




![]()





Editor Meinette van Zyl
Layout & Design
Rowan Engledoe
Lukhanyo Siko
Phillip Samuels
Distribution Charl Paulse
Schools Coordinator
Melinda Huysamen
Advertising Coordinator
Michaela Smit
Printed by Paarl Coldset.
Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd
Read the
The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646
Email: awsumnews@tiemedia.co.za
Chief Executive Officer: Durandt van Zyl
Managing Director: Meinette van Zyl
Financial Manager: Christelle van Wyk
Admin Manager: Carina Pio
Sales Manager: Quintus Brand
Volg ons op Facebook!
@Suid-Kaap Skoolnuus
@Breede Vallei Skoolnuus



Gholfspan



Dit is ’n groot voorreg om die skoolhoof, Mnr. Louis Steijn, die personeel, leerders en ouers van Hoër HTS Drostdy te verwelkom. In 2023 toe HTS Drostdy ons besoek het was dit Hoërskool Outeniqua se eeufeesjaar. Dit het ‘n groot bydrae tot hierdie spesiale tyd in die geskiedenis van Hoërskool Outeniqua gemaak. Baie welkom by 2025 se FNB Classic Clash!
Ek hoop die HTS Drostdy geniet die dag saam met ons! ’n Spesiale woord van verwelkoming aan die borge van beide skole. Mag hulle die dag saam met ons geniet. Baie dankie aan FNB om ook hierdie sportgeleentheid as hoofborg baie spesiaal te maak.
Dit is ’n groot voorreg om leerders te sien deelneem. Dit bly ’n voorreg vir leerders om hulle skool te verteenwoordig. Leerders wat hulle skool verteenwoordig, doen dit met trots en daarom is die deelname aan sport en kultuur ‘n belangrike deel van die opvoedingsproses.
Algemeen reëls:
1.Parkering Parkeer asseblief op die noordwestelike parkeerarea. Indien daar nie meer parkeerplekke beskikbaar is nie, moet u asseblief buite die skoolterrein parkeer. Geen voertuig mag op grasperke of in die tuin parkeer nie.
2.Pawiljoen
• Daar is aangeduide plekke vir die leerders van Hoërskool Outeniqua en HTS Drostdy op die hoofpawiljoen. Dit is vir die uitsluitlike gebruik vir die leerders. Daar is addisionele pawiljoene rondom die A-veld aangebring en ouers moet asseblief nie op die leerders se plek gaan sit nie.
• Daar mag slegs van sang en instrumente gebruik gemaak word as deel van die aanmoediging van spanne. Geen persoon moet asseblief teen die sinkplate van die pawiljoen slaan nie.
• Indien ‘n strafskop toegeken word en die span dui aan hulle gaan pale toe skop, moet daar absolute stilte wees. Gee asseblief aan die skoppers die geleentheid om pale toe te skop.
3.Algemene reëlings
• Geen toeskouers word in die binnekant van die omheining van die velde toegelaat nie.
• Die twee skole sal aan die einde van die eerste spanne se wedstryde die geleentheid kry om hulle skoolliedere te sing. By Hoërskool Outeniqua kry die besoekende skool altyd die geleentheid om eerste hulle skoollied te sing.
Alle sportwedstryde is vir alle spelers baie belangrik en almal speel met die doel om te wen. Wen is baie belangrik en definitief ook vir die twee deelnemende skole. Ons wil egter nie wen ten koste van ons gedrag of ons optrede nie. Deel van ons kernwaardes is integriteit. Dit is baie belangrik dat almal op die sportterrein bewus van hulle eie optrede sal wees. As jy aan ander doen, wat jy graag aan jouself gedoen wil hê, sal dit goed gaan.
Dit is vandag Hoërskool Outeniqua se laaste Interskole vir 2025. Baie dankie aan elke deelnemer, die afrigters, die ondersteuningspersoneel, die noodhulp, die OOV, die Cuisine, die hekwagte en skeidsregters vir hulle aandeel om vanjaar se besige sportprogram moontlik te maak. Baie dankie aan die ouers vir die ondersteuning tydens die seisoen.
Mag vanjaar se sportdag vir elke ouer, ondersteuner en speler onvergeetlik en opwindend wees en mag nuwe vriendskapsbande gesmee word.
Baie sterkte met die res van die jaar se skoolwerk, sport- en kultuuraktiwiteite en geniet die dag!
Christo Vorster Skoolhoof















































We supply affordable, brand-name stationery packs through a simple WhatsApp Pay platform - secure, fast, and stress-free for parents. Schools earn rewards on every order while we handle all payments, packing, and admin. Email us at info@everythingschool.co.za








Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?
Die broederskap wat ons gevorm het, stel ons in staat om deur dik en dun op mekaar te kan staatmaak. Daardie vertroue en samehorigheid gee ons ’n voorsprong.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?
Dit is ’n baie groot voorreg. As leier fokus ek daarop om seker te maak dat ons span die skool se naam hoog hou – op en van die veld af – deur ons optrede, sportmangees en toewyding.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?
Ons het ’n ware Kwagga-kultuur aangeneem waar almal deel voel van die span, mekaar motiveer en elke speler uitdaag om beter te wees. Dit skep ’n ondersteunende maar gefokusde omgewing.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?
Ons mik daarna om die seisoen in die top 10 af te sluit – en meer belangrik, om as span te groei en trots op ons vertonings te kan wees.
Watter wedstryde of toernooi sien julle die
Definitief Interskole teen HTS Drostdy – en boonop op ons tuisveld. Dit is altyd ’n spesiale wedstryd en ons is opgewonde om dit aan te pak.
Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?
Kwagga Smith. Hy wys dat grootte nie alles is nie – dis jou hart, jou werksetiek en jou deursettingsvermoë wat die verskil maak. Hy inspireer my om elke keer alles te gee.

Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?
Ons speel vir mekaar en die band tussen ons hierdie jaar is sterk. Ons speel tot die einde toe en gee alles vir mekaar.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?
Ek is baie trots om die eerste rugbyspan van HTS Drostdy se kaptein te wees. Dit is ‘n groot eer om ‘n skool met soveel geskiedenis en tradisie te lei.
Ek dink dit is belangrik as ‘n leier om die span rustig te hou in tye waar die momentum dalk teen ons is, die druk te absorbeer en juis dan as ‘n span by mekaar te staan en alles vir mekaar te gee.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?
Ons speel vir mekaar.
Ons gee alles tot die laaste fluitjie blaas. Ons sal nie opgee nie.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?
Ons het hierdie seisoen wedstryd vir wedstryd benader. Ons wedstrydbepalings was nogal moeilik die seisoen - ons het meeste van 2024 se top 10-skole gespeel en het gevoel dis beter om dit eerder wedstryd vir wedstryd te vat en so deur die seisoen te werk.
Watter opkomende wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit?
Ons jaarlikse Classsic Clashes teen Hoërskool Outeniqua is altyd iets waarna ons uitsien. Hulle is ‘n goeie rugbyskool en dit is altyd ‘n lekker wedstryd om jouself te meet teen ‘n top 20-rugbyskool. Is daar ‘n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?
Ardie Savea van Nieu-Seeland. Hy is een van die wêreld se beste spelers al vir die laaste 10 jaar. Sy werksetiek is iets wat regtig vir my uitstaan. Hy gee nooit op nie en sy span volg altyd sy leiding op die veld. Hy doen eerder as wat hy praat en sy span sal oorlog toe gaan vir hom.




Agter:
Agter: Luan Vorster, Joverne
Hansie
Jaheim
Afwesig: Aquila

















Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?
Ek glo dat ons span se mededingende voordeel vanjaar spruit uit ons sterk spandinamiek, gekombineer met elke speler se unieke vaardighede. Ons het ’n goed gebalanseerde groep – ’n mengsel van ervare spelers en nuwe talent wat vars energie en perspektief na ons spel bring. Daar is ’n hoë vlak van motivering en toewyding onder ons spanlede; almal is bereid om ekstra ure in te sit om hul vaardighede en fiksheid te verbeter. Onder leiding van coach vd Mescht is doeltreffende spelplanne en strategieë geïmplementeer wat ons toelaat om op ons sterkpunte te bou – of dit nou verdedigend of in aanval is.
Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?
Om my skool as ’n eerstespanspeler te verteenwoordig is ’n enorme eer. Ek speel nie net vir myself nie, maar vir my span, afrigters en die breër skoolgemeenskap. Ek dra die skool se kleure met trots en sien dit as my verantwoordelikheid om die waardes van sportmangees, integriteit en nederigheid uit te leef – op en van die baan af. Ek weet jonger spelers kyk op na ons, en daarom streef ek daarna om altyd ’n positiewe rolmodel te wees.
Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?
Ons span se hoofdoelwit is om ons liga te wen en te kwalifiseer vir die provinsiale kampioenskappe. Verder wil ons ons spelpeil verhoog deur ons doelgemiddeld op te stoot en onnodige foute te beperk. ’n Sterker spankultuur is ook ’n prioriteit – ons wil ’n omgewing skep waar elke speler positief, gemotiveerd en ondersteun voel. Persoonlik werk ek hard aan my gooi-akkuraatheid en verdedigingsvaardighede om my bydrae tot die span te maksimeer.
Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?
Die Menlopark-toernooi sal beslis ons grootste uitdaging wees. Dis een van die mees gesogte netbaltoernooie in die streek en bring die top netbalskole bymekaar. Die mededinging sal intens wees, en dit sal ’n werklike toets van ons span se vaardighede, strategie en samewerking wees. Ek sien daarna uit om myself teen sulke gehalte teenstanders te meet.
Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?
Ek bewonder Geva Mentor van die Engelse nasionale span, die Vitality Roses, sowel as Phoenix Karaka van Nieu-Seeland se Silver Ferns. Geva se uitsonderlike lees van die spel, haar leierskap en haar toewyding is inspirerend. Phoenix is ’n briljante HV wat konsekwent haar klas en toewyding tot die sport wys. Beide spelers motiveer my om harder te werk en hul intensiteit en verdedigingstyl na te volg.

We supply affordable, brand-name stationery packs through a simple WhatsApp Pay platform - secure, fast, and stress-free for parents. Schools earn rewards on every order while we handle all payments, packing, and admin. Email us at info@everythingschool.co.za












Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?
Ek voel persoonlik dat die fighting spirit nooit weggeraak nie ongeag van wat op die baan gebeur het.
Wat beteken dit vir jou om jou skool as ‘n eerstespan-speler te verteenwoordig?
Dit beteken om aan te hou, ongeag van hoe hard die druk raak, want daar is ‘n groot aantal mense in die skool wat staatmaak op jou, e nook om aan te hou speel, maak nie saak wat die kommentaar langs die baan is nie.
Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?
Dat wat ook al op die baan gebeur ons altyd ons koppe hoog sal hou.
Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?
Worcester Gimnasium
Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?
Cheslin Kolbe, want hy bewys dat dinamiet in klein pakkies kom. Maak nie saak hoe groot jy is nie, jy is tot alles in staat solank jy glo.










14:00 o. 14A-Dogters 12 min x 4 08:00 o. 14B-Dogters 20 min x 2
15:00 o. 14A-Seuns 12 min x 4 08:45 o. 14B-Seuns 20 min x 2 16:00 o. 16A-Dogters 12 min x 4 09:30 o. 16C-Dogters 20 min x 2
17:00 o. 16A-Seuns 12 min x 4 10:15 o. 16C-Seuns 20 min x 2
18:00 VOORSTELLING 11:00 o. 16B-Dogters 20 min x 2
18:05 o. 19A-Dogters 15 min x 4 11:45 o. 16B-Seuns 20 min x 2
19:05 VOORSTELLING 12:30 o. 19B-Dogters 12 min x 4
19:10 o. 19A-Seuns 15 min x 4 13:20 o. 19B-Seuns 12 min x 4
NETBAL PROGRAM
RONDTES
Rondte 1
Rondte 2 09:10
Rondte 3 09:50
Rondte 4 10:30
Rondte 5
Rondte 6 11:50
12:20 EERSTE SPAN VOORSTELLING
Rondte 7 12:45 o.19A




































Agter:
Afwesig: Jessica Louw.

Hokkiedogters


ONS HET MET IMKE PREUSS GESELS OOR HAAR ROL AS SPANKAPTEIN EN WAT DIT VIR HAAR BETEKEN OM DIE SPAN HIERDIE SEISOEN TE LEI.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?
Ek sal definitief sê een van ons grootste sterkpunte is dat ons op die voorvoet afgeskop het. Ons ken mekaar goed — nie net as spelers nie, maar ook as mense. Omdat ons al vir ’n lang tyd saam speel, verstaan ons mekaar se spel en hoe elkeen op die veld dink. Ons is soos ’n familie: ons weet van mekaar se sterk- en swakpunte, en hoe om mekaar daarvolgens te ondersteun.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?
Dit is vir my baie spesiaal om hierdie rol te vervul, want ek is ongelooflik passievol oor hokkie. My doel is om daardie passie te gebruik om my span te inspireer en elke speler te help om haar volle potensiaal te bereik. Ná twee jaar in die eerstespan voel dit soos ’n tweede huis. Ek het nie net as speler gegroei nie, maar ook as mens — en ek hoop om ’n verskil te maak, nie net met tegniek nie, maar ook deur ’n kultuur van liefde, begrip en ondersteuning binne die span te help bou.
Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?
Wen is belangrik — dis altyd lekker om die vrugte van harde werk te pluk. Maar vir ons is die reis en die herinneringe wat ons saam maak dalk nóg belangriker. Die hokkiekultuur gaan oor meer as net uitslae; dis oor samehorigheid en groei.
Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?
Ons wil goeie hokkie speel! Dis so eenvoudig soos dit — om elke keer op die veld op te daag met trots, passie en die wil om te verbeter.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?
Ons span se sterkpunte hierdie jaar sal definitief ons “fighting spirit” wees omdat ons nooit opgee nie en ons harte uit speel tot op die laaste sekonde - maak nie saak wat die telbord sê nie . Nog ‘n sterkpunt sal wees dat ons mekaar ondersteun en wil sien groei.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?
Dit is vir my ‘n groot voorreg om die eerste span te kan lei en om my liefde vir die sport met ander te deel en te help waar ek kan. Die beste deel vir my is dat ek self nog steeds groei saam met my span.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?
Ek sal sê ja, ons skool het ‘n sterk hokkiekultuur, want om terug te dink - sewe jaar terug was daar net ses hokkiespanne en dit het al gegroei tot 14 spanne. Ek voel ons as ‘n span kan sukses volhou deur elke keer wanneer ons ons rooi kit aantrek ons beste te gee en mekaar te ondersteun op die veld asook van die veld af.
Ons kan ook meer ander spanne ondersteun.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik?
Ons as ‘n span wil in 2025 net beter wees as die vorige wedstryd. Ons wil net groei en onsself bewys.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom?
Ek sal sê die toernooi wat vir ons die spesiaalste is, is sonder twyfel die Cape Town International Hockey Tournament, dis die toernooi waarvoor ons baie hard voorberei en waar ons tydens die toernooi kan sien hoe ons groei as ‘n span en hoe ons elke dag verbeter. Dis ook ‘n toernooi waar ons baie as ‘n span van mekaar leer en mekaar moet ondersteun.





































o.19B-Hokkieseuns
HTS DROSTDY
Agter: Daniël Roodt, Rubin Barnard, Juan Steenhuisen, Matthew Fourie, Kaydon Howles
Ludwig
Afwesig: Ruan Trump.

o. 19B-Hokkieseuns

LUCCA REINSTORF, KAPTEIN VAN DIE EERSTE HOKKIESPAN, DEEL SY INSIGTE OOR DIE SPAN EN HUL DOELWITTE VIR DIE SEISOEN.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?
Ons speel ’n baie goed gestruktureerde spel. Elkeen weet wat van hom verwag word en ons fokus op spanwerk en taktiese dissipline.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?
Dis ’n groot eer en ook ’n groot verantwoordelikheid. Ek sien dit as ’n geleentheid om nie net op die veld ’n verskil te maak nie, maar ook om ander spelers te inspireer en die span saam te trek.
Het jul skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?
Ons het nog nie ’n gevestigde hokkiekultuur nie, en daarom is die sukses van die eerste span vir ons belangrik. Ons wil daardie kultuur begin bou — iets waarna jonger spelers kan opkyk en deel van wil wees.
Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?
Ons het reeds meer bereik as in vorige seisoene, maar ons doel vir die res van die jaar is om goeie hokkie te speel in elke wedstryd en, waar moontlik, te wen. Ons wil die seisoen sterk afsluit.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom?
Vir ons is elke wedstryd belangrik. Daar is nie een wat meer gewig dra as ’n ander nie — ons benader elke wedstryd met dieselfde erns en toewyding.
Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?
Ek kyk nie op na enige sportpersoonlikheid nie, maar ek hou my oë gevestig op die Here. My geloof is my rigtingwyser en help my om elke wedstryd met nederigheid, vasberadenheid en doelgerigtheid aan te pak.

ONS HET MET ANDREW KRUGER GESELS OOR SY ROL AS SPANKAPTEIN EN WAT DIT VIR HOM BETEKEN OM DIE SPAN
HIERDIE SEISOEN TE LEI.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?
Ek sal sê ons vermoë om aan te hou veg - al het die telling vir ons nie goed gelyk nie het ons nooit ons koppe laat sak nie en altyd ons alles gegee tot die einde toe.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?
Dit beteken vir my baie meer as wat sommige mense dink, want dit gee my die geleentheid om ander te lei in ‘n sport waaroor ek baie passievol is.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Nee, nie eintlik nie, daar word soms op hokkie by ons skool neergekyk, maar ons verbeter elke jaar net meer en meer en sodoende word hokkie meer gewild wat vir ons baie belangrik is.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik?
Om voor die hele skool die Classic Clashes teen Outeniqua te wen, is definitief ons top mikpunt vir die jaar.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom?
Ek sal sê die Cape Town International Hockey Tournament - dis vir ons elke jaar ‘n nuwe uitdaging en belangrike voorbereiding vir interskole.
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?
Mustapha Cassiem, hy’s ‘n professionele hokkiespeler na wie ek al lank opkyk. Hy motiveer my om te druk uit omstandighede en om altyd weer op te staan, maak nie saak hoe baie ek al geval het of nog gaan val nie.






Outeniqua - o.14A-Hokkieseuns




