Skip to main content

Titus Andronicus - Breyten Breytenbach

Page 1

Tlic

Lib

Univcrsitv f thc Witwatcrsrand Johanncsburg


O £>

«


TITUS ANDRONICUS Vertaal deur Breyten B reytenbach

1970 BUREN-UITGEWERS KAAPSTAD


e>cus1 9 7 0

BUREN-UITGEWERS ALLE

GESET,

REGTE

GEDRUK

KEARTLAND

(EDMS)

BPK

VOORBEHOU EN

PRESS

GEBIND (EDMS)

DEUR BPK


die vertaling is opgedra aan D ottori B ill D odd


PERSONELYS

Oudste seun van die oorlede keiser van Rome, later selfkeiser. Saturninus se broer Bassianus 'n Romeinse edelman en veldheer Titus A ndronicus M arcus A ndronicus volkstribuun, Titus se broer Titus Andronicus se seuns Lucius Q uintus M artius M utius yn Knaap, seun van Lucius Jo n g Lucius Marcus Andronicus se seun Publius bloedverwante van Titus Sem pronius Caieus Valentinus yn Romeinse edelman Emilius Tamora se seuns Alarbus D em etrius C hiron A ron yn M oor, beniin deur Tamora ’n K aptein, ’n T ribuun, ’n B oodskapper, ’n N ar, R om eine en G ote T am ora Koningin van die Gote Titus Andronicus se dogter Lavinia K inderoppasster en ’n Sw art K ind Titus se verw ante, Senatore, V olksverteenw oordigers, Oífisiere, Soldate en G evolg Die Toneel: Rome en die nabye omstreke. Saturninus


Eerste Bedryf

TONEELI

’n Plein in Rome voor die Kapitool. 'n Balkon bo die plein met daaragter 'n venster waardeur ons die Senaat, in sitting in 'n bo-kamer van die kapitool, kan sien. Saturninus en sy volgelinge marsjeer op van die een kant; Bassianus en sy volgelinge van die oorkant; met dromme en trompette. SATURNINUS

G rootm oedige patrisiërs, beskerm ers van m y reg, Verdedig die geregtigheid van m y saak m et w apens; En julle, landgenote, w at m y uit liefde ondersteun, Bepleit m y opvolgingsreg m et julle swaarde: Ek is die eersgebore seun van die m an W at R o m e se keiserskroon gedra het; Laat die eer van m y vader dan in m y voortleef, En veronreg nie m y aanspraak m et vernedering en smaad. BASSIANUS

R om eine, vriende, volgelinge, bevorderaars van m y reg, As Bassianus - Cesar se seun O o it byval gevind het in die oë van koninklike R o m e, Versper dan die w eg na die K apitool En hou die skande ver Van hierdie keiserlike setel, gew y aan deug, Aan geregtigheid, kuisheid, edelm oedigheid; M aar laat ’n suiwer verkiesing verdienste bestraal, En, R om eine, veg vir vryheid in ju l keuse. Marcus Andronicus, met ’n kroon in sy hande, stap vorentoe op die Balkon. MARCUS

Prinse, julle w at so ambisieus deur patrisiër-kliek En vriende streef na keiserskap en heerskappy, Die volk van R o m e - vir hulle is ons ’n Spesiale party - het m et gem eenskaplike stem 7


In verkiesing vir die R om einse troon, A ndronicus - bygenaam d Pius, uit erkentlikheid V ir w at hy vir R o m e gedoen het - aangewys. ’n G rootser mens as hy, ’n dapperder krygsm an, Leef daar nie vandag binne die stad se m ure nie. H et hy bebloed na R o m e teruggekeer m et sy dapper seuns ’n Sterk nasie, afgerig in die vegkuns, die ju k kon oplê, W o rd nou deur die Senaat huis toe ontbied, T erug van slopende oorloë teen die barbaarse Goot. Tien lange jare is verby sedert hy H ierdie skild vir R o m e opgeneem het en ons vyande Se trots m et die swaard kon tu g tig : v y f maal H et hy bebloed na R o m e teruggekeer m et sy dapper seuns In doodkiste van die veld, om op dieselfde dag nog By die A ndronici se m onum ent Boete te doen, en die reinste gevange G oot As soenoífer te dood. N o u oplaas kom die goeie A ndronicus na R o m e Belaai m et sy verdiende b u it; Gevierde Titus, w eelderig in wapens. Ons smeek julle - in eerbied vir die naam Van h o m op wie se troon julle wil sit En uit respek vir die gesag van die K apitool En Senaat deur julle ondersteun en aangehang: O n ttrek ju lself en m atig ju lle m agsvertoon, Laat julle volgelinge gaan, en bepleit dan julle m eriete In vrede en in nederigheid soos dit aanspraakmakers betaam . SATURNINUS

H oe reguit praat die tribuun om m y ontsteltenis te kalm eer! BASSIANUS

M arcus A ndronicus, ek vertrou Jo u opregtheid en jo u onkreukbaarheid só, En so m in en eer ek jo u en jo u n e Jo u edele broer Titus en sy seuns, En haar v oor w ie al m y gedagtes in ootm oed gaan lê : D ie onbevange Lavinia, R o m e se ryk tooisel D at ek hier m y getroue vriende sal ontslaan En vo o r m y fortuin en die guns van die volk M y saak sal lê, dat dit gew eeg en beoordeel m ag w ord. 8


Bassianus se volgelinge af. SATURNINUS

Vriende, w ie hier m y aanspraak w o u voorstáán, Ek dank julle almal en laat ju l alm al gaan, En aan die liefde en begunstiging van m y land V ertrou ek m y, m y saak en m y persoon. Saturninus se volgelinge a f R om e, wees net so genadig en geregtig vir m y Soos ek getrou en liefdevol is jeens jo u . M aak die hekke oop en laat m y in. BASSIANUS

Tribune, en vir m y, ’n arm e m ededinger. Hulle gaan die Senaat binne. 'n Kaptein op KAPTEIN

R om eine, staan o p sy ! die goeie Andronicus, D eugsaam heid se skutsheer, R o m e se beste kam pvegter M et sukses bekroon in sy veldslae, M et eer en ry k d o m oorlaai - is terug Van daar w aar hy die vyande van R o m e M et die swaard om skryf, op die knieë kon dw ing. Die geskal van trompette en getrommel van dromme en in 'n optog kom binne: Mutius en Martius gevolg deur twee soldate wat ’n lykekis gedrapeer in swart, tussen hulle dra; dan Quintus en Lucius; dan Titus Andronicus met agter hom sy gevangenes - Tamora, die Koningin van die Gote; haar seuns Alarbus, Chiron en Demetrius: Aron die Moor en ander. Die soldate sit die kis neer, en Titus praat. TITUS

Heil, R o m e, seëvierend in jo u rouklere! K yk, soos ’n skuit w at haar lading afgelaai het M et ’n kosbare vrag terugvaar na die tuisbaai W aar sy éérs haar ankers gelig het, So k om Andronicus, gebind m et louriertakkies, O m sy land m et trane te begroet Trane van opregte vreugde oo r sy tuiskom s in R o m e. Laat die plegtighede w at ons beoog U geval, O grootse Jupiter, beskerm heer van hierdie K apitool. R om eine, van v y f-en-tw intig onversaagde seuns Helfte van die getal w at koning Priam os had 9


Aanskou m y arm e oorskot, lew ende en dood. Laat R o m e hierdie oorlew endes m et liefde vergoed. En aan hulle w at ek na ’n laaste tuiste bring, G un hulle ’n begrafnis by hul voorvaders. H ier laat die G ote m y toe om m y swaard w eer te skeed. Titus, hardehart en onverskillig m et jo u eie W aarom gedoog jy dat jo u seuns nog onbegraaf Fladder oor die aaklige oew er van Styx? M aak oop dat ons hul by hul broers kan lê. Hulle maak die grajkelder oop. G roet elkaar daar in stilte, soos die dooies dit doen, En slaap in vrede, gesneuwel in julle vaderland se stryd. O heilige bew aarplek van m y vreugdes, Soet sel van kuisheid en dit w at edel is, H oe baie van m y seuns lê daar in jo u gestoor En nooit sal ek uit jo u w eer iets van hul hoor! LUCIANUS

Gee vir ons die trotsste prisonier onder die Gote D at ons sy ly f uitm ekaar kan kap, en op ’n stapel Sy vlees aan die skim m e van oris broers offer V oor hierdie aardse tro n k vir hulle gebeentes Sodat die geeste nie onversoend m ag wees En ons op aarde nie gepla w o rd deur onheil se spel. TITUS

H ó m gee ek vir julle: die mees edele oorlew ende, H ierdie vreesbevange koningin se eersteling. TAMORA

W ag, R om einse broers! Genadige oorw innaar, Seëvierende Titus, betreur tog hierdie trane w at ek huil M oedertrane van liefde en verdriet vir haar seun; En as jo u seuris ooit vir jo u dierbaar was, B egryp dan dat m yne net so dierbaar is vir my. Is dit nie genoeg dat jy ons na R o m e bring O m jo u triom ftog op te sm uk; ons hier jo u gevangenes is G eknak onder jo u R om einse ju k ; M aar m oet m y seuns hier op straat geslag w ord V ir heldedade verrig ter wille van hul land? Ag, as jo u seuns uit piëteit kon veg V ir koning en welsyn, so ook m yne. io


Andronicus, besoedel nie jo u fam iliegraf m et bloed. W il jy nie na die gode aard nie? W o rd tog soos die gode in jo u ontferm ing. Soete barm hartigheid is die w are kenteken van adel; Driem aal edele Titus, ontsien m y eersgebore seun! TITUS

M oet jo u nie so ontstel nie, m adam e, en vergew e m y. Dis hul broers hier w at jo u G ote lew end en dood D u rf aanskou het, en vir hul verm oorde bloedverw ante Vra hulle nou godsdienstig ’n oíferande. H iérvoor is jo u seun aangewys, en hy sal sterf O m die heengeganes se kreunende geeste te paai. LUCIANUS

Vat h o m w eg! M aak dadelik ’n vuur En laat ons h o m op die stapel m et ons swaarde Aanstukke k erf to t hy heeltem al vernietig is. Titus se seuns sleep Alarbus af. TAMORA

O w rede, goddelose v ro o m h e id ! CHIRON

W as Skithië ooit h alf so barbaars! DEMETRIUS

Stel Skithië nie teenoor ambisieuse R o m e nie. Alarbus gaan nou rus, en ons bly oor O m hier onder Titus se dreigende oë te beef. D aarom , m oeder, m ag jy nie swig, m aar vertrou bow endien D at daardie selfde gode w at die koningin van T roje Voorsien het van die geleentheid to t w raak O p die Thraciese tiran in sy tent O o k T am ora, koningin van die Gote, m ag begunstig (Toe G ote nog G ote was en T am ora koningin) D at sy haar vyande se bloedvrot onregte uit m ag wis. Andronicus se seuns kom weer binne met hul swaarde vol bloed. LUCIANUS

K yk, heer en vader, hoe ons ons R om einse plegtighede verrig h e t: Alarbus se litte is gesnoei En sy gederm tes stook die offervuur Sodat die rook soos w ierook die lug lekker laat ruik. N o u m oet ons nog net ons broers begraw e ii


En hul m et luide trom petgeskal in R o m e verw elkom . TITUS

Laat dit so geskied; en laat Andronicus H ierm ee vir oulaas van hul siele afskeid neem. Trompette word geblaas en die kis word in die graf neergelaat. In eer en vrede rus julle hier, m y seuns; R o m e se vlugste voorvegters - m ag julle rustig hier rus, Veilig van wêreldse giere en ongelukke. H ier lê geen verraad op loer, hier broei geen nyd, H ier groei geen giftige gewasse, is daar geen storms, Geen geraas, m aar stilte en ew ignagtelike slaap. Lcwinia op. In eer en vrede rus julle hier, m y seuns. LA V IN IA

In eer en vrede, lank lewe heer Titus! M y edele heer en vader, lewe in roem . Kyk, in hierdie g ra f stort ek Die skatpligtige trane vir m y broers se lykdiens; En aan u voete kniel ek, m et trane van vreugde Gestort op die grond vir u tuiskom s in R om e. O , seën m y hier m et daardie onoortroffe hand W aarvan R o m e se beste burgers die voorspoed prys. TITUS

G oedhartige R o m e w at so liefdevol die troos Van m y oudag opgepas het, om m y hart bly te maak. Lavinia, leef! oorleef al jo u vader se dae En roem se allerlaaste dag, vir die lo f van kuisheid. Marcus Andronicus, Saturninus, Bassianus en ander op bo. MARCUS

Lank lewe die heer Titus, m y geliefde broer, Genadige o orw innaar in die oë van R o m e ! TITUS

Dankie, troue T ribuun, m y edele broer Marcus. MARCUS

En w elkom , m y broer se seuns, terug van suksesvolle oorloë, Julle w at nog leef, en julle w at reeds so roem ryk slaap. R egverdige here, julle w at ju l swaarde vir die land G etrek het stuur almal af op dieselfde bestem m ing, M aar ’n veiliger trio m f is hierdie begrafnispraal 12


Vir hulle w at Solon se geluk* nagestreef het En triom feer oor toeval in die bed van eer. Titus A ndronicus, die volk van R o m e W ie se vriend in geregtigheid jy nog altyd was, Stuur saam m et m y, hul tribuun en vertroueling, Hierdie toga so w it en vlekloos van kleur, En benoem jo u in verkiesing vir die ryk Saam m et ons oorlede keiser se seuns ook hier; Wees dan kandidaat en trek die w it kleed aan En help ons ’n h o o f vir onthoofde R o m e vind. TITUS

’n Beter kop sal op haar glansryke liggaam pas As hierdie w at skom m el van leefskim m el en lam lendigheid. Vir w at sal ek die toga dra, en julle pla? O m vandag verkies en uitgeroep te w ord, M óre die tro o n op te sê, m y lewe a f te skryf En te gaan waag op nuw e ondernem ings vir julle? R o m e, ek was veertig jaar lank jo u soldaat En het m y land se m agte m et sukses aangevoer En een-en-tw intig onverskrokke seuns begraaf R idders op die slagveld, m anm oedig in die harnas Gesneuwel vir die reg en in diens van hul eerbare land. Gee m y ’n erestaf vir m y ouderdóm , M aar geen septer om oor die w êreld te heers; H y wie dit laas had, here, het dit régop gehou. MARCUS

Titus, vra net daarvoor en die ryk is joune. SATURNINUS

Ydele m agsugtige T ribuun, hoe w eet jy dit? TITUS

Geduld, Prins Saturninus. SATURNINUS

R om eine, laat reg geskied: Patrisiërs, trek ju l swaarde, en laat hulle nie rus T o t Saturninus keiser van R o m e is. Andronicus, ek sien jo u eers verskeep na die hel *Toe Croesus gepronk het met sy gelukkigheid, het Solon die opmerking gemaak: ,,Beskou geen man as gelukkig voor hy dood is nie.” (Herodotus 1.32). 13


V oor jy die volk se harte van m y roof! LUCIANUS

V erw aande Saturninus, onderbreker van die goeie W at edelm oedige Titus vir jo u bedoel! tit u s O ntstel jo u nie, Prins; ek sal die volk se harte Aan jo u besorg, en hulle van m y speen. BASSIANUS

A ndronicus, ek vlei jo u nie. M aar eer jo u en sal ook tot ek sterf; As jy m y party m et jo u vriende sterker maak Sal ek baie dankbaar wees, en dank is vir m anne Van grootse karakter ’n eervolle beloning. TITUS

Volk van R o m e, en volksverteenw oordigers alhier, Ek vra julle stem m e en ju l goedkeuring. Sal julle dit in vriendskap aan A ndronicus toesê? VERTEENWOORDIGERS

O m die goeie A ndronicus te behaag En sy veilige tuiskom s in R o m e te felisiteer, Sal die volk die m an w at hy voorstaan, aanvaar. TITUS

T ribune, ek dank julle, en dis dan m y versoek D at julle ons keiser se oudste seun kies H eer Saturninus; sy deugde sal, so hoop ek, O p R o m e skyn soos T itan se strale op aarde, En geregtigheid in hierdie ryk ryp laat w ord. Dus, as julle volgens m y advies wil stem, K roon hom , en sê: Lank lewe ons keiser! MARCUS

M et stem m e en applous van ieder en elk, Patrisiërs en burgers, roep cns H eer Saturninus T o t R o m e se keiser uit En sê: Lank lewe ons Keiser SaturninusJ 'n Langfanfare terwyl Marcus en ander afklim na die verhoog. SATURNINUS

Titus Andronicus, vir jo u gunste aan ons Bewys in ons verkiesing vandag Gee ek jo u dank as gedeelte van w at jo u toekom , 14


En m et dade sal ek jo u sagtheid vergeld. En as begin, Titus, om jo u naam En geëerde familie te bevorder, Gaan ek Lavinia m y koningin m aak R o m e se koninklike meesteres, meesteres van m y hart En in die heilige Pantheon haar eggenoot. Sê m y, Andronicus, geval m y voorstel jo u ? TITUS

Dis goed, m y w aardige heer, en m et die verbintenis W o rd ek hoogs verecr deur u w clw illendhcid; En hier ten aanskoue van R o m e, aan Saturninus K oning en bevelhebber van ons ryk, Keiser van die w ye wêreld, w y ek M y swaard, m y strydw a en m y gevangenes W aardige geskenke vir R o m e se vorstelike heer; N eem ontvangs dan van die hulde w at ek skuld, Die vaandels van m y eer aan u voete neergestryk. SATURNINUS

Dankie, grootse Titus, vader van m y dae. R o m e sal noteer hoe trots ek op jo u En jo u geskenke is, en as ek die kleinste Van die onbeskryflike pryse vergeet, R om eine, vergeet dan ju l trou aan m y. TITUS

Aan Taniora N o u is jy , m adam e, die prisonier van ’n keiser, Van h om w at jo u en jo u volgelinge ter wille Van jo u eer en rang m et eer sal behandel. SATURNINUS

Tersy (’n Fraai vroum ens, so op m y w oord! Van die soort w at ek sou kies as keuse weer aan m y sou behoort). Hardop Laat vaar nou, m ooi koningin, daardie stuurse gesig. A1 het die wisselvallighede van oorlog jo u stem m ing ontstem , Jy het nie na R o m e gekom om m inag te w o rd nie, M aar sal in alle opsigte ’n prinslike behandeling kry. Verlaat jo u op m y w o ord, en laat misnoeë N ie al jo u hoop verpletter nie; m adam e, hy w at jo u troos 15


Kan jo u groter m aak as die koningin van die Gote. Lavinia, m y w oorde hier mishaag jo u nie? LAVINIA

Glad nie, m y heer, siende dat w are sieleadel Hierdie w oorde in vorstelike hoflikheid regverdig. SATURNINUS

Dankie, liewe Lavinia. R om eine, kom . Ons gaan. Sonder losprys laat ons hier ons gevangenes vry; M aak ons roem bekend, m enere, m et tro m en trom pet. Gesketter. Saturninus maak met swyenáe gebare Tamora die hof. BASSIANUS

Gryp Lavinia vas H eer Titus, m et u verlof, hierdie meisie is m yne. TITUS

W at sê jy ? Is jy ernstig, m y heer? BASSIANUS

Ja, edele Titus, en vasbeslote daarby O m self dit w at m y toekom hier op te eis. MARCUS

Aan ’n ieder dit w at syne is - dis ons R om einse R e g : In alle regverdigheid - die prins neem net w at aan ho m behoort. LUCIUS

En so sal dit wees, so lank soos Lucius leef. TITUS

Verraaiers, vort! W aar’s die koning se lyfwagte? Verraad, m y heer! Lavinia is oorw eldig. SATURNINUS

O orw eldig? deur wie? BASSIANUS

D eur m y ! In volle reg D ra ek m y verloofde van die hele w êreld weg. MUTIUS

Broers, help en neem haar w eg hiervandaan, En m et m y swaard sal ek voor die deur bly staan. Marcus, Bassianus, en die broers Lucius, Quintus en Martius omsingel Lavinia terwyl hulle die plein verlaat. TITUS

Volg m y, m y heer; so w ragtig! ek bring haar terug. 16


Saturninus wink vir Tamora opsy en tydens die geveg gaan hulle saam met Aron en haar seuns die kapitool binne. MUTIUS

M y heer, hier k o m u nie verby. TITUS

W at, verderflike deugniet! Staan jy in R o m e in m y pad? Hulle skerm en kap. MUTIUS

