Skip to main content

AWSUM Boland & Surrounds November Edition 2024

Page 1


ATKV-Crescendo: Tyd vir inskrywings raak min

Die tyd vir voornemende kunstenaars om oorweeg te word vir ATKV-Crescendo se mentorskapprogram in 2025 raak min. Belangstellendes het tot 31 Desember 2024 tyd om vir hierdie projek in te skryf.

Oor die afgelope vyf dekades het Crescendo gehelp om die musikale loopbane van kunstenaars soos Rina Hugo, Riana Nel, Jak de Priester, Anna Davel, Anneli van Rooyen en Karin Hougaard af te skop. Die formaat het egter oor die jare verander. “In plaas van ’n talentkompetisie waar net een persoon as ’n wenner aangewys word, fokus ATKV-Crescendo deesdae op die ontwikkeling van musikante, want talente is nie gegee om teen mekaar te kompeteer nie, maar eerder om mekaar daardeur te verryk,” verduidelik projekorganiseerder Morné van Staden. “Deur die jaar woon ’n aantal finaliste slypskole by om hulle voor te berei op ’n loopbaan in die kunste. Daar word ook klem gelê op nuutskeppings, aangesien kunstenaars liedjies moet inskryf wat uit hulle eie pen kom.”

Die talent wat uit hierdie mentorskapprogram gekom het, het die ATKV genoop om ATKV-Crescendoproduksies te begin, wat nuwe produksies op die planke bring en finaliste help om hulle liedjies, albums en musiekvideo’s vry te stel. Hierdie produkte kan op aanlyn platforms soos YouTube gesien word en liedjies word op radiostasies en stroomplatforms soos Apple Music, YouTube Music, Spotify, Amazon Music en Deezer vrygestel. “Op hierdie manier,” verduidelik Morné, “voorsien ATKV-Crescendo ’n konstante vloei van nuwe stemme, kunstenaars en liedjies vir die Afrikaanse musiekindustrie.”

Alhoewel die finaliste dit eens is dat die mentorskapprogram hulle musikale loopbane ’n hupstoot gegee het, is die persoonlike groei wat die kunstenaars hierdie jaar ervaar het nie te versmaai nie. Lize-Marié Naudé verklap dat sy gedink het die ervaring gaan “cool” wees, maar “nie só cool nie”. “Selfs toe ek die e-pos kry dat ek deurgedring het na die slypskool was dit reeds lewensveranderend. Die mense is egter next level. By hulle kon ek net myself wees. Dit was nie nodig om voor te gee nie. Dit was nie nodig om grimering aan te sit nie. Ek is aanvaar net soos ek is en dit is wat die mooi van musiek en musikante is – ons bring die beste in mekaar uit. Die ATKV-Crescendo-familie is nou die een familie wat ek nie gaan los nie.”

Meer selfvertroue is wat vir Lester Paulus (aka Crimson Hozai) uitstaan as hy die persoonlike groei wat hy hierdie jaar ervaar het, moet beskryf. “Ek het meer vertroue in myself, die tipe musiek wat ek skryf en die tipe kunstenaar wat ek is. Ek kan ook nou oor enige onderwerp skryf en rap. Na dese verstaan ek dat my opinie van ander s’n verskil en ek is oukei daarmee.”

Potensiële finaliste kan hul inskrywings digitaal instuur, maar daar is ook talentsoekers in verskillende dele van Namibië en Suid-Afrika wat oudisies in persoon hou indien deelnemers dit verkies. Die inskrywingsproses werk soos volg: Besoek crescendo.org.za indien jy ’n digitale inskrywing wil doen. Hier sal jy ook kontakbesonderhede kry van talentsoekers in Suid-Afrika en Namibië indien jy eerder ’n oudisie in persoon wil doen. Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is 31 Desember 2024.

Uit hierdie inskrywings word 25 finaliste genooi na ’n omvattende mentorskapprogram tydens die Maart/April-skoolvakansie.

Die doel van hierdie weeklange mentorskapprogram is om die finaliste toe te rus met genoegsame kennis en kundigheid om hul loopbane af te skop hetsy hulle deurdring na die volgende ronde of nie.

Na afloop van die mentorskapprogram word daar tien finaliste uit die 25 gekies. Hierdie tien finaliste tree op in ’n reeks produksies gedurende die jaar.

Tydens ’n finale slypskool kry finaliste loopbaankartering en een-tot-een-onderrig, want hierdie groep is die mense wat met die ondersteuning van Crescendo hul musiekloopbane afskop.

Besoek ons webwerf by www.crescendo.org.za vir meer inligting oor ATKVCrescendo, wat in 2024 vyftig jaar se talentontginning vier.

Skandeer die QR-kode om in te skryf.

PAARL& WELLINGTON

Playful dads, happy kids: Building connections through fun

Engaging in play is one of the most impactful ways fathers can enhance their children’s well-being. Play is essential to a child’s development, nurturing cognitive, physical, social, and emotional growth. Recognising this, Takalani Sesame launched its Bond Through Play Campaign in August, encouraging father figures to embrace the power of play.

“Fathers bring unique perspectives and strengths to play, complementing the care mothers provide,” says Mari Payne, Deputy Managing Director at Sesame Workshop South Africa. Playtime not only strengthens the parent-child bond but also challenges harmful gender stereotypes, promoting caregiving as a shared responsibility.

Tips for Playful Parenting

Takalani Sesame offers practical advice for fathers at every stage of a child’s development:

• Infants: Engage in gentle rocking or massage to provide comfort and build trust.

• Toddlers: Participate in active games like chasing or throwing a ball to develop motor skills and coordination.

• Preschoolers: Encourage imaginative play, such as storytelling or dress-up, to foster creativity and language development.

Fun, Family-Friendly Games

Make playtime enjoyable with these South African classics and creative ideas:

• Hide and Seek: Play indoors or outdoors to promote problem-solving and physical activity.

• Round-robin storytelling: Add hand shadows for a magical twist, enhancing imagination and narrative skills.

• Laundry: Sort clothes by color or type to teach categorization and make chores fun.

• Shopping: Spot shapes and colors in the aisles to develop observational skills.

• Cooking: Turn meal prep into a scavenger hunt, encouraging participation and learning about food.

• Traveling: Count cars by color or play “I spy” to keep children engaged and attentive.

More Fun Activities for Bonding

• Scavenger Hunt: Create a treasure map for your home or garden and hide small treats or toys for children to find.

• Obstacle Course: Use household items like chairs, cushions, and broomsticks to create a fun indoor or outdoor course.

• Musical Chairs: An old favorite that combines movement, music, and laughter.

• Paper Plane Contest: Make paper planes and see who can fly theirs the furthest.

• Nature Walk Bingo: Create a simple bingo sheet with items to spot during a walk, such as leaves, birds, and flowers.

• Puppet Shows: Create puppets from socks or paper bags and put on a family performance.

• Dress-Up Adventures: Use old clothes and accessories for imaginative play as pirates, superheroes, or explorers.

Active Games for Energy Burn

• Ball Games: Play soccer, basketball, or catch in the yard or at a local park.

• Simon Says: A classic game that improves listening and following instructions.

• Dancing Games: Have a mini family disco with favorite songs.

Quiet and Calming Activities

• Puzzle Time: Work on age-appropriate puzzles together to build problem-solving skills.

• Story Time: Take turns reading or inventing stories to enhance language and imagination.

• Building Projects: Use LEGO, building blocks, or household items to create towers or imaginative structures.

“Playing with your children means spending quality time with them,” says Payne. “It’s an investment in their social, emotional, and academic growth, as well as their readiness for school.

As the December holidays approach, it’s the perfect time for families to embrace the joys of play and create lasting memories together. Whether through traditional games, imaginative adventures, or simply spending quality moments with your children.

HOËR LANDBOUSKOOL BOLAND

Hoofleiers 2025

Baie geluk aan ons hoofleiers vir 2025 - Dewet Bruwer (hoofseun) en Jeandré le Roux (onderhoofseun).

Atletiek

Boland Landbou neem deel aan die jaarlikse Kwaggas Top-10 byeenkoms in Oudtshoorn. Ons eindig 6de uit 20 spanne met n gemiddelde punt van 789 uit 1000. Dankie aan al ons seuns vir julle goeie gedrag op en van die baan af. Ons is trots dat julle ons skool verteenwoordig.

Dagbestuur van die Junior Landbouvereniging

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as die Dagbestuur van die Junior Landbouvereniging vir 2025. Bertus Louw (ondervoorsitter), Frans Loubser (voorsitter) en Josua Hugo (sekretaris). Julle het groot skoene om vol te staan en diep spore om te trap.

COURTRAI PRIMARY SCHOOL

Erekleure in Swem

Nika van den Berg en Lowen Schabort is beloon met Wynland half erekleure in swem.

Nasionale Kampioenskappe

Loumari Hugo het deelgeneem aan die WP Saalperdkampioenskappe en dring deur na die Nasionale Kampioenskappe.

Swellendam Tennistoernooi

Courtrai se o.13 tennisspanne het aan die Swellendam tennistoernooi deelgeneem, waar hul as die wenners gekroon is. Nege skole het aan die toernooi deelgeneem.

Courtrai se dogters-tennisspan

Courtrai Prestige Atletiekbyeenkoms

Mia Janse van Noordwyk en Marco

van Noordwyk het trofeë verower tydens die Courtrai Prestige atletiekbyeenkoms. Marco kry die trofee vir die beste prestasie seuns o.10 baanitems. Mia kry die trofee vir die beste prestasie dogters o.12 baanitems, asook die beste prestasie dogters o.12 velditems.

Dewet Bruwer en Jeandré le Roux
Bertus Louw, Frans Loubser en Josua Hugo
Leané Troskie, Kyle Liebenberg, Münke Blom, Joshua Hattingh, Mienke Troskie, Liam Lang, Anouk Thirion en Andreaz du Randt.
Dance Poetry
Lea Roux en Mikha Olsen
Janse
Skandeer die QR kode en lees nog van ons skool se nuus aanlyn!
Tennistoernooi
Leané Troskie, Mienke Troskie, Münke Blom en Anouk Thirion.
Marco en Mia Janse van Noordwyk
Lowen Schabort en Nika van den Berg
Loumari Hugo
het n silwermedalje verower tydens LS Gimnasium se Gerrie Berner Tennistoernooi. Courtrai se dogters tennisspan het aan die Rising Stars finale in Benoni deelgeneem en n algehele 3de plek verower. Meer as 600 skole het landwyd aan die kompetisie deelgeneem.
Die volgende leerders van “Dance Poetry” dans studio, Paarl en het in Plettenbergbaai deelgeneem aan die Provinsiale en Suid Afrikaanse danskampioenskappe.
• Lea Roux: Provinsiale kleure (Wes Kaap) in Jazz en “Freestyle” dans, SA kleure in Jazz dans en “Freestyle” dans.
• Mikha Olsen: Provinsiale kleure (Wes Kaap) in Jazz dans x 2, SA kleure in Jazz dans

LAERSKOOL NOORD-EIND

Hoofleiers 2025

Tennis

Ons is baie trots op die volgende tennisspelers wat opgeneem is in die Drakenstein tennis spanne:

• o.12 - Bella Senekal en Eric Barnard

Gimnastiek

Vier van ons Noord-Eind gimnaste het van 25 tot, 29 September 2024, aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Kampioenskappe in Kaapstad deelgenee. Hulle het puik resultate opgelewer.

Eisteddfod

Corné Rabie (Graad 5) neem deel aan Huisgenoot Eisteddfod se redenaars afdeling vir Graad 4 tot 7. Hy behaal silwer.
Varswaterhengel
Eben haal SA skolespan vir Varswaterhengel, na hy 8ste van 80 hengelaars eindig.

info@everythingschool.co.za

Hoofleiers 2025

Baie geluk

Gerrie Berner Tennistoernooi

Die jaarlikse Gerrie Berner tennistoernooi het 17 tot 19 Oktober 2024 by Laerskool Paarl

plaasgevind en 16 dogters- en 16 seunsspanne het aan die toernooi deelgeneem.

Atletiek

LAERSKOOL WA JOUBERT

Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het aan Laerskool Hugenote se baanbyeenkoms op 29 Oktober 2024.

Talentkompetisie

Baie geluk aan die vyf finaliste wat deurgedring het na die gala-aand wat op 15 en 16 November 2024, plaasgevind het. Ons kan nie wag om julle te sien optree nie.

Tristan Floris (links bo), Gianay Scheffers (links onder), Daniel van der Westhuizen (middel),

Pretloop

Ons jaarlikse pretloop is op 5 Oktober 2024gehou.

Tarron-Leigh Paulse (regs bo) en Joshua Simmons (regs onder).
Lucky Mokwena en Ofentse Mokwena.
Zarah Watson (Goud) Zaine Martin (Brons) Mason Syfers (Brons)
Luca Daniels, Gia Cloete en Hope Cloete.
Gimnasium
Dawie de Villiers (Onderhoofseun), Gerhard Brand (Hoofseun), Noa Rossouw (Hoofdogter), Gabriella Ferreira (Onderhoofdogter).
aan die volgende Gimmies wat volgende jaar as leiers van die skool dien.

LAERSKOOL PAARL GIMNASIUM

Grondslagfase produksie – Uit die boeke

Die geliefde sprokieskarakters kom kuier by ‘n glansgeleentheid om te vertel wat ná happily ever after gebeur het. Klein Gim sal ‘n boek kan skryf oor al die harde werk, hulp van kollegas en ouers, geduld en liefde wat in hierdie produksie ingesit is. Dit was voorwaar UIT DIE BOEKE en een vir die boeke.

Robotika: Gim Robothon-spanne

Ons is so trots op ons twaalf leerlinge wat aan die Robothon-kompetisie te La Rochelle deelgeneem het. Hulle het hul kreatiwiteit, probleemoplossingsvaardighede en spanwerk ten toon gestel.

aan almal wat deelgeneem het - julle het Gimnasium trots gemaak!

Wil jy graag die koerant met familie en vriende deel? Skandeer die QR kode en deel die digitale weergawe met hulle.

Rumé Lategan
Alana Heyns Samuel de Jager
Lihan Viljoen, Eben Eksteen, Jean Smith, Jua le Roux, Jean Pienaar. Neel Rust
SW Fourie, Regardt Eyberg, Christo de Jager.
Baie geluk
Christiaan Neethling, Regardt Eyberg, VJ Schnetler, SW Fourie.
Katryn Buys, Helena Nothnagel, Wian Joerdens.

PAARL BOY’S HIGH SCHOOL

Jeugleierskonferensie

Ons VRL-lid, Henré du Plessis, is aangewys as een van die leiers wat Die Burger se 66ste Jeugleierskonferensie gaan bywoon. Hierdie konferensie vind vanaf 8 tot 13 Desember op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch plaas.

Vanjaar is die tema: “Veerkragtige leierskap in ‘n tegnologiese wêreld – lei tegnologie ons of lei ons tegnologie?”

(Ons hoofseun, Brent Goosen, en onderhoofseun, Berhard du Toit, is in die buiteland tydens hierdie konferensie.)

Henré du Plessis

• Discipline: NSSA Skeet • Junior (u.18): First Place (Gold)

• Senior Category B: First Place (Gold)

• Team medal: 2nd (Silver)Eastern Cape

SA20 Cricket Final

Paarl Boys’ High vs Paarl Gimnasium 1st XI in the final of SA20 cricket.

Paarl Boys’ High won the toss and batted first.

• Paarl Boys’ High made 145/7 in 20 overs.

• Brent Goosen 41

• Marco Cato 26

• Pieter Gildenhuys 25

• Paarl Gimnasium made 136 all out.

• AB Jacobs 4 overs 4/13

• Ra-eez Isaacs 4 overs 3/24

• Pieter Gildenhuys 4 overs 2/30

Paarl Boys’ High won by 9 runs.

Brent Goosen (Hoofseun) en Bernhard du Toit (Onderhoofseun)
Felix Beukes Dux Silver medal
Mike Wang Cultural Achiever of the Year
Ruan van der Merwe Entrepreneur of the Year
Gerhard van der Merwe Sportman of the Year
Thomas Dunkley Dux Gold medal
Alwyn van Jaarsveld

LA ROCHELLE GIRLS’ HIGH SCHOOL

Akademiese Prysuitdeling

Nina Scheepers (v/c) en Kiera-Lee Abrahams (c) Die spanskild
Nina Scheepers
Beste Prestasie in beide Akademie en Sport
Jade Atkins Sports Woman of the Year
Katharine Malan Most Versatile Sports Woman
Kelsey van Sitters
Elsa Klompje Floating Trophy, The Heléne Loubser medal
Nalene Visser Die Abbigail le Riche Trofee
Lea Prinsloo Louise Smit Wisseltrofee
Erin Meyer Lizette Rabe Prize, Culture Woman of the Year, Highest Achievement in Academics and Culture, Joubert-Neethling, Highest Marks achieved in Life Sciences and Physical Sciences

HOËRSKOOL SWARTLAND

Hoflikheid Ninke-Maré Knoetzen en CJ van Aarde
Anike van der Merwe Dux-leerder, Gr. 12: 1ste klasposisie.
De Wet Visser Veelsydigste bydrae tot kultuur
Driaan Bosman Beste prestasie in ‘n nie-skool sport: Skopboks
Kailen Kotze Veelsydigste Sportman
Thomas van Wyk Lojaliteit- en diensbaarheidskild
Riané Ligthart Veelsydigste Sportvrou
Lize-Mari Batt Veelsydigste Sportvrou
Top 3 Jani Steyn, Anike van der Merwe en Jana Steyn.

SA Gym Games

LAERSKOOL HUGO RUST

WOWspelkompetisie

Cape Town City Ballet

Elba Robbetse het ons baie trots gemaak by die SA Gym Games. Sy verower 1 goue- en 1 bronsmedalje en eindig algeheel 4de in SA in haar vlak en ouderdom.

Baie geluk aan ons skool se eie spel “boffin”! Erin Joseph het aan die nasionale WOW-spelkompetisie deelgeneem en eindig 17de in die land!

PVE Prestige Gala-aand

Lua Malan is gekies om saam met “Cape Town City Ballet” te dans in “The Nutctacker” wat in Desember in Artscape opgevoer word.

Ons kultuur kook! By die PVE Prestige Gala-aand is van ons leerders aangewys as kategoriewenners.

Skopbokskryt

Mnr Waldo Erasmus, Luke Basson en Rubert Robbetse toon hulle staal in die skopbokskryt en kry al drie plek in die Wes-Kaapspan.

Hoe om te bestel:

1. Skandeer die kode wat `n WhatsApp-skakel sal oopmaak of stuur “Hugo Rust” na 076 180 0878.

2. Kies jou pakket volgens jou kind se graad en kies meer as een vir die aantal kinders wat u in die skool het.

3. Voer besonderhede in: Verskaf jou kind/kinders se naam, van en graad soos gevra.

4. Back-a-Buddy: U het die geleenheid om `n bydrae te lewer om skryfbehoeftes namens `n leerling te borg. Sleutel die bedrag in wat u wil borg of slaan hierdie stap oor.

5. Gaan voort na betaling:

• Kies jou betaalmetode (bv. kaartbetaling of EFT)

• Indien jy met ‘n kaart betaal, voer jou kaartnommer, vervaldatum en CVV in.

Mnr Waldo Erasmus, Luke Basson en Rubert Robbetse.
Voor: Zeah Bekeur, Gerdi Visser en Chrisaan Visser. Middel: Daniel Coleman, Wihan Besselaar. Agter: Lumé Anderson
Skandeer die QR kode en lees nog van ons skool se nuus aanlyn!
SCAN TO ORDER
With Kouki

HUGENOTE LAERSKOOL

Akademie Top 10

Hugenote Laerskool is bevoorreg om veelsydige leerders te hê wat op talle terreine deelneem, presteer en die skool se naam hoog hou. Hierdie leerders het die vrugte van hul harde werk en deursettingsvermoë op akademiese vlak gepluk. Hul puik akademiese prestasies in die derde kwartaal getuig daarvan!

Grade
Grade

UPCOMING SPORT

fixtures

HUGENOTE HOËRSKOOL

Henré

LAERSKOOL GERICKE

Tennis

Die volgende leerders het vir die Kavaliers Platteland-tennisspan aan die Inter-distrikte toernooi deelgeneem en die volgende medaljes ontvang:

• Nina du Toit (o.12): Goud

• Nicholas Hand (o.12): Goud

• Mienka du Toit (o.11): Silwer

Gholf

Baie geluk aan Wiehan en Marko Swart (beide gr. 5) wat aan die Pearl Valley Junior Academy se klubkampioenskappe deelgeneem het. Wiehan wen sy afdeling met ‘n uitmuntende 38 houe en Marko volg kort op sy hakke en eindig tweede met 41 houe.

Stockrods

Janu Groenewald het Saterdag, 26 Oktober, aan die eerste wedren van die Cape Hell Drivers se nuwe seisoen deelgeneem. Hy het derde in die Junior Stockrods afdeling gekom.

Tweekamp

Op 19 Oktober was dit die tweede Boland Tweekampbyeenkoms in Wellington by Hoërskool Hugenote. Alhoewel Sion Nieuwenhuis, Ankia Slabbert, Irma-Ann Orffer en Adanje du Plessis nou maar eers in gr. 2 is, het hulle almal in die o. 11-afdeling deelgeneem.

Irma-Ann eindig algeheel vierde met 2029,36 punte. Ankia eindig met 1997,05 punte, Adanje met 1977,98 punte en Sion met 1814.54 punte.

Swem

Vier van ons leerders het aan die 43ste Freda Barnard-swemgala in Oudtshoorn deelgeneem. Eben de Jager, Zak Burmeister en Isabella de Jager het in al hulle items hul persoonlike tye verbeter. Eben het in beide die 100m en 200m Borsslag ‘n vlak 3-tyd geswem.

Isabella het ook 2 silwer medaljes vir die 100m Vlinderslag en die 200m Borsslag verower. Ellen Faul het 3 goue medaljes vir die 50m Vryslag, 50m Vlinderslag asook die 100m Vlinderslag verower. Sy het ook ‘n brons medalje in die 400m Vryslag verower.

Angelo Julius - 1ste Graadposisie 83, 5%, Akademiese ereklere en DuxLeerder Veelsydigheid

HOËRSKOOL VREDENBURG

Toppresteerders 2025

Baie geluk aan die volgende leerders vir hul harde werk. Ons is baie trots om die belonings wat hulle ontvang het aan te kondig.

Chelsea Collair - 2nd Grade Position & Honorary Colours: 81,4%

Kayla Pretorius - 3de Graadposisie:

Monzay Kearns - Bertus Pienaar wisseltrofee vir die Senior sportdogter van die jaar.

Keanu Moolman - Ernst Hugo wisseltrofee vir die beste Kultuurprestasie Gr 12 & VHS wisseltrofee vir die Beste Senior Redenaar.

Nalanie Bekker - Holmes trust wisseltrofee vir die Beste dogters veldatleet.

Steven Bowles - Gerrit Agenbag wisseltrofee beste Wisk prestasie: Gr 12 & Gerhard Schoonees wisseltrofee: Beste Fisiese Wetenskappe prestasie Gr. 12

Sonet de Jager - Ansie Laubscher wisseltrofee vir die Beste kultuurprestasie deur enige leerder.

LAERSKOOL VREDENBURG

Wes-Boland Eisteddfod

Wes-Boland Eisteddfod algehele pryswenners in verskeie katogorieë:

Wenners Gedramatiseerde Spreekkoor, Gr. 6 en 7

Ryan Lategan - Theartgesin wisseltrofee: Beste prestasie in Inligtingstegnologie: Gr 12.

Lathitha Nyhila - Vredenburg Motors floating trophy for Cheerleader of the year.

-

Astroquiz

Laerskool Vredenburg Astroquiz spanne het ‘n eerste (dogters) en tweede (seuns) plek in die Wes-Kaap behaal. Die dogters het ook aan die nasionale kompetisie deelgeneem en het ‘n algehele 5de plek in die land behaal! Die leerders se name is Daniela Dixon, Lunathi Mhlamanzana, Taryn-Faith Fraser, Skyler Adams (dogters span) en Zander Boonzaaier, Divan Paulissen, Bradley Boys en Kaleb Pienaar.

Grinea Griffiths
Snyman floating trophy for the highest mark in English HL
Zaschia Hendricks - D&M von Zeuner floating trophy: Best achievement in History: Gr 12 .
Athi Dungani & Kiran Toesie - Shares the VHS floating trophy for the Best Senior Boys Hockey Player of the year.
Anne- Bell Ellman & Shakier Kariem
- Deel die Pikkie Oosthuizen Wisseltrofee: Beste binnesport prestasie deur `n graad 12 leerder
Voor: Danelle Kotze, Allan Olwagen. 2de ry: Monja Boonzaaier, Ansunet Pienaar, Mia Joseph, Mia Engelbrecht. 3de ry: Bonny Mitchells, Evert van Eck, Tailoh Florentino, Jano Mouton, Reyn Isaacs. Agter: Jana Olivier, Angie Mabutla, Ziaan Traut, Anne van der Merwe en Elma du Toit.
Voor: Kyme Leigh Cupido, Jean- Louis Steenkamp, Emily le Guma, Micah van Blerk. 2de ry: Nelia Venter, Tayeghen Mason, Aromay Scheepers, Luan du Toit. Agter: Emily van Niekerk, Praygon Kotze, Joy de Wee en Tayreeq Vercuil. Afwesig: Malan Nelson.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook