Skip to main content

Durbanville vs Stellenberg - AWSUM Special Edition 2025

Page 1


Editor

Meinette van Zyl

Volg ons op Facebook: Northern Suburbs School News

Voor v.l.n.r.: Mev. Jana Hurter, Luke Cornelius, Zingce Mgawuli, Ethan Muller (Hoofdirigent), Elmi Young (Hoofdirigent), Tamica Davids, Mej. Lara Terry en Stellie The Stallion.

Agter v.l.n.r.: Mev. Lee-Anne Westraad, Gabriel Africa, Emma Syfert, Jessica Grobler, Corlene Sandilands, Jaime Smit, Sachin van Wyk (Hooftromspeler) en Mev. Adelinde Botha.

DIRIGENTE

Agter v.l.n.r.: Ansja van Niekerk, Stéphan le Roux, Divan Carstens, Chris-Marie Marx en Megan Rossouw.

Hoërskool Durbanville
Hoërskool Stellenberg
Voor v.l.n.r.: Me. Murlize van Heerden, Lieschen Roberts, Mia Truter, Cara Lückhoff, Pieter Neethling en Miera Jacobs.

Geagte ouers, voogde, besoekers en leerders,

Dit is haas ondenkbaar dat dit alweer Interskoletyd is. Dit voel soos gister wat ons in gietende reën by Stellenberg gespeel het. Mag ek dus elkeen van u verwelkom by die Interskole 2025. Vir so baie is dit die hoogtepunt van die jaar waar rykhalsend uitgesien word na ‘n dag van gehalte sportvaardighede, kompetisie, gees, trots, vriendskappe, maar ook “memory-makers.” Ongeag wat die weer vanjaar vir ons inhou, wil ek vertrou dat u nie teleurgesteld sal wees wanneer u die jeug in aksie sien nie.

Dankie dat ek mag weet hierdie twee skole sal kollektief verantwoordelikheid aanvaar om te verseker dat die Noordelike Voorstede as onderwyskrag bekend sal staan. Dankie dat ek ook weet ons deel ‘n begeerte om hierdie interaksie van leerders in goeie en verantwoordbare gees te mag beleef.

‘n Dag soos hierdie gebeur nie net nie. Daar is soveel dank en waardering wat verskuldig is aan so baie rolspelers. Weet dus, ons is dankbaar en bevoorreg teenoor elkeen wat onbaatsugtig was in sy of haar diens aan HSD en SHS om alles gereed te kry vir hierdie dag. Soms wonder ek of ons werklik besef hoe bevoorreg ons is om deel te mag wees van ‘n gemeenskap met soveel betrokkenheid by sy skole, omgeeharte en diens deur voorbeeld.

‘n Besonderse woord van welkom aan Mev. Havinga, SHS se personeel en leerders. Vandag moet ons kliphard teen mekaar kompeteer, maar eintlik is ons maar in dieselfde storm, dalk net in verskillende bootjies.

As toeskouers behoort u bewus te wees dat die Interskole al hoe meer toeskouers trek op beperkte fasiliteite. My verskoning dat ons nie aan elkeen die sitplek kan gee wat u verdien nie. Dankie dat ek ook u kan versoek om met voorbeeld vir die onvolwasse en emosionele belaaide jeug, ‘n ware ambassadeur te wees van die waardes waarvoor hierdie twee trotse skole staan. Wees asseblief sensitief vir die feit dat ons publieke skole is waar ‘n GEEN-rook beleid geld.

Ek vertrou elkeen sal ‘n aangename belewenis hê, hier by die tuiste van Durbie-trots.

“Let the games begin.”

Coenie Venter

SKOOLHOOF

Wen of verloor, kom ons geniet hierdie week!

Ivan Jooste

HOOFAFRIGTER VAN DIE

EERSTESPAN RUGBY:

HOËRSKOOL DURBANVILLE

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?

Die ondersteuners kan ’n span verwag wat met vasberadenheid, trots en toewyding die veld betree. Hulle is gereed om elke oomblik aan te gryp en alles op die veld te los. Soos tradisioneel te verwagte van ‘n Durbanville-span, kan toeskouers uitsien na aanskoulike rugby: ’n hardwerkende, kompakte voorry, ondersteun deur ’n opwindende en onvoorspelbare agterlyn wat elke geleentheid sal benut.

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (fisies en geestelik)

Ons volg ’n gestruktureerde en gefokusde weekprogram. Fisies lê die klem op afwerking, die slyp van spelpatrone en die verfyning van basiese vaardighede. ’n Groot woord van dank gaan aan André Loubser, ons S&C-afrigter, vir sy toewyding – van vroeë oggende tot laataand beplanning –om te verseker dat ons spelers in hul beste fisieke toestand die veld betree.

