Skip to main content

Vrye Weekblad, April 12–18 1991, pp20–21

Page 1


Julleherroep nOll die wette - maar kan julie my lewe

VYFEN TWINTIG JAAR GELEDE ISDIELEWEVAN 'N TIENJARIGE MEISIE VIR EWIG GERUlNEER DEUR DIE

RASSEKLASSIFIKASIE VAN APARTHEID. SANDRA LAING IS GEBORE As DIE "WIT" KIND VAN 'N GESIENE OOSTRANSVAALSE EGPAAR. MAAROP LAER SKOOL HEToHAAR KLASMAATSSE OOORS BEGIN KLAOOR HAAR "KROESERIGE" HARE EN "BRUIN" VEL. INDIE EERSTE VAN 'N ABSURDE REEKS "HERKLASSIFIKASIE" HET DIE OWERHEID HAAR TOT "KLEURLING" VERKLAAR. DIE POLISIE RET HAAR UITDIE SKOOL KOMHAAL- EN DAARMEE .. '-Co HET 'N LEEFTYD VAN RONDSWERF BEGINWAARIN SY VANDIEEEN "KLEURGROEP" NADIEANDERVERPLAASIS-

SONDER OM UITEINDELIK IEWERS IN TE VANDAG IS SY 'N EENSAAM, HARTSEER VROU. DIE AFSKAFFING VAN

RASSEKLASSIFIKASIE BRING VIR HAAR GEEN TROOS NIE, RET SY AAN ADRIAAN WASSENAAR VERTEL. VryeWeeIdIIad. 12-18 APRIL 1991

SANDRAAS 1().JARlGE MEISIE BYHMR PAr ABRAHAM lAING.
JANNIE DEWET

/

VirSandra Laing het die dood van apartheid 25 jaar telaat gekom, 'n hele leeftyd te laat, Te laat am weer tot die steeds bevoorregte wit gemeenskap toegelaat te word.Syisvir ewig gedoem tot 'nsmartlike lewe van armoede enverstotenheid.

Haar verhaal is seker diemees aangrypende tragedie inons landse bose stelsel van rasseklasslfikasie. Die apartheiderfenis waarmee sytot haar sterfdag sal saamleef, isdie skemerwereld van die uitgeworpene - nie"Blank"nie,nie "Nie-Blank"nie,selfseintlik nieeens "Kleurling"nie.

SandraLaing het 25jaar gelede as onskuldige kind indie wereldfokus beland weensdie wrede rasseklassifikasie wat nougeskrap word. As dogtervan'n gegoede Oos-Transvaalse blanke egpaar issyby geboorte in 1966 as"blank"geregistreer. Elfjaar later issy herklassflseer tot"Kleurling"enin 1967issy weer "blank" geher-herklassifiseer

Ditwas nog nie die eindevandie wipplankryery nie.Jare later, toe syin1976mondig geword het,issy weer tot "Kleurling" g·eher-her-herklassifiseer. Die keer op eieversoek.

Haar verdriet het begin toe 'n skoolhoof op PietRetiefhaar in1966uitsy skool geskop het omdat sommige ouers nie haar teenwoordigheid kon duld nie, Die meisietjie se enigste sonde was haar sagte, effens kroeserige hare en haar mooi koffiekleurige vel.

Ditwas 'n internasionale skandaal en TV-spanne en joernaIisteuitaile werelddele het toegesak op Panbult, naby Piet Retief. Haar pa,AbrahamLaing, het twee winkels indie omgewing besit. Hy hetdie een bestuur en sy vrou die ander. Sandra het twee broers -albei "blank" geregistreer. Sy onthou vandag nogaldie joernaliste en fotograwe: "Ekhet myma dikwels gevra waaromdie mense foto's vanmykom neem.Sy het altyd netgesedis omdat myvel bruin is. "Eendag het ek haar gevra waarom my velbruinis en hare wit.Sy het niks gese nie.Ekweet tot vandag nogniewat verkeerd geloop het nle.Sy het nooit verduidelik nie enmy pahet niks daaroor gepraatnie. Hy het altyd volgehou dat hyen niemand anders niemypais."

Sandra (gedoop Susanna Margrietha) isin'n blanke hospitaal gebore,isas "blank" geregistreer en is ook in 'n blanke kerk gedoop. Syisin1962by'n blanke skool ingeskryf en haar lewewas taamlik normaal- totdat ander kinders seouersin 1964 begin kla het oorhaar teenwoordigheid. Hulle het gese syisnie blank nie, Op2 Februarie 1966,kort na haar ticnde verjaardag, ishaar hele wereld plotseling deur die genadelose pen van apartheid verwoes toe syvan"blank" geherklassifiseer istot "Kleurling".'n Maand laterissy uit die blanke laer skool geskop waar sy vier van haar gelukkigste jare deurgebring het.

Sykan tot vandag toenie daardie dag vergeet toedie polisiemanne inuniformbyhaar klaskamer opdaag nie: "Hulle het gese ek moetmethulle saamkom enonsisnamy kamerin die koshuis. Diejuffrou het saamgeloop. Hullehet geseek moet my goed pakomdat ek nie langer daar kanbly nie.Die polisiemanne hetmynamy pa se winkel op Panbult gevat.AI wat hulle gesehet,isdat ek moet loop omdat die ouers van die ander kindersoor my gekla het. Omdat ek bruinis en nie wit nle."

Op die aaklige manier is'nklein meisie se wereld van geluk enliefde geoffer op die altaarvan apartheid -enditallesnet oorhaar voorkoms.

Destyds, toe die droewige verhaal wereldkundlg gernaak is, het Abraham Laing' erken dat sommige van die familie skinder dat alles sy vrouse skuld is: "Die vinger word dikwelsnamy vrou gewys, maar ekken haaren ek weet wat omvan haar te verwag. God ismy getuie, ek isdie vader van daardie kind." Hyhet vergeefs daarop gewys dat sy twee seuns dieselfde sagte, kroeserige hare asSandrahet, Maar deur die genade vanGodis hulle so witashul ouers en sonder enige "nieblanke" trekke.

Mediese kenners het destydsmet dokumentasie en bewyse navore gekom en verklaar dat 'n "ander soort kind" deur 'n wrede verdraaiing vangenes gebore kan word uit 'n farnilie watal baie geslagte blankis. ., Nadat Sandra uit die blankeskool geskop is,hetsy twee lee jareby die huis deurgebring. Sy kon nerens gaannie, geen skoolnie, geen maatjiesnie. Bedags het haar pa agter die toonbank van sy winkel opPanbult gestaan en haar ma indie ander winkel op BreretonPark. Die winkels het albei hoofsaaklik op swart klandisie staatgemaak.

Soms het Sandra vir dieplesiersaam met haar pana een van die naburige dorpe gery.Sy onthou nag toe hulle een keer opErmelowas: "Onsis na 'n kafee virietsomteeet. Ons het by'n tafel gaan sit.Toe kom hulle. Hulle se toe Kleurlinge kan nie in die kafee eet nie.Mypahet gese ek is nie 'nKleurlingnie, ek issy dogter. Maar ek moesuitgaan en het buite gewag totdat hyklaar geeet het ..."

Nadat mm Laingvergeefsby verskeie wit skole aangeklop het,het hy uiteindelik daarin geslaag am haar inteskryfby dieSt Dominics-kloosterskool in Noord-NataI. Sy was tot 1971claar-baie gelukkig saam met die nonne en niemand het gespot met haar voorkornsnie.

"Maar sal hulle nou stemdatek blank kan wees soos my familie? Sal hulle stem?"

Nadat sy standerdses behaal het, het haar pa haar sonder verduideliking uitdieskool gehaal en besluit datsytuis verder opgevoed salword. Terwyl haar ouers beclagsindie winkels gewerk het,was sy op haar eie- en sohethaar vriendskap beginmetPetrus Zwane, 'n swartman watvyftien jaar ouer assywas.

Syvertel:"Onshetverlief geraak en mypa was baiekwaad. Hy het gedreig omPetrus dood te skiet ashy aanhou ommy te sien. Ek woohomnie opgee nie en Petrushetgese ons moet padgee. Ekhet'n koffer gepak en weggeloop sonder am my ouers tegroet."

Die voIgende klompie jare het sy saarn met Petrus rondgeswerf, meestal inOos-Transvaal. Hulle het inswart buurte en dorpe gewoon. In die tydhetsy die lewe geskenk aantwee kinders, Henry, nou19,en Elsie, 18.

In een stadium wassy aileen met die kinders,dakloos en sonder enige inkomste.Dit was bitter dae en symoes bedelom slaapplek. Dielaaste uitweg was om haar kindersaandie Welsyn te gee.Sedertdienis hulle aangeneem.

I In 1982 het sy Johannes Mathauny ontmoet, metwiesy nou saamleef en bywiesydrie kinders het, Prince, II, Anthony, 8, en Steve, 3.

Haar blyplek is'n verwaarloosde huisie vanrooi baksteen naby Johannesburg in'n gebied wat, ironies genoeg,die naam Witbok dra. Dissona aan armoede askankom: 'n voorkamer, 'naukombuis en twee slaapkamers, allesmet net die basiese meubelstukkies. Ons het vir haargaankuier. Sandra, nou op35 jaar'n gesette vrou, maak die voordeur oop. Sydra 'n geel toeknoop-rok. Haar jongste, Steve,klou aan haar been. Disrnlddag, etenstyd. Verskonend se syclatsy gele het,niksandersom te doen nie.

Skaam, maar vriendeliknooi sy ons in.In die voorkameris daar net die skrapse panelite-tafeltjie en twee kombuisstoele. 'n Paar rosein 'n konfytbottel geebietjieIdeur. Haaf gesig isgrooten oop en altyd isdaar net 'nhuiwering van 'n glimlag, maar sy is teruggetrokke en ongeleerd, praat min, se weinig. Metstampe en stote antwoord sydie vrae. Baie opvallend is'nsilwer knopie aan die kant vanhaarneus soos Hindu-vroue dit dca. Sy raak gedurig daaraan, draaidit rond in haar vingers.

Dan vertel syclatsynog nooit weer haar gesinsmense gesien het sedert sy in1971met Petrus weggeloop het nie.

"Ek se nie <Jis hulle skuld nie.Dis seker als my skuld,want ek het weggeloop, sonder om te groet. Disiets waaroor ek vandag baie jammeris.Ek weet ek moes dit nooit gedoen het nie. My lewe'sou baie beter gewees het.

"Tot !Weejaargeledehet ek nog myma gebeI enaanhaar geskryf - maar ek hoor sy is nou weg vanAmsterdam,waar sy na my pa sedoodgaan bly het.

"Teen die einde van 1989is ek na Amsterdam omhaarte soek. Ek het nog'nantieen 'n niggie claar. Hulleisblankes

en ek hetmet hulle gepraat. Hulle was baie vriendelik, maar hulle kon myniemy ma se nuwe adres gee nie.Ekweet nou nie waar omte soek na haar en my broers nie. "Hulle hetmyverteldat my pa dievorigejaardoodis.Ek het eers 'n jaarlatervan sy dood gehoor, Niemand het myeens laat weet nie, Ekvoel baie hartseer datek nie by sy begrafnis was nle."

Kort nadat syAmsterdam besoek het,hetsy'nbriefvan haar rna gekry -en ook 'n geskenk van R2500kontant. Sandra se haarfainilie het haar nooit gesehullewi!niks met haar tedoen he nie. Sy glo nie hulle het haar verwerpnie. Sy dink hulleisnoglief vir haar en geeom,maarsy weet nie. Deur diejare heen het hulle net verder en verder uitrnekaar gegaanen vandag is daar geen kontak meernie. Waar staansy vandag wat die stelsel vanrasseklassiflkasle .a •. betref?

Sy onthou: "EkisPretoria toe om 'n ID-boekie as'n blanke te kry wantmygeboortesertifikaat se ekisblank.Die mense in Pretoria wounie. Hulle het gese ek het twee kinders, Henry en Elsie, watas Kleurlinge geregistreer is.Hulle het gese: 'Hoe kanjyblank wi! wees?As jy 'n blanke IDwil he, moet jy jou Kleurlingkinders prysgee. Hullemoet deur Kleurlinge aangeneem word en dan kan jy 'nblankeIDkry.' "Ek het gesenooitnie. Ek het gese eksalniemy kinders weggee nie.

"Hulle hetaanmypa geskryf en sy verlofgevrasodatektot Kleurling geherklassifiseer kan word. Hy wou nie permissie gee nie.Toe se hulleek moet wag totek21isendan weer terugkom. ; "Toe ek 21word,isek weer terug. Hullehet'nman van I Kaapstad gebel en hy het verlof gegee dat ekweer geklas- I I sifiseer kanwordtot kode 01, Kaapse Kleurling.Ekhet my , nuwe IDin1982gekry. My vyf kinders dra almalmynaam,. ,I Laing,enalmalisas Kleurlinge geregistreer."

Sy se syhetopTV gehoor daar is veranderinge in Suid-Afrlka, j dat klassifikasieietsvan die verlede is. "

"Maar salhullenoustem dat ek blank kan weessoos my familie?Salhulle stem?"-- /- I Hoe voelsyin haar hart oar wie en watsyis? .;1

Sy huiwer, dinkoor die vraag, en probeer danin woorde 4 omsit hoesyvoel: ,

"Ek weet nie,Ekweet nie. Ekvatditnou maar sodatek'n f Kleurling is.Oitiswat hulle my verte! het,ditiswathullemy laat glo het.

"Ek sien myvelisbruin en daarom se hulle ek is'nKleurling. Maar ek weet ook mypa was blank en my rnaisblank.Ek weet dan nie hoekom ek Kleurling moet wees nie."

Sy probeer nooitmeer dink oor wat aan haar gedoen is toe sy'nkindwasnie,

"Ek glo alleswat gebeur het, was die skuld vandie blankes. Hulle hetditaanmy gedoen, hulle het my lewe verander toe ek nog kleinwas-net so as om jou vingersteIdap, net so. Hulle en dieregering het gemaak dat ek my paenmyrna en my broers gelosheten as hulle nie dit gedoen hetnie, sou ek nog bymy mense gewees het en sou ek 'nbeterlewe gehad het.

"Maar ekdraniehaatin my rond nie.Disalsietsvan die verlede, toeekkleinwas en toe ek nooitregtig geweet het wat met my gebeur nle,

"Ek gee vandagniemeer am nie. Toe ek klein was,wou ek ook blank wees,regtig blank soos my pa en mymaen my broers. Toewasdit belangrik virmy. r-:'

"Ek wou ookgehadhet dat die mensevan my moethou.Nou gee ek nieomnie.Ek gee nie om of ek blank ofKleurling is nie. Ekisreg soos ek is. Ek het my oorgegee aanmylot en ek probeer gelukkig wees.

"Ek probeer daardiedinge 'ultblok'. Dink nie daaroornie.Ek het geen foto'svan myself of van myfamilieofvanmy jongdae nie.

Af en toedink ek terug- en dan is daar die bitterheid. 'Dan is my hartseeren dan hull ek, maar ek hui! wanneer ek aileen is en ek huil wanneer ek na myrnaverlang.Ekwensek kon met haar praat. As eknet een wens kan kry, isditom weer by haar tewees,om haar weer tesien."

Haar groot,bruinoeis vol trane.

"Daar ishartseerinmy hart, hartseer omdat ekniemeermy familie hetnie, ek sien hulle nie, ek hoor niksvanhullenie. Hulle komooknienamy toe nie.Ekis baie liefvirmyrna en ek mishaar. Ek wil ook my twee broers sien -wanthulle het ek laasgesientoehulle nog klein as.Eksalhullenie meer ken nie."

Soos 'n kindwatop'n wonderwerk wag,pleitsy:"Kan jy help? Kan jy hullevertel? Kan jyvirhulle se datmyhart seer is en dat ditmy doodmaak? Ek kan netniealhierdiedinge verstaan nie.

"Kan fl-r?"

'( ,,' Sy vee dietranemetdie agterkant van haar handaf.Die emosie raaktevee!ensy draai skaam weg,laathaarkop op haar armssak.Dan haar hele lyfvansmart en eensaamheid Die k100 beangs aan haarrok. Buite op diehoofpadjaag die groot trokke verbydiehuisie met sy tuin:ruig,vollang gras en 'n enkele foosboom,rooi in die blom.

Nee,Sandra,ek verstaan oak nie.Wiesal ooit kanverstaan? - UJj) it Vrye WlI8IdIIsI. 12-18APRIL1991

SANDRA EN STEVE, 3

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Vrye Weekblad, April 12–18 1991, pp20–21 by SundayTimesZA - Issuu