Skip to main content

Bastion vs Van Riebeeckstrand - AWSUM Special Edition 2026

Page 1


VAN DIE HOOF

Laerskool Bastion wil u graag hartlik welkom heet by ons jaarlikse sportdag. Dit is elke jaar vir ons ’n voorreg om teen Laerskool Van Riebeeckstrand deel te neem en ons sien uit na ‘n dag van energie, samehorigheid en sportgenot.

Ons leerders sien met groot opgewondenheid uit na die wedstryde wat voorlê, waar hulle in rugby, netbal en hokkie teen mekaar sal meeding. Sulke geleenthede bied nie net die kans om sportvaardighede te ontwikkel nie, maar ook om vriendskappe te bou en waardevolle lewenslesse aan te leer.

Ons wil almal—spelers, afrigters en toeskouers—herinner aan die ware gees van sport. Sportmangees op én langs die veld is van uiterste belang. Respek teenoor teenstanders, skeidsregters en spanmaats, asook ’n positiewe houding, maak hierdie dag besonders.

Mag ons onthou dat die genot van deelname altyd belangriker is as die wen of verloor van ’n wedstryd. Dit is juis in die deelname waar karakter gebou word en waar die ware waarde van sport lê.

Ons wens elke speler die beste toe en vertrou dat dit ’n dag vol goeie sport, lekker kuier en blywende herinneringe sal wees. Baie welkom en geniet die dag saam met ons!

Henri van den Berg Skoolhoof: Laerskool Bastion

Mnr. Henri van den Berg

ONS GESELS MET DIE KAPTEINS VAN

DIE EERSTE RUGBYSPANNE

Jean Strydom Tristan van den Heever

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons o.13-voorseisoen het reeds in Desember begin met ’n streng oefenprogram wat elke speler moes volg. Dit het ons gehelp om fiks en voorbereid die jaar te begin. Ons het op ’n voorseisoentoer na Riversdal gegaan, asook aan die Eikestad-toernooi en die Kobus Wiese Super Series deelgeneem. Ons het daar as ’n span vir mekaar gespeel, hard gewerk en by albei toernooie as algehele wenners weggestap.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Hierdie span is anders omdat ons al lank saam speel. Ons het ’n goeie kombinasie van Graad 7- en Graad 6-spelers, en dit werk baie goed. Ondersteuners moet opgewonde wees omdat ons alles op die veld opoffer en as ’n span saamspeel. Baie mense mag ons dalk onderskat, maar ons is gereed om hulle verkeerd te bewys.

Wat gaan deur jou kop voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken dit vir jou persoonlik?

Ek onthou hoe ek na die ou eerstespanne opgekyk het, en nou is dit my beurt om vir jonger spelers ’n voorbeeld te stel. Rugby het vir my ongelooflike geleenthede gegee. Ek het nuwe vriende gemaak, myself leer ken en geleer dat jy op jou spanmaats kan vertrou wanneer jy uitdagings in die gesig staar.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons begin soms ’n bietjie skrikkerig, maar sodra die wedstryd aan die gang kom, onthou ons hoe hard ons gewerk het en vir wie ons speel. Dan skop die selfvertroue in. Ons spangees is baie sterk. Ons motiveer mekaar, speel soos broers en tel mekaar op wanneer iemand ’n fout maak. Ons breek nie mekaar af nie — ons staan saam.

Lees die volledige onderhoud aanlyn.

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?

The pre-season was hard, with all the fitness, but it connected the group more than in previous years.

What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?

Unlike previous teams, our team didn’t have the Grade 1 and Grade 2 foundation and basic rugby skills during COVID. The team isn’t the biggest, fastest or strongest, but we have the most heart.

What goes through your mind in the moments before you step onto the court or field wearing your school colours, and what does that opportunity mean to you personally?

When I step onto the field, it feels like I’m a different person. Playing for my school is a privilege and an opportunity to show why I’m playing with this team.

Every strong team has its own identity — how would you describe your team’s playing style, attitude, and overall spirit?

We play for each other and play as a team.

What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?

We have set a realistic standard with the season’s ups and downs. This standard will be lifted when we play at our full potential.

Which fixture stands out most on the calendar for you, and what makes that match especially important to the team?

Our final game against Lochnerhof, our interschool. That is where we must play our best game.

Who in this squad do you think could surprise people this season, and what makes them a player to watch?

Our fullback, Colton Lesch. At only 12 years old, he makes a massive impact on the team.

Read the full interview online.

LAERSKOOL BASTION
VAN RIEBEECKSTRAND PRIMARY

LAERSKOOL BASTION

EERSTESPAN RUGBY

Joshua Wright
Cody Schultz
Neason Cannon
Miko Gelderblom
Luan Van Tonder
Adonaih Rusingah
Enzo Venter
Eben Engelbrecht
Joshua van Niekerk
Pieter Stipp
Eamon O’Kennedy
Wian Wade
Alwyn Vercuil
Migael Burger
Jean Strydom (k)

LAERSKOOL VAN RIEBEECKSTRAN D

EERSTESPAN RUGBY

Van Riebeeckstrand - Skaakspan

Tyler vd Merwe (o.k)
Diego Arends
Liam Nienaber
Wehan Vermaas
Willem Kruger
Rochen Oktober
Cayden Williams
Ryan Cross
Jayden Bothma
Kade Marsberg
Henrique Crause
Colton Lesch
Tristan van den Heever (k)
Elano Anderson
Learnwin Busika
Laubscher Bezuidenhout, Phoebe Moolman, Blake du Toit, Michael Swartz, Aiden Van Der Westhuizen.

LAERSKOOL BASTION

o.8A - Rugbyspan
o.9A - Rugbyspan
o.11A - Rugbyspan
o.10A - Rugbyspan

LAERSKOOL VAN RIEBEECKSTRAND

o.7A - Rugbyspan
Blake Powell, Kristoff Beyleveldt, Liam Cloete, Eliah Leibbrandt, Danie Wolfaardt, Noah Peters, Karobo Makhina, Andy Sarnek, Lihan Venter, Kingsley Roberts.
Gabriel Pauw, Govert Pauw, Hunter van den Berg, Enzo Pretorius, Arno Rijnsburger, Christopher Keulder, Ben Binedell, Malan Deysel, Jean-Paul Calitz, Joshua Linde.
o.8A - Rugbyspan
o.9A - Rugbyspan
Janu Stoltz, Andre van Zyl, Ruben van Rooyen, Sebastian Seilberbauer, Arnold Wehmeyer, Ethan Baillie, Levi Grove, Lucio de Sousa, Adriaan Pretorius, Anthony Botes.
Saneze Mbodle, Luan Nichols, Caden Hartley, SJ Pretorius, Gerhard Bruwer, Brody Patch, Cameron Hendricks, Kyle Laue, Logan Taft, Eshwin August, Lean Cilliers, Mpho De Wee, Carter Stoffberg, Finley Hedges, Luandru van Wyk.
o.10A - Rugbyspan
Zachery Farmer, Christiaan Basson, Ameerudin Beyers, Wandile Ncgobo, Evan van Wyk, Pieter Havenga, Christian van der Merwe, Hanroux Pottas, Iyazi Olifant, Isaiah Swartz, Ryleigh van Rooyen, Jean van Wyk, Ryan Baillie, Joshua Lestrade, Tynan Da Cruz.
o.11A - Rugbyspan

LAERSKOOL BASTION EERSTESPAN NETBAL

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons het reeds verlede jaar proewe gehou sodat ons meer tyd kon hê om as ’n span saam te oefen, veral omdat daar heelwat posisionele skuiwe was. Gedurende die Desembervakansie het die spelers ’n fiksheiden kondisioneringsprogram gevolg. In die eerste kwartaal het ons ekstra oefeninge en toernooie ingesluit. Dit het gewys dat die span toegewyd is, bereid is om hard te werk en regtig vir mekaar en die skool se eer wil speel.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ons het sterk afrigting en ’n span wat as ’n eenheid speel. Wat hierdie span besonders maak, is ons samewerking, gees en die manier waarop ons mekaar opbou. Ondersteuners kan opgewonde wees om ’n span te sien wat met energie en spanwerk speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Net voor ek die baan betree, fokus ek daarop om my beste te gee vir my span en my skool. Dit is vir my ’n groot eer dat die skool hul vertroue in my stel om hulle te verteenwoordig.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speel as ’n span, ons werk hard en gee nooit op nie. Ons probeer altyd vir mekaar speel en mekaar ondersteun op die baan. Ons energie, gees en spanwerk is vir ons baie belangrik.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons fokus daarop om elke wedstryd ons beste te gee, aan te hou groei as ’n span en uit ons foute te leer. Ons wil ook mekaar ondersteun en konsekwent hoë standaarde handhaaf om die skool se naam hoog te hou.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die Wildeklawer-toernooi was vir ons die grootste hoogtepunt van die seisoen tot dusver, aangesien dit van die topspanne in die land byeenbring.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink daar is ’n paar spelers wat mense hierdie seisoen gaan verras, veral omdat almal baie hard gewerk het. Ons het spelers wat stilweg baie verbeter het en nou reg is om hulself op die baan te bewys.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Netbal leer ons baie meer as net hoe om te speel. Dit leer ons dissipline, spanwerk en om nooit op te gee nie. Ons leer ook om mekaar te respekteer en saam deur moeilike tye te werk.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein wil ek iemand wees wat my span ondersteun en aanmoedig. Ek wil ’n voorbeeld stel deur hard te werk en positief te bly. Ek wil ook seker maak almal voel deel van die span.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê ons speel met hart, wys goeie sportmangees en gee altyd ons beste. Dat ons mekaar ondersteun, saamstaan as ’n span en ’n goeie advertensie vir ons skool is.

Charné Neethling
Kayla van Rensburg (k)
Mieke Ellis
Danicka Coulson
Sipho Ntshangase
Juané de Kock
Micka van Tonder
Nina van der Merwe
Inge van der Westhuizen, Nienke van Schalkwyk, Diné Coetzee, Francél Rossouw, Fiona Anele, Lieschen Rix. Afwesig: Rai Leigh Jantjies.
Anelle Brand, Annabel Botes, Mila van der Bank, Lia Geldenhuys, Mia Steyn, Lumandi Boshoff, Milan Conradie, Makayla Dircksen.

LAERSKOOL VAN RIEBEECKSTRAND SE EERSTESPAN NETBALKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen het stadig begin omdat baie spelers senuweeagtig was oor of hulle plek in die eerstespan veilig is. Soos die tyd aangegaan het, het ons egter baie hard gewerk en deur daardie onsekerheid gedruk. Dit het vir ons gewys dat almal in die groep sterk deursettingsvermoë het, dat niemand opgegee het nie, en dat almal altyd hul beste gegee het.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Vanjaar se eerstespan is anders omdat ons ’n goeie mengsel van ervaring en nuwe energie het. Ons speel met ’n sterk spangees en is baie gefokus op verbetering. Ondersteuners kan opgewonde wees omdat ons elke wedstryd met baie energie, trots en toewyding aanpak en altyd alles op die baan gee.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Net voordat ek die baan betree, probeer ek om gefokus en kalm te bly en my kop reg te kry vir die wedstryd. Ek herinner myself om my beste te gee en op my spanmaats te vertrou.

Om in my skool se kleure te speel, is vir my ’n groot eer en ’n voorreg, en dit motiveer my om elke keer alles op die baan te gee.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het vir onsself ’n standaard gestel wat verder gaan as net wen. Ons fokus op harde werk, goeie spanwerk en sterk sportmanskap in elke wedstryd. Ons wil ook aanhou verbeter as individue en as ’n span, en mekaar altyd ondersteun.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die hoogtepunt op ons kalender was ons toer waar ons nege wedstryde teen onbekende spanne van regoor Suid-Afrika gespeel het. Dit was vir ons ’n besondere ervaring omdat ons teen spanne gekompeteer het teen wie ons gewoonlik nie sou speel nie. Omdat daar min verwagtinge was, het dit ons die vryheid gegee om ons wedstryd te geniet.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Daar is ’n paar spelers in ons span wat hierdie seisoen mense gaan verras. Ons het sterk talent en spelers wat hard werk, maar as ek een persoon moet kies, sal dit Isabella wees. Sy werk baie hard in elke wedstryd om die balle deur die ring te kry en om balle te wen. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hierdie sport leer ons baie meer as net wat op die baan gebeur. Dit bou dissipline, spanwerk en deursettingsvermoë, en leer ons ook respek, verantwoordelikheid en hoe om druk te hanteer — vaardighede wat ons ook buite die sport kan gebruik.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil hierdie seisoen ’n leier wees wat hard werk, positief bly en altyd my spanmaats ondersteun. Ek wil ’n omgewing skep waar almal gemotiveerd voel en hul beste kan gee.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop dat mense ná die wedstryd oor ons span sal praat as ’n groep met uitstekende spanwerk en goeie sportmansgees — dat ons met respek speel en altyd waardig bly, wen of verloor.

LAERSKOOL VAN RIE BEECKSTRAND

EERSTESPAN NETBAL

Ava Bond (k)
Isabella Hamman
Zanichka Pottas
Chloe Hansen
Keisha van Rooyen
Abenam Olifant
Kathlyn Booysen
Milané Wapenaar, Mia Deysel, Milla Orton, LiniQ Geldenhuys, Lohan Okkers, Katia Williams, Estelle Janse van Noordwyk.
Melanie Don, Daneshia Pretorius, Milla Leibrandt, Phawu Moruka, Mienke Geusteyn, Zoe Lewis, Zyrah-Nova Kloppers.

LAERSKOOL BASTION

o.7A - Netbalspan

o.8A - Netbalspan

o.9A - Netbalspan

Sienna Stoffberg, Mignon Meintjes, Cienna Vermeulen, Cara Puchert, Klara Mostert, Meja Pieterse, Lana van Niekerk.
Karli Bester, Eliana Pretorius, Olivia Loubser, Milan Jonker, Holly Kriederman, Nathania Botha, Mia Vorster.
Hailey van der Merwe, Leandri Terblanche, Juliette Latsky, Azania Gqibela, Emily Liebenberg, Alexis du Plessis, Leeza Engel.
Navaeh Habig, Hailey de Jager, Lisa Pretorius, Ava Craucamp, Isabella Van den Berg, Amy-Leigh Jansen, Fleur Nock.
Lienke Boonzaaier, Jana Bester, Nelmarie du Toit, Kiana van Rooyen, Quinn van Wyk, Kumi van Wyk, Melia Visser.
Izelle Engels, Karli Gerner, Deané Neethling, Indi Gable, Leandré Brand, Mienke Kritzinger, Leyla v.d. Berg.
Carmen Arnold, Gia Mostert, Janke Pienaar, Lara Botha, Lienke de Villiers, Lienke de Villiers, Miné Pietersen.
o.8A

- Hokkiedogters

- Hokkiedogters

o.10A - Hokkiedogters

- Hokkiedogters

o.8A - Hokkiedogters

o.9A - Hokkiedogters

o.10A - Hokkiedogters

o.8A
o.9A
o.7A
Klara Mostert, Elsie Muller, Meja Pieterse, Avah Robson, Abigail Erasmus, Cara Puchert.
Hannah Brown, Holly Kriedemann , Ariana de Kock, Olivia Loubser, Olivia Esterhuizen, Nova Zeiler.
Leandri Terblanche, Hailey van der Merwe, Lienke Havenga, Emily Liebenberg, Mia de Coriolis, Elle Barry
Ava Croucamp, Hailey de Jager, Arielle Booysen, Lisa Pretorius, Fleur Nock, Kara Taylor.

LAERSKOOL BASTION

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

LAERSKOOL BASTION SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was baie belangrik vir ons span en het gewys watter tipe groep ons is. Ons het hard gewerk aan ons fiksheid en vaardighede, maar wat regtig uitgestaan het, was hoe ons mekaar ondersteun het en nooit opgegee het nie.

Almal het moeite gedoen, nie net vir hulself nie, maar vir die span. Ons het vroeër gekom, ekstra geoefen en mekaar gehelp om beter te word. Ons twee afrigters doen ook ekstra moeite om die beste uit elkeen van ons te bring. Ons is so bevoorreg! Dit het gewys dat ons baie toegewyd is en regtig as ’n span wil groei. Die voorseisoen het ook gewys dat ons sterk karakter het. Selfs wanneer dinge nie perfek gegaan het nie, het ons aangehou probeer en oplossings gesoek. Dit het ons as span nader aan mekaar gebring en ’n goeie basis vir die seisoen geskep.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie jaar se eerstespan is anders as vorige spanne omdat ons baie hegte vriendskappe gevorm het. Daar is wedersydse respek en vertroue tussen die spelers. In die span is daar meisies wat alles sal gee vir die sport en trots is om in die eerstespan te wees. Ons word ook deur geloof gelei, wat ons help om gefokus en positief te bly. Die meisies staan saam, ondersteun mekaar en veg tot die einde. Ons het ook verlede jaar ’n baie goeie kaptein gehad wat ’n sterk fondament vir die span gelê het.Ondersteuners moet opgewonde wees om ons hierdie seisoen te sien speel, want ons is ’n span wat nooit opgee nie. Ons speel met passie en energie, en werk hard vir mekaar op die veld. Ons het ook goeie karakter en ’n groot wil om te wen. Ons wys deursettingsvermoë, bly positief en gee altyd ons beste. Dit maak ons wedstryde opwindend om te kyk, want ons speel met hart en trots.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Oomblikke voordat ek die baan in my skoolkleure betree, praat ek eers met my Skepper en vra Hom om my te help en te lei, sodat ek ’n ambassadeur vir Hom kan wees. Ek wil hê Hy moet my gebruik. Daar is ’n liedjie wat sê: “God, I have an open invitation, use me.” Ek sê ook vir myself dat ek sterk moet begin, anders gaan ons swak eindig. Vir my beteken dit om volle verantwoordelikheid te neem vir elkeen van my susters langs my, en om ’n leier en ’n goeie voorbeeld te wees. Daar is nie ’n gevoel of emosie wat ek kan gebruik om my trots te beskryf nie — dit beteken net alles vir my.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Elke sterk span het sy eie identiteit, en ons s’n lê in ons ingesteldheid en hoe ons mekaar dra. Bastion-meisies is gewoond aan harde werk — ons verstaan dat niks vanself kom nie, en ons werk vir elke geleentheid. Ons is ingestel op die groter prentjie en speel nie net vir onsself nie, maar vir die span, die skool en vir iets groter as dit.Ons neem niks as vanselfsprekend nie, en dit wys in hoe ons oefen en speel. Selfs die klein dinge, soos hoe ons saam dans tydens opwarming, wys ons eenheid en die vreugde wat ons in die spel het. Ons gees is verreweg die beste, want dit kom van binne af. Ons staan saam in moeilike tye, lig mekaar op en speel met ons hart.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Die standaard wat ek vir my span stel, gaan oor meer as net wen. Dit gaan oor om te leer en saam te groei — nie net as spelers nie, maar as mense. Ek wil hê ons moet met integriteit speel, altyd ons beste gee en die regte dinge doen, selfs wanneer dit moeilik is.

Milan Kotze (k)
Lulwando Mabece
Mia Oosthuizen
Alisa Niemand
Alexandra Basson
Mila Fourie (o.k)
Hannah Jacobs
Isabella Petersen
Amae Crous
Kiley Linnert
Stella Fourie
Lizey Oosthuizen
Leané Bloemhof
Lees die volledige onderhoud aanlyn.

Leila Poole

LAERSKOOL VAN RIEBEECKSTRAND SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?

Pre-season has been very exciting and has shown that everyone in the team has put in a lot of effort and commitment. Not only have they been good players, but they have shown good sportsmanship on and off the field and have not given up doing their best.

What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?

Supporters should be excited to watch us this season because we always try our best, won’t let anything stop us and always play with our hearts. This year’s team is different from previous teams because our team has come together on the field right from the start.

What goes through your mind in the moments before you step onto the court or field wearing your school colours, and what does that opportunity mean to you personally?

Whenever we step onto the field we always go ready to play hard for ourselves and our school. It doesn’t matter if we win or lose if we know we played our best. Wearing our school colours is a great opportunity to make our school proud.

Every strong team has its own identity — how would you describe your team’s playing style, attitude, and overall spirit?

Our team is hard working, committed, proud, passionate and positive. We play together and not just for ourselves but as a team.

What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?

The standard we have set for this season is to always play our best and to work as a team. We should all be proud and remain positive no matter if we win or lose. We should not forget to remain respectful and show sportsmanship to our opponents. We must always arrive on time and represent our school with pride.

Which fixture stands out most on the calendar for you, and what makes that match especially important to the team?

The fixture against Lochnerhof, in Term 4, stands out to me most in the calendar because it is our first and last interschools together as team.

Who in this squad do you think could surprise people this season, and what makes them a player to watch?

I think everyone in the squad could surprise people this season. Each player has their own special talents and always do what is best for the team.

What does being part of this sport at your school teach players that goes beyond the game itself?

Hockey not only teaches players new skills and game plans, but it teaches you about sportsmanship, respect and commitment.

As captain, what kind of leader do you want to be for your team this season, and what example do you hope to set?

As a captain I hope to set a good example to my team. I want my players to know that I will be there for them if they need me and will always aim to keep a positive mind set. It is important for me to always encourage and motivate my team mates.

When people watch your team play this year, what do you hope they will say about the group afterwards?

I hope people will always have positive feedback about our team. I hope they can see the effort we put in for all our matches. I hope they comment about our respect for our opponents and sportsmanship on and off the field.

LAERSKOOL VAN RIE BEECKSTRAND EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Katia Williams
Peyton Damon Milah Voges
Lexi Peacock
Skye Germishuys
Jessica Phiri
Liana van der Merwe
Soleil Gqamane
Karli Fourie
Mia Deysel
Zanickha Pottas
Leila Poole (k)
Milah Voges
Morgan Cockeran Swart, Hannah Barber, Taya Petersen, Zoe Lewis, Nicola Jacobs, Esme de Kock, Mienke Geustyn, Bella Swanepoel.

LAERSKOOL BASTION

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Jhano

Swanich

LAERSKOOL BASTION SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Dit was baie belangrik vir ons as ‘n span om mekaar beter te leer ken en die kennis wat die afrigters aan ons oordra, te verstaan en toe te pas. Ons het hard gewerk aan ons fiksheid. Wat regtig vir my uitgestaan het, was hoe ons mekaar begin vertrou het. Ons het geleer om saam te speel en mekaar op die veld te ondersteun. Die afrigters se leiding het ‘n groot rol daarin gespeel. Ons het span gees gebou en is gereed om elkeen ons beste te gee.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Hierdie jaar se eerste span is anders omdat ons baie nuwe talent het wat met elke oefening en wedstryd verbeter. Na elke toernooi en wedstryd groei ons selfvertroue. Ons is bereid om vir mekaar te veg, en dit gaan lei tot ‘n opwindende seisoen vir ons ondersteuners om te geniet.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Ek probeer om kalm te bly en fokus op dit wat ons geleer het. Daar is spanning, maar dit help my ook om meer gefokus te wees. Binne my weet ek daar is ‘n wakende hand oor my en my span. Ek bid voor elke wedstryd dat daar nie ernstige beserings sal wees nie. Vir my persoonlik is dit ‘n groot eer om die kaptein van die o.13A hokkie span te wees. Ek probeer as speler ‘n voorbeeld te stel vir my span. Ek voel trots om Bastion op en van die veld te verteenwoordig.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons pas dit toe wat ons afrigters tydens oefeninge vir ons leer en werk doelgerig aan foute wat in vorige wedstryde gemaak is. Ons is bereid om elke keer ons beste te gee vir die afrigters, die skool en ons ondersteuners. Ons is gemotiveerd om as ‘n trotse hokkiespan elke oefening en wedstryd te geniet.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons het vir onsself die standaard gestel om elke oefening en wedstryd alles te gee. Ons wil aanhou verbeter, beide as individue en as span. Ons fokus ook op goeie spanwerk, kommunikasie en respek vir mekaar en vir die teenstander. Ons wil elke keer trots van die veld af stap omdat ons alles gegee het. Ons wil Bastion se naam hoog hou!

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die wedstryd wat vir my die meeste uitstaan, is teen Gene Louw. Dit is ‘n baie sterk span en daarom sien ek uit om teen hulle te speel. Dit is ‘n wedstryd wat ons as span toets en wys waar ons werklik staan. Vir ons gaan dit nie net oor die telling nie maar meer oor hoe ons as ‘n span saam speel en mekaar ondersteun op die veld. Ons sien hierdie wedstryd as ‘n geleentheid om saam as ‘n span te groei, selfvertroue te bou en om as ‘n span sterker te word vir die res van die seisoen.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Dit is moeilik om een speler uit te sonder omdat dit ‘n span sport is. As ek iemand moet kies, sal ek sê Dewald in Gr. 6. Hy is ‘n jong speler wat al baie verbeter het. Hy is iemand wat nie terug staan op die veld nie en speel altyd met baie selfvertroue. Ek glo hy is iemand om dop te hou, want hy het baie potensiaal.

David Anele Declan Muller Dewald Bestbier Dihan Stassen Hugo Human
Jancko Lerm (OK) Jayden Wallem Jeandre Snyman Jhano Swanich (K) Logan Miller
Logan Page Neo Litabe Ryan Fick Steph de Jager Wihan Snyman

Travis Henderson

LAERSKOOL VANRIEBEECKSTRAND SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?

There hasn’t really been much of a pre-season for the hockey boys, as a lot of the boys are involved in cricket, athletics and tennis which are summer sport. There are also a few rugby players in the squad, and with all the pre-seasontournaments, pre-season rugby practice has taken place.

What makes this year’s first team diIerent from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?

A lot of the players in this squad have played together since grade 1 and know each other very well. The new Gr 6’s that has joined our team, fits in so well with the team’s style of play and I believe they bring in the extra bit of spark that is needed and that will make us even better than before.We were unbeaten for an entire season before, and I believe we have a chance to do it again this year.

What goes through your mind in the moments before you step onto the court or field wearing your school’s colours and what does the opportunity mean to you personally?

When I step onto the field in my school colours, I feel very proud but also responsible to play my best game and lead with kindness and keeping everyone positive and motivated at the same time. Every strong team has its own identity – how would you describe your team’s playing style, attitude and overall spirit?

I would say our team has a ‘Balanced style’ of play. We have a great mix of attack and defense. We move forward, pass often and take shots. We can also adjust depending on every game. We work as a team, are respectful and disciplined. We don’t give up.

What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?

To never give up, celebrate our wins respectfully and learn from our losses gracefully. Have respect for our coaches, opposition, teammates and ourselves.

Which fixture stands out most on the Calander for you, and what makes that match especially important to the team?

Bastion stands out for me, as they have a similar style of playing to us, which will make them very competitive. I think it will be a great game to watch. I also believe that if we can beat them, we will be a step closer to be unbeaten for this season

Who in the squad do you think could surprise people this season, and whatmakes them a player to watch?

I believe Jean Luc is a player to watch, he is the quiet one in the backline, with defense skills of a lion. A ball doesn’t often go past him. He is such an important part of our team.

What does being part of this sport at your school teach players that goes beyond the game itself?

The game teaches players to work together as a team and to never be selfish.

As captain, what type of leader do you want to be for your team this season, and what example do you hope to set?

I would like to be a leader who leads with humour, inspires the team, brings energy, and is easy to talk to.

When people watch your team play this year, what do you hope they will sayabout the group afterwards?

That we played with real teamwork, never gave up and showed great skill and sportsmanship.

LAERSKOOL VAN RIEBEECKSTRAN D

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Travis Henderson (K) Kade Marsberg
Jean-Luc Du Plessis
Reef Bezuidenhout
Tyler Coetzee
Behn Buhrman Willem Buhrman
Christophe Fourie Aleksander Fourie Tyler Sendin
Luciano De Freitas Reece Houghton Tiaan Terblanche
Casey Johnson, Hanroux Pottas, Thomas du Plessis, Pieter Havenga, Jean Van Wyk, Andrew Boshoff, Christiaan Basson, Liam McTaggart.
o.8A - Hokkieseuns
o.9A - Hokkieseuns
o.10A - Hokkieseuns
o.7A - Hokkieseuns
Lihan Venter, Lucah Du Preez , Kingsley Roberts, Spencer Moynihan, Jackson Schörnborn, Christopher Du Plessis.
Jake Patch, Judah Peterson ,Duard van Rooyen ,Luke Roberts , Gabriel Pauw.
o.8A - Hokkieseuns
o.9A - Hokkieseuns
Levi Grove, Paul Pettigrew, Janu Scholtz, River Fisher, Sebastian Silberbauer, Jewel Gordon.
Dawid Wagenaar , Peter Salzwedel, Kyle Laue, Luan Nichols, Brody Patch, Lijan Pieterse.
o.10A - Hokkieseuns

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bastion vs Van Riebeeckstrand - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu