Dit maak nie saak hoe groot, sterk of oud jy is nie – as jy bereid is om hard te werk en vir die span te speel, is jy deel van ’n broederskap wat jou vir die res van jou lewe sal bybly.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop hulle sal sê dat ons ’n span was wat met trots, respek en karakter gespeel het; dat ons nooit opgegee het nie; dat ons altyd vir mekaar geveg het; en dat ons Hugenote Hoërskool op die beste moontlike manier verteenwoordig het. As mense ná die wedstryd sê hulle kon sien dat ons vir mekaar en nie vir onsself nie speel, sal ek weet ons het ons doel bereik.

HUGENOTE HOËRSKOOL EERSTE XV

Divan Steenkamp (k)
Li-Grant Summery (o.k)
Marco April
Matthew Arendse
Hassani Daniëls
Etienne de Bruin
Lorenzo de Jager
Jacquin Ephraim
Christoff Filmalter
Jaren Hartzenberg
PW Labuschagne
Ravesh Padayachiey
Hayden Philander
Willem Spangenberg
Kishtan Williams
James Joubert (k)
De Wet van Aswegen (o.k)
Jacques van Zyl
Winsor Solomons
Ernst Coetzee
Jared Fredericks
Finn Fowlds
Christian Cupido
Jean Beukes
Markus Vorster
Zaidell Paulus
Enrico Louw
Adieu Cramford
Aurello van Wyk
Dimitri Boutsikaris
Voor:
Kyle Cummings, Ethan Roberts, Mazotsho Tshwela (k), Luan Robertson, Skyler Claassen, Tafadzwa Raal-Mashizha.
Middel:
Bryan Titus, Jayron Lottering (o.k), Ziech Schreuder, Christiaan Mocke, Juan Hilberg.
Agter: Gregan Theunis, Lian Dipaola, Christo Groenewald, Cohan Müller.

Agter: Skyler Carstens, MJ Lambrechts, Elijah Janse van Rensburg, Benn Brooks, Dawid Bierman, Ewan Thomas.

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL SWARTLAND SE EERSTE RUGBYSPAN

James Joubert

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons het vanjaar ’n baie goeie voorseisoen gehad en al drie ons wedstryde op Oakdale gewen. Dit het vir ons gewys dat ons groot dinge hierdie jaar kan bereik.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Van die eerste fluitjie af het elke speler vir sy spanmaats gespeel, en almal het dieselfde doel gehad: om die blokke eerste te stel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Ek dink aan die week se voorbereiding en harde werk wat alles op daardie 70 minute neerkom. Dit herinner my ook daaraan dat elke wedstryd ons een nader aan ons groep se laaste wedstryd bring. Dit laat my elke oomblik waardeer en spoor my aan om ten volle teenwoordig op die veld te wees.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons het ’n baie gestruktureerde speelstyl, maar daar is genoeg ruimte vir elke speler om homself deur sy spel uit te leef. Ons span werk elke week hard, wat ’n gesonde mededingende gees in die groep skep.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het aan die begin van die seisoen gesê dat ons ’n prosesgedrewe span wil wees. Ons wil in elke wedstryd ons strukture verbeter en as groep sterker groei.

Voor: Matthew Jansen, Mason Banha, Eugene Markus, Caleb Balie (k), Junaid Wewers, Caydon Ryk.

Middel:

André Gouws, Marcell Pretorius, Marco Joubert, Stiaan Kotzé, Johan Hanekom, Christiano Daniels, MJ Burger, Javier Muller.

Agter: Llewellyn Vermeulen, Amando Lategan, Cobus Orchard, Dawid Bierman, Hugo Jurgens, Joshua O’Brien.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die vanselfsprekende antwoord is die wedstryd teen Hugenote, maar ons het as span ook baie daarna uitgesien om teen Drostdy te speel, omdat hulle die sterkste span in die Boland is en ons onsself teen die beste wil meet.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink ons slotpaar sal mense verras met hoe goed hulle speel en beheer oor die lynstane neem. Ek dink ook ons heelagter sal ’n glimlag op mense se gesigte sit. Hy is dalk die kleinste speler op die veld, maar hy het verreweg die grootste hart.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Dit leer ons om ons met goeie mense te omring – mense wat altyd by jou sal staan en jou in moeilike tye sal ondersteun.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil die soort kaptein wees wat sy span met absolute trots en nederigheid verteenwoordig. Die voorbeeld wat ek graag wil stel, is om altyd toegewyd te wees aan wat jy ook al doen.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sal sê dat dit een van ons beste spanne nóg was en dat ’n mens duidelik kon sien hoe die spelers vir mekaar gespeel het.