Geestelik spits ons ons toe op fokus, drukhantering en die belangrikheid van lojaliteit teenoor die span. Elke speler weet waarvoor hy speel, en wat van hom verwag word. Ons is geseën met ongelooflike mentors in ons stelsel: Johan van Deventer, ons voorspeler-afrigter, en David Rosselli, ons spelermentor, wat ’n diep geestelike pad saam met ons seuns hierdie jaar gestap het

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons grootste krag lê ongetwyfeld in ons dissipline en broederskap. Hierdie is ’n groep spelers wat nie terugstaan vir uitdagings nie. Ons het ’n leuse wat ons deur die seisoen gedra het: “Don’t ring the bell” – ’n simboliese herinnering daaraan dat ons nie opgee nie, maak nie saak hoe moeilik dit raak nie. Selfs wanneer ons agter op die telbord is, hou ons aan baklei. Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Ek volg en leer graag by afrigters wat reeds sukses behaal het – op beide skool- en nasionale vlak. Ek glo jy sal nooit ooit alles weet van die spel wat ons so liefhet nie, en dit is juis wat dit so besonders maak: daar is altyd iets nuuts om te leer.

HOËRSKOOL DURBANVILLE EERSTE XV

Juan Smit (k) 2
Eli Pedro Ruan van Wyk
Ruan Vosloo
Ethan Swartz 1 3 4 5
Lorenzo Brogneri
Adrian Freemantle
Tiaan Kearns Zay-Winn Januarie
Kyle Doyle
Tylo Hess
Valrhinio Olckers
Kyle Albertus 10

VOORSPELERAFRIGTER VAN

DIE EERSTESPAN RUGBY: HOËRSKOOL STELLENBERG Louw Lombaard

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?

Stellenberg is nog altyd bekend vir die “exciting brand” wat ons speel, en ons het hierdie jaar ’n jong en opwindende span wat die spel lekker kan afwissel. Dit is Interskole –so dis amper nie eens nodig om dit te sê nie: dit gaan weer kliphard wees, so die manne sal inklim en die “effort” bring!

Hoe lyk julle voorbereiding (fisies en geestelik) gedurende die week voor Interskole?

“Stick to what we know”. Ek dink dis belangrik om nie te verander waaraan ons gewoond is nie! Ons respekteer natuurlik elke naweek ons opponente – so die voorbereiding sal soos normaalweg wees om te fokus op ons plan; om al die geraas in die agtergrond te vermy; en om seker te maak ons geniet elke oomblik.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons is ’n baie goed gebalanseerde span wat kan aanpas soos wat dit benodig word. Hulle speel vir mekaar en hou nogal van ’n bietjie duik!

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?

My eerstespan-afrigter op skool (Boland Pienaar) het ’n groot invloed op my gehad. Hy was ’n harde man wat ons geleer het om hard te werk en uiters fiks te wees. Sy beginsels van rugby bly altyd by my: om op en áf van die veld hard te werk en ‘n “solid” man te wees.

Tegnies is dit natuurlik Rassie Erasmus: die manier hoe hy oor rugby dink, hoe hy met die spelers werk, sy liefde vir die spel, die nuwe idees waarmee hy vorendag kom, en hoe hy alles sal doen vir die span - is iets besonders.

Watter boodskap het jy vir jou span net voor hulle op die baan/veld hardloop? Die span kom altyd eerste – geen individu is groter as die “game” nie! Elke speler (en afrigter) het ’n verantwoordelikheid teenoor hierdie span – so gaan uit en wys dit! Om rugby te speel is nie ’n reg nie – dit is ’n voorreg!

Ralton Rhode
Luka Tonitz
Daniel Mongie
Christian Jansen van Rensburg (k)
Christian Arendse
Regardt Rademeyer
Eben Rademan
Carlo Brink
Ernst vd Merwe
Janu van Deventer
Armand Potgieter
Liam Joubert
Daniel Steffen
Ryan Jones
Yanos Molnar

Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?

Beslis die broederskap binne die span en ons vermoë om vir mekaar te speel. Daardie band maak ’n groot verskil op die veld wanneer dinge moeilik raak.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?

Dis ’n groot eer en ’n nog groter verantwoordelikheid. Ek sien my rol as kaptein nie net om te lei nie, maar om te dien — om seker te maak dat ons span mekaar ondersteun en dat ons die mense wat ons ondersteun, trots maak.

Watter tradisies of waardes maak julle skool se rugbykultuur uniek?

Hierdie jaar het ons span ’n gelukbringer gekry –sy naam is Stoffel. Ons hoop om ’n nuwe tradisie daarmee te begin wat die span se identiteit en gees sal versterk.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Ons het gefokus op twee groot mikpunte: om onoorwonne deur die Noord-Suid toernooi te gaan en om Interskole te wen. Alles wat ons doen, werk in daardie rigting.

Juan Smit

Watter opkomende wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit?

Sonder twyfel – die wedstryd teen Stellenberg. Dit is een waarna ons al lank uitsien.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Malcolm Marx. As hakker kyk ek op na die manier waarop hy speel – sy fisieke teenwoordigheid, sy werktempo en hoe hy homself op en van die veld hanteer, is iets waarna ek strewe.

Christian Jansen van Rensburg

Wat is spesiaal ten opsigte van die eerste rugbyspan?