Terwyl hy op die planke neersyg. Help, Lucius, h e lp ! Lucius terug. LUCIUS

M y heer, j y ’s onbillik, en m eer as dit nog: In onregverdige twis het jy jo u seun gedood. TITUS

N ó g jy , nóg hy is ’n seun van m y: M y seuns sou m y nooit so beskaam. Verraaier, bring Lavinia na die keiser terug. LUCIUS

D ood, as jy dit so wil, m aar nooit as sy vrou, W ant sy’s ’n ander se w ettig-beloofde geliefde, Die Keiser, vergesel van Tamora en haar twee seuns en Aron die Moor, op bo. SATURNINUS

Nee, Titus, nee; die keiser het haar nie nodig nie; N óg haar, n ó g jo u , o fen ig een v a n jo u geslag. Selfs hy w at m y een keer bespot vertrou ek nie gou Vir jo u nooit, en nooit jo u verraaiende hoogm oedige seuns, Almal bondgenote w at m y so w ou verneder. W as Saturninus dan die enigste in R o m e W at uitgelag moes w ord? Ja, Andronicus, Hierdie verrigtings strook m ooi m et jo u trotse gespog D at ek kwansuis die ryk by jo u moes bedel. TITUS

Dis afgryslik! W atter verw ytende w oorde is dit? SATURNINUS

M aar gaan jo u gang, gaan, gee jo u uitruildogter Aan ho m w at so swierig vir haar geskryf het m et die sw aard ; 17


’n K loekm oedige skoonseun sal hy vir jo u wees, U itgeknip vir relletjies m et jo u bandelose seuns O m w ind te m aak in die vorsteryk van R om e. TITUS

H ierdie w o o rde is skeermesse vir m y gekweste hart. SATURNINUS

D aarom , lieflike T am ora, K oningin van Gote, W at soos die statige Phoebe tussen haar nim fe Die mees gallante R om einse dames verblind, As m y onverw agse keuse jo u welgeval, D an neem ek jo u , T am ora, as bruid vir m y En ek m aak jo u K oningin van R om e. Praat, K oningin van Gote, maak m y keuse jo u bly? En hier sweer ek by al die gode van R o m e N o u d at priester en w yw ater so naby is En waskerse so helder brand, en alles G ereed is vir H ym en die huw eliksgod D at ek R o m e se strate nie w eer sal begroet, N ie sal opklim na m y paleis, voor ek nie M y getroude bruid hiervandaan kan vergesel nie. TAMORA

En hier in die hem el se oë sweer ek voor R o m e : As Saturninus so die koningin van die Gote verhoog Sal sy ’n diensm aagd wees vir sy begeertes, ’n Liefdevolle oppasster, ’n m oeder vir sy jongjare. SATURNINUS

Bestyg, liewe K oningin, die Pantheon. Here, begelei Julle edele keiser en sy skone bruid D eur die hem ele aan Prins Saturninus gestuur; H aar w ysheid het haar lot die onderspit laat delf. D aar sal ons die huw eliksplegtigheid volvoer. Ahnal af, behalwe Titus. TITUS

En ek w o rd nie genooi na hierdie troue nie. Titus, w anneer laas het jy alleen geloop, 18


So vol skande en aangekla van kw aad? Marcus, Lucius,* Quintus en Martius op. MARCUS

Ag, Titus, kyk nou w at het jy gedoen In ’n lelike rusie ’n voorbeeldige seun verm oor. TITUS

Nee, onnosele tribuun, nee; nie m y seun nie; N óg jy , nóg hulle medepligtiges aan die daad w at ons hele familie in skande d o m p e l; Onwaardige broer en onw aardige seuns! LUCIUS

Maar laat ons hom begraw e soos dit h o o rt; Laat Mutius by ons broers begraw e w ord. TITUS

Verraaiers! Gee pad! In hierdie g ra f rus hy nie; Vyfhonderd jaar staan die gedenkteken al En ek het dit weelderig h e rb o u : Hier word slegs soldate en R o m e se dienaars Weggelê in roem, nie die straatbakleiers nie. Begraaf hom waar ju l wil, hier is sy plek nie. MARCUS

My heer, dis goddeloosheid w at daar praat. My neef M utius se dade pleit tog vir h o m ; Hy moet by sy broers begraw e w ord. MARTIUS

En sal ook, o f anders gaan ons saam m et hom . TITUS

En sál? Wie is die skurk w at so daar praat? MARTIUS

Hy wat waar ook al daarby sal staan . . . behalw e hier. TITUS

Wat, sal julle hom teen m y sin begraaf? MARCUS

Nee, liewe Titus, maar by jo u soebat Om Mutius te vergew e en begraw e. *Lucius se kom-en-gaan is hier ietwat verward. Ek het die oorspronklike teks, flater en al, gevolg. Ek stel voor dat Lucius hom stil in die skaduwees terugtrek wanneer Sat. en gevolg bo op die balkon verskyn. Dit beklemtoon ook Titus se afsondering.

19


TITUS

M arcus, selfs jy wil m y gevoelens verdraai, En m et hierdie seuns het jy m y eer verraai: Ek beskou julle almal as vyande nou, So hou op om m y te pla; gaan tog weg. QUINTUS

H y is buite hom self; kom , laat ons gaan. MARTIUS

Ek bly to t M utius se beendere begraw e is. Die broer en die seuns gaan op hul knieë. MARCU S

B roer, w ant in naam van daardie band m ag ek smeek MARTIUS

Vader, w ant in daardie naam m ag ons praat TITUS

Bly stil, as julle w eet w at goed vir julle is. MARCUS

R o em ry k e Titus, m eer as helfte van m y siel LUCIUS

Liewe vader, aller ons se siel en lewenspit MARCUS

G un dat jo u broer M arcus sy loflike neef, W at eervol vir Lavinia se eer moes sterf, H ier in kuisheid se skoot ter aarde m ag bestel. Jy is ’n R o m ein ; wees nie barbaars; Die Grieke het dit goed geag om Ajax D ie selfm oordenaar te begraaf, en wyse ou Laertes se seun H et goedgunstiglik die begrafnis bepleit. Versper dan nie hierdie ingang vir jo n g M utius - hy w at jo u so baie vreugde verskaf het nie. TITUS

Staan op, Marcus. Dis die droew igste dag van m y lewe O m deur m y eie seuns in R o m e onteer te w o r d ! W el, begraw e hom , en gooi m y dan ook m aar toe. Hulle plaas hom in die graf. LUCIUS

D aar lê jo u bene, sagte M utius, by jo u vriende, T o t ons m et segetekens jo u g raf kan versier. 20


Hulle kniel en sê ahnal saam: N iem and w een vir edele M utius ’n traan; H y w at vir deug sterf, lewe in faam. MARCUS

M y heer, om af te stap van hierdie treurige saak, Hoe kom dit dat die subtiele koningin van Gote Opeens so in R o m e bevorder w ord? TITUS

Ek weet nie, M arcus, ek w eet net dit is so ; O f dit ’n skelmstreek was? Die hem ele alleen kan sê. Is sy dan dank verskuldig aan die m an w at haar So ver gebring het vir die goeie guns? Ja, en eerbaar sal sy beloning wees. O p , van die een kant: Saturninus en sy gevolg, Tamora, Demetrius, Chiron en A ron; van oorkant: Bassianus, Lavinia en ander. SATURNINUS

O, so, Bassianus, j y ’t to e jo u prys verow er: God gee jo u plesier van jo u w indm aker bruid, m eneer! BASSIANUS

En vir jo u van jo u n e, m y heer! M eer sê ek nie, En m inder wens ek nie, en so sê ek to t siens. SATURNINUS

R ugsteker! as R o m e gesag het, o f ons die m ag, Sal jy en jo u kliek nog die verkragting berou. BASSIANUS

V erkragting, m y heer, as ek m y eie neem, M y opreg-verloofde bem inde, en nou m y vrou? Laat R o m e se w ette ’n oordeel oor alles vel Intussen behoort dit w at m yne is aan my. SATURNINUS

Dis goed so, meneer. Jy h o u jo u hou astrant; Maar, as ons leef, sal ons net so skerp wees teenoor jo u . BASSIANUS

My heer, ek sal instaan vir w at ek gedoen het So goed ek kon, en m et m y lewe as dit m oet. Maar dit m oet ek U Edele sê By alles w at ek aan R o m e verskuldig is: Hierdie goeie edelm an, H eer Titus hier Is in reputasie en eer gekrenk 21


Toe hy, om Lavinia te red, M et sy eie hand sy jongste seun om moes bring U it yw er vir jo u , en toornig oor hy gedw arsboom was In dit w at hy jo u so vryelik w ou gee. N eem h om w eer op in guns, Saturninus; M et al sy dade het hy getoon D at hy ’n vader en vriend vir jo u in R o m e is. TITUS

Prins Bassianus, laat ek self m y dade besing; Dis jy , en julle daar, w at m y verneder het. R o m e en die regverdige hem ele sal oordeel O o r m y liefde en verering vir Saturninus. TAMORA

M y w aardige heer, as T am ora ooit Bevallig was in jo u vorstelike oë, Laat m y dan onpartydig vir almal voorspraak doen En vergeef, liefling, op m y versoek die verlede. SATURNINUS

W at, m adam e, m oet ek openlik tot skande gem aak Die knie buig en swig sonder wraak? TAMORA

Nee, m y heer, die gode van R o m e verhoed D at ek ooit jo u vernedering sal gedoog; M aar op m y eer kan ek getuig D at goeie H eer Titus in alles onskuldig is Sy onverbloem de raserny bewys net sy leed. Gee aan m y gehoor, en kyk hom w eer w elw illend aa n ; So ’n.suiw er vriend verloor mens nie weens dwase versinning, En teister nie sy hart m et skewe kyke nie. Sagter, net vir Saturninus: M y heer, laat ek jo u lei; gee tog nou kop O ntveins liew er al jo u verdriet en misnoeë, Jy sit nog baie onvas op die troon. O pdat die volk dan nie - en die patrisiërs ook N a ’n regverdige heroorw eging vir Titus steun En jo u vervang weens ondankbaarheid, W at in R o m e glo ’n afskuwelike sonde is. Gee toe aan pleidooie, en laat dit dan aan m y oor. Die dag sal kom dat ek hul almal sal u itm oor 22


En hul party en hul familie uit sal wis Die wrede vader en die verraderlike seuns Voor wie ek stof moes eet vir m y dierbare kind. Hulle sal nog leer w at dit is om ’n koningin Op haar knieë op straat tevergeefs om genade te laat bedel. Hardop Kom, kom , liewe Keiser; kom A ndronicus; Laat die gocie ou man opstaan, en verbly sy hart Wat sterf voor die verskrikking van jo u kwaai gefrons. SATURNINUS

Staan op, Titus; m y koningin kry haar sin. TITUS

Ek bedank U Majesteit, en haar ook, m y heer. Hierdie w oorde, hierdie houding, laat m y opnuut herleef. TAMORA

Titus, ek is nou by R o m e ingelyf, ’n R om ein nou, gelukkig aangeneem , En raai die keiser vir sy eie beswil aan. Laat dit my tot eer strek, m y goeie heer, Dat ek jo u en jo u vriende kon versoen. Vir jou, Prins Bassianus, het ek m y w oord En my belofte aan die keiser gegee Dat jy m ilder sal wees, en m eer inskiklik. En moenie bang wees nie, here, en jy , Lavinia, As julle my raad volg, sal julle, nederig gekniel, Sy Majesteit om sy vergiífenis vra. LUCIUS

So maak ons, en sweer voor die hem el en U Edele Dat wat ons gedoen het net die allerm inste was W at ons kon doen vir ons en ons suster se eer. MARCUS

Daarteen wil ek op m y eer hier protesteer. SATURNINUS

Weg voor my, en bly stil; m oet ons nie langer lastig val. TAMORA

Nee, nee, liewe Keiser, ons m oet almal vriende wees; Die tribuun en sy neefs kniel hier vir genade; Ek sal nie ontsê w o rd nie, liefste, kyk terug.


SATURNINUS

M arcus, vir jo u onthalw e, en jo u broer s’n hier, En om aan m y lieflike T am ora se versoeke te voldoen, Skeld ek hierdie jongelinge van hul skandedade kw yt. Staan op. Lavinia, hoew el jy m y soos ’n teef verlaat het, H et ek ’n m aat gevind, en by m y lewe het ek ’n eed gesweer D at ek nie as vrygesel van die priester sou gaan. K om , as die keiser se h o f tw ee bruide kan onthaal Is jy m y gas, Lavinia, en jo u vriende ook. V andag sal ’n liefdesdag wees, Tam ora. TITUS

En m óre, as dit U M ajesteit behaag O m die panter en die hert saam m et m y te jag, Sal ons m et blaashoring en jag h o n d u genade beloon. SATURNINUS

Laat dit so geskied, Titus, en baie dankie ook. Hulle marsjeer af wet die geskal van trompette; net Aron bly agter.

24


Tweede B edryf

TONEELI

Aron alleen. ARON

N o u klim T am ora to t op O lym pus se piek, Buite bcreik van N o o d lo t se pyl, en sit daar gespits, Behoed teen die donder se klap o f weerligflits, U itgestyg bo bleke afguns se dreigende hand. Soos w anneer die goue son die m óre salueer En - as sy strale die oseaan m et goud om rand D eur die diereriem in sy glansende koets galoppeer M et oë hoër as heuw els-op-hul-tone g ew ie k : So is T am ora. Aardse eer bedien haar geestigheid En deug val en bew e as sy frons. Pantser daarom , A ron, jo u h art; m aak jo u gedagtes soepel O m tot daarbo by jo u keiserlike m innares te klim En klim to t in die hoogste koepel van haar w at lankal Prisonier is van jo u triom f, geboei in liefde se kettings, Vaster verstrik in A ron se betorende oë As w at Prom etheus verstrik is in Kaukasiese kettings. W eg m et slaafse vodde en kruiperige denke! Ek sal helder wees, en skitter van pêrels en goud O m hierdie nuut-geskape keiserin te bedien. Bedicn, sê ek? om m et die koningin te baljaar, Die godin, die Semiramis, hierdie nim f, H ierdie sirene w at R o m e se Saturninus gaan begoël En sy skip gaan verpletter, net soos dic van sy ryk. Hokaai! W at se storm is dit nou? H y gee pad. Chiron en Demetrius op, haie spoggerig. DEMETRIUS

C hiron, jo u jare soek nog begrip, jo u begrip vra insig 25


En m aniere voor jy in m y slaai kan kom krap, D aardie slaai w at, sover jy weet, m y reeds toekom . CHIRON

D em etrius, jy sit in alles op m y kop, En ook in dit wil jy m y beïndruk m et jo u grootpratery. Die verskil tussen ons van ’n jaar o f tw ee M aak m y nie m inder m insaam nie, nog begunstig dit jo u ; Ek is net so kapabel en geskik soos jy O m m y m innares te dien en haar grasie te verdien, En dit sal m y swaard hier vir jo u spel En m y passie vir Lavinia se liefde vir jo u beskryf. ARON

Mense, k o m kyk! hierdie m innaars soek baklei. DEMETRIUS

K yk, japsnoet, al het ons m oeder uit dwaasheid V ir jo u ’n dansswaardjie aan jo u sy gegee, Is jy nou so w anhopig dat jy jo u vriende dreig? Gaan speel; plak daardie plankie aan jo u skede vas m et gom T o t jy w eet hoe om dit te hanteer. CHIRON

Intussen, m eneer, sal ek hier vir jo u wys W at ek m et m y bietjie vaardigheid reeds kan doen. DEMETRIUS

Ja, toe nou, knaap, is jy so roekeloos? Hulle trek hul swaarde. ARON

Stap vorentoe. W ag ’n bietjie, hane! H oe d u rfju lle so vlak by die paleis ju l swaarde trek En so oop en bloot hier stry? Ek w eet goed genoeg w aaroor die onenigheid is: Selfs vir ’n m iljoen goudstukke Sou ek nie w ou dat die betrokkenes van die oorsaak weet, En julle m oeder sal nie aan die h o f verneder wil w ord A1 is dit ook vir veel meer. S kaam julle! H ou op! DEMETRIUS

N ie v oordat ek m y rapier In sy bors gebêre het nie, en veral 26


Daardie skandalige praatjies w at hy tot m y skande H ier gebesig het w eer teruggeprop het in sy keel. CHIRON

D aarvoor w ag ek, ek is reg vir jo u , Jo u vuilbek lafaard w at m et die tong g root geluide m aak En dit nie waag om jo u w apen te gebruik nie! ARON

Basta, sê e k ! By al die gode deur oorlogsugtige G ote aanbid, Hierdie belaglike geskil gaan alm al van ons laat bars. M enere, dink julle dan nie daaraan hoe gevaarlik D it is om op ’n prins se grond te oortree nie? W at, is Lavinia dan so ligtekooi O f Bassianus so ontaard D at julle oor haar liefde rusie kan m aak Sonder bedw ang, geregtigheid o f w raak? Jo n g here, pas op - as die koningin moes w eet O o r wie so vals gesing w ord, dan w o rd ’n ander wysie gehoor. CHIRON

D it skeel m y niks, al w eet sy en die hele w êreld daarv an ; M eer as die hele w êreld het ek Lavinia lief. DEMETRIUS

Snuiter, jy sal m oet leer om laer te m ik: Lavinia is jo u ouer broer se teiken. ARON

W at, is julle mal? O f besefjulle nie hoe m oeilik En ko rt van draad hulle in R o m e kan wees En hoe hulle geen w edyw eraars in die liefde duld? Ek sê vir julle, here, julle g ra w e ju l eie grafte O p dié m anier. CHIRON

Aron, ek is bereid om duisend maal Te sterf om haar wie ek liefhet te wen. ARON

O m haar te w en! Hoe? DEMETRIUS

H oekom is dit vir jo u so vreem d? Sy is ’n vrou, dus kan mens na haar v ry ; Sy is ’n vrou, dus kan mens haar verkry; 27


Sy is Lavinia, dus m oet ek haar bem in. K yk, m a n ! D aar glip m eer w ater verby die meule As w at die m eulenaar van w e e t; en dis m aklik O m van ’n gesnyde b rood ’n snytjie te gaps, ons w eet: A1 is Bassianus ook die keiser se broer, W akkerder as hy het al die horings gedra. ARON

( In 5y mou) Ja, en al is Saturninus ook hoe w akker . . . DEMETRIUS

So, hoekom m oed verloor as jy w eet hoe om aan te lê M et soet w oorde, m ooi ogies en onbekrom penheid? W at, het jy nie dikwels ’n bokkie neergetrek En haar onder die opsigter se neus ontvoer nie? ARON

N o u ja, dit lyk o f ’n vinnige vergryp o f so Julle goed te staan sal kom . CHIRON

Ja, as die staan m aar net ko m lê. DEMETRIUS

A ron, dis binne-in die kol. ARON

As jy ook die skoot kon skiet! H et ons nou nie genoeg van hierdie gedoente gehad nie? Luister, luister na m y - is julle dan so dom O m hieroor te stry? Sal dit julle aanstoot gee As elkeen sy knippie kry? CHIRON

W aaragtig, m y is dit o m ’t ewe. DEMETRIUS

Vir m y ook, solank ek m aar iets kry. ARON

K om nou, wees vriende; span saam vir dit w at ju l betwis. Listigheid en streke m oet dit w aarna julle m ik Laat swik, en julle besluit m oet wees: D at as julle iets nie na wense kan bereik Julle tog die beste van die saak m oet maak. Laat ek vir julle sê: Lucretia is niks m eer kuis As Lavinia, Bassianus se geliefde nie. 28


Ons m oet nie doekies om draai nie, m aar ’n vlugger uitw eg soek En dit volg, en ek het daardie w eg gevind. M y here, ’n plegtige jag to g is op hande; Die lieflike R om einse dames sal in kuddes soontoe stro o m : Die w oudpaadjies is w yd en ruim En daar is baie afgesonderde plekkies daar D eur die n atuur ingerig vir verkragting en sk u rk ery : Keer hierdie sierlike hert-ooitjie daarnatoe uit En stamp haar m et gew eld as w oorde dit nie kan d o e n ; Langs hierdie w eg lê ju l enigste kans, anders nie. K om , k om ons gaan vertel ons keiserin w at ons Alles in die m ou v o e r; haar w ysheid is opgedra Aan gem eenheid en w eerw raak, En sy sal ons sinne skerper slyp m et advies W at nie ruim te sal laat vir julle onderlinge twis M aar beide na julle wense se hoogtes sal voer. Die keiser se h o f is soos die Huis van G erugte, Die paleis m bndvol tonge, van oë en o re ; Die w oud is harteloos, ontsettend, d o o f en bot: Praat dáár, en jol, braw e seuns, vat elkeen ’n draai; Gee daar, behoed teen die hem el se oog, aan wellus skiet En kerjakker en rinkink in Lavinia se skatkis. CHIRON

Jou raad vriend, ruik nie na lafhartigheid nie. DEMETRIUS

,,Sit fas aut nefas” ,R eg o f verkeerd’ - tot ek die stroom vind W aarin ek hierdie hitte af kan koel, ’n doepa om m y stuipe Te kalm eer. ,,Per Stygia, per manes veh o r” - is ek reg Vir duiw el en hel! Hulle gaan.

TONEEL

II

'n Oop plek in Jn bos digby Rome. Titus Andronicus, sy drie seuns en Marcus, op; daar is die geluide van jaghonde en blaashorings. TITUS

Die jag is te voet, die oggend is blink en blank Die velde ruik lekker en die bosse is g ro e n : 29


Saal hier a f en laat die honde blaf; M aak die keiser en sy lieflike bruid w akker, W ek die prins en laat klink ’n jag ter se geroep D at die hele h o f w eergalm van die klank. Seuns, laat dit julle plig, net soos ons s’n, wees O m self en versigtig na die keiser om te sien: Ek het onrustig geslaap vannag, M aar die dagende dag het nuw e troos gebring. Hier die skril blaftjanke van honde, en windinstnnnente se noot; dan kow Saturninus, Tainora, Bassianus, Lavinia, Chiron, Demetrius inet hulle gevolg op. Baie goeie m óres vir U M ajesteit! M adam e, vir jo u net so baie en net so goed! Ek het U Edele ’n jag ter se w ekroep beloof. SATURNINUS

En die heuwels het an tw o o rd gegee, here; D alk ’n bietjie te vroeg vir pasgetroude dames? BASSIANUS

Lavinia, w at sê jy ? LA V IN IA

Ek sê n e e ; Ek is al m eer as tw ee uur nugter w akker. SATURNINUS

K om aan, dan, gee ons perde en koetse En laat die sport begin. Aan Tainora M adam e, nou sal jy sien H oe ons R o m ein e jag. MARCUS

M y honde, m y heer, Sal die trotsste luiperd uit sy lêplek jaag En klim to t op die hoogste heuw eltop. TITUS

En ek het perde w at oral op die w ild Se hakke sal bly, en soos swaels oor die vlaktes skeer. DEMETRIUS

C hiron, ons jag nie m et perd o f hond, M aar hoop om ’n sierbokkie neer te pluk op die grond. Alinal af. 3°


T O N E E L

III

Aron alleen op, met 'n sak goud ARON

H y w at verstand het sal dink ek is gek O m soveel goud onder ’n b oom in te lê En nooit w eer m u n t daaruit te slaan. Laat hy w at so sleg van m y dink, Besef dat die goud belegging is vir ’n streek W at, as dit skelm genoeg is, ’n uitm untende Stukkie varkerigheid sal k w e e k : R us soetjies, goud, vir die onrus van hulle w at H ul aalmoese hier in die keiserin se kis ko m vat. H y versteek die goud. Tamora kom alleen op na die Moor TAMORA

M y lieflike A ron, w aarom so ’n triestige gesig As alles om heen so opgetoë pronk? Die voëls kwispel deuntjies op ieder struik, Die slang lê ronduit voltrek in die son se blye lig, Die groen blare skud in die koelerkoelende bries En skud w itsw art skaduwees uit op die g ro n d : Laat ons, A ron, in hul soet koeltes sit En terw yl die babbelbek eggo die honde tart M et skril w eerw oorde op die ingestem de horings, A sof mens terselfdertyd ’n jag-en-sy-skadu hoor, Laat ons hier sit en hul tjankende gekef aanstreep; En na ’n w orsteling, soos dié w at, na oorlew ering, D ido en haar sw erw er-prins ook eens kon geniet Toe hulle deur ’n gelukkige storm verras is En agter gordyne van ’n geheim houdende grot kon gaan, M ag ons, elk om strengel deur die arms van die ander Ons ty d v erd ry f bedryf, ’n goue sluim ering besit W yl honde en horings en soet harm onieuse voëls O o r ons sal daal soos ’n kinderm eisie se gesing ’n W iegelied om haar baba in slaap se land te bring. ARON

M adam e, hoew el Venus jo u begeertes beheers Is Saturninus baas oor m yne; 3i


W at beteken m y doodelik gem ikte oog, M y swye en m y stroew e swartgalligheid, M y bossiekop w olhare w at nou die krul verloor N e t soos ’n adder sy k ro m m in g tot ’n boog Breekspan om iets o f iem and te verm oor? N ee, m adam e, dis nie die tekens van die liefde nie: W raaksug is in m y hart, die dood broei in m y hand, Bloed en w raak ham er in die tem pels van m y kop. H o o r nou, T am ora, keiserin van m y gees W at geen beter hem el vra as die w at in jo u m ag wees. Vandag is die dag van verdoem enis vir Bassianus: Sy Philom el* m oet vandag haar tong opsê, Jo u seuns m oet haar prille kuisheid plunder en stroop En hulle hande was in Bassianus se bloed. Sien jy die brief? neem dit, ek vra jo u m ooi En gee vir die koning hierdie noodlot-beplande rol. Vra m y niks m eer nie; ons w o rd bespied; H ier k om die voorsm aak van ons buit aangeloop W at nog nie die verw oesting van hul lewens verm oed. Bassianus en Lavinia op. TAMORA

A, m y liewe M oor, soeter as die lewe in m y keel! ARON

Dis genoeg, m y koningin, Bassianus is hier. Lok h o m uit tot ’n rusie, en ek gaan haal jo u seuns O m party te trek vir jo u , ongeag die twis. H y gaan. BASSIANUS

W ie tre f ons hier aan? R o m e se vorstelike keiserin Sonder geleide van haar w elvoeglike trop? O f is dit Diana, soos sy verm om W at haar heilige bos verlaat het O m na die generaal w at in hierdie bos jag, te kom loer? o f P h i l o m e l a - ’n onderliggende tema waarna deurgaans verwys word. het sy vrou P r o g n e se suster P h i l o m e l a verkrag en haar tong uitgesny. Sy is in ’n toring opgesluit, maar kon haar verhaal vertel d.m.v. ’n wantdapyt. Toe P r o g n e die waarheid so verneem het sy I t y l u s - haar en T e r e u s se seun - vermoor en hom aan die vader opgedis. Die gode het haar verander in ’n swaeltjie, vir l t y l u s in ’n fisant, T e r e u s , in ’n hoep-hoep, en P h i l o m e l a in ’n nagtegaal.

* P h ilo m e l T ereu s

32


TAMORA

Jou parm antige bem oeisieke m et m y private uitstappies! H ad ek die m ag w at Diana veronderstel was om te hê Dan was jo u slape hier op die plek m et horings D eurboor, net soos A ctaeon-* s’n w as; en die honde Sou hulself op jo u pas-m ism aakte ledem ate w erp, Buffelagtige indringer w at jy is. LA V I N IA

A gter jo u lankm oedigheid, sagte keiserin, w o rd verm oed D at daar ’n aansienlike aanleg vir horings opsit lê, En die tw yfel is daar dat jy en jo u M oor Afgedwaal het om te eksperim enteer. M ag G od vandag jo u eggenoot teen sy eie honde beskerm ! D it sal jam m er wees as hulle ho m m et die bok verw ar. BASSIANUS

Glo m y, koningin, jo u blas C im m eriër Vlek jo u eer m et die tint van sy ly f Besoedel, verafsku en gruw elik. W aarom is jy afgesonder van jo u gevolg, H et jy afgeklim van jo u sneeuw it flinke ros, H et jy afgedwaal na hierdie afgeleë plek in die bos Vergesel alleen van ’n barbaarse M oor As dit nie sm erige d rif is w at jo u aandryf nie? LA V I N I A

En dat jy in jo u verm aak gesteur is, is Die rede w aarom jy m y edele heer as voorbarig Uitskel. Ek versoek jo u , laat ons gaan Sodat sy pleáier kan p ut uit haar kraaikleur geliefde; Die vallei is uitstekend geskik vir daardie doel. BASSIANUS

M y broer die koning se ore sal hiervan hoor. LA V IN IA

Ja, w ant hierdie misstappe m aak hom reeds o o rb ek en d ; D at ons goeie koning so m agtig bedrieg m oet w ord!

het afgeloer toe D i a n a en haar nimfe nakend gaan swem het en as straf is hy in ’n bok verander en deur sy eie jaghonde verskeur. Die ,,horings opsit” verwys natuurlik na owerspel.

* A c ta e o n

33


TAMORA

Kyk, ek het die geduld om dit alles te verdra. Chiron en Demetrius op. DEMETRIUS

W at gaan hier aan, liewe m oeder en vorstin? W aarom lyk u hoogheid so bleek en naar? t a m

o RA

D ink jy ek het nie rede om so bleek te lyk nie? Die tw ee hier het m y hiernatoe g e lo k : ’n Kaal, verfoeilike dal soos julle kan sien; H oew el dit som er is, is die bom e verlate en skraal, En mos en verderflike voëlent het die oorhand gekry. H ier skyn die son nooit, niks kan hier teel Tensy dit nag se uil is, o f die dood se kraai; En toe hulle m y die veragte kuil gew ys het, H et hulle gesê - hier, as die nag op haar eie as draai Sal ’n duisend duiwels, ’n duisend sissende slange, Tienduisend opgeblaasde platannas, en net soveel krim pvarke So afgryslik en so deurm ekaar lawaai D at enige lew ende siel w at dit hoor Dadelik mal sal w ord, o f op die plek dood neer sal slaan. En net nadat hulle m y vertel het van hierdie hel H et hulle gedreig om m y onm iddelik vas te bind Aan die stam van ’n aaklige taksus En m y oor te lew er aan hierdie ellendige dood. En toe het hulle m y ’n viese egbreekster genoem , O n tu g tig e G oot, en al die bitterste vloekw oorde W at ’n m ense-oor nog ooit aan moes hoor. As julle nie op groot geluk hierlangs gekom het nie D an het hulle hierdie w raak op m y uitgevoer. W reek dit as julle ju l m oeder se lewe bem in O f so nie noem ek julle nooit w eer m y kinders nie! DEMETRIU S

H ierm ee betuig ek ek is jo u seun. H y steek Bassianus. CHIRON

En dis vir m y; vat so! laat ek m y krag vir jo u wys. H y steek Bassianus insgelyks. 34


LA V I N I A

Ja, kom , Semiramis, nee, barbaarse Tam ora! W ant net jo u eie naam kan by jo u geaardheid pas! TAMORA

Gee daardie dolk vir m y ! julle sal sien, m y seuns, Hoe julle m oeder se hand haar onregte reg sal stel. DEMETRIUS

W ag, m adam e, sy k ry m eer as dit: Laat ons die koring eers dors voor ons die strooi verbrand. Hierdie flikflooier het aangedring op haar reinheid, O p haar bruilofseed en haar getrouheid, En m et daardie geverfde hoop trotseer sy jo u m agtigheid: Sal sy dit dan saam m et haar g ra f toe dra? CHIRON

As sy dit doen, wens ek ek was ontm an. Sleep haar m an duskant toe en gooi ho m in ’n geheim e gat, En laat sy dooie rom p ’n kussing wees vir ons sinlike lus. TAMORA

Maar, so gou jy die heuning het w aarna ons smag, M oet hierdie wesp sterf, anders steek sy ons. CHIRON

Ek verseker jo u , m adam e, ons sal daarvoor sorg. Kom , meesteressie, ons sal nou noodgedw onge Jou lekker hokgeslane eerlikheid geniet. LA VIN IA

O T am ora! jy het die gelaat van ’n vrou TAMORA

Ek wil nie na haar luister n ie ; vat haar w e g ! LA V I N I A

Goedwillige here, versoek haar tog om m y te laat praat. DEMETRIUS

Aan Tamora Luister, skone dam e, laat dit to t jo u heerlikheid Strek om haar trane te sien, m aar laat jo u hart D it onw rikbaar weerstaan, soos vuurklip die druppels rcën. LA V IN IA

Sedert w anneer skryf die tierwelpies aan hul m oerw yfie voor? Ag, leer haar geen boosheid nie, julle s’n kom hoeka van haar. Die m elk w at ju lle uit haar gesuip het, het m arm er gew ord, 35


Julle had julle tirannie reeds aan die tet. T og, ’n m oeder se seuns is nie alm al eenders nie. Aan Chiron Vra jy vir haar om m y ’n vrou se genade te betoon. CHIRON

W at, w il jy hê ek m oet voorgee dat ek ’n halfnaatjie is? LA V IN IA

Dis waar, die raaf broei mos nie ’n lew erik uit nie: T og, ek het gehoor - ag, as ek dit nou kon vind! D at die leeu deur m edelye aangespoor, geduld het D at sy koninklike kloue k o rt afgeknip w o rd ; En som m ige bew eer dat raw e weeskinders versorg T erw y l hul eie kinders in die nes verhonger. Ag, al sê julle harte nee, julle h o e f nie goed V ir m y te wees nie; wees net ja m m e rh a rtig ! TAMORA

Ek w eet nie w at dit beteken n ie ; w eg m et h a a r! LAVINIA

Laat ek jo u dan leer, ter wille van m y vader W at jo u gespaar het toe hy jo u so m aklik om kon bring. M oenie jo u hart verhard nie, m aak jo u dow e ore oop. TAMORA

Selfs al had jy m y nooit aanstoot gegee nie, D an is ek nog vir sy onthalw e genadeloos. O n th o u , m y seuns, dat ek verniet gehuil het O m julle broer van die offerpaal te red, W an t die woeste A ndronicus w o u nie kopgee nie; D aarom , neem haar en m aak m et haar w at julle wil: H oe slegter dit haar toegaan, hoe blyer m aak julle m y. LA V IN IA

Omhels Tamora se knieë O , T am ora, laat hulle jo u ’n sagte koningin noem , En m aak m y m et jo u eie hande net hier dood, W an t dis nie vir m y lewe w at ek by jo u pleit nie: Arm salige ek het reeds saam m et Bassianus geval. TAMORA

W aarv o o r bedel jy dan, m y liewe vrou? los m y. 36


LA VIN IA

Dis ’n onm iddellike dood w at ek vra, en een guns m eer M aar vroulikheid verm y dat m y tong dit sou sê. Ag, vryw aar m y tog hul wellus erger as die d o o d ; Gooi m y liew er in ’n w alglike gat W aar ’n m an se oog nooit w eer oor m y liggaam sal vat; D oen net dit vir m y, en wees ’n m ensliew ende m oordenares. TAMORA

Sal ek m y seuns so van hul beloning beroof? Nee, laat hul hul drifte in jo u les. DEMETRIUS

W eg! Jy het ons lank genoeg hier opgehou. LAV IN IA

Geen genade? Geen vroulikheid? A, dierlike skepsel, Die vyand en die vlek op ons geslag se n a a m ! M ag die vloek van verw arring CHIRON

H y snoer haar mond. N o u ja, dan stop ek jo u m ond toe. B ring jy haar m an: In hierdie gat het A ron gesê m oet ons hom wegsteek. Demetrius stoot die lyk in 'n put en hedek dit dan met takke; daarop sleepdra die twee Lavinia tussen hulle af. TAMORA

Vaarwel, m y seuns; sorg dat julle haar angel pluk. M ag m y hart nooit w eer van w are vreugde ruk V oor al die A ndronici uit die w eg geruim is nie. N o u sal ek na m y liefhke M oor gaan soek T erw yl m y lustige seuns hierdie slet vervloek. Sy gaan Van die teenoorgestelde kant kom Aron met Quintus en Martius op. ARON

K om , m y here, sit die beste voet v o o r ! Ek bring vir julle tot vlak voor die afgryslike hool W aar ek die luiperd sien lê slaap het. QUINTUS

M y oë is baie dof, w at dit ook m ag voorspel . . . MARTIUS

M yne ook; ek sê vir jo u , as dit nie ly f w egsteek was nie Sou ek hier vir ’n w yle ’n uiltjie w ou knip. 37


H y val in die put QUINTUS

W at, het jy geval? W atter listige gat is dit Dié m et die bek bedek m et woeste doringstruike, En op die blare hierdie druppels bloedvars bloed So vars soos m óredou afgedruppel op blom m e? D it lyk vir m y na ’n plek van voorspooksels. Sê m y, broer, het jy jo u self beseer m et die val? MARTIUS

Ag, broer, beseer deur die droew igste ding W at die oog nog ooit die hart kon van laat kla. ARON

(N ou sal ek die koning gaan haal Sodat hy self hier kan raai W ie sy broer in die sloot gehelp het.) Aron af. MARTIUS

H oekom gee jy m y nie jo u hand om m y uit H ierdie onheilige, bloedbespatte penarie te help nie? QUINTUS

Ek is verbyster deur ’n grieselige vrees; ’n Yskoue sweet pêrel oor m y rittelende litte: M y hart verm oed m eer as w at m y oog d u rf sien. MARTIUS

O m jo u te wys hoe goed jo u hart voorspel K yk jy en A ron a f in hierdie hool, En aanskou die verskriklike gem ors van bloed en dood. QUINTUS

A ron het verdw yn, en m y m edelydende hart V erbied m y oë om te kyk na daardie ding, W an t die blote gissing laat die hart reeds tril. Ag, sê m y w ie dit is, w ant nog nooit vantevore W as ek soos ’n kind so bang voor die ongekende nie. MARTIUS

Die heer Bassianus lê hier op ’n hopie Geklee in sy bloed, net soos ’n lam geslag In hierdie gehate bloedsuipende put. QUINTUS

H oe kan jy in die donker sien dis hy? 38


MARTIUS

Aan sy bloederige vinger dra hy ’n Kosbare ring w at hierdie hele gat verhelder, W at soos ’n waspit in een o f ander m onum ent ’n Skynsel op die dooie se aardse w ange w erp En flits oor die verskeurde derm s van die k u il: So bleek het die m aan oor Pyram us geskyn Daardie nag toe hy gebaai moes lê in m aagdebloed. O, broer, help m y m et jo u swakke hand As die vrees jo u ook besw ym het, soos vir m y Help m y uit hierdie fel, verblindende kelder, So haatlik soos die H el se m istige muil. QUINTUS

Gee m y jo u hand, dat ek jo u uit kan help, Of, as die krag m y ontbreek om jo u so to t hulp te snel, Dat ook ek na benede stort in die versw elgende skoot Van die diep gat, arm e Bassianus se graf. Hy beur Ek is te swak om jo u to t op die rand te trek. MARTIUS

En ek te swak om uit te klim sonder jo u hulp. QUINTUS

Jou hand nog ’n keer, ek sal nie w eer laat los Tot jy hier bo is nie, o f ek daar onder: Hy probeer weer. Jy kan nie na m y toe ko m nie, ek k o m af. Hy tuimel in die gat. Die Keiser en Aron die Moor op. SATURNINUS

Kom saam m et m y ! Ek wil sien w atter gat dit is En wie dit is w at daar ingespring het. Sê my, wie is jy w at nou net afgedaal het In hierdie gapende grot in die grond? MARTIUS

Die ongelukkige seuns van ou A ndronicus Op die mees ongeskikte uur hiernatoe gebring O m jo u broer Bassianus hier dood aan te tref. SATURNINUS

My broer dood! Ek w eet julle skeer die gek; 39


H y en sy v rou is albei in die jaghuis Aan die noordekant van dié aangenam e jagveld; Dis skaars ’n uur sedert ek hul daar verlaat het. MARTIUS

Ons w eet nie w aar jy hul in lew ende lyw e verlaat het nie, M aar helaas! helaas! hier het ons ho m dood gekry. Tamora, Andronicus en Lucius op TAMORA

W aar is m y heer die koning? SATURNINUS

Hier, T am o ra; gevang in die kloue van ’n dodelike smart. TAMORA

W aar is jo u broer, Bassianus? SATURNINUS

N o u dring jy deur to t in die wese van m y w o n d ; A rm e Bassianus lê hier verm oor in die grond. TAMORA

D an k o m ek te laat m et die noodlottige skrif, D ie k n oop van hierdie ontydige tragedie; En dit verbaas m y baie dat ’n mens se gesig So ’n m oordadige tirannie to t ’n skynlag kon plooi. Sy oorhandig 'n brief aan Saturninus. SATURNINUS

Lees. ,,En as ons ho m nie op ’n geleë plek ontm oet, Liewe jag ter, dis Bassianus na wie ons mik, Sal jy asseblief’n g ra f vir hom graaf? Jy w eet w at ons bedoel; soek jo u vergoeding Tussen die brandnetels onder die vlierboom W at d ro o m oor die ingang van daardie selfde gat W aarin ons besluit het om Bassianus toe te gooi. D oen dit en ons sal ew ig jo u vriende wees.” O , T am ora, het jy ooit die gelyke hiervan gehoor? H ier is die put, en dis die vlierboom . Vriende, kyk o f julle die jag ter in die hande kan kry W at veronderstel was om Bassianus hier te verm oor. ARON

M y genadige heer, hier is die sak goud. H y ontdek dit. 40


SATURNINUS

Aan Titus. Tw ee van jo u welpe, w rede, bloedaardige sm eerlappe H et m y broer hier van sy lewe beroof. Here, sleep hulle uit die kuil tro n k toe En laat hulle daar in kettings lê totdat ons ’n O ndenkbare folterpyn vir hulle bedink het. TAMORA

H oe nou, is hulle hier in die gat? O, hoe w onderlik is dit! H oe m aklik w o rd m oordenaars in hul m o o rd v erstrik ! Die gevangenes word uit die gat gehelp. TITUS

H oë Keiser, op m y ou swak knieë smeek ek Vir hierdie guns, m et trane w at ek nie dikwels huil, D at hierdie wilde misdaad van m y vervloekte seuns, Vervloek, as dit bew ys kan w o rd dat dit hul SATURNINUS

Bewys kan w ord! jy sien tog dat dit vanselfsprekend is. W ie het hierdie b rief gevind? T am ora, was dit jy ? TAMORA

A ndronicus het dit self opgetel. TITUS

Dis waar, m y heer; tog, laat hul op m y verantw oordelikheid vry, W ant ek sweer by m y vadere se eerw aardige g ra f D at hulle gereed sal wees w anneer U Edele dit wil O m m et hulle lewens op die verdenkinge te antw oord. SATURNINUS

Jy staan nie vir hulle b o rg ; sorg dat jy ons volg. ’n Paar van julle, bring die verm oorde lyk; die ander Die m oordenaars: Ek wil geen w o o rd van hulle h o o r; die skuld skreeu ten hem ele; W ant, so by m y siel, as daar ’n verskrikliker straf as dood Kan wees sal ons daardie straf aan hulle toedeel. TAMORA

Andronicus, ek sal by die koning soebat; M oenie vir jo u seuns vrees nie, hulle sal goed genoeg daarvan afkom . 4i


TITUS

K om , Lucius, k o m ; m oet nie m et hulle bly praat nie. Almal af. TONEEL

IV

Die Keiserin se seuns kom binne, met Lavinia - haar hande en haar tong is afgesny, en sy is onteer. DEMETRIUS

So, gaan verklik nou, as jo u tong kan praat, W ie jo u tong uitgesny het, en w ie het jo u geskend. CHIRON

S k ry fjo u gem oed neer, m aak jo u bedoeling so bekend, En speel skryw er, as jo u stom pies nog strepies kan trek. DEMETRIUS

K yk hoe krabbel sy m et tekens en gebare. CHIRON

Gaan huis toe, vra vir reukw ater, was jo u hande. DEMETRIUS

Sy het geen tong om m ee te roep, nog hande om te was; Laat sy dan m aar haar stil paadjies loop. CHIRON

As dit m y swakheid was, sou ek m yself ophang. DEMETRIUS

As jy m aar hande had om die tou te help vleg. Demetrius en Chiron af. Marcus op, terug van die jag. MARCUS

W ie is dit daar? m y niggie w at so vinnig vlug! N iggie, w ag, sê m y, w aar is jo u m an? Sy draai haar gesig na hom. As ek droom , vir al m y ry k d o m sou ek gew ek w ou w ord! En gew ek dan, m ag ’n ster m y hier neervel O p d at ek ’n ew ige slaap m ag slaap! Praat m et m y, liewe kind, w ie se streng onsagte hand H et jo u liggaam gekap en gesnoei en gestroop Van haar tw ee takke? daardie sagte tooisels M et kringende skaduwees w aarbinne konings gesmag het om te slaap 42


O m so heerlik ’n vreugde soos slegs die helfte van jo u liefde Te mag proe? W aarom praat jy nie m et m y? Helaas! ’n K arm osynrooi rivier van w arm bloed Soos ’n borrelende fontein deur die w ind aangeroer Gedy en eb tussen jo u rosige lippe, Dit kom en dit gaan m et jo u heuningasem . W aaragtig, ’n Tereus het jo u m aagdelikheid ontsier En jo u tong uitgesny sodat jy h o m nie uit m ag wys. Ag, nou draai jy uit skaam te jo u kop van m y w eg! En ten spyte van al hierdie bloedverlies Soos uit ’n leikanaal m et drie uitvloeiende spuiers Is jo u w ange nog so bloesend soos T itan se gesig Bloos as hy die w olke m oet ontm oet. Sal ek jo u w oorde dra? Sal ek sê dis so? O, kon ek m aar jo u hart peil en daardie dier herken O m teen h o m te tier, en so m y gem oed laat b ed a ar! Verborge verdriet, soos ’n versm oorde oond, Verkool die hart to t sintels daar w aar dit hang; Selfs die skone Philom el het net haar tong verloor En kon m et sukkelende hande haar storie weef. Maar, m y lieflike niggie, daardie m iddel is jo u ontneem ; Jy het ’n slinkser Tereus on tm o et En hy het daardie m ooi vingers w at beter As Philom el s’n kon borduur, afgesny. O, as daardie gedrog kon sien hoe jo u leliew itte hande Soos die trilpoplier se blare bew e oor ’n luit, En hoe die sysnare hulle m et genoeë soen, Sou hy vir niks ter w êreld iets daaraan w ou d o e n ! O f as hy die hemelse harm onie kon ho o r W at daardie soete tong op kon toor, Sou hy sy mes laat val het en in moes sluim er Soos Cerberus aan die Thraciese digter se voete. Kom, laat ons gaan en jo u vader blindslaan, W ant so ’n gesig verblind ’n vader se oog. ’n U urlange storm versuip die geurigste w eiland, W at sal die m aande se trane aan jo u vader se oë doen? M oenie w egsku nie, w ant ons sal m et jo u rou: Ag, as ons roubeklag m aar jo u ellende kon salf! Hulle gaan. 43


Derde Bedryf

T O N E E L I

Die Regters en Senatore op, met Titus se twee vasgebinde seuns, onderweg na die plek van teregstelling, erc vooruitgegaan deurTitus, pleitende. TITUS

Luister na m y, belangrike vaders! edele T ribune, w ag! U it m eegevoel m et m y jare, die fleur w aarvan ek gespandeer het O p gevaarlike oorloë terw yl julle veilig kon slaap; V ir al m y bloed w at ek vir R o m e vergiet het, V ir al die w itgerypte nagte w at ek w ag moes hou, En vir hierdie bitter trane w at julle nou hier D eur die ou plooie van m y w ange sien loop, W ees genadig vir m y veroordeelde seuns; H ul siele is nie verrot soos dit bew eer w o rd nie. V ir tw ee-en-tw intig seuns het ek nooit gehuil nie, W an t hulle het in eer se loflike bed gesterf: Andronicus gaan lê op die grond en die Regters gaan hom verby. H iervoor, T ribune, sk ry fe k in die stof M y hart se diepe verm oeienis en m y siel se soute trane. M ag m y trane die aarde se droë eetlus b ev red ig ; M y seuns se soete bloed sal dit van skaam te laat bloos. O aarde, ek sal jo u m et m eer reën bevriend Gesuiwer uit hierdie tw ee tydoue kruike As w at jeu gdige A pril m et al sy buie kan doen: In die som er se droogtes sal ek altyd op jo u drup, In die w in ter sal ek jo u sneeu m et w arm trane dooi, En die ew ige lente op jo u aangesig laat leef, As jy m aar w eier om m y seuns se bloed te drink. Lucius op, met sy wapens gereed O eerw aardige T ribune! O goedhartige, gryse here! M aak m y seuns los, herroep die doodvonnis; En laat ek ju l sê - ek w at nooit kon huil 44


M y trane spreek nou helderder as m y w oorde. LUCIUS

O , edele vader, jy weeklaag verniet: Die tribune h o o r jo u nie, hier is geen siel, En jy braak nou jo u leed uit oor ’n klip. TITUS

A, Lucius, laat m y vir jo u broers tog pleit; Belangrike T ribune, ek smeek ju l nog ’n keer LUCIUS

M y goeie heer, geen tribuun ho o r jo u versoek. TITUS

W at m aak dit saak, m an? A1 sou hul m y ho o r Sou hul geen ag daarop slaan, o f al sou hul op m y let Sou hul nog geen genade hê, en tog m oet ek pleit So sonder skoene in die stof. D aarom vertel ek m y verdriet aan die klippe W at, hoew el hul m y nie uit m y nood kan verlos, O p ’n m anier tog beter as die tribune is, W an t hulle sal m y tranesang nie onderbreek. W anneer ek ween, ontvang hulle nederig aan m y voete M y trane en dit lyk asof hulle saam m et m y ween. En was hulle m aar in stroew e rouklere geklee D an sou R o m e hul gelyke in tribune nie kon bekostig. ’n Klip is sag soos was, tribune harder as steen. ’n Steen swyg, en gee geen aanstoot nie, En tribune se tonge verdoem mense to t die dood. Kom weer op sy voete. M aar w aarom staan jy daar m et jo u w apen getrek? LUCIUS

O m d at ek m y tw ee broers van hul dood w o u re d ; En vir daardie poging het die regters M y verban to t ew igdurende ballingskap. TITUS

O gelukkige m an! H ulle het jo u ’n guns gedoen. Dwase Lucius, sien jy dan nie in D at R o m e net ’n w ildernis vir tiere is nie? Tiere m oet roof, en R o m e bied geen ander buit As ek ën m yne nie; hoe gelukkig is jy tog nie O m van hierdie opvreters w eggestuur te w o r d ! 45


M aar w ie is dit w at broer M arcus hierheen lei? Marcus op, met Lavinia. MARCUS

Titus, berei jo u ou oë voor om te huil, O f so nie, jo u edele hart om te breek; Ek bring verterende verdriet vir jo u grys jare. TITUS

Sal dit m y jare knak? Laat m y dan sien. MARCUS

D it was jo u dogter. TITUS

God, M arcus, dis waar. LUCIUS

O m en sd o m ! dié gesig is m y d o o d ! TITUS

Jo u slap papbroek, staan op en kyk na haar, Praat, Lavinia, w atter vervloekte hand Stuur jo u sonder hande na jo u vader terug? W atter gek het w ater by die see gaan gooi, O f v u u rh o u t na hel-brandende T roje gebring? M y sm art was volkom e voor jy gekom het, En nou, soos die N yl, ken dit geen oew ers meer. Gee m y ’n sw aard; ek kap m y hande ook af, W an t hulle het vir R o m e geveg, en dit tevergeefs; En toe hulle lew e gevoed het, het hul die w ee verpleeg; Sonder skoene het ek hulle in gebed hoog gehou, En hulle het m y gedien in ’n vrugtelose diens. A1 bruikbaarheid w at ek nou nog van hul vra Is dat die een m ag help om die ander vry te sny. Dis goed, Lavinia, dat jy geen hande m eer het, W an t hande om R o m e te dien, is nutteloos. LUCIUS

Praat, liewe suster, w ie het jo u verm ink? MARCUS

O , daardie verruklike speeltuig van haar gedagtes W at hul m et soveel innem ende welsprekendheid kon babbel, Is uit daardie fraai en hol koutjie geskeur W aar dit soos ’n m ooi m elodieuse voël soet En veelsoortige note gesing het, betow erend vir elke oor.


LUCIUS

Praat jy dan nam ens haar; w ie het dit gedoen? MARCUS

So het ek haar deur die park sien dwaal, W aar sy haarself w o u versteek, soos ’n hert dit doen As sy ’n ongeneeslike w ond gekry het. TITUS

Sy was m y bokkie, en hy w at haar gekw es het H et m y dieper seergem aak as w at die dood kon d o e n : W ant nou staan ek alleen soos een w at op ’n rots O m g eef deur ’n w oesteny van see Sien hoe die inkom ende gety brander na brander styg En deurentyd w ag dat ’n boosaardige g o lf H o m in sy pekelbitter ingew ande sluk. Hierlangs is m y miserabele seuns verby, H ier staan m y ander seun, ’n verbanne man, En hier m y broer, om m y leed m et m y te d eel; M aar dit w at m y siel die grootste slag gee Is liewe Lavinia, liew er as m y siel. Selfs al het ek net ’n prent van jo u in dic aaklige Toestand gesien, sou ek m al w o rd ; w at sal ek doen N o u d at ek jo u lew ende ly f so aanskou? Jy het geen hande om jo u trane w eg te vee, Geen tong om te vertel w ie jo u so gem artel het: Jou eggenoot is dood, en vir sy dood Is jo u broers veroordeel, en nou reeds dood. K yk M arcus! A, Lucius, m y seun, kyk na haar! Toe ek haar broers genoem het, het vars trane O o r haar w ange gevloei soos die heuningdou O p ’n geplukte halfverlepte lelie. MARCUS

Dalk huil sy om dat hulle haar m an verm oor het, Dalk om dat sy weet hulle is onskuldig. TITUS

As hul jo u man v erm oor het, wees dan bly, W ant die w et het daardie m oord gew reek. Nee, hulle sou nooit so ’n misdaad pleeg nie; H ul suster se verdriet sal hiervan getuig. Sagte Lavinia, laat ek jo u lippe kus, 47


O f beduie vir m y hoe ek jo u pyn kan verlig. Sal jo u goeie oom , en jo u broer Lucius, En jy , en ek ro n d o m ’n fontein gaan sit En almal afkyk ondertoe om te sien hoe O ns w ange gevlek is, soos landerye nog nat Van m odderige slym deur ’n storm daar gelaat? Sal ons dan só lank in die fontein staar D at daardie klaarheid haar vars smaak verloor En ’n pekelput w o rd van ons bitter trane? O f sal ons ons hande w egknip soos joune? O f sal ons op ons tonge by t en m et stom gebare Die oorskiet van ons veragtelike jare deurbring? W at sal ons doen? Laat ons w at nog tonge het ’n Sam esw ering van verdere ellende bedink W at almal eendag verbysterd sal laat. LUCIUS

Liewe vader, troos jo u tog nou; kyk net H oe jo u sm art m y suster laat snik en huil. MARCUS

Geduld, m y liewe niggie. Goeie Titus, D ro o g jo u oë af. H y bied sy sakdoek aan. TITUS

Ag, M arcus, M arcus! broer, ek w eet goed genoeg Jo u sakdoek kan geen trane van m y drink, W an t jy , arm e m an, het dit m et jo u n e deurdrenk. LUCIUS

Ag, m y liew e Lavinia, ek sal jo u trane afdroog, H y bied sy sakdoek aan; sy weier met haar kop. TITUS

K yk, M arcus, kyk! Ek verstaan haar gebaar: As sy ’n tong had om te praat, sou sy nou Vir haar broer dieselfde sê w at ek gesê het vir jo u : Sy sakdoek, m et sy opregte trane benat Is van geen nut vir haar treurige w ange nie. O , w atter m eegevoel van ram pe is dit d ié ! N e t so ver van hulp as w at vergetelheid van saligheid is Aron die Moor op, alleen. 48


ARON

Titus Andronicus, m y heer die keiser Stuur jo u die boodskap, dat as jy j o u seuns bem in M oet M arcus, Lucius o f jy self, ou Titus, O f enigeen van julle, ’n hand af laat kap En aan die koning b eso rg : in ruil daarvoor sal hy Albei jo u seuns lew endig hiernatoe stuur, En dit sal die losprys vir hul misdaad wees. TITUS

O genadige K eiser! O saggeaarde A ro n ! H et ’n raaf ooit so soos ’n lew erik gesing As dié die rosige tyding van ’n sonopkom s bring? M et m y ganse hart stuur ek die koning m y hand. Liewe A ron, sal jy m y help om dit af te kap? LUCIUS

W ag, vader, daardie adelike hand van jo u W at so baie vyande om vergegooi het Sal nie gaan nie; m y hand sal die doel beter dien, M y je u g kan beter as jo u jare die bloed ontsien, D aarom sal m yne m y broers se lewens w en. MARCUS

W ie van julle se hand het R o m e nie beskerm En die bloederige strydbyl hoog gelig O m verw oesting o o r die vyand se kasteel te skryf? O , albei van ju lle se hande is veel m eer w erd; M y hand was altyd led ig ; laat dit dien O m m y broerskinders van hul dood los te koop, Dan het ek dit vir ’n goeie doel bew aar. ARON

K om nou, wees dit eens oor w ie se hand m oet gaan O pdat hulle nie sterf voor hul grasie kom . MARCUS

M y hand sal gaan. LUCIUS

Ek sweer dit sal nie gaan nie. TITUS

M enere, w edy w er nie m e e r; verdorde bossies soos hierdie Is gereed om uitgeroei te w ord, daarom is dit m yne. 49


LUCIUS

Liewe vader, as ek as jo u seun beskou m oet w ord, Laat dit ék wees w at m y broers van die dood bevry. MARCUS

En, ter wille van ons vader, en m oeder se besorgdheid, Laat m y jo u nou ’n broer se liefde betoon. TITUS

Geraak to t ’n ooreenkom s, ek sal m y hand bespaar. LUCIUS

D an sal ek ’n byl gaan haal. MARCUS

M aar ek sal daardie byl gebruik. Lucius en Marcus in aller yl af. TITUS

K om hier, A ron. Ek sal altw ee verneuk; As jy hier hand bysit sal ek jo u m y hand gee. ARON

Tersy. (As dit bedrog genoem w ord, sal ek eerlik bly En solank soos ek leef geen mens ooit so b ed rie g : M aar ek sal jo u op ’n ander m anier mislei, En dit sal jy besef voor ’n halfuur verby is.) H y sny Titus se hand af. Lucius en Marcus weer op. TITUS

N o u h o ef julle nie m eer te stry; w at moes wees is afgemaak. Goeie A ron, gee Sy Majesteit die hand: Sê vir h om dit was ’n hand w at ’n duisend gevare Van h o m gew eer het; vra dat hy dit begraw e; M eer het dit v erd ie n ; gun dit tog dit. W at m y seuns betref, sê dat ek hul toereken As ju w ele teen ’n m aklike prys gekoop; En tog ook duur, w ant ek het vir m y eie betaal. ARON

Ek gaan, A ndronicus, en in ruil vir jo u hand Kan jy jo u seuns n ou-nou by jo u verw ag. Tersy. (Hulle koppe, bedoel ek. O , die blote gedagte Aan die gem eenheid is reeds voedsel g en o eg ; 50


Laat ape goeie bedoelings hê en regverdiges op genade Aandring; Aron se siel sal so sw art wees soos sy kop). Hy gaan. TITUS

O, hier lig ek m y een hand vir die hem el op; En buig hierdie swakke puinhoop neer tot op die grond. As enige godhcid ellendige trane bekla, Dan roep ek H om a a n ! Acn Lavinia Wat, wil jy saam m et m y huil? Doen dit dan, hartlief, w ant die hem el sal ons gebede hoor O f met ons sugte sal ons ’n wasem oor die uitspansel asem En die son met mis besoedel, soos w olke soms doen Wanneer hulle hom aan hul sm eltende boesems vertroetel. MARCUS

Ag, broer, praat tog binne m oontlikheid En stort nie in hierdie diep uiterstes nie. TITUS

Is my droefgeestigheid dan nie diep, en sonder bodem ? Laat my hartstogte dan net so bodem loos wees. MARCUS

Maar laat rede nogtans jo u treurnis beheer. TITUS

As daar maar rede vir die miserieë was Dan sou ek m y klagte aan grense bind: As die hemele huil, oorspoel die aarde nie? As die winde tier, w ord die see dan nie mal En bedreig die hem elruim m et haar opgesw elde gesig? En wil jy ’n rede vir dié gedoentes hê? Ek is die see. Luister hoe haar sugte blaas. Sy is die wenende uitspansel, ek die aarde: Dan moet m y see deur haar sugte ontroer w o rd ; Dan moet m y aarde m et haar aanhoudende trane ’n Vloed w ord, oorvloei en verdronke; W ant my derms kan hul nood nie m eer verberg, Maar soos ’n dronklap m oet ek dit kots. Gun my dan die voorreg, w ant verloorders sal vergunning kry O m met hul galbitter tonge hul bitter mae te bevry. ’« Boodskapper op, met twee afgekapte koppe en 'n hand. 5i


BOODSKAPPER

W aardige A ndronicus, verskriklik is die beloning V ir daardie goeie hand w at jy die koning gestuur het. H ier is die koppe van jo u tw ee edele seuns, En hier is jo u hand, m et hoon aan jo u terugbesorg: Jo u leed is hul verm aak, jo u besluite bespot. D it grief m y om aan jo u griew e te dink, M eer nog as die herinnering aan m y vader se dood. Af. MARCUS

Laat hete Etna nou in Sicilië afkoel, En m aak van m y hart ’n ew ig-brandende hel! H ierdie onheil is m eer as w at ek kan v e rd ra ! O m te ween m et hulle w at ween, verlig gedeeltelik, M aar droefheid w aarop gespoeg w ord, is ’n dubbele dood. LUCIUS

Ag, dat die gesig so ’n diep w ond kan skeur En gehate Lewe nogtans nie verskrom pel n ie ! D at D o o d nog Lewe se naam d u rf dra W aar lewe net nog ’n bietjie asem vra! Lavinia soen Titus. MARCUS

O g, hartjie, daardie soen is so troosteloos Soos bevrore w ater vir ’n koudstyw e slang. TITUS

W anneer sal die aaklige nagm errie einde kry? MARCUS

W eg nou m et al die vleitaal: sterf, A ndronicus; Jy slaap nie. K yk na jo u tw ee seuns se koppe, Jo u krygsm an se hand, jo u verknoeide dogter hier, Jo u ander verbanne seun, bleek en bloedloos geskok D eur die pynlike skouspel, en jo u broer, ek, N et soos ’n beeld versteen, so koud en so bot. A, langer sal ek nie jo u gejam m er probeer beteuel. Pluk jo u silwer hare uit en knaag m et jo u tande Aan jo u stom pieshand, en m ag die aaklige toneel Ons armsaligste oë toe laat swel. N o u b eh oort jy te vloek en te skreeu; w aarom is jy stil? 52


TI TUS

Ha, ha, ha! MARCUS

Waarom lag jy? Dis ’n mees ongeleë tyd. TITUS

Waarom? Ek het geen traan m eer om te stort. Buitendien, hierdie treurnis is ’n vyand En sal soos ’n afperser besit van m y w aterige oë neem En hulle blind maak m et skatpligtige trane. Hoe sal ek dan m y weg na W raak se grot kan vind? Want hierdie twee hoofde spreek tog tot m y En beloof dat ek nooit enige heil sal kry Tot al hierdie kwaad nie terugbetaal is tot in Die kele van hulle w at dit gepleeg het nie. Kom, laat ek sien w atter taak ek m oet verrig. Julle treurige mense, kom staan in ’n kring Sodat ek my beurtelings na iedereen kan w end En op my siel sweer dat ek ju l onregte sal herstel. Hy kniel, met Marcus, Lucius, Lavinia en die twee koppe om honi geskaar; lig dan sy hand hemelwaarts. Die eed is gesweer. Hy staan op. Kom broer, neem *n kop, En in my oorblyw ende hand sal ek die ander dra, En Lavinia, jy kan ook hand uitsteek; Liewe meisie, dra jy m y hand tussen die tande; En wat jou aangaan, m y seun, gee voor m y oë pad. Jy is ’n balling, en hier m oet jy nie talm nie. Jaag na die Gote, bring ’n leër daar op die been, En, as jy my respekteer - en ek dink dis so Laat ons groet en uiteen gaan, w ant ons het veel te doen. Hulle soen mekaar; Titus vertrek met Marcus en Lavinia. LUCIUS

Vaarwel, Andronicus, m y edele vader, Die ellendigste man w at ooit in R o m e gew oon het! Vaarwel, trotse R om e! T o t Lucius w eer terugkeer Los hy hier sy geliefdes, dierbaarder as sy eie lew e; Vaarwel Lavinia, m y geëerde suster; Ag, asjy maar w eer soos vroeër kon wees! 53


M aar nou leef beide Lavinia en Lucius In vergete se boek en veragtelike verdriet. As Lucius leef, sal hy jo u onregte vergeld En die trotse Saturninus en sy keiserin V oor die p o o rte laat bedel soos T arquinius en sy vrou. N o u sal ek na die G ote gaan en ’n krygsm ag w e rf O m R o m e en Saturninus in gelyke m unt te betaal. Lucius af.

TONEEL

II

Vertrek in Titus se huis; die tafels is gedek vir 'n feesmaal. Titus Andronicus, Marcus, Lavinia en die knaap Lucius op. TITUS

So-ja, sit nou aan en eet nie m eer as w at N o d ig is om genoeg krag in ons te dra O m ons bittere ongelukkigheid m ee te wreek. M arcus, knoop daardie sm art-om strengelde knoop lo s: Jo u niggie en ek, arm e skepsels - ons hande makeer, En m et gevoude arms kan ons nie ons tienvoudige G riew e lug nie. M y arm e orige regterhand het O o rgebly om baas te speel oor m y bors. W anneer m y hart stapelgek van ellende In die uitgeholde sel van m y vlees bol en stam p D an m oker ek ho m so w eer neer. Aan Lavinia. Jy, landkaart van leed, w at m et gebare taal m oet m aak, As jo u h art m et buitensporige kloppe klop Kan jy dit nie so slaan en stilm aak nie. Kwes dit m et sugte, meisie, m aak dit m et kreune dood. O f b yt ’n messie tussen jo u tande vas En steek ’n gat net langs jo u hart Sodat al die trane w at uit jo u arm e oë rol In daardie riool m ag loop, en daar insink O m daardie klaende swaap in see-soute trane te verdrink. MARCUS

Foeitog, m y broer - w aarom m oet jy haar aanhits O m ’n gew eldadige hand aan haar sagte lewe te slaan? 54


TITUS

Hoe nou? H et droefheid jo u ook reeds besimpel? Hoor hier, M arcus, niem and behalw e ek m ag m al wees nie. W atter gew eldige hand kan sy aan haar lewe slaan? Ag, waarom moes jy hande tog w eer noem ? Dis nou vir Aeneas vra om tw ee keer die verhaal te vertel Van hoe T roje verbrand en in ellende gedom pel is. Moenie daardie tem a hanteer, van hande praat nie Ingeval ons im m er onthou dat ons geen hande m eer het. Sies! foei! hoe rasend m aak ek m y gepraat haaks, Asof ons sou vergeet dat ons geen hande het As Marcus die onderw erp nie aanroer n ie ! Kom, laat ons w egval; en, sagte meisie, eet dit. Is daar geen drank? Marcus, luister na w at sy sê. Ek kan al haar gekortw iekte gebare v e rto lk : Sy sê sy drink niks anders as trane n ie ; ’n Treksel van haar treurigheid op haar w ange gem eng. Spraaklose klaer, ek sal jo u gedagtes leer ken; In jo u stom stuipe sal ek net so slim wees Soos bedelende kluisenaars in hul heilige gebed e; Jy sal nie sug, jo u stompies vir die hem el wys, knipoog, kopknik, kniel, o f ’n teken m aak Sonder dat ek daaruit ’n alfabet w ring En deur voortdurende oefening die betekenis daarvan leer. SEUN

(Snik) Liewe oupa, los tog nou hierdie w rang en diepe treurklagtes: Maak my tante liewer vrolik m et ’n aangenam e storie. MARCUS

Helaas, die tere kind se hart w o rd verskeur En hy huil oor sy grootvader se sw aarm oedigheid. TITUS

Vrede, jo n g lootjie; jy is van trane gem aak, En trane sal baie gou jo u lewe w eg laat smelt. Marcus slaan op sy bord met 'n mes. W aarna slaan jy m et jo u mes, M arcus? MARCUS

Na dit w at nou dood hier lê, m y heer: ’n vlieg. $5


TITUS

W eg m et jo u , m o o rd en a ar! jy verm orsel m y hart! M y oë w alg aan die skouspel van tiran n ie: O m die dood aan ’n onskuldige oo r te dra B etaam nie Titus se broer nie. Gee pad voor m y! Ek sien j y ’s nie geskik vir m y geselskap nie! MARCUS

Helaas, m y heer, ek het m aar net ’n vlieg doodgeslaan. TITUS

M aar nét? En as daardie vlieg ’n m oeder en vader had? H oe sou hy sy m aer, vergulde vlerkies laat hang En erbarm like gedoentetjies in die lug kruis-sing! Sies tog, die onskadelike vlieg H et, m et sy snoesige zoem ende m elodie H iernatoe gekom om ons plesierig te m aak, en j y ’t hom verm oor. MARCUS

V erskoon m y, m eneer; dit was ’n swart, afstootlike vlieg N et soos die keiserin se M o o r; daarom het ek hom vrekgem aak. TITUS

O, O, O.

V erskoon m y dan dat ek jo u dit kw alik kon neem, W an t jy het ’n w eldadige ding gedoen. Gee m y jo u mes, ek sal koning oor ho m kraai, Gevlei by gedagte dat dit die M o o r m ag wees W at ekspres hiernatoe gekom het om m y te verpes. H y steek daarna V at so vir jo u , en dis vir Tam ora. A, vuilgoed! T og, ek dink nie ons het so laag gesink nie, W an t ons tw ee saam kan nog ’n vlieg om bring W at h om in gedaante van ’n son-sw art M oor Aan ons opdring. MARCUS

Helaas, die arm e m a n ; sy leed het hom so verw ring D at hy skim agtige skaduwees vir w are wesens aansien. TITUS

K om , dek af. Lavinia, ko m saam m et m y : Ons gaan na jo u binnekam er, en ek sal treurige stories V ir jo u lees, w at uit die ou tyd kom . 56


Kom, seun, jy kom ook m ee: jo u oë is jo n k En jy sal lees as m yne blinderig begin blom . Hulle gaan.


Vierde Bedryf

TONEELI

Voor Titus se huis. Lucius se seun op en Lavinia hardloop agter hom aan; en die seun gee vinnig eenkant toe pad met sy boeke onder die blad. Titus en Marcus op. SEUN

Help, grootvader, help! T an t Lavinia volg m y N e t w aar ek gaan en ek w eet nie w aarom nie. Goeie oom M arcus, kyk net hoe rats is sy ; Ag, liewe tannie, ek w eet nie w at jy w il hê nie. MARCUS

K om staan hier, Lucius; m oenie bang wees vir haar nie. TITUS

Sy hou van jo u , seun, te veel om jo u ooit seer te maak. SEUN

Ja, toe vader nog in R o m e was, was dit waar. MARCUS

W at w il Lavinia m et al die gebare sê? TITUS

M oenie vrees nie, Lucius; sy probeer m aar net iets sê. MARCUS

K yk, Lucius, kyk hoe gaande sy oor jo u is; Sy wil hê jy m oet saam m et haar iewers heen gaan. Ag, m y seun, C ornelia het nooit m et groter sorg H aar seuns les gegee as w at sý soet gedigte En T ully se Orator aan jo u voorgelees het nie. K an jy nie raai w at sy van jo u wil vra nie? SEUN

M y heer, ek, ek w eet nie, en ek kan ook nie raai Tensy ’n bevlieging van waansin in haar gevaar het; W an t ek het al dikwels vir oupa gehoor sê D at uiterstes van sm art ’n mens mal kan maak, En ek het gelees dat H ekuba van T roje rasend Van verdriet was; dit het m y bang gem aak, 58


Alhoewel ek weet, m y heer, dat m y edele tante My net so lief het as w at m y m oeder m y ooit had, En dat sy m y nie wil verskrik, tensy dit uit dolheid is. Maar daarom het ek m y boeke neergegooi cn gevlug Sonder rede m iskien - verskoon m y, liewe tante, En, as oom M arcus ook saamgaan Sal ek u m et graagte vergesel, m adam e. MARCUS

Goed, Lucius, ek kom saam. Lavinia grawe met haar stonipies tussen die boeke wat Lucius laat val het. tit u s W at is dit nou, Lavinia! M arcus, w at bcteken dit? Daar is ’n boek w aarna sy soek. W atter een van hulle is dit, meisie? Seun, slaan hulle oop. Aan Lavinia. Maar j y ’s m eer belese, en toegerus vir beter boeke as dié. Kom, kom kies w at jy wil uit m y biblioteek En so kan jy dalk jo u treurigheid fop, tot die hem ele Die verdom de bedenker van hierdie daad openbaar. Hoekom steek sy haar arms so aanhoudend in die lug? MARCUS

Ek dink sy bedoel dat daar m eer as een skurk Betrokke was by die saak; ja, daar was m eer; O f anders gooi sy hul hem elw aarts in ’n soeke na wraak. TITUS

Lucius, w atter boek is dit w aarin sy blaai? SEUN

Dis O vid se Metamorfose, oupa; M y ma het dit vir m y gegee. MARCUS

Miskien het sy dit tussen die ander uitgegraaf U it liefde vir haar reeds heengegaan. TITUS

Bly stil! Kyk hoe haastig snuffel sy tussen die blaaie! Help h aa r! Waarna sou sy soek? Lavinia, sal ek vir jo u lees? Dit is die tragiese relaas van Philom el En handel oor Tereus se verraad en sy verkragting; En verkragting, vrees ek, was die w ortel van jo u ergernis. 59


MARCUS

K yk, broer, k yk net hoe sy die bladsye bestudeer. TITUS

Lavinia, lieflingkind, is jy ook so verras, O nteer en veronreg soos Philom ela was, G edw ing in daardie hartelose, verlate en som ber w oud? K yk! K yk! Ja, so ’n plek was daar w aar ons gejag het Ag, as ons m aar nooit daar gejag het nie O p patro o n van w at die digter hier beskryf D eur die n atuur vir m oord en verkragting geskik. MARCUS

O , w aarom sou die natuur so ’n vuil nes bou As dit nie was dat gode behae in tragedies skep? TITUS

Gee ons ’n teken, m y dogter, ons is alm al jo u vriende hier ; W atter R om einse heer het hierdie daad d u rf pleeg? H et Saturninus nie w eggesluip, soos Tarquinius destyds, T oe hy die kam p verlaat het om te sondig in Lucretia se bed? MARCUS

K om sit, liewe niggie; broer, ko m sit hier by my. Apollo, Pallas, Jupiter o f M erkurius: Besiel m y tog, dat ek die verraad m ag ontm asker! M y heer, k y k h ie r; kyk hier, L avinia: D ie erfie sand is skoon; rig, as jy kan D it soos ek dit doen. H y skryf sy naam met sy staf en lei die staf met voete en mond. Ek het m y naam geskryf Sonder die hulp van w atter hand ook. V ervloek is die hart w at ons tot dié uiterstes dw ing! S k ry f jy nou, liewe niggie, en wys vir ons oplaas W at G od vir w raak se saak o n tbloot wil hê: Die hem el lei jo u pen om jo u sm arte duidelik te sê D at ons die verraaiers en die w aarheid m ag k e n ! Sy neem die staf in haar mond, en beheer dit met haar voete, en skryf O , lees jy , m y heer, w at sy geskryw e het? TITUS STUPRUM , CH IRON, DEMETRIUS

(V erkragting, C hiron, D em etrius) 60


MARCUS

W at, wat! is die wellustige seuns van T am ora Skuldig aan hierdie afskuwelike, bloedige daad? TITUS MAGNI DO M INATO R POLI, TAM LENTUS AUDIS SCELERA? TAM LENTUS VIDES?

(Heerser van die om vangryke hem ele Is u so laks om misdade te sien en te hoor?) MARCUS

O, bly tog kalm , sagte heer, hoew el ek w eet Dat daar genoeg op hierdie aarde geskryf staan O m ’n m uitery in die mildste gem oed op te sweep En suigelinge se harte teen besware te bew apen. M y heer, kniel saam m et m y ; Lavinia, k n iel; En kniel, liewe jongeling, die R om einse H ector se hoop ; En sweer saam m et m y, soos die ellendige eggenoot En die vader van daardie kuis, onteerde dam e Junius Brutus gesweer het na verkragting van Lucretia, Dat ons, van goeie planne bedien, dodelik w raak Op die verraderlike Gote sal neem , En hul bloed sal sien, o f om kom aan verw yt. TITUS

Dis waar genoeg, en jy het gew eet hoe; Maar as jy die beerwelpies jag, pas dan op: As die m oer snuf in die neus kry, sal sy w akker w ord En sy’s nog im m er kop in een mus m et die leeu, En paai hom as sy w ydsbeen op haar rug lê en speel, Maar as hy slaap dan doen sy w at sy wil. Op jo u eentjie is jy ’n onbedrew e jagter, Marcus. En kom , ek sal ’n koperplaat gaan haal En met ’n staalpuntpen hierdie w oorde daarin k erf En dan w egbêre: die w rokkige noordew ind Sal hierdie sand soos Sybilla se blare w egw aai En wat w o rd dan van ons les? Knaap, w at sê jy ? SEUN

Ek sê, as ek ’n m an was, m y heer, Sal hul eie m oeder se slaapkam er geen skuiling bied Vir hierdie lae knegte van die R om einse juk. 61


MARCUS

Ja, so praat ’n m an! jo u vader het dikwels dieselfde vir sy ondankbare land gedoen. SEUN

Soos ek ook sal doen as ek leef, m y oom . TITUS

K om saam m et m y na m y wapensaal; Lucius, ek sal jo u daar uitrus, en veral M y seun - jy sal van m y na die keiserin se seuns Die presente neem w at ek vir beide bedoel. K om nou, jy sal m y boodskap dra, saljy nie? SEUN

Ja, m et m y dolk in hul borste, grootvader. TITUS

N ee, seun, nie so nie: ek sal jo u ’n ander m anier leer. Lavinia, kom . M arcus, sorg jy vir m y huis; Lucius en ek sal aan die h o f ons m oed gaan w y s: Ja, ons sal so w ragtie, m eneer, en hulle sal kennis van ons neem. H y gaan, gevolg deur Lavinia en jong Lucius. MARCUS

O , hem el, sal jy ’n goeie m an hoor kreun En nie w eek w ord, en nie deernis vir hom hê? M arcus, bly by hom in sy waansinnige nood, H y m et m eer littekens g eg rif in sy hart As die skrape van ’n vyand ingeduik op sy skild, En tog so opreg dat hy ho m nie wil w reek. Laat die hem el self vir ou A ndronicus b re e k !

Af. TONEELII

’n Saal in die Paleis Aron, Chiron en Deinetrius op by die een deur; by ’n ander deur jong Lucius, en nog iemand, met ’n bondel wapens, en verse op die wapens geskryf. CHIRON

D em etrius, hier is Lucius se seu n ; H y het ’n boodskap vir ons gebring. 62


Ja, ’n mal boodskap van sy swaksinnige oupa. SEUN

My here, m et al die nederigheid w at ek v ero o rlo o f w o rd Groet ek U Edeles nam ens A ndronicus; Tersy (en bid dat die R om einse gode julle albei verydel) DEMETRIUS

Hartlik bedank, lieflike Lucius, w at is die nuus? SEUN

Tersy (Dat julle nou op die lappe is, dis die nuus Vir booswigte m et verkragting bevlek) Hardop Mag dit u genoeë doen, My grootvader, by sy volle verstand, stuur saam m et m y Die beste wapens uit sy wapenhuis O m genot aan u eerbare jeu g te verskaf, Die hoop van R o m e, w ant so het hy versoek dat ek sê; En so sal ek dit doen, en ek wil sy geskenke A anU Edeles bied, dat w anneer die n o o d ju lle druk Julle gew apen en goed voorberei sal wees. En so neem ek van julle afskeid . . . Tersy. (Soos van bloederige skobbejakke) Seun en wapendraer af. DEMETRIUS

W at is dit? ’n rol? m et iets daarop geskryf? Laat ons sien: „INTEGER VITAE, SCELERISQUE PURUS, NON EGET MAURI IACULIS, NEC A R C U ”

(,,’n M an opreg in lewe en vry van sonde Is nie aan ’n M oor se boog o f spiese gebonde”). CHIRON

O, dis ’n vers van H oratius; ek ken dit goed; Ek het dit lank gelede in m y gram m atikaboek gelees. ARON

Ja, kolskoot; ’n vers van H oratius, jy is reg. Tersy


(Tja, w at ’n spektakel as mens ’n esel is! Dis nou vir jo u ’n b een trek k ery ! die ou m an het hul Skuld ontdek, En stuur vir hulle wapens in stanzas toegevou W at, verby hul gevoelens, to t in die kern kwes. As ons skerpsinnige keiserin net hiervan moes weet Sou sy A ndronicus se verw aandheid toejuig: M aar laat haar nog ’n rukkie in haar onrusbarendheid rus -) Hardop En nou, m y jo n g vriende, was dit nie ’n opgeruim de ster W at ons na R o m e gelei het, vreem delinge, en m eer as dit, Gevangenes, om tot die hoogtes bevorder te w ord? D it het m y hart goed gedoen om voor die paleispoorte Die trib u un binne hoorafstand van sy broer te tart. DEMETRIUS

M aar m y hart voel nog beter dat so ’n g root heer so Laakbaar w itvoetjie soek en vir ons presente stuur. ARON

H et hy dan nie rede nie, H eer D em etrius? H et jy nie baie vriendelik van sy dogter gebruik gem aak nie? DEMETRIUS

Ek wens ons had ’n duisend R om einse dames So op ’n streep, dat elkeen ’n kans m et ons wellus kan vat. CHIRON

’n W eldadige wens, en stam pvol liefde. ARON

H ier m akeer net jo u m oeder om am en te soen. CHIRON

En vir tw intigduisend m eer sou sy dit doen. DEMETRIUS

K om , laat ons al die gode gaan bid Vir ons geliefde m oeder in haar pyn. Hulle maak gereed om te gaan. ARON

(Bid vir die duiwels, die gode het ons opgegooi.) H y staan opsy; die klank van trompette. DEMETRIUS

W aarom blaas die tro m p ette so ’n fanfare? 64


CHIRON

W aarskynlik uit vreugde - die keiser het ’n seun. DEMETRIUS

Sjuut! wie k om hier aan? Oppasster op met ’n swart kind; as sy die jongelinge sien, bedek sy oorhaastig die kind met haar mantel. OPPASSTER

Goeie m óre, here. Sê m y asseblief, het julle A ron die M o o r gesien? Aron kom vorentoe. ARON

W el, so m in o f meer, o f glad nie ’n M oor, Hier is A ron, w at wil jy van A ron hoor? OPPASSTER

Huil O, liewe A ron, ons is almal v e rlo re ! Help nou, o f vervloek sal jy vir ew ig wees! ARON

N ou! vir w at staan en tjank jy soos ’n kat? W atter w arm patat het jy daar, m y skat? OPPASSTER

Ag, dit w at ek van die hem el se oë wil verberg: Ons koningin se skaam te en R o m e se skande! Sy is verlos, here, sy is verlos. ARON

Van wie? OPPASSTER

Ek bedoel sy het geboorte gegee. ARON

W el, m ag G od haar laat rus! W at het H y haar gestuur? OPPASSTER

’n D uiwel. ARON

Toe nou! D an is sy die duiw el se m oer: ’n V reugdevolle uitvloeisel. OPPASSTER

’n Vreugdelose, nare, sw art en treurige spruit! Sy wys hulle die kind. H ier is die baba, so verfoeilik soos ’n jan b lo m 65


Tussen die witkelktelers van ons ligte klim aat; Die keiserin stuur dit vir jo u , jo u stempel en seël, En vra dat jy dit m et jo u dolk se punt m oet doop. ARON

Voertsek! jo u snol! is sw art so ’n gem ene kleur? Bloesende liefling, j y ’s ’n fraai bloeisel, so waar. DEMETRIUS

Bliksem! W at het jy gedoen? ARON

D it w at jy nie w eer ongedaan kan maak. CHIRON

Jy het ons m oeder gedoem . ARON

Snotkop, ek het jo u m a gedoen. DEMETRIUS

En daarm ee, helhond, het jy haar losgetorring. W ee haar geluk, en verdoem haar afskuwelike keuse! V ervloek die telg van so ’n besoedelde boosw ig! CHIRON

D it sal nie leef nie. ARON

D it sal nooit sterf. OPPASSTER

A ron, dit m oet; die m oeder het so versoek. ARON

W at m oet dit, oppasster? Laat geen ander m an behalw e ek M y vlees en bloed tereg probeer stel. DEMETRIUS

Ek sal die paddavis aan die spits van m y rapier spiets; Oppasster, gee hier - m y swaard sal dit gou terug hel toe stuur. ARON

H ierdie swaard sal eerder jo u derm s oopploeg. H y neern die kind van die oppasster aj, en trek sy wapen. Staan, m oorddadige skurke? W il ju lle ju l eie boetie doodm aak? V oorw aar, by al die brándende fakkels van die lug W at so helder geskyn het toe die seun verw ek is, H y w at aan m y eersgebore seun en erfgenaam vat Sal sterf op m y krom sw aard se lem. Ek sê vir julle, snuiters, nóg Enceladus 66


Met die ganse dreigende bende van T y p h o n se gespuis, N óg die groot Alcides, nóg die oorlogsgod — Sal hierdie prooi uit sy vader se hande ruk. W at, wat, julle bloedkleurige, vlakhartige seuns! Julle witgekalkte m ure, julle krom -en-skeefgeverfde uithangborde Koolswart is beter as enige kleur O m dat dit al die ander kleure versm aai; W ant al die w ater in die oseaan Kan die swaan se swart beentjies nooit w itter draai A1 sou sy hul ook elke uur in die branders baai. Gaan sê vir die koningin dat ek m ondig genoeg ís O m my eie te behou, dat sy verskoon soos sy kan. DEMETRIUS

Gaan jy jo u edele meesteres so verloën? ARON

My meesteres is m y m aitresse; dit is m y self; Die lewenslus en die beeld van m y jeu g ; Hom verkies ek bo alles op aarde En die hele w êreld ten spyt sal ek hom veilig bew aar, So nie sal van julle soos mensekerse in R o m e rook. DEMETRIUS

Hiermee is ons m oeder vir ew ig in die skande gesteek. CHIRON

R om e sal haar vir die viese oortreding verag. OPPASSTER

Die keiser sal haar in sy w oede tot die dood veroordeel. CHIRON

Ek bloos as ek aan hierdie skandvlek dink. ARON

Ja, dis die voorreg waaraan jo u skoonheid ly. Foei! uitblakerende kleur w at jo u hart se geheim e drom e En raadplegings m et ’n gebloos v erraa i! H ier’s nou vir jo u ’n perdjie van ’n ander kleur; Kyk net hoe lag die swart slaaf m et sy vader, Asof hy wil sê, ,,ou-kêrel, ek is jo u n e soos koljander.” Hy is julle broer, here, duidelik gevoed Met daardie selfde bloed w at lewe aan julle geskenk het; En uit daardie skoot w aarin julle ook opgesluit was Is hy vrygelaat en aan die lig gebring. 67


Nee, h y ’s julle broer aan die bloed se kant, A1 het m y stem pel ook sy gelaat verbrand. OPPASSTER

A ron, w at sal ek vir die keiserin sê? DEMETRIUS

Adviseer ons, A ron, w at gedoen m oet w ord, En ons sal ons by jo u raad neerlê; R e d jy dan jo u kind, dat ons alm al veilig m ag wees. ARON

Laat ons gaan sit m et ons koppe bym ekaar. M y seun en ek sal m aar onder die w ind w il hou. Aron gaan staan tussen die Prinse en die kind, die oppasster is by die kind. Bly daar, praat nou na hartelus oor julle veiligheid. Hulle sit. DEMETRIUS

H oeveel vroue het hierdie kind van hom gesien? ARON

So-ja, kloekm oedige here, as ons saamstaan Is ek soos ’n lam ; m aar as julle m et die M o o r skoorsoek D an is die geïrriteerde w ildevark, die leeuw yfie in die berg, O f die oseaan se getye nie so erg soos A ron se storm s nie. M aar sê w eer, hoeveel vroue het die kind gesien? OPPASSTER

Cornelia, die v ro e d v ro u ; en ek self En niem and anders behalw e die keiserin nie. ARON

Die keiserin, die vroedvrou en jy : T w ee kan ’n geheim hou as die derde w egbly: Gaan sê vir die koningin, sê vir haar ek sê so, H y maak haar dood Preek! Preek! So skree ’n vark geslag vir die spit. DEMETRIUS

W at m aak jy , A ron? W aarom het jy dit gedoen? ARON

M y heer, dis ’n saak van b eleid ! Sal sy leef om ons skuld te gaan verklap? So ’n langtong, babbelende skinderbek? nee, here, nee, Laat m y nou al m y planne vir julle blootlê. 68


Hier naby w oon ’n sekere M uly, m y landgenoot; Laasnag het sy vrou die lew e geskenk Aan ’n kind w at soos sy lyk, so blond soos julle: Gaan maak m et h om ’n verbond, gee die m oeder goud, En vertel hulle van al die om standighede En hoe hul kind hierm ee voorregte kry En ontvang sal w o rd as die keiser se erfgenaam , Daar geplaas om m yne te vervang En die storm w at aan die h o f w oed te kalm eer. Laat die koning h om as sy eie op sy knie laat wip. Luister, here; soos ju lle sien het sy slegte m edisyne in, Hy beduie na die lyk En uit die aard van die saak m oet ju l haar versorg; Die veld is nie ver nie en julle is lekker kêrels . . . Dit gedaan m oet julle geen tyd verspil Maar die vroedvrou dadelik na m y toe stuur. Die vroedvrou en die oppasster eers uit die w eg geruim Kan die dames m aar kekkel soos hulle wil. CHIRON

Aron, ek sien jy v ertrou nie eens die lug Met jo u geheim e nie. DEMETRIUS

Vir hierdie bedagsaam heid teenoor T am ora Sal sy en hare jo u dank verskuldig bly. Hulle dra die oppasster af. ARON

En nou na die Gote, so vlug soos die swaeltjie vlieg, O m die skat in m y arms daar w eg te steek En in die geheim die keiserin se vriende te ontm oet. Komaan, jo u dikbek slaaf, ek sal jo u soontoe neem W ant dis jy w at die vlieg is in die salf; Ek sal jo u bessies en wortels laat eet; Jy sal van dikm elk leef, en die bok se spene suig, En tuisgaan in ’n grot, en ek sal jo u grootm aak Om ’n vegter te wees, bevelhebber oor ’n soldatekam p.

Af

69


T O N E E L

III

Voor die Paleis in Rome. Titus op; ook ou Marcus, sy seun Publius, jong Lucius, en ander edelmanne, met boë; en Titus drapyle met briewe aan diepunte vasgebind. TITUS

K om , M arcus, k o m ; vriende, dit is die weg. Seun, laat m y jo u pyl-en-boogskiet sien; Sorg dat jy die boog voluit span, en dat dit reguit is daar. ,Terras Astraea reliquit!’ (,die godin van geregtigheid het die aarde verlaat!’) O n th o u dit, Marcus. Sy’s w eg, sy het gevlug, M enere, neem ju l w erktuie op. Neefs, julle sal die oseaan gaan peil En julle nette op die w ater w erp; M et geluk m ag julle haar in die see betrap, En tog is daar net so m in regverdigheid as op die land. N ee; Publius en Sem pronius, julle m oet dit doen; Dis julle w at m et bylpik en graaf m oet gaan spit En deur die intiem ste kors van die aarde b re e k : D an, as julle in P luto se landstreek kom , Ek versoek julle, gee vir hom hierdie petisie; Sê vir h o m dis vir geregtigheid en hulp, En dat dit van ou A ndronicus kom , daar W aar hy bew e van w eem oed in ondankbare R om e. A, R o m e! W el, wel, ek het julle miserabel gem aak Destyds toe ek die volk se stem m c gegee het V ir h om w at m y nou tiranniseer. Gaan, gaan nou ju l gang! en wees asseblief tog versigtig En sorg dat julle elke oorlogskip visenteer: Die skelm keiser het haar dalk reeds hiervandaan verskeep En dan, vriende, kan ons w ind-op vir geregtigheid fluit. MARCUS

O Publius, is dit nie ’n verskriklike las om T e sien hoe verw ard jo u oom is nie? PUBLIUS

D aarom is dit ons aller beswil, here, D at ons hom dag en nag m et om sigtigheid bedien, En sy grille paai so saggies soos ons kan 70


T ot die tyd s e lf’n versigtige geneesm iddel vind. MARCUS

Bloedverw ante, sy sm art is alle genesing verby. Help die Gote, en laat ons m et w raakgierige oorlog Ons w oede op R o m e koel vir hierdie ondank, En w raak neem op die verraaier Saturninus. TITUS

Publius, w at is dit! W a t’s dit nou, m y meesters! W at, het julle haar gevang? PUBLIUS

Nee, m y goeie heer; m aar P luto laat w eet As jy W raak van die hel wil hê, is dit goed. Glo m y, w ant G eregtigheid, dink hy, w o rd tans D eur Jupiter in die hem el ingespan, o f iewers elders, Sodat jy opsluit ’n bietjie sal m oet wag. TITUS

Dis verkeerd van hom om m y aan ’n lyntjie te hou. Ek sal in die gloeiende m eer daar onder duik En haar aan die hakskeen uit die hel self sleep. Marcus, ons is net struikgewas, geen sederbom e nie, Geen fris-van-been m anne in die Sikloops se vorm g eg iet; M aar metaal, M arcus, staal tot in die m urg, T og verw ring deur onregte, m eer as w at die pype kon vat En as daar geen regverdigheid is, nóg op aarde, nóg in hel, Dan sal ons by die hem el aanklop en die gode oorreed O m R egverdigheid af te stuur om ons onregte te w reek. Kom , aan die w erk! Jy is ’n goeie boogskutter, Marcus. H y deel die pyle uit A d jo v em , dis vir jo u ; hier Ad A pollinem ; En Ad M artem is vir my. Hier, seun, vir Pallas; hier vir M erk u riu s; Aan Saturnus, Caius, nie vir Saturninus nie Daar kan jy net sowel teen die w ind op skiet Opskud, seu n ! M arcus, laat los w anneer ek so sê. Sowaar, ek het vir almal briew e geskryf, D aar’s nie ’n god w at nie versoek w o rd nie. MARCUS

(Mense, skiet al julle pyle in die hof: Ons sal die keiser in sy eer krenk).


TITUS

N o u , meesters, span! Hulle skiet Goeie, Lucius! Goeie seun, binne-in V irgo se skoot: gee dit vir Pallas. MARCUS

M y heer, ek het ’n m yl anderkant die m aan gem ik; Jo u b rief is nou reeds by Jupiter. TITUS

Ha, ha! Publius, Publius, w at het jy gedoen? Kyk, kyk, j y ’t een van Taurus se horings afgeskiet. MARCUS

D it was die grap, m y h e e r: toe Publius geskiet het, H et die Bul, baie vererg, vir Aries so ’n stam p gegee D at beide horings van die R a m afgeval het in die hof. En wie k ry hul toe daar? D ie keiserin se handlanger. Sy het gelag en vir die M o o r gesê hy m oenie Vol fiemies wees nie, m aar hulle present gee vir sy baas. TITUS

Ja, daar w ikkel hulle: G od gee Sy Edele baie plesier! Nar kom binne, met 'n mandjie, en binne-in twee duiwe. N uus, nuus van die hem el! M arcus, die pos is hier! Vent, w at is die boodskap? het jy enige briew e? Sal ek geregtigheid kry? w at sê Jupiter? N AR

Pieter, die galgem aker? H y sê hy het hulle m aar w eer Lêgem aak w ant die ou w o rd nie opgehys v oor volgende w eek M aandag nie. TITUS

M aar w at sê Jupiter, ek vra jo u ? N AR

Helaas, m eneer, ek ken geen hoed-eter n ie ; ek het nog nooit in m y lewe saam m et hom ’n kappie gem aak nie. TITUS

W at, verduiw els, het jy dan nie pos nie? N AR

Ja, posduiw e, m en ee r; niks m eer nie. TITUS

H oe nou, k om jy nie van die hem el nie? 72


N AR

Van die hem el? Jam m er, m eneer, m aar ek was nog nie daar nie. Mag God ’n stok in m y wiel steek as ek so voor-op-die-w a w ou wees om op m y safte ouderdom reeds hem el toe te w il gaan. Nee, ek is m et m y duifies op pad na die volk se troebelnaal om die m isverstand van ’n vuisslanery tussen m y oom en een van die keiser se m anne te probeer . . . skik. MARCUS

M y heer, h o o r hier - hierdie kêrel is net die m an waarna ons soek om vir jo u w o o rd te doen; laat hom sy duiw e vir die koning gee nam ens jo u . TITUS

Sê my, kan jy ’n redevoering voor die keiser doen met goeie fatsoen? NAR

Nee, sweerlik, m eneer: ek kan nie die keiser gaan vat en soen nie. TITUS

Kom hier, vent; alle grappies op ’n stokkie. Gaan koop liew er die keiser m et jo u duiw e om : Ek sien toe dat hy reg aan jo u laat geskied. Dê, vat so; dis solank betaling vir jo u voëls, Gee m y pen en ink. Hy skryf Sê my, kan jy ordentlik ’n versoek oorhandig? NAR

Ja, meneer. TITUS

Hier is dan ’n versoekskrif vir jo u . En as jy in sy teenw oordigheid kom m oet jy kniel en eers sy voet soen; dan gee jy jo u duiwe vir hom , en w ag vir jo u beloning. Ek sal daar wees, m eneer, so sorg dat jy dit na behore doen. NAR

Dit verseker ek jo u , m eneer; jy kan op m y reken. TITUS

Het jy ’n mes, kêrel? K om , laat m y dit sien. Hier, Marcus, vou dit in die orasie toe, 73


O f anders dink hy dit ko m van ’n nederige smekeling. En w anneer jy dit aan die koning besorg het, K om klop aan m y deur, en vertel m y w at hy gesê het. NAR

G od seën jo u , m eneer, ek sal m y riete roer. Nar af. TITUS

K om , M arcus, laat ons gaan; Publius, volg my.

Af. TONEEL

IV

Keiser en keiserin op, met haar twee seuns, kamerhere e.d.m.; die keiser dra die pyle wat Titus na hom geskiet het. SATURNINUS

M y here, kyk net na hierdie onregte! W as ’n keiser In R o m e ooit so oordonder, so gepla, hierm ee gekonfronteer, En in die toepassing van gelyke geregtigheid M et so baie veragting begroet? M y here, julle w eet, en die m agtige gode w eet W at die verstoorders van ons vrede hier ook al In die volk se ore m ag fluister - dat die bestraffing Van ou A ndronicus se seuns in daghelder ooreenstem m ing W as m et die w et. En w at dan daarvan As sy verdriet so sy verstand oorrom pel het? M oet ons geteister w o rd deur sy w raaksugtigheid, Sy nukke, sy raserny en sy bitterheid? En nou skryf hy hem el toe vir hulp, K yk: h ier’s vir Jupiter, en dit vir M erkurius; Dié is vir A pollo, en hierdie vir die oorlogsgod; Soet briefies w at deur die strate van R o m e v lieg ! W a t is dit behalw e laster teen die Senaat En die uitbasuin van ons onregverdigheid oral? ’n Goeie sin vir hum or, nê, m y vriende? A sof ons geen geregtigheid in R o m e sou h ê ! M aar so w aar soos ek leef, sy gehuigelde vervoering Sal hom nie vryskeld van hierdie g row w e vergrype n ie ; M aar hy en sy gebroed sal w eet dat geregtigheid 74


L.

In Saturninus se gesondheid leef, en as sy sou slaap Sal hy haar wek, sodat sy in toorn Die trotsste lew ende sam esw eerder sal vernietig. TAMORA

M y genadige heer, m y lieflike Saturninus, H eer van m y lewe, aanvoerder van m y gem oed, Kalm eer jouself, en verdra die misstappe van Titus se jare, Die uitw erking van leed oor sy onverskrokke seuns H ul verlies het h om diep deurboor en sy hart ontsier. Dis beter om h om in sy ontsteltenis te troos As om die slegste o f die beste vir hierdie m inagting Te vervolg. Tersy (Ja, dit sal die galgslim T am ora T o t eer strek dat sy ’n goeie w oordjie vir almal doen. M aar Titus, jo u het ek tot in die m urg aangetas; As jo u lewensbloed verdroog het, en A ron by sy wysie bly, D an is alles in die haak, die anker in die baai.) Nar op W at is dit, m y liewe vent? wil jy ons spreek? N AR

Ja, w at w ou! u nooi-goed is die kuiseres. TAMORA

Keiserin is ek, m aar daar oorkant sit die keiser. NAR

Dis hom . Kniel G od en sint Stefaans gee jo u goddem óre. Ek het vir jo u ’n b rief gebring, en ’n paar duiw e hier. Saturninus lees die brief. SATURNINUS

Vat hom w eg! en hang hom op die daad. NAR

Hoeveel geld k ry ek? TAMORA

K om kêrel, jy gaan swaai. N AR

G eh an g ! deur ’n d a m e ! dan het ek m y nek 75


vir ’n goeie einde uitgerek. Wagte lei horn weg. SATURNINUS

Boosaardige en ondraaglike o n re g te ! Sal ek hierdie beestelike gem eenheid verduur? Ek w eet w aarvandaan hierdie duiw elstreke kom . M ag ek dit verdra? A sof sy listige seuns W at volgens w et ingeboet het vir ons broer se m oord V ir m y verm aak w ederregtelik geslag is. Gaan, sleep die vuilgoed aan sy hare h iern ato e; N ó g ouderdom , nóg eer sal hom asiel kan bied: V ir hierdie hoon sal ek jo u laksm an w o rd Sluwe, hondsdolle ellendeling w at gehelp het om m y groot te maak In die hoop dat jy self oor m y en R o m e sal heers! Emilius op W at se nuus bring jy , Emilius? EMILIUS

N eem u wapens op, m y heer! N o o it had R o m e M eer rede daartoe nie. Die G ote het saam getrek, en m et ’n m ag Van vasbeslote m anne, uit om te plunder, M arsjeer hul in aller yl hiernatoe, onder geleide Van Lucius, O u A ndronicus se seun W at dreig om in die loop van hierdie w raak M eer te doen as w aartoe C ornelius ooit in staat was. SATURNINUS

Is oorlogsugtige Lucius generaal van die Gote? H ierdie tyding knou m y, en ek laat hang m y kop Soos blom m e doodgeryp, o f gras deur storm s platgeslaan. Ja, nou k o m ons ellende aangekruip. Dis vir h o m w at die volk op straat so lief is; Ek het self dikwels gehoor hoe hulle sê T oe ek v erm om as gew one m an gaan w andel het D at Lucius se verbanning ’n verkeerde ding was, En hoe hul wens dat hy die tro o n kon bestyg. TAMORA

W aarom sou jy vrees? Is jo u stad nie sterk nie? SATURNINUS

Ja, m aar die burgers verkies Lucius 76


En sal teen m y opstaan om hom tot hulp te kom . TAMORA

K oning, laat jo u gedagtes gebiedend wees, soos jo u naam ! Is die son dan benew el dat m uggies daarin kan vlieg? Die arend gedoog dat kleiner voëltjies sing En dit skeel h o m w einig w at hul daarby bedoel. W el w etende dat hy m et die skadu van sy vlerke N a willekeur hulle m elodie in kan k rim p ; N et so kan jy m et R o m e se lighoofdiges maak. M oenie neerslagtig wees nie; ek sê vir jo u , Keiser, Ek sal die ou A ndronicus betow er M et w oorde nog soeter, en daarom m eer gevaarlik As w at aas is vir ’n vis, o f kruidjie-roer-m y-nie vir ’n skaap Soos die een sal hy gew ond w o rd m et die aas, Soos die ander verro t van heerlike kos. SATURNINUS

M aar hy sal nie vir m y by sy seun pleit nie. TAMORA

As T am ora h om dit vra sal hy dit doen, W ant ek kan sy ou ore vlei en vol m aak M et goue beloftes, en, selfs al is sy hart H oe onaantasbaar, sy ore ook hoe doof, T og sal beide oor en hart gehoor gee aan m y tong. Aan Emilius Gaan jy vooruit, wees ons gesant: Sê dat die keiser ’n o nderhoud verlang M et oorlogsugtige Lucius, en m aak ’n afspraak, Selfs al is dit in sy vader, ou A ndronicus, se huis. SATURNINUS

Emilius, dra die boodskap m et eerbied oor, En as hy op ’n gyselaar vir sy veiligheid aandring, Vra hom w atter pand hom die beste sal pas. EMILIUS

Ek sal so goed m oontlik aan u opdrag voldoen. H y gaan. TAMORA

N o u sal ek na ou A ndronicus gaan En hom bew erk m et al die kunsies tot m y beskikking O m die trotse Lucius van die Gotiese krygers w eg te lok. 77


Liewe Keiser, wees nou w eer opgew ek En begraw e al jo u vrees onder m y valstrikke. SATURNINUS

Gaan salf h om dan m et sukses, en pleit tog m ooi. 4 f-

78


Vyfde Bedryf

TONEELI

Vlaktes naby Rowe. Lucius op met 'n leër Gote, met dromme en vlae. LUCIUS

Beproefde soldate, en m y getroue vriende, U it die grote R o m e het ek briew e ontvang W at aandui hoe baie hul hulle keiser haat En hoe gretig hulle is om ons te sien. D aarom , m agtige here, wees soos ju l titels getuig Gesaghebbend, en ongeduldig oor ju l onregte; En w aar R o m e vir julle skade berokken het, Laat hy dit driedubbel terugbetaal. EERSTE

GOOT

D apper loot gestam uit die g ro o t A ndronicus W ie se naam ons skrik was eens, en nou ons troos, W ie se kordaatstukke en eerbare dade D eur ondankbare R o m e m et m inagting vergeld w ord, Jy kan op ons reken: ons volg jo u w aar jy ons lei Soos kwaai bye op die heetste som erdag D eur hul koningin gelei w o rd na blom ryke boorde En ons sal ons w reek op vervloekte T am ora. GOTE

En w at hy gesê het, dit wil ons beaam. LUCIUS

N ederig bedank ek hom , en ek dank julle almal. M aar wie k o m daar aan, gelei deur ’n stewige G oot? 'n Goot lei Aron - met sy kind in die arms - binne. TWEEDE

GOOT

B eroem de Lucius, ek het van ons troepe afgedwaal O m na ’n bouvallige klooster te gaan kyk, En toe ek, droom verlore, die afgetakelde gebou Van naderby w ou beskou, het ek skielik ’n K ind onder ’n m u u r hoor huil. Ek was 79

if


N o g besig om m y w eg na die geskreeu te soek toe Ek h o o r hoe die huilende baba getroos w o rd m et die w oorde ,Stil nou, geelbruin slaaf, helfte van m y en helfte jo u ma! As jo u kleur nie bekend gem aak het wie se bengel jy is As die n atuur jo u m aar jo u m oeder se huid w ou gee Karnallie, sou jy ’n keiser kon w o rd ; M aar w aar die koei en die bul albei m elkw it is V erw ek hul nooit ’n bloedsw art kalfie nie. Stil, m y apie, stil n o u !’ So het hy die baba gesus, ,W ant ek m oet jo u na ’n vertroubare G oot bring W at, as hy w eet dat jy die keiserin se kind is, Jou veilig sal oppas vir jo u m oeder se o n tw il!’ H ierop het ek, m et m y w apen gereed, op hom afgestorm En h om onverhoeds oorm an, en hiernatoe gebring O m m et hom te doen w at jy goed m ag ag. LUCIUS

O verdienstelike G oot, dit is die baarlike duiw el W at A ndronicus b ero o f het van sy goeie hand. D it is die pêrel w at plesier gevind het in jo u koningin se oog, En hier is die snode vrug van haar sm eulende wellus. Praat, puilogige slaaf, w aarheen was jy op pad M et hierdie gróeiende ew ebeeld van jo u besete gesig? W aarom sê jy niks? W at, j y ’s doof? Geen kiep o f kik? Soldate, ’n strop! hang h o m aan hierdie boom En aan sy sy, sy vrug van basterkap. ARON

Los die seuntjie uit, hy is van vorstelike bloed. LUCIUS

Te veel soos sy vaar om ooit enige goed te doen. H ang eers die kind, dat hy ho m teen dood kan sien spartel ’n Gesig w at bow e-al ’n vader se siel trotseer en m artel. B ring vir m y ’n leer. ’« Leer word gehaal, en Aron gedwing oin op te klitn. ARON

Van bo-af Lucius, spaar die kind En neem dit van m y na die keiserin. As jy dit doen sal ek jo u w onderlike dinge wys W at jo u tot voordeel sal strek om aan te hoor: 80


As jy nie wil nie, laat gebeur w at m oet gebeur, Ek sê niks meer, net, w raak sal julle binnegoed uitskeur! LUCIUS

Sê jo u sê, en as dit m y behaag w at jy vertel Sal jo u kind leef, en ek sal sorg dat dit gevoed w ord. ARON

En as d itjo u behaag! Nee, wees verseker, Lucius, D it w at ek gaan vertel sal jo u siel verteer; W ant ek m oet van m oord praat, verkragting en bloedbad, B edryw e van die swartste nag, walglike gruw eldade, Samespannings van ondeug, verraad, gem eenheid, B etreurensw aardig om te hoor, tog m et m edelye opgevoer En dit sal alles in m y dood begraw e w ord Tensy jy voor m y sweer dat m y kind sal leef. LUCIUS

O penbaar jo u gem oed; ek sê jo u kind sal leef. a r

o N

Sweer vir m y ’n eed, dan sal ek begin. LUCIUS

By wie sal ek sweer; jy glo in geen god; D it in ag genom e, hoe kan jy glo in ’n eed? A RO N

W at traak dit as ek nie glo nie? en, dis waar, ek kan nie glo W ant ek sweer dat jy godsdienstig is M et ’n gevoel in jo u w at jy gew ete noem M et tw intig paapse aanwensels en seremonies, En ek het gesien jy kom hul sorgvuldig na D aarom eis ek jo u eed; om dat ek w eet D at ’n idioot sy narresepter as ’n god beskou En die eed w at hy by die god sweer gestand sal doen. D aarom vereis ek jo u eed; en daarom sal jy sweer By daardie god - w atter god dit ook m ag wees W at jy verafgood en m et eerbied aanskou, D at m y seun sal leef, gevoed en grootgem aak deur jo u ; So nie sal ek niks aan jo u openbaar. l u c iu s By die naam van m y god beloof ek dit. A RO N

Eerstens m oet jy w eet: ck hct hom in die keiserin verw ek.


LUCIUS

O mees onversadigde en vleesweelderige v ro u ! ARON

K om bog, Lucius, dit was slegs ’n liefdesdaad Vergeleke by dit w at jy aanstons van m y gaan hoor. Dis haar tw ee seuns w at Bassianus verm oor h e t; H ulle het jo u suster se tong uitgehaal, en haar onteer, En haar hande afgesny, en haar gesnoei soos jy kon sien. LUCIUS

O veragtelike skurk! noem jy dit snoei? ARON

N o u ja, sy is gewas, gesny en gesnoei! En dit was ’n W are stoeisport vir hulle w at die plesier had. LUCIUS

O barbaarse, dierlike ontuig, soos jy ook! ARON

Inderdaad, ek was die onderw yser w at hul afgeng het. Die balhorige gees had hul reeds van die m oeder So goed ’n kaart as w at ooit ’n pot kon w en; H ul bloedige geesdrif, dink ek, het hul van m y geleer So opreg ’n hond as w at ooit ’n bul by die horings kon pak. W el, laat m y dade van m y w aarde getuig. Ek het jo u broers gelok na daardie arglistige gat W aar die nat lyk van Bassianus gelê het; Ek het die b rief geskryf, deur jo u vader opgetel, En het die goud versteek, verm eld in daardie brief, In bondgenootskap m et die koningin en haar seuns. Is daar enigiets gedoen - w at jy later moes betreur W aar ek geen aandeel in die onheil had? Ek het jo u vader vir sy hand verkul En toe ek dit had, eenkant gaan staan En m y hart het so am per gebars van die lag. Ek het deur ’n bars in die m uur geloer T oe hy sy tw ee seuns se koppe gekry het, in ruil vir sy hand; Ek het sy trane gesien en so hartlik gelag D at m y oë net so reënerig soos syne w as; En toe ek die keiserin van die grap vertel het H et sy byna flou geval oor m y vrolike verhaal 82


En m y tw intig soene vir die goeie nuus betaal. EERSTE

GOOT

W at, kan jy dit alles vertel sonder om te bloos? ARON

Ja, soos ’n sw art hond, sê die gesegde mos. LUCIUS

Berou jy nie die afskuwelike dade nie? ARON

Sekerlik . . . dat ek nie ’n duisend m eer kon doen. Selfs nou vervloek ek die dag, en tog, ek dink W einig is die dae binne die bestek van m y vloek W at ek nie verew ig het m et ’n berugte kw aad nie: Soos, ’n m an verm o o r o f anders sy dood beplan; ’n Meisie verkrag o f oorlê hoe dit gedoen kan w o rd ; ’n O nskuldige beskuldig, en m eineed pleeg; Dodelike vyandskap tussen tw ee vriende skep; Die armes se koeie hul nekke laat b re e k ; Skure aan die brand steek, en hooim iedens snags, En die eienaars genooi om dit m et hul trane te blus. Dikwels het ek dooies uit hul grafte gegraaf O m hulle penorent voor ’n boesem vriend se deur sit te m aak W anneer hul hartseer al byna vergete was En op hul velle, soos op bom e se bas Het ek m et m y mes in R om einse letters gekerf; ,H ou jo u verdriet lew endig, al het ek ook gesterf.’ M aar ek het ’n duisend verskriklike dinge gedoen So m aklik soos mens ’n vlieg doodm aak. En waarlik, niks m aak m y treurig nie, Behalwe dat ek tienduisend m eer sou w ou doen. LUCIUS

Bring die duiw el af, w ant om hom te hang Is te week, te genadig ’n dood. ARON

Ek wens ek kon ’n duiw el wees as daar duiwels was, O m in ’n ew igdurende vuur te leef en braai, En dat ek jo u geselskap in die hel m ag hê N et om jo u siel uit te trek m et m y bitter tong. LUCIUS

Here, stop sy m ond toe, laat hom nie langer skel nie. 83


Soldate bind sy wond toe, en bring how na benede. 'n Goot op GOOT

M y heer, hier is ’n boodskapper van R o m e W at vra om deur u ontvang te w ord. LUCIUS

Laat h o m nader kom . Emilius word na vore gebring. W elkom Emilius, w at is die nuus van R om e? —

EMILIUS

H eer Lucius, en julle, prinse van die Gote, Die R om einse keiser groet julle almal deur m y, En hy vra - siende dat jy die wapens opgeneem het Vir onderhandelinge in jo u vader se huis; H y sê ook jy kan vir gyselaars vra En hulle sal onm iddellik uitgelew er w ord. EERSTE

GOOT

W at sê ons generaal? LUCIUS

Emilius, laat die keiser sy pande Aan m y vader en m y oom M arcus gee. En ons sal kom . Kapteins, m aak gereed vir die mars. Hulle gaan.

T O N E E L II

Binneplaas van Titus se huis. Tainora en haar twee seuns kom binne, veriiioin as wraak, vergesel van verkragting en moord. TAMORA

So, in hierdie vreem de en triestige uitrusting Sal ek A ndronicus ontm oet En voorgee dat ek W raak is, van benede gestuur O m by h o m aan te sluit en sy afskuwelike onregte te herstel. K lop aan by sy studeerkam er, w aar hy, so w ord dit beweer, H om self opsluit om vreem de en ontsettende w raakplanne te o o rp ein s; Sê h om W raak is hier om haar by hom te voeg En verw arring onder sy vyande te saai. 84


Hulle klop. Titas niaak 'n venster oop, bo. tit u s W ie d u rf m y meditasies kom steur? Is dit jo u skelmstreek om m y die deur oop te laat m aak Sodat m y duistere besluite so w eg m ag waai En al m y studies tevergeefs m ag wees? Jy flous jouself, w ant w at ek beoog om te doen, Sien jy , het ek hier in bloederige reëls neergeskryf, En w at geskryf is sal volbring w ord. H y wys haar ’n vel papier inet bloed beklad TAMORA

Titus, ek het gekom om m et jo u te praat. TITUS

Nee, geen w oord. H oe kan ek m y w oorde tot sieraad strek Sonder ’n hand om hul tot uitvoering te bring? Jy het die oorhand verkry, dus - genoeg! TAMORA

As jy m y herken het sou jy m et m y w ou praat. TITUS

Ek is nie mal nie; ek ken jo u goed genoeg; Aanskou hierdie ellendige klou, aanskou hierdie hoogrooi reëls, Aanskou hierdie lyne deur sm art en k o m m er g e tre k ; Aanskou die uitputtende dag en die sw artsw are n a g ; Aanskou alle verdriet, dat ek jo u goed ken As ons trotse koningin, m agtige T am ora. H et jy nie hiernatoe gekom vir m y oorskiet-hand? TAMORA

W eet dan, beroerde m an: ek is nie T am ora nie. Sy is jo u vyand, en ek jo u vriend. Ek is W raak, deur die helse koninkryk gestuur O m die knaende aasvoël van jo u gem oed te kalm eer D eur w rede w eerw raak op jo u vyande te bewerkstellig. Kom na benede en verw elkom m y to t hierdie w êreld se lig ; Raadpleeg m y vir m oord en vir dood. Daar is geen hool o f grot o f w egkruipplek, Geen ontsaglike ondeursigtigheid o f mistige vallei, W aar koudbloedige m oord o f veragte ontug Teen vrees kan skuil, w ant ek sal hul kry 85


En m y vreeslike naam in hul ore sê: W raak, w at die sm erige oortreder laat bibber. TITUS

Is jy W raak? en is jy na m y gestuur O m ’n foltering vir m y vyande te wees? TAMORA

Ek is; daarom , ko m na benede en verw elkom my. TITUS

D oen m y eers ’n guns voor ek na jo u kom . K yk daar langs jo u w aar M o o rd en O n tu g staan; Gee m y nou die versekering dat jy W raak is. D eu rb o o r hulle, o f breek hul oor jo u strydw a se wiele; D an sal ek ko m en jo u voerm an wees En saam m et jo u om die aardbol wentel. V oorsien tw ee deftige dam esryperde, sw art soos git O m jo u w raakgierige wa te trek op ’n vlugge rit, En betrap die m oordenaars in hul skuldige grotte; En as jo u koets gelaai is m et die rotte se koppe Sal ek afklim , en langs jo u w aw iel d raf Soos ’n onderdanige huiskneg dw arsdeur die dag, V anaf die oom blik dat die songod in die ooste opstaan T o t by sy verslane neerstorting in die see: En dag na dag sal ek die swaar taak verrig Solank jy m aar V erkragting en M oord daar vernietig. T A M O RA

H ulle is m y ministers, saam m et m y hiernatoe gekom . TITUS

Is hulle jo u ministers? w at is hul nam e? TAMORA

V erkragting en M o o rd ; hulle w o rd so genoem O m d at hulle w raak op daardie m isdadigers neem. TITUS

M y goeie God, hoe baie lyk hulle soos die keiserin se seuns En jy soos die keiserin! m aar ons aardse wesens H et miserabele, mal, m istastende o ë ! O soete W raak, nou kom ek na jo u toe; En as die een arm se om helsing jo u iets sê D an sal ek jo u straks in m y arm kan hê, H y ntaak die venster toe. 86


TAMORA

Hierdie ooreenstem m ing m et hom pas sy waansin m ooi. W at ek ook m ag versin om sy breinsieke luim e m ee te voer, M oet julle in ju l doen-en-late handhaaf en bekrag; W ant nou glo hy vas dat ek W raak is En, liggelow ig soos hy in hierdie mal verm oede is Sal ek hom oorreed om sy seun Lucius te laat kom , En terw yl ek h o m m et ’n feesmaal besig hou Sal ek uit die vuis ’n slinkse streek bedink O m die lighoofdige G ote uitm ekaar te laat spat O f ten m inste sorg dat hul teen ho m draai. W ag, hier k o m hy nou, en ek m oet m y rolletjie speel. Titus koni te voorskyn uit sy huis. TITUS

Lank was ek verlore, en dit net weens jou. W elkom , gevreesde Furie, in m y ram psalige huis: V erkragting en M oord, julle is ook w elkom . H oe baie lyk julle tog soos die keiserin en haar seuns . . . Julle is goed uitgedos, as ju l m aar ’n M oor ook had: (Was daar in die hele hel dan nie so ’n duiw el te vinde nie)? W ant ek w eet m aar te goed dat die keiserin nooit H aar paadjies loop sonder die geselskap van die M o o r; En as julle ons koningin oortuigend w ou na-aap Sou dit m eer oortuigend wees as ju l so ’n duiw el had! M aar julle is w elkom soos ju l is. W at sal ons doen? TAMORA

W at wil jy hê dat ons m oet doen, Andronicus? DEMETRIUS

W ys vir m y ’n m oordenaar, ek sal m et ho m afreken. CHIRON

W ys vir m y ’n smeerlap w at ontug gepleeg het, En ek is reg om m y op hom te w reek. TAMORA

W ys vir m y ’n duisend w at jo u onreg aangedoen het En ek sal hulle alm al van m y w raak laat proe. TITUS

Gaan snuífel deur die goddelose strate van R o m e En as jy iem and w at na jo u lyk op die ly f loop, Goeie M oord, steek h o m ; h y ’s ’n m oordenaar. 87


Gaan jy m et ho m saam en as jy so gelukkig is O m ’n m an te on tm o et w at is soos jy , Goeie O n tu g , steek hom , h y ’s ’n verkragter. Gaan jy ook m et hul m ee; aan die keiser se h o f Is daar ’n koningin van ’n M o o r vergesel Jy sal haar aan jo u eie p o rtu u r herken, W an t sy k om presies m et jo u ooreen Ek vra jo u , m aak hulle op ’n gew elddadige m anier dood; H ulle was gew elddadig teenoor m y en myne. TAMORA

Jy het ons goed ingelig: ons sal dit doen. M aar, goeie A ndronicus, kan jy asseblief Jo u seun Lucius, driem aal dappere seun, laat haal, H y w at ’n bende bloeddorstige G ote na R o m e lei, En h o m vra om aan jo u huis fees te kom vier? W anneer hy aanwesig is, hier by jo u plegtige banket, Sal ek die keiserin en haar seuns inbring, D ie keiser self ook, en al jo u vyande, En aan jo u genade oorgelew er sal hulle buk en kniel En jy sal jo u bitter hart na hartelus op hulle kan verniel. W at sê jy , A ndronicus, van hierdie plan? TITUS

M arcus, m y broer! treurige ou Titus roep. Marcus op Gaan, goeie M arcus, gaan soek jo u broerskind Lucius. Jy sal h o m onder die G ote k ry : Versoek h o m om na m y toe te ko m en laat hom Som m ige van die belangrikste Gotiese prinse saam bring; Vra dat sy soldate daar w aar hul is kam p opslaan. V ertel h o m die keiser en die keiserin ko m vir ’n banket By m y aan huis, en hy sal saam m et hulle fuif. D oen jy dit uit liefde vir m y, en praat hom om As hy sy gryse vader se lewe respekteer. MARCUS

Ek sal dit doen, en gou w eer terug wees. H y gaan. TAMORA

N o u sal ek ook jo u opdragte gaan uitvoer En m y ministers saam m et m y neem. 88


TITUS

Nee, nee, laat V erkragting en M oord by m y bly O f so nie roep ek m y broer w eer terug O m aan geen ander w raak behalw e Lucius getrou te bly. TAMORA

(W at sê julle, seuns? wil julle by hom bly T erw yl ek aan ons heer die keiser gaan vertel H oe ek die voorafbeplande streep getrek het? Gee toe aan sy buie, praat m ooi so na sy m ond, En hou h o m besig to tdat ek terugkom ) TITUS

(Ek het hulle alm al herken, al dink hulle ek is ’n sot; En sal hulle in hulle eie planne verstrik, ’n Paar vervloekte helhonde en hul m oer.) DEMETRIUS

M adam e, gaan g eru s; los ons hier. TAMORA

T o t siens, A ndronicus: W raak gaan nou O m ’n valstrik vir jo u vyande te span. TITUS

Ek w eet jy sal; en, liewe W raak, tot siens. Sy gaan. CHIRON

Sê nou vir ons, ou m an, hoe sal ons gebruik w ord? TITUS

Bog, ek het w erk genoeg vir julle. Publius, k o m hier, Caieus en Valentinus! Publius en ander kom uit die huis. PUBLIUS

W aarom roep u ons? TITUS

Ken jy die twee? PUBLIUS

Die keiserin se seuns, sou ek skat - C hiron En Dem etrius. TITUS

Foei, Publius, foei! jy het dit heeltem al m is; Die een is M oord, en V erkragting is die ander se naam : 89


Bind hulle daarom vas, sagte P u b liu s: Caieus en Valentinus, gryp hulle: Julle het m y dikwels vir die uur gehoor sug, En nou het ek dit g ev in d : bind hulle dus stewig vas; En hou hul m onde toe as hul begin skree. H y gaan in; Publius en sy makkers gryp Chiron en Deinetrius. CHIRON

Swerkaters, pas o p ! ons is die keiserin se seuns. PUBLIUS

Juis daarom doen ons w at ons beveel is; Stop lappe in hul m onde, laat hul geen w o o rd m eer sê, Is hy stewig vasgebind? daardie knope m oet hou. Titus Andronicus op, met 'n mes; en Lavinia met 'n skottel. TITUS

K om , kom , Lavinia; kyk, jo u jagters is vasgebind. M enere, bind hulle m onde toe, laat hulle nie m et m y praat nie, M aar laat hul h o o r w atter ontsettende w oorde ek m oet uiter. O varke, C hiron en D em etrius, H ier staan die bron w at julle m et m odder bevuil het, H ierdie m ooi som er m et julle w inter verm eng. Julle het haar m an verm oor, en vir daardie lafhartige daad Is tw ee van haar broers gevonnis to t die dood; M y hand is afgekap, en was net ’n handige grap, En haar tere hande albei, haar tong, en dit w at kosbaarder Is as hande o f tong, haar vlekkelose m aagdelikheid, O nm enslike verraaiers, het julle oopgebreek en verkrag. W at sou julle sê as ek julle nou laat praat? V uilgoed, selfs julle sal te skaam wees om vergiffenis te vra. Luister, ellendelinge, na die m arteling w at ek vir julle berei. H ierdie een hand het ek nog om ju l kele oop te sny, T erw y l Lavinia tussen haar stom pies die skottel W aarin ju lle skuldige bloed gaan tap, vas sal hou. Julle w eet ju l m oeder wil hier by m y k om eet, En dat sy haarself W raak noem , en dink ek is getik: Luister, vullis, ek sal ju l bene m aal tot stof En daarm ee en van ju l bloed sal ek ’n deeg knie En daarvan ’n kors soos ’n doodkis bak, En van ju l skandekoppe tw ee vleispasteie brei En daardie hoer, ju l onheilige m oer, nooi 90


Om soos die aarde haar eie opgooisel in te sluk. Dit is die fees w aartoe sy uitgenodig w ord En dit is die banket w aaraan sy haar gaan o o rv re e t; W ant slegter as Philom el het julle m y dogter mishandel En erger as P rogne sal m y w raak op julle wees: En maak nou julle kele skoon - Lavinia, kom . Vang die bloed op: en w anneer hulle dood is, Laat my hul bene to t ’n poeier gaan vergruis En dit besproei m et hierdie haatlike vloeistof, En laat hul viese koppe in daardie deeg gebak w ord. Kom , kom , elkeen m oet hand uit die m ou steek O m die feesmaal klaar te kry, w at, so hoop ek, W oester en bloederiger gaan wees as die Perdm ense se fees. Hy sny hulle keel-af So, bring hulle nou in, en ek speel die kok En maak hul g o u -gou gaar vir w anneer hul m oeder kom . Hulle dra die lyke die huis in. TONEEL

III

Lucius, Marcus en die Gote op, met Aron 'n gevangene, en die kind in die arms van 'n hediende. LUCIUS

O om Marcus, siende dat dit m y vader se wens is Dat ek na R o m e m oet kom , is ek tevrede. GOOT

En ons m et jo u ; laat gebeur w at die lot ook bepaal. LUCIUS

Liewe ooin, neem jy hierdie barbaarse M oor, Die vraatsige tier, die vervloekste d u iw e l; Gee hom geen kos nie, slaan hom in boeie T ot hy van aangesig to t aangesig voor die keiserin kan staan As sprekende getuienis van haar gem ene vuilspel. En sorg dat die hinderlaag van ons vriende sterk is; Ek vrees die keiser het geen goeie bedoelings m et ons. ARON

Mag die een o f ander duiw el vloeke in m y oor sis En my voorsê, sodat m y tong die giftige w rok Van m y opgeswelde hart uit m ag spoeg! 9i


LUCIUS

Voertsek, onm enslike hond! o n tw y d e slaaf! M enere, help m y oom daar en sleep ho m in. Gote lei Aron in; trompette blaas. Die tro m p ette kondig die keiser aan. Die keiser en keiserin op, met Emilius, tribune en ander. SATURNINUS

So, is daar m eer as een son aan die firm am ent? LUCIUS

W ie gee jo u die reg om in die son se gedaante te wil praal? MARCUS

Keiser van R o m e, en neef, onderbreek julle w o o rd g o o ie ry ; H ierdie kopstukke m oet vreedsaam uitgepraat w ord. D ie fees is gereed - die sorgsame Titus H et dit vir ’n eerbare doel bestem , V ir vrede, vir liefde, vir bondgenootskap, en vir alles w at goed vir R o m e is. Asseblief dan, k o m nader, neem ju l plekke in. SATURNINUS

M arcus, ons sal. Bediendes dra 'n tafel uit; trompette word geblaas; Titus op, soos yn kok, en plaas die skottels op die tafel; en Lavinia met yn sluier oor haar gesig; jong Lucius en ander. TITUS

W elkom , m y heer; w elkom , gevreesde koningin; W elkom , julle strydhongere G ote; w elkom Lucius; En w elkom , alm al: al is die kos nie w atw onders nie, D it sal ju l m ae vul: val dus w eg, asseblief. SATURNINUS

H oekom is jy so aangetrek, A ndronicus? TITUS

O m d at ek seker w il m aak dat alles reg is O m U H oogheid en jo u keiserin te onthaal. TAMORA

Jy steek ons in die skuld, goeie Andronicus. TITUS

As jy m aar k on w eet hoe w aar jy praat. M y heer die keiser, sê bietjie vir m y: W as dit ’n goeie ding w at voortvarende Virginius gedoen het 92


Toe hy sy dogter m et sy eie regterhand gedood het Om dat sy gedw ing was, bevlek en gedefloreer? SATURNINUS

Dit was, Andronicus. TITUS

En jou rede daarvoor, m agtige heer? SATURNINUS

W ant die meisie behoort nie haar skande te oorleef Om deur haar teenw oordigheid sy droefenis Altyd weer oop te krap nie. TITUS

’n M agtige rede, sterk en doeltreflfend; ’n Patroon, presedent en treffende m agtiging Vir my, arm e ongeluksvoël, om dieselfde te doen. Sterf, sterf, Lavinia, en jo u skande saam m et jo u , En met jo u skande sterf jo u vader se verdriet! Hy maak haar dood. SATURNINUS

Wat het jy aangevang, jo u onnatuurlike skepsel? TITUS

Haar oor wie ek m y oë blind gehuil het, Het ek gedood. Ek is net so ellendig soos Virginius was, En het ’n duisend keer m eer rede as hy Om hierdie gew elddaad te pleeg, en dis nou gedaan. SATURNINUS

Wat, was sy verkrag? Sê dan wie het dit gedoen? tit u s Sal jy asseblief nog eet? Sal ek nog opskep vir U H oogheid? TAMORA

Hoekom het jy jo u enigste dogter so verm oor? TITUS

Dit was nie ek nie; C hiron en D em etrius Het haar geplunder en haar tong u itgehaak; Hulle, ja, hulle het haar al hierdie onregte besorg. SATURNINUS

Gaan haal hulle, bring hul dadelik hier voor my. TITUS

Kyk, daar is hul reeds, gebak in die pastei 93


W aaraan hul m oeder pas so fyntjies gepeusel het Etende van die vlees w at sy self geteel het. Dis waar, dis w aar; kyk net hoe skerp was die einste mes! H y steek sy mes in haar. SATURNINUS

Vrek, waansinnige w oesteling, vir die vervloekte daad! H y waak Titus dood. LUCIUS

M ag die seun se oog toekyk as sy vader bloei? H ier’s m aat vir m aat, dood vir ’n dodelike daad! H y waak Saturninus dood. Daar is oproer en rumoer; Lucius, Marcus en ander vlug en haan hul weg tot op die halkon. MARCUS

Julle treurige m anne, burgers, seuns van R om e, O p ro er se prooi soos die vlug wilde-eende D eur vlae en hoë, heftige valw inde verstrooi, O , laat m y julle wys hoe om die verw arde halms W eer in een vaste g erf vas te vat, H ierdie gebroke bene w eer in een ly f te balsem O p d at R o m e nie ’n verskrikking vir haarself sal word, En sy, v oor wie m agtige koninkryke buig, Soos ’n verlore, w anhopige skipbreukeling M et skande oordek, die hand aan haar eie lewe slaan. M aar as m y rypw it tekens en die krake van m y jare,

Somber getuies van ware ervaring, Julle nie kan oortuig om na m y w oorde te luister nie, Praat dan, liewe vriend van R o m e, soos ons voorvader eens T oe hy m et plegtige tong in die ontvanklike oor Van die sm oorverliefde D ido die storie van daardie V erskriklike knetterende nag vertel het, T oe die subtiele Grieke K oning Priam os se Troje oorval het. Vertel ons w ie is die Sinon w at ons ore beheks het, W at die b u rg eroorlogw ond in ons Troje, ons R om e, se sy laat gaap. M y hart is nie van klip o f staal gem aak nie, En ek kan nie uiting aan ons bittere droefenis gee nie, W an t m y w oorde sal verdrink w o rd in ’n tranevloed En m y stem sal breek, juis by hierdie geleentheid W aar dit julle m oet raak, julle ag m oet gee, 94


En'tot meegevoel geroer behoort te w ord. Hier is R om e se jo n g kaptein, laat hy vertel Wyl ek hier by die aanhoor van sy w oorde staan en ween. LUCIUS

Laat dit dus openbaar gem aak w ord, liewe toehoorders, Dat dit C hiron en die verdom de D em etrius was Wat ons keiser se broer verm oor het; En hulle was die verkragters van m y suster. Vir hulle lae misdade is ons broers onthoof, Ons vader se trane verag, en laakbaar verkul Vir daardie opregte hand w at R o m e se geskille besleg het En haar vyande in grafte in kon jaag. En oplaas is ook ek w ederregtelik verban, Die stadspoorte teen m y gesluit, en in trane het ek m y Daar buite bevind om verlossing by R o m e se teenstanders Te soek; my trane het hulle vyandigheid oorvloei En met ope arms het hul m y as vriend ontvang. Julle moet weet dat ek die m an is wie Rom e se welvaart in m y bloed bew aar het, En uit haar boesem het ek die vyand se lem gepluk En die staal in m y avontuurlustige ly f geskeed. Helaas, julle weet dat ek nie m y eie basuin blaas nie; My littekens kan getuig, so stom soos hul ook is, Dat my verslag regverdig is, en van w aarheid vol. Maar genoeg, ek dink ek praat te veel En besing my eie waardelose lof: o, verskoon m y tog; As mens nie vriende het nie, prys jy jouself. MARCUS

Nou is dit m y beurt om te praat. K yk na daardie kind: Hy beduie Aan dit het T am ora geboorte gegee, Die telg van ’n ongodsdienstige M oor, Die vernaamste argitek en opstoker van al die o n h eil: Die skobbejak is nog lew endig in Titus se huis, Gedoem soos hy is om hier te erken dis waar. Oordeel nou self hoeveel rede Titus had om hierdie Onbeskryflike onregte te w reek - verby alle geduld g ed ry f En meer as wat enige lew ende mens kon verdra. Julle het nou die w aarheid g e h o o r: w at sê julle, R om eine? 95


H ct ons iets verkeerds gedoen? W ys dan vir ons daarop Sodat ons hier vanw aar julle ons sien, staan en pleit Die bctcutcrde oorblyfscls van die A ndronici H and aan hand kop eerste onsself af kan sm yt En op gepunte klippers ons siele uit kan stam p En so gesam entlik ’n laaste ram p oor ons huis bring. Sprcek, R om eine, praat, en as julle sê ons m oet Kyk, hand in hand sal Lucius en ek hier daarvoor boet. EMILIUS

K om nou, geëerde grysaard van R om e, En lei die keiser saggies aan die hand Lucius, ons keiser; w ant ek w cet goed Die volkstcm roep hom tot koning oor ons land. A LM A L

Allc heil aan Lucius! R o m e se koninklike vors! MARCUS

Aan die soldate Gaan nou in ou Titus se leedbesm eerde huis En bring daardie heidense M o o r uit, D at ons hom so afgryslik m oontlik dood kan slag As straf vir sy mees sondige bestaan. Soldate af. A L M AL

Alle heil aan L ucius! R o m e se goeie h eerser! LUCIUS

D ankie; liewe R om eine, m ag ek so regeer D at ek R o m e se skades genees, en haar leed sagter m aak; M aar, goeie mense, julle m oet m y hande rig, en m y leer, W an t hierdie m antel lê op m y ’n sware taak. Staan julle nou terug; maar, oom , bly by m y En laat ons hierdie lyk in rou trane baai. H y soen die dooie Titus. O , neem die w arm e kus op jo u bleek en koue lippe, H ierdie treurige druppels op jo u bloedgekneusde gesig, Die laaste w are pligte van jo u edele seun! MARCUS

T raan vir traan en m inlike soen vir soen W il jo u broer M arcus teer op jo u lippe druk: Ag, al was die totaal van w at ek m oet gee 96


O o k talloos en oneindig, tog sou ek betaal. LUCIUS

K om hier, seun; kom , kom leer by ons H oe jy m oet huil: jo u oupa was lief vir jo u ; H oe dikwels het hy jo u nie op sy knieg laat bons, Jo u aan die slaap gesing, sy borskas vol liefde jo u bed? M enige verhaal het hy jo u vertel En jo u gevra om die stories in jo u gedagtes te bêre En dit nog te ken as hy reeds dood is, en ver w eg . . . MARCUS

H oeveel duisend keer het hierdie arm e lippe T oe hul nog geleef het, die w arm te van jo u n e aangekleef! Ag, liewe seun, geehullc nou jo u laaste kus. Sê tot sicns, dat hy na sy g raf mag gaan, Wees sag m et hom , en dan laat ons hom m et rus. SEUN

LUCIUS

O, grootvader, grootvader, ek wens m et m y ganse hart Ek was dood, as jy net w eer kon leef! O Heer, ek kan nie m et hom praat nie, ek huil te veel, As ek m y m ond m oet oopm aak sal ek in m y trane stik. Soldate terug met Aron. ROMEIN

(Emiliits) Julle verdrietige A ndronici, dis nou genoeg gehuil; Spreek ’n vonnis uit oor die verw erplike ellendeling W at die teelvader was van al die sm artlike dinge. LU CIU S

B egraaf hom borshoog in die grond, en honger H om uit; Laat hom daar staan en kraai en gil vir kos: As enigcen hom help o f hom jam m er kry Sal hy vir die oortreding sterf. Dis ons verdoem enis. Som m ige bly om te sien dat hy vas in die aarde staan. ARON

A! H oekom is w oede nou sprakeloos, en raserny stom ? Ek, ek is geen babatjie w at m et platpens gebedjies B erou sal betoon vir m y voltrekte euwels n ie ; As ek m aar kon sou ek ticnduisend maal erger W o u wees as w at ek was. As ek in m y lewe


Een goeie daad verrig het, dan berou Ek dit nou hier uit die afgrond van m y siel. LUCIUS

Laat ’n paar dierbare vriende die koning hiervandaan bring En gaan lê hom neer in sy vader se graf; M y vader en Lavinia sal onverw yld In ons huisgesin se m onum ent toegemessel w ord. W at daardie vraatsugtige tierw yfie T am ora bctref: Geen bcgrafnisdiens, geen m an in roudrag nie; Geen rousw are klok sal vir haar ’n begrafnis lui nie; M aar gooi haar op die plek vir die diere en voëls van die veld. H aar lewe was soos ’n dier s’n van genade ontbloot, N o u dat sy dood is, laat die hem elvoëls haar genade ontbloot. Hulle gaan. EINDIG

DIE T R A G E D I E

TITUS

ANDRONICUS

VAN


to ft-IN

(J. SS'TUl b V \'O K £ :<b f £

(k E

1716.

9nAf0^vC^c,

\Il <\(^^\

k*.^<

<h>ct

6

\d^ ci-.

University o f the Witwatersrand, Johannesburg

T/ze Library This book may «oí be retained after the last date stamped below . A renewal for a further period o f seven days may be granted unless the book is in demand. F i n e s , ^5 s c h e d u l e d in t h e R u l e s a n d R e g u l a t i o n s , a r e in c u r r e d o n o v e r d u e h o o k s .

i

This book is n o t t r a n s f e r a h le . It w ill remain your charge until returned by you in person.

\1 *


BC45651


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Titus Andronicus - Breyten Breytenbach by Shakespeare in Southern Africa - Issuu