Voor: T G Hugo, Tristan Scholtz, Francios Albertus, Gerhard van Zyl.
Agter: Franco Conradie, Ruan Le Roux, Caleb Thom.
Voor: Dineo Pikini,Gemma Liedeman, Luan Beukes, Emma Brooks, Zeke Smith, Elizabeth Smit.
Orkes
Orkes

o.15A-Rugby

Voor:

Groban Jones, Kayden Kruger, Stiaan Williams, JJ Rheeder (o.k), Jarren Isaacs, Zeeque Adams.

Middel:

Aya Thupa, Moses Kubarwa, Luke Fortuin, Liam Appolis, Jordan Valentine.

Agter:

Eliston Delport, Jordan Davids, Lathan Carolissen, Mohaimin Johaar, Nicholas Basson, Ryan Leukes, Ludwig Bohlmann.

Voor:

Gino August, JJ de Bruin, Wihan Adams (o.k), Brady Gertse (k), Nathan Uren, Caydin May, Alexander Vermeulen.

Middel: Ethan Alexander, Rudewaan Lottering, Evan Michaels, Omroa Padayachiey, Zhenson Adonis.

Agter: Zachery Africa, Liyabona Dlokweni, Xuan Nagel, Hayden James, JayRosh Abrahams.

Voor:

Asif Shaik, Jacu van den Berg, Wade Adams, Logan de Vries (k), Alex Saulse (o.k), Josua Nyambe, Dhanté Fisher.

Liam Petersen, Eben Blom, Danté Kronström, Ayron Cloete. o.19B-Rugby o.16A-Rugby

o.14A-Rugby

Middel: Raiven Appollis, Blake Abrahams, Hunther Radlof, Thurswin Groenewald, Leighton Samson.

Agter: Joshua Peek, Hugo Fouché.

Voor:

Feagan Coetzee, Jannick Swart, AJ Appollis (k), Alex Schoeman (o.k), Jermaine Mariema, Orrin Mettler.

Middel: Kieran Alexander, Clay Steenkamp, Giovanni Frans, Kieran Claasens, Lutchiano Solomons.

Agter:

HOËRSKOOL SWARTLAND

Voor:

Janco Hoon, Connor Solomons, Jan Nelson (k), Tayton Brown, Joubert Malan, Tyler Januarie.

Middel:

Quade van der Westhuizen, Adam Swart, Inus Viljoen, Riley Samuels, Waytin-Lee Olivier, Tumelo Mokwena.

Agter:

Paul Reyneke, Jace Fester, Tihlon Leander, Ashwell Appolis.

o.15A-Rugby

Voor:

Sebastiaan Rabe,Tyrone Hunter, Christiaan Basson (k), Herlu Smith, Andreas Kuhn, Titus Corbin.

Agter:

Darian Kruger, Adrian Julyan, Lucio Olkers, Jorne Oosthuizen, Eliam Beziek, Bernhard Dempers, Joël van der Westhuizen.

Afwesig:

Tresnick Mouton, Nazario Koelenberg, Luca Potgieter.

o.14A-Rugby

o.16A-Netbal

Voor: Amoré van den Berg, Ammi Carstens, Lorian Willemse (k), Chloë Retief (o.k).

Agter: Nicole Pretorius, Charla-Jade MacKay, Keyanté Green.

Cameo

Denicca Kanogwere.

Voor: Linda-Marie du Toit, Skylar McCarthy (k), Zia Janse van Rensburg, Carlyn August.

Agter: Kayneesha Martin, Rischke Rondganger, Anecia Abrahams.

Voor: Lizé-Mari van Aarde (reserwe), Mieke Geldenhuys (o.k), Mia Johnson (k), Chelséa van Zyl, Marli de Waal.

Agter: Mila Scriven, Lika Conradie, Janke Viljoen, Billy Nachtergaele-Minne (reserwe).

Agter:

Voor:
Scheffers, Mia Burger, Faith Philander (k),
Agter: Anuschké Solomon, Levern Thomas, Ky-Leigh April.
Voor: Lizé Miggel, Danielle Hoffman (k), Miché-Lynn Sass (o.k), Andriette Tredoux.
Christeli Stoffberg, Kaylin Strydom, Vida Geldenhuys.

EERSTE NETBALSPAN

Courtlinn

Agter:

Agter:

Zani Booysen (k)
Annah Lewis
Riquelmé Albertus (o.k)
Anine Pienaar
Luce Basson
Megan Pietersen
Bianca Borcherds
Caylee Strydom
Karla Borraine
Meeke Trezires
Voor:
Jonas, Claurechia Kearns (o.k), Mieke-Mari van Zyl (k), Kayleigh Swart.
Khula Tasana, Christine Pieters, Gabbey Small.
Voor:
Tiffany Samuels, Linè Gouws (o.k), Jani Badenhorst (k), Juné Wessels.
Marike Duvenhage, Carné Bester, Kyrah-Hope Hollenbach.

HOËRSKOOL SWARTLAND EERSTE NETBALSPAN

Christina
van der Merwe (k)
Sunelle de Bruyn (o.k)
Jana du Toit
Anke de Bruyn
Anne-Marie Steyl
Alexa Haak
Luné Laubscher
Miné Kemp
Christi van Heerden
Heidi Hibbert
Voor: Jayliyah Julies, Carmia Rall (k), Jody Marang (o.k), Chloey-Lee Daniels.
Agter: Maria Kotzé, Iviwe Mazwane, Donarique Ockhuis, Jody Fortuin.
Voor: Keisha Kalumpie, Nina Rust, Nashli Adriaanse (k), Rita-Mari Lourens, Marizaan Rautenbach (reserwe).
Agter: Kaylee Swarts (reserwe), Michelle Louw, Rosemarie Neethling, Anna-Mae van Zyl (reserwe), Lesché Jackson.

Zani Booysen

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons voorseisoen het goed verloop. Dit het vir ons baie geleenthede gebied om te verbeter, op ons sterkpunte voort te bou en as span aan ons swakpunte te werk. Die uitdagings gedurende die voorseisoen het elke meisie in die span se deursettingsvermoë en karakter na vore gebring.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons span het vanjaar baie nuwe spelers met vars energie, maar daar is steeds ’n goeie balans tussen jeug en ervaring. Ondersteuners kan uitsien na ’n wil-om-tewen-houding en ’n vasberadenheid wat nooit wankel nie. Ons speel vir mekaar en vertrou mekaar ten volle.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Elke keer voordat ek op die baan draf, voel ek ongelooflik trots om my eerstespanrokkie saam met die mense vir wie ek so lief is, te dra. Ek weet dit is ’n voorreg en sal dit nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Elke wedstryd is ’n geleentheid om my skool te verteenwoordig en om deur goeie sportsmanskap “Blackie Excellence” op die baan uit te leef.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons leuse is “We Stitch Together”, en dit beskryf ons identiteit baie goed. Die persoonlikhede in ons span is baie uiteenlopend: sommige is stil, gefokus en kalm, terwyl ander energiek, humoristies en luidrugtig is. Ten spyte van hierdie verskillende persoonlikhede kom ons as ’n gedrewe en gemotiveerde span bymekaar.

Ons speelstyl weerspieël al ons persoonlikhede: dit is gestruktureerd en goed beplan, maar terselfdertyd gelaai met energie. Ons “stitch” deur moeilike tye, fokus altyd op die positiewe en kyk voortdurend hoe ons kan verbeter.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Natuurlik wil ons wen! Ons grootste doelwit is egter om ná elke wedstryd beter te

wees en voort te bou op ons vorige vertonings. As ons mekaar met elke wedstryd beter maak – op én van die baan af – het ons reeds gewen. Ons fokus op dit wat ons kan beheer: om deur die week hard te werk en alles op die baan te los. Ons leuse is: “Beheer wat jy kan beheer en laat God die res doen.” Ons speel voluit en saam as een span, met die doel om in elke wedstryd te verbeter.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole staan altyd uit. Ons werk die hele jaar op na dié wedstryd en sien baie daarna uit. Vir sommige van ons is dit ons laaste hoërskoolnetbalwedstryd en ook ons span se laaste wedstryd saam. Dit is ons laaste geleentheid om as span ons karakter en deursettingsvermoë te toon.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Elkeen van ons – hou hierdie spasie dop …

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Netbal is ’n spansport en leer ons om onsself én ander te vertrou. Dit kweek dissipline en bou vriendskappe wat ’n leeftyd kan hou.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek fokus daarop om kalm en gefokus te bly, selfs wanneer die druk gedurende ’n wedstryd hoog raak. Ek probeer om altyd positief te bly en seker te maak dat elke speler in haarself glo. Ek wil ’n voorbeeld van nederigheid en ’n positiewe ingesteldheid stel.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek wil hê mense moet sê dat ons ’n span is wat met passie speel en nooit enigiets halfhartig aanpak nie. Ek hoop hulle sal sien dat ons as ’n eenheid vir mekaar speel en Hugenote se naam hoog hou.

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL SWARTLAND SE EERSTE NETBALSPAN

Christina van der Merwe

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons voorseisoen het reeds in September 2025 begin. Ons het dus vroeg hard begin werk, mekaar ondersteun en was bereid om opofferings te maak en saam te groei. Omdat ons span so jonk is, was dit vir baie spelers ’n groot uitdaging om op o.18-vlak mee te ding. Hulle het hulself egter deur en deur bewys. Dit is spesiaal om terug te kyk na waar ons begin het. Dit vul ’n mens met trots en dankbaarheid.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons is ’n baie jong span met ’n groot begeerte om onsself te bewys. Ná verlede jaar se Interskole-wedstryd is ons meer gemotiveerd as ooit om die uitslag te verander. Ondersteuners kan uitsien na ’n span wat met passie en trots, en met alles wat ons het, gaan speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek voel bevoorreg en ervaar ’n warm gevoel van trots wanneer ek Hoërskool Swartland verteenwoordig. Terselfdertyd fokus ek daarop om kalm te bly, sodat ek my beste vir my span kan lewer.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons is ’n jong span met baie veggees en ’n sterk wil om te wen. Ons speel volgens ons slagspreuk, ‘Alles of niks’, en gee elke keer ons beste op die baan. Ons ondersteun en bou mekaar op. Wanneer iemand ’n fout maak, werk almal saam om dit reg te stel. Ons veg vir elke bal totdat die eindfluitjie blaas.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons wil ’n wenkultuur skep waarin groei net soveel tel as die uitslag op die telbord. Vir ons beteken sukses dat ons met elke oefening en wedstryd leer, verbeter en nader aan ons volle potensiaal beweeg. As ons elke keer beter as in

die vorige wedstryd kan wees en as span aanhou groei, beskou ons dit ook as ’n oorwinning.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole is beslis die wedstryd waarna ons die meeste uitsien. Dit is ’n tradisie met baie trots en geskiedenis, en dit beteken baie vir die skool en die gemeenskap. Dit is ’n geleentheid om te wys waarvoor ons die hele seisoen hard gewerk het en om ons skool met trots te verteenwoordig.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink Lunè Laubser is beslis iemand om dop te hou. Sy is nog baie jonk en, al is sy nie die grootste of langste hulpdoel nie, is sy ongelooflik akkuraat met haar doele en speel sy slim om teenstanders uit te oorlê.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Netbal leer spelers dat sukses op harde werk, opofferings en deursettingsvermoë gebou word.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n leier wees wat deur my optrede lei – iemand wat altyd hard werk, kalm bly onder druk en my span aanmoedig om hul beste te gee. Ek wil die voorbeeld stel dat respek, deursettingsvermoë en spanwerk altyd eerste kom.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sal ná die tyd sê dat ons ’n span is wat met trots, passie en veggees vir mekaar speel, en dit altyd met respek en ’n goeie gesindheid doen. Ons glo daarin om ander met vriendelikheid te behandel – ‘kill them with kindness’. Ek hoop hulle sien ’n span wat mekaar ondersteun, nooit opgee nie en karakter toon, ongeag wat die eindtelling is.

Nicola Lochner

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons het aan die Summer Sport Festival deelgeneem, waar dit ongelooflik warm was, maar ons het as span deurgedruk. Dit was ook die eerste keer dat hierdie groep werklik saamgespeel het, en daarom moes ons leer om mekaar te verstaan en goed saam te speel.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons is ’n baie jong groep met baie potensiaal. Ons het ook hard aan ons fiksheid gewerk, en dit gee ons die geleentheid om die hele wedstryd voluit te speel. Ek dink die ondersteuners kan uitsien na ’n span wat met baie energie, passie en trots gaan speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek voel opgewonde, maar ook baie dankbaar. Om my skool saam met hierdie span te verteenwoordig, is iets wat ek nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit motiveer my om elke keer my beste te gee.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ek dink ons span se grootste kenmerk is ons positiewe ingesteldheid. Ons moedig mekaar aan en help mekaar om positief te bly, selfs wanneer dinge nie volgens plan verloop nie.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons doel was om teen die einde van die seisoen soos ’n familie te voel. Ons wil hê almal moet die goeie tye onthou, mekaar met respek behandel en nie toelaat dat onnodige konflik of klein dingetjies tussen ons kom nie. Dit is vir ons belangrik om die seisoen saam te geniet, by mekaar te leer en herinneringe te skep waarop ons trots kan wees.

