Skip to main content

Eldoraigne vs Zwartkop - AWSUM Special Edition 2025

Page 1


16 - 17 MEI 2025

HOËRSKOOL ELDORAIGNE
HOËRSKOOL ZWARTKOP

OUR TEAM

Editor Meinette van Zyl

Sub-editor

Aniena Venter

Layout & Design

Rowan Engledoe

Enrico Theart

Bryan Meyer

Lukhanyo Siko

Distribution

Schools

Advertising

HEAD OFFICE

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl

Managing Director: Meinette van Zyl

Financial Manager: Christelle van Wyk

Admin Manager: Carina Pio

Sales Manager: Quintus Brand

Read the latest school news online at www.awsumnews.co.za

voorwoord

Vrydag, 16 Mei 2025

Baie welkom aan al die Eldo’s en Zwarries se ouers, personeel en leerders. Dit is vir Hoërskool Eldoraigne ‘n besondere voorreg om vandag as gasheerskool op te tree. Die jaarlikse Derby tussen die twee skole, is werklik iets om na uit te sien. Baie welkom aan die borge. Julle betrokkenheid by skolesport gee statuur aan die dag –ons waardeer hierdie insette tot die ontwikkeling van ons jeug.

Vandag gaan oor ons kinders! Die lewenslesse wat hul vandag gaan aanleer, wen of verloor, moet hulle toerus vir hul toekoms.

Sterkte aan elke speler en afrigter. Die heel belangrikste is dat elke span volgens hul volle potensiaal sal speel. Ons spreek die wens uit dat sportmanskap sal seëvier. Baie dankie aan elke ouer wat vandag u belangrikste bate, u kind, ondersteun. Dankie dat u saam met die onderwysers en afrigters werk om u kind ten volle te ontwikkel.

Geniet die dag saam met ons. Kom ons maak vriende, ten spyte van strawwe kompetisie op die sportveld.

Jy kan meer leer van ‘n mens in ‘n uur se spel as in ‘n jaar se gesprekke. Plato (427 – 347 vC)

R Smith
Hoërskool Eldoraigne
Eldoraigne: Jana Kriel en Marinus Langerman. Zwartkop: Johnathan de Clerk en Carla Mackey.

Vrydag | 16 Mei 2025

Saterdag | 17 Mei 2025 netbal

Darren Bruwer

KAPTEIN VAN DIE

EERSTE RUGBYSPAN

Watter spesifieke sterkpunte glo jy het hierdie jaar se span wat julle van die opposisie onderskei?

Of ons nou voor of agter is op die telbord, hierdie span sal nooit opgee of ophou baklei nie, tot die eindfluitjie blaas.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei, en waarop sal jy as leier fokus?

Ek is trots om die skool se eerstespan op die veld te lei. Ek sal fokus daarop om die span bymekaar te hou en te verseker dat alles volgens plan uitgevoer word.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Voordat ons opdraf, sing ons die skoollied uit volle bors. Dis ’n oomblik wat ons verenig en motiveer.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel? Ons mik daarna om Zwartkop te wen én die liga te vat.

Watter opkomende wedstryde of toernooie sien julle die meeste na uit?

Definitief die Classic Clash, en natuurlik al die ligawedstryde wat ons gaan uitdaag om tot by die finaal te kom.

Is daar ‘n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Ja, die bekende Franse skrumskakel Antoine Dupont. Hy het die rol van skrumskakel verander en wys hoe dié posisie ‘n span kan lei om wedstryde te wen.

HOËRSKOOL ELDORAIGNE EERSTESPAN RUGBY

Jean de Villiers Kevin Earle
Damian Elferink
Juan Gerhard Engelbrecht Hanno Jacobs
Cameron Kilian Esdee Kotzé
Aiden Labuschagne
Tristan Lee
Gideon Lensing
Justin Meintjies Juwuan Pieterse Hugo Theron Michael van der Berg
Chase Wessels
Darren Bruwer (k)
MJ Buitendag
Kyle de Bruin
Ethan Beyer
Wian Audier
Wian White
Tshepang Motsomane

Hoe uitdagend was die voorbereiding vir die seisoen?

Ons voorbereiding vir die seisoen was baie hard en uitdagend. Ek dink dit is die hardste wat ek myself nog ooit gedruk het, maar dit het ons uitstekend voorberei vir die doelwitte wat ons as span vir onsself gestel het.

Watter spesifieke sterkpunte het julle wat julle van die opposisie onderskei?

Ons balverspreiding is baie goed, en ons teenaanval is een van ons sterkste wapens. Verder het ons vlugvoetige agterspelers en sterk, hardwerkende voorspelers wat nie terugstaan nie.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei, en waarop sal jy as leier fokus?

Dit is ’n groot eer. Toe ek in graad 7 besluit het om ’n Zwarrie te word, was dit my einddoel en dis ’n voorreg om te kan sê ek het dit bereik. Ek sal fokus op die voorbereiding van die span vir die groot dag. Dit kan oorweldigend raak, en daarom is dit belangrik om saam met my span gefokus en kalm te bly.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Ons eerstespan staan bekend as die Vikings. Wanneer ’n speler sy twintigste wedstryd speel, kry hy die kans om voor die hele skool “geswaard” te word, en dra dan ook die swaard wanneer die span uitdraf. Ons het ook capping-geleenthede waar spelers formeel vereer word vir hul bydraes.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Ons doelwitte was om die NWU Prestige-reeks te wen en ’n onoorwonne toer te hê. Ongelukkig het die NWU-finaal uitgereën, maar ons het nog steeds ’n onoorwonne toer gehad en in die top 4 van die NWU-reeks geëindig. Ons mik nou om die SDC Noordvaal Plaatafdeling te wen en natuurlik om die Classic Clash-beker omhoog te hou.

Watter opkomende wedstryde of toernooie sien julle die meeste na uit?

Eldoraigne gaan, soos altyd, ’n lekker taai wedstryd wees, maar ek moet ook sê dat Hoërskool Middelburg ’n wedstryd is waarna ek besonders uitsien. In die SDC Noordvaal Plaatafdeling gaan dit week vir week ’n oorlog wees.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Jaco Kriel is my rugbyrolmodel. Ek het grootgeword deur elke Saterdag na hom op televisie te kyk in die rooi en wit van die Leeus. Sy passie en spel vir die span is iets wat altyd by my sal bly.

Brian Smith (k)
Luan
Rensburg
Tilan Buron
Stiaan Botha
van Jaarsveld (o.k) Luan Williams André Marx Shayden Botha Marko

Eerste ry:

Aiden Labuschagne, André de Bruyn, Damian Jansen van Vuuren, Ethan Beyer, Gideon Lensing, Jean de Villiers, Jean du Randt, Juan Gerhard Engelbrecht, Kyle de Bruin, Matthew Schlebusch. Tweede ry: Michael van der Berg, Morgan Snyders, PF Potgieter, Ruan Boshoff, Sebastian Serfontein, Stefan Janse van Rensburg, Wicus Strydom, Conrad Swart, Viljoen van Rooyen, Wian Audier. Afwesig: Tshepang Motsomane.
Voor: Reuben Barnard, Leonard Lotriet, Dirco La Marque, Jayden Lee Cronwright, Hermann Potgieter (k), Mnr. Juanré van der Westhuizen, Dian Booyens (o.k), Janru Koekemoer, Abri Visser, Layton Wilson, Luan Isaacks. Agter: Marko Herbst, Christiaan de Vries, Trevor Sibambo, Dian du Plooy, Owen Dubery, Bailin Ackerman, Logan Knott, André Marx, Franco van Tonder, Reghardt Naudé, Kyle Koopman, Mikka Allers, Jacques du Plessis, Xander Huyser.
Voor: Xander Butler, Paul Delport, JZ Erasmus, Manase Ngwepe, Clinton Gerber (Afrigter) Cecil Rich (k), Louis Parker Jnr. (o.k) Louis Parker Snr. (Afrigter), Janko van Niekerk, Kyle Kistan, Ruan Stephens. Agter: JP Staunton, Zac Agenbag, Chaden Dartnall, Ruben Nel, Xander Koopmans, Dian Reynecke, Aiden van Rooyen, Justin Janse van Rensburg, Vince Lotz, Jonno Kröger, Owen Reek, Niclas Möller, Omi Sitole, Rynhardt de Beer.
Voor: Vian Fourie, Quwin Meyer, Stian Scholtz, Tayten Thiart, Giandré Claassen (k), Waylin Papier (o.k) Ruvan Burger, Ruan Jordaan, Ryan Buys, Garrith Warie. Agter: Sebastian vd Mescht, Justin Ferreira, Ethan Deneys, Judah Le Roux, Jaco Greyling, Micah Dry, Jurie jv Rensburg, Jayden Le Roux, Liam van Wyk, Dameon vd Merwe, Anrich du Plooy, Jandries de Klerk.
HS Zwartkop - Rugby o.19B

HS Eldoraigne - Rugby o.15A

HS Zwartkop - Rugby o.15A

Zwartkop - Rugby o.14A HS Eldoraigne - Rugby o.14A

Voor: Jayden du Bois, Deon Liebenberg, Logan Potgieter, Ewan de Bruyn, Dicci Stapelberg, Vian Steynen (Afwesig), Jan van den Berg, Ewan Reyneke, Jayden Calitz, JJ Botes, Imange Sithole, Ryan van Schaik. Agter: Liam Swanepoel, Marnus Kriek, Aiden de Waal, Zander Hattingh, Nicho Visagie, Machiel Kleynhans, Norman Orsmond, Kelvin Viljoen, Luandre Ras, Lukas Prinsloo, Duandre Naude, Hein van Beek, Leander Hanekom.
Voor: Luca Posthumus, Xian Gouws, Armand Schoeman, Phenyo Mohlamonyane, Thabiso Magoro (o.k), Keagan Watkins (k),Christopher Dobson, De Wet De Lange, Jaydin Olivier. Agter: Bashir Blaauw,David Wiese, Ruan Fuchs, Lehan Naude, Dylan Du Preez, Riku Van Loggerenberg, Caleb Myburgh, Christo Breedt, LJ Roodtman, Dehano Muller, Franco Alberts, Keanu Human. Inlas foto’s: Dominic du Toit, Dian Snyman, Alexander Boucher, Sintino Blaauw.
Voor: Lwazi Skhosana, John Tolmay, Eric Jansen, Kaylen Calitz, Franco Dreyer (Afrigter), Remco Mons (Afrigter), Clint van Niekerk (Afrigter), MC Smit, Nico janse van Rensburg, Cayden Giezing, Ruardt Reynecke. Agter: Tristin Coetzee, Dylan Kok, Raynardt van Wyk, Dylan Hallas, Jaydon Bow, Juandre van der Merwe, Pierre Oosthuizen, Andrew Heymans, Danny Marais, AW Wilmot, Jayden van der Walt, Luhan van Vliet, Dian Moore, Tristan Schwartz.
Voor: Ruan Holzhausen, Sheldon Botha, Tristan Hennop, Wynand Dafel, Dian Bruwer (Onderkaptein), Eben Tinkler (Kaptein), Divan Janse van Rensburg, Thomas Skinner, Donovan Steenkamp, Caleb Fredericks. Agter: Luca Reynolds, Robbie Roets, Hanco Wepener, Henrico Venter, Simon Bester, Lubalalo Ntshiza, Ethan White, Max van Vuuren, Schalk Armstrong, Anton Weppenaar, Niel Kruger.

Lidene Lubbe en Ilani Janse van Vuuren

KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN

Hoe het die span hulle vir die seisoen voorberei en op watter aspekte van die spel het julle gefokus?

Ons het reeds vroeg verlede jaar ons proewe gehad sodat ons as ’n span genoeg voorbereiding kon hê. Ons het gefokus daarop om ons spoed deur al vier kwarte te behou, ons strategieë te verbeter, en om as ’n eenheid op die baan saam te werk.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?

Ons het uitstekende uithouvermoë - ons sal alles gee tot die laaste sekonde. Wat ons regtig mededingend maak, is dat ons mekaar vertrou, op én van die baan af, maak nie saak wat gebeur nie. Ons leef volgens die slagspreuk: “We have each other’s backs.”

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ‘n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Dit is ’n groot eer en voorreg en iets wat nie vir almal beskore is nie. Om die skool as speler te verteenwoordig is iets wat ons nooit sal wil misbruik nie, en soveel te meer dat ons die kans het om leiding binne die span te neem.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?

Ons doelwit is om ons intensiteit te verbeter. Deur dit te doen, hoop ons om genoeg wedstryde te wen sodat ons verder kan presteer en die volgende vlak kan bereik.

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?

Die span wat ons as ons grootste uitdaging beskou, is Zwartkop. Die Classic Clash is altyd die grootste wedstryd van die seisoen. Dit word vooraf baie opgebou, en die impak wat die toeskouers op die dag maak, maak ’n groot verskil in vergelyking met ander wedstryde.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?

Ons bewonder veral ou Protea-spelers en een van ons afrigters, coach Erin Burger. Sy gee haar alles vir ons sodat ons die beste weergawe van onsself kan wees.

o.19A Netbal

Ondersteun die eerste netbalspan, Saterdag 17 Mei om 09:15.

HOËRSKOOL ELDORAIGNE

EERSTESPAN NETBAL

Suri
Breytenbachh
Ziané Ludick
Lisa Graaff
Carlize van der Merwe
Mikyla Grobler Anke Paton
Lidene Lubbe (k)
Anke de Jager
Kylie de Jager
Ilani Janse van Vuuren (k)
HS Eldoraigne - Netbal o.19B
Johané Fassen, Mari vd Merwe (k), Anja vd Merwe, Jani De Beer, Simoné v Rooyen, Maryke Spencer, Mila Lausberg.
HS Eldoraigne - Netbal o.17A
Eerste ry: Chardené Botes, Jeandré Jacobs, Jana Kriel (k), Natasha Kruger, Didi Mcnally. Tweede ry: Lerato Mokwana, Jessica Paynter.

HOËRSKOOL ZWARTKOP

EERSTESPAN NETBAL

Hoe het die span hulle vir die seisoen voorberei en op watter aspekte van die spel het julle gefokus?

Ons span het seker gemaak dat ons fiksheid op die nodige standaard is. Tydens die voorseisoen het ons ook gefokus op mobiliteit en daarop dat ons liggame sterk genoeg is om beserings te vermy. In ons spel fokus ons op beide verdediging en aanval om ’n goeie balans te handhaaf.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?

Die feit dat ons span ’n sterk konneksie het, op en af van die baan af. Ons is op ’n ander vlak, en dit gee ons reeds ’n voorsprong. Ek glo ons kan baie bereik, aangesien ons geestelik sterk is en mekaar voortdurend opbou.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Dit is vir my ’n groot eer om saam met die span op die baan te draf en die skool se waardes van respek en integriteit in ons spel uit te leef. Dit is nie net ’n voorreg om deel van die eerstespan te wees nie, maar ook om saam met ’n merkwaardige groep jong dames ’n spel te speel wat ons opreg geniet.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?

Om saam as een span te groei en die beginsels wat ons leer, toe te pas sodat dit ons later tot groter sukses sal lei.

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?

Vir jare is die Classic Clash ’n hoogtepunt in Centurion waar ons teen ons buurskool, Hoërskool Eldoraigne, meeding. Dis ’n spesiale geleentheid waar ons skool as een saamstaan om ons sportspanne te ondersteun. Al speel ons ook ander belangrike wedstryde, bly die Classic Clash die een waarna almal uitsien.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?

Ané Retief, hoofverdediger van die SuidAfrikaanse span. Ek dink nie net dat sy ’n fantastiese speler is nie, maar haar manier van speel is ’n toonbeeld van die tipe persoon wat sy is en die waardes wat sy uitleef.

Charlise van Wyk
Leandri vd Westhuizen
Clarissa Vermeulen
Denike Bakker Deoné de Beer
Ané van Jaarsveld (k)
Carla Taljaard
Bianca Herbst Alicia Kruger
Voor: Anzel Vorster, Ashley van der Westhuizen, Zenike Deysel, Anika Joubert. Agter: Megan Roos, Haylie Kilian, Jaylin Jooste, Kristen van Eeden, Tamzyn Milne.
Voor: Chelsea Honeyman, Mienke de Wilde, Mejeane Jacobs (k), Helene vd Merwe. Agter: Kimmy Maartens, Bronwyn Swanepoel, Ashley Nel (o.k), Zelme Clayton, Danielle Mans.

HS Eldoraigne - Netbal o.16A

HS Eldoraigne - Netbal o.15A

HS Eldoraigne - Netbal o.14A HS Zwartkop - Netbal o.16A HS Zwartkop - Netbal o.15A HS Zwartkop - Netbal o.14A

Anika Shepherd, Kaitlyn Croukamp, Mia Redelinghuys, Alissa Korff, Izelke Jv Rensburg, Rolandi vd Berg, Marné Grobler (k), Loureal Zeelie.
Voor: Anzel Zwarts, Gio Mokgwe (o.k), Marlene Ward (k), Mikayla Watson. Agter: Jade Lemmer, Rebekka Jordaan, Danell Meyer, Corli Eloff, Megan Theunissen.
Misha vd Walt, Erin Burger, Kayla Le Roux (k), Jade Harvey, Nica Breytenbach, Lienke Potgieter, Vonique De Bruyn.
Voor: Manje Erasmus, Luzelle Roos (k), Britney Pelser (o.k), Tatum Lemmer. Agter: Mia de Jager, Anyole Britz, Carmia Swart.
Voor: Mionette Venter (k), Kensi Claase, Milan Erasmus, Megan Kruger. Agter: Mieke Ludick, Enya Le Roux (k), Emily Bailey, Abby Raath, Emma Graaff.
Voor: Diané Rheeders, Mieke Kruger (k), Bianca Ferreira, Mia Burger. Agter: Nelia Visser, Anke Badenhorst, Anelle Ward, Emma du Toit, Kara Holtzhausen.
Voor: Juné van Zyl, Xanna Diedericks, Melinke Cronjé, Ané Schuster, Chané du Randt, Ciana Dyason, Lindi Kotzé. Agter: Bernince Breytenbach, Marlé Uys, Alex Abrahams, Emily Ibbetson, Isabella Young, Emma Smith, Angelique Kidson. Inlas foto’s: Lené Strydom , Chené Coetzee, Kaylin van der Westhuizen.
Voor: Ariane Grobbelaar, Ivanke Oberholzer, Zine Brand (k), Juane Coetzee (o.k), Kaylin Camacho, Riley Abraham. Agter: Hante de Vries, Bianca Benade, Karla Erasmus, Mienke Luddick, Lieke van Staden, Jo-Lee Ferreira, Hannah Dawson, Hayley van der Westhuizen, Cailey Palmer.
Voor: Isabel Botha, Illezy Du Plessis, Anushke van Dyk, Jaime Wood, Ze’eva Geldenhuys, Mianique Kitching. Middel: Miané Eybers, Zilke Stols, Marli Langeveldt, Erin Pretorius. Agter: Dominique Smit, Theana Olivier, Anje Karemaker, Karla Kotzé,Alex Hanly, Mimi Heydenrych, Annuska Koen.
Voor: Sarah Gouws, Rujeanne Huyser, Mieke Pretorius (k), Lienke van Reeuwyk (o.k), Karien van Jaarsveld, Layla Botha. Agter: Emma-Ray Glanville, Lomé Brink, Isabel Oosthuizen, Leandri Styger, Cara Erasmus, Genna Claassen, Zuané Taylor, Wilmine Smit, Carmen Hugo.
HS Eldoraigne - o.15A Hokkie
HS Zwartkop - o.15A Hokkie
HS Zwartkop - o.14A Hokkie
HS Eldoraigne - o.14A Hokkie

Clarissa Dreyer

KAPTEIN VAN DIE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Die fokus was op kondisionering, dus fiksheid van hoë volume en intensiteit. Ons strategiese fokus was om tegniese vaardighede te verfyn en op te skerp.

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ek dink een van ons sterkste punte is dat ons mekaar as span ondersteun en opbou, ongeag die omstandighede.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?

Vir my is dit ’n groot eer om in hierdie posisie te wees. Ek is ongelooflik trots op my span én op my skool.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?

Ja, beslis. Ons het passievolle spelers wat hul beste gee – voor, tydens en ná die seisoen. Die hoogtepunt van ons jaar is die EHL (Eldoraigne Hockey League), waar senior en junior spelers saam in spanne deelneem. Vir ons beteken sukses om saam te werk en elke oomblik ten volle te geniet.

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik? Ons wil ’n sterk span-dinamika ontwikkel. Ons mik daarna om die jaar ten volle te geniet en wonderlike herinneringe saam te skep.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom?

Die Belgotex Easter Festival. Dit was die eerste keer wat ons as ’n span regtig bymekaar gekom het en sterk bande gebou het.

Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?

Ja, Celia Seerane. Sy is my rolmodel, want sy is een van die land se beste hokkiespelers – maar terselfdertyd altyd vriendelik en nederig. Sy maak altyd tyd om haar spel te verbeter en is altyd bereid om raad te gee waar sy kan.

o.19A Hokkiedogters

Ondersteun die eerste hokkiedogters, Saterdag 17 Mei om 09:15.

HOËRSKOOL ELDORAIGNE

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.19B

HS Eldoraigne - Hokkiedogters o.16A

Johané Homan
Jeanté Korff
Nicola Minnie Karla Nagel
Kaylin O’Toole
Leané
Du Plessis
Clarissa Dreyer (k)
Annerine Croukamp
Mikayla Bain
Kara-Mia Badenhorst
Zoë Rich Kayla Schröder Tanica van der Berg
Jana van Dyk Anouk van Heerden
Marilie van Zyl
Voor: Annemé Janse van Rensburg, Lisa Paynter, Danielle Engelbrecht, Lianri Langeveldt, Vinay Fabel, Mia Mc Ardle. Agter: Milé Hurter, Alissa Venter, Evette Smit , Sonique Kotzé, Chloey Meyer, Megan Strydom, Melindi De Bruin, Monet Corgne. Inlas foto’s: Juanique Schalkwyk, Jazel Schalkwyk, Jizelle Leach.
Eerste ry: Annebelle Abraham, Elizané Barnard, Duné Du Preez, Marissa Dyssel, Jazelle Engelbrecht, Clarissa Ford, Saskia Hattingh, Almi Jacobs, Danielle Karemaker. Tweede ty: Simoné Nel, Marisha Prinsloo, Kyla Rappard, Talia Reyneke, Chanè Roets, Nadia Schutte, Terésa Van Straten, Monique Wirth, Lourika Zeelie.

HOËRSKOOL ZWARTKOP

KAPTEIN VAN DIE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus?

Tydens die voorseisoen was ons baie bevoorreg om ’n biokinetikus as een van ons afrigters te hê. Sy het vir ons spesiaal uitgewerkte oefenprogramme saamgestel wat op beide fiksheid en krag gemik was. Saam met dit het ons ook gefokus op die verbetering van ons basiese spelvaardighede.

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ons deel almal ’n gemeenskaplike passie vir hokkie, wat dit makliker maak om as span saam te werk. Ons fokus daarop om ons sterkpunte verder te ontwikkel, eerder as om net op swakpunte te verbeter. Dit het ons vinnig laat groei, sowel as span en as individuele spelers.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?

Vir my is dit ’n groot eer om die skool as kaptein te verteenwoordig. Ek sien dit as ’n voorreg om my spanmaats te ondersteun, op en van die veld af.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?

Ons hokkiekultuur fokus sterk op respek en onderlinge ondersteuning tussen spanne en spelers. Hierdie kultuur het die afgelope paar jaar baie gegroei. As eerstespan dra ons ’n groot verantwoordelikheid om hierdie kultuur by Zwartkop hoog te hou en om ’n goeie voorbeeld te stel.

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?

Ons hoofdoelwit is om ’n sterk vlak van kommunikasie en verhoudings binne die span deur die seisoen te bou. Hiermee saam wil ons op ons volle potensiaal presteer en elke wedstryd afstap met die wete dat ons alles gegee het.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom?

Die algemene antwoord: Classic Clash teen Eldoraigne. Dit is vir ons besonders omdat dit ’n ongelooflike opwinding in die skool en binne ons span skep. Dis meer as net ’n wedstryd - dis ’n geleentheid.

Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?

Celia Seerane is ’n toegewyde Suid-Afrikaanse hokkiespeler wat vir my ’n rolmodel is in hoe om sport en ’n persoonlike lewe in balans te hou. Sy is ’n passievolle speler wat ook buite die veld moeite doen om hokkie onder die jeug te bevorder.

Carli Nel Danielle Schröder Elizma le Roux Inge Albertyn
Jordin van Huyssteen
Alicia Botha
Christea Janse van Vuuren (k)
Zandri Kotze
Riandi Barnard Zoë Arndt (o.k)
Voor: Dané Kirchner, Nelri Kleynhans, Mienette vd Berg (o.k), Mariné du Plessis (k), Natasha Eykelhof, Ghia Olivier. Agter: Marli Henn, Elani Jooste, Deonné Hoffmann, Lalie Botha, Alishia Middleton,
Voor: Jaylene Le Roux, Ané Coetzee, Nika Marais (k), Magrietjie Rabie (o.k), Minka Steyn, Kayla janse van Rensburg. Agter: Salomé Barnard, Ymke Handford, Mkaylinn Brits, Linda van Aswegen, Hailey Jooste, Karli van Aswegen, Kaylee Wheeler, Mia van der Westhuizen, Isabella Cronje.
Keila du Randt Meya Snyders Mikayla Zowitsky Mila van Tonder Nadia Oberholzer

Nico Janse van Rensburg

KAPTEIN VAN DIE

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus?

Ons het baie gefokus op die bou van ’n goeie grondslag, aangesien ons ’n jong span is. Daar is sterk klem gelê op kommunikasie, manmerking en ‘midfield transfers’. Gedurende die vakansietye het ons op fiksheid gekonsentreer, omdat ons gedurende die skooltyd reeds baie wedstryde gespeel het.

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?

Soos ek genoem het, is ons ’n jong span, maar ons het die gees en karakter om nie vir enige skool terug te staan nie – maak nie saak wie die teenstander is nie. Ons sal aanhou werk tot die laaste sekonde.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?

Dit is ’n groot voorreg om in hierdie posisie te wees. Ek weet ek het ’n paar groot skoene om te vul, maar ek sal my uiterste bes probeer om ons span en skool se naam hoog te hou en elke speler nie net ’n beter hokkiespeler nie, maar ook ’n beter mens te maak.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?

Ons het ’n baie sterk kultuur onder die seuns se hokkiespelers – alles te danke aan Coach Stefan. Dit is ’n opbouende kultuur, gebaseer op respek. Coach was baie duidelik dat ons alles en almal met respek moet hanteer.

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?

Ons is nie ’n span wat net vir die telbord speel nie, maar een wat vir mekaar en vir die liefde van goeie hokkie speel. Ons doel is om die beste moontlike hokkie te speel wat ons kan, en nie terug te staan vir enige groot naam nie.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste en hoekom?

Beslis die Top Schools-toernooi in Bloemfontein, want dit is waar ons regtig kan wys wie ons is en wat Eldoraigne as span kan doen.

Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? Ek het nie spesifiek een persoon na wie ek opkyk nie. Ek glo jy kan iets leer by enige iemand, en ek probeer al die goeie dinge wat ek van ander sien, in my eie spel inkorporeer. “Why stick to one person when you can learn from everyone?”

o.19A Hokkieseuns

Ondersteun die eerste hokkieseuns, Vrydag 16 Mei om 19:30.

HOËRSKOOL ELDORAIGNE

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

De Wet Reynders
Tiago André
Daniël Fourie
Ben Morkel Ayden Brits Aiden Troski
Voor: Ethan Bisschoff, Stefan du Randt, Stefan Jordaan, Waldo Louw, Jacques Faure, André Roode. Agter: Zander du Toit, Juan Prins, William Skinner, Kedrick Bekker, Ewan Bekker, Warren Eybers, Meinhardt Strydom, Reinhart Stassen, Gerhard van der Merwe.
HS Eldoraigne - Hokkieseuns o.19B
HS Zwartkop - Hokkieseuns o.19B
Jordaan Otto Jason Tennant Hanco Nel Frank D’Amico Ethan Wylie Duncan Eloff
Nico Janse v Rensburg (k) Ruan Visser Ruan Paton Nathan van Zyl MC de Klerk JW van As
Eerste ry: Dawie Annandale, Daniel Beneke, Andru du Preez, Dylan du Toit, Jordan Edwards, Franco van Straaten, Duncan Oosthuizen, Chris Putter. Tweede ry: Hano Rossouw, Nathan Smit, Hanré Steyn, Tiisetso Tshauke, Daniël van der Merwe, Jaque van der Merwe, Ilan van Staden, Zander Verster.

HOËRSKOOL ZWARTKOP

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Handre Coetzee

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoenoefening gefokus?

Tydens die voorseisoen het ons span gefokus op oefening teen ’n hoë intensiteit om ons fiksheid vir die seisoen op te bou. Ons strategie was om mekaar en mekaar se spelpatrone so vinnig as moontlik te leer ken, sodat ons beter samespel kon ontwikkel. Ons het ook ’n nuwe afrigter gekry en het die geleentheid gebruik om so gou as moontlik aan te pas by sy afrigtingstyl en wedstrydstrategie.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerstespan te lei?

Dit is vir my ’n groot voorreg, nie net om saam met ’n wonderlike span hierdie seisoen te beleef nie, maar ook om deel te wees van die tradisies, hokkiekultuur en kameraadskap wat gevestig word en wat ons agterlaat vir toekomstige eerstespanspelers.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ons hokkiekultuur is besig om volstoom te groei, aangevuur deur die sukses van al die hokkiespanne. Ons glo dat ons prestasies help om meer toeskouers by die wedstryde te kry. Een van die lekkerste dinge om te ervaar, is om oudeerstespanspelers te sien terugkom om Zwarriehokkie te ondersteun. Sukses is vir ons span belangrik, maar sukses kom nie net uit wen nie, maar ons leer ook baie uit die wedstryde wat ons verloor.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom?

Die spesiaalste toernooi wat ons hierdie jaar gespeel het, was die Belgotex Hokkietoernooi aan die begin van die seisoen. Dit is waar ons regtig ’n span geword het, nie net tussen die spelers nie, maar ook saam met ons afrigters. Dit was beslis een van die hoogtepunte van ons jaar.

Marnu Mulder Rynard Pieterse Caylem Mitchell
Ha’ris van der Merwe Douw Nel
Emile Rossouw
Handré Coetzee (k)
Roché Oberholzer (o.k)
Divan Coertze (o.k)
Carel van der Merwe
Dylan Marx
Francois Bezuidenhout
Roland Scheepers
Jordan Cooks
Rueben Olivier

HS Eldoraigne - o.16A Hokkie

o.16A Hokkie

HS

- o.16A Hokkie

Voor: Aidyn Dekker, RJ Walkinshaw, Janro Berning, Ruben Hollander, Jayden van Seventer, Tiaan Grobler, Julian van Houwelingen, Tiaan Schoeman. Agter: Wihan Calitz, Matthew de Kock, Christiaan Stoltz, Keegan Enslin, Cooper Baker, Barnard Olivier, Aiden Venter. Afwesig: Israel Bodiba.
Voor: Aiden Vorster, Johannes Badenhorst, Zian Grobler, Ruwan O’Kelly, Ruben Coertze, Stian de Beer. Agter: Hanko Vermaak, Hardus Rossouw, Carlo Smuts, Jannes du Randt, Ruan Rorich, Joshua Pretorius, Dillan Eybers, Joshua Botha, Franco Alberts. Afwesig: Logan Kidson, Pieter Fleming.
Voor: Marnus Potgieter, Ruben Meades, Kelvin van der Westhuizen, Johannes Trytsman, Levi Jooste, Divan van Tonder. Agter: Kihan Prinsloo, Ashton van Zyl, Nathan Tennant, Pierre Oosthuizen, Ruben van Niekerk, Eben Smit, MC Smit. Afwesig: Caleb Janse van Rensburg.
Voor: Aiden Mundy, Benji Stapelberg, Mattias Kielblock, Ruben Olivier, Liam Botha, Juvan Muller. Agter: Ruan Visser, Simon Bester, Joah le Hanie, Alex Janovsky, Wian Steyn, Adriaan Fourie, Andries Cornelius, Eduan Bailey, Stefan Wessels. Afwesig: Ulrich Strydom.
HS Zwartkop -
Zwartkop
HS Eldoraigne - o.16A Hokkie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Eldoraigne vs Zwartkop - AWSUM Special Edition 2025 by AWSUM News - Issuu