Ek dink ons span speel verskriklik goed saam, veral onder geweldige druk; en ek dink dit is iets wat ons span baie spesiaal maak. Ons span bestaan uit gr. 11- en 12-spelers, en alhoewel ons verskillende ouderdomme is, het die span amper dadelik ‘n goeie konneksie en ‘n sterk band gevorm. Elke speler beskik oor die vermoë om sy álles te gee en hard te speel tot die einde toe - om ons doel te bereik en ons skool trots te maak.

Wat beteken dit vir jou om eerstespankaptein te wees?

Dit is ‘n verskriklike groot eer om Hoërskool Stellenberg se eerstespankaptein te wees. Dit is ook ‘n groot voorreg om spelers met soveel talent te kan lei; en dit is my gunstelingdeel van kaptein wees. My hoofdoel is altyd om die span deur dik en dun aan te moedig, en om seker te maak dat hulle hul koppe hooghou, maak nie saak wat die omstandighede is nie.

Hoe voel jy en jou spanmaats oor Interskole?

Ons sien baie uit na ons Interskole teen Hoërskool Durbanville. Interskole-week is baie spesiaal, want dan is daar altyd ‘n ongelooflike atmosfeer in die skool en omgewing. Die hele skool is vol gees en dit herinner elke liewe speler daaraan dat ons vir Hoërskool Stellenberg speel! Vir meeste van ons is dit ons laaste Interskole en ons hoop van harte dat ons gaan wen.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons glo dat dit baie belangrik is om respekvol te wees teenoor elke opponent, maak nie saak hoe groot of hoe klein die wedstryd is nie. Respek van die veld af - teenoor leerders, onderwysers en ouers - is ook vir ons baie belangrik. Integriteit is nóg ‘n belangrike eienskap wat ons van elke speler verwag, en ek glo dit maak ons span briljant. Ons het gereeld byeenkomste waar ons mekaar beter leer ken en bietjie span bou - wat ons toelaat om vriendskappe op en af van die rugbyveld te vorm. So word spangees bevorder.

Wat was die eerstespan se doelwitte vir die jaar? Een van ons grootste doelwitte was om die “Grand Slam” te behaal: om SACS, Wynberg, Bishops en Rondebosch te wen. Ons laaste doelwit is om die volgende drie wedstryde teen Boland, Milnerton en Durbanville te wen.

Wie het die grootste invloed op jou as rugbyspeler? Beslis Eben Etzebeth. Hy gee te alle tye sy alles op die veld: hy is vasberade, hy het ‘n ongelooflike uithouvermoë, en hy druk altyd deur tot die heel einde. Dit is alles eienskappe waarin ek ook glo. Hy is ‘n baie goeie rugbyspeler met baie goeie waardes.

Hoërskool Durbanville o.19B-Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Mnr A. Loubser, Tylo Hess, Leslie du Plessis, Henry Venter, Liam Lambert, Daniël Tolken, Farrel-Leigh Dido, Mnr J. Venter.

Agter v.l.n.r.: James Brown, Caleph Engelbrecht, Ettienne van Rooyen, Jeandre Ungerer, Xzander Muller, Keaan van Wyk, Hannes Vermeulen, Tharick Botha, Odniel Peers.

Hoërskool Stellenberg o.19B-Rugbyspan

Agter v.l.n.r.: Waldo Schloms, Leon Vermaak, Ryk van Renen, Migael Joubert, Robert Hewitt, Leo Roux, Matthew Jacobs (not playing).

Voor v.l.n.r.: Seth Coetzé, Jared Petersen, Hanno van Zyl, Jason O’Brien (k), Ross Carelse, Jayden Short, Ethan Ferreira.

Hoërskool Stellenberg o.16A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Morne Pretorius, Uzair Blackenberg, Carlos Cupido, Deven klassen, Emile Cilliers, Rocco Buchanan, Daniel Coetzee, Matthew Scott-Parkin, Henco van Rooi, Lehan Smit, Jean-Roux Wessels.

Agter v.l.n.r.: Hanke Wiegand, Curt Lakay, Caton Potgieter, Daniel Hofmeyr, JC Swart, Zander Venter, Lochner Londte, Liam Thomas, Jayden Young, Daniel Wilds, Robert Slater, Liam Jacobs, Logan Tredoux.

Hoërskool Stellenberg o.15A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Cayleb Lamont, Hanru Visser, Karl van Rooyen, Bayden Coenraad, Skye van Dyk, Sebastian Kleynhans, Kaden Jack, Tyler Joe, Divan de Lange, Caleb Davids.

Agter v.l.n.r.: Marcel Strydom, Hlanga Kini, Burger Basson, Francois du Toit, Quade Tobias, Robin Kabamba, Louwrens Bester, Francois Stemmet, Hein Duckitt, Stephen Posthumus, Logan Louw, Mahlubi Qwase.

Hoërskool Stellenberg o.14A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Miga Alberts, Slade Swartz, Nico Warnich, Conner Olivier, Joshua Siljeur, Daniel De Bruyn, Micah Mathese, Carel Hofmeyr, Connor Cornelius, Tyler Abrahamse, Luan Du Plooy.

Agter v.l.n.r.: Divan Vorster, Nkazimlo Matongo, Liam Carstens, Lihan van der Toorn, Stephan van der Westhuizen, Thomas van der Merwe, Tyler Dollman, Keenan Strauss, Wisdom Emenike, Franko Loubser, Aphiwe Mdladlamba, Dirco Odendaal.

Hoërskool Durbanville o.16A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Mnr E. Ehlers (Afrigter), Mnr J du Toit (Afrigter) A. Schoeman, D. Donaggi, M. Louw (K), H.Erasmus, D. Mentoor, C. du Preez, Mnr R. Grove (Afrigter).

Agter v.l.n.r.: D. Mouton, W. Grobler, R. Williams, D. Dirkse van Schalkwyk, R. Terblanche, E.de Jongh, J Janse van Rensburg. Z. Dashner, A. Vermeulen, FJ Brand.

Hoërskool Durbanville o.15A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Mnr E. Van den Heever (Afrigter), Lundon Petersen, Norman Heath, Erich Vermeulen, Mnr W. Roets (Afrigter), Braam Smit, Ruben Giliomee, Lohan Du Preez.

Middel v.l.n.r.: Christiaan Bester, Ruan Basson, Antonie Smit, Andreas Smit, Hanu Muller, Liam Swart, Owen Cloete, Kruger Kirsten.

Agter v.l.n.r.: Alexander Ehlers, Kosie Loubser, Dian van der Sandt, Zardus Coetzee, Rynhardt Vosloo, Jono Janse van Vuuren, Jean-dre Barnett, Marko Leibbrandt, Noah Vieyra.

Hoërskool Durbanville o.14A Rugbyspan

Voor v.l.n.r.: Mnr F. Brooks (Afrigter), Liam Carstens, Liam Swartz, Jean Louw (K), Wihan Ehlers, Simeon Hugo, Uraih Joseph, Mnr E. Ehlers.

Middel v.l.n.r.: Jaydo Manuel, Sachin Witbooi, Matteo Botes, Cole Hopley, Jason Swarts, Evan Linde, Sebastian Fourie, Luan Sadie.

Agter v.l.n.r.: Herman Malherbe, Dihan Vermeulen, Nishan de Wee, Cilan Naude, Joshua Nel, Conrad Greyling, Dewald de Kock, Daniël Kruger, Franco Mynhardt.

Ilse Mienie

KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN, GESELS MET AWSUM OOR HAAR SPAN EN HULLE SEISOEN.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend? Ons is ‘n baie dinamiese span en het ongelooflik baie kombinasies. Dit is tot ons voordeel, omdat die oponente nie altyd seker is teen watter kombinasie hulle gaan meeding nie.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ‘n eerstespanspeler te verteenwoordig?

Dit is n groot voorreg. Dis al ‘n droom van graad 4 af.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?

Ons twee groot doelwitte vir die jaar is om Sekondêre Skole Kampioenskappe en interskole te wen. Ongelukkig het ons net net uitgeval by SASN met naelbyt wedstryde teen Paarl Gimnasium en La Rochelle, ons eindig vierde in die Wes-Kaap. Ongelukkig het net die eerste 3 spanne deurgedring het na die volgende rondte. Al ons aandag is nou op Interskole.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?

Karla Pretorious is ‘n groot liggende in die netbal wêreld en het ongelooflike prestasies bereik. Sy is ‘n verskriklike slim speler op die baan en het altyd die oponente op hul tone gehou. Bongi Msomie se leierskap is inspireerend. Sy het altyd haar alles gegee, selfs al was dit net ‘n oefening, om die beste voorbeeld moontlik vir haar span te wees. Sy was ‘n motiverende kaptein en het ook nooit opgegee nie.

Anika Loubser Anja Mostert
Ansja van Niekerk
Chris-Marie Marx Ilse Mienie (k) Xxxxx Xxxxxx Karla Vorster
Mienke du Toit
Minieke Serfontein Olivia Wilson
Voor v.l.n.r.: Me Minette Roux (Afrigter), Anna Vorster, Antonia Louw, Anke de Goede. Agter v.l.n.r.: Erna Koegelenberg, Anjé van Zyl, Lindené Visser, Cara Lückhoff
Voor: Chané Londt,Karla Jooste Agter:Mika Lilly, Chanel van Staden, Mariané Bruwer, Isabel de Klerk, Thalisa Jonker

MILA HAVINGA

Ons span het deeglik voorberei vir die seisoen. Ons oefeninge het reeds in November verlede jaar begin. Ons het baie tyd en harde werk ingesit, met oefensessies vroeg in die oggend en laat in die middag. Hier het ons hard gewerk aan kommunikasie en tydsbereking op die baan. Daarbenewens het ons verskeie spanbou-aktiwiteite gedoen wat ons geestelik voorberei het. Ons het ook al vroeg aan verskeie toernooie deelgeneem wat ons in staat gestel het om mekaar op die baan beter te leer ken. ’n Groot faktor wat ons span hierdie jaar mededingend maak, is die oorvloed talentvolle spelers. Ons komplementeer mekaar se sterk- en swakpunte, wat ons in staat stel om as ’n eenheid vinnig saam oor die baan te beweeg.

Dit is ’n enorme voorreg om my skool as ’n eerstespanspeler te verteenwoordig. Dit bewys nie net my harde werk en toewyding nie, maar gee my ook die kans om met trots vir my skool en spanmaats te speel. Dit is vir my ’n eer om my passie vir die sport en my lojaliteit aan my skool op die baan te wys.

Ons grootste uitdaging hierdie jaar is beslis die Wildeklawer-toernooi. Baie word van ons eerstespan verwag, aangesien dit die eerste keer in twee jaar is dat Stellenberg se O.19-span weer by Wildeklawer deelneem.

Ek bewonder Courtney Bruce, die Australiese netbalspeler. Sy is my rolmodel omdat sy nooit moed opgee nie. Sy toon sterk leierskapseienskappe en het ’n diep passie vir die sport.

Mila Havinga (k)
Megan Jones
Emily Lourens
Lukhanyo Sitofile
Abigail Steyn
Lee-Ann Van Rensburg
Maricia Venter
Emma Winterbachn
Siba Tutu
Sinead van Heerden
KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN
Voor v.l.n.r.: Me Wilmien Cronjé (afrigter), Marita Bosman, Lara Cronjé (K), Kylie van den Bergh (O/K), me Janke Mostert (afrigter).
Agter v.l.n.r.: Amanda Cloete, Cara Zevenster, Kayla Stegemann,Emma Uys
Voor v.l.n.r.: Me Elna Venter (afrigter), Karli van Wyk, Lianel Groenewald (K), Mila Freemantle (O/K), me Rése Hugo (afrigter).
Agter v.l.n.r.: Melandi Smit, Kayla du Plessis, Annelize Kühn, Minke Böhmer.
Voor v.l.n.r.:Me. Leoné Theron (Afrigter), Nicole Stegemann, Milan Orchard (kaptein), Zané van Loggerenberg (o.kaptein), Me Andrea Havenga (Afrigter).
Agter v.l.n.r.: Danilah Jansen, Marli Loubser, Annebelle Louw, Jani Schultz.
Voor v.l.n.r.: Me. Anandie Burger (Afrigter), Mija Vermeulen (K), Nika Böhmer (O/K), Stella Saaiman. Agter v.l.n.r.:Miah Haughton, Chané Fourie, Monique Visser, Helani Jansen van Vuuren. Afwesig: Me. Kay Baron (Afrigter).
o.17A Netbal
o.16A Netbal
o.15A Netbal
o.14A Netbal
Tatiana Frazer, Teané de Klerk, Emily Blom, Chloë Pio, Mieke Munnik, Suné Gerber, Danica Du Plessis
Madison Moore, Kayla Slabber, Sisipho Nzima, Ilse Jooste, Alizwa Mbadu, Torihl Vissagie, Nicole Burows.
Tyler Robinson, Okuhle Mgweba, Nicole Londt, Mila Marais, Kayla Boshoff, Mieke Marais, Anke de Goede, Caitlyn Potgieter.
Mienke Smit, Jani Erasmus, Emily Dorrington, Leah Theron, Lee-Jané van der Merwe, Mieke Minnie, Carla Combrinck.
o.17A Netbal
o.16A Netbal
o.15A Netbal
o.14A Netbal
Voor v.l.n.r.: Mnr Geo Erasmus (Afrigter), Rocco Joubert, PJ Groot, Johan Rabe , Adriaan Arlow, Ivan Schoeman, Zander Joubert.
Middel v.l.n.r.: Daniël van Wyk, Barry Strydom, Marcus Pretorius, Cornel Beyers, Ulrich Badenhorst, Robbie Wilson, Quinn Koekemoer, Heinrich Viljoen.
Agter v.l.n.r.: Marnus Nothnagel, Duan de Villiers, Stefan Fick, Divan Carstens, Philip Malherbe, Liam Kirsten, Stefan Steenkamp.
Hoërskool Durbanville o.19B Hokkie Christopher Dunthorne
Louw
Handré Botha Hugo Bredell (k) Ivan Gouwsventer
Jacobus van Zyl 10
Noëth
Marinus Swanepoel
Marnus Nothnagel
Jaco van Eeden
Nicholas Coetzee Noah Jansen Philip Malherbe
Robbie Wilson
Roux
Rooyen
Steenkamp Ricardo Voshol
Stéphan le Roux Sven Gouwsventer

HOËRSKOOL STELLENBERG

VANJAAR SE VIER EERSTESPANKAPTEINS – KIARA KÖMMER EN HELEN DE KOCK (DOGTERS), SOWEL AS HUGO BREDELL EN NICOL TRUTER (SEUNS) – DEEL HUL GEDAGTES OOR HUL SPANNE, HUL DOELWITTE EN WAT HOKKIE VIR HULLE BETEKEN.

LEES OP BLADSY 24.

Hoërskool Stellenberg o.19B Hokkie

Voor v.l.n.r.:

Agter v.l.n.r.:

Simanye Ngoma, Luke Cornelius, MJ van Rensburg, Franco Burger (VC), Rigardt Schoeman (C ), Mortie Viljoen (VC), Lohann Pretorius, Juan Marais, EliJaH Petersen
AJ Swanepoel, Handre Pretorius, Keshav Pillay, Tiaan Krige, Emilio de Andrade, Arno van Wyk, Joshua Joseph, Oscar Koeglenberg.
Justin Brown
Coetzee
Mihlala Dibela
Liyanda Binta
Joubert
Marais
Schoeman
Smet
Gerrard MatthewsBoukoua
van der Watt
van Dyk
van Niekerk
Roux Wasserman 9

DURBANVILLE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Hoërskool Durbanville o.19B Hokkie Dogters

Voor v.l.n.r.: Me R. Basson (Afrigter), Miere Jacobs , Paula van Toorn, Rulandi van Niekerk, Jaime Greyvenstein, Celeste Le Roux.
Middel v.l.n.r.: Inge Vlok, Liesel van der Merwe , Jodi du Toit , Frances Schronen, Mia Truter, Nell van Wyk, Lenae Le Roux
Agter v.l.n.r.: Lisa Wessels, Olivia Harrison, Danelle Dry, Anouk Bruwer, Brigitte Louw, Islah Vorster, Linda van Wyk.
Kiara Kömmer (k)
Amy Ten Cate (ok)
Liné Sauerman
Anja Pretorius Ronel Rautenbach
Nikki Kotze Anje Snyman
Emma Filby
Isabella Cornelissen
Leah van der Merwe Nika Spies
Mieke Theunissen Hilletje De Villiers
Amber-Reece Duncker-Smith
Zieke Rossouw Jani Steenkamp Mikayla Barnard

STELLENBERG

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Hoërskool Stellenberg o.19B Hokkie Dogters

Voor v.l.n.r.: Jessica Stander, Bianca Murray, Isabella Willoughby, Kezia Petersen, Mia Smith, Suné van Jaarsveld, Nicola Schreuder, Reef Parenzee.
Agter v.l.n.r.: Anja de Jager, Isabella Kapp, Marna Jooste, Mari van Niekerk, Kiara du Plessis, Karla Odendaal, Corlia Morsbach, Annabelle Marais.
Helen de Kock (k) Minke Lourens (ok)
Amy Ferreira
Carli Murray Bea van den Berg
Miri Klopper Lenae Wessels Lané Schoeman
Marieka Verster Juané Meiring
Stella Zwiegers Ilke van der Merwe
Stephanie Lloyd Zanay Gerber

Voor v.l.n.r. Mnr Robin Pearton (Afrigter), Dunay de Vos, Makayla Otto, Emma Fourie, Mieke Visser (Kaptein), Kara Rossouw (Kaptein) , Mieke Talke, Carlin Nel, Me Anica Prinsloo (Bestuurder). Agter v.l.n.r. Margít Trollip, Andél Söhnge, Helenè Bredell, Amelie Bruwer, Nina Coetzee, Lia Assad, Andel van

Christi van der Westhuizen, Juané Burger, Iliana Nel.

Me. J. Smuts (Afrigter), Anja Meiring, Leila Viljoen, Isabella Pienaar, Simoné

STELLENBERG HOKKIEDOGTERS

Front: : Jemma Fraenkel, Mila van Wyk, Jennah Janse, Tatum McDonald (C ), Mia Swanepoel (VC), Xena Ferreira, Lené Gerber Back: Rebecca Bosch, Marené Fourie, Jenae van Wyk, Sonja Smet, Lanri Coetzee, Lisa Heyneman, Miché Muller, Jani Peens.
Voor: Nancy van den Berg, Sage Skinner, Cayleigh Accom (C), Zara Joshua (VC), Gemha Whittlestone, Lize Scott, Mieke Gerber. Agter: Sarah Serrotti, Ané Bowman, Ané Fourie, Keerah van der Vent, Gabriella Swartz, Kara Fourie, Aziza Abrahams, Jessica Jay.
Voor:
Boonzaaier (Kaptein), Mieke Burger, Paula Theron, Sally van Noordwyk Agter: Amilla Burger, Helena Nel, Mia De Nysschen, Mienke Joubert, Eloise Engelke, Cara Coetzee, Lara Brown (Onder-Kaptein), Bea Trollip.
Wyk,

STELLENBERG HOKKIESEUNS

Front: David Carstens, Ben van der Merwe, Stefan Swanepoel, Meyr Blom (C), Shane Davids, Jac de Kock, Daniel Visagie. Back: Matthew Braaf, Andries Kruger, Ruan Boshoff, Francois Hugo, Liam Voges, Matthew Milne, Luan Mennigke, Barend Wessels, Henro Fourie.
Voor: : Ian Conradie Alexander Bester-Hunt, Henco Gerber, Connor Cozens, Leonard Hendrickse (C ), Christiaan Rabie, Tiaan van Tubbergh, Aden-Carter Marais. Agter: Matthew Wright, Ethan Lingeveldt (VC), Van Zyl Moller, Jean-Albert de Klerk, Jacques Nel, Sias Potgieter, Jean Rabie, Eleandor van Zyl.
Voor: Mnr H. Smuts (Afrigter), Jan-Hendrik de Bruyn, Wian Carstens, Muller van Wyk (Kaptein), Janu Smit (Onder-kaptein), Ruben Gouws, Ruben Lubbe, Luc Stigant. Agter: Joshua Schroder, Arnu Schoonwinkel, Zehan Cillers, Liam Joubert, Daniel Vancoillie, Steyn Terblanche, Jandré Crous, Francois le Roux, Mathew Trollip.
Voor v.l.n.r.: Mnr Jamie Christians (Afrigter), Aeden Gunter, Ruben Kotzé, Gray Steyn, Rynhardt van Rooyen, Keelan Treu, Kevin van der Bergh, Joshua Stigant. Agter v.l.n.r.: Stefan Lombard, Divan van Eeden, Nico Voges, Leo Magni, Luc Henning, Ruan le Roux, Lian Sauerman, Heino van As, Lehann Geldenhuys.

Boogskiet:

Voor: Mia Maniagalli, Xian Strydom, Aldo v d Berg, Francois Kotze, Jaco v d Vyfer, Mnr A Jordaan, Caitlin Thomas-Mcqueen, Riley Harding, Ivan Wessels, Marli Pretorius.

Middel: Danika j v Vuuren, Mischa Laker, Emma Wiehahn, Isabelle Naborn, Tertius de Kock, Jani Rossouw, Mia Joubert, Dylan de Reuck, Grethe Hand, Jeanette Mccutcheon.

Agter: Dian Coetzer, Christo Bosshoff, Dawid v Rensburg, Stephan Mostert, Emma Nothnagel, Blake v Wyk, Juwan Erwee, Jano Lotter, Anika Lombard, Lara Kruger.

Debat:

V.l.n.r. Zoey Smith, Stephan Lombard, Angelique Myburgh, Islah Vorster, Genevieve Myburgh, Marlie Agenbach.

Gholf:

Voor v.l.n.r. Mnr F. Brooks, Henru Walters (K), Jano Stone, Danie Lötter.

Agter v.l.n.r. Nico Grové, Braam Smit, Tiaan Louw.

Skaak:

Voor: Mnr Hanco Heydenrych (Spanbestuurder), Samuel Hill, Tara des Pontes, Philip Koegelenberg.

Agter: Ryan Adam, Christiaan Rothmann, Yoshua Zeeman, Tiaan Vosloo

Landloop:

Voor: L Mirfin, Daniel Badenhorst, Benjamin Badenhorst, Hendrik van Deventer, Wian Joubert, Luttig Malherbe, Karla Pienaar, Herman Visser, Stella Greyling.

Middel: Jean Troskie, Sameul Hill, Cayla Fourie, Henry Briel, Duvan Marren, Daniel Rainho, Helene van der Merwe, Isabel Riedemann, Ruben van Tonder, Divan van Tonder.

Agter: Tiaan Lambrechts, Duan de Villiers, Ulrich Kingsley, Ian Janse van Vuuren, Hanru Steyn, Dawid Murray, Paul Bezuidenhout, Marnus Nothnagel, Niel Conradie.

MTB:

Voor: Mnr Geo Erasmus (Spanbestuurder), Joshua Schröder, Jacques Hamman, Gavin Canone (afrigter), Ruben Kleynscheldt, Nico Kriel, Lian de Jager, Mnr Joshua Janse van Vuuren (Spanestuurder).

Middel: Gabriel Burke, Mia Roccon, Ruan Nortier, Christiaan Botha, Franco Roccon, Ruben van Tonder, Jolynn Botha, Henri Coetzee.

Agter: Jean Fourie, Ryan Koorzen, Adriaan Otto, Logan Potgieter, Ian Jansen van Vuuren, Stephan Claassen, Malan Smit, Wilhelm Burger, Kian Immelman.

Boogskiet:

Voor: Johan Heüser (Kaptein), Yolandi Smit (Spanbestuurder), Tania van Zijl (Kaptein).

4de ry: Henriëtte Poolman, Inge Jansen, Annerie Lategan, Vera Cronje, Lara Andrews, Cara Lang.

3de ry: Zoë Gordon, Alex de Stefanis, Ben Heunis, James Milne, Hunter Donaldson, Jean Marais.

2de ry: Kara Vorster, Heidi van Zijl, Kiara du Plessis, Lana Groenewald, Sandra Niemand, Lisa-Marie Louw.

Agter van links: Morné van der Vyver, Dewald Leuvennink, Marnus de Wit, Wihann de Witt, Hanco van der Merwe.

Debat:

Isabel du Pisani, Joshua Potgieter en Kirsten Swart.

Gholf:

Voor: Christiaan Neethling, Divan Vorster, Drian Brits.

Agter: Liam Heunis, Marlu Odendaal (k), Daniel Laurent.

Landloop:

Voor: Jubilee Lock, Carli Neethling, Elle Smook.

4de ry: Danel van Rensburg, Carla van Rensburg, Cara Rossouw, Wilmien Verbeek, Nina Smook..

3de ry: Jenae van Wyk, Danielle van der Werf, Jesse Nel, Heike Wessels, Ava-Jane Visser.

2de ry:Alex van der Werf, Michael Albrecht, Daniel Green, Luan Strydom, Liam Els.

Agter van links: Jean-Albert Wessels, MJ van Rensburg, Carla Kotzé, Daniel Murray, Tiaan Barnard.

MTB:

Voor:Miecke Kinnear, Leah van Niekerk.

Agter: Dalyn Immelman, Christiaan Human, Ivan Malan, Deon Pieterse, Christopher Claassens, Mikeal Smith.

Skaak: Paul Vorster, Wian Nel, Marnus de Wit, Juffrou (Rachelle Du Plessis), Quinn Goliath, Stephan Schnabel, Darren van Staaden.

Boogskiet
Debat
Gholf
Landloop
MTB
Skaak

NETBAL

Saterdag

HS Durbanville en HS Stellenberg se hokkiekapteins is gereed vir Interskole, vol trots, gees en toewyding

VANJAAR SE VIER EERSTESPANKAPTEINS – KIARA KÖMMER EN HELEN DE KOCK (DOGTERS), SOWEL AS HUGO BREDELL EN NICOL TRUTER (SEUNS) – DEEL HUL GEDAGTES OOR HUL SPANNE, HUL DOELWITTE EN WAT HOKKIE VIR HULLE BETEKEN.

’n Span is meer as net spelers

Vir Kiara Kömmer lê haar span se krag in hul vertroue in mekaar. “Ons verstaan dat dit nie gaan oor die individu nie, maar oor hoe ons as ’n eenheid speel. Elke speler bring iets unieks en ons gebruik dit tot ons voordeel.” Helen de Kock stem saam dat eenheid ’n kernfaktor is: “Wanneer een van ons sukkel, tree ons vir mekaar in. Dit is ons grootste krag.”

Ook in die seunsspan is spanwerk ’n sleutelwoord. Hugo Bredell beskryf hulle as ’n span wat nooit ophou veg nie, terwyl Nicol Truter die diversiteit van individuele talent uitlig: “Ons kombineer ons verskillende sterkpunte en saam met ons afrigter se insig, maak dit ons net sterker.”

Die eer van leierskap

Om die eerstespan te lei, is vir al vier kapteins ’n groot voorreg. “Ek sien dit as ’n geleentheid om my span te inspireer en ’n kultuur van eenheid en trots te skep,” sê Kiara. Hugo beskryf dit as “alles” en beklemtoon die trots om sy spanmaats – sy “broers” – op die veld te lei. Helen koester die herinneringe van vroeë oggend-oefeninge en toerervaringe, terwyl Nicol daarop fokus om ’n voorbeeld te wees, op én van die veld af.

’n Groeiende hokkiekultuur

Stellenberg en Durbanville se hokkiekultuur is besig om jaarliks sterker te word. Volgens Hugo en Nicol is die toename in spelers en ondersteuners ’n teken dat die sport hier is om te bly. Helen beskryf dit as ’n trotse gemeenskap waar elke speler unieke talent bring, terwyl Kiara hul sukses toeskryf aan die harde werk en opoffering van dié wat voor hulle gespeel het.

Doelwitte en hoogtepunte

Almal stem saam dat die jaarlikse Interskole tussen Hoërskool Durbanville en HoërskoolStellenberg ’n hoogtepunt is – nie net vir die kompetisie nie, maar vir die gees en opwinding wat dit meebring. Hugo sê: “Die hele week bou op na daardie wedstryd. Dit is die hoogtepunt van die sportkalender.” Vir die dogters is die doel in 2025 om nie net goed te speel nie, maar ook as mense te groei. Die seuns fokus op sterker prestasies in die Premierliga, met hoogtepunte soos ’n silwermedalje by die Belgotex Easter Festival en ’n suksesvolle toer na Oakhill, Knysna.

Rolmodelle en inspirasie

Inspirasie kom dikwels van naby. Kiara kyk op na haar suster, Lisa Kömmer, wie se passie en leierskap haar eie benadering tot hokkie gevorm het. Hugo se rolmodel is sy broer, Derik, wat hom van kleins af gedruk het om beter te wees. Nicol vind inspirasie by Lionel Messi – ’n simbool van harde werk, nederigheid en toewyding – terwyl Helen onthou hoe senior spelers haar in haar eerste jaar met ope arms verwelkom het.

’n Seisoen vol hart en trots

Met ’n stewige fondament van eenheid, toewyding en ’n groeiende hokkiekultuur, is Durbanville en Stellenberg se eerstespanne gereed om 2025 af te sluit op ’n hoogtepunt. Of dit nou op die ligabord of op die Interkole-veld is, hierdie kapteins en hul spanne het dieselfde doel: om hul skool se naam met trots hoog te hou en elke oomblik op die veld ten volle te geniet.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook