Skip to main content

Romeo & Juliet (trans. Andre P Brink)

Page 1

'Viv-'

% £

af M i

f

|IMgijJ ;M . i* ■ »f •'»nR2 j* m M

iliili:


The Library University of the Witwatersrand Johannesburg

Presented

by

Sanlam


s '- f s '

The Library University of the Witwatersrand Johannesburg


W ILLIA M SH A K ESPEA R E

Die Tragedie

ROMEO EN JULIET In Afrikaans vertaal deur ANDRE p . b r in k

HUM AN & ROUSSEAU KAAPSTAD • PR ETO R IA


Kopiereg in vertaling © 1975 deur Andre P. Brink Eerste Uitgawe 1975 deur Human & Rousseau Uitgewers (Edms.) Bpk., Roosstraat 3-9, Kaapstad; Pretoriusstraat 239, Pretoria Bandontwerp deur G & G, gebaseer op ’n foto verskaf deur Kruik Gedruk deur Citadel-Pers, Lansdowne, Kaap ISBN 0 7981 0658 1 Alle regte voorbehou. Dit is ’n oortreding van die kopieregwet om afskrifte van die teks te maak, of om sonder skriftelike verlof die stuk op te voer of as spellesing aan te bied. Sodanige verlof kan aangevra word van DALRO, Posbus 9292, Johannesburg 2000

1 0 1 3 2 f £...1


TER SAKE Dit is steeds my oortuiging, soos enkele jare gelede met die vertaling van Richard IIL dat die Afrikaanse sintaksis en klankstruktuur horn net nie leen tot dieselfde streng versskema - die vyfvoetige jambiese patroon - wat Shakespeare so ongelooflik gevarieerd gebruik het nie. Om ruimte te laat vir die intrinsieke taalverskille, het ek dus opnuut ’n wisselende patroon van vyf of ses voete gebruik, en nie geskroom om dit by geleentheid met ’n verdere voet te verleng of te verkort nie. Die essensiele bindende klankfaktor bly wel - vir sover dit in my ondigterlike vermoe was - die jambe. Uit die aard van die saak het ek so na aan die gees en letter van Shakespeare se teks probeer bly as moontlik (hier met meer moeite, soms, as in die geval van Richard III, omdat al die vroee uitgawes van Romeo and Juliet so korrup was). Maar by enkele geleenthede spesifiek die uitvoerige prosatonele waarvan die kern hul woordspeling is (veral I:i en II:iv) - het ek die gees eerder as die letter gekies en min of meer vryelik met nuwe woordspelinge geimproviseer. Hiervoor bestaan daar in Afrikaans minstens die virtuose presedent wat Uys Krige in sy onnavolgbare vertalings geskep het. Die voorvereiste vir enige vertaler wat Shakespeare aandurf, is vermetelheid - des te meer as hy self nie eens digter is nie. Tog bly die bergkruin daar om mens se kragte teen te meet: en nie net jou eie nie, maar bowenal di£ van jou toerusting, jou taal. Laat die gebreke van die vertaling dan op my rekening verskyn; en die deugde, as daar is, op die van Afrikaans.


PERSONELYS KOOR escalus,

Prins van Verona PARIS, ’n jong hertog verwant aan die Prins MONTAGUE CAPULET ’n ou man, uit die huis van Capulet romeo, seun van Montague mercutio, vriend van Romeo en verwant aan die Prins benvolio, Montague se neef en vriend van Romeo TYBALT, neef van Lady Capulet BROER LAWRENCE Fransiskaanse monnike BROER JOHN Balthasar, kneg van Romeo SAMPSON \ J GREGORY / knegte van Capulet peter, kneg van Juliet se Oppasster abram, kneg van Montague ’n apteker DRIE MUSIKANTE ’N OFFISIER lady Montague, vrou van Montague lady capulet, vrou van Capulet Juliet, Capulet se dogter oppasster van Juliet Burgers van Verona, Adellike dames en here van albei huise, Gemaskerde banketgangers, Fakkeldraers, Hofknape, Wagte, Brandwagte, Bediendes en Lyfknegte.

>

.

^

Die toneel: Verona en Mantua

-


'


PROLOOG Koor op. Twee huise, eenders in hul waardigheid In fraai Verona waar ons stuk afspeel, Breek skielik weer in ou blcedvete uit En burgerhande word met burgerbloed besmet. Uit die gedoemde lende van die vyande Ontspring twee minnaars deur hul ster bedreig; Deur ongeluk en droewe ondergang Beeindig hulle met hul dood die ouertwis. Die gang van hulle liefde, wat die doodsmerk dra, Die volhou van die ouers in hul drif Wat net deur kinderdood gestuit kan word Dit neem die twee uur van ons spel nou in beslag; Luister aandagtig, met geduld; hou moed: Wat nog ontbreek, dit sal ons vlyt probeer vergoed. Af

koor.


EERSTE BEDRYF TONEEL I Verona, ’n Stadsplein Sampson en Gregory, albei van die huis van Capulet, kom met swaarde en klein skilde op. Sampson . Gregory, ek sweer, ons gaan nou niks meer sluk. Gregory . Nee, want netnou dink hul ons is sommer slik. Sampson . Ongeskik, ek stik! Ek gaan my swaard uitpluk! Gregory . Oppas voor iemand jou pluk aan jou sluk. sampson . As iemand met my sukkel, steek ek horn met my swaard. Gregory . Maar jy ’s beswaard, jy sukkel om te steek. sampson . ’n Hond uit die huis van Montague kry my gou omgesukkel. Gregory . Om te sukkel, moet jy wikkel: moedhou beteken vas bly staan. Dus, as jy sukkel, hoi jy weg. sampson . ’n Hond uit daardie huis sal my so omsukkel dat ek botstil bly staan. G ’n man of vrou van Montague kan by my kers vashou nie. Gregory . D an’s jy ’n vrotsige slaaf - net slawe hou kerse vas. sampson . Dis waar: dis die dat vroumense so erg oor kerse is. Eers sal ek Montague se manne platloop dat hulle so uit soos ’n spul kerse is, en dan sal ek sy vroumense by my laat kers opsteek. Gregory . Die twis is tussen ons base en ons, hul manskappe. sampson . O m ’t ewe. Ek sal my lyf tiran hou. Na ek die mans afgemaai het, sal ek met die meisies maak soos dit hoort. Ek sal hulle een-een neersteek. Gregory . Met jou swaard of jou kers? sampson . Met my kers in die blaker. Vat dit soos jy wil. Gregory . Dis hulle wat dit sal moet vat, of hulle wil of nie. sampson . O hulle sal my aanvat solank ek staande bly. Ek staan bekend as ’n man van een stuk. Gregory . Dan moet jy wegbly van die ander stukke. Pluk uit jou ding! Hier kom twee van Montague se manne aan! Twee ander knegte op: Abram en Balthasar. sampson . My kale wapen is gereed. Baklei! Ek sal jou agterhoede dek. Gregory . Wat? Wil jy weghol? sampson . Moenie bang wees nie, ek is by jou. 11


c . ’n Kruk, ’n kruk! Wat roep jy vir ’n swaard? Ou Montague en sy vrou op. capulet . My swaard, se ek! Daar is ou Montague, Hy swaai sy swaardlem om my uit te tart. o— "tiae Capulet! Moet my nie vashou; laat my los! v —lady m . Jy roer geen voet op sodcjia vyande. Prim Escalus en sy gevolg op. p r i ns . Rebelse onderdane, vyande van die rus, Misbruikers van ’n swaard gebaai in burebloed Kan hul nie hoor? Ek se! Jul manne daar, gediertes, Jul wat jul bose wraak se vuur wil blus Met purper fonteine wat uit jul are spuit! Op straf van foltering: gooi die misbruikte wapens Uit daardie bloedbesmeerde hande neer En luister na die vonnis van jul toornig’ prins. Drie oplope, ontspring uit aanhitsing Van jou, ou Capulet, en van Montague, Het drie maal al die stilte van die straat verstoor, Veroorsaak dat die oudstes van die stad Hul waardig-en-gepaste tooisels af moet le Om met bejaarde hand ou swaarde op te neem, Verroes deur vrede, om jul vervloekte haat te keer. As jul ooit weer die strate laat rumoer Sal jul lewens vir die vrede moet betaal. Die ander mag nog hierdie keer vertrek. Jy, Capulet, jy sal my vergesel En, Montague, kom jy vanmiddag oor Om verder ons besluite aan te hoor By Vrystad, waar ons hof gewoonlik sit. Nogeens, op straffe van die dood, gaan vort. Almal af,\ behalwe Montague, sy vrou en Benvolio. Montague . Wie het die ou twis nou weer oopgeruk? Praat, Neef, het jy dit sien ontstaan? benvolio . Toe ek hier kom, was u teenstander se lui Al klaar met ons s ’n aan die veg. Met gevelde swaard wou ek hul keer. Net toe Kom die vurige Tybalt met sy swaard gereed, Hy tart en daag my in my ore uit, Swaai oor sy kop verby en sny die wind; Di£, ongeskonde, sis horn spottend toe. Terwyl ons houe wissel, steek en kap, Kom al meer manne aan om saam te veg lady

13


Totdat die Prins die rusie kom besleg. O waar is Romeo? Het jy hom al gewaar? Ek is so bly hy was nie in die stryd. benvol io. Madame, ’n uur voor die vereerde son Deur die goue venster van die Ooste tv*** —~ Het ’n beswaarde gees my uitgedryf; Daar, anderkant die esboombos Wat aan die stad se weste groei, Het ek u seun so douvoordag gesien. Toe ek hom nader, het hy my bespeur En weggeglip om in die bos te skuil. Ek het geoordeel dat hy voel soos ek Wat juis wou wees waar niemand my sou vind: In my alleenheid was ek self vir my te veel En het my rus gevind deur hom met rus te laat, Horn graag ontwyk wat my graag wou verlaat. Mont ague . Hy is al baie mores daar gewaar Met trane wat die moredou vermeer, Sy diepe sugte maak die wolke meer bewolk; Maar nes die vroee son wat als verkwik Ver in die ooste raak aan die gordyn Van skadu’s om die Daeraad se bed, Dan vlug my somber seun trug van die lig En sluit hom in sy eie kamer op, Luik al die vensters, keer die daglig weg, En skep vir hom kunsmatig donker nag. Vol duister voorverwagting is sy luim Tensy gesonde raad die oorsaak weg kan ruim. b e n v ol i o . Geeerde Oom, weet u dan wat die oorsaak is? Mo n t a g ue . Ek weet dit nie en kan dit ook nie uit hom kry. ben v ol i o . Het u hom al gepols en uitgevra? Mo n t ag ue . Ek self en baie ander vriende het; Maar hy, wat net sy eie raad wil volg, Is aan homself - ek sal nie se getrou Maar in homself gekeer, geheim, en dig, So ver van peil, so onontdek en diep As ’n botsel deur ’n kwade wurm aangevreet Nog voor sy soete blare lugwaarts plooi Of hy sy skoonheid aan die son kan toon. As ons maar weet waaruit sy sorge kom, Sou ons opregte hulp kon bied aan hom. Romeo op. benvolio . Daar kom hy nou. Gee u ’n bietjie pad; lady m .

14


Ek sal met hals en mag sy kwelling uit horn kry. Montague . Mag die geluk jou bystaan in jou taak Dat hy bely. Kom, vrou, kom saam met my. Afbenvcjlt^. Cheiemore, liewe neef. romeo. Is dit dan nog so vroeg? benvolio . Pas nege-uur. romeo. Ai, droewe ure lyk so lank. Was dit my vader, so vinnig hiervandaan? benvolio . Dit was. Deur watter droefheid dan Word Romeo se ure so verleng? romeo . Gemis aan dit wat hulle sou verkort. benvolio . Verlief? romeo . U i t . . . benvolio . Uitval gehad? romeo . Uit haar guns, maar steeds verlief. benvolio . Helaas, dat liefde wat so teer kan lyk So ru, heerssugtig in praktyk moet wees. romeo. Helaas, dat liefde wat steeds geblinddoek is So sonder oe wee na sy wil kan sien! Waar gaan ons eet? Genugtig! Wat het hier gebeur? Moet my nie se, ek weet dit alles reeds. Dit gaan om haat, maar liefde kom nog meer daarby. Waarom moet liefde stry en haat bemin, Waarom enigiets, uit Niet geskep in die begin? O sware ligtheid, somber ydelheid, Wanskape chaos van vorme wat mooi lyk, Loodsware veer en helder rook, ’n koue vuur, Gesondheid siek en slaap wat waak: als is wat dit nie is! Gevul met liefde ek wat sonder liefde dit aanskou. Kry jy nie lag daaroor? benvolio . Nee, Neef, veel eerder huil. romeo. Maar goeie aarde, waaroor dan? benvolio . Oor wat die goeie aarde van jou hart verduur. romeo. So gaan dit as die liefde in ’n mens oortree: My eie smart le swaar hier in my bors, Jy maak dit erger deur dit aan te vul Met die van jou. Die liefde wat jy openbaar Voeg smart by die te-veel wat ek reeds ly. Liefde is damp van sugte wat in rook optrek: Gesuiwer, blink dit in minnaarsoe soos ’n vuur, Gekwel, ’n see gevoed deur liefdestrane. Wat anders nog? - ’n weloorwoe waansin, 15


Gal wat versmoor en soetheid wat bewaar. Vaarwel, my neef. benvolio . Wag! Ek gaan saam. Jy doen my onreg as jy so wil gaan. romeo . Ai! Ek het my self verloor: ek is nie hier; Dit is nie Romeo die, want hy dwaal elders rond. benvoli o . Se my met erns nou: op wie is jy verlief? romeo . Wil jy he dat ek moet kreun en jou vertel? benvoli o . Nie kreun nie, nee: net einstig se wie. romeo . Moet ’n man wat ernstig is nou testament opstel? A, swakke raad aan iemand reeds so swak. In erns, neef: ek’s op ’n vrou verlief. benvoli o . Dit kon ek peil reeds toe ek raai dat jy bemin. romeo . ’n Goeie skoot. En sy wat ek bemin, is mooi. benvoli o . Mooi skoot, my neef. Jou pyl het dus getref. romeo . En jou raaiskoot is mis. Geen pyle van Kupido Kan haar tref. Sy’s vernuftig soos die Jaggodin, Haar kuisheid is bewapen en bewys, Onskendbaar deur die liefde se speelgoedboog. Voor die beleg van liefdeswoorde swig sy nie, En laat geen oe-aanslag toe, haar skoot gesluit Teen goud wat heiliges sou kon verlei. O sy is ryk aan skoonheid; arm net Dat by haar dood haar skoonheid met haar sterf. benvolio . Het sy gesweer om altyd kuis te bly? romeo . Sy het; en wat sy spaar, word so verkwis; Want skoonheid, so vasberade deur haar uitgeteer, Weerhou ook skoonheid van die nageslag. Sy is te skoon, te wys, wyslik te skoon Om uit my wanhoop saligheid te wen. Sy’t liefde afgesweer, en oor die eed Leef ek nou dood wat jou dit hier vertel. benvoli o . Luister na my: en dink nie meer aan haar. romeo . Leer my hoe mens kan afleer om te dink. benvolio . Deur vryheid aan jou oe toe te ken. Kyk ook na ander skoonheid. romeo . Op die manier Sal ek hare, uitnemend, steeds in gedagte hou. Die bly swart maskers wat mooi dames moet vermom Herinner mens aan skoonheid wat hul wil verbloem. Die blindgeworde mens kan nie vergeet Die kosbaar skat van sy verlore gesig. Wys my ’n vrou wat mooier is as mooi 16


En al haar skoonheid laat my net onthou Waar mooier as die mooiste steeds bestaan. Vaarwel. Vir my kan jy nie leer om af te leer. benvolio . Ek sal jou wys, al moet ek sterf met die probeer, Albei af. T O N E E L II Capulet, Hertog Paris en sy kneg - ’// nar - op. Maar Montague is net soos ek verbind, Ons straf is eenders; en dis nie swaar, dink ek, Vir mense, oud soos ons, om vrede te bewaar. Pa r i s . U albei word in hoe eer gehou, Dis droef dat u so lank in onmin leef. Maar nou, my heer: geval my aansoek u? capulet . My antwoord is wat dit tevore was: My kind is in die wereld nog maar vreemd, En veertien jaar het sy nog nie gesien; Laat nog twee somers in hul trots vergaan Voor ons haar ryp as bruid kan gade slaan. paris . Jongeres as sy is al deur moederskap verheug, capulet . Vroeg ryp gekneus is altyd ook vroeg rot. Net sy, van al my hoop, is deur die aarde gespaar; Sy is die vrouehoop van heel my aard. Maak haar die hof, my liewe Paris, wen haar hart; Want my verlof is van haar ja maar net ’n deel. As sy uit die wat sy begunstig, kies, Gee ek my stem en steun van ganser hart. Vanaand hou ek weer soos gebruiklik fees, En baie gaste het ek daarheen uitgenooi Van die van wie ek hou; en jy daarby, Nog een, van harte welkom, maak ons meer. Vanaand sal jy in my beskeie huis kan sien Hoe aardse sterre die donker trans verlig. Die vreugde wat ’n rooibloed-jongman voel As opgetooide Lente op die hiel Van kreupel Winter trap, al die plesier Sal tussen kanferfoelie in my huis vanaand Aan jou behoort. Kom luister, en kom kyk, Soek die een uit wat dit veral verdien; En as jy myne tussen al die ander sien, Dan mag sy dalk maar een-van-vele wees. capulet .

17


Kom saam met my. (Aan kneg, aan me hy ’n stuk papier gee.) Toe, kerel, kry jou koers Deur mooi Verona; gaan soek almal op Van wie die name hier geskrywe staan, Se dat my huis en groete op hul wag. Saam met Paris af. k n e g . Soek almal op van wie die name hier geskrywe staan? Hulle se die skoenmaker moet horn by sy naald hou en die kleremaker by sy lees, die visser by sy pen en die skilder by sy net; maar hier word ek aangese om almal op te soek wie se name hier geskrywe staan, ek wat nie kan lees wat die skrywende geskryf het nie. Ek moet ’n skrifgeleerde man gaan soek. A, net betyds! Benvolio en Romeo op. benvolio . Kyk, man, die een vuur brand ’n ander uit; ’n Pyn word deur ’n ander s ’n geblus; En duisel jy, dan draai jy na die ander kant terug; ’n Ander man wat ly, laat jou wanhoopsmart genees. Laat ’n nuwe kwaal net eers jou oe tref, Dan word die oue se gif weer spoedig opgehef. romeo . Plataanblaar is glo goed daarvoor. benvoli o . Waarvoor, as ek mag vra? romeo . ’n Vel-af skeen. benvoli o . Maar Romeo, is jy mal? romeo . Nie mal nie, nee, maar meer gebonde as ’n malman is, Gekerker in die tronk, en sonder kos, Geslaan, geplaag en - dag, my ou. k n e g . Goeiendag, meneer. Ag, se my: kan u lees? romeo . My eie fortuin in my ellende, ja. k n e g . Dit het u dalk sonder boek geleer. Maar se my: kan u enigiets lees wat u sien? romeo . As ek by voorbaat weet wat daar geskrywe staan. k n e g . Dis waar. Nou ja, dan groet ek maar. romeo . Wag, kerel: ek kan lees. {Lees die brief.) „Signior Martino en sy vrou en dogters; Hertog Anselmo en sy skone susters; Vitrurio se hooggeagte weduwee; Signior Placentio en sy mooi niggies; Mercutio, en sy broer ook, Valentine; Oom Capulet, sy dogters en sy vrou; My skone niggie Rosaline; en Livia; Signior Valentio; Tybalt, sy neef; Lucio en die lewenslustige Helena.” ’n Mooi versameling. Waarheen moet hulle gaan? 18


k n e g . Op soontoe. romeo . Waarheen? Vir aandete? k n e g . Na ons huis toe. romeo . Wie se huis? k n e g . My baas s ’n. romeo . Dis wat ek vroeer moes gevra het. kn e g . Nou sal ek meneer sommer se sonder

vra. My baas is die groot ryk Capulet; en tensy u dalk van die Montagues familie is, kan u gerus ’n bekertjie wyn kom kneus. Dit gaan u wel. Af. benvol io. By die gereelde fees van Capulet Sal Rosaline ook wees wat jy bemin; En die hele stad se mooistes met haar saam. Gaan soontoe, hou jou onbevooroordeel, Vergelyk haar daar met die wat ek jou wys, Dan word jou swaantjie gou ’n kraai wat krys. romeo . As ooit die ware godsdiens van my oog Die valsheid onderhou, word trane vuur; En die oe wat, dikwels verdrink, tog nooit kon sterf, Dan ketters oop en bloot, as leuenaars verbrand. Skoner as my beminde? Die alsiende son Ken self haar weerga uit die voortyd nie. benvolio . Tsk! Toe niemand anders by was, was sy mooi, Net sy gebalanseer in elke oog; Maar laat die skale van kristal nou weeg Jou sielsbeminde teen ’n ander vrou Wat ek jou, skitterend, by die fees sal wys, Dan sal sy haar wat nou die mooiste lyk, laat welk. romeo . Goed, ek sal gaan: maar nie om dit te sien, Net om my in die skoonheid van my eie te vermei. Albei af. T O N E E L I II ’n Vertrek in Capulet se woning Lady Capulet en die Oppasster op. lady c . Waar is my dogter, vrou? Roep haar na my. oppasster . Ek sweer u by my jeug se maagd’likheid,

Sy is geroep. Haai, lammetjie! Kom, kind! Ag, God behoed. Waar is sy tog? Ag, Juliet! Juliet op. 19


juliet . Wat is dit nou? Wie oppasster . Jou moeder. juliet . Hier is ek mos. Wat lady c . Die saak staan so -

roep?

is u wens? Vrou, jy kan gaan, Ons moet vertroulik praat. - Nee, Vrou, kom trug. Ek het my weer bedink: jy moet ook hoor. My dogter, weet jy self, die word nou groot. oppasster . Ek ken haar ouderdom tot op die uur. lady c . Sy’s nog nie veertien nie. oppasster . Veertien van my tande sal ek wed A1 moet ek toegee ek het nog net vier Sy’s nog nie veertien nie. Hoe lank is dit Nog na Augustusmaand? lady c . Net meer as veertien dae. oppasster . Van al die dae van die jaar, gelyk of nie, Is Een Augustus die waarop sy veertien word. Sy en Susan - God rus die Christensiel Was ewe oud. Nou ja, Susan is dood, Sy was te goed vir my. Maar soos gese: Die aand van Een Augustus word sy veertien jaar; Dit is gewis, want ek onthou nog gced: Net elf jaar trug het die aarde mos geskud, Toe’s sy gespeen - hoe kan ek ooit vergeet? Van al die dae van die jaar, juis daardie dag; Want toe’t ek alsem op my pram gele En teen die duifhok in die son gesit. My heer en u was toe in Mantua. Nee, ek onthou nog goed. Maar soos ek se: Toe sy die alsem aan my tepel proe, En voel dis bitter op haar tong, klein aap, En proe dit brand, spoeg sy die tet toe uit! Juis toe begin die duifhok skud! Dit was Onnodig om my aan te jaag. Van daardie dag is dit nou net elf jaar, En sy kon toe allenig staan; wat praat ek nog, Sy kon al draf en waggel oor die werf; Nog net die dag tevore’t sy geval; En toe’t my man (God seen sy siel, Hy was ’n vrolikerd) haar opgetel. „En toe?” vra hy. „Val jy op jou gesig? Jy sal nog rugwaarts val as jy van beter weet; Of hoe, klein Juliet?” En toe, ek sweer, Hou sy mooi op met huil en sy se: „Ja.” 20


Kyk net hoe gou ’n grap gebeur! Ek sweer, al word ek duisend jaar, Onthou ek dit. „Of hoe, klein Juliet?” vra hy, En net daar hou sy op met huil en sy se: „Ja.” lady c . Genoeg daarvan, en bly nou stil. oppasster . Ja goed, mevrou. En tog kry ek nog lag As ek onthou hoe dat sy ophou en se: „Ja.” En tog had sy, ek sweer, hier teen haar kop ’n Knop so groot soos ’n klein haan se krop. ’n Slegte knop, en sy het so gehuil. „En toe?” vra hy. „Val jy op jou gesig? As jy eers groter is, is dit op jou rug, Nie waar nie, Juliet?” Sy swyg, en „Ja,” se sy. juliet . En swyg jy nou ook, Vrou, se ek. oppasster . Toe maar, ek is nou klaar. Mag God jou seen! Jy was die mooiste kind ooit aan my bors. Ek hoop ek leef om jou getroud te sien, Meer vra ek nie. lady c . „Getroud”, waarvan jy praat, is juis Waaroor ek wil gesels. Kom se my, Juliet, Hoe is jy ingestel op trou? juliet . Dit is ’n eer waarvan ek nie kan droom. oppasster . ’n Eer? As dit nie was dat ek jou soogma was, Het ek gese jy suig jou wysheid uit ’n tet. lady c. Dis tyd dat jy aan trou dan dink. Jonger as jy, Hier in Verona, is daar dames van gesag Wat moeder is. As my berekening klop, Het ek op hierdie leeftyd reeds jou ma geword, En jy nog maagd. Om kort te gaan: Die edel Paris is verlief op jou. oppasster . ’n Man, jong dame! O dame, so ’n man Soos die ganse wereld - ’n Toonbeeld van ’n man. lady c . Verona in die somer het nerens so ’n blom. oppasster . Ja nee, ’n blom - dis wat hy is, ’n blom. lady c. Wat dink jy daarvan? Sou jy horn kon min? Vanaand hier by ons fees sal jy horn sien. Beskou jong Paris se gesig dan soos ’n boek, Lees wat die pen van skoonheid daar geskrywe het; Kyk hoedat elke lyn die ander pas, Hoedat hul aan mekaar gewig verleen; En wat in die mooi boek nog onbegryplik is, Sal vlugtig uit sy oe afgelees kan word. Die kosbaar liefdesboek, die ongebonde minnaar 21


Behoef nog net ’n band om hom mooi af te rond. Die vis woon in die see, en dis met trots Dat buiteskoonheid binneskoonheid huis. In baie oe is die boek self skoon Wat binne goue gespes ’n goue storie sluit; So sal jy deel he aan wat hy besit, Deur hom te he niks aan jouself verminder. oppasster . Verminder? Nee, ’n vrou vermeerder uit ’n man. lady c . Se dan: sou jy sy liefde gunstig kan oorweeg? juliet . Ek sal probeer, as probeer my guns beweeg; Maar dieper sal ek nie my oog laat peil As wat u toestemming veroorloof nie. Opdisser op. opdisser . Madame, die gaste het gekom, die ete is bedien, daar word na u geroep, na die jong dame verneem, in die spens op die Oppasster gevloek, en alles is op die uiterste. Ek moet gaan bedien. Ek smeek u, kom asseblief dadelik agterna. Af lady c . Ons sal jou volg. Juliet, die Hertog wag. oppasster .Gaan, meisie, gaan. Laat ’n blye nag volg op *n blye dag, Almal af. T O N E E L IV ’n Straat Romeo, Mercutio, Benvolio en vyf o f ses ander gemasfcerde banket■ gangers op, vergesel van fakkeldraers. romeo . Moet ons maar soos gebruiklik eers verskoning vra? Of gaan ons sonder woorde van ekskuus daarin? benvolio . Die woordrykheid is uit die oude doos. Ons blinddoek nie Kupido met ’n serp, Of sluip met ’n beskilderde Tartaarse boog Om dames soos ’n voelverskrikker te verskrik; Ons kom nie met ’n boeklose proloog, Agter soeffleurs aan opgese, na binne nie: Ons sal nie na hul pype dans: laat hulle oordeel Soos hul wil, ons dans ’n enkel dans, en gaan Voordat die poppe dans. romeo . Gee my ’n fakkel aan. Ek is teen die pronkery. Ek sal die lig dra wyl ek somber voel. mercutio . Nee, liewe Romeo, jy moet ook dans. 22


romeo .

Nee, glo my vas. Jul skoene hou die dans In vluggevoete sole; my siel is lood Wat my aan die grond vaspen, ek kan nie roer. mercutio . Jy is ’n minnaar. Leen vleuels by Kupido En sweef daarmee bo aardse passies uit. romeo . Ek is te diep al deur sy skig deurboor Om met sy ligte vleuels te vlieg; gebonde, so, Kan ek geen lid bo leed en somberheid verroer. Onder die sware liefdeslas moet ek versink. mercutio . Deur in te sink belas jy liefde self Dit is te swaar vir iets so tingerigs. romeo . Is liefde tingerig? Dis gewelddadig, Ru, en luid, soos dorings steek dit my. mercutio . As liefde jou ru behandel, wees ru daarmee; As dit jou steek, steek trug en slaan dit neer. Gee my ’n sak dat ek my masker berg. Masker vir ’n masker! Wat traak dit my Wie se nuuskierig oog my lelikheid gewaar? Die ruwe wenkbroue kan vir my bloos. benvolio . Kom, klop; gaan binne; en met die inkomslag Begin ons elkeen sonder omhaal dans. romeo . Gee my ’n fakkel! Laat uitgelatenes Die vloer se dooie roete met die hakke trap; Want ek - ek is spreekwoordelik belas, Ek sal kers vashou en hul gadeslaan; Ek het my uitgejag, nou is ek klaar. mercutio . N ou toe nou, klaar! Jy ’t klaar gepraat. Is jy oor die wal? Ons pluk jou los uit die moeras Van sogenaamde liefde waar jy sit Tot oor jou ore. Maar kom, ons mors die dag. romeo . Dit is nie waar nie. mercutio . Met uitstel, wil ek se, Mors ons ons lig, soos ligte in die dag. Snap my bedoeling: dis waar ons oordeel tog ’n Vyf keer eerdei as in vyf sintuie skuil. romeo . Ons gaan met goeie bedoeling na die maskerbal, Maar dit is nie gerade dat ons gaan. mercutio . Waarom, as mens mag vra? romeo . Laasnag het ek gedroom. mercutio . Ek ook. romeo . En wat was joune oor? mercutio . Dat dromers verwant is aan die leuen. romeo . Terwyl hul teen die kussings leun en waarheid droom. 23


Romeo. Stil, stil, Mercutio, stil! Jy praat nou bog. mercutio . Dis waar, ek praat oor drome, Die kinders van ’n brein se ledigheid, Vergeefse willekeur se nageslag; Dit is so yl, deursigtig, soos die lug, Meer wispelturig as die wind, wat nou Die koue boesem van die Noorde vlei, Horn daar vererg en padgee daarvandaan Om met die doubedruipte Suide te flankeer. ben v o l io. Die wind waarvan jy praat, verwaai ons skoon. Dis etenstyd, en ons is klaar te laat. romeo . Te vroeg, vrees ek; ek het ’n voorgevoel Dat iets wat nou nog in die sterre hang Angswekkend met die nag se vreugde gaan begin En deurloop na ’n end: ’n termyn afsluit Van ’n verfoeide lewe in my bors beskut, Wat nou ontydig aan die dood terugbetaal moet word. Laat hy wat aan die stuurstok van my roete staan My seile span. Voorwaarts, my vrolike vriende! benvolio . Hef aan met die tamboer! Hulle marsjeer oor die verhoog en trek hulle eenkant terug.

TONEEL V ’n Vertrek in Capulet se woning Bediendes met servette op. 1. W aar’s Potpan dat hy ons nie help afdek nie? Hy kan ook ’n slag ’n bord afdra en skraap! BEDIENDE 2. Dis maar ’n narigheid as goeie maniere in net een of twee man se hande beland, veral as hulle nog vuil is boonop. BEDIENDE 1. Dra die stoeltjies weg, en die bordekas, mooi werk met die borde. Jy daar, bere vir my ’n stukkie marsepein. Wees tog so goed en se vir die portier hy moet vir Sannatjie Slypsteen en Nellie laat binnekom. Anthony, en Potpan ook! bediende 2. Goed, goed, ek sal. bediende 1. Hulle soek jou en roep jou en vra na jou en keer die wereld om om jou te kry, daar in die groot voorkamer. bediende 3. Mens kan nie hier wees en ook daar nie. Kophou, b e d i ende

25


MgjfiTi

kerels! Roer julle riete, en mag die man met die grootste lewer laaste lag. Almal af. Capulet, sy vrou, Juliet, Tybalt, Oppasster en al die gaste en adellike dames binne na waar die gemaskerdes wag. capulet . Welkom, geagte here! Die dames met tone Sonder liddorings sal nou ’n draaitjie met jul dans. Nou toe nou, dames, wie van jul almal durf Nou weier om te dans? Die een wat aarsel Word verdink van liddorings. Het ek jul te na gekom? Wees welkom, here! Ek onthou die tyd Toe ek nog met ’n masker suutjies-aan ’n Storie in ’n vrou se oor kon fluister Wat haar bekoor. Verby, verby, verby. Wees welkom, here! Kom, musikante, speel! Die musiek speel, en hulle dans. Maak plek, maak plek, gee pad! En fyntrap, dames, Meer lig daar, vabonde, en slaan die tafels op, En blus die vuur: die kamer is te warm. A an gemaskerdes. Die onverwagte pret, ou vriend, geval ons goed. Nee, sit, bly sit, my liewe neef Capulet; My dansdae en ook joune is verby. Hoe lank gelede was dit dat ons twee Gemasker was? neef . Dit moet al dertig jare wees. capulet . Wat se jy daar? Nie soveel nie, o nee! Dit was nog met Lucentio se huwelik, Volgende jaar se Pinkster sal dit wees Net vyf-en-twintig jaar van ons gemasker was. neef . Dis meer, dis meer. Sy seun is ouer, man; Sy seun is dertig. capulet . Wat vertel jy my? Sy seun was minderjarig twee jaar trug. romeo (Aan bediende). Wie is die dame wat die hand versier Van daardie ridder daar? b edi e nde . Dit weet ek nie, meneer. romeo . O kyk, sy leer die fakkels helder brand! Sy hang daar op die nag se wang, lyk dit, ’n Ryk juweel in die oor van Ethiopie Skoonheid te kosbaar vir gebruik, te onaards duur! So lyk ’n sneeuwit duif in ’n kraaietrop, Soos daardie dame bo haar makkers troon. Na hierdie dans sal ek kyk waar sy gaan staan, 26


En my ruwe hand verheerlik deur haar aan te raak. Het my hart alreeds bemin? Ek sweer dit af! Die ware skoonheid sien ek eers vannag. tybalt . Te oordeel na sy stem is dit ’n Montague. Bring my rapier hier, knaap. Hoe durf die slaaf Hier aankom, gemasker met ’n gryns Om hier ons plegtigheid te kom bespot? Nou sweer ek by my afkoms en ons eer: Ek sondig nie - horn steek ek neer! capulet . Wat is nou gaande, bloedverwant? Wat raas jy so? tybalt . Dit is ’n Montague, ons vyand, Oom, ’n Skurk, wat horn aanmatig om vannag Ons fees hier te bespot en uit te lag. capulet . Is dit jong Romeo? tyb alt . Dis hy, die skurk, ja, Romeo. capulet . Bedaar tog, neef, laat horn met rus. Want hy gedra horn, hoor ek, soos ’n heer, Verona, se hul seifs, die spog met horn Oor hy so deugsaam en beheers optree. Nie vir die rykdom van die hele stad Sou ek horn in my huis vanaand laat kwets. Wees dus geduldig; steur jou nie aan horn. Dit is my wens: as jy dit respekteer, Gedra jou vriendelik, hou op met frons, Die aanskyn pas tog glad nie by ons fees. tybalt . Dit pas, as so ’n skurk hier gas durf wees. Ek sal horn nie gedoog nie. capulet . Hy sal gedoog word. Toe nou, ou kerel, toe! Ek het beveel. Is ek die baas hier, of is jy? Toe nou! Jy sal horn nie gedoog nie, bid jou aan! Jy sal rumoer laat uitbreek in my huis. Wil jy jou uitnek hou en baasspeel hier? tybalt . Maar dis ’n skande, Oom! capulet . Toe nou, toe nou! Jy stel jou taamlik aan. ’n Skande, ne? Die toertjie kan nog teen jou keer. Ek weet. Moet jy my teespreek? Kyk, dis tyd Mooi skoot, mense! - Klein astrant - loop uit! Bly stil, of - Meer lig, meer lig! - Skaam jou! Ek sal jou stilmaak! - Baljaar tog, mense! tybalt . Gedwonge geduld en drif wat saambestaan Laat my met hul verskillend’ uiting bewe. 27


Ek sal dan gaan; maar hierdie tussenkoms, Wat nou so soet lyk, sal nog keer tot gal. Af. romeo . As ek met my onwaardig hand die skryn Ontheilig, is die stille sonde dit: My lippe, bloesend pelgrims, staan gereed Om daardie ruheid met ’n teer kus te vergoed. juliet . Jy doen jou hand nou, pelgrim, onreg aan, Want hy het na behore eer betoon; Ook heiliges neem pelgrims by die hand En hand aan hand is hul manier van kus. romeo . Is heiliges en pelgrims dan ontdaan van mond? juliet . Nee, pelgrim. maar die mond se doel is bid. romeo . Ag, heilige, vergun die mond dan wat die hand mag doen! Dit bid alreeds: keer dat geloof nie wanhoop word. juliet . Heiliges wankel nie, maar gun ter wille van gebed. romeo . Wankel dan nie, terwyl my bede nou gevolge dra. So, van my mond, word my skuld deur joune geveeg. H y soen haar. juliet . Dan is dit nou my mond wat skuld aanvaar. romeo . Skuld van my mond? Nee, gee my sonde terug! Soen haar. juliet . Jy vertolk te letterlik. oppasster . Juffrou, jou moeder laat jou roep. romeo . Wie is haar moeder? oppasster . Nou toe nou, jongeheer, Haar moeder is die dame van die huis, ’n Goeie vrou, wat wys en deugsaam is. Haar dogter, wat hier by jou was, het ek gesoog. Luister na my: die man wat haar kan kry, Is dadelik ryk. romeo . Is sy ’n Capulet? Nou skuld ek heel my leeftog aan my vyand. benvoli o . Kom, ons moet gaan; die fuif bereik sy top. romeo . Ek vrees so, ja: en my onrus neem net toe. capulet . Ag nee, menere, gaan tog nie so gou; Ons het ’n ligte ete aan die gang. Hulle dwing deur toe. Jul dring dus aan? Laat ek jul dan bedank. Hartlik bedank, menere, goeienag. Nog fakkels hier! Nou kom, dis slapenstyd. Ai, kerel, ja, dit word al laat; 28


Ek gaan maar le. Almal behalwe Juliet en Oppasster af. juliet . Kom hierheen, Vrou. Die man daar, wie is hy? oppasster . Tiberio se seim en erfgenaam. juliet . Die een wat nou die deur uitgaan? oppasster . Dit moet die jong Petruchio wees, dink ek. juliet . Die een wat nou aankom, wat nie wou dans? oppasster . Ek weet nie. juliet . Gaan vra sy naam - is hy getroud. Dan word my graf my bruidsbed koud. oppasster . Sy naam is Romeo, en ’n Montague. Die enigste seun van jou erfvyand. juliet . My enigste liefde groei nou uit my enigste haat! Te vroeg en onbekend gesien, en kennis kom te laat! Verskriklik kom die liefde in my in Dat ek ’n gehate vyand moet bemin. oppasster . Wat is dit nou met jou? Kom, wat makeer? juliet . Die rympie het ek maar so pas geleer By een met wie ek saam gedans het. Binne word daar geroep: „Juliet!” oppasster . Kom dadelik, kom! Kom, ons moet dadelik gaan; die gaste is al weg. Albei af.

29


TWEEDE BEDRYF PROLOOG Koor op. Die ou begeerte le nou sterwend op sy bed, En jong geneentheid wil sy plek inneem; Die skoonheid waarvoor liefde eers wou ly en sterf, Raak nou, by Juliet vergeleke, dof. Romeo het weer lief en word bemin, Elkeen deur voorkoms van die ander diep bekoor; Maar hy moet aan vermeende vyand hulde bring, En sy die liefdesaas van wrede hoeke steel. As vyand word hy daarvan uitgesluit Om minnewoorde soos gebruiklik oor te dra, En sy, verlief soos hy, is ingeperk Durf skaars haar nuwe minnaar erens sien; Maar hartstog gee hul krag, en tyd die kans, Om in ontmoeting teenstand te versoet. Af-

koor .

TONEELI Naby Capulet se vrugteboord Romeo allenig op. Hoe kan ek verder gaan verby my hart? Draai, aarde, trug, jou ewewig verstoor. Bernolio en Mercutio op. Romeo gaan opsy. benvolio . Romeo! Neef Romeo! Waar is jy, Romeo? mercutio . H y ’s wys En is so waar al bed toe, na sy huis. benvoli o . H y’t horn hierheen gehaas en oor die muur gespring. Roep horn, Mercutio. mercutio . Ek sal horn ook besweer. Romeo! Luime! Malman! Hartstog! Minnaar! Verskyn in die gedaante van ’n sug; Kom praat op rym, dit sal my vergenoeg! Roep net: „Ai tog!” se „Liefde”, se „Duif”; Se net een woord aan Venus, my gesel, romeo .

30


£en troetelnaam vir haar verblinde seun Die skelm Kupido wat so raak kon skiet Toe heer Copethua verlief was op die bedelvrou! Hy hoor nie, roer nie, hy beweeg geen lid; Hy hou hom dood en ek moet horn besweer. By die helder oe van jong Rosaline, Haar hoe voorhoof en skarlaken mond, Fraai voete, reguit been en trillend’ dy En al die streke van daar neffens-aan, Roep ek jou op om hier na ons te kom! BENVOLio.Ashy jou hoor, sal hy hom net vererg. mercutio . Dit kan hom nie vererg. Kwaad sou hy wees As ek ’n gees na die kring van sy beminde roep, ’n Vreemde ding wat daar orent sou staan Totdat sy hom bekoor en weer laat rus. Dit sou hom kwel; maar my beroep op hom Is reg en eerbaar: namens sy minnares Roep ek hom om orent te kom. benvolio . H y’t hom hier in die borne gaan verskuil, Hou omgang met die luime van die nag. Sy liefde’s blind, hy hoort in duisternis. m e r c u t io . Is liefde blind, moet hy sy doelwit mis. Nou sit hy onderkant ’n vyeboom En wens sy minnares is die soort vrug Wat meisies vye noem in die stilligheid. O Romeo, as sy maar, o as sy maar ’n Oop ensovoorts was en jy ’n peer! Nag, Romeo: ek gaan my opkrul in my wieg; Die opelugbed is veels te koud vir slaap. Kom, sal ons gaan? b e n v o l io . Ja kom, want dis vergeefs Om hom te soek wat nie gevind wil word. Albei a f

T O N E E L II In Capulet se vrugteboord Romeo kom nader. Hy spot met wonde wat dit self nie ken. Juliet verskyn bo by ’n venster.

romeo.

31


Maar stil! Wat is die lig wat deur die venster breek? Dit is die Ooste, en Juliet is die son! Verrys, skoon son, dood die jaloerse maan Wat reeds so swak en bleek van hartseer is Oor jy, haar diensmaagd, soveel skoner is as sy. Le af jou dienstigheid oor sy naywrig is. Haar maagdlikheid is siek en groen, Livrei vir dwase net. O werp dit af. Dit is my meisie! O, dit is my lief! Ag, kon sy dit maar weet! Sy praat, tog se sy niks. Wat kan dit tog bedui? Haar oe is welsprekend; en ek sal antwoord gee. Nou matig ek my aan: sy rig haar nie tot my. Twee van die mooiste sterre in die trans Moet iewers heen, en hul kom nader haar Om met haar oe tydlik hulle plek te neem. Gestel die sterre en oe sou plekke ruil? Dan sou haar wang se glans die sterre beskaam Soos sonlig ’n lantern; haar oe in die gewelf So helder skitter deur die hoe lug Dat voels begin te sing, hul met die nag vergis. Kyk daar hoe rus haar wang nou op haar hand! Was ek tog maar ’n handskoen aan die hand Dat ek die wang mog raak! JULIET. Ai tog! r o m e o . Sy praat. Praat weer, o helder engel, want jy is So stralend in die nag, daai bo my hoof, As ’n gevleuelde boodskapper van Bo Vir witgekeerde oe wat verwonderd staar Van mense wat moet trugval om horn aan te gaap As hy oor luie wattewolke skry En oor die lug se boesem vaar. juliet. O Romeo, Romeo! Waarom is jy Romeo? Ontken jou vader en ontse jou naam; Of as jy dit nie wil, sweer my jou hart, Dan is ek voortaan nooit meer Capulet. romeo (Tersy). Moet ek nog luister, of nou al praat? j u l i e t . Dis net jou naam wat vyand van my is. Jy is jy self, ’n Montague of nie. Want wat is Montague? Dit is nog hand, nog voet, Nog arm, nog gesig. Ag, wees ’n ander naam Wat aan ’n man behoort. 32


Wat is ’n naam dan tog? Wat ons ’n roos noem, Sou geurig wees met enige ander woord. En net so Romeo, al was sy naam nie Romeo; Hy sou nog sy volkomenheid besit Sonder die naam. O Romeo, neem weg jou naam, En vir jou naam, wat tog jy self nie is, Neem alles wat ek is. romeo . Ek neem jou woord. Noem my geliefde, en ek word nuut gedoop; Van nou af is ek nooit weer Romeo. juliet . Wie is jy wat verberg in donker nag Kom luister wat ek praat? romeo . Met ’n naam Kan ek my nie aan jou onthul. My naam, my heilige, is haatlik vir myself Oor dit ’n vyand van jou is. Was dit geskryf, sou ek die woord opskeur. juliet . My ore het geen honderd woorde ingedrink Van wat jy se, tog ken ek reeds die klank. Is jy nie Romeo, en ’n Montague? romeo . Nie een nie, skone dame, as jy nie daarvan hou. juliet. Hoe het jy hiei gekom, se my, en ook waarom? Die boord se muur is hoog, en swaar vir klim, Hier wag die dood, die plek in ag geneem, As enige verwant van my jou vind. romeo . Met ligte liefdesvleuels het ek die muur oorstyg; Geen grens van klip kan liefde buite hou, Wat vir liefde moontlik is, dit durf dit aan. Daarom kan jou verwante my nie keer. juliet . As hul jou sien, sal hulle jou vermoor. romeo . Wee my, daar le meer dreiging in jou oog As twintig van hul swaarde! Wees jy maar toegenee, D an’s ek bestand teen hulle vyandskap. juliet . Ek sou vir niks wou he dat hul jou kry. romeo . Die nag se mantel skuil my teen hul oe; As jy my min, kan hulle my maar kry. Want ek sluit liefs my lewe deur hul haat As dat die dood sou talm en jy my nie bemin. juliet . Wie het jou tog die pad hierheen beduie? romeo . Die liefde self, wat my gedryf het om te vra. Hy het my raad gegee, in ruil vir oe. Ek is geen stuurman nie; maar al was jy ver Soos die enorme kus oorspoel deur verste see, 33


Wat is ’n naam dan tog? Wat ons ’n roos noem, Sou geurig wees met enige ander woord. En net so Romeo, al was sy naam nie Romeo; Hy sou nog sy volkomenheid besit Sonder die naam. O Romeo, neem weg jou naam, En vir jou naam, wat tog jy self nie is, Neem alles wat ek is. romeo . Ek neem jou woord. Noem my geliefde, en ek word nuut gedoop; Van nou af is ek nooit weer Romeo. juliet . Wie is jy wat verberg in donker nag Kom luister wat ek praat? romeo . Met ’n naam Kan ek my nie aan jou onthul. My naam, my heilige, is haatlik vir myself Oor dit ’n vyand van jou is. Was dit geskryf, sou ek die woord opskeur. juliet . My ore het geen honderd woorde ingedrink Van wat jy se, tog ken ek reeds die klank. Is jy nie Romeo, en ’n Montague? romeo . Nie een nie, skone dame, as jy nie daarvan hou. juliet. Hoe het jy hiei gekom, se my, en ook waarom? Die boord se muur is hoog, en swaar vir klim, Hier wag die dood, die plek in ag geneem, As enige verwant van my jou vind. romeo . Met ligte liefdesvleuels het ek die muur oorstyg; Geen grens van klip kan liefde buite hou, Wat vir liefde moontlik is, dit durf dit aan. Daarom kan jou verwante my nie keer. juliet . As hul jou sien, sal hulle jou vermoor. romeo . Wee my, daar le meer dreiging in jou oog As twintig van hul swaarde! Wees jy maar toegenee, D an’s ek bestand teen hulle vyandskap. juliet . Ek sou vir niks wou he dat hul jou kry. romeo . Die nag se mantel skuil my teen hul oe; As jy my min, kan hulle my maar kry. Want ek sluit liefs my lewe deur hul haat As dat die dood sou talm en jy my nie bemin. juliet . Wie het jou tog die pad hierheen beduie? romeo . Die liefde self, wat my gedryf het om te vra. Hy het my raad gegee, in ruil vir oe. Ek is geen stuurman nie; maar al was jy ver Soos die enorme kus oorspoel deur verste see, 33


Sou ek vir so ’n prys dit dadelik waag. Jy weet die nag se masker is op my gesig; Daarsonder sou ’n maagdeblos my wang verkleur Oor wat jy my vannag hoor uitspreek het. Ek sou nog graag formed wou wees - graag, graag ontken Wat ek gese het: maar weg met voorskrifte! Het jy my lief? Ek weet jy sal se: „Ja”; En ek neem jou woord. En tog, as jy moes sweer Sou dit kon vals wees. Oor liefdesleuens, se hul, Lag Jupiter. O liewe Romeo, As jy my lief het, se dit dan eerlik uit. Of as jy dink ek laat my te gou wen, Dan sal ek frons en dwars wees en se nee, Dat jy die hof kan maak: maar anders nie. Jy sien, my liewe Montague, ek is te sag, Nou mag jy dink dat ek my lig gedra; Vertrou my, heer, ek sal getrouer wees As die wat meer vernuftig hoofs kan sped. Ek moes my meer opsy gehou het, ek erken, Maar toe het jy gehoor, voor ek dit wis, Hoe lief ek werklik het. Vergewe my daarom, En sien my oorgee nie as ligtheid nie, Wat so onthul is deur die donker nag. romeo . Geliefde, by die geseende maan sweer ek, Wat met sy silwer al die borne raak juli et . O sweer nie by die maan, die onbestendige maan, Wat maandliks wissel in haar wentelbaan, D at wispelturig nie jou liefde ook mag blyk. romeo. Waarby moet ek dan sweer? juli et . Sweer liewer glad nie; Of as jy moet, sweer by jou liewe self, Jy is die god van my verafgoding, Ek sal jou glo. romeo . As dan die kosbaar liefde van my hart juli et . Nee, moenie sweer. Al is ek bly oor jou, Het ek geen blydskap oor vannag se eed. Dit is te ondeurdag, te vlug, en te opeens; Te soos die weerlig wat vanself verdwyn Voor jy kan se dis lig. My lief, goeienag! Dalk sal ons liefdesbotsel, deur somerasem geryp, ’n Pragblom wees wanneer ons weer ontmoet. Goeienag, goeienag! Ek gun jou soete rus, Dat jou hart mag vrede ken soos die wat in my sus!

juli et .

34


romeo . Gaan jy my dan so onbevredig laat? juliet . Watter bevrediging kan ek jou gee vannag? romeo . Dat jy my liefde toese soos ek jou. Juliet . Dit het ek reeds gedoen voor jy kon vra;

Ek wens ek had dit trug om weer te gee. romeo. Wil jy dit trugtrek? Maar waarom juliet . Dat ek vrygewig jou dit weer kan

dan, lief? gee.

Ek bly die ding begeer wat ek reeds het. My gawe is so grensloos soos die see, So diep my liefde; en hoe meer ek gee, Hoe meer het ek, want dit is ruimteloos. Ek hoor iets binnekant. Vaarwel, my liewe lief! Oppasster roep binne. Goed, Vrou, ek kom! En Montague, bly trou! Wag net ’n bietjie, dan kom ek weer terug. Af. romeo . Geseende, diep geseende nag! Ek is bevrees Dat oor dit nag is, als sal drome blyk, Te soet-verleidelik om waar te wees. Juliet weer op. juliet . Drie woorde, Romeo, dan werklik goeienag. As dan jou liefde eerbaar van bedoeling is, Jou doelwit troue, laat my more weet Deur iemand wat ek stil aan jou sal stuur, Waar en wanneer die seremonie is, Dan le ek heel my lewe aan jou voet En volg my heer die ganse wereld deur. Oppasster roep binne: Juffrou! juliet . Ek kom, ek kom. - Maar as dit jou nie erns is, Dan smeek ek jou Oppasster roep binne: Juffrou! juliet . Ek kom nou dadelik. Om jou aanslag te laat vaar en my in smart te l&at. Ek stuur jou more iemand. romeo . Dit laat my siel floreer. juliet . ’n Duisend maal goeienag! Af. romeo . ’n Duisend maal moet ek jou lig ontbeer! Die liefde gaan na liefde soos ’n seun weg van sy boeke Maar liefde weg van liefde, die sware pad na skool. Juliet weer op. juliet . Haai, Romeo, haai! Had ek ’n valkenier se stem Dat ek die jagvalk trug kon bring! 35


My vasgekeerdheid durf net saggies praat, So nie, sou ek die Eggo-grot verskeur Sodat haar luide stem verhees teen my, Met die herhaling van „My Romeo” ! r o m e o . Dit is my hart wat daar my naam uitroep. Hoe silwersoet klink minnaarstemme in die nag, Soos sagte note teen ’n oor gespits! juliet . Romeo! romeo . My lief? juli et . Op watter uur Moet ek horn more stuur? romeo . Teen nege-uur. juliet . Ek sal gewis. Dis twintig jaar tot dan. Ek het vergeet waarom ek jou terug wou roep. romeo . Laat my hier staan en wag tot jy onthou. juliet. Ek sal vergeet, net dat jy hier kan bly, Onthouend hoe ek van jou hou. r o m e o . En ek sal bly, dat jy kan bly vergeet, Vergetend dat my tuiste elders is. juliet . Dis byna dag. Ek sou dat jy nou gaan En tog niks verder as die lcwikkie van ’n kind, Wat uit sy hand gelaat word om te wip, ’n Klein gevangene in sy bande vas, En dan weer met ’n sydraad truggepluk, Oor vryheid steeds so liefderyk-jaloers. romeo . Ek wil jou kwikkie wees. juliet . My lief, dit wil ek ook. Maar ek sou jou met my vertroetling moor. Goeienag, goeienag! Wat is ’n groet tog soet van smart: Dus moet ek nag se tot dit more word, my hart. Af. romeo . Laat slaap nou op jou oe rus en vrede in jou bors! Was ek maar slaap en vrede om so soet te rus. Nou moet ek na my biegvader se sel Om hulp te vra en van my blydskap te vertel. Af

36


TO N E E L III Die sel van Broer Lawrence Broer Lawrence allenig met sy mandjie op. La w r e nc e . Die giysoog-mdre glimlag vir die nag watfrons, Verkleur met strepe lig die oosterwolk; En die gevlekte duister steier dronk Weg uit die dag en vuurwielkoets se pad. Noil, voor die brandoog van die son verrys Om die dag te kom verbly en nagdou te verdroog, Moet ek die biesiemandjie van ons vul Met gifkruid en met blomme vol kosbaar sap. Natuur se moeder aarde is haar graf. Maar hierdie graf is bowendien haar skoot; En ons, die kinders wat daaruit ontspring, So vol verskeidenheid, vind suigend aan haar bors Veel wat vir vele deugde uitstekend is, En niks wat deug vir niks, verskillend als. O groot is die genade wat daar skuil In die ware aard van plant en kruid en klip; Niks is so boos wat op die aarde groei Dat dit nie ook iets goeds trug aan die aarde gee; En niks so goed dat dit, van ware nut gewend, Nie ook sy aard kan teegaan en misbruik kan word. Misbruikte deug word deur sy misbruik boos, Terwyl die bose soms geheilig word. Romeo op. Binne die sagte skil van die teer blom Is gif verskuil en krag wat heel; Want ruik jy dit, doen dit die hele liggaam goed; Deur dit te proe, sterf hart en sintuig saam; Die teenoorstaande vorste leer steeds In mens en kruid tesaam - die goed en kwaad: En waar die slegte in oorheersing staan, Vreet wuims van die dood weldra die plant. romeo . Goeiemore, Vader. La w r e n c e . Benedicite! Van wie’s die vroee tong wat my so soet begroet? My seun, dit dui op ’n beswaarde gemoed Om so vroeg uit jou bed al op te staan. Die kommer waak in elke oumansoog, En waar hy huis, is daar geen plek vir slaap;

broer

37


Maar waar die ongeskonde jeug met skoon gemoed Sy lyf neerle, daar heers die goue slaap. Daarom verseker hierdie vroegheid my Dat een of ander kwelling jou ontstel; So nie, dan is daar dit wat ek verwag Ons Romeo was nooit in die bed vannag. romeo. U tweede raai is reg. My rus was des te soeter. La w r e n c e . Mag God vergeef! Was jy by Rosaline? romeo . My liewe biegvader, nie Rosaline nie, nee. Die naam het ek vergeet met al sy leed. La w r e n c e . So praat ’n goeie seun. Waar was jy dan? romeo . Ek sal vertel voor u dit weer kan vra. Ek het gaan fees hou by my vyande, En daar is ek eensklaps deur een verwond Wat ek verwond het. Genesing vir die twee van ons Le by u hulp en in u medisynekuns. Haat dra ek nie, o godsman, want u sien: My bede is my vyand ook tot diens. La w r e n c e . Praat reguit, liewe seun, en sonder ompadloop. Verwarde bieg maak ook vergiffenis verward. romeo . Nou onomwonde dan: die liefde van my hart Mik op die skone dogter van ryk Capulet, Soos ek op haar, is sy op my verlief, Albei verenig, behalwe dit wat u In heilige huwelik moet verbind. Hoe, wanneer, waar Ons twee ontmoet, die hof gemaak en ons verbind het, Vertel ek u op pad; al wat ek vra Is dat ons troue nog vandag u seen sal dra. La w r e n c e . Maar Heilige Fransiskus! Wat ’n ommekeer! Die Rosaline wat jy so diep bemin het, Is sy so gou vergeet? Jong mans se liefde le Gewis nie in die hart, net in die oog. Jesumaria! Dink aan al die sout Wat oor Rosaline jou wange bleek gewas het! Hoeveel soutwater weggegooi, vermors, Om liefde geur te gee, wat nie daarna smaak! Jou sugte’s nog nie deur die son vervaag, En my ou ore hoor jou klaaglied nog. Daar op jou wang sit steeds ’n vlek, ’n Traan nog steeds onafgespoel. Die hele jy en al die smart van jou Het net bestaan om Rosaline. N o u ’t jy verander? Dan sal jy moet erken: 38


Waar manne kragloos is, mag vroue val. romeo . U ’t my gereeld betig oor Rosaline. La w r e n c e . Nie oor jy liefhad, maar oor jy romeo. Die liefde’t u gese moet ek begraaf. La w r e nc e . Nie in ’n graf

so verslinger was.

Waar jy een inle om ’n ander uit te haal. Ek smeek u tog: kasty my nie. Sy wat ek min Vereffen guns met guns, my liefde met haar eie. Die ander was nie so. La wr e nc e . O, sy het goed besef Jou liefde is maar praat wat nie kan spel. Kom, wispelturige, kom saam met my. Ek sal in een opsig jou help: So ’n verbintenis mag goed beloof Om die erfhaat van jul huise in liefde om te keer. romeo . Laat ons dan gaan. Want ek verg haas. La w r e nc e . Stadigaan en wys: wie hardloop, struikel gou. Albei af. romeo .

T O N E E L IV ’n Straat Benvolio en Mercutio op. Maar waar de duiwel kan die Romeo wees? Was hy nooit tuis vannag? benvolio . Nie in sy pa se huis. So se sy kneg. mercutio . Die bleke Rosaline met harde hart Gaan horn nog in die waansin dryf. benvolio . Tybalt, die neef van oubaas Capulet, Het na sy pa se huis ’n brief gestuur. mercutio . ’n Uitdaging, gewis. benvoli o . Romeo sal reageer. mercutio . Maar dit sou enigiemand wat kan skryf. benvolio . Nee, hy sal die brief se baas vra hoe hy durf om horn te daag. mercutio . Ag, arme Romeo, hy is klaar dood: neergesteek deur die swart oog van ’n blanke meisie; sy oor deurboor deur ’n minnelied; die hart van sy hart gekloof deur die stomp pyl van ’n blinde kind; hoe kan hy in staat wees om teen Tybalt te veg? benvoli o . Wat is Tybalt dan miskien? mercutio .Meer as die Prins van Katte! Die dappere heer en meesmercutio .

39


ter van alle vorme van formaliteit. Hy veg soos wat jy ’n rympie van ’n boek afsing - hy hou tyd en afstand, ewewig; die kleinste pousetjie respekteer hy: een, twee, en die derde in jou borskas! Hy kloof ’n syknopie lag-lag middeldeur, tweevegter by uitnemendheid, en watter vegter! ’n Heer van die eerste water, meester van elke reel in die boek. A, die onsterfiike passado! Die punto reverso! Die haai! benvoli o . Die wat? mercutio . Te hel met sulke aanstellerige, lispelende, geaffekteerde laventelheertjies - met al hul modepraatjies! - „Voorwaar, ’n netjiese lem! Prima kerel. Eersterangse hoer!” Ek se, oupa, is dit nie ellendig dat ons gepla moet word deur die vreemde vliee, die modemannetjies, die ekskuseer-my-toggies wat so op hul punte staan dat hulle nie meer behoorlik plat kan sit nie? Ag, die spul bekvolpaddatjies! Romeo op. b envol i o . Hier kom Romeo! Hier kom Romeo! mercutio . En steeds in rou, pure droe haring. Ag, vlees, vlees, hoe het jy vis geword! Nou maak hy versies soos Petrarca. In vergelyking met sy geliefde was Laura ’n kombuisbediende (ek moet se, sy’t darem ’n beter minnaar gehad om haar te berym), en Dido dooierig, Cleopatra ’n kekkelaar, Helena en Hero hoertjies en hopeloos, Thisbe miskien ’n glinstering in die oog maar nie ter sake nie. Signior Romeo, bonjour! D aar’s vir jou ’n Franse groet by jou Franse broek. Jy het ons gisteraand sleg verkul. romeo . Goeiemore aan jul albei. Hoe het ek jul verkul? mercutio . Onder ons uit verdwyn, ons verkul met jou kilte. Verstaan jy nie? r o m e o . Verskoon my, ou Mercutio. My sake was dringend en so iets dwing mens om hoflikheid ’n bietjie te rek. mercutio . Jy bedoel: met ’n saak soos joune kan ’n man maklik ’n dyspier verrek. romeo . Deur te diep te buig. mercutio . Jy vertolk dit baie vriendelik. romeo . Dis jy wat dit so hoflik gestel het. mercutio . Ek skitter maar so van hoflikheid. romeo . Soos ’n ster? M E RC U T I O . Juis. r o m e o . Oppas dan vir my skoenpunt in jou sterre. mercutio . Loop nou agter diegrappieaan tot jou skoene gedaan is: moet horn net nie raaktrap nie. romeo . As ek horn raaktrap, sal daar net ’n baie plat grap oorbly. mercutio . Kom tussenbeide, Benvolio, my kop gaan staan! 40


romeo .

Gee hom peits en spore, peits en spore, anders wen ek die

ronde! mercutio .

Nee wag, as ons vernuf so op hoi gaan, gee ek oor: want jy ’t meer varkies op hoi as ek in my ganse lyf. romeo . Ek het lankal gedink jy ’s onder ’n gans uitgebroei - dis di£ dat jy so lief vir die veeipootjies is. mercutio . Dis ’n veerpootjie wat jou gepootjie het! romeo . Wag, nou is dit jy wat gansegaar op hoi raak. mercutio . Jou gevatheid is kruie vir enige gaar gans, al is dit partykeer bietjie skerp. romeo . Dis jy wat altyd neig om jou stories te kruie. mercutio . N ou kruie jy darem te ver met my grappie aan. romeo . Is jy ’n kruidjie-roer-my-nie? mercutio . N ou toe nou, dis mos beter as om te loop en kerm van liefde! Nou is jy weer gesellig, nou is jy Romeo; nou is jy wat jy is, in geaardheid en vernuf. Want die slobberende liefde is nes ’n groot dorpsidioot wat uittong heen en weer hoi om sy speelding in ’n gat te gaan bere. benvolio . Genoeg, genoeg! mercutio . Nou moet ek met my storie vassteek net voor hy by die fyndraai kom! ben v ol i o . Voor die stekery te grof raak, wil jy se. mercutio . Nee, jy misgis jou. Ek het my storie nou gerek so ver hy kan, ek was amper by die punt. romeo . Hier kom iets aan! Oppasster en haar kneg Peter op. ’n Seil, ’n seil! mercutio . Twee, twee! Dis hemp en rok. oppasster . Peter! peter . H ier’s ek. oppasster . My waaier, Peter. mercutio . Om haar gesig te masker, Peter, want die waaier is mooier. oppasster . Goeiemore, menere. mercutio . Goeiemiddag, skone dame. oppasster . Is dit al middag? mercutio . Dis wat die wysters se: die oggend le al op haar rug die middag is nou bo. oppasster . Toe vir jou! Wat se soort mansmens is jy? romeo . Een wat God gemaak het, Dame, sodat hy homself kan mismaak. oppasster . Goed gese. „Sodat hy homself kan mismaak,” se u? Menere, kan een van u my se waar ek jong Romeo kan kry? 41


romeo .

Ek kan u se; maar jong Romeo sal ouer wees wanneer u hom kry as wat hy was toe u hom gesoek het. Ek is die jongste met die naam, by gebrek aan iets ergers. oppasster . Dis goed. mercutio . Hoe kan die ergste goed wees? Dis nou ’n goeie begrip. Baie wys, baie wys. oppasster . As dit u is, meneer, wil ek u graag vertroulik spreek. benvolio . Sy gaan hom nooi vir ete. mercutio . ’n Grap, ’n grap, ’n grap! Sa, vat so! r o m e o . Wat sien jy nou? mercutio . G ’n bokkie nie, ou vriend - behalwe een in ’n tert en die is maar taamlik gaar en uitgebak. Loop singende om hulle. Jong bokkiepastei, Jong bokkiepastei Is lekker in die Pase. Maar ’n ou bok sonder blaar Kom nooit behoorlik gaar, Dan eet ek liewer hase. Kom jy na jou pa se huis toe, Romeo? Ons eet vanmiddag daar. romeo . Ek kom agterna. mercutio . Vaarwel, vervloe dame, vaarwel. (Singend.) „Dame, Dame, Dame . . .” Mercutio en Benvolio af. oppasster . Se my, meneer, wat se handelaar was dit die wat mens so wol om die ore draai en jou ’n kat in die sak verkoop? romeo . ’n Jonkman, Vrou, wat graag na sy eie praatjies luister en meer in ’n minuut kan praat as wat hy self in ’n maand kan aanhoor. oppasster . L aathynet iets teen my se, dan sal ek hom aanvat, al was hy frisser as wat hy is; en as ek nie kan nie, sal ek mense kry wat kan. Verpestelike vent! Ek is nie een van sy flerriesloeries nie; ek is nie een van sy uitskot nie. En dan staan jy maar en aanhoor hoe elke skorriemorrie met my maak soos hy lekker kry! peter . Ek het g ’n man gewaar wat met jou maak soos hy lekker kry nie. As ek het, dan het ek daar en dan my wapen uitgepluk, dit beloof ek jou. Ek kan net so vinnig uitpluk as ’n ander man, as ek kans sien in ’n goeie bakleiery, met die wet aan my kant. oppasster . So waar as die Here, ek is nou so kwaad, daar is niks aan my wat nie bewe nie. Verpestelike vent! Vergun my ’n woord, meneer; soos ek u al gese het: dis my jonge juflfrou wat my aangese het om u op te spoor. Wat sy vir my gese het om te se, dit hou ek vir myself; maar laat ek u eers reguit se: as u van plan is om haar 42


in ’n gekkeparadys in te lei, soos hulle se, dan sou dit ’n gemene spul wees, soos hulle se. Want die meisie is nog jonk; en as u haar dus om die bos wil lei. dan sal dit ’n agterbakse ding wees om ’n jong edelmeisie aan te doen, en baie liederlik daarby. romeo . Vrou, dra my gioete aan jou juffrou oor. Ek gee jou die versekering oppasster . Ag, ek sal haar se. Liewe Here tog, sy sal so bly wees. romeo . Wat sal jy haar se, Vrou? Jy luister nie na my nie. oppasster . Ek sal haar se u ’t my u versekering gegee, en soos ek die saak sien, is dit ’n baie ordentlike aanbod. romeo . Vra haar om tog ’n wyse te prakseer Om nog vanmiddag biegstoel toe te kom; In Broeder Lawrence se monniksel sal sy Eers bieg en daama trou. Hier’s iets vir al jou moeite. oppasster . O nee, my heer; geen duit. romeo . Toe nou! Ek dring daarop aan. oppasster . Vanmiddag nog, meneer? Sy sal daar wees. romeo . En, Vrou, wag jy by die abdy se muur. Oor minder as ’n uur stuur ek my kneg Met touwerk om daarmee ’n leer te maak, Wat my in die geheime nag Na die maspunt van my vreug sal dra. Vaarwel. As jy getrou is, sal ek dit beloon. Vaarwel. En groete aan jou meesteres. oppasster . God seen u. O, maar meneer! romeo . Wat wil jy se, Oppasstervrou? oppasster . I s u kneg betroubaar? Het u nooit gehoor: Twee kan geheim hou as mens een wegneem? romeo . Ek waarborg jou: op horn sal ons kan reken. oppasster . My juffrou is ’n liefste meisie, heer. Hemel tog, toe sy nog sommerso ’n klein babbelbekkie was - O, daar’s mos ’n edelman hier in die stad wat ook glo in die slaai wil krap, ene Paris; maar sy, liewe mens, sy sal eerder na ’n padda kyk as na horn. Partykeer maak ek haar kwaad, dan se ek Paris is ’n meer geskikte man; maar ek belowe u, dan word sy bleker as enige stukkie gaasdoek in die wye wereld. Se my, begin Romeo en roosmaryn dan nie altwee met dieselfde letter nie? romeo . Ja, Vrou, en wat daarvan? Albei begin met R. oppasster . N ou spot u: dis mos hondetaal. R staan vir die - Nee: ek weet dit begin met ’n ander letter en sy het die fraaiste ou gesegdes daaroor, oor u en roosmaryn, dit sal u hart goed doen om dit te hoor. romeo . Se groete aan u meesteres. 43


oppasster . O, duisend maal. peter . Ek kom! oppasster . Opskud, vooruit!

(.Romeo a f) Peter!

Hy gaan af, gevolg deur haar.

TONEEL V In Capulet se boord Juliet op. Nege het dit geslaan toe ek haar stuur; Oor ’n halfuur sou sy trugkom, het sy vas beloof. Dalk kon sy hom nie kry. Nee, dis nie waar. Sy’s mank! Die liefde se heroute moet gedagtes wees, Wat tien keer vinniger as sonnestrale glip As hulle skadu’s oor die heuwels dryf. Dis waarom vluggevleuelde duiwe Liefde trek, Waarom Kupido soos die wind kan vlieg. Nou sit die son al teen die hoogste krans Van heel sy dagreis, en van nege tot twaalf Is drie lang ure; nog altyd bly sy weg. Had sy geneentheid en die jeug se warm bloed. Sou sy so vlug beweeg het as ’n bal; My woorde sou haar aandryf na my lief En syne trug na my. Maar oumense beweeg soos sterwendes Lomp en stadig, swaar en bleek soos dood. Oppasster en Peter op. Hier kom sy, God! O liewe vrou, wat is die nuus? Het jy hom gekry? Stuur weg jou kneg. oppasster . Peter, gaan wag daar by die hek. juliet . Kom nou, o liewe vrou: wat lyk jy so bedroef! Al is die nuus ook droef, dra dit tog vrolik oor: En is dit goed, beskaam u die musiek Deur dit met so ’n nors gesig te speel. oppasster . Nee, ek is moeg, laat my eers rus. Hoe pyn my bene! - van die ent se stap! juliet . Had jy my bene maar en ek jou nuus! Nee, kom nou, praat: o liewe vrou tog, praat! oppasster . Jesus, jy’s haastig! Kan jy nie bietjie wag? Sien jy nie dat ek skoon uitasem is?

juliet .

44


juliet .

Uitasem jy? As jy nog asem het Om my te se dat jy uitasem is? A1 jou verskonings wat jy maak om uit te stel Is langer as die nuus wat jy verskoon. Is dit goed of sleg? Antwoord my dit. Se een daarvan, dan kan besonderhede wag. Stel my tevrede: is dit goed of sleg? oppasster . Jy’t ’n onnosel keuse gemaak; jy weet nog nie hoe mens ’n man moet kies nie. Romeo? Nee wat, nie hy nie. A1 is sy gesig aantrekliker as enige ander man s ’n, is sy bene nogtans beter as enigiemand anders s ’n; wat hande en voete en lyf betref, al is dit nou nie juis om van te praat nie, is dit darem weergaloos. H y’s nou nie ’n blom van hoflikheid nie, maar darem sag soos ’n lam. Nou ja, wat, meisiekind, volg maar jou kop en dien die Here. Se my, het julle al geeet? juliet . Nee, nee. Maar alles wat jy se, dit wis ek al. Wat se hy van ons troue? Wat daarvan? oppasster . Ai tog, my kop! So ’n kop het ek aan my! Dit klop of dit in twintig stukke breek. En dan my rug daarby - ag tog, my rug, my rug! Skaam jou dat jy my so kan stuur Om my nog morsdood in die strate rond te loop! juliet . Dit spyt my regtig dat jy siek moet voel. Ag liewe, liewe, liewe vrou, se my wat se my lief? oppasster . Jou lief se, soos dit ’n eerbare en ’n ordentlike en ’n vriendelike en ’n aantreklike en sekei ’n deugsame man betaam Waar is jou ma? juliet . Waar is my ma? Sy is tog binnekant. Waar anders moet sy wees? Jy praat so vreemd! „Jou lief se, soos dit ’n eerbaar man betaam, ,Waar is jou m a?” ’ oppasster . Ag, Moeder van die Liewe Heer! Is jy so heet? Bedaar dan tog, so waar. Begroet jy my seer bene met die salf? Voortaan kan jy maar self jou boodskappe gaan doen. juliet . Dis so verward! Kom: wat se Romeo? oppasster . Het jy verlof om te gaan bieg vandag? juliet . Ek het. oppasster . N ou haas jou na die sel van Broer Lawrence; Daar wag ’n man wat jou sy vrou wil maak. Nou jaag die hete bloed weer in jou wange op: Die kleinste nuus laat hulle dadelik gloei. Gaan kerk toe, gou; want ek moet anderpad 45


’n Leer gaan haal waarmee jou lief vanaand ’n Voelnes kan bereik sodra dit donker word. Ek moet my afsloof, en werk vir jou plesier: Maar hierdie nag sal jy die las moet dra. Toe: ek gaan eet; haas jou nou na die sel. juliet . Ek haas my na geluk. O liewe vrou, vaarwel. Albei af.

T O N E E L VI Die sel van Broer Lawrence Broer Lawrence en Romeo op. La w r e nc e . Mag so die hemel die daad seen Dat later naberou ons nie kom kwel. romeo . Amen, amen! Laat enige smart maar kom, Dit kan nie opweeg teen die blydskap nie Wat een minuut van haar te sien my gee. Verseel ons hande met ’n heilig woord, Dan kan die dood, wat liefde swelg, maar kom Dat sy mag myne wees, dit is genoeg. La wr e n c e . Uitspattig vreugde kom uitspattig tot ’n end, Sterf in oorwinning, net soos vuur en kruit Wat in hul kus mekaar verteer. Selfs heuningkoek Is walglik in sy eie soetigheid En dood die eetlus met sy smaak. Wees matig in jou liefde dus: dan duur dit lank; Te-vinnig kom te laat, net soos te-traag. Juliet op, Hier kom die dame. O, die ligte tred Sal nooit, soos water, die ewige klip verweer. ’n Minnaar kan oor spinnewebbe loop Wat in die ligte somerluggie dryf En tog nie val: so lig is ydelheid. juliet . Ek wens my biegvader ’n goeie dag. La w r e nc e . Laat Romeo jou namens ons bedank. juliet . Ek groet ook horn, want so nie word sy dank te veel. romeo . A Juliet, as ook jou vreugdeskelk Oorloop van blydskap soos wat myne doen, en jy Dit beter kan vertoon as ek, kom dan, versoet Met adem hierdie lug, laat ryk musiek 46


Se tong vertolk die vreugde wat ons albei voel En wedersyds uit die ontmoeting put. juliet . Die wese van begrip is meer as woorde net, Sy kern is belangrik, nie sy tooi. Wie waarde kan bereken, is maar bedelaar; So buitensporig het my liefde uitgegroei Dat ek die helfte van my rykdom nie kan tel. La wre nc e . Kom, kom saam met my; laat ons dit afhandel; As jul vergun, laat ek jul nie alleen Voordat die kerk jul twee verbind tot een. Al drie af.


DERDE BEDRYF

TONEEL I ’n Stadsplein Mercutio, Benvolio en Knegte. Kom asseblief, Mercutio, ons gee pad. Dis warm vandag, die Capulets is op straat, As ons hul teekom, dan word daar baklei, Want die hitte van die dae stoor die bloed. mercutio . Jy’s nou soos een van die manne wat by ’n taverne instap en sy swaard op die tafel neersmyt en se: „God gee dat ek jou nie nodig kry!” en wanneer die tweede glas begin te trek, dan trek jy dit op die kelner; juis wanneer dit inderdaad nie nodig is nie. benvolio . O, jy reken ek is een van die? mercutio . Toe nou, jy ’s net so buierig as wie ook al in Italic: jy laat jou net so maklik tot befoeterdheid beweeg - en jy ’s so befoeterd dat jy jou maklik laat beweeg. benvolio . Jy’s getik. mercutio . As ek so getik soos jy was, dan was daar netnou nie meer een van ons oor nie, want dan’t ons mekaar afgetik. Jy! Jy sal skoor soek met ’n man wat ’n baardhaar meer of minder as jy het. Jy sal skoor soek met ’n man wat amandels kraak, net oor jy self amandeloe het. Dis al soort oog wat so ’n rede vir rusie kan raaksien. Jou kop sit so vol rusie soos ’n eier vol drilsel, en tog is jou kop oor al die rusiemakery al net so dikwels breekgeslaan as ’n eier. Anderdag het jy mos met ’n man baklei oor hy op straat gehoes het en jou hond wakker gemaak het wat in die son gele en slaap het. En het jy nie ’n uitval met ’n snyer gehad oor hy voor Pase sy nuwe baadjie gedra het nie? En met iemand anders oor hy sy nuwe skoene met ou veters wou vasmaak nie? En nou wil jy vir my kom se ek moenie baklei nie! benvolio . As ek so skoorsoekerig soos jy was, dan kon enige Jan Rap die res van my lewe teen ’n uur en ’n kwart se prys kontant gekoop het. mercutio . Kontant? Jy hou jou lyf kontant! Tybalt, Petruchio en ander op. benvolio . So by my kop, hier kom die Capulets. benvolio .

48


mercutio . So by my hak, dit traak my nie. t ybalt . Kom saam, ek gaan met hulle praat.

Menere, dag. ’n Woord met een van jul. Net een ou woordjie met net een van ons? Gee iets op die koop toe: maak dit ’n woord en ’n hou. tybalt . Ek is heeltemal genee daartoe, meneer, en as jy nie oppas nie, sal jy my nog rede gee. mercutio . Kan jy nie rede vat sonder dat dit gegee word nie? tybalt . Mercutio, jy gaan mos om met Romeo? mercutio . Gaan om? Wat dink jy, is ons troebadoers wat ’n toneel dans? Kyk, as jy troebadoers van ons wil maak, sal jy niks behalwe wanklanke uit ons kry nie. H ier’s my strykstok - dit sal jou aan die dans kry. Omgaan, verdomp! benvolio . Ons praat hier in ’n openbare plek. Trek julle tiug na ’n private oord, Of praat jul griewe koel en nugter uit, So nie, gaan uitmekaar. Hier is ons in die oog. mercutio . ’n Oog is mos gemaak vir kyk, so laat hul kyk. Ek gee nie vir ’n ander pad, nie ek. Romeo op. tybalt . Ek wens jou vrede toe, meneer. Hier kom my man. mercutio . Jou man, jou kneg? Hy dra nie jou livrei. Gaan na die strydperk, daar sal hy jou volg: In daardie sin kan jy na horn verwys as man. tybalt . Romeo, die liefde wat ek jou toedra, vergun My nie dat ek jou anders noem as slaaf. romeo . Tybalt, die rede wat ek het om jou te ag Temper die woede wat ek na behore voel Oor so ’n groet. Slaaf is ek nie. Daarom vaarwel. Ek sien jy ken my nie. tybalt . Dit sal die onreg nie vergeef nie, knaap, Wat jy my aangedoen het: draai jou om en veg. romeo . Onreg het ek jou nimmer aangedoen, Ek ag jou meer as wat jy ooit kan dink Yoor jy die rede van my agting weet: Dus, liewe Capulet, ’n naam vir my So kosbaar as my eie, teuel jou drif. mercutio . O onderdanigheid so stil, oneerbaar, laag! Alla stoccata is die raad! (Trek sy swaard.) Tybalt, jou rottevanger, staan opsy! tybalt . Wat wil jy van my he? mercutio . Net een van jou nege lewens, Kattekoning! Dit gaan ek neem; gebruik die ander agt as jy my wil by kom. Gaan jy jou mercutio .

49


swaard aan die ore uit sy skede pluk? Opskud, want anders speel myne om jou ore voor joune uit is. TYBALT. Ek is gereed. (Trek sy swaard.) romeo . Liewe Mercutio, sit trug jou swaard. mercutio . Komaan, meneer, dis jou passado! Hulle veg. romeo . Pluk uit, Benvolio, en slaan hul wapens neer. Skaam jul, menere! Laat die skande vaar! Tybalt, Mercutio, uitdruklik het die Prins Die rusies uit die strate uitgeban. Tybalt, hou op! Liewe Mercutio! Tybalt steek Mercutio onder Romeo se arm deur en vlug. mercutio . Ek is getref. ’n Pes oor albei huise! Ek is gewond. En is hy vort, makeer hy niks? benvolio . Wat, het jy seergekry? mercutio . Ja, ja, ’n skraap, ’n skraap. Dis erg genoeg. Waar is my kneg? Gaan, slaaf, gaan haal ’n dokter. Kneg af. romeo . Hou moed. So erg kan dit nie wees. mercutio . Nee, dis nie so diep soos ’n put of so breed soos fn kerkdeur nie; maar dis erg genoeg, dit sal deug. As jy more na my kom verneem, sal jy hoor ek het my kisklere aan. Ja-nee, my kersie is uit. ’n Pes oor jul twee huise! Verdomp, dat ’n hond, ’n rot, ’n muis, ’n kat mens nou kan doodkrap! ’n Grootbek, ’n skurk, ’n lae lak wat uit die boek uit veg! Wat de duiwel het jy tussenbeide gekom? H y’t my onder jou arm deur gesteek. romeo . Ek het dit goed bedoel. mercutio . Neem my ’n huis in nou, Benvolio, Want ek voel flou. ’n Pes oor jul twee huise! Kos vir die wurms is ek nou. Ek het ’n Doodhou weg. Jul huise! Saam met Benvolio af. romeo . Die man, die Prins se bloedverwant, My troue vriend, is dodelik getref Om my ontwil - my reputasie is beklad Deur die tong van Tybalt - Tybalt wat ’n uur My neef gewees het. O liewe Juliet, Jou skoonheid het my week gemaak, My moed se staal het in my luim versag. Benvolio op. benvolio . O Romeo, Romeo, die dapper Mercutio is dood! Sy moedige gees het wolkewaarts gevaar 50


Wat veels te vroeg die aarde hier geminag het. Di6 dag se donker lot tref ander ook: ’n Smart begin wat ander sal moet delg. Tybalt op. benvolio . Hier kom die driftige Tybalt trug. romeo . Hy leef in sege, en Mercutio dood? Uitsoekerige genade, wyk van my af. Nou is die furie met sy oog van vuur my gids! Kom, Tybalt, trek die „Slaaf ” terug waarmee Jy my gebrandmerk het; Mercutio se siel Is nog nie ver verwyder bo ons hoof, Hy wag op jou, dat jy horn vergesel. Of jy, of ek, 6f albei, gaan met horn. tybalt . Vervloekte knaap, jy ’t hier met horn verkeer, Jy sal ook met horn saam. romeo . Dit word bepaal deur dlt. Hulle veg. Tybalt sterf. ben volio . Romeo, jy moet weg, gee pad! Die burgers is opgeroep, en Tybalt dood. Moenie nog staar. Die Prins sal jou veroordeel As hul jou vang. Maak gou, gee pad, gaan weg! romeo . Ek is die speelbal van die lot! ben volio . Wat wag jy nog? Romeo af9Burgers op. burger . Waar het die doder van Mercutio gevlug? Tybalt, die moordenaar, waarheen is hy? ben volio . Daar le die Tybalt. burger . Kom saam met my, meneer. In die Prins se naam beveel ek jou. Prins, ou Montague, Capulet, hul vroue en ander op. p ri ns . Waar is die lae stokers van die twis? benvolio . O edel Prins, ek kan dit als onthul, Die droef verloop van die noodlottige stryd. Daar le die man, deur Romeo gedood, Wat u verwant, dapper Mercutio, vermoor het. lady capulet . Tybalt, my neef! My broer se kind! O Prins! O neef! My man! Bloed is verspil Van die geliefde neef van my. O Prins, Betaal di6 bloed van ons met bloed van Montague. O neef, my neef! p ri ns . Benvolio, wie het die bloedige twis begin? benvolio . Hy, Tybalt hier, gedood deur Romeo se hand. Met sagte woord wou Romeo dat hy horn bedink romeo .

51


Oor so ’n nietigheid, hy’t hom beroep Op u misnoee. Dit alles - uitgespreek Met sagte stem, bedaarde blik, en knie gebuig Kon die onstuimig drif nie laat bedaar Van Tybalt, doof vir vrede: en met sy swaard Het hy na moedige Mercutio se bors gesteek; Die, ewe vurig, het sy eie swaard gepluk, Met een hand krygsveragtend na die koue dood Geslaan, en met die ander weer N a Tybalt teruggestuur, wat met vernuf Dit keer. En Romeo roep luid: „Wag, vriende! Vriende, wag!” en vlugger as sy tong Met ratse arm hul swaarde neergeslaan En tussenin gespring; verby sy arm Tref ’n hatig hou van Tybalt toe die lewe self Van dapper Mercutio, en Tybalt vlug; Maar weldra kom hy trug na Romeo Wat pas maar eers op wraak kon sin. Soos weerlig is hul aanmekaar; voor ek My swaard kon pluk om hul te skei, was dapper Tybalt dood; En toe hy val, het Romeo gevlug. As dit nie waar is, mag Benvolio sterf. lady capulet . Hy is verwant aan Montague; Geneentheid maak hom vals, hy praat nie waar. ’n Twintigtal was in die donker stryd En twintig saam kon maar een lewe neem. Ek eis geregtigheid, wat u moet gee. Romeo het Tybalt doodgemaak: en Romeo mag nie leef. p ri ns . Romeo het hom doodgemaak, en hy Mercutio. En wie skuld nou sy kosbaar bloed se prys? capulet . Nie Romeo nie, Prins: hy was Mercutio se vriend; Sy daad sluit af wat die gereg moes neem: Tybalt se lewe. p ri ns . En oor daardie daad Word hy terstond deur ons van hier verban. Ek is betrokke in die wandaad van jul haat: Daar le my bloed en uitbloei deui jul stryd; Maar ek sal jul so swaar hiervoor beboet Dat die verlies van my jul almal sal berou. Vir pleite en verskonings is ek doof; Geen bid of trane sal dit af kan koop. Probeer dus nie. Laat Romeo hom haas, Want word hy opgespoor, is dit sy laaste uur. 52


Neem weg die lyk. Gehoorsaam my besluit. Genade pleeg net moord deur doders te vergeef, Af, gevolg deur die ander.

T O N E E L II Capulet se boord Juliet op. Haas jul, vuurvoetige perde van die son, Na Phoibos se verblyf; so ’n koetsier Soos Phaeton sou jul na die Weste dryf En daadlik nag met donker wolke bring. Sprei uit jou dig gordyn, o nag wat liefde dien, Dat vlugtling-oe sluit en Romeo My arms ongesien en onbeskinder haal. In die lig van eie skoonheid kan minnaars sien Om liefdesplig te doen; of, is die liefde blind, Dan hoort dit by die nag. Kom, hoflik nag, Jy, streng geklede vrou in swart gehul, Leer my hoe om ’n wenstryd te verloor, Wat onbevlekte maagd met maagd voltrek. Verhul die ongetemde bloed wat in my wange roer Met jou swart mantel, tot liefde wennig raak In toneelspel self beskeidenheid ontdek. Kom, nag; kom, Romeo; kom, jy, dag-in-nag; Want jy sal op die nag se vleuels le Witter as nuwe sneeu op ’n raaf se rug. Kom, sagte nag; kom, liewe, donker nag; Gee my my Romeo; en as ek sterf, Neem horn, kerf horn in sterre op, Hy sal die hemeltrans so pragtig maak Dat die wereld op die nag verlief sal raak En niemand meei die skel son sal vereer. Ek het die huis van liefde aangekoop Maar dit nog nie besit; ek is verkoop Maar is nog nie geniet. So traag is hierdie dag, Net soos die nag voordat ’n fees aanbreek Vir ’n kind vol ongeduld, met ’n nuwe rok Wat sy nog nie mag dra. Hier kom my Oppasster, Oppasster met toue op.

juliet.

53


En sy bring tyding; elke tong wat net Maar Romeo noem, is hemels van welsprekendheid. Toe. Vrou, wat is jou nuus? Wat het jy daar - die tou Wat Romeo jou laat haal het? oppasster . Ja, ja, die tou. juliet . Ag tog! Die nuus? Wat wring jy so jou hande? oppasster. Helaas, helaas! H y’s dood, hy’s dood, hy’s dood! Dit is verby met ons, my juffrou, dis verby! Wee hierdie dag! H y’s weg, vermoor, hy’s dood! juliet . Hoe kan die hemel dan so hatig wees? oppasster. Romeo kan, A1 kan die hemel nie. O Romeo, Romeo! Wie sou dit ooit kon dink? O Romeo! juliet . Is jy ’n duiwel dat jy my so tart? Die foltring meet mens in die hel uitskree. Het Romeo homself gedood? Se „Ja”, Die blote klank sal erger gif bevat As die dodelike oe van ’n baselisk. As so ’n „Ja” bestaan dan is ek Nee, Of anders is jy blind wat „Ja” durf se. Is hy gedood, se „Ja” ; en so nie, „Nee”. Kort is die klank wat vreug of leed my gee. oppasster . Ek het die wond gesien, my eie oe het, (Mag God behoed!) hiei op sy jongmansbors. ’n Droewe lyk, ’n bloedig, droewe lyk; Bleek, bleek soos as, besmeer met bloed, Vol bloed. Dit het my flou laat word. juliet . O breek, my hart! O arm hart, breek nou! En oe, gaan kerker toe: sien nooit weer vryheid nie! O stof, keer trug tot stof; hou op beweeg, Laat ek en Romeo op een baar rus! oppasster. O Tybalt, Tybalt, my heel beste vriend! O hoflik Tybalt! Eerbaar jongeheer! Dat ek moes leef om jou so dood te sien! juliet . Wat is die teewind wat so heftig waai? Is Romeo vermoor en Tybalt dood? My liewe neef, my nog veel liewer heer? Blaas dan die oordeelsdag, o groot trompet! Wie bly nog leef as die twee dood moet wees? oppasster . Tybalt is weg en Romeo is verban. Romeo wat horn gedood het, is veiban. juliet . O God! Het Romeo se hand sy bloed vergiet? oppasster. Hy het, hy het! Ag wee my, ja, hy het! 54


juliet * O

slangehart verskuil in so mooi gesig! Het ooit ’n draak ’n grot so fraai bewoon? O skoon tiran! O engeledemoon! O duifgeveerde raaf! O lam met wolwe-aard! Veragte kern wat so goddelik vertoon! Teenoorgesteld van wat jy werklik skyn Vervloekte heilige, o eerbaar skurk! Natuur, wat het jy in die hel gaan soek Toe jy ’n duiwelsgees so fraai verhul In die aardse paradys van so ’n skone lyf? Was ooit ’n boek met sulke bose stof So mooi gebind? O dat bedrog kan skuil In so ’n pragtige paleis! oppasster . Geen trou, Geen eerbaarheid is daar in mans: meinedig, Vervloek, niksnuttig, en vol valsheid is die laaste een. Ag, w aai’s my kneg? Gee my tog brandewyn. Die smart en lyding en verdriet die maak my oud. Mag skande Romeo oorval! juliet . Ek vloek jou tong Oor so ’n wens! Vir skande was hy nooit bedoel. Die skande self is skaam om horn te skend: Hy is ’n troon waar eer gekroon moet word, Alleenvors van die wereld wyd. Hoe boos van my dat ek horn kon verwyt! oppasster . Se jy iets goeds van horn, die doder van jou neef? juliet . Durf ek dan kwaad spreek van my eie man? Ag, arme heer van my, wie sal jou naam verskoon As ek, drie uur met jou getroud, dit skend? Maar waarom, slaaf, het jy my neef vermoor? Oor daardie bose neef my man wou dood. Terug, vergeefse trane, na jul bron! Jul vogtigheid behoort tot smart Wat jul verkeerdelik aan vreugde wy. My man die leef, wat Tybalt wou vermoor; En Tybalt is dood, hy wat my man wou dood. Dis alles troos: wat huil ek dan? Erger as Tybalt se dood, was daar ’n woord, Wat my wou dood: ek wens ek kan vergeet; Maar o, op my geheue le dit swaar Soos misdaad op ’n sondaar se gemoed! „Tybalt is dood, en Romeo - verban.” „Verban” : die een woord net: „verban” 55


Het duisend Tybalts al vermoor. Tybalt se dood Was ramp genoeg as dit die einde was; Of, as dan smart geselskap nog behoef En juis met ander smart gepaard moet gaan, Waarom dan nie laat volg op „Tybalt’s dood” Dat ook my vader dood is, of my ma, of albei saam, Sodat gewone rou dit als kon dek? Maar nou volg daar ’n agterryer op sy dood: „Romeo is verban” - die enkel woord Is vader, moeder, Tybalt, Romeo, Juliet, Almal vermoor en dood. „Romeo is verban” Daar is geen end, geen grens, geen maat of perk In daardie woord se dood: geen woorde kan dit dra. Waar is my vader en my moeder, Vrou? oppasster . A a n ’t huil en rou bedryf oor Tybalt se lyk. Wil jy na hulle gaan? Ek sal jou neem. juliet . Baai hul sy wonde met trane? Myne sal vloei As hulle opdroog, oor Romeo verban kon word. Tel op die tou. Arme tou, jy is verkul, Ja jy en ek, want Romeo is verban. H y’t jou gemaak, ’n hoofweg na my bed; Maar ek, ’n maagd, sterf maagdlik weduwee. Kom, tou. Kom, Vrou. Kom neem my na my bruilofsbed. Die dood, nie Romeo nie, sal my onskuld dek. oppasster . Gaan na jou kamer. Ek, na Romeo Dat hy jou kan kom troos. Ek weet waar hy horn hou. Luister: jou Romeo sal vannag nog hierheen kom. Ek gaan na horn. Broer Lawrence hou horn in sy sel. juliet . O, spoor horn op! Gee aan my ridder hierdie ring En laat horn kom dat hy vir laas kan groet. Albei af. TO N EEL III Broer Lawrence se sel Broer Lawrence op. La w r e nc e . Romeo, kom uit. Kom uit, verskrikte mens. Die rampspoed is verlief op al jou deugde, Met ongeluk is jy voorwaar getroud. Romeo op. romeo . Vader, die nuus? Wat het die Prins beslis? 56


Met watter droefheid moet ek kennis maak Waarvan ek nog nie weet? La w r e nc e . My liewe seun, Te oorbekend is jy met sulke bitter maats. Ek bring berig van wat die Prins geoordeel het. romeo . Sy oordeel is ’n Oordeelsdag vir my. La w r e nc e , ’n Sagter uitspraak het aan sy mond ontsnap Jou liggaam moet nie dood, word net verban. romeo . Verbanning? Wees my genadig en se „dood”; D aar’s meer verskrikking in ’n ballingskap, Veel meer as in die dood. O moenie se „ verban”. La w r e nc e . Hier uit Verona is jy weggeban. Geduldig nou, die wereld is tog groot en wyd. romeo . Buite die mure van Verona is daar niks, Net vaevuur en foltering en die hel. Van hier verban is uit die wereld weggeban, En verbanning uit die wereld is die dood. „Verban” Is net ’n bynaam van die dood. Noem dood „verbanning”, Dis om my met ’n goudbyl te onthoof, Te glimlag oor die slag wat my vermoor. La w r e nc e . O dodelike sonde! Snood ondankbaarheid! Die wet verg vir jou daad die dood; maar die goeie Prins, Om jou ontwil, het wet opsy geskuif, Die swart woord „dood” vervang met „ballingskap”. D it is genade, en jy sien dit nie. romeo . Dis foltering, en nie genade. Die hemel’s hier Waar Juliet woon; en elke kat en hond, En elke muisie, elke nietigheid, Woon hier in die hemel en mag haar sien; Maar Romeo mag nie. Meer waarde is daar dus, Meer eer, meer kans om hof te maak, In vullisvliee as in Romeo. Hul mag Die wonderwit van liewe Juliet se hand aanraak, Onsterflike seen van haar lippe steel Wat nog Vestaals en suiwer skugter is, En bloos oor hul hul eie kusse sondig ag; Maar Romeo mag nie, hy is verban. ’n Vlieg is dit veroorloof, ek moet vlug; Hulle is vry, maar ek in ballingskap. En dan se u verbanning is nie dood? Het u geen gif gereed of skerp geslypte mes, Geen vlugge doodstuig, hoe gering ook al, In stede van „verbanning” vir my dood - „verban” ? 57


O Vader, die vervloektes in die hel se daardie woord; Dit gaan gepaard met skreeu! H oe’t u die hart, U wat biegvader en ’n godsman is, Vergewer van sondes en my vertroude vriend, Om met die woord „verbanning” my te moor? La w r e nc e . Verspotte malmens, luister dat ek praat. romeo . O, dis oor ballingskap dat u weer wil praat. La w r e nc e . Ek sal jou wapenrusting gee teen daardie woord; Soet melk wat teenspoed stil, en goeie raad Om jou te troos, al is jy dan verban. romeo . A1 weer „ verban” ! Weg met die goeie raad; Tensy beraad ’n Juliet voort kan bring, ’n Stad verskuif, ’n Prins se oordeel wend, Is dit vergeefs en hopeloos. Moet niks meer se. La w r e nc e . Ek sien dat malles sonder ore is. romeo . En waarom nie, as wyses sonder oe is? La wr e nc e . Vergun dat ek jou staat met jou bespreek. romeo . U kan nie spreek oor dit wat u nie voel. Was u so jonk soos ek, en Juliet u geliefde, ’n Uur getroud, en Tybalt doodgemaak, Verlief soos ek, en ook soos ek verban, Dan mog u praat, dan mog u hare uittrek En neerval op die grond, soos ek, Om ’n ongemaakte graf se maat te neem. Oppasster klop. La wr e nc e . Staan op, want iemand klop. Toe Romeo, kruip weg. romeo . Nie ek nie, nee. Laat maar die wasem van my smart Soos mis my teen die soekersoe skuil. Klop. La w r e nc e . Hoor hoe hul klop! Wie’s daar? Romeo, staan op; Jy gaan gevang word. - Ek kom! - Staan op; Klop. Gaan na my voorkamer. ~ Wag eers! - Ag, God, Wat is jy tog so gek? - Ek kom, ek kom! Klop. Wie klop so hard? Vanwaar is u? Wat wil u he? Oppasster op. oppasster . Laat my net binne, dan sal jy alles hoor. Ek kom van Lady Juliet. La w r e nc e . Wees welkom dan. oppasster . Ag, monnik, se my, heilige monnik, Waar is die meester van my juffrou tog, waar’s Romeo? La wr e nc e . Daar op die grond, dronk van sy eie trane. 58


oppasster .

O dis ter wille van my meesteres, En net om haar! O droewe medelye! O hartseer lot! Ook sy le uitgestrek En kerm en huil, en huil en kerm. Staan op, staan op! Verrys, wys jy ’s ’n man. Om Juliet se ontwil, staan op, orent! Waarom moet jy in so ’n diepte sink? romeo (Staan op). Vrou oppasster . Ag, meneer. Ag tog, meneer! Die dood beeindig als. romeo . Praat jy van Juliet? En hoe is sy gesteld? Sien sy my nie as ’n geharde moordenaar Noudat ons blydskap in sy jeug besoedel is Deur bloed so na verwant aan di6 van haar? W aar’s sy? Hoe voel sy? En wat se My verborge lief van ons verbreekte liefde? oppasster . O sy se niks, my heer: sy huil en huil; Stort op haar bed en staan weer op, Roep Tybalt; roep dan weer vir Romeo, En val weer neer. romeo . Asof die naam Gevuur uit die moorddadig loop van ’n geweer Haar doodgemaak het; soos di£ vervloekte hand Haar neef gedood het. O se my, Vader, se In watter bose deel van hierdie liggaam huis Die naam? Se my dat ek tog die gehate plek Kan uitwis. Wil homself doodsteek, maar die Oppasster neem die dolk af. La w r e nc e . Hou trug jou desperate hand. Is jy ’n man? Jou lyf getuig daarvan; Jou trane’s vroulik, en jou wildheid dui Die redelose furie van ’n dier. O vrou wat voorkom in die voorkoms van ’n man, Voorkom die dier wat in hul saambestaan. Jy ’t my verwonder. Ek sweer by my geloof Ek het meer redelikheid in jou verwag. Jy’t Tybalt doodgemaak? Wil jy jouself vermoor? Wil jy die vrou vermoor wat in jou lewe leef Deur hierdie haat nou teen jouself te keer? Waarom vloek jy jou herkoms, hemel en aarde, als? Want herkoms, hemel en aarde, die bestaan A1 drie tesaam in jou, wat jy nou wil ontdoen. Skaam jou, want jy beskaam jou lyf, jou liefde, jou verstand Jy, rykaard, wat so ’n oorvloed daarvan het 59


En wat die ware doel versuim wat heiliging Verleen aan daardie lyf en liefde en verstand. Jou edel lyf di6 is gemaak van was Wat afwyk van ’n man se deugsaamheid; Meinedig is die liefde wat jy trou gesweer het, Deur dit te dood wat jy beloof het om te eer; En jou verstand, die tooisel van jou liefde en jou lyf, Verwronge in die uitvoer van sy taak, Word nou soos kruit in ’n swak soldaat se bus Deur eie onvermoe aan die brand gesteek En jy vermink deur wat jou moes beheers. Kom, ruk jou reg! Jou Juliet leef nog Om wie se ontwil jy jou so pas wou dood, Dis ’n geluk. Tybalt wou jou vermoor, Maar jy het horn gedood. Dis ’n geluk. Die wet, wat dreig met dood, versag sy hart En maak dit ballingskap. Dis ’n geluk. ’n Las van seen het op jou rug beland; Geluk die lag jou toe met voile tooi; Maar soos ’n stuurse meisie wat haar swak gedra, Wil jy jou liefde en geluk verwerp. Pasop, pasop, diesulkes sterf ellendig. Haas jou nou, soos bestem is, na jou lief, Gaan vort, gaan na haar kamer, gee haar troos. Maar sorg dat jy nie bly tot brandwagtyd, Want dan kan jy nie meer verby na Mantua Waar jy gaan bly totdat die tyd aanbreek dat ons Jou troue bekend maak, en jou vriende versoen, Genade by die Prins kan vra, en jou ontbied Met twintigduisend keer meer vreugde As wat jy hiervandaan bedroef vertrek het. Gaan jy voor, Vrou. Begroet jou meesteres, Vra haar om almal na hul bed te stuur, Wat hul uit sware droefheid graag sal doen. Romeo is op pad. o p p a s s t e r . Ag Heer, ek sou die heelnag hier kon bly Om goeie raad te hoor. Wat is geleerdheid tog! My heer, ek sal my juffrou se u kom. r o m e o . Gaan na my lief: laat sy gereedmaak om my te betig. Oppasster maak aanstalte om te gaan, en draai weer om. o p p a s s t e r . My heer, di6 ring, het sy gese, moet ek u gee. Maak gou en haas u, want dit word al laat. Af. 60


romeo. Hoe stel dit alles my opnuut gerus! Lawrence . Gaan nou, tot siens: so staan jou hele saak: Gaan vort voordat die nag se brandwag kom, Of wag tot dagbreek om vermom te vlug. Bly oor in Mantua. Ek sal jou kneg opsoek, En hy sal jou van tyd tot tyd laat weet Als wat hier in jou guns nog mag gebeur. Gee my jou hand. Dis laat. Vaarwel; goeienag. romeo. As dit nie was dat so ’n vreug-bo-vreugde op my wag, Sou dit my pyn aandoen om so van u te skei. Vaarwel. Af.

T O N E E L IV ’n Kamer in die woning van Capulet Ou Capulet, sy vrou en Paris op. capulet . Met al die teenspoed, heer, wat ons getref het,

Had ons geen tyd om met ons kind te praat. Kyk, sy was baie lief vir haar neef Tybalt, Ek ook. Nou ja, ons is vir sterf gebore. Dis baie laat: vanaand kom sy nie na benede. Was jy nie hier nie, dit verseker ek, Dan was ek self ’n uur gelede in die bed. Pa ri s . Die tyd van smart bederf die sake van die hart. Madame, goeienag. Se groete aan u dogter. lady capulet . Ek sal so maak, en more vroeg weet hoe sy voel; Vannag is sy met droefheid ingekluister. capulet . Heer Paris, kyk, ek durf dit waag om namens haar Haar liefde aan te bied. Ek meen sy sal Haar sin in alles na my skik: ek glo dit vas. My vrou, gaan jy na haar voor jy gaan slaap; Verwittig haar dat Paris hier, my seun, haar min En vra dat sy op Woensdag (luister jy?) Maar wag! Wat is vandag? Pa ri s . Dis Maandag, heer. capulet . Maandag! Ek sien. Woensdag is dan te vroeg. Ons maak dit Donderdag - se haar op Donderdag Trou sy en hierdie edel hertog met mekaar. Geval dit jou? Hou jy van hierdie haas? Net ’n klein geselligheid - ’n vriend of twee, 61


Want Tybalt is so onlangs dood dat ons Nie onverskillig voor die wereld wil vertoon Deur fees te vier na ’n verwant se dood. Ons sal ’n handvol vriende nooi, en dit Is al. M aar stem jy saam oor Donderdag? Pa r i s . As Donderdag maar more sou kon wees! c a p u l e t . Gaan dan. Op Donderdag vind dit plaas. Gaan jy na Juliet voordat jy gaan slaap; Berei haar op die troudag voor, my vrou. Vaarwel, my heer. - Lig na my kamer, ho! Gaan my vooruit. Dis al so laat, so laat, Dat dit al byna vroeg is. Goeienag. Almal af.

TONEEL V Capulet se boord Romeo en Juliet op die balkon op. Wil jy al gaan? Dis nog nie naby dag. Dit was die nagtegaal, en nie die leeurik nie, Wat die vreesbevange holte van jou oor deurboor. Op die granaatboom sing hy nag vir nag. Glo my, my lief, dit was die nagtegaal. r o m e o . Dit was die leeurik wat die dag begroet, Geen nagtegaal: Kyk, lief, hoe die jaloerse streep Die drywende wolke in die Ooste raam. Die nag se kerse is uit, die blye dag Die trippel op die mistig berg se kruin. Ek moet vertrek en leef, of bly en sterf. j u l i e t . Dit is geen daglig daardie nie: ek ken dit, ek. Dit is ’n meteoor wat die son afgee Om ’n fakkel hierdie nag vir jou te dra En jou die pad na Mantua te wys. Bly dus: jy hoef nog nie te gaan. r o m e o . Laat hul my neem, en laat hul my onthoof. Jy wil dit so en ek berus daarby. Die grys daar, sal ek se, is nie die dag se oog Maar net die bleek weerskynsel van die maan; En dit is ook die leeurik nie wat daar so hoog Sy note in die hoe hemel bo ons sing.

juliet.

62


Kom, dood, en wees gegroet! Juliet wil dit so. Wat is dit dan, my lief? Gesels: dis nog nie dag. juliet . Dit is, dit is! Haas jou, gaan weg, maak gou! Dit is die leeurik wat so vals daar sing, Wat wanklanke voortbring op skelle toon. Hul se die leeurik skei sy note soet: Maar dis onwaar, want hy bring skeiding tussen ons. Hul se die leeurik en die padda kan oe ruil: Ek wens dit kon met stemme ook gebeur, Waar die stem een bang arm van ’n ander skeur, Om jou luid skallend deur die dag te jag. O, jy moet gaan! A1 ligter, ligter word dit nou. romeo . A1 ligter, ligter, ja - al donkerder ons rou. Oppasster op. oppasster . Juffrou! juliet . Wat makeer? oppasster . Jou moeder is op pad hierheen. Dis dag; wees op jou hoede en pasop! Af juliet . Laat dan die daglig, venster, in; en lewe uit. romeo . Vaarwel, vaarwel! Een soen, en ek klim uit. H y klim ondertoe. juliet . Is jy al weg, my heer, my lief, my minnaar-man? Op elke dag van elke uur moet jy laat weet, Want o, in ’n minuut is daar so baie dae. Op hierdie wyse sal ek jare ouer wees Voor ek opnuut my Romeo durf sien! romeo . Vaarwel. Ek sal geen enkel kans versuim Om groete aan jou te stuur, my lief. juliet . Dink jy ons sal mekaar ooit weer ontmoet? romeo . Ek twyfel nie; en als wat ons nou ly, Sal soet klink as ons later daaroor praat. juliet . Ag, God, my siel vermoed net onheil vorentoe! Dis of ek jou, so ver daaronder, sien, Net soos ’n dooie rustend in ’n graf. Of ek sien swak, of jy is baie bleek. romeo . Glo my, my lief, so lyk jy ook vir my. Die dorstig lyding drink ons bloed. Vaarwel, vaarwel! Af. juliet . O lot, o lot! Hul noem jou wispelturig. As jy dit is, wat het jy dan te doen Met horn, bekend vir trou? Wees wispelturig, lot, 63


Dan durf ek hoop jy hon hom nie te lank Maar stuur hom spoedig trug. Lady Capulet op. lady capulet . My dogter! Slaap jy nie? juliet . Wie roep? Dit is voorwaar my moeder. Gaan slaap sy laat, of is sy vroeg al op? En watter ongewone doel bring haar na my? lady capulet . Maar wat makeer tog, Juliet? juliet . Ek voel nie te gesond. lady capulet . Ween jy nog altyd oor jou neef se dood? Wil jy met trane uit sy graf hom spoel? Selfs as jy kon, kon jy hom nie laat leef. Hou dus maar op. D aar’s smart wat baie liefde toon; Maar te veel smart verraai verstandsgebrek. juliet . Laat my tog huil oor so ’n gevoelige verlies. lady capulet . So voel mens die verlies, maar nie die vriend Wat jy beween. juliet . As die verlies my so ontroer Kan ek nie anders as oor hom te ween. lady capulet . Hoe seer jy ook sy dood beween, Die skurk wat hom vermoor het, leef. juliet . Wie is die skurk dan, Moeder? lady capulet . Die skurk is Romeo. juliet (Tersy). Tussen ’n skurk en hom is daar *n bree kloof. God begenadig hom. Soos ek, van ganser harte; Tog treur ek nie oor so ’n man. lady capulet . Dis omdat die verraaier, moordenaar leef. juliet . Ja, Moeder, onbereikbaar vir my hand. Ag, kon die wraak maar net by my berus! lady capulet . Wraak sal ons neem, wees maar gerus. En hou op huil. Ek stuur ’n man na Mantua Waar die verbanne renegaat hom hou, Om hom ’n vreemde middel in te gee Wat hom weldra by Tybalt sal beland; Dan, hoop ek, sal jy weer tot ruste kom. juliet . Ek sal voorwaar nooit weer tot rus kan kom Voordat ek Romeo sien - o dood. Dit is my hart oor hierdie bloedverwant. Moeder, as u net maar ’n kneg kan vind Om gif te dra: ek sal dit self versorg, Dat Romeo by ontvangs daarvan weldra Sal rustig slaap. My hart kan nie verduur Dat ek sy naam moet hoor en hom nie by kan kom 64


Sodat sy lyf die drif kan voel wat ek My neef toedra wat hy vermoor het nie. lady capulet . As jy die middel kry, sal ek sorg vir ’n kneg. Maar nou bring ek ’n blye boodskap, kind. juliet . Daar is gebrek aan blydskap in die tyd. Wat is u tyding, Moeder, se? lady capulet . Jou vader is besorg oor jou, my kind; Om jou bedruktheid vir jou op te hef, Het hy ’n dag van skielike geluk beplan Wat jy nie kon voorsien het of verwag. juliet . Die tyd is goed gekies. Wat is die dag? lady capulet . Kyk, kind, Donderdagmore vroeg, Gaan die dapper, jong, gesiene edelman, Die hertog Paris, in Sint Pieterskerk, Jou vreugdevol tot ’n blye bruid verhef. ju l ie t . By die Sint Pieterskerk en by Sint Pieter ook, ’n Blye bruid sal hy nie van my maak! Sy haas verwonder my, dat ek moet trou Voor hy wat my wil he, my self die hof kan maak. Gaan se u aan my heer en vader, Moeder, Ek trou nog nie: en as ek moet, sweer ek, Dan is dit eerder Romeo wat ek haat As hierdie Paris. Dis inderwaarheid vir my nuus! lady capulet . Hier kom jou vader. Se horn dit self, En kyk hoe hy dit uit jou hand aanvaar. Capulet en Oppasster op. capulet . Met die son se ondergang, dan drup die aarde dou, Maar vir my broer se seun se sononder Is dit reen wat stort. En toe, my kind? ’n Waterpyp? Huil jy nog steeds? En stort die trane? Die een klein liggaampie Huisves ’n skuit, ’n see, ’n wind: Jou oe, soos ’n see, die eb en vloei Met trane steeds; jou liggaam is die skuit Op daardie sout gety; die wind jou sugte, Wat met jou trane tier, soos die met hul, Sonder verposing van ’n skielike stilte Wat jou stormgeteisterde lyf oorval. Toe, vrou? Het jy aan haar gese wat ons besluit het? lady capulet . Ek het: maar sy se nee, en sy bedank daarvoor. Sy sou, dink ek, veel eerder met haar graf wou trou! capulet . Wag! Maak dit eers vir my duidelik, vrou. Sy wil niks weet? Sy’s ons nie dankbaar nie? 65


Is sy nie bly? Beskou sy haar nie as geseen, Onwaardig soos sy is, dat ons kon reel Dat so ’n edelman haar neem as bruid? juliet . Bly is ek nie, maar dankbaar wel. Bly kan ek nooit wees nie oor wat ek haat, Maar dankbaar seifs oor haat wat liefde dui. capulet . Wat se logika is dit? En wat makeer nou? Wat? „Bly” - en „dankbaar” - en „bedank daarvoor” En tog „nie bly nie” ? Juffrou Vermetelheid, Bedank my nie met jou soort dank, en sluk jou „bly”; Berei jou lyfie voor vir Donderdag, Gaan saam met Paris na Sint Pieterskerk, So nie, laat ek jou soontoe sleep, Jou bleek-siek lyk! Roer jou, jou teef! Jou doodsgesig! lady capulet . Skaam jou! Is jy nou gek? juliet . My liewe vader, op my kniee soebat ek, Hoor my geduldig aan dat ek iets se. capulet . Nee wag, klein teef! En ongehoorsame slet! Luister na my - jy ’s Donderdag in die kerk Of nooit weer kyk jy in my oe nie. Bly stil, se niks, moet my nie antwoord nie! My hande jeuk. My vrou, ons kon beswaarlik'se Ons was geseend met net ’n enkele kind van God; Nou sien ek hierdie een is een te veel, Om haar te he, dit is ons vloek. Gee pad nou, niksnuts! oppasster . God in sy hemel mag haar seen! U dra die blaam dat u haar so durf skel. capulet . En waarom, Vrou-van-Wysheid? Bly jy stil, Raadgeefster! Gaan skinder by jou soortgenote, loop! oppasster . D aar’s geen verraad in wat ek se. capulet . Genoeg, skei uit, en loop. oppasster . Mag mens niks se nie? capulet . Stil, jou pruttelende swaap! Gaan praat jou praatjies oor ’n skinderbak, Hier het ons dit nie nodig nie. lady capulet . Jy is te kwaai. capulet . By die brood van God! Dit maak my gek. Deur dag en nag, uur en gety en tyd, deur werk en spel; Allenig, in geselskap, was my sorg altyd Om haar getroud te kry; en nou, met hier ’n Edelman van hoe bloed, 66


Oormatiglik, se hul, bedeeld met deug, ’n Man soos mens dit skaars kon droom Nou kom ’n lawwe, kermende klein gek, ’n Klaagsiek nikswerd, deur die lot geraak, En se: „Ek sal nie trou; en liefhe kan ek nie; Ek is te jonk, vergeef my, smeek ek u” ! As jy nie trou: kyk hoe ek jou vergeef! Wei waar jy wil, by my sal jy nie bly. Dink goed, dink na: ek maak nie grappies nie. Dis byna Donderdag: le hand op hart, oorweeg: As jy van my wil wees, gee ek jou aan my vriend; So nie, gaan bedel, le en vrek op straat, Want by my siel, vir jou aanvaar ek nie, Niks goeds sal jy van myne ooit ontvang. Reken daarop, bedink jou goed: teen my gaan niemand in. Af. ju l ie t . Skuil daar dan nie meelye in die wolke nie Wat tot die bodem van my smart kan sien? O liewe Moeder, moet my nie verwerp! Stel hierdie troue uit, ’n maand, ’n week; So nie, maak dan my bruilofsbed In daardie donker tombe waar Tybalt le. lady capulet . Praat nie met my, want ek se nie ’n woord. Doen soos jy wil, want ek is klaar met jou. Af. ju l ie t . O God! - O Vrou, hoe gaan ons dit vermy? My man is op die aarde, my eed daarbo. Hoe kan die eed terugkeer na die aarde Tensy die man dit uit die hemel stuur Deur self die aarde te verlaat? Gee troos, gee raad. Ag wee my, wee, dat die hemel beproewing stuur Na so ’n sagte mens soos ek! Wat se jy tog? Het jy geen woord van blydskap nie? Ag troos my, Vrou. oppasster . Nou goed dan, hier is dit. Romeo is verban. Ek wed die wereld teen glad niks Dat hy nooit openlik vir jou durf konfronteer: As hy sou kom, moet hy dit suutjies doen. Terwyl die saak dan staan soos dit, Dink ek jy moet die Hertog trou. O hy’s ’n waardige edelman! ’n Vadoek is Romeo teen horn. Geen arend, juffroutjie, Het ’n oog so groen, so vlug, so skoon soos hy, 67


Die Paris, het. By my ganse hart sweer ek Jy tref dit goed met hierdie tweede man, Dis beter as jou eerste; en is dit nie, Dan is jou eerste dood - of ewe goed Asof hy hier sou wees en jy horn nie kon sien. juliet . Praat jy nou uit jou hart? oppasster . En uit my siel ook, dit sweer ek. juliet . Amen! oppasster . Wat? juliet . Jy het my wonderlik getroos. Gaan se my mceder ek is weg, Oor ek my vader ontstel het, na Lawrence se sel, Om daar te bieg en sy vergiffenis te kry. oppasster . Dit sal ek doen; hoe wys van jou. Af. juliet . Vervloekte ou wyf! O bose duiwel! Is dit meer sonde dat sy so my woord wil breek As dat sy horn nou vloek met daardie selfde tong Waarmee sy horn al soveel duisend keer Geloof het? Gaan, raadgeefster! Voortaan is jy geskeie van my hart. Ek gaan na die priester om sy raad te vra. As als misluk, kan ek my deur die dood bevry. Af.

68


VIERDE BE D RY F TONEEL I Broer Lawrence se sel Broer Lawrence en Hertog Paris op. La wr e n c e . Donderdag, my heer? Die tyd is baie kort. Pa r i s . My vader Capulet begeer dit so, Ek sal sy haas nie deur versuim vertraag. La w r e nc e . U se u weet nie hoe die dame voel. Dis onreelmatig, hierdie weg, en staan my glad nie aan. PARIS. Oor die dood van Tybalt ween sy buitensporiglik, Daarom had ek min kans om liefde te bespreek; In ’n huis van trane glimlag Venus nie. Nou sien haar vader daar gevare in Dat sy haar smart te veel laat hoogty vier, En wyslik wil hy nou ons huwelik verhaas En daarmee die oorstrcming van haar trane keer Wat, steeds vererger deur allenigheid, Deur ander mense opgehef mag word. En nou ken u die rede vir die haas. Lawrence (Tersy): Ek wens ek wis nie waarom dit vertraag moet word. Maar kyk, my heer, hier kom die dame aan. Juliet op. p ar i s . Ek is verheug, my dame en my vrou. juliet . Dit sou mag wees, my heer, wanneer ek vrou mag wees. p ari s . Die „mag”, beminde, moet op Donderdag. juliet . Dit wat moet wees, sal wees. La wr e n c e . Dis ’n gewisse woord. p ar i s . Het jy jou bieg kom afie voor die vader? juliet . Om dit te antwoord, moet ek voor u bieg. p ar i s . Ontken tog nie aan horn dat jy my lief het nie. juliet . Ek sal aan u bely dat ek horn liefhet. p ari s . So sal jy ook bely, weet ek, jy het my lief. juliet . As dit so is, sal dit meer waarde he, Dat ek dit agter u as voor u se. p ar i s . Arme mens, die huil het jou gesig verweer. juliet . Dan het die trane weinig wins behaal, Want dit was erg genoeg voor hul bederf. p ari s . Jou woorde skaad dit meer as enige traan. 69


juliet .

Die waarheid, heer, is nooit net praatjies nie; En my woorde se ek in my eie gesig. Pa ri s . Maar jou gesig is myne, en dit het jy beledig. juliet . Dit sou mag wees, want myne is dit nie. Het u nou tyd vir my, geseende vader, Of moet ek na die Aandmis na u kom? La w r e nc e . Die tyd is nou gelee, bedagsaam kind; Vergun ons ons privaatheid, heer. Pa r i s . Mag God behoed dat ek gebed versteur! Juliet, vroeg Donderdag sal ek jou kom wek. Tot dan, vaarwel. Bewaar nou die gewyde kus. Af. juliet . Maak toe die deur, en as u daarmee klaar is, Huil saam met my - met hoop en redding en met hulp verlore. La w r e nc e . O Juliet, ek ken alreeds jou smart; Die leed daarvan gaan my begrip te bo. Ek hoor jy moet, en niks kan dit ontdoen, Op Donderdag met hierdie hertog trou. juliet . Se my nie, Vader, dat u dit reeds weet, Tensy u my ook se hoe ek dit kan vermy. As in u wysheid u my nie kan help, Bevestig dan die wysheid van my eie besluit, Dat ek met hierdie mes dit dadelik verhelp. God het my hart aan Romeo verbind en u my hand; En eerdat hierdie hand, deur u met Romeo s ’n verseel, Opnuut ’n ander eed beaam, Of dat my hart verraderlik omkeer En na ’n ander wend, laat dit hul albei dood. Gee uit die ondervinding van u ouderdom My daarom raad vandag; of so nie, kyk, Tussen my ncod en my sal die bebloede mes Die saak besleg, en arbitreer Wat die gewig van al u jare en kuns Nie eerbaar tot ’n antwoord of besluit kon bring. Versuim tog nie met praat. Ek hunker om te sterf As wat u se geen oplossing kan bring. La wr e n c e . Wag, dogter, wag. Ek sien ’n vorm van hoop, Wat horn op so ’n desperate daad verlaat As die ewe desperate lot wat ons wil my. As jy die wilskrag het om jou self dood te maak Eerder as om met hertog Paris te gaan trou, Sal jy waarskynlik iets durf onderneem, Gelyk aan sterwe, om die skande te ontwyk. 70


’n Daad wat met die dood beraad hou om dit te ontvlug. En as jy dit sou durf, dan het ek raad. uli et . O se my ek moet, eerder as met Paris trou, Bo van die loopgang van ’n toring spring, Of langs ’n pad vol rowers loop; gebied my om te skuil Waar slange tuishou; o ketting my by bere vas, Laat my oornag bly in ’n dodehuis, Begrawe onder ratelende doodsgebeente, Klam skenkels en geel skedels sonder kaak; Beveel my om ’n vars graf in te gaan En berg my met ’n dooie in sy kleed Als wat my net van blote hoor laat bewe Dit sal ek sonder vrees of twyfel doen Om onbevlek my lief se vrou te bly. La wr e n c e . Wag dan. Gaan trug, wees vrolik, en stem in Om Paris se vrou te word. Dis more Woensdag. Sorg dat jy morenag allenig slaap, Hou jou Oppasster uit jou kamer weg. Neem dan die flessie, in die bed, En drink di6 afgetrekte vloeistof uit. Weldra sal dit deur al jou are sprei, ’n Loom en koue luim; geen pols sal in jou klop Soos vantevore, en alles sal verstil; Geen warmte of asem sal getuig jy leef; Die bloesem van jou wange en jou mond sal bleik Tot bleke as; die vensters van jou oe val Soos luike van die dood wat dag afsluit; En elke lid, ontdaan van soepele beheer, Sal styf en strak en koud soos dood vertoon; In die geleende voorkoms van die dood Sal jy ’n twee-en-veertig uur bly le En dan weer wakker word soos uit ’n soete slaap. Kom dan jou bruidegom in die voordag aan Om jou uit slaap te wek, dan le jy dood. En soos gebruiklik in ons wereld is, Word jy in jou mooiste klere op ’n baar, ontbloot, Na daardie selfde kelder weggedra Waar al die Capulets se mense rus. Intussen, lank voordat jy wakker word, Sal Romeo per brief ons plan verneem En hierheen kom; en hy en ek sal oor Jou wakkerword kom waak; dieselfde nag Sal Romeo jou na Mantua vervoer. 71

/


S6 word jy uit die skande van vandag bevry, Tensy ’n vrouevrees of wispelturig luim Jou moed uitkalwer voor jy dit kan doen. Ju l i et . O gee my, gee! Praat nie met my van vrees! La w r e nc e . Wag! Gaan nou, wees sterk en vasberade In jou besluit. Ek stuur ’n priester haastig weg Na Mantua, met briewe aan jou heer. juliet . Die liefde gee my krag, en krag sal hulp verleen. Vaarwel, my liewe vader. Af

T O N E E L II ’n Saal in Capulet se woning Capulet, Lady Capulet, Oppasster en enkele bediendes op. Nooi al die gaste wat hier neergeskrywe is. 9n Bediende af. Jy, kerel: huur twintig kundige kokke vir my huis. b e d i e n d e . Hulle sal almal eersteklas wees, meneer; want eksal vooraf seker maak dat hulle hul vingers kan afiek. capulet . Wat se soort toets is dit? b e d i e n d e . Kyk, meneer, dit moet ’n sleg kok wees wat nie sy eie vingers kan aSek nie. En die man wat nie sy vingers kan afiek nie, kom net nie saam met my nie. capulet . Gaan, haas jou. Bediende af. Ons sal maar gordels inkort hierdie keer. En is my dogter toe na Broeder Lawrence weg? oppasster . Ja, sy is. capulet . Miskien kry hy iets goeds aan haar gedoen. ’n Eiesinnige niksnuts is wat sy is. Juliet op. oppasster . Hier kom sy opgewek van bieg terug. capulet . En toe, my hardekop? Waar het jy rondgedraai? juliet . Waar ek berou kon leer vir al my sonde Van opstand, ongehoorsaamheid Teen u en teen u wense; ek is beveel Deur Broeder Lawrence om op my kniee te val En u vergiffenis te vra. Ek smeek: vergewe my! Van nou af is ek onderdanig aan u wil. capulet .

72


capulet .

Ontbied die Hertog. Laat hom hiervan weet. Teen moreoggend word die band geknoop. i uliet . Ek het die jonge heer by Lawrence reeds ontmoet En na behore my liefde aan hom betuig Maar sonder om die grens van skugterheid oor te steek. capulet . Nou ja, ek is verheug. Dis goed. Staan op. So hoort dit mos. Ek wil die Hertog spreek. Ja, gaan, se ek, en bring hom hiernatoe. Ek sweer, voor God, aan die eerwaarde monnik Is hierdie ganse stad veel dank verskuldig. juliet . Vrou, kom jy na my kamer met my saam Dat ons die tooisels uit kan soek wat nodig is Om more na jou sin my te versier? lady c . Nee, eers Donderdag. D aar’s tyd genoeg. capulet . Gaan, Oppasster, gaan saam met haar. Dis more kerk. Juliet en Oppasster a f lady c . Ons gaan tekort he aan ons voorrade. Dis byna nag. capulet . Toe maar, ek sal my roer, En als sal regkom, dit beloof ek, vrou. Gaan jy na Juliet, help haar verklee. Vannag gaan ek nie slaap; laat my alleen. Die een keer sal ek huisvrou speel. Ek se! H ul’s almal vort. Nou ja, dan stap ek self Na hertog Paris, om gereed te maak Vir more. My hart is wonderlik verlig Oor die halsstarrige kind haar so bekeer het. Saam met sy vrou af.

T O N E E L III Juliet se slaapkamer Juliet en Oppasster op. Ja, dis die beste klere di£; maar, liewe vrou, Ek vra jou: laat my tog vannag alleen. Ek het behoefte aan baie bid Sodat die hemel my met guns bejeen, Want ek, dit weet jy self, is boos en vol van sonde. Lady Capulet op.

juliet .

73


lady c . Lyk juliet . Nee,

my jy ’s besig, ne? Kan ek jou help? Moeder; die nodigste is klaar gedoen Wat vir die praal van more gedoen moet word. Dus vra ek u om my alleen te laat: Die Oppasster kan by u waak vannag; Want ek is seker u het al u hande vol Met die so onverwagte doenigheid. lady c . Goeienag. Gaan slaap, en rus; jy het dit baie nodig. Moeder en Oppasster of. juliet . Vaarwel! God weet wanneer ek hul weer sien. ’n Vae, koue vrees roer in my are, Wat byna al die lewenswarmte bevries. Ek moet hul trugroep om my te kom troos. Vrou! - Maar wat moet sy liier doen? My bitter spel moet ek alleen uitspeel. Kom, flessie. En se nou hierdie mengsel wil nie werk? Moet ek dan moreoggend trou? Nee, nee! Dit sal dit keer. Le daar. Plaas ’n dolk neer. Se nou die monnik het ’n gif berei Om suutjies in te gee dat ek moet sterf, Om te voorkom dat hierdie troue horn onteer Oor hy my reeds met Romeo verbind het? Ek vrees dit is; tog dink ek ook nie so, Want altyd het hy nog sy heiligheid bewys. Se nou, as ek daar in die tombe le, Ek word weer wakker voordat Romeo My kan kom red? Dit is skrikwekkend! Sal ek nie doodsmoor in die kelder nie Waar vars lug deur die vuil bek nooit na binne dring, En dood daar le voordat my Romeo kom? Of as ek sou bly leef, is dit nie waarskynlik nie Dat die vreeslike gedagte van dag en nag, Gepaard met die verskrikking van die plek In so ’n kelder, houer uit die vroegste tyd Van die gebeente deur soveel eeue heen Van al my vroeg begraafde voorsate; Waar die bebloede Tybalt, jonk in sy graf, In sy doodskleed le en verrot; waar, soos hul se, Op sekere ure van die nag daar geeste dwaal O wee, o wee, is dit nie waarskynlik nie dat ek, 74


So vroeg ontwaak, omring deur aaklig stank, En skreeue van duiwelskruide uit die grond gepluk, Wat mense, wat dit hoor, kranksinnig maak O, as ek wakker word, sal ek my sinne nie verloor, Omring deur soveel angs en aakligheid, Dat ek waansinnig met my vaders se gebeente speel, En die verminkte Tybalt uit sy doodskleed pluk, En in die drif, met een of ander bloedverwant se been, My desperate brein soos met ’n knuppel kloof? O kyk! Ek dink ek sien my neef se gees Wat daar die Romeo soek wat met sy swaard Sy lyf deurboor het. Wag, Tybalt, wag! Romeo, Romeo, Romeo, ek drink op jou. Val binne die gordyne op haar bed neer.

T O N E E L IV 'n Saal in Capulet se Woning Lady Capulet en Oppass ter op. lady c. Wag, neem my sleutels. Gaan haal oppasster . Hul wag op dadels en kwepers

nog speserye, Vrou. in die kombuis.

Capulet op. Toe, opskud, opskud, roer! Die tweede haan het at gekraai, Die stadsklok het gelui, dis drie-uur al. Hou die pasteitjies dop, Angelica, En moet geen prys ontsien nie. oppasster . Toe, neusinsteker, vort, Gaan slaap! Want more is jy siek Oor vannag se wakkerbly. capulet . Nog nooit. Ek het tevore al bly waak, Nagdeur, met minder rede, en niks oorgekom. lady c . Ja, jy was wel ’n nagwolf op jou dag; Maar deesdae hou ek ’n oog op jou. Lady Capulet en Oppasster af. capulet . Ek sien jy ’s groen, ek sien jy ’s groen! Drie o f vier knegte op met spitte9 stompe en mandjies. En toe, ou kerel, Wat het jy daar? kneg 1. lets vir die kok, meneer; ek weet nie wat. capulet .

75


capulet . Maak

gou, maak gou. (Eerste kneg af) Gaan haal jy droer stompe, man. Roep Peter, dat hy jou wys waar jy kan kry. kneg 2. My kop op ’n blok, meneer, ek sal hul kry Ek hoef nie Peter daaroor te gaan pla. capulet . So by die Mis, dis goed gese; jy ’s vrolik, ha! ’n Houtkop uitgeknip. (Tweede kneg met die ander af) My liewe hemel, dit is dag. Die Hertog met sy musikante is op pad, Hy het gese hy sal. Musiek. Ek hoor horn kom. Oppasster! Vrou! Ek se! Oppasster, kom! Oppasster op. Gaan wek jy Juliet, maak haar gereed. Ek sal met Paris praat. Opskud, maak gou, Maak gou! Die bruidegom is al hier; Maak gou, se ek. Af. TONEEL V Juliet se slaapkamer

oppasster . Juffrou!

Toe, juffrou! Juliet! Sy slaap nog vas, sweerek. Toe, lammetjie! Jong dame! Toe, luie lak! Kom, skatjie, kom. My dame; liefie! kom, bruid! Geen woord nie? Slaap nou maar wat jy kan, Slaap vir ’n week; vir morenag, sweer ek, Het hertog Paris reeds sy Ians op dooierus Dat jy nie sal kan rus. Ag, God vergeef! Laat dit so sy, amen. Sy slaap so vas! Ek moet haar wek. Juffrou, juffrou, juffrou! Laat die Hertog net hier na jou bed toe kom, Hy sal jou wakker maak. Maar hoor jy nie? Trek gordyne oop. Met al jou klere aan, weer in die bed? Ek moet jou wek. My dame! Dame! Dame! Helaas, helaas! Help, help! My juffrou’s dood! Ag, wee die dag van my geboorte tog! Bring brandewyn! My heer! My dame! Kom! Lady Capulet op. lady c. Wat raas jy so? 76


oppasster . O diep bedroefde dag! lady c. Maar wat makeer? oppasster . Kyk, kyk! O sware dag! lady c . O nee, o nee! My kind, al lewe

wat ek het! Staan op, en kyk, want anders sterf ek saam. Help, help! Soek hulp. Capulet op. capulet . Toe nou, bring Juliet: haar heer het opgedaag. oppasster . Sy’s dood, oorlede; sy’s dood, vervloek die dag! lady c . Vervloekte dag, sy’s dood, sy’s dood, sy’s dood! capulet . Wat? Laat ek haar sien. Helaas! Sy’s koud, Haar bloed gestol, haar ledemate styf; Die lewe is lank al van die lippe weg. Die dood die le op haar soos ’n ontydig ryp Op die skoonste van die blomme in die veld. oppasster . O diep bedroefde dag! lady c . O hartseer tyd! capulet . Die dood wat haar geneem het dat ek moet klaag, Verlam my tong sodat ek niks kan se. Broer Lawrence9 Hertog Paris en musikante op. La wr e n c e . Kom, is die bruid gereed vir kerk toe gaan? capulet . Gereed vir gaan, maar om nooit weer trug te keer. O seun, die nag vlak voor jou huweliksdag Het die Dood by jou vrou geslaap. Daar le sy nou, Blom wat sy was, haar blom deur horn gepluk. Dood is my skoonseun, Dood my erfgenaam; My dogter het hy getrou. En ek sal sterf En aan horn alles laat. Die lewe, alles, vir die Dood. PARIS. Dat ek kon dink, my lief, om die dag te aanskou En dat dit die gesig aan my moet bied! lady c . Vervloek en ongelukkig, aaklig, haatlik is die dag! Bitterste uur wat tyd nog ooit aanskou het Op die durende swoee van sy pelgrimstog! Net een, ’n arme enkel liewe kind, Net een wat my kon bly maak en verheug, Nou deur die Dood uit my gesig geruk. oppasster . O wee! O dag vol wee, vol wee, vol wee! O droefste dag, o weeigste dag Wat ooit, nog ooit ek moes aanskou! O dag, o dag, o dag! O haatlik dag! Nog nooit was daar ’n dag so swart soos die. O dag vol wee! O dag vol wee! paris . Verkul, geskei, veronreg, doodgemaak, bespot! 77


O mees vervloekte Dood, verkul deur jou, Verpletter deur jou wrede, wrede self. O liefde! O lewe! - geen lewe, maar liefde in die dood! CAPULET. Verag, verfoei, gehaat, gefolter en gedood! O tyd wat onrus baar, o waarom kom jy nou Om op ons bruilof moord, ja moord, te pleeg? O kind, o kind! My siel, nie net my kind! Jy’s dood - wee my, my kind is dood, Met haar word al my vreugde ook begraaf. La w r e nc e . Bedaar nou, wees beskaamd! Verwarring kan jul nie genees Met die verwarring nie. Die hemel en ook u Het deel gehad in hierdie maagd - nou het die hemel als, En vir die meisie is dit beter so. Jul aandeel kon jul van die dood nie hou, Maar die hemel hou sy deel in ewigheid. Wat jul begeer het, was haar vordering, Jul hemel was dat sy moet verder gaan; Hoe ween jul dan, nou dat sy verder is, Hoog bo die wolke, in die hemel self? O in die liefde is jul liefde boos Dat julle oor haar saligheid waansinnig raak. Wie lank getroud is, is nie goed getroud: Die jong getroude vrou wat sterf, is bes getroud. Droog nou jul trane af, le roosmaryn Op hierdie skone lyk; en, soos gebruiklik is, Neem haar dan in haar mooiste klere na die kerk; Ofskoon ons van nature rou bedryf, Is die natuur se trane helend vir die gees. capulet . Wat ons as fees bedoel het, als, Die keer nou in ’n swart begrafnis om Ons instrumente van musiek ’n droewe klok, Ons bruilofsblydskap ’n begrafnismaal; Ons plegtige psalms word ’n dodesang; Ons ruikers word die kranse vir ’n lyk; Als word teenoorgesteld gemaak. La w r e nc e . Gaan binne, heer; en u, madame, met horn; U ook, heer Paris. En almal maak gereed Om hierdie skone lyk na die graf te vergesel. Die hemel frons oor u oor een of ander kwaad; Moet dit nie verder tart deur teen horn in te gaan. Almal a f nadat hulle roosmaryn op haar neergele het en die gordyne toegetrek het: net die Oppasster en die musikante bly agter. 78


musikant 1. Nou moet ons maar ons fluite pak oppasster . Ja, mense, ja, pak weg, pak weg!

en gaan.

Die pak wat ons moet dra, is bitter swaar. Af. musi kant 1. Ja-nee, dis waar, dis ’n swaar pakaas! Peter op. peter . Musikante, o musikante! ,,’n Ligte hart”, ,,’n Ligte hart” ! As julle my aan die lewe wil hou, speel dan ,,’n Ligte hart”. musi kant 1. Waarom ,,’n Ligte hart” ? peter . O musikante, oor my hart al klaar so vol is. Speel vir my ’n vrolike doodsliedjie om my op te beur. musi kant 1. Nie doodsliedjies vir ons nie, dankie. Dis nie nou tyd vir speel nie. peter . Julle wil dus nie? musi kant 1. Nee. peter . Nou kyk, dan gaan julle dit van my kry! musi kant 1. Wat gaan jy vir ons gee? peter . Nie geld nie, so waar, net skeldtaal. Dan noem ek jou ’n minnesangertjie. musikant 1. En ek noem jou ’n dienskneg, man. peter . Dan kry jy die dienskneg se dolk oor jou harspan. Ek laat my nie vermaak nie. Ek sal vir jou do-re-mi! Hoor jy my? musikant 1. Jy’t ons gehoor, lyk dit my, met jou do-re-mi! musikant 2. Bere nou daardie dolk en wys jou vernuf. Voor ek jou met myne bykom! peter . Ek sal my ysterdolk terugsteek en julle wild en wakker met my woorde kwets. Antwoord my nou soos manner „As smartlik lyding die hart verwond En dodesange my gees bedruk, Dan kom musiek met ’n silwer mond - ” Waarom „silwer mond” ? Waarom kom „musiek met silwer mond” ? Wat se jy, Luit-enant? musikant 1. Ag, meneer, seker maar oor silwer so ’n mooi klank het. peter . Fraai! Wat se jy, ou Snaar? musikant 2. Ek sou se „silwer mond” oor ’n musikant silwer vra elke slag as hy sy mond oopmaak. peter . Ook fraai! En jy, ou Klankkas? musikant 3. Nee, ek weet regtig nie wat om te se nie. peter . O ekskuus, jy ’s mos die sanger. Nou goed, dan sal ek maar vir jou voorse. Dis „musiek met silwer mond” oor g ’n musikant ooit so vroeg opstaan dat hy goud in die mond het nie. 79


„Dan kom musiek met silwer mond En bring weer rus en stil geluk.” Af. musikant 1. Wat ’n laspos is die vent tog. musikant 2. Ag, vergeet van hom, man. Kom, ons gaan diekant toe en wag vir die roubeklaers, dan bly ons sommer vir ete. Almal a f

80


VYFDEBEDRYF TONEEL I ’n Straat in Mantua Romeo op. As ek die skigtige waarheid van my slaap durf glo, Dan het my drome heuglik nuus voorspel. My bors se baas sit liggies op sy troon En heeldag hou ’n ongekende blydskap al My bo die grand, vol opgewekte dink. Ek het gedroom my dame kom en vind my dood ( ’n Vreemde droom wat ’n dooie nog laat dink!) En adem sulke lewe met haar soene in my mond Dat ek herstel en keiser word. Ai tog! Hoe lieflik is die liefde self As drome al so ryk aan vreugde is! Romeo se kneg Balthasar op. Nuus uit Verona! Nou toe nou, Balthasar? Bring jy nie briewe van die monnik nie? Hoe gaan dit met my dame? Is my pa gesond? Met Juliet: gaan dit goed? Dit vra ek weer, Want niks kan sleg wees nie as sy floreer. kn e g . Dan gaan dit goed met haar, en sleg met niks. Haar liggaam slaap in Capulet se graf, En haar onsterflik siel is by die engele. Ek het gesien hoe hul haar in die tombe le En dadelik opgesaal om jou dit te kom se. Vergeef my tog oor hierdie slegte nuus, U self het dit as plig my opgedra. romeo . Is dit werklik waar? Dan daag ek seifs die sterre uit! Jy ken my tuisplek. Bring my ink, papier, Huur perde. Ek gaan vannag nog hiervandaan. kn e g . Ek smeek u, wees geduldig, heer. U lyk verwilderd en so bleek, en dit Spel ongeluk. romeo . Toe nou, jy ’t jou misgis. Gaan nou en doen wat ek jou opgedra het. Het jy geen briewe van die monnik nie? k n e g . Nee, my heer. romeo . Maak ook nie saak nie. Gaan nou heen

romeo .

81


En huur die perde. Ek is aanstons by jou. Balthasar af. Ja, Juliet, ek slaap vannag by jou. Maar hoe, moet ek prakseer. O onheil, wat so vlug ’n Desperate mens se gees deurdring! ’n Ou apteker kan ek nog onthou Wat hierlangs woon; ek het gereeld gesien hoe hy Vertoiing, en met ruie wenkbroue, Kom kruie soek. H y’t maer gelyk, Tot op die been deur armoede geslyt; In sy ou winkeltjie was daar ’n skilpaddop, ’n Opgestopte likkewaan, en velle ook Van sleg verwronge visse; en op sy rak ’n Klompie lee kiste opgehoop, Groen erdepotte, blase, en vermufte saad, Oorblyfsels tou en stukkies roosblaarkoek Was yl versprei dat dit na iets moes lyk. Toe ek sy armoed sien, het ek gedink: „As mens ooit gif te koop moet soek Wat jou in Mantua dadelik sal laat sterf, Sal di£ misrabel oubaas dit aan jou verkoop.” Die dink het aan my nood vooruitgeloop, Nou moet die arm man my daaraan help. Dit moet sy huis wees, as ek reg onthou. Maar dis vakansiedag, die bedelaar het gesluit Ek se! Apteker! Apteker op. apteker . Wie rcep so luid? romeo . Kom hierheen, man. Jy ’s arm, kan ek sien. Veertig dukate, hier. En gee my nou ’n Bietjie gif, een wat so vinnig werk Dat dit deur al die are sal versprei En die lewensmoee drinker neer sal vel, Sy laaste asem uit sy liggaam dryf, So snel, geweldig, soos wat kruit ontplof As dit uit ’n kanon se skoot ontbrand. apteker . Die dodelike middels het ek wel; maar die wet Van Mantua straf alle gewers met die dood. romeo . Kan jy so kaal en so misrabel wees En nog vrees om te sterf? Jou wange is hoi, Behoefte en sorg staan sterwend in jou oe, Verdrukking en ellende rem jou rug: Die wereld is jou vriend nie, nog die wet; 82


Die wereld ken geen wet wat jou sou kon verryk; Wees dus nie arm: oortree die wet, neem dit. apteker . My armoede stem in, maar nie my wil. romeo . En ek betaal jou armoed, nie jou wil. apteker . Gooi dit in enige vloeistof wat jy wil En drink daarvan: al is jy ook so sterk As twintig man, sal dit jou dadelik dood. romeo . Hier is jou goud - dis erger sielegif, Wat op die nare aarde erger moorde pleeg As die armsalige mengsels wat jy nie mag verkoop. Dis ek wat aan jou gif verkoop: nie jy aan my. Vaarwel. Koop vir jou kos en kry weer vleis. Kom jy: nie gif nie, lewegewer, kom met my Na Juliet se graf: daar moet jy my verbly. Albei af. T O N E E L II Broer Lawrence se sel Broer John en Broer Lawrence. j o h n . Geseende Fransiskaner, Broer! Broer Lawrence op. La wr e n c e . Dit klink mos na Broer John se stem. Welkom uit Mantua. Wat se Romeo? Of, het hy dalk geskryf, gee my sy brief. j o h n . Ek het ’n kaalvoetbroeder opgespoor, Een van ons Orde, om my te verge sel; Hier in die stad was hy op siekbesoek. Maar toe’t die amptenare van die stad, Vermoedend dat ons tuis was in ’n huis Waar pestilensie heers, ons voorgekeer, Die deur verseel, en ons verhinder om te gaan: So is my spoed na Mantua daar gestuit. La wr e n c e . Wie’t dan my brief na Romeo geneem? j oh n . Ek kon dit toe nie stuur - hier is dit weer Daar was geen boodskapdraer om dit trug te bring, So bang was almal vir die pes se gif. La wr e n c e . Ag, ongeluk! By die Broederskap sweer ek, Die brief was nie gering, maar vol gewig En groot belang; om daarmee te versuim Kan nog gevaarlik wees. Broer John, gaan gou, 83


Gaan soek ’n ysterkoevoet, bring dit hier Trug na my sel. Jo h n . Ek gaan, my broer, om dit te haal. Af. La wre nc e . Ek moet allenig na die tombe nou. Oor drie uur moet die skone Juliet ontwaak. Sy sal my erg verwyt dat Romeo Van alles wat gebeur het, niks nie wis; Maar ek stuur weer berig na Mantua En sal haar by my hou tot Romeo kom Arm lyk wat lewe in ’n dooie man se graf! Af TO N E E L III ’n Kerkhof met *n graftombe wat aan die Capulets behoort Paris saam met sy lakei op, met blomme en wywater. PARIS. Gee my jou fakkel, seun. Gaan weg en staan opsy. Maar doof dit uit, dat niemand my kan sien. Strek jou by daardie taksusbome uit, En hou jou oor vas teen die holte van die grond. So sal geen voet die kerkhofgrond betree (Wat los, onvas van baie grafte is) Sonder dat jy dit hoor. Fluit dan vir my, As teken dat jy iets hoor nader kom. Gee my die blomme. Dcen soos ek se, en gaan. lakei (Tersy). Ek vrees dit byna om alleen te wees Hier in die kerkhof; tog sal ek dit waag. Gaan eenkant. PARIS. Soet blom, met blomme dek ek jou bruilofsbed (O wee! jou rusplek is van stof en klip) Wat ek met geurig water snags sal kom bedou; So nie, met trane afgeskei deur sug. Die rou wat ek vir jou bedryf, sal wees Om snags jou graf te kom besprinkel en te ween. Lakei fluit. Die seun beduie dat iets nader kom. Watter vervloekte voet die kom vannag hierheen Om my rou en ritus van die liefde te versteur? Met ’n fakkel daarby? Verberg my tyd’lik, nag. Be weeg opsy. Romeo en Balthasar op, met 9n fakkel, ’n pik en ’n koevoet. 84


romeo .

Gee my die pik en daardie koevoet aan. Hier, neem die brief. Sorg dat jy more vroeg Dit aan my heer en vader gaan besorg. Gee my die lig. By jou eie lewe beveel ek jou: Wat jy ook hoor of sien, hou jou opsy, Moet my nie onderbreek met wat ek doen. Die rede waarom ek die dodebed besoek, Is deels om weer na haar gesig te kyk, Maar bowenal om van haar dooie vinger weg te neem ’n Kosbaar ring - ’n ring wat ek moet he Vir ’n taak van groot belang. Gaan dus nou weg. Maar as jy dalk nuuskierig trug sou kom Om af te loer wat ek nog verder doen, Dan, by die hemel, sal ek jou verskeur En hierdie honger kerkhof met jou lede bestrooi. Die tyd en my bedoelings is verwoed en wild, Dis kwaaier en nog veel onkeerbaarder As honger tiers of seifs die donderende see. Balthasar . Ek sal vertrek, my heer, en u nie pla. romeo . Dis ’n vriendskapsdaad van jou. Neem dit. Bly lewe, en floreer; vaarwel, ou kerel. Balthasar (Tersy). Ek gaan my nogtans hier verskuil. Ek vrees sy blik, is agterdogtig oor sy doel. Gaan opsy. romeo . Veragtelike buik, skoot van die dood, Gestop met die aarde se kostelikste brok, So dwing ek jou verrotte kake oop, Om jou, met leedvermaak, met nog meer vol te stop. Maak die tombe oop. Pa ri s . Dis die verbanne trotse Montague Wat die neef van my geliefde mos vermoor het Die rede waarom sy glo self moes sterf En hier is hy om skande te bedryf Met dooie lyke. Ek sal horn keer. Staak jou onheilige arbeid, bose Montague! Kan wraak verby die dood gevoer word dan? Vervloekte skurk, ek keer jou aan. Gehoorsaam en kom saam, want jy moet sterf. romeo . Ek weet ek moet: en daarom is ek hier. Toe, liewe jongeling, tart nie ’n desperate man. Gaan weg en laat my staan. Dink aan die dooies hier: Laat hul jou skrik aanja. Ek smeek jou, jongeling, 85


Dwing nie ’n nuwe sonde op my hoof Deur my tot drif te dryf! Gaan weg, se ek! Ek sweer, ek het jou liewer as myself Want hier’t ek opgedaag gewapen teen myself. Moenie versuim, gaan weg. Bly leef, en se hierna ’n Malman het jou genadig weg laat gaan. Pa r i s . Ek rig my op teen alles wat jy sweer En arresteer jou hier as ’n misdadiger. romeo . Wil jy my tart? Nou vat dan so! Hulle veg. lakei . Ag hemel, hulle veg! Ek gaan die wagte roep. Af. Paris val neer. Pa ri s . Ek is gedood! As jy genadig is, Maak oop die graf, le my by Juliet. Sterf. romeo . Dit sal ek doen. Laat my nou die gesig beskou. Verwant van Mercutio, die edel hertog Paris! Wat het my kneg gese toe my verwarde siel Nie aandag aan horn gee op reis? Ek dink Hy het vertel dat Paris Juliet sou trou. Het hy dit gese of nie? Of droom ek dit? Of is ek gek dat ek, oor hy van Juliet praat, So iets kon dink? Gee my jou hand, wat saam Met my in die lot se ongeluksboek geskrywe staan. Ek sal jou in ’n segegraf begraaf. ’n Graf? Nee, ’n lantern, gestorwe jongeling, Want hier le Juliet, en haar skoonheid maak Die tombe ’n feestelike saal vol lig. Dood, le jy daar, begrawe deur ’n dooie man. Le hom in die graf neer. Hoe dikwels het die mens al feesgevier Vlak voor die dood! Wat tronkbewaarders noem ’n Opheldering voor die dood. O hoe kan ek Dit helder noem? O my beminde, o my vrou! Die dood het die heuning van jou asem opgesuig, Maar had geen mag nog oor jou skoonheid nie. Jy’s onoorwonne. Die skoonheid se banier Is bloedrooi op jou wange en jou mond, Die bleek vlag van die dood die is nog nie gehys. Tybalt, le jy daar in jou bloedbevlekte kleed? O watter groter guns kan ek jou doen As met die hande wat jou jeug moes kloof Ook die te dood van hom wat vyand van jou was? 86


Vergewe my, my neef. Ag, liewe Juliet, Waarom is jy nog steeds so mooi? Moet ek dan glo Dat skimmige Dood die liefde ook kan ken, En dat die maer verfoeide monster jou Hier in die donker as sy minnares aanhou? Uit vrees daarvoor sal ek nou by jou bly En nooit weer van die dowwe nag se bed Vertrek. Hier sal ek bly, net hier, Met wurms wat jou lyfbediendes is. O hier Sal ek my rus wat ewig duur ingaan En die juk van sterre wat onheil spel, afskud Van hierdie wereldmoee vlees. O oe, kyk vir laas! Arms, omhels vir laas! En julle, lippe, o Deure van die asem, verseel met ’n regmatige kus ’n Tydelose prys van die als-inpalmende dood! Kom, bitter leidsman; kom, onsmaaklike gids! O desperate stuurman, loods nou dadelik Jou seesiek, moee boot te pletter teen die rots! Op my beminde! (Drink) O betroubare apteker! Jou drank is snel. So sterf ek met ’n kus. Val neer. Broer Lawrence met lantern, koevoet en graaf op. La w r e nc e . Sint Fransiskus, help my nou! Hoe telkens het vannag Die twee ou voete al oor grafte gestruikel! Wie’s daar? b al t hasar . Ek is ’n vriend, hier, en ek ken u goed. La wr e n c e . Wees geseend! Se my nou, goeie vriend, Wat is die fakkel daar wat so vergeefs Lig maak vir wurms en skedels sonder oog? Lyk my Dit brand daar in die tombe van die Capulets. b al t hasar . Dis so, eerwaarde heer; my meester die is daar, Een wat u liefhet. La w r e nc e . Wie is dit? balthasar . Romeo. La w r e nc e . Hoe lank is hy al daar? bal t ha sar . ’n Goeie halfuur lank. La wr e nc e . Kom saam met my daarheen. b a l t ha s ar . Ek mag nie, heer. My meester dink ek het al weggegaan, Hy het my skriklik met die dood gedreig As ek durf agterbly en horn bespied. La w r e nc e . Bly dan: ek gaan alleen. Vrees pak my beet. ’n Grote vrees oor iets wat onheil spel. b al t hasar . Terwyl ek onder die taksusboom daar slaap, 87


Het ek gedroom my meester en ’n ander veg En dat my meester horn verslaan. La w r e nc e . Romeo! Helaas, helaas, en watter bloed vlek hier Die swaar klipdrumpel van die graftombe? Wat dui die weggegooide swaarde vol van bloed Wat hier bevlek 16 op die vredesplek? Gaan die tombe binne. Romeo! So bleek! Wie nog? Wat, Paris ook? Gehul in bloed? O watter onnatuurlik uur Is skuldig aan die klaaglike gebeurtenis? Die meisie roer. Juliet kom orent. Juli et . O troostende monnik! Waar is my heer? Ek weet nog goed waar ek behoort te wees En hier is ek. Waar is my Romeo? La w r e nc e . Ek hoor geraas. O dame, kom uit di6 nes Van dood, besmetting en onnatuurlike slaap. ’n Groter mag as wat deur ons betwis kan word Het ons gefnuik. Kom nou, kom weg van hier. Jou hart se eggenoot 16 dood; En Paris ook. Kom saam, ek sal jou neem Na ’n klooster waar heilige nonne woon. Moenie nog talm en uitvra nie, die wag is aan die kom. Kom, gaan, my liewe Juliet. Ek durf nie langer bly. juliet . Gaan u dan maar: ek sal nie gaan. Broer Law rence af. Wat is dit hier? ’n Beker in my lief se hand? Gif dan, sien ek, het horn ontydig doodgemaak. O skurk! Als uitgedrink, geen vriendelike druppel oor Om my na jou te help? Ek sal jou lippe soen. Miskien kleef daar nog iets van gif aan hul Dat ek van die genesing sterf. Soen hom. Jou mond is warm! hoofwag (Af). Loop voor, seun. Waarheen? juliet . Geraas? Dan sal ek kort moet gaan. O die geluk, ’ndolk. Gryp Romeo se dolk. Hier is jou skede: kom hier tot rus, en laat my sterf. Steek haarself dood en val neer. Paris se lakei en w'agte op. l ak e i . Dit is die plek. Daar waar die fakkel brand. h o o f wa g . Die grond is hier bebloed. Deursoek die kerkhof. 88


Gaan nou, party van jul. Arresteer wie jul ook kry. Sommige wagte af. Droewige gesig! Hier le die Hertog neergevel; En Juliet bloeiend, warm, pas maar dood, Wat nou al twee dae hier begrawe le. Gaan se die Prins; gaan na die Capulets; En wek die Montagues; jul ander, soek. Ander wagte af \ Ons sien die grond waarop die droefheid rus, Maar die ware grond van al die droefenis Kan ons nie sonder meer gegewens weet. ’n Paar wagte met Balthasar op. wag 2. H ier’s Romeo se kneg. Ons het horn hier in die kerkhof gekry. hoof w a g . Hou horn veilig totdat die Prins opdaag. Broer Lawrence met 9n ander wag op. wag 3. Hier is ’n monnik wat beef en sug en huil. Ons het sy koevoet en sy graaf gekonfiskeer Toe ons horn kry op pad van die kerkhof af. hoof w a g . Dis erg verdag! Hou dus die monnik ook. Prins en sy gevolg op. p ri ns . En watter ongeluk die kom so vroeg Dat dit ons uit ’n moreslaap moet wek? Capulet, sy vrou en ander op. capulet . Wat kan dit wees wat so op straat geskreeu word? lady c . Die mense in die straat roep „Romeo”, En ander „Juliet” of „Paris”; en hul haas Hul almal met rumoer hier na ons tombe toe. p r i ns . Wat is die vrees wat in jul ore skrik? ho of wa g . U Hoogheid, hier le Hertog Paris neergevel; En Romeo dood; en Juliet, wat al gestorwe was, Nog warm en pas gedood. p ri ns . Gaan soek, vind uit hoe hierdie bose moord gepleeg is. hoof w a g . Hier is ’n monnik, en dooie Romeo se kneg, Met instrumente by hul waarmee hul Di6 dooies se grafte kon verbreek. capulet . O hemele! Kyk, vrou, hoedat ons dogter bloei! Di6 dolk het horn misgis, want kyk, sy skede Is leeg hier op die rug van Montague, Hy huis nou onvanpas hier in my kind se bors! lady c . Ai, die gesig van hierdie dood is soos ’n klok Wat my ou jare aanroep na die graf. Montague en andere op. 89


Is per abuis gekeer, en gisternag Het hy my brief weer truggebring. Toe’t ek alleen, Op die bestemde uur waarop sy moes ontwaak, Gekom om haar uit die familiegraf te haal; Met die bedoeling om haar in my sel te hou Tot ek gerieflik nuus aan Romeo kon stuur. Maar toe ek opdaag, ’n minuut te vroeg, Voordat sy wakker word, toe le ontydig hier Die edel Paris en die troue Romeo, dood. Sy’t opgestaan; en ek het haar gesmeek: Kom uit, dra hierdie hemelswerking met geduld; Toe’t ’n geraas my uit die graf verdryf, En sy, wanhopig, het geweier om te volg, Maar eerder, lyk dit nou, haarself geweld gedoen. Dit als weet ek; en met haar huwelik Was ook haar Oppasster vertroud; as enigiets Deur my toedoen verkeerd geloop het, laat dan tog My ou lewe ’n uur te vroeg geoffer word Volgens die eise van die strengste wet. p ri ns . Ons het u altyd as ’n heilige geken. W aar’s Romeo se kneg? Wat het hy te se? balthasar . Ek het my heer gaan se van Juliet se dood; Toe’t hy terstond van Mantua gekom Na hierdie plek, na hierdie selfde graf. Die brief het hy my vir sy vader opgedra; Toe hy die graf ingaan, my met die dood gedreig As ek nie weggaan en horn daar laat staan. p ri ns . Gee my die brief. Ek sal dit lees. Waar is die jong lakei wat die Wag gaan roep het? Toe knaap, wat het jou baas op hierdie plek kom doen? lakei . H y’t blomme gebring om oor haar graf te strooi; Ek moes opsy gaan - dit het ek gedoen. Toe kom daar iemand met ’n lig die graf oopmaak; En weldra trek my heer sy swaard op horn; Met die het ek gevlug en die Wag gaan haal. p ri ns . Die brief bevestig wat die monnik se, Hul liefde, en die tyding van haar dood; En hier skryf hy hy het ook gif gekoop Van ’n arm apteker en daarmee truggekom Na hierdie graf om langs sy Juliet te sterf. Waar is die vyande? Capulet, Montague, Aanskou die g£sel van die Heer op julle haat: Deur liefde wil die hemel julle vreugde dood. 91


Ook ek, wat julle twis veroorloof het, Het twee verwante kwytgeraak. Ons almal is gestraf. capulet . Broer Montague, gee my jou hand. My kind het met haar troue dit gereel, En meer kan ek nie vra. Montague . Maar meer kan ek jou gee: Ek sal haar standbeeld laat verrys in goud; Solank as wat Verona die naam dra, Word niemand anders ooit so hoog geag As die getroue, opregte Juliet. capulet . En ewe ryk sal Romeo s ’n langs sy dame rus Die skamel offerandes van ons vyandskap 1 p ri ns . ’n Somber vrede bring die more mee. Uit droefheid hou die son sy hoof verskuil. Gaan heen, bespreek die droef gebeurtenis: Party sal begenadig word, ander gestraf: Nog nooit was daar ’n storie so vol rou As die van Juliet en haar Romeo. Almal aj. FINIS

92


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Romeo & Juliet (trans. Andre P Brink) by Shakespeare in Southern Africa - Issuu