




![]()





Laerskool Secunda kondig graag ons hoofleiers en leerlingraad vir 2025 aan. Baie geluk aan elke seun en dogter!

Megan van Huyssteen, Heicke Behm, Mionè Joubert, Brüssow Francke, Adriaan Jacobs, Nicole Oosthuizen, Zander van den Heever, Mieke Viljoen, Leyla de Oliveira, Karlien van den Berg, Ewald Erasmus, Kaysey Harrison, Aiden Pösch, Karlie Potgieter, Marzanne van Rooyen, Lia Krugell, Dylan Cordier, Christiaan Hattingh, Almie Bezuidenhout, Alandri Bezuidenhout, Mache van Heerden, Udene Dewnaraine, Alexi van Wyk, Kaylee Lubbe, Zanè Bezuidenhout, Nathan Pretorius, Chase Thomas, Marco Doman, Nathan Snyman.



o.11
Baie geluk aan die volgende seuns wat verkies is tot die Gert Sibande rugbyspan. wJulle maak ons baie trots.
• Lesego Hlatshwayo
• Aaron Odell
• Reinhard Noordman
• Lihlumelo Matjalana
• Gideon Visser
o.12
• Dylan Cordier
• Nathan Snyman
• Brüssow Francke

Laerskool Secunda se 0/11A krieketspan het op Donderdag, 24 Oktober in die Mpumalanga finaal gespeel en is aangewys as Mpumalanga Wenners!



We are excited to present our student council members for 2025. Their commitment and vision will lead us to new achievements. Let’s celebrate and support them as they embark on this important journey.

Oratilwe Podile. Middle: Nyeleti Mashele, Nokukhanya Mahlalela, Mandisa Zulu, Siphelele Mngomezulu, Faith Lephauphau, Leratuwe Ndlovu, Sinenhlanhla Mtshali, Kristan Martin. Back: Zwivhuya Mulaudzi, Joey Banze, Nipho Nxumalo, Esihle Mndawe, Nyiko Matshinye, Quiryn Nel.
We are incredibly proud to announce that the following boys have been selected for the Mpumalanga cricket teams for 2024! They will be participating in the December tournaments.
Under 11:
• Ayaan Chavan
Under 12:
• Mason Kleinsmidt
• Musa Mabaso
You make us proud! All the best for the upcoming tournaments

Curro Secunda is incredibly proud to announce that the following boys have been selected for the Gert Sibande Rugby Regional Teams!
• u. 11: Thando Dlamini • u. 12: Musa Mabaso
Keep practicing and honing your rugby skills, boys! We are proud of you and can’t wait to see you shine even brighter.


Our hockey players are preparing for the 2025 Mpumalanga season. A big congratulations to the following learners who demonstrated exceptional dedication and were selected for the respective Mpumalanga hockey teams for 2025!
• Mpumalanga Uder 13 Girls 2025: Kourtney Klink
• Under 13 Boys Top 20: Mason Kleinsmidt
We are incredibly proud of you! Keep up the fantastic work and continue to shine on the field.

We are thrilled to announce that Theto Mahlare (Grade 9) and Oarabile Mmotla (grade 10), have been selected to participate in the Curro Sport High Performance (HP) athletics programme for 2025!
Theto will compete in the 300m and 400m Hurdles. Oarabile will showcase his talent in the Long Jump. We are incredibly proud of their achievements and can’t wait to see them excel in their respective events.
Let’s cheer them on as they embark on this exciting journey!



Congratulations to the following learners for receiving the prefect role in 2025.









































Baie geluk aan Goedehoop se A- en B-spanne wat uitstekend gevaar het tydens die Gholf Mpumalanga Skole-finaal wat plaasgevind het op 28 Oktober 2024 te Walker Park.
A-span: Mpumalanga wenners in die IPS Afdeling en hulle gaan deur na die Interprovinsiale Skole wat plaasvind op 2 & 3 Desember 2024. B-span: Is as Mpumalanga naaswenners aangewys in die IPS Afdeling.

Gholf A-span

Gholf A-span





Euné Toerien Onderhoofseun Akademie

Kultuur

Kultuurdogter 2025 & Veelsydigste Leerder





Akademie
Lourieraand



Zuvann Lessing is deur die Pumas Rugby Unie aangewys as die beste o.13 Rugbyspeler in Mpumalanga.

Zuvann Lessing
Baie geluk aan die volgende Graad 1- tot 3-leerders wat boekpryse ontvang het tydens die jaarlikse Junior Algemene Kennis wat plaasgeving het op Maandag, 28 Oktober 2024



2024 Prysuitdeling
Baie geluk aan die leerders wat met die hoogste prestasies vir 2024 beloon is. Ons is baie trots om die belonings wat hulle ontvang het aan te kondig.

Kayla Hurter Akademies Penning Goud




Megan Bezuidenhout Kobus vd Bergh Floating trophy for Attitude towards Life
2024 Prysuitdeling
Baie geluk aan die volgende leerders vir hul harde werk. Ons is baie trots om die belonings wat hulle ontvang het aan te kondig.





Baie geluk aan die volgende leerders wat so goed presteer het.

Janco van Zyl
Dux leerder 2024, Megchem Trofee: Ingenieursgrafieka Vaktrofee: Ingenieursgrafieka, English FAL, Afrikaans HT, Rekeningkunde en Lewensorientering

Conrad Powell
Atletiek: Victor Ludorum en beste baanatleet, Orkeslid van die Jaar, Vaktrofee: Meganiese Tegnologie, Veelsydigste Matrikulant en Beste Kulturele bydrae in Gr. 12

Ninette Grobler Vaktrofee: Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Wiskunde

Mart-Mari Lourens Sportdogter van die Jaar, Atletiek: Beste Senior Dogter baanatleet asook middel langfstande atleet en Landloper van die Jaar.


Congratultions. There are three essentials to leadership: Humility, Clarity & Courage.
To the LRC of 2025, to be a leader means to have humility, to have respect and to serve your fellow learners that you are leading. That type of character, that type of integrity not only brings real fulfillment to your own hearts, but also has a great effect on the lives of all the people around you. Lead well! And keep MPS’s name high, standing tall.

Hunter Harty & Manakedi Shoba Headboy & Headgirl



Lesego Mafunebadza & Khensani Mabila Deputy Headboy & Headgirl (Cultural)
Great leaders develop other great leaders rather than complete great projects. Remember always that great leaders care for their followers. The new LRC for 2025 are as follows:
Girls:
• Megan Botha
• Ogaufi Bashele
• Maya Bolton
• Cloe Cook
• Nthati Dube
• Khensani Mabila
• Alwande Mahlangu
• Karabo Majara
• Akhiwe Mbuyane
• Buhle Motha
• Estelle Raubenheimer
• Manakedi Shoba
• Aditi Singh
• Ty-Lynn Solomon
• Sunei Soman
• Hloni Tsotetsi
• Kimaya Valla
May you lead well and be a blessing to all.
Boys:
• Ethan Axford
• Lukiel Brijball
• Lesego Chego
• Lionu Dauth
• Hunter Harty
• Enriko Heyman
• Benjamin Lennox
• Yandinjabulo Mahlangu
• Cruden McAlister
• Luyanda Mkhize
• Lesego Mufanebadza
• Dayne Phelan
• Ezra Ross
• Aaron Sijo
• Levi Van der Ahee
• Ncedo Zwane


• Beste senior redenaar en veelsydigste senior kultuurleerling: Abigail Cullen
• Vasbyttrofee: Sibusisu Maduna en David Sibiya
• Graad 12 Dux-leerder: Kai van Wyk
• Beste enkelprestasie binne skoolverband: Jessica de Witt



• Beste enkelprestasie buite skoolverband en Junior sportdogter: Ashley Barnard
• Junior sportseun: Frederik Boshoff
• Senior sportdogter: Tyla Longueira
• Senior sportseun: Khefilwe Phamotse






Die bekende skywer en teoloog, Dirkie Smit, het gesê: “Wysheid is die vermoë om as’t ware twee sake gelyk raak te sien: Dit wat is, en dit wat sou kon wees. Vir wysheid het ʼn mens daarom onderskeidingsvermoë nodig. ‘n Oop gemoed. ‘n Eerlike oog. Realisme. Ontvanklikheid, die bereidheid om te leer én geleer te word.” As ‘n mens dit as maatstaf gebruik, beskik Johané beslis oor wysheid én onderskeidingsvermoë. Johané is ‘n besonder begaafde jong dame wat elke gawe waarmee die Vader haar geseën het, nie onder ‘n maatemmer wegsteek nie.
Op akademiese gebied presteer Johané die afgelope 5 jaar uitsonderlik – sy is elke jaar aangewys as duxleerling en was kwartaalliks eerste op die akademiese top 10. Haar werk spreek van toewyding, ywer en selfdissipline. Die skool verwag, tereg, uitstekende uitslae van haar.
Op die sportveld is sy ook iemand om mee rekening te hou. Johané is ‘n passievolle netbalspeelster en sy het telkens erekleure of halferekleure vir netbal ontvang. Sy het in haar matriekjaar nie net die eerste netbalspan nie, maar ook die provinsie op die netbalbaan verteenwoordig.
Wat kultuurgebied betref, woeker Johané beslis met haar talente. Sy neem deel aan die ATKV-redenaarskompetisie en verteenwoordig Mpumalanga telkens by die landsfinaal. Sy skroom nie om haar standpunt te stel nie en staan op vir dit waarin sy glo.
Dit is juis hierdie eienskappe wat haar ‘n natuurlike leier maak. Sy is iemand wat die reguit pad stap, sonder verskonings, sonder voorgee, sonder halwe waarhede of ondeurdagte dade. Sy is gelykmatig – wat jy sien, is wat jy kry en ‘n mens weet waar jy met haar staan!
As voorsitter van die Bestuurskomitee word haar werk gekenmerk deur haar merkwaardige sin vir verantwoordelikheid en ʼn gebalanseerde, volwasse oordeel. Sy mors nie haar tyd met onbenullighede nie en neem leiding deur middel van selflose dienslewering, ‘n navolgenswaardige voorbeeld en betroubare verantwoordelikheid.
As jy vir Johané vra om ‘n taak te doen, hoef jy nie te wonder of te twyfel nie – dit sal pynlik presies uitgevoer word. Sy is fyn ingestel op die welstand van haar medemens en skroom nie om vir ‘n ander ‘n klip uit die pad te rol nie.
Johané leef haar Christelike waardes onbeskaamd uit! Juis daarom word haar lewe, werk en optrede gekenmerk deur integriteit en betroubaarheid. Haar beginsels en waardes was, en is steeds, ononderhandelbaar! Reg is reg, en verkeerd is ononderhandelbaar verkeerd! Sy is kalm van gees, sy is nooit opvlieënd of humeurig nie en sy deurdink elke situasie deeglik voordat sy optree. Sy het ‘n fyn sin vir humor en sy kan soms vir haarself ook lag!
Johané, dankie vir die 5 jaar wat ons in jou menswees en jou werk kon deel. Ons mooiste wense vergesel jou op jou lewenspad. Iemand met soveel wilskrag, selfdissipline en ywer, móét eenvoudig sukses behaal.
Dit is vanaand ‘n voorreg om die skool se hoogste toekenning – Leerling van die jaar – aan hierdie waardige ontvanger toe te ken.

Die welbekende skrywer FA Venter het geskryf: “Jy het weer deel geword van die opbeurende kameraderie wat krag gee vir die volgende skof.” Ons het hierdie jaar die voorreg gehad om dié woorde in aksie te sien.
Toy het gedurende 2024 oud en jonk se harte raak gespeel, gepraat én geleef. Hy het die skool verenig en in dieselfde droom laat glo.
As hoofseun was Toy ‘n natuurlike leier en ‘n ware kameraad. Met sy voete plat op die aarde en sy hart ontvanklik vir sy medemens, het hy nie geskroom om stil te staan, te luister en te help nie.
Week na week kon ons sien hoe hy sy liggaam, siel en gees op die rugbyveld plaas vir die eerste rugbyspan. Daar was nooit huiwering of terughou nie – hy het in elke liewe wedstryd álles gegee. Na afloop van elke wedstryd het hy die skool toegespreek en menige van ons trane laat afvee – hoekom? Omdat hy uit sy hart, eerlik en sonder voorgee gepraat het. Sy passie, visie en dryfkrag was sigbaar, aanvoelbaar en aansteeklik.
Toy het deur sy voorbeeld, dade en woorde gewys wat dit beteken om régtig ‘n ware Rooie te wees. Hy het die skool geïnsprireer en kon dit regkry om selfs op ‘n langnaweek ‘n paviljoen vol leerders bymekaar te kry.
Toy, jy het voorwaar, soos FA Venter sê, deur jou opbeurende kameraderie die res van jou span, die leerders, die personeel en die ondersteuners krag gegee vir die volgende skof.
HTS Middelburg groet jou met die sekere wete dat jy diep spore sal trap waar jy ook al gaan.



“Die enigste mense wat werklik gelukkig is, is hulle wat uitgevind het Hoe hulle met hulle talent ander kan dien – en dit dan doen!”
- Albert Schweitzer
Ina het die afgelope 5 jaar haar talente, haar menswees en haar werk gebruik om die skool en skoolgemeenskap te dien.
As daar gewerk moes word, was sy daar. Waar daar ‘n geleentheid vir dienslewering was, dáár sou sy wees! Haar betrokkenheid by WERK en DIENS en VERANTWOORDELIKHEID is onselfsugtig, eerlik en opreg.
Ina het altyd meer as haar deel gedoen betreffende funksies en aktiwiteite. Sy het altyd hulp aangebied en was dikwels die bittereinder wat opruiming betref. Haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Iets wat Ina verder enig in haar soort maak, is haar opregte belangstelling en meelewing. Sy skroom nie om by wie ook al haar pad kruis, te stop en te vra hoe dit gaan nie. Sy is ‘n fyn waarnemer en merk vinnig op wie êrens ‘n bemoedigende woord of glimlag nodig het.
Ina sien die goeie in almal raak en sal nooit ‘n slegte woord oor ander rep nie. As gevolg van haar menswees, haar lojaliteit en betrokkenheid by ons skool, is sy ’n trotse ROOI ambassadeur.
Ina, jou dienslewering het baie harder gepraat as woorde! Jou diensbaarheid praat eintlik ‘n taal wat woorde oorbodig maak! Jy is ’n ster in ’n wêreld waar naastediens, omgee en naasteliefde selde opreg is!
Dankie dat ons die afgelope vyf jaar deur jou menswees verryk kon word! Ons weet dat jy ‘n blywende indruk en verskil sal maak waar jy ook al gaan.
Dit is ‘n voorreg om hierdie spesiale toekenning – die Ons Dien-trofee – vanaand aan jou toe te ken.

“Daar is niks in die wêreld wat kom by vasberadenheid om jou doel te bereik nie. Nie talent nie, want duisende mense met volop talent het desnieteenstaande nêrens gekom nie; nie genialiteit nie, want die aantal genieë wat nooit erkenning ontvang het vir hul genialiteit nie, spreek vanself; nie opvoeding nie, want die wêreld is vol hooggeleerde mislukkings. Slegs drie dinge bring jou waar jy bedoel is om te wees: Die vertroue dat God jou sal help, buitengewone volharding en doodgewone vasberadenheid om te bly vasbyt,” aldus Calvin Coolidge, oudpresident van die VSA.
Gerry het die afgelope twee jaar gewys wat dit beteken om waarlik te glo, te volhard en vasberade vas te byt!
Gerry ondergaan in Oktober 2022 terwyl hy ‘n gr.11-leerder in Hoërskool Ben Viljoen is, ‘n anterior kruisligamentoperasie. In April 2023 skuif hy egter HTS Middelburg toe, juis ter wille van rugby, en verruil sy matriekboeke weer vir gr.11. Daarmee saam kom hy koshuis toe en moet terselfdertyd by ‘n nuwe skool en koshuis aanpas.
Hy word opgeneem in die AVS-Bokkiespan en toer ook gedurende die wintervakansie saam met die Rooibulle na Namibië. Hy skeur egter ‘n tweede keer sy kruisligamente en word in Augustus 2023 weer geopereer.
Die feit dat hy slegs 4 maande in HTS Middelburg was voordat hy tot Bestuurskomiteelid van die skool asook onderhoofseun van Douw Smit-koshuis verkies is, spreek vanself. Gerry het vinnig ‘n blywende indruk gemaak – sy goeie maniere, nederigheid en respek vir sy medemens is merkwaardig.
In November 2023 is hy en sy gesin in ‘n motorongeluk waarin sy ma en sussie ernstig seerkry, al het hy ook nie ongeskonde daarvan afgekom nie, doen hy alles wat hy kan om sy ma en sussie by te staan.
Rugby is en bly Gerry se groot liefde. Die pad na herstel was nie eenvoudig nie en hy en sy afrigter, mnr. Jano Venter, het baie ure ingesit om sy knie tot so ‘n mate te rehabiliteer dat hy gereed kan wees vir die MHS-wedstryd en watter aandeel het hy nie in die oorwinning gehad nie!
Die grootste en seerste uitdaging het hom egter kort na dié soet oorwinning in die gesig gestaar – in Junie sterf sy pa skielik. Op daardie stadium is hy en sy sussie by die Winterweek en ten spyte van die onbeskryflike hartseer, het hulle gekies om Bokkieweek te speel – juis ter nagedagtenis aan hul pa.
Om jou pa, jou grootste ondersteuner en jou grootste held te verloor, ruk beslis die mat onder ‘n mens se voete uit. Tog het Gerry die moeilike dae én die beter dae ewe moedig aangepak. Al was dié paadjie bitter moeilik, het hy aangegaan en hard gewerk op akademiese gebied sowel as op die rugbyveld.
Tydens die wedstryd teen EG Jansen skeur hy sy ander knie se kruisligamente, maar speel voort. Met elke wedstryd was hy al meer verbind en “gestrap”, maar ten spyte van die pyn en ongemak, speel hy elke wedstryd sy hart en siel uit. In die finaal was sy aandeel en skopvoet beslis iets waarsonder ons waarskynlik nie deelwenners sou wees nie. Hy speel 6 wedstryde met geskeurde ligamente en het dit eers ná die Noordvaal-finaal erken.
Uiteindelik beland Gerry gedurende die September-vakansie wéér onder die mes – vir die derde keer in 2 jaar en weereens lê daar ure se rehabilitasie en vasbyt voor om te herstel.
Tog was dit steeds nie die einde van die opdraande nie. Op 4 Oktober sterf sy oom in ‘n motorongeluk en dié skok en seer is steeds baie rou...
Gerry, die paadjie wat vir jou uitgelê is, en dit boonop in jou matriekjaar, was tot dusver nie maklik nie en niemand hoef vir jou te sê dat die lewe soms bitter onregverdig is nie. Jy het vir ons gewys wat dit beteken om régtig deursettingsvermoë te hê. Jy bly, ten spyte van al jou teleurstellings, pyn, verlies en hartseer, steeds ‘n moedige vegter, met jou oë gevestig op die wenpaal. Jy wys vir ons wat dit beteken om aan te hou, ten spyte van die houe wat die lewe gee en ons het die wêreld se agting vir jou vasberadenheid en deursettingsvermoë.
Dis vanaand ons eer en voorreg om hierdie besondere trofee, die Sindy Botha-trofee vir buitengewone deursettingsvermoë, aan jou toe te ken – mag die vlam van vasberadenheid wat in jou brand, nooit verdoof nie en die hoop in jou hart nooit vervaag nie.


Die volgende Hoofleiers is gekies vir 2025, Baie geluk julle! Mag 2025 vir julle ‘n wonderlike jaar wees. Hoofleiers:
• Phillipa Mulder
• Grant Nel
Akademie:
• Anria Botha
• Juhan Kruger
Bemarking:
• Carli Kruger
• Lafras Joubert
Kultuur:
• Lienkie Hertzog
• Alexander Nel

Welstand:
• Anastasia Mutadza
• Ruvé Joube
Veiligheid:
• Nicole Reed
• William Griffiths
Sport:
• Deoné Botha
• Zandré Botha Hoofleiers







Hoofseun: Llewellyn Scheepers
Onderhoofseuns: Armand van Zyl en Josua Joubert
Hoofdogter: Lika Allers
Onderhoofdogters: Hayley Fourie en Lika Grobbelaar

Die groot opwinding oor 7’s rugby word al hier op laerskool gekweek - ons o. 11 en o. 12-spanne het uitstekend gevaar tydens die Nkangalawedstryde. Die o. 11’s verower ‘n silwer medalje en die o. 12’s brons. Nog ‘n geleentheid vir ons kinders om sommer net lekker kind te wees!


Hoërskool Ermelo het hul jaarlikse Lourierfunksie op Woensdag 16 Oktober gehou. Die leerders is vereer vir die prestasies wat deur 2024 behaal is. Baie toekennings is toegeken en die leerders het met trots weggestap.
Van die toekennings wat uitgestaan het, was onder andere:
Jemé Potgieter met beste kultuurbydrae (Theana de Beer-WT), Hayley van der Walt ontvang die Mareli Senekal-WT vir beste akademiese prestasie in Adriani, aan Katelyn Potgieter word die Nelstehuis-WT vir beste akademise prestasie in Nelstehuis toegeken en JF Möller ontvang die Veltman Akademiese-WT vir beste akademiese prestasie in Veltman. Die Danie van der Walt-boekprys word aan JF Möller toegeken vir beste tweetaligheid (Afrikaans HT en Engels EAT) en Katelyn Potgieter ontvang die Danie van der Walt Book prize for bilingualism (English HL en Afrikaans FAL). Mia Davel ontvang die NJ Robberts-boekprys vir beste sport en akademie in gr. 12. Die Sybrand Harris-kontantprys vir die hoogste prestasie vanaf graad 8 tot graad 12 word aan JF Möller toegeken.
Katelyn Potgieter ontvang die Roelien Groenewald-motiveringstrofee vir die tweede beste presteerder in graad 12.
Die top tien vir 2024 se graad 12’s, is (vanaf nommer 1 tot 10):
JF Möller, Katelyn Potgieter, Helené Lotz, Hayley van der Walt, Robin Jooste, Kayleigh Moore, Megan van Rensburg, Riël Hugo, Blessing Oduntan en Mia Davel.
JF Möller ontvang die groot eer om as Dux-leerder aangewys te word en ontvang hiervoor ’n TWK-Silwer skinkbord en Fairbairn-medalje en die Dr Odie Swart-kontantprys.
Groot dank aan TWK, asook elke ander borg wat bygedra het om van 2024 se prysuitdeling ‘n sukses te maak. Baie geluk aan elke leerder wat erkenning ontvang het. Die harde werk wat elke onderwyser en leerder insit gaan nie ongesiens verby nie.



















































Siphesihle





Bester Kultuur & Akademie

Jonél Venter Kultuur & Akademie













Kultuur & Akademie




Spesiale Toekennings
JF Möller Spesiale Toekennings
Katelyn Potgieter Spesiale Toekennings
Spesiale Toekennings


Ligbron se fotoklub het aan die 2024 Internationale Fotokompetisie vir Skoliere deelgeneem wat deur die PhotoClub Pétange in Luxembourg aangebied is. Vanjaar se kompetisie was die 37ste van sy soort. Die klub was deel van ‘n Suid-Afrikaanse skolespan, maar het ook as ‘n skoolspan en individueel gekompeteer. Die Liggies het uitsonderlike prestasies behaal.
Bianca Breytenbach het vier foto’s ingeskryf wat almal aanvaardings behaal het. Dit beteken hierdie foto’s het ‘n punt bo 16 uit ‘n maksimum van 27 punte behaal het. Haar foto wat die beste gedoen het was Lunch Time (22/27), waarvoor sy ‘n erelint ontvang het. Palesa Pobe het vir drie van die vier foto’s wat sy ingeskryf het aanvaardings gekry. Haar beste foto was The Lost Child (20/27).
Die Suid-Afrikaanse span het in totaal uit 95 fotograwe bestaan wat in totaal van 364 foto’s ingeskryf. Uit die 95 spanlede het 63 fotograwe vir 133 foto’s wat hul ingeskryf het aanvaardings gekry. Met hierdie uitslae is die Suid-Afrikaanse span as wêreldkampioene aangewys. Uit die 20 klub- en skoolspanne wat die Suid-Afrikaanse span opgemaak het, het Ligbron gesamentlik derde geeindig saam met Bethal Fotoklub en Images Photo School.
Die skool se klub val onder Ermelo Fotoklub. Die Liggies voel bevoorreg om bygestaan te word deur die klub se beste fotograwe wat hulle met die keuse van hul inskrywings help en hulle verder met raad en daad bystaan. Sonder hulle ondersteuning sou hierdie prestasies nie moontlik gewees het nie en Ligbron spreek graag hul dank teenoor Ermelo Fotoklub uit.













Kalie de Haas het op 4 en 5 November, hul jaarlikse prysuitdeling gehad. Die volgende leerders het besondere prestasies behaal:

Lenushca Esterhuizen
Beste Prestasie in Afrikaans HT, Engels EAT, Wiskunde, NW en Dux Leerling

Wynand Greaves Mees Entoesiastiese Landsdiener

CJ Beyneveldt Beste o. 7 Netbalspeelster


Sthandwa Hlatshwayo Best Achievement in English HL, LO and EMS

Ngcebo Mthombeni Best Senior Athlete en Sportster van die Jaar

Nomhlekhabo Mahlangu Best u. 8 Netball Player


Melody Mahlangu 100% School Attendance Gr. 1 - 7

Winnielize Stuart Beste Junior Atleet en Beste o. 9 Hokkiespeelster

Phiwokuhle Zulu Most Improved Player u. 9 Netball


Ayabonga Kubheka Beste Prestasie in Sosiale Wetenskappe, Skeppende Kuns en Veelsydigste Leerder

Hleloluhle Mazibuko Best Junior Athlete

San-Marie vd Bank Beste Vordering o.9 Netbal


Zané du Toit Beste Prestasie in Tegnologie

Ané Greaves Beste Junior Landloop Dogter

Enge Steenkamp Beste o. 7 Hokkiespeelster


Nthandokazi Masinga Best Achievement in Afrikaans FAL

Zakkai Wessels Beste Junior Landloop Seun

Wessels
Beste o. 7 Rugbyspeler


Kalie de Haas het op 4 en 5 November, hul jaarlikse prysuitdeling gehad. Die volgende leerders het besondere prestasies behaal:

Siphosethu Masina
Beste Afrikaanse
Leser in Gr. 1

Stivan du Plooy Beste Afrikaanse Leser in Gr. 2

Berrie Nel
Beste Senior Atleet

Mwari-Anesu Motha
Beste Voorspeler

Leann Moll Beste Senior Landloop Dogter

Liamy van den Berg Beste Sprogs

Lisemari Swanepoel
Beste Afrikaanse Leser in Gr. 3

Janko vd Linden Beste Senior Landloop Seun

Zandri Buitendag Beste Nipper

Gabriël Kleynhans Best English Reader Gr. 1

Monique Mabena Best Hockey Player

Danelle van den Berg
Beste Sub-Nipper

Ndaloenhle Mahlalela Best English Reader Gr. 2

Rodrique vd Voort Beste Senior Kolwer en Beste Senior Bouler

Zinathi Mphila Best English Reader Gr. 3

Willem Rautenbach Beste Agterspeler


Print textbooks, yearbooks, learner and teacher diaries for your school!












Sportseuns van die jaar
• o.14: Kegan Pretorius
• o.15: Lihan Swart
• o.16: Jayden Pretorius
• o.17: Simkhonzile Mzizi
• o.18: Johann Schoonraad




Sportdogters van die jaar
• o.14: Anzel Brooker
• o.15: Elri Fourie
• o.16: Kearabetswe Marago
• o.17: Larice Viljoen
• o.18: Teninke van Niekerk




Beste kultuur leerders
• Senior: Michael Kalell
• Junior: Clarissa Gerber





Jukskei Trots
Baie Geluk met skitterende prestasies! Wian Swanepoel - Landsdiener van die jaar 2024. Me Dané Jooste oorhandig sy toekenning.


Baie geluk aan Tanilee Morris en Danika Gloy wat by die Mpumalanga-Rhino krieketspan ingesluit is.


Nel
van die Jaar








Baie geluk aan die volgende leerders vir hul harde werk. Ons is baie trots om die belonings wat hulle ontvang het aan te kondig.

Mabuza
Top achiever in AFrikaans, Life Orientation, Netball Provincial Colours

la
Sportdogter van die Jaar asook Mees Veelsydige Dogter: Akademie, Sport en Kultuur






Special Awards
• Boitumelo Makofane: HGH Floating Trophy for Silent Warrior
• Sonei Krugel: Jolet Olivier Floating Trophy for Matriculant with the Most Perseverance
• Linzey Leiman: HGH Floating Trophy for Most Versatile Matriculant
• Jo-Anne Breedt: HGH Floating Trophy for Exceptional Leadership
• Learn Ndlala: HGH Floating Trophy for Exceptional Leadership
• Brandon Joubert: HGH Floating Trophy for Best Senior Sportsman of the Year
• Linzey Leiman: HGH Floating Trophy for Senior Culture Girl of the Year









Academic Top 5
• 1 – Zenardi van Staden
• 2 – Mandisa Mahlangu
• 3 – Malik Manafi
• 4 – Refentse Joko
• 5 – Tshepisho Hlabane




Dihan Coetzee Hoofseun






Estiaan Vorster Onderhoofseun







Xavier Oberholzer Onderhoofseun







Lea Els Hoofdogter







Tessie de Beer Onderhoofdogter







Onderhoofdogter






Op, 17 & 24 Oktober 2024, het die Graad 4-7 leerders deelgeneem aan die jaarlikse Krap en Klets “Spelling Bee”. Elke leerder het hul heel beste gegee! Dankie vir elke leerder wat deelgeneem het, Taalfees is trots op julle! Baie geluk aan ons wenners!
Gr. 4 Afrikaans:
1. Melandri Wolmarans
2. Rhylan de Villiers
3. JJ Coetzer
Gr. 4 English:
1. Oluhle Nhlapo
2. Oratile Thupana
3. Lefiwa Komane
Gr. 5 Afrikaans:
1. Nicole Jordaan
2. Jordan Gower
3. Layla Bastin
Gr. 5 English:
1. Zizo Ngonzi
2. Valencia Maduna
3. Kevin Bosman
Gr. 6 Afrikaans:
1. Dominique Dekoker
2. Jayden Coetzee
3. Luchke du Plessis
Gr. 6 English:
1. Tshegofatso Machabaphala
2. Okuhle Ntshangase
3. Khenenisa Qwabe
Gr. 7 Afrikaans:
1. Stian Rautenbach
2. Conrad Coetzer
3. Shantuné Minnaar
Gr. 7 English:
1. Oratile Letau
2. Othabetswe Magaga
3. Tertius Dlamini

Baie geluk aan die volgende twee leerders Lesego Kodibona en Nhlakanipo Sibiya wat deel is van die o.11 Mpumalanga Krieketspan!

Dané Myburg, in Gr. 4, is gekies vir dieo.13 Mpumalanga Rhino dogters krieketspan. Baie geluk ! Ons is baie trots op jou !


Hokkie
Ons is baie trots op die volgende vier leerders Nomalanga Mtshali, Albert Oosthuizen, Keamogetswe Mathwasa en Andre Potgieter wat deel is van Mpumalanga Hokkie vir 2025!

Mtshali, Albert Oosthuizen, Keamogetswe Mathwasa en Andre Potgieter