Minelle Meeding

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was uitdagend, maar dit het ons as span nader aan mekaar gebring. Ons het hard aan ons fiksheid, vaardighede en spanwerk gewerk. Dit het gewys dat ons ’n groep spelers is wat bereid is om opofferings vir mekaar en vir die skool te maak. Ons leuse, ‘So what? Now what?’, beskryf ons goed: Ons fokus nie op struikelblokke nie, maar op hoe ons dit gaan oorkom.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span het ’n besondere balans tussen ervaring en jong talent. Ons speel met baie energie, passie en selfvertroue, en daar is ’n sterk band tussen die spelers. Ondersteuners kan uitsien na vinnige, aanvallende hokkie en ’n span wat nooit ophou veg nie, ongeag die telling.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Net voordat ek die baan betree, dink ek aan die voorreg om my skool te verteenwoordig en aan al die harde werk wat die span ingesit het om daar te wees. Dit maak my trots en dankbaar. Om die skoolkleure te dra, beteken baie vir my, en ek wil altyd my beste gee vir die span, die skool en almal wat ons ondersteun.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speel met baie hart en karakter. Ons gee nie maklik op nie en bly altyd positief, ongeag die telling. Ons grootste krag is ons spanband – ons vertrou en ondersteun mekaar soos susters.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons wil bekend wees as ’n span wat hard werk, respek toon en altyd vir mekaar opstaan. Ons doel is om elke wedstryd beter af te sluit as wat ons dit begin het en om die waardes van Hoërskool Swartland uit te leef.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole! Dit is ’n wedstryd met baie geskiedenis en trots. Dit beteken baie om vir die laaste keer saam as ’n span op die veld te draf en alles te gee.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Marize Peek was verlede jaar deel van die eerstespan en het as verdediger gespeel, maar sy speel vanjaar as aanvaller. Sy het baie goed by haar nuwe rol aangepas en teken baie van ons doele aan.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie leer jou dissipline, verantwoordelikheid en hoe om deel van iets groter as jouself te wees.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

My leuse is om deur my voorbeeld te lei. Ek wil hê my span moet na my kan kyk en sien hoe harde werk, dissipline en toewyding lyk, eerder as dat ek net vir hulle sê wat om te doen.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sal sê dat ons werklik as ’n span gespeel het, dat ons mekaar met respek behandel en ondersteun het, en dat ons dit geniet het om saam op die veld te wees.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die Interskole-wedstryd teen Hoërskool Hugenote staan beslis vir ons uit. Dit is altyd ’n spesiale geleentheid waaraan baie geskiedenis en trots verbonde is. Dit is belangrik omdat ons nie net vir onsself speel nie, maar vir die hele Swartlandgemeenskap.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink daar is verskeie spelers wat mense gaan verras. Ons het baie talent in die span, maar wat die meeste uitstaan, is hoe hard almal werk. Ons het ook jong spelers met baie talent wat vinnig ontwikkel. Wat hulle besonders maak, is hul vasberadenheid en bereidwilligheid om opofferings vir die span te maak.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie leer ons baie oor dissipline, verantwoordelikheid, deursettingsvermoë en spanwerk. Dit leer ons ook om mekaar te ondersteun en uitdagings met ’n positiewe ingesteldheid aan te pak, net soos ons leuse sê: ‘So what? Now what?’

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein wil ek ’n leier wees wat deur haar voorbeeld lei. Ek wil iemand wees wat altyd hard werk, positief bly en my spanmaats ondersteun. Ek was bevoorreg om deur ’n goeie afrigter gelei te word, en een van die belangrikste dinge wat ek by haar geleer het, is dat ’n goeie leier nie net aan haarself dink nie, maar altyd die span eerste stel. Ek wil daardie voorbeeld volg deur respek te toon, verantwoordelikheid te neem en altyd daar te wees vir my span, net soos hulle daar is vir my.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop hulle sal sê dat ons met trots, passie en karakter gespeel het. Meer as enigiets anders hoop ek hulle sal sê dat ons soos een familie gespeel het: ’n groep susters wat altyd vir mekaar geveg en nooit opgegee het nie.

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

HOËRSKOOL SWARTLAND

EERSTESPAN

HOKKIEDOGTERS

Minelle Meeding (k)
Lianke Neethling
Mia Steyn (o.k)
Gia Jordaan
Antoinette Kriek
Thakeerah Wilskut
Annabel Basson
Kayleigh Swart
Erna Conradie
Junel Smith
Mienke da Fontes
Mieke Neethling
Micha van Papendorp
Lienka Heyneke
Inge Truter
Elri Coetzee
Nicola Lochner (k)
Klaradyn Neethling
Dahné Hanekom
Zhané Steyl
Nadia De Waal
Karlia Saayman
Marli Lochner
Janke van Zyl
Marize Peek (o.k)
Lumé Robbetse
Rochelle Lategan
Anné vd Merwe
Mia-Siljieur de Wet
Lanzelle Sampson
Lilly Maree

Hugenote - o.19B-Hokkiedogters

Voor:

Brooklyn Hendricks, Alyssa Erasmus, Jana Blom (k), Mischke Claasen, Zoey Fransman.

Agter:

Brinley van Wyk, Theneil Philander, Lana Botha, Leila Petersen, Lisa Fourie.

Voor:

Jeanette Hofmeyr, Zanike Marshall, Anika Fourie (o.k), Kayla Lombard (k), Tara du Toit, Lelanie Buhr

Middel:

Kayler Stander, Jangke Beneke, Zia Daniels, Tayler Fester, Reza-Mari Smit, Juané van Zyl, Denéke Abrahams, Sarli Steyn

Agter:

Imke van der Westhuizen, Leonay Lakey, Meke Liedeman, Nicoline Coetzee, Helena Vermaak, Lungiswa Grootboom, Kyleigh Philander. Swartland - o.19B-Hokkiedogters

Hugenote - o.16A-Hokkiedogters

Swartland - o.16A-Hokkiedogters

Voor:

Lee-Mané Karsten, Nina Nel, Mia Kotzé (k), Neytiri Nieuwoudt (o.k), Lara de Waal.

Middel:

Autumn Hoorzuk, Rosie Büchner, Miané Erasmus, Lilia Conradie, Ally Laubscher.

Agter: Chiné van Niekerk, Maia Badenhorst, Sakeena Abbas.

Voor:

Luca Saayman, Lize Friis (o.k), Ilandie Basson (k), Sikelelwa Nogqala, Luhnay Meeding.

Middel:

Zarah van Niekerk, Jangke Beneke, Lilly-Ann Bosman, Tarien van Aswegen, Chelsea Mostert.

Agter: Jani Westenraad, Mia van der Nest, Jeannie Thompson, Lerushka Colombo.

HUGENOTE HOËRSKOOL EERSTESPAN HOKKIESEUNS

KAPTEIN VAN HUGENOTE HOËRSKOOL SE EERSTE HOKKIESPAN

Henré Kotzé

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

As deel van die voorseisoen het ons aan die Belgotex-hokkietoernooi in die Kaap deelgeneem. Ons het mekaar beter leer ken en vertroue in mekaar opgebou. Ons spelpatrone is ook verfyn. Sommige van die wedstryde was baie taai, maar dit het ons deursettingsvermoë getoets en ons geleer om die volgende dag weer op te daag en alles te gee.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Vanjaar se span sluit twee graad 10-spelers in, asook ’n goeie groep ervare spelers wat reeds provinsiale en eerstespanervaring het. Dit is ’n groep seuns wat vir hokkie leef!

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

In die oomblikke voordat ek op die baan gaan en die wedstryd begin, is ek rustig en fokus ek op my rol in die span. Hokkie was nog altyd my passie, en ek gebruik elke wedstryd om myself uit te daag. Elke wedstryd wat ek speel, is ’n voorreg, en ek hoop altyd dat my spel ander sal inspireer om ook deel te neem.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons is ’n span wat vir elke wedstryd opdaag en voluit vir mekaar speel.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons wil uit elke wedstryd leer en voortdurend verbeter.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die wedstryd wat vir ons as span die meeste uitstaan, is beslis Interskole. Dit is ’n wedstryd wat vir elke speler baie beteken en aan elkeen die geleentheid bied om voluit vir sy skool te speel. Almal soek tog maar daardie Interskole-oorwinning!

Ek is seker my span gaan op die dag alles gee.

Alles wat ons hierdie seisoen geleer het, die verhoudings wat tussen die spelers opgebou is en ons liefde vir die spel, bou op na daardie een wedstryd waarin alles bymekaar kom.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Elke speler in die span het ’n belangrike rol, en ek dink mense sal deur elkeen van hulle verras word.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Dit leer jou dissipline, leierskap en deursettingsvermoë.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n leier wees wat my span inspireer en aanmoedig om altyd hul beste te gee, mekaar met respek te behandel en uit hul foute te leer.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop hulle sal sê dat ons ’n uitstekende groep is wat nie net speel om te wen nie, maar ook uit liefde vir die sport en vir die skoolwapen op ons bors.

Henré Kotzé (k)
Corné Niemann
Hassan Abbas
Carlyle Ockhuis
Pierre Burger
Armandt Pretorius
Johan de Jonge
Timon Redelinghuys
Reuel Elyon
Daniel Rossouw
Daniel Loedolff
Johann vd Merwe
Landile Mfundisi
Jeandré Visser
Blessing Malema
Mika v Niekerk
Coden Morrily

HOËRSKOOL SWARTLAND

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL SWARTLAND SE EERSTE HOKKIESPAN

Sebastian Griffiths

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Tydens die voorseisoen het ons hard aan ons fiksheid gewerk. Ons het gereeld geoefen en voortgebou met die oog op die seisoen wat voorlê. Dit het gewys hoe toegewyd ons as span is om ons doelwitte te bereik.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Die verhouding tussen die spelers is baie sterk en die span se samewerking is uitstekend. Ons sien mekaar nie net as spanmaats nie, maar as broers. Ondersteuners kan dus uitsien na ’n span wat uitstekend saamwerk en vir mekaar speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Dit is altyd vir my ’n eer om my skool te verteenwoordig. Ten spyte van die druk en spanning voor ’n wedstryd, is ek trots om te wees waar ek is, en bly ek gefokus.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span speel beslis ’n spelstyl wat op goeie aangeewerk berus, en die gees is altyd hoog – voor én ná wedstryde. Ons is altyd opgewonde en gereed om te speel.

Watter standaard het jy en jou span hierdie seisoen vir julself gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het onsself ten doel gestel om hierdie seisoen onoorwonne op ons tuisveld te bly en deur ons opwindende spel meer ondersteuners na seunshokkie te lok.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Interskole is natuurlik die belangrikste wedstryd van die jaar. Dit is waar ons ons skool se naam hoog wil hou. Worcester Gimnasium bied ook altyd goeie mededinging, en ons het hulle vanjaar met 2–1 op ons tuisveld geklop.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek voel die hele span verdien om dopgehou te word. Almal doen hul werk en staan op die veld uit.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie is ’n baie vinnige en intense sport. Dit leer spelers baie oor deursettingsvermoë en dissipline.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil nie net as ’n kaptein deur my spanmaats gesien word nie, maar ook as ’n vriend en ’n broer. Ek glo dat goeie verhoudings tussen spelers die span se samewerking en die welstand van die spelers verbeter.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sal beslis sê dat ons ’n baie sterk en talentvolle span is. Ek hoop dat ondersteuners wat ons sien speel, sal wil terugkom om meer te sien en ook ander ondersteuners na ons wedstryde sal lok.

Sebastian Griffiths (k)
Izak Scriven
Joel Rix
Rozier van Niekerk
Zane vd Merwe
Daniel Chirwa
Alec Hartley
Andrew Cox
Paul du Plessis (o.k)
Nelius Schreuder
Liam Bester
Luan Ferreira
Hannes Knoetzen
Noah Hendricks
Du Preez Erasmus
Malachi Liedeman

Voor:

Niklas Wessels, Armand Delport, Caydon Ferreira (k), Niel Jonck, Caleb Kearley, Liam Swart.

Middel:

Daniël Carstens, Isak Smuts, Hugo Muller, Daniël Swart, Leonard De Roubaix, Gerhard van Zyl.

Agter:

Divan Pretorius, Caleb Thom, Ethan Janse van Rensburg, Simeon Corrigan, Christiaan Stemmet.

Voor:

Alex Cilliers, O’Ryan Smit, Sebastian Lourens (o.k), Marcel Steenkamp (k), Uziel Jephtha, Stiaan Mouton, Stefan de Wet.

Middel:

Zylor Adonis, Mathew Voight, Chad Fransman, Johann Strauss, Brucelin Hollenbach.

Agter: Cody Goliath, Christiaan Labuschagne, Stiaan Erasmus.

Voor:

Aldrich Hesse, De Wet Snyders, Kwando Moletsane (k), Alex Schoeman (o.k), JJ Theron.

Middel: Jean Theron, Rohan Appollis, Thomas Sollberger, John-William Grobler, Josua Loftus, Tristan Floris.

Agter: Wessel Ferreira, Eben Blom, Philip Kok, Thom Dorfling.

Voor:

Mieke de Villiers, Jané Sudell, Garchelle Abrahams, Linda-Marie du Toit (k), Joané van Dyk, Sarah-Jane Foxcroft, Nicola Maree.

Middel:

Abigail van Rooyen, Laurica Edens, Zeah Bekeur, Bea Basson, Miya Swart, Milla Christensen.

Agter: Caychin de Villiers, Hanlee Geldenhuys, Kristin Steyl.

Voor:

Athandile Mlangeni, Anton Basson, Tristan Cloete, Rikus van Zyl (k), Janco Geldenhuys, Jadé Gouws, Joshua Pieterse.

Agter:

Jaco Erasmus, Franco Genis, Eric Kruger, Jesse-Holland Müter (o.k), Jean Hanekom, Nicky Lategan, Regert van Wyk, Hennie Pretorius.

Voor:

Johan Vogel, Landen Williams, Jacobus Griesel (o.k), Noah Neethling (k), Zanru Nel, Daniel Berman.

Middel:

Athandile Mlanjeni, Angelo Visser, Gideon Truter, Hennie Pretorius, Ewan Thomas.

Agter: Tristan Solomons, Edrich Brettschneider, Inus Viljoen.

Voor:

Leeshan Buys, Hugh Jacobs, Gideon Truter (m.k), Caleb Cloete (m.k), Herlu Smith, Wessel Lategan.

Middel: Joshua Bierman, Stephan van Rooyen, Hugo van Reenen, Liam Dawson, Heinrich Erasmus, PJ Brennan.

Agter:

Fanie Kriek, Juan van Papendorp, Liam Gelderblom, Liam Butler, Hanlu Dipoala.

Voor:

Abulele Mjacu, Hadleigh Odendaal, Jani Laubscher (k), Milah Thomas (o.k), Nalé Durr, Kara van Tonder.

Middel:

Sonje Bestbier, Elrina Walters, Alexi du Toit, Annemi Loots, Emma van Tonder.

Agter: Karlien Viljoen, Alana Kohn.

van

Voor:

Annabelle Fourie, Jean Retief, Zané Duvenhage, Marike Duvenage, Ludwig Bohlmann, Lilia Conradie.

Agter:

Mia Franken, Lian Luyt, Ammi Carstens, Pierre Burger, Mia Burger.

Altus Grobbelaar, Coden Morilly, Hanro de Klerk, Jadrian Lielieveld, Hunter Radloff, Ruthan Liebenberg.

Janke
Zyl, Zain Engelbrecht, Leroux Nel, Tiago Pestana, Claude Marais.
Debat & Vasvra
Fietsry
Skaak

HOËRSKOOL SWARTLAND

Jacobus Lesch, Leam Cilliers (k), Beulah van Niekerk, Hendri Bothma (o.k), Waldi Weideman.

Voor: Sebastian Griffiths, Lionel Frank, Chané Grobbelaar, Sadé Lesch, Daniël Janse van Rensburg, Juan van Papendorp.

Agter:

Rosie Neethling, Jani Visagie, Du Preez Erasmus, Elizabeth Smit, Ewan Thomas, Chanel Kleinhans.

Heinrich Erasmus, Binta Bah, Jaco Erasmus (k), Lauren van der Westhuizen, Eben Wallace, Liam Wallace.

Debat & Vasvra
Fietsry Skaak
Hoërskool Swartland
Hugenote Hoërskool
Voor: Mialé Bindemann, Coden Morilly, Mieke-Mari van Zyl. Agter: Lian Luyt, Marike Duvenage, Mika van Niekerk, Jana Bruwer, Jozef de Beer. Dirigente
Jody Marang, Elri Coetzee, Lungiswa Grootboom, Jordin Roos, Carmia Rall, Justin Zwaan, Driaan Bosman. Dirigente

UNDER 1 ROOF

ALL YOUR needs DIY Program

15 AUGUSTUS 2026

13:30 Voorstelling van eerstespanne 14:00 o.19A

14 AUGUSTUS 2026 15 AUGUSTUS 2026

13:30 o.16B Seuns

14:30 o.16B Dogters

15:30 o.19B Dogters

16:30 o.19B Seuns

17:30 o.14A Seuns

18:30 o.14A Dogters

08:20 Voorstelling van eerstespanne

08:30 o.19A Dogters

09:50 Voorstelling van eerstespanne

10:00 o.19A Seuns

11:20 o.16A Dogters

12:20 o.16A Seuns

Rondte 3

10:30 Rondte 4 17A

11:20 Eerstespan voorstelling op Baan A 11:30 Rondte 5 o.19A

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Hugenote vs Swartland - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu