The Library Univcrsity ot'the Witwatcrsrand Johanncshurg
R IC H A R D III
W ILLIAM SHAKESPEARE
R I C H A R D III In Afrikaans veriaal deur A N D R É P . B R I jY K
H U M A N & R O U S S E A U 1969 KAAPSTAD • PRETORIA
Kopiereg © in vertaling André P. Brink Eerste Afrikaanse uitgawe in 1969 deur Human & Rousseau Uitgewers (Edms.) Bpk., Stategebou, Roosstraat, Kaapstad; Pretoriusstraat 235, Pretoria Kopiereg © in foto’s Tom Burgers Bandontwerp: G. Rindfleisch Geset uit die 10 pt. Baskerville en gedruk deur Citadel-pers, Lansdowne
101747322
WITS UNIVERSITY LIBRARY
BD145286
V O O R W O O R D VAN DIE V E R T A L E R Enige vertaling van Shakespeare veronderstel ’n mate van vermetelheid; van weinig ander werk is dit so waar dat vertaling eintlik vermindering beteken. En tog het dit deur die eeue as ’t ware ’n maatstaf van 5n taal se ruimte geword om te probeer vasstel hoeveel - of hoe min - van Shakespeare daar kan ín : daarom bly dit ’n uitdaging. Hierdie vertaling van Richard III , wat in opdrag van KRUIK gedoen is, is in die eerste plaas ’n verhoogteks en nie ’n akademiese nie. Binne die raamwerk van ritmiese vereistes het ek my dus eerstens ingestel op spreekbaarheid eerder as uiterste presiesheid: ek wou my laat lei deur die gees, nie deur die letter nie. Die groot struktuurverskille tussen Afrikaans en Engels het dit nodig gemaak om ’n sesvoetige reël as grondslag te kies in plaas van Shakespeare se kenmerkende vyfvoetige; daarby was dit soms nodig om ’n voet minder of meer te gebruik. Af en toe moes één reël selfs in die vertaalproses gerek word tot twee ten einde aan die sinvolle samehang getrou te bly. Uit die aard van die saak moes ek my soms vryhede met Shakespeare se woordspelinge veroorloof; in net een geval (III :i) was so ’n woordspeling geheel en al onvertaalbaar en moes dit agterweë bly. Ter wille van konsekwensie is alle name in die oorspronklike behou - dus nie net Clarence ens. nie, maar selfs name soos Henry. Shakespeare se groot skeldpassasies klink vir die hedendaagse oor aansienlik meer ,5verhewe” as op die Elizabethaanse verhoog: iets van die oorspronklike growwigheid en geweld in die taal moes ek probeer behou. Die flonkerende vuur van die poësie smeul soms selfs oor die grense van Engels in ander tale voort: en dit was tóg ’n ekstase om die moontlikhede van ons eie viriele taal in die proses te beproef.
EDWARD III (1327 - 1377)
EDMUND Hertog van York
JOHN van GAUNT Hertog van Lancaster
RICHARD II HENRY IV
I HENRY V RICHARD Hertog van York HENRY VI trou met Margaret EDWARD IV trou met ELIZABETH WOODVILLE
GEORGE Hertog van Clarence
EDWARD Prins van Wallis trou met Lady Anne HENRY VII
EDWARD V
Graaf van Richmond en ELIZABETH
l MARY l
ELIZABETH I (1558-1603)
EDWARD VI
RICHARD
RICHARD III (1483-1485) Hertog van Gloucester
Hierdie stuk is vertaal in opdrag van KRUIK en op 26 Augustus 1969 vir die eerste keer in die Hofmeyr-teater, Kaapstad, opgevoer.
R O L V E R D E L I N G EN P E R S O N E L Y S KONING EDWARD IV
André Rossouw
Don Clifford Prins van Wallis, later Koning Edward V Seutis van Koning Edward IV richard , Hertog van Tork Johan Naudé J Johan van Jaarsveld george, Hertog van Clarence richard , Hertog van Gloucester, Broers van Koning Edward IV Cobus Rossouw later Koning Richard III Peter Grobbelaar henry , Graaf van Richmond; later Koning Henry VII Kobus van der Colff john morton, Biskop van Ely edward ,
HERTOG VAN BUCKINGHAM HERTOG VAN NORFOLK GRAAF VAN SURREY, Sy Seutl graaf rivers, broer van Koning Edward se
Jannie Gildenhuys Pietro Nolte Francois Stemmet
Pieter Joubert Johan Malherbe Fitz Morley lord stanley (ook bekend as Graaf van Derby) Peter Uys SIR RICHARD RATCLIFF William Vermaas SIR WILLIAM CATESBY James Blanckenberg SIR JAMES TYRRELL Dawid van der Walt SIR JAMES BLUNT Glynn Day BURGEMEESTER VAN LONDEN Sandra Kotzé elizabeth , Koningin van Edward IV Wena Naudé margaret, weduwee van Henry VI hertogin van york , moeder van Edward IV, Nerina Ferreira Clarence eti Gloucester lady anne , weduwee van Edward, Pritis van Wallis (Seun van Henry VI); later getroud met Tine Balder die Hertog van Gloucester Marko van der Colff EERSTE MOORDENAAR TWEEDE MOORDENAAR Pietro Nolte Woutrine Theron BURGEMEESTERSVROU Marko van der Colff BALJU VAN WILTSHIRE Willem Bernard, Christo de Jongh, BOODSKAPPERS Tim Huisamen, Dawid van der Walt eggenote
LORD HASTINGS
PRIESTERS LYKSDRAERS WAGTE
SOLDATE VAN RICHMOND
SOLDATE VAN RICHARD
Dawid van der Walt, Christo de Jongh Dawid van der Walt, Christo de Jongh Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Francois Stemmet Don Clifford, Glynn Day, Christo de Jongh, Grenville Haman, André Rossouw, Johan van Jaarsveld Will Bernard, James Blanckenberg, Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Marko van der ColfF
Die volgende persone in die drama het nie in die Kruik-opvoering verskyn nie: JONG SEUN VAN CLARENCE kardinaal bourchier , Aartsbiskop van Canterbury thomas rotherham , Aartsbiskop van Tork MARKIES VAN DORSET \ ~ . . > seuns van Komnpin Klizabeth LORD GREY J 6 GRAAF VAN OXFORD LORD LOVEL SIR THOMAS VAUGHAN SIR WALTER HERBERT SIR ROBERT BRAKENBURY, die tOUngWag SIR WILLIAM BRANDON TRESSEL \ . .. r i a > howeiinge van Lady Anne BERKELEY J 6 y lady margaret plantagenet , Clarence se jong dogter
Verskeie Lords, Howelinge en Here, ’n Herout, ’n Skribent, Burgers, Boodskappers, Geeste van Richard III se slagoffers, Soldate Die toneel: Engeland, 1478-1485 In die Kruik-opvoering was Robert Mohr verantwoordelik vir die regie en Stephen de Villiers vir die ontwerp van die dekor en kostuums.
PRIESTERS LYKSDRAERS WAGTE
SOLDATE VAN RICHMOND
SOLDATE VAN RICHARD
Dawid van der Walt, Christo de Jongh Dawid van der Walt, Christo de Jongh Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Francois Stemmet Don Clifford, Glynn Day, Christo de Jongh, Grenville Haman, André Rossouw, Johan van Jaarsveld Will Bernard, James Blanckenberg, Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Marko van der ColfF
Die volgende persone in die drama het nie in die Kruik-opvoering verskyn nie: JONG SEUN VAN CLARENCE kardinaal bourchier , Aartsbiskop van Canterbury thomas rotherham , Aartsbiskop van Tork MARKIES VAN DORSET \ ~ . . > seuns van Komnpin Klizabeth LORD GREY J 6 GRAAF VAN OXFORD LORD LOVEL SIR THOMAS VAUGHAN SIR WALTER HERBERT SIR ROBERT BRAKENBURY, die tOUngWag SIR WILLIAM BRANDON TRESSEL \ . .. r i a > howeiinge van Lady Anne BERKELEY J 6 y lady margaret plantagenet , Clarence se jong dogter
Verskeie Lords, Howelinge en Here, ’n Herout, ’n Skribent, Burgers, Boodskappers, Geeste van Richard III se slagoffers, Soldate Die toneel: Engeland, 1478-1485 In die Kruik-opvoering was Robert Mohr verantwoordelik vir die regie en Stephen de Villiers vir die ontwerp van die dekor en kostuums.
PRIESTERS LYKSDRAERS WAGTE
SOLDATE VAN RICHMOND
SOLDATE VAN RICHARD
Dawid van der Walt, Christo de Jongh Dawid van der Walt, Christo de Jongh Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Francois Stemmet Don Clifford, Glynn Day, Christo de Jongh, Grenville Haman, André Rossouw, Johan van Jaarsveld Will Bernard, James Blanckenberg, Willem de la Querra, Tim Huisamen, Glynn Spaans, Marko van der ColfF
Die volgende persone in die drama het nie in die Kruik-opvoering verskyn nie: JONG SEUN VAN CLARENCE kardinaal bourchier , Aartsbiskop van Canterbury thomas rotherham , Aartsbiskop van Tork MARKIES VAN DORSET \ ~ . . > seuns van Komnpin Klizabeth LORD GREY J 6 GRAAF VAN OXFORD LORD LOVEL SIR THOMAS VAUGHAN SIR WALTER HERBERT SIR ROBERT BRAKENBURY, die tOUngWag SIR WILLIAM BRANDON TRESSEL \ . .. r i a > howeiinge van Lady Anne BERKELEY J 6 y lady margaret plantagenet , Clarence se jong dogter
Verskeie Lords, Howelinge en Here, ’n Herout, ’n Skribent, Burgers, Boodskappers, Geeste van Richard III se slagoffers, Soldate Die toneel: Engeland, 1478-1485 In die Kruik-opvoering was Robert Mohr verantwoordelik vir die regie en Stephen de Villiers vir die ontwerp van die dekor en kostuums.
EERSTEBEDRYF TONEEL I ’n Straat in Londen Richard, Hertog van Gloucester, alleen op.
Nouis die winter van ons ergernis Stralend versomer deur dié son van York, En al die saamgepakte wolke oor ons huis Is diep begrawe in die oseaan. Nou lê daar kranse van oorwinning om ons kop, Vernielde wapens pryk as ’n gedagtenis; Ons onrus is nou omgekeer in feesgelag, Ons vreeslike opmars in die ritme van ’n dans. Die nors gesig van oorlog frons nie meer, En pleks van swaar beskutte perde te bestyg En teenstanders verwilderd op die vlug te jaag, Verwyl hy speelse ure by ’n vrou, Met die wellustige geluide van ’n luit. Maar ek - wat nie gevorm is om lig te wees, Of liefderyk, versot in spieëls te staar Ek - wat daar grof uitsien, en die statigheid ontbeer Om voor ’n speelse nimf verby te pronk Ek - belemmer in die reëlmaat van ’n lyf En deur die fratsige natuur gekul, Verwronge, gans onklaar, en voor my tyd In hierdie ademende wêreld ingedwing, So kreupel en afsigtelik boonop Dat honde by my koms begin te blaf In hierdie weke speeltyd ná die stryd Het ek geen vreugde om die tyd verby te kry: Ek kan maar net my skadu in die son begluur En my wanstaltigheid berou. Daarom het ek, weerhou van minnaar-wees, In hierdie fraai en sagte vredesdae Besluit dat ek die boosheid self sal wees En die ydel vreugdes van dié tyd sal haat.
gloucester.
9
Strikke het ek gespan, ’n gevaarlike fluisternet Van dronkmanspraatjies, drome, skindery, Sodat die Koning en my Clarence-broer In dodelike haat teenoor mekaar moet staan; Is Koning Edward so regverdig en so reg As wat ék slu, verraderlik en vals kan wees, Sal Clarence sekerlik vandag vernietig word Oor die gerug waarvolgens ene G Edward se erfgename uit die weg gaan ruim. Duik weg, gedagtes, in my siel. Want hier kom Clarence aan. Clarence onder geleide binne; ook Brakenbury. Gegroet, my broer. Vanwaar die wag met wapens Wat jou vergesel? clarence. Sy Majesteit Is erg begaan oor my; vandaar dié lyfwag Wat my na die Toring begelei. g l o u c e s t e r . Om watter rede dan? clarence. Omdat ek George heet, broer. g l o u c e s t e r . Maar dáárvoor dra jy tog geen skuld Dan moet jou peetooms eerder daarvoor boet. Miskien is dit Sy Majesteit se plan Om jou in die Toring te herdoop. Maar Clarence, wat makeer ? Mag ek dit weet ? c l a r e n c e . Sodra ek self weet, Richard, ja; want ek Dra daar geen kennis van; ek het maar net verneem Dat drome en voorspellings hom beïnvloed het: Uit dáárdie alfabet het hy die G gepluk, Gesê ’n towenaar het hom vertel dat G Sy erfgename eendag sal onterf; Omdat my voornaam George is, wat met G begin, Is ek vir hom die skuldige. Op dié manier, deur sulke speletjies, glo, Is hy oorreed om my te arresteer. g l o u c e s t e r . Dis wat gebeur as vroue ’n man oorheers: Dis nie die Koning wat jou na die Toring stuur; Dis Lady Grey, sy vrou, my broer: dis sy Wat hom tot hierdie uiterste aanspoor. Was dit nie sy en daardie godsman nie, Anthony Woodville, dié priester-broer van haar, Wat hom Lord Hastings in die tronk laat gooi het nie? En eers vanmóre is hy vrygelaat. Ons is nie veilig nie, my broer, nie veilig nie. c l a r e n c e . Dit lyk my niemand is meer veilig nie. io
Net die Koningin se bloed, en boodskappers Wat snags tussen die Koning en die Shore-vrou draf. Het jy gehoor hoe dat Lord Hastings nederig By haar moes smeek om hom weer vry te stel ? g l o u g e s t e r . Nederig voor haar almag moes hy pleit Voordat hy weer as Kamerheer bevry is. Laat ek jou sê - as ons nog guns verwag Uit die hande van Sy Majesteit, moet ons Haar dienaars wees, geklee in haar livrei: Vandat ons broer haar adellik gemaak het Vir haar en die jaloerse weduwee Regeer hul praatjies hierdie koninkryk. b r a k e n b u r y . Vergeef my dat ek tussenbeide kom, U Edeles, maar die Koning het beveel Dat niemand, hoog of laag, alleen mag praat Of raad hou met dié broer van u. g l o u c e s t e r . Staan sake so? Kom nader, Brakenbury: Jy kan met graagte deel in ons gesprek Dis geen verraad nie, man! - ons sê Sy Majesteit Is wys en deugsaam, en sy edele vrou Is ryp van jare, skoon, en sonder nyd; Ons sê dat Shore se vrou fraai voetjies het, Rooi lippe, en mooi oë, en dat sy vriendelik is; En dat die Koningin se bloed tot adelstand verhef word: En wat sê ú daarvan ? Kan u dit ontken ? b r a k e n b u r y . Daarmee, my heer, het ek self niks te doen. g l o u c e s t e r . Niks met die weduwee Shore? Luister na my: Wie enigiets met háár wil doen, behalwe één, Moet dit liefs baie stilweg doen. b r a k e n b u r y . Van wie praat u? g l o u c e s t e r . Haar eggenoot, kêrel! Wil jy my nou verraai? b r a k e n b u r y . Ek smeek U Edele om my te vergeef En bowenal u broer met rus te laat. c l a r e n c e . Ons ken jou opdrag, Brakenbury, en sal so maak. g l o u c e s t e r . Die Koningin se uitskot moet gehoorsaam wees. Vaarwel, my broer; ek gaan nou na die Koning; En is daar iets wat jy van my verlang A1moet ek selfs die Koningin besoek Sal ek dit onderneem om jou te help. Intussen raak dié skending van ons broederskap My dieper as wat jy vermoed. c l a r e n c e . Ek weet dis vreugde vir geeneen van ons. g l o u c e s t e r . Maar lank sal jy nie in die tronk verwyl: 11
Ek sal jou vrystel, al moet ek oor jou lieg. Gebruik geduld tot dan. glarence. Nou moet ek gaan. Vaarwel.
Clarence, Brakenbury en Wag af. gloucester.
Gaan op die weg waarlangs jy nooit sal terugkom nie. Onnosel, arme Glarence, ek het jou lief: So lief dat ek jou siel die hemel in gaan stuur. As die hemel die geskenk uit mý hand sal aanvaar. Maar wie kom hier ? Die pas bevryde Hastings ?
Lord Hastings op. h a s t i n g s . Gegroet, my heer! g l o u c e s t e r . Ook u, my liewe
Kamerheer! Dis goed om u weer vrygestel te sien. My heer, hoe’t u gevangenskap verduur? Ha s t i n g s . Geduldig, heer, soos alle gevangenes moet; Maar ek gaan nog my dank betuig aan dié Wat oorsaak was van my gevangenskap. g l o u c e s t e r . Gewis, gewis; en dit sal Clarence ook; Wie vyand van u was, is syne ook En het hom net so swaar getref soos u. h a s t i n g s . Hoe jammer dat die arende gevang moet word Terwyl die kraaie en die valkies maar bly aas. g l o u c e s t e r . Wat hoor u van heinde en van ver? h a s t i n g s . Wat ver gebeur, is nie so erg soos hier: Die Koning is sieklik, swak en buierig; Sy dokters is begaan oor hom. g l o u c e s t e r . By die Heilige Jan, dis slegte nuus, voorwaar. Hy leef al lank volgens ’n baie streng patroon En het sy liggaam veels te veel ooreis! Dis droewig om daaraan te dink. Waar is hy? In die bed? HASTINGS. Hy ÍS. g l o u c e s t e r . Gaan u vooruit, en ek kom agterna.
Hastings af. Bly lewe, hoop ek, sal hy n ie; sterf mág hy nie Voor George oorhaastig na die hemel is. Ek sal sy haat teen Glarence stook en por Met leuens, beklink deur goeie argumente; En as my donker planne nie misluk, Is Clarence se lewe hiermee uitgeleef; Daarná kan God maar Edward na Hom neem En heel die wêreld vir my laat om in te knoei! 12
Warwick se jongste dogter gaan ek trou. Wat maak dit saak as ek haar pa gedood het ? Die maklikste manier om haar weer mak te kry Is dat ek self haar man en vader word; Dit sál ek ook - nie juis uit liefde nie, Maar oor ’n ander diep verborge plan Wat ek net kan beklink deur haar te trou. Maar wag, voor ek die vel te gou verkoop! Clarence leef nog; Edward regeer en leef; Eers ná húl vort is, moet ek my winste tel. Af.
T O N E E L II 5n Ander straat in Londen Die lyk van Koning Henry VI word binnegedra, met wagte daarby; Lady Anne vergesel die stoet as roubeklaer, bygestaan deur Tressel en Berkeley. anne.
Sit neer, sit neer, dié kosbaar las wat julle dra As eer nog eerbaar op ’n baar mag rus; En laat my na behore rou beklaag Oor dié ontydige val van die hoë Lancaster. O arme sleutel-koue liggaam van ’n vors! Bleek asse van die huis van Lancaster! Bloedlose reste van die 'koninklike bloed! Vergun my om jou gees nou aan te roep Om arme Anne se klaaglied aan te hoor, Vrou van jou Edward, jou vermoorde seun: Dieselfde hand het hierdie wonde aangebring. In hierdie vensters waar jou lewe uitgevlug het, Stort ek die vrugtelose balsem van my oë Vervloek die hand wat hierdie wonde toegedien het! Vervloek die hart wat hiervoor hart gehad het! Vervloek die bloed wat hierdie bloed gelaat het! Mag ’n erger lot dié haatlike skurk oorval Wat deur jou dood ons so rampsalig maak As wat ek adders, spinnekoppe, paddas gun, Of enige kruipende, giftige ding wat leef! Maak ’n misgeboorte van sy kind;
J3
Ontydig in die lig gebring, wanstaltig, So aaklig, onnatuurlik van gesig, Dat dit sy gretige moeder sal verskrik: Maak dít die erfgenaam van sy ongeluk! As hy ooit trou, maak dan sy vrou Ellendiger deur sy dood as wat ek is Vanweë my jong meester en vanweë jo u ! Kom, neem jul heilige las na Chertsey nou, Weg hiervandaan om daar begraaf te word; En wanneer julle moeg word van die dra, Wag dan, terwyl ek Henry onversaag beween. Die Draers tel die kis op. Gloucester kom bitine. g l o u c e s t e r . Wag, julle wat die lyk dra, sit dit neer. a n n e . Uit watter donker towenaar se hand Kom hierdie duiwel liefdesdade keer? g l o u c e s t e r . Sit neer die lyk! Ek sweer by Paulus: Hy wat nie luister nie, word self ’n lyk! m a n i. Staan terug, my heer, en laat die baar verby. g l o u c e s t e r . Vermetele hond! Staan jý as ek beveel! Lig daardie hellebaard bokant my bors Of ek sweer by Paulus jy word neergevel, Astrante bedelaar, en weggeskop! Die Draers sit die kis neer. a n n e . Wat? Bewe julie? Is jul dan aimal bang? Ek kan jui nie verkwalik nie, want jui is sterílik, En sterflike oë is onmagtig voor die duiwel. Gee pad, jou aaklige heerser van die hel! Net oor dié stoflike oorskot het jy mag: Sy siel kan jy nie kry nie; gee dus pad. g l o u c e s t e r . Ag, liewe vrou, ek smeek jou tog, bedaar. a n n e . Boosaardige duiwel, in Godsnaam: gaan en pla ons nie; Want jy’t die blye aarde in jou hel omskep En dit gevul met wanhoopskrete en gevloek. As jy so graag jou euwel wil aanskou, Kyk dan na hierdie toonbeeld van jou slagting. Kyk tog, menere, kyk! Gestorwe Henry Se wonde mond weer oop en bloei opnuut. Bloos, bloos, wanstaltige gedrog: Dis jou teenwoordigheid wat hierdie bloed onttrek Aan koue, leë are wat geen bloed meer het; Jou dade, wat onmenslik, onnatuurlik is, Laat hierdie onnatuurlike vloed voortstroom. O God wat hierdie bloed gemaak het, wreek sy dood! 14
O aarde wat die bloed drink, wreek sy dood! Of hemel: laat jou bliksem hierdie slagter tref; Of aarde: gaap nou oop, verorber hom, Soos jy die bloed sluk van die goeie vors Wat deur dié hel-beheerde arm vernietig is. g l o u c e s t e r . Geseënde vrou, ken jy die wet van liefde nie Wat kwaad met goed vergeld, en vloek met seën? a n n e . Booswig, jy ken geen wet van God óf mens: Die gruwelikste diere kan genadig wees. g l o u c e s t e r . Ek nie; dus is ek nie ’n dier. a n n e . O wonderlik, dat duiwels waarheid praat! g l o u c e s t e r . Nog wonderliker dat engele boos kan wees. Vergun my, goddelik volmaakte vrou, Om te verduidelik wat gebeur het, My van vermeende misdaad vry te spreek. a n n e . Vergun my, duiwelse, besmette man, Om te aanvaar wat daar gebeur het, Jou oor dié seker sondes te vervloek. g l o u c e s t e r . O skoner vrou as wat ’n woord kan sê, Gun my tog tyd dat ek my saak kan stel. a n n e . O boser man as wat ’n hart kan droom, A1wat jy nog kan doen, is selfmoord pleeg. g l o u c e s t e r . Deur só ’n wanhoop sou ek skuldig pleit. a n n e . En deur die wanhoop dalk vergiífenis werf Deur waardig aan jou eie nek te wreek Jou onwaardige slagting van onskuldiges. g l o u c e s t e r . En as ek sê ek het hul nie vermoor? a n n e . Dan sou jy sê dat hul nie dood is nie. Maar dood is hulle, duiwel, en deur jóú. GLOUCESTER.Ek het jou eggenoot nie vermoor. anne. Dan lewe hy. g l o u c e s t e r . Nee, hy is dood, deur Edward omgebring. a n n e . Nou lieg jy, skurk: Koningin Margaret het gesien Hoedat jou dolklem druppel van sy bloed; Dieselfde dolk het jy ’n keer teen háár gerig Toe het jou broers betyds dit weggeslaan. g l o u c e s t e r . Haar skindertong het my daartoe beweeg: Sy’t hulle skuld op mý onskuldige skouers gepak. a n n e .J ou bloedbevlekte gees het jou beweeg, Want moord is ál waaroor jou brein ooit broei. Het jy dié Koning nie vermoor ? gloucester. Dit gee ek toe. a n n e . Dit gee jy toe, ellendeling? God gee
*5
Dan dat jy vir die gruweldaad gaan boet! O, hy was sag en goed en vriendelik! g l o u c e s t e r . Dan sal die hemel bly wees om hom te ontvang. a n n e . Hy’s hemel toe. Ja. Waar jý nooit sal kom. g l o u c e s t e r . Dan moet hy my bedank, want ek het hom gestuur. Hy hoort daar beter as op aarde tuis. a n n e . A1waar jý tuishoort, is die hel. g l o u c e s t e r . Daar’s nog ’n plek - moet ek dit noem? a n n e . ’n Kerker. gloucester. Nee, jou slaapkamer. a n n e . Ek vloek die kamer waar jy slaap! g l o u c e s t e r . Sosy dit, dame, tot ek by jou slaap. ANNE . Ek hoop so. gloucester. Ek weet dit. Maar liewe Lady Anne, Kom ons hou op met ons spitsvondigheid En praat oor traer sake wat ons kwel Is die beramer van die buitentydse dood Van dié Plantagenets, Hendrik en Edward, Nie net so skuldig as hul doder nie ? a n n e . Jy was die oorsaak en die moordenaar. g l o u c e s t e r . Jou skoonheid dra die skuld vir daardie daad. Jou skoonheid het my in my slaap gekwel En aangehits om álmal te vermoor Dat ek een uur lank in jou bors kon rus. a n n e . O, as ek dit geweet het, moordenaar, Sou hierdie naels die skoonheid van my wange skeur. g l o u c e s t e r . My oë sou die skending nie verduur; Moet dit nie doen in my teenwoordigheid. Soos die son die ganse wêreld vrolik maak, So jy vir my; dit is my dag, my lewe. a n n e . Mag ’n donker nag jou dag oordek, en dood jou lewe! g l o u c e s t e r . Moet jou nie self vervloek nie, vrou: jy’s beide. a n n e . As ek maar was, sou ek my op jou wreek. g l o u c e s t e r . Waarom so onnatuurlik rusie maak Om jou te wreek op hom wat jou bemin? a n n e . Geregtigheid en reg is aan my kant Dat ek my wreek op die moordenaar van my man. g l o u c e s t e r . Hy wat jou van jou man beroof het, vrou, Wou jou daardeur ’n beter man besorg. a n n e . Beter as hy is daar nie op die aarde nie. g l o u c e s t e r . Daar’s iemand wat jou meer as hy bemin. a n n e . Wie’s hy ? GLOUc e s t e r , Plantagenet,
16
anne.
Dit was sý naam. Dieselfde naam, maar ’n beter man as hy. a n n e . Waar is hy? gloucester. Hier. (6y spuug na hom.) En waarom spuugjy my ? a n n e . Ek wou dat dit ’n dodelike gif kon wees! g l o u c e s t e r . Geen gif het ooit uit ’n soeter plek gekom. a n n e . Geen gif het ooit aan 5n aakliger ding gekleef. Gaan weg voor m y! Jy tas my oë aan. g l o u c e s t e r . Jou oë, dame, het mýne aangetas. a n n e . Kon hul jou maar soos baseliske dood! g l o u c e s t e r . Dit sou ek graag: dan sou ek dadelik sterf; Nou word ek lewend dood deur hul vermoor. Sout trane het jou oë uit myne gedwing, Hul met die druppels van ’n kind beskaam Dié oë wat nooit ’n traan geken het nie, Nie eens toe my vader York en Edward geween het Oor Rutland se geklaag toe bose Glifford Hom met sy swaard bedreig het nie; Nóg toe jou woeste vader soos ’n kind Die droewe storie van my pa se dood Met trane en gesnik kom oordra het Dat al die toehoorders met wange nat Soos bome in die reën geluister het Dié droewe tyd het ek met manlike oog ’n Nederige traan gering geskat; Wat al dié smarte nie kon uitrig nie, Is deur jou skoonheid nou bereik - en kyk, My oë is verblind van al die huil. Soebat by vriend of vyand ken ek nie; Onwennig is my tong vir sagte spraak; Noudat jou skoonheid egter voor my staan, Soebat my trotse hart, stamel my tong. Sy kyk hom minagtend aan. Plooi nie jou lippe so minagtend nie: Hul is vir soen bedoel, nie vir dié nyd. As wrokkig dan jou hart nie kan vergeef, Kyk, neem dan hierdie skerp hartswaard Steek dit in hierdie troue bors as jy verkies En laat die siel vry wat jou so vereer Ek lê dit nakend voor jou doodsteek oop En kniel voor jou en soebat vir my dood. Hy ontbloot sy bors; sy mik daarna met die swaard. Nee, aarsel nie: Henry het ek vermoor gloucester.
17
r
Maar jou skoonheid het my daartoe aangespoor. Maak klaar: want ek het Edward doodgemaak Maar jou hemelse gelaat die het my aangehits. Sy laat die swaard val. Neem weer die swaard op, of neem my. a n n e . Staan op, akteur; jou dood begeer ek, ja, Maar self sal ek jou nie vermoor. g l o u c e s t e r . Gebied my dat ek selfmoord pleeg: ek sal. a n n e . Dit het ek reeds. gloucester.
Maar dit was in jou drif.
Gebied dit weer, en saam met daardie woord Sal hierdie hand, wat om jou liefdes wil Jou liefde uitgewis het, om jou liefdes wil ’n Edeler liefde dood; en dan sai jy ’n Aandeel aan die beide dode hê. a n n e . Ek wens ek ken jou hart. g l o u c e s t e r . My hart lê op my tong. an ne . Maar dalk is albei vals. g l o u c e s t e r . Dan was daar nooit ’n man van eer. a n n e . Bêre tog maar jou swaard. g l o u c e s t e r . D us mag ons vrede sluit? a n n e . Dit sal jy later hoor. g l o u c e s t e r . Mag ek die hoop behou? a n n e . Almal, hoop ek, het dit. g l o u c e s t e r . Bewys dit: dra dié ring. a n n e . Aanvaar is nog nie gee. (Sit die ring aan.) g l o u c e s t e r . Kyk hoe my ring nou om jou vinger sluit, So sluit jou bors rondom my arme hart; Behou albei: albei behoort aan jou. En as jou toegewyde dienskneg durf Om nog één guns van jou geseënde hand te vra; Sal jy vir ewig sy geluk verseël. ANNE.Wat is dit? g l o u c e s t e r . Dat jy dié roubeklag laat vaar:
Laat dit aan hom wat rede daartoe het, En keer jy dadelik terug na Crosby-huis; Daar sal ek dan - ná ek dié edel vors In die Chertsey-klooster plegtig gaan begrawe het En vol berou my trane oor sy graf gaan stort het So gou ek kan, jou al my eer bewys. Skenk my die guns. a n n e . Van ganser harte; en ek is verheug Om jou so nederig vol berou te sien. 18
Tressel en Berkeley, kom jul saam met my. Kom groet my eers. anne. Dis meer as jy verdien; Maar omdat jy wil hê ek moet jou vlei, Verbeel jou maar ons twee het klaar gegroet. Lady Anne en die twee Howelinge af. gloucester.
GLOUCESTER.Vort met die lyk, menere. Na Chertsey, edele heer? g l o u c e s t e r . Nee, na White Friars toe; wag daar op my.
mans.
Almal behalwe Gloucester af.
Het ooit ’n man ’n vrou in rou gevlei ? Het ooit ’n man ’n vrou in rou gekry? Ek sal haar kry; behou wil ek haar nie. Verbeel jou! Ek wat haar vader en haar man vermoor het, Begroet haar in haar hart se ergste haat, Vervloekings in haar mond, haar oë betraan, Die bloeiende getuie van my wrok daarby, Met God en haar gewete, áls teen my, En ek met glad geen vriend om my te steun, Net die duiwel self, en ’n masker op my gesig, En tog verower ek haar en lag die wêreld u it! Ha! Het sy al klaar die dapper prins vergeet, Edward, haar man, wat ek drie maande trug So woedend by Tewksbury doodgesteek het? ’n Sagter en ’n liefliker jong man Gevorm deur die oordaad van die ryk natuur, Jonk, dapper, wys, en koninklik Kan die wye aarde nie gou weer lewer nie; En gaan sy nog haar oë na my laat sak Ek wat dié fraai jong prins se goue fleur Geknak en haar ’n weduwee gelaat het ? Ek wat geringer as ’n halwe Edward is ? Ek met my horrelvoet en skewe lyf? Ek wed my hertogdom teen ’n skamel duit Dat ek myself skandalig onderskat het. Ek sweer by my lewe: sy sien in my Wat ék nie sien - ’n fyn, welskape man. Ek moet my haas om in ’n spieël te kyk, ’n Horde kleremakers gaan beveel Om my met die beste modes uit te dos. Terwyl my nuwe voorkoms my geval, Sal ek dit met geringe koste so bewaar, '9
Maar eers moet ek nou daardie kêrel gaan begraaf, Dan treurend trugkeer na my minnares. Straal voort, mooi son, tot ek my spieël het, Dat ek in die verbygaan op my skadu let. Af.
TONEEL III Die Paleis in Londen Koningin Elizabeth, Lord Rivers en Lord Grey binne.
Geduld, U Hoogheid, want Sy Majesteit Sal binnekort weer heeltemal herstel. g r e y . Deur dit so aan te trek, maak u hom erger. Hou u dus liewer rustig en bedaard En beur hom op met skitterende oë. e l i z a b e t h . Wat word van my as hy moet sterf? g r e y . U sal ’n man verloor; maar dit is al. e l i z a b e t h . Die dood van so ’n man bring onheil m ee. g r e y . Die hemel het u met ’n seun geseën Om u tot troos te wees as hy moet gaan. e l i z a b e t h . Maar hy is jonk; sy minderjarigheid Is toevertrou aan Richard Gloucester, ’n Man wat nóg vir my nóg een van u verdra. r i v e r s . Is dit beslis dat hy Regent sal wees? e l i z a b e t h . Dit is besluit, nog nie beslis; Maar so sal dit gebeur as die Koning heen sou gaan. Buckingham en Derby op. g r e y . Hier kom Lord Derby en Lord Buckingham. b u c k i n g h a m . Gegroet, U Koninklike Majesteit! d e r b y . Mag God u vreugde binnekort herstel. e l i z a b e t h . Lord Derby, die Hertogin van Richmond Sal skaars u goeie wens beaam. En tog, Lord Derby, al is sy jou vrou, En al haat sy my, kan jy verseker wees Dat ek jóú nie oor haar vermetelheid verwyt. d e r b y . Ek smeek u, moet u tog nie steur Aan die jaloerse praatjies van haar aanklaers; Of as die klagte wel gegrond mag wees, Vergeef haar swakheid dan, want sy is siek
rivers.
En wispelturig: dis geen gegronde wrok. (aan Derby). Het jy Sy Majesteit vandag gesien? d e r b y . Lord Buckingham en ek, albei van ons, Het nou so pas aan hom besoek gebring. e l i z a b e t h . Bestaan daar kans dat hy weer sal herstel? b u c k i n g h a m . Daar’s baie hoop; hy’t opgewek gesels. e l i z a b e t h . Mag hy genees! Het jul met hom gepraat? b u c k i n g h a m . Ons het; en hy wil graag versoening werk Tussen die Hertog van Gloucester en u broers, En tussen hulle en die Kamerheer; En hy wil hê dat hulle na hom kom. e l i z a b e t h . As dit maar goed kon gaan! Maar dit sal nooit gebeur. Ek vrees dat ons geluk nou op die keerpunt staan. Gloucester, Hastings en Dorset ofi. g l o u c e s t e r . Hul doen my onreg aan; dit duld ek nie. Wie’t vir Sy Majesteit gesê dat ek Hardkoppig is en hulle wrok toedra ? By Paulus sweer ek dat wie hom so mislei, Maar weinig liefde vir die Koning het. Omdat ek nie kan vlei of flikflooi nie, Nie stroperig glimlag, kul of kruip, Of Franse buigings maak, beleefd na-aap, Word ek nou as ’n vyand met ’n wrok beskou. Kan mens dan nie gewoonweg skadeloos leef Sonder dat al jou eerlikheid verdraai word nie Deur ’n sluiperige, slinkse, slu gespuis ? g r e y . Aan wie van almal hier rig jy dié skimp? g l o u c e s t e r . Aan jou, omdat jy so oneerlik is. Wanneer het ek jou kwaad gedoen ? gekwets ? Of jou, of jou, of iemand van jul troep ? Die pes op julle spul! Sy Majesteit Mag God hom langer spaar as júlle dit begeer! Kan skaars ’n oomblik vreedsaam asem haal Of jul versondig hom met skindery! e l i z a b e t h . Broer Gloucester, jy vergis jou met die saak. Die Koning het uit soewereine wil En sonder dat ’n ander hom moes por, Vir hul ontbied om uit te vind wat skeel: Waarskynlik wil hy meer weet van die haat Wat in jou broei en in jou dade smeul Teen my en teen my kinders en my broers. g l o u c e s t e r . Ek weet dit nie; die wêreld het so boos geword Dat mossies toeslaan waar geen arend dit sou waag.
elizabeth
21
Vandat Jan Rap so maklik adellik word Is baie adel deesdae maar Jan Rap. e l i z a b e t h . Kom, kom, ons weet waarop jy dui, my broer: Jy’s boos dat ek en van my vriende guns geniet; God gee dat ons jou nooit meer nodig kry! g l o u c e s t e r . Intussen reël Hy dat ek jóú nou nodig het. Ons broer is deur jou toedoen in die tronk, Ek self verneder, en die edellui Geminag; terwyl daar dag na dag Groot eer bewys word aan ’n spul Wat gister nog geen stuiwer werd was nie. e l i z a b e t h . God wat my tot dié hoë sorg verhef het Vanaf my doodtevredenheid weleer, Weet dat ek nooit Sy Majesteit Teen Clarence aangehits het nie, maar dat Ek trouens ernstig vir hom gepleit het. My heer, jy doen my skandelik onreg aan Deur my so valslik te verdink. g l o u c e s t e r . Ontken jy dat dit deur jou toedoen was Dat Lord Hastings in die tronk beland het? r i v e r s . Dit kan sy wel ontken, my heer, want sy g l o u c e s t e r . Kan sy, Lord Rivers? Natuurlik kan sy dit! Sy kan nog méér, my heer, as dit ontken: Sy kan jou help aan allerhande gunste En dan ontken dat sy daarby gemoeid was En sê dat jy die eer vanself verdien. Wat kan sy nie? Sy kan - sy kan selfs trou r i v e r s . Selfs trou, kan sy? g l o u c e s t e r . Selfs trou kan sy. Selfs met ’n Koning trou, ’n Vrygesel, en jonk en mooi daarby. Gewis, jou ouma het dit nie so goed getref. e l i z a b e t h . Lord Gloucester, ek het nou genoeg verduur Van al jou skeldtaal en jou bitter spot. Ek gaan nou aan Sy Majesteit vertel Van hierdie growwe skimpe wat ek moes verduur. Ek sou verkies om diensmeisie te wees, Liewer as Koningin in dié omstandigheid Waar ek verneder, uitgeskel, getart moet word. Ou Koningin Margaret agter op. Min vreug het ek, die Koningin van Engeland. m a r g a r e t . Mag God die min nog minder maak, bid ek! Jou eer, jou plek, jou staat, dit kom mý toe. g l o u c e s t e r . Dreig jy om my by hom te gaan verklae?
Gaan sê hom als, laat niks verswyg bly nie. Wat ek gesê het, sal ek voor hom sê. Die Koning kan my na die Toring stuur: Dis tyd vir praat - my dade is vergeet. m a r g a r e t . Vergeet? Jou duiwel! Uit! Want ek onthou te goed: My Henry het jy in die Toring omgebring, En Edward, my arme seun, by Tewksbury. g l o u c e s t e r . Voor jy nog Koningin was, of jou man ’n vors, Was ek die pakperd van sy optrede, Sy trotse teenstanders moes ék uitdun, Sy vriende het ek rykelik beloon; My bloed het ek gestort dat hy kon Koning word. m a r g a r e t . En beter bloed as dié van jou of hom. g l o u c e s t e r . En ondertussen het Lord Grey, jou man,' En jy die Huis van Lancaster gesteun; En Rivers, jy. Ontken jy dat jou man In Margaret se slag by Sint Alban gesneuwel het? Laat ek jou dink verfris as jy vergeet, Oor wat jy vroeër was en wat jy is; En bowenal wat ék was, wat ek is. m a r g a r e t . ’n Skurk en moordenaar is jy nog steeds. g l o u c e s t e r . Arme Clarence het Warwick, sy pa, verlaat, En oorgeloop - mag God hom dit vergeef! m a r g a r e t . Mag God dit wreek! g l o u c e s t e r . Om saam met Edward vir die kroon te veg; En vir sy trou lê hy nou in die tronk. Ek wens my hart was ysterklip soos Edward s’n, Of syne sag en mild soos dié van my. In hierdie wêreld is ek soos ’n kind. m a r g a r e t . Haas jou dan hel toe, uit die wêreld uit, Jou bose gees: dít is jou koninkryk. r i v e r s . Lord Gloucester, heer, in daardie drukke dae Waaruit u nou ons vyandskap bewys, Het ons eenvoudig by ons vors gestaan. So sou ons by u staan as u ons koning was. g l o u c e s t e r . As ek dit was? Veel eerder bedelaar. Die blote denkbeeld kom nie by my op. e l i z a b e t h . Net so min vreugde as wat jy vermoed Dat jy sou hê as jy moes koning wees, Net so min vreugde put my hart daaruit Om koningin van hierdie land te bly. m a r g a r e t . Voorwaar, die Koningin het min geluk, Want ék is sy, en vreugde ken ek nie. 23
Geduldig kan ek nou nie langer bly. Kom nader.
Luister na my, spul rowers wat baklei Oor wat jul van my afgestroop, gebuit het. Beefjulle nie as julle na my kyk? As jul nie voor my buig as onderdane nie, Dan is ek van my troon deur jul verdryf, En moet jul as rebelle voor my sidder. Nee, liewe skurk, moenie nou wegdraai nie! g l o u c e s t e r . Bose, beplooide heks, wat maak jy hier? m a r g a r e t . Ek kom herhaal wat jy bederwe het: Dít doen ek hier voor ek jou sal laat gaan. g l o u c e s t e r . Isjy nie klaar op straffe van die dood verban m a r g a r e t . Ekis; maar ballingskap is bitterder As wat die dood hier in my huis kan wees. ’n Eggenoot en seun skuld jy aan my; En jy ’n koninkryk; en almal trou. Die smarte wat ek ly, kom julle toe, En al jul gesteelde vreugdes is van my. g l o u c e s t e r . My edel vader het ’n vloek op jou gelê Toe jy sy roemryk hoof gekroon het met papier En met jou hoon sy oë laat stroom het; Sy trane het jy met ’n vadoek afgedroog Gedoop in die bloed van ’n skuldelose Rutland Toe het sy bitterheid hom aangespoor Om jou te vloek - en als het vir jou waar geword; En God, nie ons nie, straf jou daad van bloed. e l i z a b e t h . Net so sal Hy die onskuldiges herstel. h a s t i n g s . Verskriklik was die moord van daardie kind, Die mees genadelose gruwel ooit! r i v e r s . Die tyding het tiranne selfs laat huil. d o r s e t . En elke vrou het dadelik wraak gesweer. b u c k i n g h a m . Northumberland het gehuil toe hy dit sien. m a r g a r e t . Julle’t hier gestaan en knor toe ek inkom, Jul wou mekaar die keel aangryp En keer jul nou jul haat teen my ? Kon York se vloek die hemel só beweeg Dat Henry se dood, my fraai Edward se dood, Die verlies van die ryk, my droewe ballingskap, Alles teen daardie power kind moet weeg ? Kan vloeke deur die wolke die hemel binnedring ? Laat dan die dowwe wolke voor my vloeke wyk! Mag julle Koning nie aan oorlog maar aan oordaad sterf,
Soos myne vermoor moes word dat hý kon koning word! Mag Edward, jou seun, wat Prins van Wallis is, Vir Edward, my seun, wat Prins van Wallis was, Net so ontydig, jonk en gewelddadig sterf! Mag jy wat heers, vir my wat eens geheers het, Jou roem, nes ek, rampsaliglik oorleef! Leef lank, dat jy jou dooie kinders kan beween En iemand anders sien, soos ek jou sien, Beklee met al jou reg, soos jy in myne sit! Mag al jou bly dae sterf, lank voor jóú dood; En mag jy na jou lang verlengde leed Sterf nóg as moeder, nóg as vrou, nóg Koningin! Rivers en Dorset, julle het toegesien, En jy daarby, Lord Hastings, toe my seun Met bloedige dolke gedood is. Nou bid ek God Dat nie een van jul jul lewe uit sal leef nie, Maar deur 5n onverwagte lot beêindig word. g l o u c e s t e r . Jou uitgeteerde heks, maak klaar jou vloek! m a r g a r e t . Voor jy genoem is? Wag eers, hond, en hoor my aan. As die hemel erger rampe het as dié Wat ek oor jou vervloekte hoof kan wens, Laat hul dan goed bewaar word tot jou sondes ryp En dan op jou hul wrok en woede stort, Jy wat die arme aarde se vrede kom versteur! Mag die wurm van gewete voortknaag aan jou siel! Verdink jou vriende van verraad terwyl jy leef, Kies diep verraaiers vir jou binnekring! En mag geen slaap jou gruwelike oog verseël Tensy dit teisterende drome meebring nie Om jou met ’n hel vol duiwels te verskrik! Jou gees-besweerde, wangebore, wroeterige dier, Jy wat by jou geboorte voorbestem is Tot slaaf van die natuur, kind van die hel, Vervloeking van die swaar skoot van jou ma, Gehate werpsel uit die lende van jou pa, Misbakte eer, gewraakte g l o u c e s t e r . Margaret! margaret. Richard! GLOUCESTER. H ë? m a r g a r e t . Ek praat nie met jou nie. g l o u c e s t e r . Verskoon my dan. Ek het gedink Jy’t my so pas met bose woorde uitgeskel. m a r g a r e t . Ek het; maar antwoord het ek nie verwag. 25
Laat my nou klaarmaak met my vloek! Ek hét dit afgesluit, met - ,Margaret’. e l i z a b e t h . So’t jy jou vloek nou teen jouself gerig. m a r g a r e t . Jy, Kammakoningin, vergeefse ydeltuit Wat pronk met al wat myne is! Waarom nog suiker strooi oor daardie spinnekop Wat sy dodelike web al om jou span ? Dwaas, dwaas! Jy slyp ’n mes daar vir jou eie keel. Die dag sal kom dat jy na my sal soek Om jou dié giftige boggelpadda te help vloek. h a s t i n g s . Vrou van verdoemenis, hou op met skel, Voor ons geduld te ver getreiter word. m a r g a r e t . Skaam julle almal! want mý geduld ís op. r i v e r s . Wat u verdien, is om ’n les geleer te word. m a r g a r e t . Wat ek verdien, is julle diensbaarheid: Leer my oor julle heers, en leer self dien, Gee my wat ek verdien, leer eers dié les! d o r s e t . Moet haar nie teëgaan nie: sy’s stapelgek. m a r g a r e t . Bly stil, Markies! want jy is domastrant; Jou nuutgevonde titel sit nie baie diep. O, as jou vars jong adelbloed kon weet Hoe swaar mens dit verloor en hoe jy ly! Wie hoog uitgroei, moet baie wind weerstaan, En as hul val, dan stort hul stukkend neer. g l o u c e s t e r . Dis goeie raad, Markies: luister gerus. d o r s e t . My heer, dit raak jou net so diep soos my. g l o u c e s t e r . Nog meer; maar my geboorte was so hoog, Ons nes sit heel bo in die sedertop En terg die wind, kyk tartend na die son. m a r g a r e t . Maak skadu van die son; ag, wee my, wee! Kyk hoe my seun nou in die dood se skadu lê, Sy skitterende strale deur jou wolk van wrok Verduister in ’n swart wat ewig duur. Jou hoë nes die nestel op óns krans. O God wat alles sien, moet dit nie duld: Deur bloed is dit verkry: laat dit deur bloed vergaan! b u c k i n g h a m . A s u nie stil kan bly om liefdes wil, Dan om die skande wat u op u haal. m a r g a r e t . Praat nie van liefde of van skande nie. Want sonder liefde het jul teen my opgetree En skandelik het jul al my hoop geslag. My liefde is onreg, die lewe self my skande; En in die skande bly my smartdrif smeul. gloucester.
HoU Op, llO U op ! O prinslike Buckingham, jou hande sal ek soen As teken van ’n vriendskap, bondgenootskap. Mag daar geluk rus op jou huis en jo u ! Jou kleed is nie besoedel met ons bloed En jy is nie betrokke in my vloek. b u c k i n g h a m . Die ander hier ook nie; geen vloek Verlaat die lippe van die vloeker nie. m a r g a r e t . Ek glo hul vaar die hemel in En wek God uit Sy vreedsaam slaap. O Buckingham! Pas op vir daardie hond Hy byt wanneer hy flikflooi; en as hy byt, Dan bly sy gif jou folter tot jy sterf; Moet niks met hom te doene hê, pas op! Die sonde, dood en hel se stempels sit op hom En al hul onderdane staan hom by. g l o u c e s t e r . Wat sê sy daar, Lord Buckingham? b u c k i n g h a m . Niks waaraan ek my steur, my heer. m a r g a r e t . Minag jy my nou oor my sagte raad En paai die duiwel wat ek aan jou wys ? Dit sal jou nog ’n later dag berou As hy jou binne hart met lyding splyt: Dan sal jy arme Margaret onthou! Bly nou maar almal knegte van sy haat En hy van jul, en almal saam van God! Af. b u c k i n g h a m . A1die vervloeking laat my hare rys. r i v e r s . Ek is verstom dat sy nog vry rondloop. g l o u c e s t e r . Ek kan haar nie verwyt nie: by die moeder Gods, Sy’t al te veel verduur; en ek is spyt Oor wat ek self aan haar berokken het. e l i z a b e t h . Ek weet van niks wat ek haar aangedoen het nie. g l o u c e s t e r . Tog trek jy al die voordcel uit haar ramp. Ek was te gretig om jou man te help, En hy teësinnig om dit te onthou. Wat Clarence betref: hy het sy loon gekry; Hy word nou vet gevoer vir al sy sorge; Mag God hul dit vergeef wat dit veroorsaak het. r i v e r s . ’n Goeie en Christelike gevolgtrekking Dat ons moet bid vir wie ons leed aandoen! g l o u c e s t e r . Dit doen ek altyd. ( Tersyde) Omdat ek beter weet Want het ek nou gevloek, dan het dit mý getref. Catesby op.
BUCKINGHAM.
maroaret.
27
Koningin, Sy Majesteit het u ontbied, Ook u, Lord Gloucester, en my here, u. e l i z a b e t h . Ek kom, Catesby. Kom julle met my saam? r i v e r s . Ons sal U Hoogheid vergesel. Almal behalwe Gloucester af. g l o u c e s t e r . Ek pleeg die kwaad, en klae daar eerste oor. Vir die verborge onheil wat ek loods, Laat ek die skuld op ander val. Clarence, wat ek in die duisternis laat inwerp het, Beween ek voor die swaperige spul: Voor Derby, Hastings, Buckingham; Oortuig hul dis die Koningin en haar gebroed Wat die Koning oprui teen my Hertog-broer. Nou glo hui dit, en spoor my aan Om my te wreek op Rivers, Dorset, Grey; Maar ek ? Ek sug, prewel 5n teks of twee, En sê: God wil dat ons die kwaad met goed vergeld. En so bedek ek dan my naak boosaardigheid Met flenters uit die Bybel uitgesteel En doen my heilig voor as ek demonies is. Twee Moordenaars binne. Maar wag, hier kom my beuls nou aan. My vasberade vriende, gaan dit goed ? Is jul op pad om daarmee klaar te speel? m o o r d e n a a r i. Ons is, my heer, en kom die lasbrief vra Dat ons mag toegang kry tot waar hy is. g l o u c e s t e r . Mooi so; ek het dit hier by my. Oorhandig die lasbrief. As dit gedoen is, gaan na Crosby Place. Maar kyk, maak seker dat jul vinnig werk: Verhard jul bowenal, gee hom geen kans vir pleit: Want Clarence het ’n gladde tong, en dalk Oorreed hy jul, as julle na hom luister. m o o r d e n a a r i. Nee, nee, my heer, ons sal nie staan en klets; Praters kry niks gedaan. Wees dus gerus: Ons gaan ons hande, nie ons tonge nie, gebruik. g l o u c e s t e r . As ander oë traan, is julle klip. Ek hou van jul. Gaan handel dit nou af; Maak gou, skud op. moordenaar i. Ons sal, my edel heer. Af-
catesby.
28
T O N E E L IV Die Toring in Londen Clarence en 'n Wag kom binne wag.
Hoe lyk U Edele so bedruk vandag? Ek het ’n nare nag gehad, vol skrik, Vol nagmerries, vol aaklige gesigte, So erg dat ek as ’n gelowige Nie nóg ’n nag soos dié wil deurmaak nie A1sou ek vir die wêreld só geluk verwerf Só vol verskrikking was dit deurentyd. w a g . Wat het u dan gedroom, my heer? Vertel. c l a r e n c e . Ek het gedroom ek kom die Toring uit En ek gaan skeep om na Boergondië te vlug; By my was Gloucester, hy, my broer, Wat my genooi het om uit die kajuit Op dek te gaan. Na Engeland het ons teruggestaar En al die duisend rampe opgenoem Tydens die stryd van York en Lancaster Wat ons beleef het. En terwyl ons stap Oor al die losserige planke van die dek, Dag ek dat Gloucester struikel en gaan val; Toe ek hom gryp, stamp hy my oor die rand, Diep in die tuimelende golwe van die see. My God, die angs om so te moet verdrink, Met al die water wat daar in my ore druis, Die beelde van die dood wat voor my dans! Ek dag ek sien ’n duisend wrakke sink, ’n Duisend manne waar die vis aan knaag, Wie van goud, groot ankers, stapels pêrels, Onskatbare stene, juwele onberekenbaar, Oor die bodem van die see gesaai; Party in skedels van gestorwenes, Tot in die gate waar daar oë was, Waar hul oogagtig skitter, hoon en tart, Die slymerige dieptes liefderyk streel En die verstrooide beendere bespot. w a g . Het u nog in die doodsuur tyd gehad Om al dié diep geheime te betrag ? c l a r e n c e . Dit het so voorgekom; ek het probeer Om dood te gaan, maar die jaloerse vloed Het my gekeer, wou nie my siel laat gaan clarence.
29
Om in die wye, leë lug te dwaal, En het dit in my hygend lyf versmoor Tot ek dit barstend in die see wou kots. w a g . Het ai die angs u nie laat wakker word? g l a r e n c e . Nee, ánderkant die dood is steeds my droom verleng. Toe het die storm in my siel ontstaan! Dit was of ek die somber stroom oorsteek Met daardie norse stuurman oor wie digters skryf, Tot in die ryk van Sonder-ophou-nag. Heel eerste is my doiende siel begroet Deur my groot skoonvader, beroemde Warwick. Hy’t uitgeroep: ,Hoe kan dié donker ryk Vals Clarence vir sy meineed straf?’ Toe’t hy verdwyn. Daarna kom daar ’n Skadu soos ’n engel aan : hy’s blink van haar, Bespat met bloed, en luidkeels roep hy uit: ,Clarence is hier - die valse skuwer, die verraaier Wat my op die veld by Tewksbury vermoor het. Gryp hom, Furieë, en gaan folter hom!’ Daarop was dit of ’n skare donker duiwels My kom omsingel en in my ore skreeu So aaklig dat die groot geraas My bewend wakker maak; en lank daarna Het ek bly glo ek lê nog in die hel, Só hewig was die droom in my gemoed. w a g . Geen wonder dat dit u laat skrik het nie. Dit maak my bang om selfs daarvan te hoor. c l a r e n c e . O Wag, Soldaat, dit als het ek gedoen Wat nou so bitter teen my siel getuig, Om Edward se ontwil: kyk hoe vergeld hy my! Ag God, as al my diep gebede niks verrig En U my sondes onversaag wil wreek, Laat dan U toorn net op mý neerkom: Ontsien my kinders, my onskuldige vrou! Soldaat, kom sit ’n rukkie hier by my. My siel is swaar; ek sou so graag wou slaap. w a g . Ek sal, my heer. Mag God u nou laat rus. Clarence raak aan die slaap. Brakenbury, die opsigter, kom binne. b r a k e n b u r y . Die smart verstoor seisoene en die tyd van rus, Verander nag in móre, middag in die nag. ’n Titel is ál roem wat prinse het, ’n Uiterlike eer vir innerlike swoeg; 30
Vir al die verbeelde dinge wat hul nooit ervaar, Is daar ’n wêreld vol van kommer wat hul ken; En ál verskil tussen hul titels en ’n lae naam Is net die bietjie eer van buite wat hul het. Die twee Moordenaars kom binne. m o o r d e n a a r i. Wie’s daar? b r a k e n b u r y . Wat soek jy hier, vent, hoe kom jy hier? m o o r d e n a a r i. Ek wil met Clarence praat, en ek het met my twee bene hiernatoe gestap. b r a k e n b u r y . Dis kort en klaar. m o o r d e n a a r ii. Liewer kort wees as omslagtig. Gee hom ons lasbrief en hou op met praat. Brakenbury lees dit. b r a k e n b u r y . Ek word deur hierdie brief gelas Om Clarence in jul hande oor te gee. Ek sal nie vra wat dit beduie nie: Ek wil geen skuld hê aan wat mag gebeur. Daar lê die Hertog nou en slaap; en daar’s die sleutels. Ek gaan nou na die Koning toe om hom te sê Dat ek my taak aan julle oorgedra het. m o o r d e n a a r i. Doen dit gerus. Dis wys. Tot siens. Brakenbury en die Wag gaan af. m o o r d e n a a r ii. Sal ek hom doodsteek terwyl hy lê en slaap? m o o r d e n a a r i. Nee,dansêhyditwaslafhartigashy wakkerword. m o o r d e n a a r ii. Hy sal nie weer hier opstaan voor die Oordeelsdag nie, man. m o o r d e n a a r i. Dan sal hy wag tot dán, en gaan vertel ons het hom in sy slaap vermoor. m o o r d e n a a r i i. Dié woord Oordeelsdag laat iets in my gewete roer. m o o r d e n a a r i. Is jy miskien bang? m o o r d e n a a r ii. Nie om hom dood te maak nie, ons het mos ’n lasbrief; maar om verdoem te word oor die moord - want dáárteen kan g’n lasbrief my beskerm nie. m o o r d e n a a r i. Ek dag jy was so vasberade! m o o r d e n a a r ii. Ja - om hom te laat lewe. m o o r d e n a a r i. Ek sal vir die Hertog van Gloucester loop sê hoe jy oor die saak voel. m o o r d e n a a r ii. Nee wag, wag eers ’n bietjie. Dalk gaan dié onrustige luim verby. Gewoonlik bly dit net tot mens twintig getel het. m o o r d e n a a r i. Hoe voel jy nou? m o o r d e n a a r ii. Nog so ’n bietjie moer in my gewete. 3i
Ek kan maar net my skadu in die son begluur En my wanstaltigheid berou. Eerste Bedryf • Toneel 1
r
Noudatjou skoonheid egter voor my staan, Soebat my trotse hart, stamel my tong. Eerste Bedryf • Toneel 2
i. Dink aan die beloning as dit verby is. ii. Nee goed, dan dood hy; ek het skoon vergeet van daai beloning. m o o r d e n a a r i. Waar’s jou gewete nou? m o o r d e n a a r ii. In die Hertog van Gloucester se beursie. m o o r d e n a a r i. Nes hy dit oopmaak om ons te betaal, dan vlie jou gewete weer daar uit. m o o r d e n a a r ii. Maak nie saak nie; laat hom vJie. Daar’s niemand wat hóm sal herberg gee nie. m o o r d e n a a r i. Sê nou hy kom terug na jou toe? m o o r d e n a a r i i . Ek sal nie met hom lol nie - dis ’n ding wat ’n man 5n lafaard maak daai: jy kan nie steel sonder dat hy jou beskuldig nie; jy kan nie ’n slag vloek sonder dat hy jou keer nie; jy kan nie by jou buurvrou loop lê sonder dat hy dit gewaar nie. Dis ’n blosende, sku ding wat hier in ’n man se bors sit en skuil, sê ek jou; hy maak die pad vol duwweltjies - een keer het hy my ’n beurs vol goud laat teruggee wat ek opgetel het. Hy maak ’n bedelaar van enige man wat hom behou. Uit al wat dorp en stad is, word hy uitgeja omdat hy so gevaarlik is; en elke man wat van plan is om behoorlik in die lewe te vorder, probeer liewer op homself staatmaak en sonder sy gewete klaarkom. m o o r d e n a a r i. Goeiste, hier sit hy nou vlak teen my elmboog en probeer my ompraat om nie die Hertog dood te maak nie. m o o r d e n a a r i i . Maak jou hart vir die duiwel oop en moenie na hóm luister nie; hy probeer jou net fiikflooi om jou aan die sug te kry. m o o r d e n a a r i . E k i s sterk. By mý sal hy niks uitrig nie. m o o r d e n a a r ii. So praat ’n fris man wat sy reputasie respekteer. Nou toe, gaan ons aan die werk spring ? m o o r d e n a a r i. Slaat jy hommet jou swaard oor die kop, dan loop gooi jy hom in die wynkuip hier langsaan. m o o r d e n a a r i i. Goeie plan! Ons maak moes van hom! m o o r d e n a a r i. Wag! Hy’s aan die wakker word. m o o r d e n a a r i i. Slaan hom! m o o r d e n a a r i. Nee, kom ons praat eers met hom. c l a r e n c e . Waar’s jy, Soldaat? Gee my ’n beker wyn. m o o r d e n a a r i i . Van wyn sal jy weldra genoeg hê, heer. c l a r e n c e . Wie’s jy, in hemelsnaam? m o o r d e n a a r i. ’n Man, nes jy. c l a r e n c e . Maar jy’s nie koninklik. m o o r d e n a a r ii. Jy ’s net komieklik. Ons is lojaal. c l a r e n c e . Jou stem is donderweer, jou voorkoms maar gering. m o o r d e n a a r i. My stem is die Koning s’n; ek lyk soos ek. moordenaar
moordenaar
32
Hoe donker en hoe dodelik praat jy! Jul oë bedreig my. Jul’s bleek. Waarom? Wie’t jul gestuur? Waarom is julle hier? a l b e i . Om, om, om c l a r e n c e . Om my te kom vermoor? a l b e i . Ja, ja. c l a r e n c e . Jul harte is te flou om dit te sê; Dus moet jul harte sku wees vir die daad. Hoe het ek jul te na gekom, my vriende ? m o o r d e n a a r i. Nie ons nie, maar die Koning is gekwets. c l a r e n c e . Met hom sal ek my weer versoen. m o o r d e n a a r i i . Nee nooit, my heer. Maak reg om nou te sterf. c l a r e n c e . Kom julle uit 5n mensewêreld uit Om onskuldiges te vermoor ? Wat het ek dan misdryf? Waar’s die getuienis om my aan te klae ? Watter wettige gereg het 5n bevinding uitgebring Voor ’n fronsende regter; wie’t arme Glarence Met die vonnis van die dood getref ? Voor die gereg sy gang met my gegaan het, Is dit onwettig om my met die dood te dreig. Jul wil tog ook eendag genade vind Deur die bloed van Christus vir ons uitgestort, Dus vra ek jul: Gaan weg, raak my nie aan. Die daad wat jul wil pleeg, sal jul verdoem. m o o r d e n a a r i. Wat ons wil doen, dit doen ons op bevel. m o o r d e n a a r i i . En dis die Koning self wat dit beveel. c l a r e n c e . O vals vassale! die Vors van alle Vorste Het op die tafels van Sy wet beveel Jy mag nie doodslaan nie. Wil jul dan nou Sy wet minag en luister na ’n mens? Pas op: Hy hou die wraak nog in Sy hand En werp dit neer op wie Sy wet oortree. m o o r d e n a a r ii. Dieselfde wraak werp hy op jou Oor jou verraad, oor moord daarby: Jy’t by die Mis gesweer dat jy gaan veg Om die Huis van Lancaster te steun. m o o r d e n a a r i. En as verraaier in die oog van God Jou eed verbreek; en met jou valse swaard Jou eie vors se seun se buik gekloof. m o o r d e n a a r i i. Die vors aan wie jy trou en hulp gesweer het. m o o r d e n a a r i. Hoe kan jy God se groot gerig teen óns beveel As jy dit self so skandelik oortree het ? c l a r e n c e . Vir wie het ek tog daardie daad gepleeg? clarence.
33
Vir Edward, vir my broer, om sy ontwil. Hy stuur jul nie dat jul my dáároor dood, Want in dié sonde sit hy net so diep soos ek. As God gewreek wil word oor daardie daad, Weet dan: Hy sal dit openlik verrig. Neem nie die wraak weg uit Sy grote hand, Want Hy behoef geen valse omweg nie Om dié te slag wat teen Hom opgestaan het. m o o r d e n a a r i. Wie’t jóú dan aangespoor tot bloed en moord Toe jy die dapper jong Plantagenet, Die vars jong prins daar met jou swaard deursteek het? g l a r e n c e . My broer se liefde, en die duiwel, en my drif. m o o r d e n a a r i. Jou broer se liefde, en jou misdaad, en ons plig Spoor ons nou aan om jou weer te vermoor. c: a r e n g e . As jul my broer bemin, moet mý nie haat: Ek is sy broer, ek het hom lief. As jul vir geld gekom het, gaan dan trug, Na Gloucester, na my broer sal ek jul stuur, Hy sal jul meer betaal as ek bly leef As Edward vir die tyding van my dood. m o o r d e n a a r ii. Jy’t jou misgis: Gloucester, jou broer, haat jou. c l a r e n c e . O nee, hy het my lief en is begaan oor my. Gaan namens my na hom. m o o r d e n a a r i. Dit sal ons doen. c l a r e n c e . Sê hom dat toe ons prinsevader York Sy drie seuns met sy arm van triomf geseën En ons van harte tot liefde aangespoor het, Toe het hy so ’n verdeelde vriendskap nooit verwag. Laat Gloucester dit onthou - dan sal hy ween. m o o r d e n a a r i. Ja, klippe sal hy huil; dít was sy woord. c l a r e n c e . Beswadder hom nie, want hy’t ’n goeie hart. m o o r d e n a a r i. Soos sneeu met oestyd. Kom, jy is mislei: Dis hý wat jou deur ons vermoor wil hê. c l a r e n c e . Dit kan nie wees nie; hy’t my lot beween En my omhels, al snikkende gesweer Dat hy sou werk maak om my vry te stel. m o o r d e n a a r i. Hy doen dit mos as hy jou nou bevry Uit die aardse dwingeland die hemel in. m o o r d e n a a r ii. Bid nou en maak jou vrede; jy moet sterf. c l a r e n c e . Is daar iets heiligs in jul siele dan Dat jul my aanraai om te bid Terwyl jul vir julself so diep verblind is Dat jul teen God sal stry om my te moor? 34
Dink tog eers ná: wie julle nóú aanhits Tot hierdie daad, sal julle hieroor haat. m o o r d e n a a r ii. Wat moet ons doen? c l a r e n c e . Toon net berou en red jou siel. m o o r d e n a a r i. Berou toon? Dis papbroekig, vroulik, week. c l a r e n c e . Verhard is dierlik, duiwelagtig, boos. As een van jul ’n prins se seun moes wees En hier soos ek in die gevangnis sit, En moordenaars soos julle kom hier in: Sou hy nie soebat vir sy lewe nie ? My vriend, ek sien dat jy my jammer kry; Tensy jou oë my geheel en al bedrieg, Kom staan by my, tree vir my in Soos jy sou smeek as jy in mý plek was. Selfs bedelaars moet ’n bedelprins bejammer? m o o r d e n a a r i i . Kyk daar agter jou, my heer. m o o r d e n a a r i (steek horrí). Vat so, en so. En as j y nog wil h ê Sal ek jou in die wynkuip gaan versuip. Uit met die lyk. m o o r d e n a a r ii. ’n Daad vol bloed, en inderhaas gepleeg. Soos ou Pilatus sou ek graag my hande was Van hierdie gruwelike moord. Moordenaar I weer op. m o o r d e n a a r i. Nou toe, vir wat kom help jy my dan nie? Van hierdie teësin sal die Hertog hoor! m o o r d e n a a r i i . Ek wens dat hy kon hoor ek het sy broer gered! Gaan vat jy maar die geld; en sê hom wat ek sê, Want ek het nou berou oor hierdie daad. 4 f. m o o r d e n a a r i. Nie ek nie. Loop m aar, lafaard w at jy is. Ek gaan die lyk diep in ’n gat versteek Totdat die Hertog ’n begrafnis reël; As ek my geld het, gee ek pad; dis reg: En as die storie uitlek, is ek weg.
35
T W E E D E BED RY F TONEEL I Die Paleis in Londen Trompetgeskal. Op die verhoog: Koning Edward (siek), Koningin Elizabeth, Dorset, Rivers, Hastings, Buckingham, Grey en ander.
So ja. ’n Goeie dag se werk is klaar. Bly voortaan so verenig soos vandag. Daar sal nou enige dag ’n oproep tot my kom Van my Verlosser om my hieruit te verlos; Met groter vrede sal my siel vertrek Omdat my vriende hier nou vrede ken. Hastings en Rivers, gee mekaar die hand, Vergeet jul wrok, bejeën mekaar met liefde. r i v e r s . My siel is nou gelouter van sy haat En met my hand sal ek my hart se trou verseël. h a s t i n g s . Dan gaan dit goed, want ek sweer insgelyks. e d w a r d . Onthou, jul mag nie voor jul Koning veins, Want Hy, die Koning wat oor Konings heers, Sien die verborge valsheid, en Hy sal Die een gewis die ander laat verdelg. h a s t i n g s . Mag ek geseënd dan wees, want ek sweer trou aan hom! r i v e r s . En ek, want ek het Hastings lief! e d w a r d . My vrou, jy self is hierby ingesluit, En jy, seun Dorset; Buckingham, ook jy : Jul het tot dusver teen mekaar geknoei. Maak vrede met Lord Hastings, vrou; gee hom Jou hand dat hy dit ongeveins kan soen. e l i z a b e t h . Hier, Hastings. Nou sal ek van ons haat vergeet; Mag ek en my gesin daarom floreer. e d w a r d . Omhels hom, Dorset; sluit vrede met die Markies, Hastings. d o r s e t . Ek sweer dat hierdie blyke van ons trou Nooit weer deur my geskend sal word. h a s t i n g s . Ook nie deur my. {Hulle omhels mekaar.) e d w a r d . Verseël nou hierdie eenheid, Buckingham, edward.
36
En orhhels die bondgenote van my vrou: Dan sal ek oor jul vriendskap my verheug. b u c k i n g h a m (aan Koningin). As ek ooit weer my haat teen u sou rig Terwyl dit in my plig lê om u lief te hê, Mag God my dan vergeld met haat van dié Van wie ek met die grootste rede trou verwag! As ek ’n vriend sou dringend nodig hê En wis en seker van sy vriendskap is, Mag hy dan vals, verraderlik, en diep ontrou Teenoor my wees! God gee dat dit gebeur As ooit my liefde afkoel teenoor u. (Hulle omhels mekaar.) e d w a r d . Jou eed, Prins Buckingham, is soos ’n kruid Wat hierdie kranke hart van my verkwik. A1wat ontbreek is nou my Gloucester-broer Om hierdie bondgenootskap te verseël. b u c k i n g h a m . Kyk hoe gepas Hier kom die Hertog met Sir Richard Ratcliff aan. Gloucester en Ratcliff op. g l o u c e s t e r . Ek groet U Majesteit en Koningin En wens u edelliede goeiendag! e d w a r d . Goed, inderdaad, was dit tot nou gewees. Gloucester, ’n liefdestaak het ons verrig, Vriende van vyande gemaak, liefde van haat, Onder dié opgestookte edellui. g l o u c e s t e r . Geseënde werk, U hoë Majesteit. As iemand van dié prinse bymekaar Deur valse tyding of ’n skewe beeld My as sy vyand sou beskou As ek onwetend of dalk selfs in drif Iets mog verrig het wat kon kwetsend wees Vir enigiemand hier, dan wil ek nou In vriendskap met hom vrede sluit: Want vyandskap is soos die dood vir my, Ek soek die liefde van elk goeie mens. Ten eerste, Koningin, wil ek graag vrede sluit, U vriendskap met my plig van diens vergoed; Met jou, my edel jong neef Buckingham, As daar ooit griewe tussen ons verborge was; Met jou, en jou, Lord Rivers, en met Dorset, Met almal wat my sonder rede haat; Met jou, Lord Woodville; en Lord Scales, met jou; Met grawe, hertoë, here, almal hier. Ek ken geen lewende mens in Engeland 37
Met wie my siel ’n raps meer haaks is nie As dié van ’n pasgebore kind vandag. God dank ek vir dié nederigheid van my. e l i z a b e t h . Voortaan sal dié dag altyd heilig wees God gee dat al die struweling verby is. My Koning, heer, ek smeek U Hoogheid nou Om ook my broer, om Glarence te vergeef. g l o u g e s t e r . Het ek u hiervoor vriendskap aangebied Dat u my in dié hoë kring moet tart ? Wie weet nie dat die Hertog dood is nie ? Almal skrik. U doen hom onreg om sy lyk te hoon. e d w a r d . Wie weet nie dat hy dood is nie! Wie weet hy is? e l i z a b e t h . Alsiende hemel, wat ’n wêreld is dit dié? b u g k i n g h a m . Is ek so bleek, Lord Dorset, soos die ander hier DORSET.Jyis, my heer; geen enkel mens is hier Van wie die bloed nie uit sy wange weg is nie. e d w a r d . Is Clarence dood? Daar was ’n teëbevel. g l o u c e s t e r . Maar arme hy is deur u eerste opdrag dood, Gedra deur ’n Merkurius met vleuels; ’n Trae hinker het die teëbevel gedra En opgedaag ná hy begrawe is. God gee dat ander, minder edel en lojaal, In bloedige gedagtes nader, nie in bloed, Geen erger lot verdien as arme Clarence nie En tog gevrywaar bly teen agterdog! Derby binne. d e r b y . ’n Guns, U Majesteit, vir al wat ek verrig het! e d w a r d . Wag eers, wag eers; my siel is swaar van smart. d e r b y . Ek sal nie opstaan voor u luister nie. e d w a r d . Sê dan maar dadelik wat jy wil versoek. d e r b y . Gun my die lewe van my troue slaaf: Hy het ’n oproermaker doodgemaak Wat onlangs dienaar van die Graaf van Norfolk was. e d w a r d . Kan hierdie tong my broer se dood vervloek En dan 5n slaaf se lewe spaar ? My broer het niemand doodgemaak - sy fout Was bloot gedagtes; maar sy straf die dood. Wie’t vir sý lewe hier voor my kom pleit? Voor my kom kniel om my my drif te laat versag? Wie’t toe van broers gepraat? Van liefde, wie? Wie’t kom vertel hoe daardie arme siel Warwick versaak het om vir my te veg ?
Wie’t my kom sê: Toe Oxford my by Tewksbury Wou neervel, was dit Clarence wat my red, Wat sê: ,Leef, broer, want jy moet koning word’ ? Wie’t gesê: Toe ons daar in die veld lê, Amper verkluim, het hy my in sy klere Toegevou, sodat hy dun en nakend Ontbloot was aan die koue van die nag? Dit alles het my blinde drif kom pluk Uit my geheue, en nie een van jul Was mans genoeg om my dit in te prent nie. Maar wanneer een van julle drywers, knegte, In dronkroes moord pleeg en die kosbaar bloed Van ons Verlosser met 5n skanddaad skend, Dan val jul op jul knieë om te smeek, te smeek; En ek, ook onregverdig, moet dit gun. Derby staan op. Maar vir my broer het niemand ingetree; Ek self, genadeloos, het niks gesê Oor hom, sy arme siel. Die trotsste onder jul Het in sy lewe in sy skuld gestaan; Tog het nie een vir hom kom voorspraak doen. O God! Ek vrees U reg gaan hiervoor vát Aan my, en jul, en myne en aan julle s’n! Kom, Hastings, help my na my kamer. Ag, arme Clarence! Sommige saam met die Koning en Koningin af. g l o u c e s t e r . Dit is die vrug van onnadenkendheid. Het jul gesien: sy vrou se skuldige troep Word bleek toe hulle hoor dat Clarence dood is ? Húl het die Koning daartoe aangespoor! God sal dit wreek. Kom julle here saam Om Edward met ons vriendskap te vertroos ? b u c k i n g h a m . Ons wag op u: gaan voor. Almal af.
T O N E E L II Die Paleis in Londen Die ou Hertogin van Tork kom binne, saam met Clarence se Seuntjie en Dogtertjie.
39
seun.
Sê ons tog, Ouma, is ons vader dood? Nee, my kind. d o g t e r . Waarom huil Ouma dan, slaan op jou bors En roep: ,0 Clarence, ongelukkige seun van my!’? s e u n . Waarom kyk jy na ons en skud jou kop, En noem ons wesies, verstotelinge, arme goed, As ons edel vader dan nie dood is nie ? h e r t o g i n . My fraai klein kinders, jul verstaan verkeerd: Want ek beween die siekte van die Koning, Ek treur oor hy moet gaan; nie oor jul pa: Vergeefs treur mens oor wie verlore is. s e u n . Dan lei ek, Ouma, daarvan af: hy’s dood. My oom, die Koning, het hom doodgemaak. God saJ dit wreek. Ek sal Hom ernstig bid Dat hy dit doen. d o g t e r . Ek sal ook bid. h e r t o g i n . Stil, kiriders, stil! Die Koning het jul lief. Onskuldige wiggies wat onwetend is, Jul kan nooit raai wie hom laat sterf het nie. s e u n . Ons kan, Ouma: my goeie oom Gloucester Het my gesê die Koning gaan hom opsluit Hy’s deur die Koningin daartoe aangespoor. En toe my oom dit sê, het hy gehuil, En my bejammer, en my wang gesoen, Gesê ek kan hom soos ’n pa vertrou, Hy sal my liefhê soos ’n eie kind. h e r t o g i n . Ag, dat bedrog so vriendelik kan skuil, Sy euwel agter edel maskers berg! Hy is my seun; my skande daarom ook; Maar sy bedrog kry hy nie uit mý bors. s e u n . Dink Ouma dan my oom het voorgegee? h e r t o g i n . Ja, my seun. s e u n . Ek glo dit nie. Maar wag! Wat hoor ek daar? Koningin Elizabeth op, radeloos en met los hare, gevolg deur Rivers Dorset. e l i z a b e t h . Wie sal verhinder dat ek ween en klaag, Dat ek my lot vervloek en radeloos is ? Met donker wanhoop keer ek teen my siel En word ’n bitter vyand van myself. h e r t o g i n . Waarom dié buitensporige toneel? e l i z a b e t h . Om ’n bedryf van tragiese geweld te maak. Edward, my heer, u seun, ons vors, is dood. Hoe groei die takke as die wortel sterf? hertogin.
Verlep die blare dan nie as hul sap ontbeer? As u wil lewe, ween; wil sterf, praat gou, Sodat ons siel met vlugge vleuels die vors inhaal Of hom soos troue onderdane volg Na sy nuwe ryk, die eindelose nag. h e r t o g i n . Jou smart tref my net in die maat Waarin jou edel eggenoot my raak! Ek het ’n waardige man se dood beween En lewend op sy ewebeeld bly staar; Maar nou’s twee spieëls van sy trotse beeld Verpletter deur ’n euwele dood: My enigste troos is nou ’n valse spieël Wat al my skande in homself weerkaats En my bedroef wanneer ek na hom kyk. Jy’s weduwee, en tog is jy ’n moeder En kan vertroos word deur jou kinders; Maar die dood het eers my man van my geruk En toe twee krukke uit my hande weggeskeur Clarence en Edward. Hoe kan jy dan verwag Terwyl jou smart die helfte maar van myne is Dat ek jou moet oortref met klae en ween? s e u n . Tante, jy’t oor ons vader nie getreur! Hoe kan óns trane jou nou help ? d o g t e r . Ons vaderlose wanhoop het jy nie beklae, Nou bly jou wedusmarte onbeween! e l i z a b e t h . Moet my nie help met weeklaag nie, Ek kan vanself en vrugbaar smart voortbring. Laat alle fonteine in my oë stroom, Dat ek, die diensmaagd van die watermaan, Die wêreld met my trane kan verdrink! O vir my man, my edele, dierbare Edward! k i n d e r s . O vir ons pa, ons edele, dierbare Clarence! h e r t o g i n . Wee oor hul albei, myne, Edward en Clarence! e l i z a b e t h . Edward was my enigste stut: hy’s weg. k i n d e r s . Clarence was ons enigste stut: hy’s weg. h e r t o g i n . My enigste stutte, hul: en hul is weg. e l i z a b e t h . Geen weduwee is ooit so diep beroof. k i n d e r s . Geen wese is nog ooit so diep beroof. h e r t o g i n . Geen moeder is nog ooit so diep beroof. O wee, ek is die moeder van die smart! Hul ly in brokke, myne strek oor als. Sy ween daar oor 5n Edward, en ek ook: Ek ween oor Clarence, maar nie sy. 41
Dié kinders ween oor Glarence, en ek ook: Ek ween oor Edward, maar nie hulle nie. O wee, kom hier na my, jul drie, en stort Op my, drie maal verslae, jul trane uit. Laat ek jul smarte met my weeklaag troos. d o r s e t . Bedaar tog, liewe moeder. God is misnoegd Dat u ondankbaar oor Sy dade is. Ondankbaar heet dit in ’n aardse saak As mens teësinnig lenings terugbetaal Wat gul en vriendelik vir jou aangebied is; Nog meer as mens jou teen die hemel keer As dit, soos nou, die koninklike prys Wat net geleen was, van jou verg. r i v e r s . Wees nou ’n troue moeder: dink aan u seun, Dink aan die jong prins, laat hom dadelik kom; Laat hom gekroon word; in hom lê u troos. Verdrink vergeefse smart in die graf van die dooie Edward, Plant vreugde op die troon van die lewendige Edward. Gloucester, Buckingham, Derby, Hastings en Ratcliff op. g l o u c e s t e r . Suster, bedaar. Ons almal kan met reg Die uitdoof van ons helder ster beween; Maar teen verlies is trane nutteloos. My moeder, ek vra u om verskoning; Ek het u nie gewaar: nou, nederig op my knie, Vra ek u seën. h e r t o g i n . God seën jou, en mag Hy jou deemoed gee, En liefde, gehoorsaamheid, en pligsbesef! Gl o u c e s t e r . So sy d it! ( Tersy.) En laat my sterwe, vroom en oud: Dít is die steelkant van ’n ma se seën. Ek is verbaas dat sy dit uitgelaat het! b u c k i n g h a m . Bedrukte prinse, verskeurde edellui Wat hierdie klaaglas almal dra, Sterk nou mekaar met liefde oor en weer. Ons het dié vors se oes nou kwytgeraak. Nou pluk ons wel die vrugte van sy seun. Die vroeër wrok van jul bedroefde harte Wat onlangs nog verbind, vergader is, Moet nou bewaar, behoue, blywend bly. Ek stel dus voor dat met ’n klein gevolg Die jong prins dadelik van Ludlow kom Om hier in Londen as ons vors gekroon te word. r i v e r s . Waarom met net ’n klein gevolg, Lord Buckingham? b u c k i n g h a m . My heer, sodat ’n groter skare nie
42
Die pas geheelde wond van wrok laat skeur, Want dit sou juis gevaarlik wees vandag, Omdat die toestand vars is, onbeheers; Waar elke perd sy eie teuels beheer, Die roete mag bepaal soos hý verkies, Daar moet, dink ek, sowel die vrees vir kwaad As duidelike kwaad sélf nou vermy word. g l o u g e s t e r . Ek meen dat Edward met ons almal hier Vrede gesluit het: ék sal my daarby hou. r i v e r s . En so ook ek; en seker almal hier. Maar daar die vrede vars is, moet dit nie Gekwel word met versoeking van 5n breuk Wat deur ’n groot geleide aangehits mag word; Dus sê ek soos die edel Buckingham: Dit is gerade dat net enk’les gaan. h a s t i n g s . Ek sê ook so. g l o u g e s t e r . Laat dit dan so wees; kom, want dan moet ons Besluit wie nou na Ludlow hul moet haas. My moeder en my suster: sal u gaan Om u goedkeuring aan die saak te gee ? Almal behalwe Buckingham en Gloucester af. b u c k i n g h a m . My heer, wie ook al na die Prins toe gaan, Óns twee, in hemelsnaam, moet hier nie bly; Want onderweg sal ek geleentheid soek, As eerste stap in die saak wat ons bespreek het, Om die Koningin se trotse bloedverwante So stil as moontlik van die Prins te skei. g l o u g e s t e r . My alter ego, raadsman, bondgenoot, My orakel, my profeet, my liewe neef, Ek sal jou raad volg soos 5n kind. Ons gaan dus Ludlow toe; hier bly ons nie. Af.
TONEEL III 5n Straat in Londen Twee burgers aan weerskante binne. burger
i. Dag, buurman. Waarheen dan so haastig heen?
burger ii.
43
Glo my, ek kan dit skaars self sê.
Het jy die nuus gehoor ? burger burger
i. Dat die Koning dood is, ja. i i. Dis sleg. Dit gaan van kwaad na erger,
En ek vrees die wêreld raak nou duiselig. Nog 'n Burger op. burger iii. b u r g e r i.
Ek groet jul, bure.
Dag, my vriend. Is die goeie Koning Edward regtig dood? b u r g e r i i . Die nuus is maar te waar. Mag God ons help. b u r g e r i i i . Nou lê daar onrus in die wêreld voor. b u r g e r i. Nee, nee; sy seun gaan heers, by die genade Gods. b u r g e r i i i . Wee, wee die land waaroor ’n kind regeer. b u r g e r i i . In hom rus daar die hoop van ferm bewind: 5n Raad sal wyl hy minderjarig is, Regeer; daarna, in ryper jare, hý; Tot dan, én dan, behoort dit goed te gaan. b u r g e r i. So was dit ook toe Henry Ses, ’n kind Van nege maande, gekroon is in Parys. b u r g e r i i i . Was dit toe so? Nee, nee, my goeie vriende: Want toe’t die land tog ryklik gefloreer Deur oordeelkundige bewind; die Vors Is toe deur ooms vol deug beskerm. b u r g e r i. Aan vaders- en moederskant het die huidige Vors ook ooms. b u r g e r i i i . Was hul maar almal aan sy vaderskant, Óf niemand - dit sou beter wees. Nou sal die stryd oor wie die naaste is, Ons almal tref, tensy God dit verhoed. O vol gevaar is die Hertog van Gloucester! En die Koningin se seuns en broers is trots; As hul regeer moet wórd, nie self regeer, Kan dié bekwaalde land soos vroeër troos verwag. b u r g e r i. Kom, kom. Ons vrees die ergste. Dit sal tog nie gebeur. b u r g e r i i i . As wolke opsteek, trek die wyses mantels aan; En as groot blare val, dan lê die winter voor; As die son wegsak, verwag ons almal nag. Ontydige storms berei ons voor op skaarste. Dalk gaan dit goed; maar as God dit só beskik, Is dit meer as ons verdien of ek verwag. b u r g e r ii. Voorwaar, die volk se harte sit vol vrees. Dis moelik om nog enigeen te vind Wat nie versomber lyk nie, en vol angs. b u r g e r i i i . Só gaan dit altyd voor verandering;
burger iii.
44
Wantrouig maak ’n goddelike instink mens Teen komende gevaar; soos water swel As seker teken voor ’n storm kom. Maar laat dit oor aan God. Waar gaan ons heen ? b u r g e r ii. Die regters het ons opgeroep. b u r g e r i i i . En ook vir my. Ek sal jul vergesel. Af.
T O N E E L IV Die Paleis in Londen Die Aartsbiskop van Tork binne, vergesel van die jong Hertog van Tork, Koningin Elizabeth en die Hertogin van Tork.
Laasnag, hoor ek, het hul by Stratford oorgebly, Vanaand gaan hulle in Northampton tuis, En móre, oormóre is hulle hier. h e r t o g i n . Met my hele hart verlang ek na die Prins. Ek hoop hy’t groot geword sedert ons laaste sien. e l i z a b e t h . Ek hoor van nee; hul sê dat York, my seun, Plom amper al verbygegroei het. y o r k . So is dit, moeder; maar ek sou dit anders wou. h e r t o g i n . Maar my liewe neef, groei is tog goed. y o r k . Ouma, toe ons een aand sit en eet, Het Rivers, my oom, ook oor my groei gepraat, Dat ek my broer verbyskiet; toe sê my Gloucester-oom: ,Onkruid skiet vinnig op, ’n goeie kruid is klein’. Van toe af wil ek liewer stadig groei, Want blomme is traag, en onkruid gou. h e r t o g i n . My goeiste tog, dié spreuk was glad nie waar Van hom wat dit vir jóú verwyt. Hy was ellendig in sy prille jeug, So traag van groei, dat as sy stelling klop, Hy nou die deugsaamheid vanself moes wees. a a r t s b i s k o p . Dit is hy tog, my edel Hertogin. h e r t o g i n . Ek hoop so, ja; maar gun ’n ma haar twyfel. y o rk . As ek betyds daaraan gedink het, ai, Dan kon ek oom Gloucester oor sy groei gekwets het, Veel meer as wat hy my oor mýne kon. h e r t o g i n . Hoe so, klein York? Sê my. Ek wil graag hoor.
aartsbiskop.
45
york.
Hul sê mos dat my oom so vinnig was, Hy kon na net twee uur ’n korsie kou, En ek het op twee jaar eers ’n tand gekry. Dit sou 5n bytende grap gewees het, nê ? h e r t o g i n . My fraai klein York, wie’t jou dit tog vertel? y o r k . Sy vroedvrou, Ouma. h e r t o g i n . Sy vroedvrou? Sy’s dood voor jy gebore is. y o r k . As dit nie sy was nie, weet ek nie. e l i z a b e t h . Jy ’s spraaksaam, kind. My seun, jy’s glad te slim. a a r t s b i s k o p . Moet u nie vir die kind vererg, U Edele. e l i z a b e t h . Die kleinste muisie het die grootste oor. 'n Boodskapper binne. a a r t s b i s k o p . Hier kom ’n boodskapper. Wat is die nuus? b o o d s k a p p e r . Dis nuus wat ek met huiwering vertel. e l i z a b e t h . Hoe gaan dit met die Prins? boodskapper. Goed, Majesteit, gesond. h e r t o g i n . Wat is jou nuus? boodskapper. Lord Rivers en Lord Grey Is Pomfret toe gestuur, en saam met hul, Sir Thomas Vaughan, gevangenes. h e r t o g i n . Wie’t hul laat arresteer? boodskapper. Die magtige Hertoë Gloucester en Buckingham. aartsbiskop. Vir watter misdaad tog? b o o d s k a p p e r . A1wat ek weet, het ek vir u gesê. Waarom, waaroor hul aangekeer is, Dit weet ek nie, my edele heer. e l i z a b e t h . Ai my, ek sien my huis in puine lê! Nou het die tier die sagte ooi gegryp; Nou het ’n bose tirannie begin Om die troon van onskuld te bespring. Ek groet jul, moord, vernietiging, en bloed! Ek sien soos op ’n kaart die end van als. h e r t o g i n . Vervloekte onrusdae van struweling, geweld, Hoeveel van julle het my oë aanskou! My man is dood toe hy die kroon wou kry; En op en neer is al my seuns gegooi Dat ek moes huil en juig oor hul verlies en wins; Met al die woeling eindelik verby, En hul, die oorwinnaars, veilig in die saal, Begin hul onderling baklei, ’n broer teen broer, En bloed teen bloed, en self teen self. O vreeslike, Buitensporige onreg, staak jou vervloekte haat
46
Of laat my sterf, om nooit weer dood te sien! Kom, kom, my seun; ons moet gaan skuiling soek. Hertogin, vaarwel. hertogin. Wag, ek gaan saam met jul. e l i z a b e t h . Vir u is dit onnodig. a a r t s b i s k o p (aan Koningin). U Majesteit, gaan, Neem u besittings en u skatte saam. Wat my betref, ek gee aan u my seÍl; Mag dit met my net goed gaan in die maat Waarin ek u en al u dierbares beskut! Ek sal u na ’n skuiling neem. Kom saam. Almal af.
elizabeth.
47
Jou ridderskap, besoedel, is geskend; Jou kroon, gesteel, onteerde waardigheid. Vierde Bedryf • Toneel 1
. . . Ek het my lewe op die spel geplaas, En ek gaan voort al moet ek sterf. Vyfde Bedryf • Toneel 4
D E R D E BEDRYF TONEEL I ’n Straat in Londen Trompetgeskal. Die Prins van Wallis op, asook Gloucester, Buckingham, Cateshy, Kardinaal Bourchier en ander.
Welkom, my liewe Prins, in Londen, by jou huis. Welkom, my neef, wat heers oor my gedagtes. Die moeë reis het jou bedruk gemaak. p r i n s . Nee, Oom, maar al ons kruise onderweg Het dit vermoeiend en so swaar laat word. Ek wil méér ooms hier hê om my te groet. g l o u c e s t e r . My Prins, die onbesmette deugde van jou jeug Het nog nie in die valse wêreld ingeduik; Dieper kan jy nog nie ’n man takseer As volgens voorkoms nie; en dít, God weet, Kom selde met die hart ooreen, of nooit. Die ooms na wie jy soek, het jou bedreig; Jy het geluister na hul soet gevlei, Maar nie hul hart se dieper gif gewaar. Mag God jou teen hul hoed, en teen elk valse vriend! p r i n s . Teen valse vriende, ja! Maar dit was hulle nie. Burgemeester en sy gevolg op. b u r g e m e e s t e r . Mag God u seën met voorspoed en geluk! p r i n s . Ek dank u, goeie heer, en almal hier. Ek het gedag my moeder en ook York, my broer, Sou lankal hier wees om ons te begroet. Hoe draai die Hastings tog dat hy nie kom Om ons te sê of hul op pad is nie! Lord Hastings hinne. b u c k i n g h a m . Hier kom hy, natgesweet, en net betyds. p r i n s . Welkom, my heer. Waar bly ons moeder dan? h a s t i n g s . Waarom sy dit gedoen het, weet ek nie, Net God: maar die Koningin, u moeder, en u broer, Het weg gaan skuil. Die liewe Prins Sou graag met my wou kom om u te groet, Maar is verhinder deur sy moeder, met geweld. buckingham.
gloucester.
48
Maar wat ’n klein en krenterige streek Is dit van haar? Heer Kardinaal, sal u Die Koningin oorreed om York te stuur Dat hy sy prinsebroer weldra kan groet ? En as sy weier, Hastings, gaan dan saam, Sleur hom uit haar jaloerse arms met geweld. k a r d i n a a l . Heer Buckingham, as ek met my pleidooi Die jong Hertog van York van haar kan win, Kan u hom hier verwag; maar as sy sou verseg Om aan ’n sagte pleit gehoor te gee,
bugkin gham.
Mag God verhoed dat ons die voorreg skend Van ’n gewyde plek! Nie in die ganse land Wil ek aan so ’n sonde skuldig wees. BUCKiNGHAM.Jyis te dom-onnosel, liewe heer,
En te omslagtig, ouderwets. As jy dit weeg teen hierdie growwe eeu,
Sal jy geen heiligskennis daardeur pleeg: Die voordeel van asiel word net gegun Aan dié wat deur hul dade dit verdien En dié wat dit met volle insig eis. Dié Prins verdien dit nie en eis dit nie, En kan dit dus nie hê, so lyk dit my. Om iemand wat nie daar is, daarvandaan te neem, Kan dus geen oortreding wees van voorreg of gebod. Ek het al veel gehoor van manne in asiel, Van kinders in asiel nog nooit. k a r d i n a a l . My heer, dié één keer kan u my oorreed. Lord Hastings, kom u saam met my ? h a s t i n g s . Ek kom, my heer. p r i n s . Haas julle tog so gou as julle kan. Kardinaal en Hastings af. Sê my, oom Gloucester, as ons broer nou kom, Waar sal ons tuisgaan tot ons kroningsdag? g l o u c e s t e r . Net waar jou koninklike wil verkies. As ek mag raadgee, sal jou Hoogheid eers ’n Dag of twee in die Toring gaan vertoef; Daarná net waar jou wens en voorkeur is, Waar jy gesondheid en ook rus geniet. p r i n s . Van alle plekke hou ek van die Toring niks. Het Julius Caesar dit gebou, my heer? g l o u c e s t e r . My heer, hy het die bouwerk aangevoor, Daarná is dit deur eeue oorgebou. p r i n s . I s daar bewys dat hy die bouer is, 49
O f is dit net ’n mondelingse gerug ? opgeteken, heer. nêrens vasgelê, Dan dink ek moet die waarheid nóg voortleef As ’t ware aan die toekoms oorgedra Tot op die allerlaaste dag. g l ou ges te r (tersy ). So wys so jonk, sê hul, dié leef nooit lank. p r i n s . Wat sê u, Oom? g l o u c e s t e r . Eksê dat onbeskrewe roem bly leef. p r i n s . Dié Julius Caesar was ’n man van roem; Want dít waarmee sy moed sy gees verryk het, Het sy gees beskryf, sodat sy moed bly leef. Geen dood verower dié veroweraar; Nou leef sy roem, al leef sy lewe nie. Ek sal jou sê, neef Buckingham b u c k i n g h a m . Wat wil u sê, my edele heer? p r i n s . As ek bly leef totdat ek manbaar is, Sal ek in Frankryk weer ons grond trugwen, O f sterwe as soldaat soos ek as vors geleef het. gl ou c e s t e r (tersy ) . Kort somers word so ligtelik Deur alte vroeë lentes ingelui. D ie jo n g Tork kom binne , saam m et H a stin g s en die K a rd in a a l. b u c k i n g h a m . Hier kom die jong Hertog van York al aan. p r i n s . Richard van York, hoe gaan dit met ons liewe broer? y o r k . Goed, my gestrenge heer: so moet ek jou nou noem. p r i n s . Ja, broer. Die titel grief my nes vir jou. So onlangs is hy dood wat daardie rang moes dra, En deur sy dood het dit veel vorstlikheid verloor. g l o u c e s t e r . Hoe gaan dit met ons neef, die edel Lord van York? y o r k . Goed, liewe Oom. O, Oom het mos gesê Dat nuttelose onkruid vinnig groei. Die Prins, my broer, het my verbygesteek. g l o u c e s t e r . Hy het, my heer. york. En is hy nutteloos? g l o u c e s t e r . My liewe neef, nee, dit durf ek nie sê. y o r k . Dan is hy dieper in u skuld as ek. g l o u c e s t e r . Hy mag as Koning my beveel; maar jy Het as 5n bloedverwant oor my gesag. y o r k . Ag Oom, seblief, gee my tog hierdie dolk! g l o u c e s t e r . My dolk, klein nefie? Ek gee dit alte graag. p r i n s . Is jy nou bedelaar, broer? y o r k . By my gawe oom, omdat ek weet hy gee, En om speelgoed uit te deel, kwel hom tog nie. b u g k i n g h a m . Dit staan so p r i n s . Maar sê nou dit was
50
Iets groters as ’n dolk sal ek jou gee. dit is ’n swaard daarby! ek graag, my nefie, as dit ligter was. y o r k . Oom gee dus net wat lig is ligtelik weg: Gewigtiger dinge hou u van 5n beedlaar trug. g l o u c e s t e r . Dis veels te swaar om aan jou sy te dra. y o r k . Vir my’s dit lig, selfs as dit swaarder was. g l o u c e s t e r . Wil jy my wapen hê, my skraps klein heer? y o r k . Ek wil: dan kan ek dankie sê soos u my noem. GLOUCESTER. Hoe ? y o r k . Skraps. p r i n s . Lord York wil altyd struweling soek, my heer. U weet tog, Oom, om hom maar te verdra. y o r k . Nie te verdra nie: maar om my te dra. Kyk Oom, my broer bespot ons albei nou; Omdat ek klein is, soos ’n bobbejaan, Dink hy dat Oom my op u rug moet dra. b u c k i n g h a m . Met watter skerp gevatheid antwoord hy! Om te verdoesel hoedat hy sy oom minag, Skeer hy so fraaitjies met homself die gek. So jonk en al so slim, merkwaardig tog. g l o u c e s t e r . My heer, behaag dit jou om nou te gaan? Ek en die goeie Buckingham, my neef, Sal na jou moeder gaan om haar te vra Om Toring toe te kom en jou te groet. y o r k . Gaan jy dan na die Toring toe, my heer? p r i n s . Dit is wat my Beskermheer begeer. y o r k . Ek sal nooit in die Toring rustig slaap. g l o u c e s t e r . Waarvoor is jy dan bang? y o r k . My oom Clarence se bose spook, dit spreek vanself. My ouma’t my vertel hy’s daar vermoor. p r i n s . Ek vrees geen dooie ooms. g l o u c e s t e r . Die lewendiges ook nie, hoop ek wel. p r i n s . As hul lewe, hoop ek, hoef ek nie te vrees. Maar kom, my heer; met sware hart, Terwyl ek aan hul dink, gaan ek nou Toring toe. Trompetgeskal. Almal a f behalwe Gloucester, Buckingham en Catesby. b u c k i n g h a m . Dink u, my heer, dié babbelbekkie York Is deur sy sluwe moeder aangehits Om u so honend te beledig en te tart ? g l o u c e s t e r . Gewis, gewis. O hy’s gevaarlik, dié jong knaap; Voortvarend en vernuftig, vaardig, slinks. Hy is sy ma se kind van kop tot toon. gloucester.
y o r k . Iets groters? O, g l o u c e s t e r . Dit sou
5i
Laat hulle maar eers rus. Catesby, kom hier. Jy het gesweer om so gewis te doen Wat ons beplan het as wat jy sal verberg Wat ons jou toevertrou. Jy ken die redes Wat ons op pad jou op die hart gedruk het. En hoe dink jy ? Sou dit nie maklik wees Om William Lord Hastings om te praat Dat hy, soos ons, dié Hertog help verhef Tot die koningstroon van ons vermaarde land? c a t e s b y . Ter wille van sy vader min hy die Prins En niks sal hom beweeg om iets teen hom te doen. b u c k i n g h a m . Wat dink jy dan van Stanley? Wat van hóm? c a t e s b y . Hy sal in elke saak vir Hastings volg. b u c k i n g h a m . Nou ja, dan nog net dit: gaan, liewe Catesby, Probeer so uit die verte Hastings pols, Stel vas hoedat hy voel oor hierdie saak; En laat hom móre na die Toring kom Om by die kroning toeskouer te wees. As jy gewaar dat hy geplooi kan word, Spoor hom dan aan, vertel hom al ons redes; As hy hom lood hou, ysig, kil, onwillig, Hou jou ook so, beëindig die gesprek En kom vertel ons hoe dit met hom staan; Want móre kom ons afsonderlik byeen En jy sal heelwat waardevols moet doen. g l o u c e s t e r . Sê groete vir Lord William. En Catesby, sê vir hom Sy vroeërtydse bondel teenstanders Word móre bloedgelaat in Pomfret se kasteel. Sê hom hy moet uit vreugde oor die nuus Sy juffer Shore ’n ekstra soentjie gee. buckingham . Spring daadlik aan die werk, mv goeie Catesby. c a t e s b y . Ek sal my allerbeste doen, my here. g l o u c e s t e r . Sal ons nog van jou hoor voor ons gaan slaap? c a t e s b y . U sal, my heer. g l o u c e s t e r . In Crosby Place sal jy ons albei kry. Catesby af. b u c k i n g h a m . En nou, my heer: wat doen ons as ons vind Lord Hastings hou hom wars van ons komplot ? g l o u c e s t e r . Kap af sy kop - ons sal wel iets beslis. En as ek Koning word, kry jy van my Die hertogdom van Hereford, en al die vee Van my gewese broer wat Koning was. b u c k i n g h a m . Eksal u aan dié eed herinner, heer.
buckingham.
52
GLOUCErSTER. Eix ek sal dit met gulbeid aan jou gee.
Kom, ons gaan solank eet. Daarna kan ons Op een of ander wyse ons planne verteer. Af-
T O N E E L II Voor Lord Hastings se Huis ’n Boodskapper kom by die voordeur aan. boodskapper.
My heer, my heer! (Klop.)
h a s t i n g s (Af). Wie klop? b o o d s k a p p e r . Lord Stanley h a s t i n g s (Af). Hoe b o o d s k a p p e r . Dis
het my gestuur. laat is dit? vieruur op die kop.
Lord Hastings binne. hastin gs.
Kan Lord Stanley in dié trae nag nie slaap? So sal dit blyk uit wat ek kom vertel. Ten eerste stuur hy u ’n opregte groet. h a s t i n g s . En voorts? b o o d s k a p p e r . Voorts stel hy u in kennis dat ’n wildevark Vannag sy helm in ’n droom verskeur het. Daarby, sê hy, word daar glo binnekort Deur twee aparte groepe raad gehou, En by die een mag daar iets opgerakel word Wat hom en u nog by die ander mag berou. Daarom is ek gestuur om u te vra Of u weldra met hom te perd sal gaan Om haastig albei noordwaarts weg te jaag En die gevaar te my wat hy vermoed. h a s t i n g s . My liewe kêrel, gaan terug na hom; Hy moet die dubbele beraad nie vrees: Want by die een is ek en hy tog self, En by die ander is my ou vriend Catesby; Daar kan dus niks gebeur wat ons betref Sonder dat ek daarvan verwittig word. Sê hom sy vrees lê vlak, is sonder grond, En wat sy droom aangaan: ek is verbaas Dat hy ’n droom se tergbeeld so vertrou
boodskapper.
53
Wat voortkom uit sy rustelose slaap. Om van die dier te vlug voordat die dier ons jaag, Mag net die dier aanspoor om ons te volg Terwyl hy anders nie daaraan sou dink. Gaan nooi jou meester om na my te kom; Tesame sal ons na die Toring gaan. Daar sal hy sien: die Wildevark is vriendelik. b o o d s k a p p e r . My heer, ek sal u boodskap aan hom gee. Af. C atesby op.
My edele heer, ek groet u hartelik! Dag, Catesby; jy roer vanmóre vroeg. Wat is die tyding in ons wankelende staat ? g a t e s b y . Dit is ’n duiselwêreld dié, my heer; En sal nie op die been weer kom, dink ek, Voordat die Ryk se diadeem op Richard rus. h a s t i n g s . Die diadeem? Bedoel jy nou die kroon? g a t e s b y . Net so, my heer. h a s t i n g s . Ek sal my eie kop se kroon afkap Voordat die kroon so gruwelik misplaas word. Vermoed jy dan dat hy so iets beoog? c a t e s b y . Ek weet dit vas. Hy hoop jy is geneë Om jou by hom te skaar om dit te kry; Daarom stuur hy jou hierdie goeie nuus: Dat al jou vyande vandag by Pomfret sterf A1die verwante van die Koningin. h a s t i n g s . Voorwaar, dié nuus berou my nie, Want hul was al die tyd my teenstanders; Maar dat ek daarvoor Richard ondersteun En my heer se eie erfgename weer, God weet, dit doen ek nie, al moet ek sterf. c a t e s b y . Mag God U Edele in dié houding sterk! h a s t i n g s . Maar oor ’n jaar sal ek wel hieroor lag: Dat hul my by die vors beswadder het En dat ek hulle ondergang aanskou. Wel, Catesby, voor ek ’n maandjie ouer is, Gaan ek 5n paar wat dit nog nie vermoed, laat vang. c a t e s b y . Dis bitter om te sterf, my goeie heer, As mens onvoorbereid is, niks verwag. h a s t i n g s . O vreeslik, vreeslik! En dis wat gaan gebeur Met Rivers, Grey en Vaughan; en net so ook Met sommiges wat hul so veilig waan Soos ek en jy, wat soos jy weet, tog kosbaar is catesby.
hastings.
54
Vir die prinslike Richard en vir Buckingham. Albei die prinse skat jou baie hoog. ( Tersy) Só hoog, hul sien jou kop al teen die brug. h a s t i n g s . Ek weet dit goed, en ek het dit nie verdien. Lord Stanley binne. En toe, waar is jou spies vir die wildevark? Jy vrees die dier, tog loop jy ongewapen ? s t a n l e y . My heer, goeiendag; goeiendag, Catesby. Spot maar gerus, maar ek sweer by die kruis: Van dié afsonderlike rade hou ek niks. h a s t i n g s . Ek het my lewe net so lief soos jy. Nog nooit, glo my, in al my lewensdae, Was dit vir my so kosbaar soos juis nou. Dink jy ek sou so lugtig, seker wees As ek nie weet ons lot is veilig nie ? s t a n l e y . Toe dié in Pomfret hier uit Londen is, Het hulle opgewek hul veiligheid vertrou, En inderdaad had hul g’n rede vir agterdog; Maar jy sien self hoe gou ’n wolk opsteek, En ek wantrou die skielike prik van wrok; God gee dat ek verniet lafhartig is. Gaan ons nou na die Toring? Die tyd stap aan. h a s t i n g s . Moet jou nie so ontstel. Het jy die nuus gehoor? Die here van wie jy praat, word nog vandag onthoof. s t a n l e y . Dit sou veel beter wees as hul hul koppe behou As dat party van dié wat klae teen hul ’n Hoed bly dra. Maar kom, my heer, ons gaan. Hastings (’n Herout) kom binne. h a s t i n g s . Gaan jul vooruit; ek praat eers met dié kêrel. Stanley en Catesby af. En toe, Hastings ? Hoe gaan dit nog met jou ? h e r o u t . Des te beter omdat u dit vra. h a s t i n g s . Met my, kan ek jou sê, gaan dit veel beter As toe ons laas mekaar hier teëgekom het: Toe’s ek gevange na die Toring weggelei Op voorstel van die Koningin se kliek; Maar nou kan ek jou sê - hou dit geheim Vandag word daardie vyande self onthoof, En ek is beter daaraan toe as ooit. h e r o u t . Mag God beskik dat dit vir u so bly! h a s t i n g s . Ek dank jou, Hastings; dê, gaan drink maar iets. Gooi vir hom ’n beurs. h e r o u t . My dank, u edele. (Af.)
catesby.
55
’n Priester op. Gegroet! Ek is bly om u te sien, my heer. h a s t i n g s . Sir John, van harte wil ek jou bedank, Ek is jou veel verskuldig vir jou laaste guns. Kom volgende Sondag weer, dan sal ek jou beloon. Fluister in sy oor. p r i e s t e r . Ek is u Edele tot diens. Buckingham binne. b u g k i n g h a m . Praat u hier met ’n priester, Kamerheer? U vriende in Pomfret sal ’n priester nodig hê: U Edele het geen boete om te doen. h a s t i n g s . Dis waar. En juis toe ek dié vrome man ontmoet, Het ek onthou van dié van wie jy praat. Gaan jy nou na die Toring toe? b u c k i n g h a m . Ek gaan, my heer; maar lank kan ek nie bly; Ek sal nog voor U Edele weer vertrek. h a s t i n g s . Waarskynlik, j a : ek eet vanmiddag daar. b u c k i n g h a m (tersy). En ook vanaand, al weet jy dit nog nie Kom u nou saam ? hastings. Ek is graag tot jou diens. priester.
4 f-
TONEEL III Die Kasteel Pomfret Sir Richard Ratcliff binne, met gewapende wagte wat die edelliede Rivers, Grey en Vaughan - na hul dood sleur.
Sir Richard Ratcliff, dit wil ek jou sê: Vandag sal jy ’n onderdaan sien sterf Vir waarheid, en vir plig, en ook vir trou. g r e y . Mag God die Prins teen julle spul behoed! ’n Trop vervloekte bloedsuiers is jul. v a u g h a n . Jul wat bly leef, sal hieroor nog weeklaag. r a t c l i f f . Kry klaar; jul het jul lewensperk bereik. r i v e r s . O Pomfret, Pomfret! Bloedige kasteel, Vol dood en onheil vir wie edel is! Hier binnekant jou skuldbelaaide muur Is die Tweede Richard doodgesteek; rivers.
En onT nóg skande op jou gruwelik plek te werp, Gee ons jou ons onskuldig bloed te drink. g r e y . Nou val die woord van Margaret op ons, Toe sy vir Hastings, jul en my vervloek het Omdat ons ledig by was toe haar seun Deur Richard Gloucester voor ons doodgesteek is. r i v e r s . Daarna het sy vir Richard ook vervloek, Toe Buckingham, toe Hastings. O onthou tog, God, Om haar gebed vir hul soos dié vir ons te hoor! En vir my suster en haar prinseseuns; Stel U tevrede met óns troue bloed Wat, soos U weet, nou onregverdig vloei. r a t c l i f f . Maak gou; die uur van julle dood is hier. r i v e r s . Kom, Grey; kom, Vaughan; kom laat ons hier omhels, Vaarwel, tot ons weer in die hemel groet. Af.
T O N E E L IV Die Toring van Londen Buckingham, Derby, Hastings, die Biskop van Ely, Ratcliff, Lovel e.a. kom binne en gaan by 'n tafel sit. Ha s t i n g s . Nou, edel here, ons is bymekaar
Om oor die kroning te besluit. Vertel: Wanneer is dit die koninklike dag? b u c k i n g h a m . Is alles vir die koninklike tyd gereed? d e r b y . Dit is en hoef net vasgestel te word. e l y . Dan sou ek móre as ’n goeie dag beskou. b u c k i n g h a m . Wat voel die Beskermheer oor die saak? Wie is die Hertog se vertroueling ? e l y . Ons meen u self ken sy gemoed intiem. b u c k i n g h a m . Mekaar se voorkoms ken ons; maar die hart: Van myne weet hy net so min as ek van u. Lord Hastings, jy en hy is goed bevriend. h a s t i n g s . Ek dank jou, Buckingham; ek weet hy hou van my; Maar wat die kroning aanbetref, daaroor Het ek hom niks gevra, en hy’t ook nie ’n Aanduiding gegee van wat hy wens. Maar u, geëerde here, mag die dag vasstel En ek sal vir die Hertog stem:
57
Ek glo hy sal hom dit laat welgeval. Gloucester op. e l y . Hier kom die Hertog self, en net betyds. g l o u g e s t e r . My edel here en my neefs, gegroet. Ek het te lank bly slaap, maar ek vertrou My wegbly het geen ernstige saak vertraag Wat deur my hier-wees reeds beklink kon wees. b u g k i n g h a m . As u nie so gepas hier opgedaag het nie, Het William Lord Hastings namens u gestem Om oor die kroningsdatum te besluit. g l o u g e s t e r . Ek weet van niemand eerbaarder as hy; Sy Edele ken my goed en het my lief. Lord Ely, toe ek laas in Holburn was, Het ek mooi aarbeie in jou tuin gesien. Mag ek jou vra om my van hul te stuur? e l y . Met graagte, heer, dit doen ek dadelik. 4 f. gloucester.
Neef Buckingham, ons moet 5n oomblik praat.
Neem hom opsy.
Catesby het Hastings oor die saak gepols En vind die heer so vurig en beslis Dat hy sy kop sal prysgee eerdat hy Sy heer se seun, soos hy hom plegtig noem, Beroof sien van die Britse koningskap. b u c k i n g h a m . Hou jou ’n ruk opsy; ek bly by jou. Gloucester en Buckingham af. d e r b y . Ons het nog steeds geen praaldag aangewys. Vir my kom móre alte haastig voor; Ek self is nie so deeglik voorberei Soos wat ek vir 5n later dag sal wees. Bukop van Ely weer op. e l y . Waar is my heer, die Hertog van Gloucester? Ek het die aarbeie laat haal. h a s t i n g s . Sy Edele lyk vanmóre opgewek; Daar’s een of ander plan wat hom verheug As hy so vrolik goeiemóre sê. Ek dink daar is geen mens in die Christendom Wat minder haat of liefde kan verberg as hy; Aan sy gesig sien jy onmiddellik sy hart. d e r b y . Wat van sy hart sien jy in sy gesig, In sy besondere hartlikheid vandag ? h a s t i n g s . Ek sien dat niemand hier hom grief of kwel, Want anders sou sy aangesig dit wys.
Gloucester en Buckingham weer op.
Sê my tog, almal hier, wat hul verdien Wat duiwelagtig saamsweer om my om te bring, Wat met vervloekte heksery teen my knoei En met hul helse ban my liggaam tref ? h a s t i n g s . Die tere liefde wat ek vir u het, my heer, Dwing my om al die prinse voor te spring En die skurke te veroordeel, wie hul ook al is. My heer, ek glo dat hul die dood verdien. g l o u c e s t e r . Wees met jul oë dan getuies van hul kwaad. Kyk na hul towery; kyk hoe my arm Verskrompel soos ’n dor tak is. En dis Edward se vrou, dié bose heks Wat saam met daardie hoerteef Shore Deur towerkuns my so geteister het. h a s t i n g s . As hulle dit gedoen het, edele heer g l o u c e s t e r . As, as? - beskerm jy die helse teef, En praat jy so met my? Verraaier, jy ! Af met sy kop! Ek sweer by die heilige Paulus Ek sal nie eet voor dit gedoen is nie. Dié wat my nog bemin, staan op, kom saam met my. Almal behalwe Hastings, Lovel en Ratcliff af. h a s t i n g s . Wee, wee jou, Engeland! Ek treur nie oor myself; Want ek, so liggelowig, kon dit keer. Stanley het van die wildevark gedroom, Dat hy ons helms van ons koppe skeur, Ek wou nie ag gee nie; ek was te trots vir vlug. Drie keer vanmóre het my perd gestruikel, En hy’t geskrik toe hy die Toring sien, Bang, skynbaar, om my na die slagtingsplek te dra. Netnou se priester moes ek nou kon h ê! En nou berou my woorde my, aan die herout, So selfverseker, hoe my vyande Vandag by Pomfret bloediglik geslag is, Terwyl ek self so veilig en begunstig was. O Margaret, Margaret, swaar lê nou jou vloek Op hierdie arme Hastings se misrabel hoof! r a t c l i f f . Kom, kom, maak gou; die Hertog wil gaan eet. Doen gou belydenis; hy hunker na jou kop. h a s t i n g s . Kortstondige genade van ’n sterflik mens Wat ons begeer bo die genade van God! Wie lugtig op jou voorkoms hoop oprig, Leef soos ’n dronk matroos bo teen ’n mas,
gloucester.
59
Met elke knik gereed om af te stort Tot in die diepsee se fatale buik. l o v e l . Kom, kom, maak gou; jou klagte is vergeefs. h a s t i n g s . O bloedige Richard! Rampsalige Engeland! Ek kan die donkerste tyd vir jou voorsien Wat enige vreeslike eeu ooit moes aanskou. Kom, neem my na die blok; gee hom my hoof. Hul gryns vir my wat binnekort gaan sterf. Af.
TONEEL V Op die Muur van die Toring in Londen Gloucester en Buckingham in verrinneweerde wapenrusting op; albei sien daar ellendig uit.
Kom, neef. Kan jy verbleek en bibber en beef, Jou asem halfpad deur ’n woord insluk En weer begin, en weer tot stilstand kom, Asof jy skoon verslae is, en mal van angs ? b u c k i n g h a m . Ek kan die diepste tragikus naboots, Praat en omkyk, na alle kante tuur, Sidder en skrik as net ’n strooitjie roer, En agterdog uitstraal. ’n Blik van angs Kan ek beheer, soos ’n gedwonge lag; Albei staan slaggereed en my tot diens Om enige rol wat ek moet speel, te sier. Maar waar is Catesby dan ? Het hy geloop ? g l o u c e s t e r . Hy het; en bring die Burgemeester terug. Burgemeester en Catesby op. b u c k i n g h a m . Heer Burgemeester g l o u c e s t e r . Kyk na die valbrug daar! buckingham. Daar’s êrens ’n tamboer! g l o u c e s t e r . Catesby, hou jy die mure dop. b u c k i n g h a m . Heer Burgemeester, u is ontbied omdat g l o u c e s t e r . Kyk om, pas op! hier’s oral vyande. b u c k i n g h a m . Mag God ons in ons onskuld bystaan en bewaar! Lovel en Ratcliff op, met Hastings se kop. g l o u c e s t e r . Geduld: dis vriende dié - Ratcliff en Lovel. l o v e l . Hier is die vals verraderlike kop gloucester.
60
Van die gevaarlike, onverdagte Hastings. Ek was so lief vir hom dat ek moet huil. Ek het gemeen hy’s die onskuldigste Wat as ’n Christen op die aarde asemhaal; Hy was die boek waarin my siel beskrywe het Die mees verborge denke se verhaal. Met skyn van deug het hy sy euwel gladgestryk, Sodat sy oop-en-blote skuld ontsien is Sy verbintenis met Shore se ligte vrou En hy geen sweem van agterdog kon wek. b u c k i n g h a m . Hy was die mees beskutte verraaier ooit. Sou u u kon verbeel, of amper glo As u nie so deur die Voorsienigheid Gespaar is om die storie te vertel Dat hierdie slu, verraderlike man Beraam het om vandag vir my En Gloucester in die Stadhuis te vermoor? b u r g e m e e s t e r . Was dit sy plan? g l o u c e s t e r . Dink u dan ons is Turke of Heidene? Of dat ons teen die wetsgestalte in Oorhaastig hierdie skurk sou laat onthoof Tensy die saak so uiters dringend was, Die vrede van die land, u eie veiligheid So seer bedreig, dat hy onmiddellik Deur ons tereggestel moes word ? b u r g e m e e s t e r . Dan’t hy die dood verdien; dit gaan u wel. U het met goeie reg gehandel Om van iets soortgelyks verraaiers af te skrik. Ek kon niks beters ook van hom verwag Van hy met Juffer Shore aan ’t heuie was. b u c k i n g h a m . Togwas ons nooit van plan dat hy moes sterf Voordat u self sy einde kon aanskou Maar nou’t ons liefderyke vriende hier Oorhaastig teen ons sin die plan gefnuik Want ek sou graag, my heer, dat u moes hoor Hoe die verraaier praat, en bang vertel Van hoe en waarom hy verraad wou pleeg; Dan kon u self verslag gaan gee Aan al die inwoners, wat nou miskien Ons daad verkeerd begryp en hom beween. b u r g e m e e s t e r . My heer, u eie woord is net so goed Asof ek hom gesien en self hoor praat het; My Edel Prinse, wees gerus:
gloucester.
Ek sal ons troue burgers gaan vertel Met hoeveel reg jul opgetree het. g l o u g e s t e r . Met daardie doel het ons u laat ontbied, Dat u die kefferige stratespul Se ru veroordeling van ons kan weer. b u c k i n g h a m . Hoewel u nou te laat is vir ons doel, Kan u tog gaan vertel wat ons wou doen. En dus, heer Burgemeester, groet ons u. Burgemeester af.
Gou, gou, neef Buckingham, gaan agterna. Die Burgemeester haas hom na die Gildesaal. So gou die tyd daarvoor geleë is, Moet jy die storie in hul ore strooi Dat Edward se kinders nie sy eie is. Sê Edward het ’n man onthoof Net omdat dié gesê het dat sy seun ,Die Kroon’ sou erf - bedoelende sy kroeg, Want so’t die uithangbord dit aangedui. Vertel hul van sy nare wellus ook, Sy dierlike drang, vol wispelturigheid, Gerig op hul bediendes, dogters, vroue, Net waar sy glurende oog of wilde hart Toomloos begeer het om ’n prooi te vang. En as dit moet, raak selfs terloops aan my: Sê hul dat toe my moeder swanger was Van die onversadigbare Edward, toe was York, My prinslike vader, in Frankryk aan die veg; En naderhand het hy die tyd bepaal, Gevind: die kind is nooit deur hóm verwek; Wat baie duid’lik in sy voorkoms was Hy lyk nie soos die edel Hertog nie. Maar raak dit tog net vlugtig aan, en hou dit yl; Jy weet, my heer, my moeder lewe nog. b u c k i n g h a m . Wees maar gerus: ek sal orator speel Asof die goue rede wat ek nou gaan pleit My eie is; ek groet jou, heer, vaarwel. g l o u c e s t e r . En as dit slaag, bring hul na Baynard toe, Na die kasteel, waar ek omring sal wees Van eerwaarde vaders en geleerde biskoppe. b u c k i n g h a m . Ek gaan; vanmiddag drie-uur, vier, Kan jy die Gildesaal se nuus verwag.
gloucester.
4 f. gloucester.
Haas jou, Lovel, met spoed na Dokter Shaw.
(Aan Catesby.) Jy na Broer Penker. Sê hul albei aan Om oor ’n uur by Baynard se kasteel te wees. Almal behalwe Gloucester af. Nou gaan ek sorg dat daar ’n lasbrief kom Om Clarence se kleingoed uit die pad te kry En te beveel dat niemand, wie ook al, Te eniger tyd tot die Prinsies toegang kry. Af.
T O N E E L VI 5n Straat in Londen ’n Skribent op. skribent.
Hier is die klagstaat teen die goeie Lord Hastings In duidelike drukskrif opgestel, Dat hul dit in Sint Paulus voor kan lees: En kyk hoe pas die uitkoms daarby aan. Elf ure lank het ek dit oorgeskryf, Want dis gistraand deur Catesby aangestuur; En die eerste kladskrif het ook lank geneem; Tog het Lord Hastings vyf uur trug geleef, Sonder verhoor of smet, op vrye voet. Mooi wêreld dié! Wie is so bot Dat hy nie deur die plan kan sien ? Maar niemand het die moed om dit te sê. Voos is die wêreld, en alles loop nou dood, As sulke boosheid doodgeswyg moet word. Af.
TONEEL VII Die Kasteel Baynard in Londen Gloucester en Buckingham deur afsonderlike ingange binne. g l o u c e s t e r . En toe, b u c k i n g h a m . By die
en toe? Wat het die stad te sê? heilige Moeder van ons Liewe Heer, Die stad is stil en sê geen woord. g l o u c e s t e r . Het jy na Edward se onegte seuns verwys? 63
Ek het. Ook sy verbintenis met Lady Lucy En sy verlowing deur ’n afgesant oorsee Het ek genoem. Sy onversadigbare lus; Sy dwinglandy oor vroue in die stad; Hoe hy oor nietighede ’n tiran kon wees; Sy eie buite-egtlikheid, daar hy Verwek is toe jou pa in Frankryk was, En hoe hy glad nie na die Hertog lyk. Daarna het ek jou eie afkoms aangedui, Jou pa se eggebore erfgenaam, Herkenbaar in jou voorkoms en jou edel gees. Jou oorwinnings in Skotland het ek oopgesprei, Jou beheerstheid in die stryd, jou wysheid andersins, Groothartigheid, en deug; jou nederigheid. Kortom, niks wat jou goeie saak kon dien, Het ek verswyg of effens afgeskeep. En teen die einde van my lang betoog Het ek gevra dat dié wat goed wens vir hul land, Uitroep: ,God seën Richard, die land se ware vors!’ g l o u g e s t e r . Het hulle dit gedoen? b u g k i n g h a m . God help my, nee: geen woord het hul gesê Soos standbeelde, soos klippe wat asemhaal, Mekaar bly aangaap en dodelik verbleek. Toe ek dit sien, het ek die klomp betig. Van die Burgemeester wou ek daadlik weet Wat hierdie koppige stilte dan bedui. Hy het gesê: Die mense is ongewoon Dat iemand anders as die Bode met hul praat. Toe is hy aangespoor om alles te herhaal. ,So sê die Hertog, so’t hy aangedui - ’ Maar niks het hy in eie reg gesê. Daarna het enkles van dié wat my volg, Ver in die saal hul pette opgegooi; ’n Tiental het geroep: ,Lank leef ons Koning Richard.’ Van daardie paar het ek gebruik gemaak ,Ek dank jul, vriende, burgers,’ het ek gesê: ,Dié groot applous en toejuiging Bewys jul wysheid, en dat jul Richard min!’ Daarmee het ek volstaan en truggekom. g l o u c e s t e r . Dus was hul klippe, sonder tong of woord? En gaan die Burgemeester en sy Raad nie kom? b u c k i n g h a m . Die Burgemeester kom. Maak hulle bang, Gee eers gehoor as hylle dringend pleit; bugkingham.
Loop met 5n bidboek in u hande rond, Staan tussen twee hoë manne van die kerk; Daarop sal ek ’n vroom diskant aanhef; En moenie maklik swig voor wat ons vra. Wees soos ’n meisie: sê steeds nee, Hou jou onwillig, selfs as jy aanvaar. g l o u g e s t e r . Ek gaan. As jy hul saak so goed bepleit As wat ek vóórgee om jou eis te weier, Sal ons die hele saak met vrug beklink. b u c k i n g h a m . Maak gou, maak gou, gaan na die solder op: Ek hoor alreeds die Burgemeester klop. Gloucester af. Burgemeester, Raadslede en Burgers ofi. Welkom, my heer. Ek wag ook hoogs begaan: Ek dink die Hertog wil ons nie ontvang. Catesby op. Catesby, wat sê jou heer op my versoek ? c a t e s b y , Hy vra dat u, my Edele Heer, Weer móre of die dag daarná moet kom. Met twee eerwaarde vaders is hy binnekant Vol godsvrug aan die mediteer; Aan aardse sake wil hy hom nie steur, Niks kan hom uit sy godsdiensoefning trek. b u c k i n g h a m . My liewe Catesby, gaan na die Hertog trug, Sê hom dat ek, die Burgemeester en die Raad Gekom het om Sy Edele te spreek Oor diep probleme, sake van gewig, Iets wat ons ailer welvaart raak. c a t e s b y . Ek sal dit dadelik aan hom sê. Af-
b u c k i n g h a m . Ja-nee,
my heer, dié prins is nie ’n Edward nie! Hy rol nie op ’n bed van wellus rond, Maar staan gekniel in diepe meditasie. Hy ílikílooi nie met ligtekooie nie, Maar peins diepsinnig met twee Godsmanne. Hy slaap nie om sy lui lyf te laat stoel, Maar bid, sodat sy waaksaam siel verryk kan word. Gelukkig sou ons land wees as dié Prins van deug Die soewereiniteit daarvan aanvaar. Maar ek is diep bevrees ons sal hom nooit oorreed. b u r g e m e e s t e r . Mag God behoed dat hy ons nee sal sê! b u c k i n g h a m . Ek vrees hy sal. Maar hier kom Catesby trug. Catesby weer op.
65
Wat sê die edel Hertog, Catesby ? My heer, Hy weet nie waarom so ’n skare kom Om saam met u aan hom besoek te bring. Sy Edele het geen kennis van die saak gekry; Hy vrees, my heer, dat u niks goeds bedoel. b u c k i n g h a m . Dit spyt my dat my neef my moet verdink Dat ek nie met ’n goeie bedoeling kom. Ons kom na hom met liefde in ons hart: Gaan trug, en dra dié boodskap aan hom oor. Catesby af. As ’n vroom en heilige, toegewyde mens Met sy krale besig is, kry niks hom daarvandaan; Sy ywerige meditasie is te soet. Gloucester verskyn bó tussen twee Biskoppe. Catesby weer op. b u r g e m e e s t e r . Daar staan Sy Edele tussen twee priesters bo b u g k i n g h a m . Deugsame steunpilare vir ’n Christenprins, Om hom teen die val van hoogmoed te beskerm; En kyk, daar is ’n bidboek in sy hand, Die sieraad waaraan mens ’n vrome man herken. Beroemde, groot Plantagenet, my edel Prins, Neig tog ’n gunstig oor tot ons versoek, Vergeef ons vir die onderbreking Van u toewyding en Christelike vlyt. g l o u c e s t e r . My heer, nee, u behoef tog geen apologie. Ek vra U Edele om my te vergeef Dat ek, so diep betrokke in die diens van God, My vriende moes uitstel vra vir hul besoek. Maar laat dit daar. Sê my wat u verlang. b u c k i n g h a m . Dit wat die God daarbo behaag, hoop ek, En al goeie mense in dié koninglose land. g l o u c e s t e r . Dit kom my voor ek het in iets oortree, En daarmee onguns in die stad verwerf: Oor my versuim kom jul my nou betig. b u c k i n g h a m . Dis waar, my heer. En mag dit u behaag Om op ons pleit vir u oortreding te vergoed. g l o u c e s t e r . Gewis, ek woon tog in ’n Christenland. b u c k i n g h a m . Weet dan: u sonde is dat u die troon, Dié hoë plaas, u voorvaders se septerrang, Die erflik glorie van u koningshuis, Oorlaat aan die korrupsie van besmette bloed; Wyl u gedagtes rustig lê en dut,
catesby.
Wat ons wil wek tot voordeel van ons land, Hunker die edel eiland na sy ware lyf; Die littekens van skande skend sy aangesig, Op sy hoë stam is onkruide geënt, En skouerdiep staan hy en steier in die vloed Van swart vergetelheid en diepe niet. Om dit weer te herstel, kom smeek ons u Om op u edel skouers die bewind En koningskap van hierdie land te neem Nie as Beskermheer, Regent of Plaasvervanger nie, Nie as ’n kneg vir ander se gewin; Maar as ’n erfreg, oorgedra in bloed, As u geboortereg, besit, u eiendom. Met hierdie oogmerk het die inwoners, In samewerking met die vriende wat u min, Ons dringend aangespoor en ons gestuur; Daarom bepleit ek hul regmatig saak Om u, U Edele, te probeer beweeg. g l o u g e s t e r . Ek weet nie o f ’n swyende vertrek Of skerp verwyt om julle te betig, My rang en julle plek die beste pas. Want sê ek niks, mag jul vermoedelik dink Dat spraaklose ambisie, wat niks sê nie, swig Om die goue juk van koningskap te dra, Wat julle hier met liefde op my wil lê; En as ek jul verwyt oor jul versoek, So diep deurtrek van julle liefde, trou, Dan het ek weer my vriende diep gekwets. Daarom - om maar te praat, en die eerste te vermy, En tog deur woorde nie die tweede te bereik Gee ek jul hiermee onomwonde dít: Ek dank jul vir jul trou, maar uit onwaardigheid Kan ek jul hoë versoek nie aanneem nie. A1 word die struikelblokke weggeruim, A1 het ’n reguit pad my na die kroon gelei, Deur my geboorte aan my toegesê as wins, Dan nog is daar ’n armte in my gees, En my gebreke is so groot en veel Dat ek veel eerder teen my roem sou skuil ’n Skuit nie opgewasse teen die see As om te wens dat grootheid my verswelg En ek in walms van my roem moet smoor. Maar goddank, nou is ek nie nodig nie e?
Veel sou ek andersins aan jul verskuldig wees. Die koningsboom het koningsvrugte nagelaat Wat deur die ure van die trae tyd Sal ryp, ’n sieraad vir die troon sal word En ons deur sy bewind geluk sal skenk. Op hom lê ek wat jul op mý wou lê Die reg en voordeel van sy blye ster, En God behoed dat ek dit van hom sleur. b u c k i n g h a m . Die stem van u gewete blyk daaruit, my heer, Maar die oorwegings is te nietig, te gering, As alles goed in ag geneem sou word. Jong Edward is u broer se seun, sê u. Dis waar; Edward se vrou is egter nie sy ma; Want eers was hy verloof aan Lady Lucy U moeder is getuie van die eed Daarna’t ’n tussenganger hom verbind Aan Bona, suster van die Franse vors. Ná hierdie tweetal het ’n arme smekeling, ’n Kommervolle ma van baie seuns, 5n Gekwelde weduwee van wie die skoonheid taan, In die laat middag van haar beste dae Sy roekelose oog verower en gevang, Die hoogste toppunt van sy roem verlei, Hom skandelik tot veelwywery laat daal. In dié onwettige bed by haar het hy Jong Edward toe verwek, na wie Uit blote hoflikheid, ons as die Prins verwys. Ek kan met veel meer wrok as dít uitwei, Maar uit eerbeid vir sommige wat nou nog leef, Beteuel ek spaarsaam maar my tong. Daarom, my heer, neem in u vorstelike hand Die voordeel van die waardigheid wat ons u bied; A1 sou u dit nie doen dat ons en dat die land floreer, Dan minstens om u edel afkoms te bevry Van die besmetting van ’n lae tyd, En op ’n ware erfkoers trug te bring. b u r g e m e e s t e r . Gee tog gehoor, my heer; u burgers soebat dit. b u g k i n g h a m . Moenie ons aangebode liefde weier nie. c a t e s b y . Verheug hul tog, gun hulle wat hul vra. g l o u c e s t e r . Waarom sou jul dié laste op my laai? Vir heers en majesteit, nee, deug ek nie. Ek soebat ju l: vertolk dit nie verkeerd: Ek kan en sal nie voor jul bede swig. 68
As u dit weier, omdat u trou en vlyt Verhoed dat u die kind, u broer se seun, onterf Want goed ken ons die sagtheid van u hart, Die tere, liewe, vroulike berou Wat ons in u teenoor u bloed bespeur, En teenoor alle mense, hoog en laag Dan moet u weet: of u aanvaar of nie, U broer se seun sal nooit as koning heers; Ons sal ’n ander op die troon laat plant, En so u huis in oneer laat verval; Met hierdie voorneme verlaat ons u. Kom, burgers. By God, ek het genoeg gepleit. g l o u c e s t e r . Nee, moenie sweer nie, Buckingham. Buckingham, Burgemeester en Burgers af. c a t e s b y . My Prins, roep hom terug; aanvaar hul bod. Want as u weier, ly die hele land. g l o u c e s t e r . Wil jul my in ’n wêreld van sorge dwing? Gaan roep hul trug. My hart is nie van klip, Maar word vermurf deur julle trou beroep, A1 stry dit teen my sin en teen my siel. Buckingham en die ander weer op. My neef, en al jul wys gewigtiges, Daar jul die Lot nou op my rug wil laai Dat ek teen wil en sin haar las moet dra, Moet ek geduldig wees en dit verduur; Maar as ’n boos gerug en vuil verwyt Moet volg op wat jul op my dwing, Sal julle blote dwang my weer onthef Van al die skandes en die smet daarvan; Want dit weet God, en dit sien julle ook, Hoe weinig ek begeer dat dit gebeur. b u r g e m e e s t e r . Mag God u seën! Ons sien, en sal dit sê. g l o u c e s t e r . Daardeur sal aan die waarheid reg geskied. b u c k i n g h a m . Dan groet ek u met hierdie koninklike rang Lank leef heer Richard, Koning van ons land! a l m a l . Amen! b u c k i n g h a m . Sal móre u as kroningsdag geval? g l o u c e s t e r . Net wanneer dit jul behaag, want dit is julle wens. b u c k i n g h a m . Ons sal U Edele móre dan inwag; Nou groet ons u met vreugde in die hart. g l o u c e s t e r (aan die Biskoppe). Terug nou na ons vrome taak. Vaarwel, my neef, vaarwel, my liewe vriende. Af. buckingham.
69
V I E R D E BEDRYF TONEEL I Voor die Toring in Londen Koningin Elizabeth, Hertogin van Tork, Markies van Dorset aan die een kant op; by ’n ander deur: Anne, Hertogin van Gloucester, gevolg deur Lady Margaret Plantagenet (Clarence sejong dogter). hertogin.
Wie kom hier aan? My kleindogter Plantagenet Aan die hand van haar liewe tante Gloucester ? Ek sweer sy gaan nou na die Toring toe, Deur liefde aangespoor, om die Prinsies te begroet. Ek groet jou, dogter. a n n e . Mag God die dag vir u voorspoedig maak! e l i z a b e t h . Vir jou ook, liewe suster! Waar gaan jy heen? a n n e . Net na die Toring; en met dieselfde doel, Dieselfde toewyding, lyk dit, as jul, Om die twee jong Prinsies te gaan groet. e l i z a b e t h . Ek dank jou, liewe suster; dan gaan ons almal saam» Brakenbury binne. Hier kom die Toringwag ook net betyds. Heer Luitenant, ek vra u, sê my tog Hoe gaan dit met die Prins en my jong seun van York? b r a k e n b u r y . Uitstekend, Edele. Maar as dit u behaag: Ek mag nie toelaat dat u hul besoek. Die Koning het uitdruklik so beveel. e l i z a b e t h . Die Koning? Wie is dit? brakenbury. Ek bedoel die Beskermheer. e l i z a b e t h . Mag God hom van die koningsrang beskerm! Het hy ’n grens kom stel wat my van hulle skei ? Ek is hul moeder; wie durf my van hul hou? h e r t o g i n . En ek hul pa se moeder; ek gaan in. a n n e . Volgens wet is ek hul tante, volgens my hart hul moeder. Neem my dus in na hul; ek sal die blaam aanvaar, Jou taak self op my eie skouers neem. b r a k e n b u r y . Nee, dame, nee; dit durf ek nie. ’n Eed bind my; en u moet my vergeef. 70
Af. Stanley op.
As ek U Edeles oor ’n uur weer sien, Sal ek u van York as skoonmoeder begroet, As geëerde toeskouer van twee skone koninginne. (Aan Anne.) U Edele moet nou saam na Westminster Om as Richard se Koningin gekroon te word. e l i z a b e t h . Ag, sny die kantwerk wat my bors toestrik, Dat my gebroke hart kan vry uitklop, Of anders smoor ek in dié dodelike nuus! d o r s e t . Bedaar; my moeder, hoe voel u? e l i z a b e t h . Praat nie met my nie, Dorset, nee; gaan weg! Mag dood en rampspoed op jou hakke volg; Jou moeder se naam spel onheil vir haar kinders. Wil jy die dood ontkom, vaar ver weg oor die see, Gaan woon by Richmond waar die hel jul nie kan tref. Gaan, haas jou, haas jou van dié huis van moord Voor jy die dooies meer laat word, En laat my sterf, gevang in Margaret se vloek, Nóg moeder, vrou, nóg Engelse vorstin. s t a n l e y . Vol wyse kommer is u raad, Mevrou. (Vir Dorset.) Gebruik die vlugge voordeel van die tyd; Ek sal u briewe saamgee vir my seun Om onderweg u tegemoet te kom. Moenie oorval word deur nog te versuim. h e r t o g i n . O nare wind wat oral ellende waai! O my vervloekte skoot, die dood se bed! 5n Basilisk het jy op die aarde uitgebroei, En as mens in sy oog kyk, sterwe jy. s t a n l e y . Kom dadelik, kom; ek is met haas gestuur. a n n e . En ek sal vol van teësin gaan. Wou God maar gee dat die beklemmende kring Van goud wat om my hoof gaan sluit, Rooiwarm staal kon wees, dat dit my brein verskroei! O salf my met ’n dodelike gif En laat my sterf voordat ’n stem kan roep: ,Lank leef die Koningin, deur God behoed!’ e l i z a b e t h . Gaan, gaan nou, arme mens; ek beny jou nie jou roem. Om my ontwil moet jy geen kwaad vir jou begeer. a n n e . En waarom nie? Toe hy wat nou my man is, Na my kom waar ek die lyk van Henry volg; Toe sy hande skaars gewas is van die bloed stanley.
7i
Afkomstig van my ander engel-man, Gevolg deur die vrome wat ek tóé beween Toe ek, sê ek, vir Richard in die oë kyk, Was dít my wens: ,Mag jy vir goed vervloek wees Dat jy my so jonk so oud van weduwee-wees kon maak; En as jy trou, mag smart jou bed bedreig; En mag jou vrou, as een so gek sou wees, Veel erger nog deur jou geteister word As wat jy my getref het deur my heer se dood.’ En kyk, voor ek die vloekspreuk kon herhaal, ’n Oogwenkie daarna, is my vrouehart Volslae deur sy heuningtaal gevang En is ek deur my eie vloek getref: Geen oomblik het ek sedertdien kon rus; Geen enkel uur het ek nog in sy bed Die sagte slaap se goue dou geniet Deur gruweldrome is ek steeds gewek. Daarby verfoei hy my vanweë my vader Warwick; Weldra gaan hy gewis hom van my kwyt. e l i z a b e t h . Ag, arme hart, vaarwel; ek bejammer joudie klag. a n n e . Nie meer as wat my siel oor joune treur. d o r s e t . Vaarwel, jy wat bedroefjou glorie groet! a n n e . Vaarwel, arme siel, wat daarvan afskeid neem. h e r t o g i n (aan Dorset). Gaan jy na Richmond, en mag geluk jou tref! (Aan Anne.) Gaan jy na Richard, en mag engele jou hoed! (Aan Elizabeth.) Gaan na jou skuiling, vervul met mooi gedagtes! Ek na my graf, waar ek rus en vrede sal hê! Meer as tagtig jaar van smart het ek gesien, Vir elke uur se vreug ’n week van pyn. e l i z a b e t h . Wag eers. Kyk saam met my na daardie Toring op. Ontferm jul oor die bloedjies, klippe van weleer, Wat deur naywer binne julle mure sit: ’n Ruwe wieg vir sulke mooi klein goedjies. Nors ou speelmaat, ru en verknotte oppasster Vir tenger prinsies, bewaar my babas goed. So groet my dwase smart jou klip: vaarwel. Almal af.
72
T O N E E L II Die Paleis in Londen Trompetgeskal. Richard kom in volle swier as Konitig binne, gevolg deur Buckingham, Catesby, RatclijJ\ Lovel, 'n Hofknaap en ander.
Staan almal opsy! Neef Buckingham. U Majesteit? r i c h a r d . Gee my jou hand. Bestyg die troon; trompetgeskal. So hoog het deur jou raad En deur jou hulp ek, Koning Richard, nou beland. Maar gaan ons hierdie glorie vir ’n dag behou, Of gaan dit duur, dat ons ons kan verheug ? b u c k i n g h a m . Dit duur nou nog; mag dit vir ewig bly! r i c h a r d . O Buckingham, nou gaan ek jou beproef, Om vas te stel hoe suiwer is jou goud. Jong Edward leef - sien jy wat ek bedoel? b u c k i n g h a m . Gaan voort, my heer. r i c h a r d . Ek bedoel, my Buckingham: ek sou wou Koning wees. b u c k i n g h a m . Dit is u rceds, driemaal geroemde heer. r i c h a r d . Ha! Is ek Koning? Ja; maar Edward leef. b u c k i n g h a m . Dis waar, my edel Prins. richard. O bitter lot: Dat Edward leef - ’n ware, edel Prins! My neef, jy was gewoonlik nie so bot. Moet ek dit sê ? Die valsgeborenes moet sterf. En ek wil hê dit moet nou gou gebeur. Wat sê jy nou? Praat baie gou, praat kort. b u c k i n g h a m . U Majesteit mag doen wat u behaag. r i c h a r d . Ai, ai, jy’s pure ys; jou vriendskap vries. Het ek jou toestemming dat hul gaan sterf? b u c k i n g h a m . Gee my ’n oomblik, ’n verposing, heer, Voordat ek u ’n vaste mening gee. Ek sal u binnekort hieroor berig. Af. c a t e s b y (tersy aan een van die ander). Die Koning is kwaad; kyk net, hy byt sy lip. r i c h a r d . Met ysterbotte swape sal ek praat, Kom van die troon af. Met oop en lugtige knape; vir my nie dié Wat vol berekening in my oë loer. Dié Buckingham wat so hoog wil tas, richard.
buckingham.
73
Begin nou danig op sy hoede raak. Seun! h o f k n a a p . My heer? r i g h a r d . Ken jy nie iemand wat deur sluwe goud Verlei kan word tot ’n taak van lewe of dood ? h o f k n a a p . Ek ken ’n ontevrede man, my heer, Wie se armoed afsteek by sy hoë hart. Goud sou so goed soos twintig sprekers wees En hom geredelik tot enigiets verlei. r i g h a r d . Wat is sy naam? h o f k n a a p . Sy naam, my heer, is Tyrrel. r i g h a r d . Ek ken hom vaag. Gaan haal hom dadelik. Hofknaap af. Dié diepe-water-Buckingham, so slim, Sal nie meer buurman wees vir my beraad. Hy het so lank, so onvermoeid gehou, By my gebly - en nou eers asem skep ? Dan moet dit maar so wees. Stanley op. En toe, Lord Stanley? Het jy nuus? s t a n l e y . My goeie heer, ek kom u sê: Die Markies van Dorset het gevlug, hoor ek, Na Richmond, na die streke waar hy skuil. Staan opsy. r i g h a r d . Staan nader, Catesby. Versprei jy die gerug Dat Anne, my vrou, uiters gevaarlik siek is; Ek sal haar deeglik laat bewaak. Spoor een of ander arm kêrel op Wat ek met Clarence se dogter kan laat trou Die seun is simpel - ek is nie bang vir hóm. Jy staan en droom, man! Ek sê jou weer: versprei Die storie dat die kranke Koningin mag sterf. Gaan dadelik: want ek het vas besluit Om elke vorm van die hoop te smoor Waarvan die groei vir my kan skadelik wees. Catesby af. Ek moet my broer se dogter trou, Of anders weeg my ryk op skerwe glas. Vermoor haar broers, en trou daarna met haar! Onseker vorm van wins! Maar ek staan nou So diep in bloed dat sonde op sonde teer. In hierdie oog lê daar geen tranerige spyt. Hofknaap terug, saam met Tyrrel.
Is jou naam Tyrrel ? Tyrrel, heer, u trouste onderdaan. r i c h a r d . Isjy dit inderdaad? tyrrel. My heer kan my beproef. r i g h a r d . Sal jy kans sien om ’n vriend van my te dood? t y r r e l . As u dit vra, my heer, sal ek dit doen: Twee vyande sou ek met groter graagte moor. r i g h a r d . Dan doen jy dit. Twee diep, geswore vyande Wat my rus bedreig, my sagte slaap verstoor: Dis húlle wat jy uit die weg moet ruim. Tyrrel, ek praat van daardie wangeborenes Wat in die donker Toring sit. t y r r e l . Gqe my net kans, my heer, om hulle by te kom, Dan is dit klaarpraat met u vrees vir hul. r i c h a r d . Ek hou van jou musiek. Kom nader, Tyrrel. Gaan met dié pand. Staan op en luister goed. Fluister. Dis al wat dit behels: kom sê my dis gedaan, En ek sal jou met liefde en guns bejeén. t y r r e l . Ek gaan nou dadelik. Tyrrel af. Buckingham kom terug. b u c k i n g h a m . My heer, ek het die saak nou goed oorweeg Die vraag waaroor u onlangs my wou pols. r i c h a r d . Laat dit maar daar. Dorset is na Richmond vort. b u c k i n g h a m . Ek het die nuus gehoor, my heer. r i c h a r d . Stanley, Richmond is jou vrou se seun: pas op! b u c k i n g h a m . My heer, ek vra nou die geskenk wat u beloof het, Waarvoor u eer en goeie trou verpand is: Die hertogdom van Hereford, die vee Wat u beloof het dat ek sal besit. r i c h a r d . Stanley, jy moet jou vrou dophou: as sy Aan Richmond briewe stuur, sal jý moet boet. b u c k i n g h a m . Wat sê u, heer, van my regmatige versoek? r i c h a r d . Dit val my nou weer by dat Henry Ses Voorspel het Richmond sou nog Koning word, Toe Richmond maar ’n tenger seuntjie was. ’n Koning! - dalk b u c k i n g h a m . My heer r i c h a r d . Hoe’t die profeet dan destyds nie kon sê - Want ek was by - dat ek hom sou vermoor ? b u c k i n g h a m . My heer, u het die hertogdom beloofr i c h a r d . Richmond! Toe ek onlangs by Exeter was, t y r r e l . James
75
Het die landheer my beleefd na die kasteel geneem, Dit Rougemont genoem; ek het geskrik, Want ’n Ierse bard het my eenkeer vertel Ek sou nie lank bly leef nadat my oog Richmond aanskou het nie. b u c k i n g h a m . My heer r i c h a r d . Hoe laat is dit? b u c k i n g h a m . Ek neem die vryheid om U Edele weer Te herinner aan wat u belowe het! r i c h a r d . Ja, ja; hoe laat is dit? b u c k i n g h a m . Dis tienuur op die kop. r i c h a r d . Jy slaan die spyker netjies op die kop. b u c k i n g h a m . Waarom op die kop? r i c h a r d . Omdat jy koppig kop bly insteek, man, Tussen jou soebat en my mediteer. Ek is nie in ’n geeërige luim vandag. b u c k i n g h a m . Mag dit u tog behaag om my versoek te gun. r i c h a r d . Jy pla my net; ek is nie in die luim. Almal behalwe Buckingham af. b u c k i n g h a m . Staan dit nou só? Word my diens beloon Met minagting? Het ek hom hiervoor Vors gemaak? Laat my aan Hastings dink, en haastig vlug Na Brecknock, met my bang kop op my rug. Af.
TONEEL III Die Palcis in Londen Tyrrel op.
Die bose daad van blocd is nou gedaan, Die gruwelikste aartsdaad van ’n moord Waaraan dié land ooit skuldig was. Dighton en Forrest, wat ek afgevaardig het Om die vreeslike slagting uit te voer - A1 is hul bloedige honde en deurtrap van kwaad Het in sagte, teer meelye skoon versmelt, Soos kinders oor hul droewe doodsverhaal gehuil. Dighton sê: ,Só’t die knapies lê en slaap,’ ,Só, só,’ sê Forrest, ,in die band gesluit
tyrrel.
76
Van hul onskuldig marmerarmpies. Hul lippe was vier rose aan ’n twyg, In somerlieflikheid het hul mekaar gesoen. ’n Bedeboek lê eenkant op hul kussing; En dit/ sê Forrest, ,het my byna laat bedink; Maar o, die Duiwel’ - toe het hy stilgebly, die skurk. Dighton gaan voort: ,Die soetste, mees volkome werk Van die natuur het ons vermoor, Wat dit vanaf die Skepping voortgebring het.5 Toe is hul albei diep berouvol vort, Hul kon nie praat; so het ek hul verlaat Om aan die bloedige vors die nuus te bring. Koning Richard binne. Hier kom hy nou. Gesondheid, goeie heer! r i c h a r d . My liewe Tyrrel, maak jou nuus ons bly? t y r r e l . As die voltooiing van die daad wat u beveel het, Vir u gelukkig maak, ja, wees dan bly. Dit is gedaan. righard. Het jy hul dood gesien? t y r r e l . Ek het, my heer. richard. En begrawe, liewe Tyrrel? t y r r e l . Die Toringkapelaan het hul begraaf; Maar wáár, dit weet ek werklik nie. r i g h a r d . Kom net na aandete na my toe, Tyrrel, Dan kan jy alles van hul dood vertel. Dink intussen oor hoe ek jou kan loon En wees die erfgenaam van wat jy vra. Tot dan, vaarwel. t y r r e l . Ek groet u nederig. Af. r i g h a r d . Die seun van Glarence het ek opgesluit; Sy dogter met ’n lae man laat trou; Edward se seuns die slaap by Abraham, En Anne, my vrou, het vir die wêreld nag gesê. Nou, wyl ek weet dat Richmond haastig mik Na jong Elizabeth, die dogter van my broer, En deur dié band uitdagend kroon toe kyk, Gaan ek na haar, ’n opgewekte minnaar. Ratcliff op. r a t c l i f f . My heer! r i g h a r d . Het jy goeie nuus of sleg, dat jy so binnebars? r a t g l i f f . Die nuus is sleg, my heer: want Morton het gevlug Na Richmond toe; en Buckingham maak reg, 77
Met groeiende mag, vir stryd, gesteun deur Walliesers. Ely by Richmond kwel my heelwat meer As Buckingham en sy oorhaastige mag. Kom nou; ek weet te goed ’n bang beraad Is ’n lede kneg vir trae talmery; En talm lei tot ’n swakke slakkegang, Waardeur ons daal tot bedelaars. Laat vurige handeling vleuels aan my verleen, Mercurius word die Koning se herout! Maak manne bymekaar. A1 raad is nou my skild: Gou moet ons wees; die verraaiers is nog wild. Albei af.
righard.
T O N E E L IV Voor die Paleis in Londen Ou Koningin Margaret op.
So. Nou begin die voorspoed vinnig ryp En afstort in die vrot muil van die dood. Hier in die engte het ek slu bly skuil, Bly dophou hoe my vyande almal taan. Ek sien hier voor my oë ’n bitter begin; Ek gaan na Frankryk toe; mag die gevolge Net so duister, wrang en tragies blyk. Weg jy, misrabel Margaret! Wie kom hier aan? staan opsy. Koningin Elizabeth en Hertogin van Tork binne. e l i z a b e t h . Ag, my arme prinsies! my tere bloedjies! My klein blomknoppies, pas-ontluikte skoonheid! As jul klein siele êrens nog sou sweef En nie die ewige doem bereik het nie, Bly dan met julle ligte vleuels bo my En luister hoe jul moeder jammerklaag. m a r g a r e t . Bly bo haar; en sê dat reg vir reg Jul kindermóre omgeskep het in grys nag. h e r t o g i n . So baie teenspoed het my stem laat stok, Dat my tong nou lam van lyding roerloos swyg. Edward Plantagenet: o waarom is jy dood ? m a r g a r e t . Plantagenet vereffen Plantagenet, margaret.
Edward, vir Edward, betaal ’n dodeskuld. My God, sal U die lammertjies verlaat En hul die wolfkuil binnesmyt ? Het U geslaap toe so iets uitgevoer is ? m a r g a r e t . Toe Heilige Henry dood is, en my sagte seun. h e r t o g i n . Gestorwe lewe, blinde aangesig, O arme sterflike lewende gees, Toneel van treurigheid, o wêreldskande, Besitting van die graf deur lewe wat gesteel is, Kort samevatting van die trae tyd, Rus nou jou onrus op die wettige grond, Gaan sit. Onwettig dronk gemaak deur kinderbloed. e l i z a b e t h . Kon j y net so geredelik ’n graf aanbied As wat jy droewe, dorre sitplek gee! Dat ek my bene kan verberg, nie net laat rus. Wie anders durf nog klae soos ons ? Gaan sit by haar. m a r g a r e t (kom nader). As smarte van weleer die hoogste is, Gun my die voordeel van die oudste vrou En laat my leed die bitter voortou neem. As smart gemeenskap kan verdra, Kom sit by hulle. Vertel opnuut jul leed deur myne te betrag. ’n Henry het ek gehad, tot ’n Richard hom vermoor het; ’n Man het ek gehad, tot ’n Richard hom vermoor het; ’n Edward het jy gehad, tot ’n Richard hom vermoor het; ’n Richard het jy gehad, tot ’n Richard hom vermoor het. h e r t o g i n . ’n Richard had ék ook, en jy het hom vermoor; ’n Rutland had ek ook, jy’t gehelp om hom te moor. m a r g a r e t . ’n Glarence had jy ook: Richard het hom vermoor. Diep uit jou skootspelonk het daar gekruip ’n Helhond wat ons almal dood toe jag. Dié hond wat met sy tande voor sy oë uit Die lammers pla, onskuldig bloed opslurp, Dié boos verwringer van Gods handewerk, Dié magtige tiran wat oor die aarde heers, Dié oë wat die wenendes regeer, Is uit jou skoot gelaat en jaag ons na die graf. Regverdige en Albeskikkend God, Hoe dank ek U dat hierdie bloedbeluste brak Nou jag maak op die werpsel van sy moederskoot En haar met al die ander saam laat klaag! elizabeth.
79
vrou van Henry, moet jou nie oor my smart verhef! God weet ek het oor joune saam geween. m a r g a r e t . Vergewe my; ek honger na die wraak. Nou voed ek my deur net te staar daarna. Jou Edward is dood wat myne doodgemaak het; Die ander Edward dood om myne te vergeld; Jong York is blote toegif, omdat hul albei saam Nie opweeg teen die omvang van my groot verlies. Jou Clarence is dood wat my Edward gedood het; En die toeskouers van die tragiese toneel, Oorspelige Hastings, Rivers, Vaughan en Grey, Lê ontydig in die donker graf gesmoor. Maar Richard leef, die hel se donker afgesant; Hy’t hulle net gebruik om siele aan te koop En soontoe weg te stuur. Maar naby, naby Lê nou sy treurig onbetreurde end. Die aarde gaap, hel brand, die duiwels brul En heiliges bid dat hy weldra van hier moet gaan. Vernietig, God, sy lewenspag, bid ek, Dat ek mag leef en sê: ,Die hond is dood!’ E L i Z A B E T H . J y het geprofeteer die tyd sou kom Dat ek jou hulp sou soek om saam te vloek Teen daardie spinnekop, die bose boggelpadda! MARGARET.Jy was toe nog my lot se ydele trompet, Die arme skadu, die geskilderde vorstin, Die blote voorstelling van wat ek was, Die fraai inleiding tot ’n droef toneel, ’n Vrou verhoog sodat sy neer kon stort, ’n Moeder bloot bespot met twee mooi seuns, ’n Droom van wat jy was, ’n skreeubont vlag, ’n Teiken waarna almal skiet, Teken van waardigheid, ’n adempie, seepbel, ’n Kammakoningin wat maar ’n rol vertolk. Waar is jou man dan nou? Waar is jou broers? Waar jou twee seuns ? Waarin verheug jy jou ? Wie kniel nou neer en sê: ,Lank leef die Koningin!’? Waar is die adel wat buig om jou te vlei ? En waar die baie troepe wat jou volg ? Stroop alles af en kyk wat jy nou is: Vir ’n blye vrou, nou ’n besorgde weduwee; Vir ’n ligte ma, nou iemand wat dié naam beklaag; Vir een by wie gesoebat word, een wat self smeek; Vir ’n Koningin, nou ’n verstotene gekroon met sorg;
hertogin.O
80
Vir haar wat my kon hoon, nou een vir wie ék hoon; Vir haar alom gevrees, ’n vrou wat één mens vrees; Vir haar wat kan beveel, ’n vrou wat nêrens heers. Só het geregtigheid se wiel gedraai En jou die tyd se blote prooi gelaat: Al wat jy oorhet, is onthou van wat jy was, Om jou te meer te folter en te straf, Omdat jy niks meer is as wat jy is. My plek het jy gekry; kry jy nou nie Die juiste aandeel aan my eie smart? Nou dra jou trotse nek die helfte van my juk, Waaraan ek eindelik my moeë kop onttrek Om al die las voortaan aan jou te laat. Vaarwel, o vrou van York, rampspoedige vorstin; Dié Britse leed sal my in Frankryk vreugde gee. ELizABETH. Jy wat so goed kan vloek, wag eers:
Leer my hoe ek mý vyande kan vloek! Snags moet jy wakker bly, en vas bedags; Stel dooie geluk teenoor die smart wat leef; Glo dat jou kinders fraaier was as wat hul was, Hul doder weer veel boser as hy is. Vergroot die omvang en die skoonheid van verlies So maak jy hom wat dit berokken, erger. Beproef dit m aar: só sal jy gou leer vloek. e l i z a b e t h . My woorde is bot; laat hulle vlam met joune! m a r g a r e t . Jou leed sal hul verskerp dat hul kan priem soos myne. 4f. h e r t o g i n . Waarom moet teëspoed vol van woorde wees? e l i z a b e t h . Dié lugtige advokate van hul kliënte, smart, Dié gladde erfgename van ’n intestate vreug, Arme ademende orators van ellende, Gun hulle kans; wat hulle sê, is min, Tog bring hulle verligting vir die hart. h e r t o g i n . A s dit so is, moet dan nie swyg. Praat saam met my En laat ons in die asem van ons bitter woorde smoor: My bose seun wat jou twee seuns vermoor het. Ek hoor trompetgeskal; wees luid in jou misbaar. Koning Richard en sy gevolg binne, begelei deur tamboere en trompette. r i c h a r d . Wie keer my in my opmars voor? h e r t o g i n . Sy wat jou vantevore sou kon keer Deur jou te smoor in haar vervloekte skoot: So sou ek, skurk, jou slagting kon verhoed! e l i z a b e t h . Verberg jy daardie voorhoof met ’n goue kroon margaret.
81
Waar dit gemerk moes wees, as daardie wet sou geld, Met die moord van die jong Prins wat nou die kroon moes dra, En die donker dood van my arme seuns en broers ? Sê my, jou booswig, waar my kinders is! h e r t o g i n . Jou duister, duister ding, waar is jou broer Glarence? En die klein Plantagenet, sy seun ? e l i z a b e t h . Waar is die goeie Rivers, Vaughan en Grey? h e r t o g i n . En waar die liewe Hastings? r i g h a r d . Trompette, blaas! Tamboere, slaan! Láát die hemel hierdie skindervroue nie hoor Waar hul Gods gesalfde vloek. Slaan nou, sê ek! Trompette en tamboere. Wees óf bedaard en spreek my hoflik aan, Of anders sal ek jul geroep verdrink Met hierdie luide druising van die stryd. h e r t o g i n . Is jy my seun ? r i g h a r d . Ja. Danksy God, my vader, en uself. h e r t o g i n . Luister geduldig na my ongeduld. r i g h a r d . Moeder, ek het dié luim van u geërf Dat ek verwyt en uitskel nie kan duld. h e r t o g i n . Laat my tog praat! r i g h a r d . Gerus; maar luister sal ek nie. h e r t o g i n . Ek sal met stil en sagte woorde praat. r i g h a r d . Praat gou, my moeder; want ek is haastig. h e r t o g i n . Só haastig wel? Ek het vir jou gewag, God weet, in wroeging en in pyn. r i g h a r d . En het ek nie gekom om u te troos? h e r t o g i n . Nee, by die kruis: jy weet dit selfJy ’s op die aarde om dit hel vir my te maak. ’n Bitter lyding was jou koms vir my; En kwaai en roekeloos jou jeug; Jou skooldae was wanhopig, wild, vol vrees; Jou ryper jare trots, geslepe, slu, vol bloed, Sagter ook soms, maar in jou vriendlikheid Skuil daar meer skade as in haat. Kan jy ’n enkel uur van rus opnoem Wat jy my ooit by jou laat lewe het? r i g h a r d . Net een keer, toe ’n vriendelike Ier U kom besoek het toe u by my was. As ek dan so ellendig in u oë is, Laat my dan voortmarsjeer en u nie langer kwel. Tamboere, slaan! hertogin. Ek smeek jou, laat my praat.
82
richard.
U praat te kwaai.
’n Enkele woord, gun my. Want ná vandag praat ek nooit weer met jou. RICHARD. O SOÍ h e r t o g i n . God sal dit óf regverdig so beskik Dat jy sal sterf voor jy van hierdie oorlog kom; Óf anders sal ék sterf, van ouderdom en smart En nooit jou aangesig weer sien. Neem daarom met jou saam my ergste vloek, Dat dit jou in die veldslag meer vermoei As al die wapenrusting wat jy d ra! Want my gebede gaan jou vyand sterk; Die siele van die seuns van Edward sal Influister in jou vyande se gees En hul oorwinning en sukses beloof. Vol bloed is jy; en mag jy vol bloed sterf.
hertogin.
Jou lewe is skandelik; en so sy ook jou dood. Af. elizabeth.
Ek het meer rede om te vloek, maar minder gees Is daar in my; ek sê net amen op haar woord. r i c h a r d . Wag, wag, met jou moet ek eers kortliks praat. e l i z a b e t h . Meer seuns van koningsbloed dié het ek nie Wat jy kan slag. En my dogters, Richard, Hul gaan as nonne bid, nie as vorstinne w een;
Probeer dus nie vir hulle met jou pyle tref. RiCHARD.Jy het 5n dogter met die naam Elizabeth,
Deugsaam en mooi, vol grasie, koninklik. En moet sy daarom sterf? O laat haar leef: Besoedel sal ek haar, haar skoonheid skend, Ek sal myself met owerspel beswadder En sê dat sy nie in die eg gebore is; Dat sy nie bloedig deur jou uitgemoor moet word:
elizabeth.
En ek sal bieg sy is geen kind van Edward nie. Ontken haar afkoms nie; sy’s koninklik, en 5n prinses. e l i z a b e t h . Om haar te red, sal ek selfs dít ontken. r i c h a r d . Juis in haar afkoms lê haar veiligheid. ELiZABETH.Juisin dié veiligheid het haar broers gesterf. r i c h a r d . By hul geboorte was die sterre sleg van stand. e l i z a b e t h . Nee, bose vriende het teen hul lewe saamgesweer. r i c h a r d . Die lot kan nooit ontwyk word nie. e l i z a b e t h . Dis waar: as mens jou teen die goeie keer. richard.
My kinders was beskore vir 5n beter dood. Was jy maar tot 5n beter lewe uitverkies. 83
’n Mens sou sê ék het my neefs vermoor. Jou eie neefs; en deur hul oom ontneem Van koninkryk, familie, vryheid, lewe self. Watter hand ook al hul tere hart deursteek het, Jóú kop het dwarsweg rigting aangedui. Ek glo die moordenaarsdolk was stomp en stug Tot dit gewet is op jou slypsteenhart Om in my lammertjies se binneste te plons. Gewoonte maak ’n wilde lyding mak, Want anders sou my tong my seuns nie noem Voordat my naels hul anker in jou oë, En ek hier in die dood se wanhoopsbaai, Soos ’n arme skip van mas en seil beroof, Te pletter op jou bors se rotse loop. r i c h a r d . U Majesteit, mag nou my onderneming slaag En ek in die bloedige stryd oorwin, Want ek beoog meer goeds vir u en vir u huis As wat ek ooit u huis of u benadeel het. e l i z a b e t h . Waar lê nog goed bedek onder die hemel se gesig Om ontdek te word en aan my goed te doen ? r i c h a r d . Die verhoging van u kinders, Majesteit. e l i z a b e t h . Na ’n skavot om daar onthoof te word? r i c h a r d . Na die hoë waardigheid soos deur die Lot beskik: Die koninklike hoogtepunt van aardse roem. e l i z a b e t h . Streel dan my rampspoed deur te praat daarvan; Sê tog met watter rang of eer of waardigheid Jy enige kind van my kan tref? r i c h a r d . Met alles wat ek het - ja met myself Sal ek ’n kind van u vereer; En in die Lethe van u toornige siel Sal u die droef herinnering verdrink Van al die kwaad wat u vermoed Wat ek u ooit sou aangedaan het. e l i z a b e t h . Praat gou, sodat jou goedheid se proses Nie in vertelling langer as jou goedheid rek. r i c h a r d . Weet dan dat ek u dogter uit my siel bemin. e l i z a b e t h . My dogter se moeder dink dit in haar siel. r i c h a r d . Wat is dit wat u dink? e l i z a b e t h . Dat jy my dogter uit jou siel uit min. So het jy uit jou siel haar broers bemin, En uit my hart moet ek jou daarvoor dank. r i c h a r d . Verdraai tog nie oorhaastig my bedoeling nie. Ek bedoel dat ek diep uit my siel u dogter min
richard.
elizabeth.
En my voorgeneem het om haar Koningin te maak. En wie, meen jy, gaan dan haar Koning wees? r i g h a r d . Hy wat haar tot Vorstin verhef. Wie andcrs? ELIZABETH. Wat, jý? r i c h a r d . Ja, ek. En wat dink u daarvan? e l i z a b e t h . Hoe kan jý haar die hof ooit maak? richard. Sê u my dit, Omdat u haar natuur die beste ken. e l i z a b e t h . Moet ek jou sê? richard. Van ganser harte, Majesteit. e l i z a b e t h . Stuur die moordenaar van haar broers na haar Met twee bloeiende harte in sy hand; graveer daarop ,Edward’ en ,York’. Dit mag haar dalk ontroer; Stuur daarom ook - soos Margaret weleer Aan jou vader, met Rutland se bloed deurdrenk ’n Sakdoek; sê haar dit het die purper sap Uit haar beminde broer se lyf gedrink, Laat haar haar treurende oê daarmee droog. As dié aansporing nie haar liefde wek, Skryf haar ’n brief oor al jou dapper dade; Sê haar jy’t Clarence, wat haar oom was, omgebring; En Rivers, haar ander oom; en om haar eie ontwil Het jy haar tante Anne ook uit die weg geruim. r i c h a r d . Nou spot u, Majesteit; só kan ek nie U dogter wen. e l i z a b e t h . Daar is geen ander uitweg nie; Tensy jy ’n ander gedaante aan kon neem In plaas van Richard wat dit als gedoen het. r i c h a r d . Sê haar ek het dit als vir haar gedoen. e l i z a b e t h . Dan sal sy jou voorwaar moet haat Dat jy met soveel bloed wou liefde koop. r i c h a r d . Kyk tog: gedane sake het geen keer. Soms handel mens oorhaastig, ongerade, En kry langdurig, as dit verby is, diep berou. As ek u seuns die koninkryk ontneem het, Gee ek dit aan u dogter as geskenk. As ek die vrugte van u skoot gedood het, Sal ek u nageslag laat aanwas deur my kind By u dogter te verwek, u eie bloed. Die naam van Grootmoeder het weinig minder liefde As die kosbare benaming van ’n Moeder; As kinders staan hul maar een trappie verder; U eie allooi, en uit u eie bloed;
elizabeth.
85
Dieselfde pyn, behalwe net één nag se kerm Deur haar verduur, vir wie u insgelyks moes ly. U kinders was ’n kwelling vir u jeug, Laat myne u in u ouderdom vertroos. Wat u verloor het, is ’n seun as Vors, Deur dié verlies word nou u dogter Koningin. Ek kan u nie vergoed soos ek sou wou, Aanvaar dus maar dié goedheid wat ek kán. Dorset u seun, wat vreesbevange swerf, Met ontevrede hart, ver in ’n vreemde land, Sal deur dié mooi verbintenis huis toe keer Na groot bevordering en hoë waardigheid. Die Koning wat u skone dogter vrou mag noem, Sal heel vriendskaplik Dorset groet as broer; Weer eens sal u ’n Vors se moeder wees; Vir al die puin van kommervolle dae Sal daar in dubbele maat vergoeding kom. Want kyk, daar lê nog mooi dae voor. Die vloeiende trane deur u uitgestort, Sal na u trugkom, in pêrels omgeskep, Hul lening ryklik aangevul met rente, Tiendubbele winste van geluk. Gaan dan, my moeder, na u dogter, gaan; Versterk haar skugter jare met u eie ervaring; Berei haar ore voor op ’n minnaar se verhaal; Lê in haar tere hart die hunkerende vlam Van goue koningskap; vertel aan die Prinses Van al die soet stil ure van huweliksgeluk. En nadat hierdie arm die klein rebel, Die dom, bot Buckingham gestraf het, Sal ek met die louriere van oorwinning kom, Na ’n veroweraar se bed u dogter lei; Aan haar sal ek my groot triomf oordra, Alléén sal sy seëvier, die Caesar van die Caesar. e l i z a b e t h . Wat moet ek sê? Haar pa se eie broer Wil nou haar meester word ? Of moet ek sê haar oom ? Of hy wat broers en ooms vernietig het ? Met watter naam sal ek jou saak bepleit Dat God, die wet, my eer, haar liefde self, Dit vir haar tenger jare mag aanvaarbaar maak ? r i g h a r d . Verwys haar na die vrede wat die band sal skep. e l i z a b e t h . Wat sy met duursaam oorlog duur sal koop. r i g h a r d . Sê haar die Vors wat mag beveel, smeek dit.
Hy smeek wat die Vors der Vorste haar verbied. Sê haar sy word ’n hoë Koningin. e l i z a b e t h . Dat dit haar soos haar moeder kan berou. r i c h a r d . Sê haar ek sal haar ewig bly bemin. e l i z a b e t h . Hoe lank sal daardie woordjie ,ewig’ duur? r i c h a r d . Dit bly van krag terwyl haar hele lewe duur. e l i z a b e t h . Hoe lank sal heelheid in haar lewe bly? r i c h a r d . So lank as wat natuur en hemel dit beskik. e l i z a b e t h . So lank as wat die hel en Richard daarvan hou. r i c h a r d . Sê: ek, haar Koning, is haar onderdaan. e l i z a b e t h . Maar sy, jou onderdaan, verfoei dié koningskap. r i c h a r d . Wees tog welsprekend namens my by haar. e l i z a b e t h . ’n Eerbare verhaal kry in eenvoud sy besiag. r i c h a r d . Vertel haar dan eenvoudig dat ek haar bemin. e l i z a b e t h . Eenvoudig en oneerbaar skep ’n bitter styl. r i c h a r d . U redes is te vinnig en te vlak. e l i z a b e t h . O nee, my redes is te dood en diep Te dood en diep, die bloedjies, in hul graf. r i c h a r d . Moenie dié snaar bly pluk nie: dis verby. e l i z a b e t h . Ek sal dit pluk tot elke hartsnaar breek. r i c h a r d . Ek sweer by George, my ridderskap, en by my kroon e l i z a b e t h . Geprofaneer, onteer, die derde gesteel. r i c h a r d . Ek sweer e l i z a b e t h . By niks; want dit is tog geen eed: Jou George verloor al deur jou noem sy eer; Jou ridderskap, besoedel, is geskend; Jou kroon, gesteel, onteerde waardigheid. As iets wat jy wil sweer, geglo moet word, Sweer dan by iets wat jy nog nie gekwets het nie. r i c h a r d . Dan by myself elizabeth. Jou self is deur j ouself misbruik. r i c h a r d . By die wêreld dan elizabeth. Dis vol van al jou euwele. r i c h a r d . By die dood van my vader elizabeth. Dis deur jou lewe onteer. r i c h a r d . Goed, dan by God elizabeth. Sy onreg is die ergste. As jy nog bang was om ’n eed met Hom te breek, Sou jy die eendrag van my eggenoot, die Vors, Nie verbreek en my broers ook nie vermoor het nie. As jy nog bang was om ’n eed met Hom te breek, Sou die goue kroon wat nou jou hoof omspan Die tenger slape van my kind omsluit; elizabeth. richard.
87
Albei die Prinse sou nog asemhaal, Wat deur jou valse eed nou prooi vir wurms is, Twee tenger slapers in ’n bed van stof. Waarby kan jy nou sweer ? r ig h a r d . By die tyd wat kom. e l i z a b e t h . Dié het jy klaar veronreg deur jou misdade weleer; Ek self het baie trane om te droog In die tyd wat kom, oor jou vervloë kwaad. Die kinders wie se vaders jy vermoor het, leef: ’n Hawelose jeug om later te beween; Die ouers wie se kinders jy geslag het, leef, Ou dorre plante wat op hul oudag daaroor treur. Sweer by die toekoms nie; want dit het jy Veronreg voor dit kom, deur reeds gedane kwaad. r i g h a r d . Mag ek floreer in stryd en in gevaar, Want ek gaan boete doen en als vergoed. Kom, laat ek dan vandag myself vervloek! Mag die hemel en die lot my van geluk weerhou! O dag, ontsê my lig; en nag, jou rus! Planete wat voorspoed bring, keer jul teen my In wat ek doen! - as ek nie met my hele hart Met vlekkelose toewyding en vroom gepeins U skone koningsdogter koester en bemin. In haar berus al my en u geluk; En sonder haar tref my en u En haar, die land, en talle Ghristene, Dood en verwoesting, puin, verval. Net hierdeur kan ons al die kwaad vermy; Net hierdeur sál ons al die kwaad vermy. En daarom, liewe moeder - want so moet ek u noem Wees u die pleitbesorger van my hart by haar; Bepleit wat ek gaan wees, nie wat ek was; Nie my verdiende loon, maar wat ek gáán verdien. Lê nadruk op die noodsaak van die tyd, Wees nie bekrompe in ’n saak van groot belang. e l i z a b e t h . Moet ek my deur die duiwel laat versoek? r i c h a r d . As die duiwel u versoek om goed te doen. e l i z a b e t h . Moet ek myself vergeet dat ek my self kan wees? r i g h a r d . Ja, as jy deur onthou jou self sou onreg doen. e l i z a b e t h . En tog: jy het my kinders doodgemaak. r i c h a r d . Maar in jou kind se skoot begraaf ek h u l ; In daardie soet gekruide nes sal hul Hulself vermenigvuldig tot u troos. 88
Moet ek my dogter vir jou gaan oorreed? Daardeur sal u geluk as moeder wen. e l i z a b e t h . Ek gaan. Skryf binnekort aan my En ek sal jou laat weet hoedat sy voel. r i c h a r d . Gee haar dié liefdeskus; erx nou, vaarwel. Hy soen haar; Elizabeth af. Berouvolle dwaas, o vlak veranderlike vrou! Ratcliff op, gevolg deur Catesby. En toe? Wat is die nuus? r a t c l i f f . O soewereine vors, digby ons Weskus vaar ’n Magtige vloot; en na ons strande stroom ’n Menigte vriende, onbetroubaar, hol van hart, En ongewapen, teësinnig om hul af te slaan. Vermoedelik is Richmond hulle admiraal; Daar talm hul en wag net op die hulp Van Buckingham, voor hul die land oorval. r i c h a r d . Stuur ’n vinnige vriend na die Hertog van Norfolk. Ratcliff, jy - of Catesby; waar is hy? c a t e s b y . Hier, Majesteit. richard. Haas jou na die Hertog toe. c a t e s b y . Ek sal, my heer, so gou ek kan. r i c h a r d . Ratcliff, kom hier. Daadlik na Salisbury; As jy daar aankom - (Aan Catesby.) Onnosel, trae skurk, Wat talm jy nog, dat jy nie na die Hertog gaan ? c a t e s b y . U Hoogheid, heer, sê my wat u verlang: Wat moet ek namens u aan hom vertel ? r i c h a r d . Dis waar, my goeie Catesby. Hy moet onmiddellik Die grootste moontlike leërmag vergaar En my terstond by Salisbury ontmoet. c a t e s b y . Ek gaan. (Af.) r a t c l i f f . En wat wil u dat ek in Salisbury doen? r i c h a r d . Waarom wil jy nou soontoe voor ék gaan? r a t c l i f f . U Hoogheid het so pas beveel ek moet. r i c h a r d . Ek het van plan verander. Lord Stanley op. Stanley, jou nuus ? s t a n l e y . Niks goeds nie, heer, wat u sou kon verheug; Maar niks so sleg dat dit verswyg moet word. r i c h a r d . Jy praat in raaisels, man! Nóg goed nóg sleg! Waarom moet jy so baie myle draf As jy met jou verhaal kan kortpad kies ? Nou toe, vertel. stanley. Richmond is op die see. elizabeth. richard.
89
Mag hy daar sink, die see oor hom! Lafhartige renegaat, wat doen hy daar? s t a n l e y . Ek weet nie, Majesteit, maar ek kan raai. r i c h a r d . Ráái dan. s t a n l e y . Deur Dorset aangehits, en Morton, Buckingham, Kom hy nou hierheen om die kroon te eis. r i c h a r d . Staan die troon dan leeg? En lê die swaard en rus? Is die Koning dood, die ryk dalk sonder heer? Wie leef naas my as erfgenaam van York? En wie durf Koning wees behalwe York se seun? Nou sê my dan: wat maak hy op die see! s t a n l e y . Ek kan geen ander rede raai as dit, my heer. r i c h a r d . Tensy hy kom om heer oor jou te wees, Kan jy nie raai waarom die Walliser kom! Nou gaan jy seker teen my draai en vlug. s t a n l e y . Nee, Majesteit; moet my tog nie wantrou. r i c h a r d . Waar is jou mag dan om hom af te slaan? Waar is jou dienaars, jou gevolg? Is hul nie almal teen die Weskus nie Waar hul rebelle veilig van hul skepe help ? s t a n l e y . Nee, goeie heer; my vriende is almal noord. r i c h a r d . Koue vriende vir my. Wat soek hul noord Hul moet hul Koning in die Weste dien! s t a n l e y . Hul het nog nie bevel gekry, gedugte heer. As dit U Majesteit behaag om my te stuur, Sal ek my vriende monster, na u bring, Net waar en wanneer dit U Edele pas. r i c h a r d . Ja, ja, ek weet jy wil jou graag by Richmond skaar Vir jou vertrou ek nie. stanley. U Majesteit, U het geen rede om my trou te wantrou nie. Vals was ek nooit en sal dit ook nooit wees. r i c h a r d . Gaan monster dan jou manskappe. Maar laat Jou seun, George Stanley, agterbly. En bly jy trou, Want anders is sy hoof in groot gevaar. s t a n l e y . Handel met hom soos ek my trou bewys. Af’n Boodskapper op. b o o d s k a p p e r . U hoë Majesteit, in Devonshire, So’t ek van goeie vriende pas verneem, Is Sir Edward Courtney en die trots prelaat, Biskop van Exeter, sy ouer broer, En baie ander samesweerders saamgetrek.
richard.
Nog ’n Boodskapper op.
ii. In Kent, my heer, het die Guilfords opgestaan; En elke uur kom daar al meer geesdriftiges By die rebelle aangestroom; hul mag word sterk. JSÍog ’n Boodskapper op. b o o d s k a p p e r iii. My heer, die leër van Lord Buckingham r i c h a r d . Uilegebroed! Kan jul net dood uitskree? Slaan hom. Neem dit, totdat jy beter nuus leer d ra! b o o d s k a p p e r iii. Die nuus wat ek U Majesteit kom gee3 Is dat ’n skielike storm en vloedwater Die leër van Buckingham getref en sleg verstrooi het; Hy self het stokallenig weggedwaal, Niemand weet waarheen nie. richard. Vergeef my tog. Hier is my beurs: laat dit die hou vergoed. Het enige vriend beloning uitgeloof Aan hom wat die verraaier vang ? b o o d s k a p p e r iii. Dit is reeds aangekondig, heer. JSÍog ’n Boodskapper op. b o o d s k a p p e r iv. Sir Thomas Lovel en Lord Dorset, heer, Het glo in Yorkshire wapens opgeneem. Maar hierdie goeie tyding bring ek u Die vloot uit Frankryk is deur storms verstrooi. In Dorsetshire het Richmond ’n boot gestuur Om almal op die oewer uit te vra Of hul sy ondersteuners is, óf ja óf nee; Hul het gesê hul kom van Buckingham Na hom. Maar hy’t hul nie vertrou, Sy seil gehys, na Frankryk truggevaar. r i g h a r d . Ruk op, ruk op, want ons is slaggereed; Veg ons nie teen 5n vreemde vyand nie, Kan ons ons eie rebelle tuis verslaan. Catesby kom terug. c a t e s b y . U Majesteit, Lord Buckingham is aangekeer Dit is die beste nuus. Dat die Graaf van Richmond By Milford met ’n magtige leër geland het, Is killer nuus wat ook vertel moet word. r i c h a r d . Voorwaarts na Salisbury! Terwyl ons redeneer, Word ’n koninklike veldslag dalk gewen En dalk verloor. Beveel dat Buckingham Na Salisbury gebring moet word; die res volg my. Trompette. Almal af.
boodskapper
91
TONEEL V Lord Dcrby se huis Stanley en Sir Christopher Urswick op.
Sir Christopher, gee Richmond dié berig: In die hok van die dodelike wildevark Word my seun, George Stanley, gyselaar gehou; En staan ek op, dan word jong George onthoof; Uit vrees moet ek voorlopig hulp weerhou. Gaan dadelik. En gee my groete aan jou heer. Sê bowenal: die Koningin het ingestem Dat hy haar dogter Elizabeth trou. Maar sê my tog waar is Prins Richmond tans ? c h r i s t o p h e r . In Pembroke, ofin Harford, Wallis-Wes. s t a n l e y . Is daar bekendes wat hom ondersteun? c h r i s t o p h e r . Sir Walter Herbert, hy’s ’n groot soldaat; Sir Gilbert Talbot en sir William Stanley, Oxford, gedugte Pembroke, sir James Blunt, En Rice ap Thomas met ’n dapper klomp; En baie ander nog van aansien, en beproef. Op Londen spits hul al hul kragte toe, Tensy hul onderweg ’n aanval af moet slaan. s t a n l e y . Haas jou nou na jou heer; ek kus sy hand; My brief sal hom oortuig van wat ek voel. Vaarwel. Albei af. stanley.
V YF D E BEDRYF TONEEL I ’n Oopte by Salisbury Balju en Wag op, besig om Buckingham na sy teregstelling te lei.
Weier die Koning dat ek met hom praat? hy verseg; berus dus maar. b u c k i n g h a m . Hastings, en Edward se kinders, Rivers, Grey, Heilige Henry en jou fraai seun Edward, Vaughan, en almal wat gesterwe het Deur agterbakse ongeregtigheid: As nou jul broeiend ontevrede siele Deur al die wolke na dié oomblik tuur, Bespot uit weerwraak dan my ondergang! Dis Allersieledag, nê kêrel, is dit nie ? b a l j u . Dit is, my heer. b u c k i n g h a m . Dan’s Allersieledag die sterfdag van my lyf. Dit is die dag wat ek nog onder Edward Gewens het my mag tref toe ek so vals Sy kinders en sy vrou se bondgenote verraai het; Dit is die dag wat ek wou hê dat my moes tref Deur die vals trou van hom wie ek bo áls vertrou het; Dié Allersieledag, dié dag is vir my siel Die voorbepaalde einde van my skuld; Die hoë Alsiener het ek uitgetart, Nou’t hy my vals gebed teen my gekeer En my in erns gegee wat ek in spot wou hê. So sal Hy elke bose mens se swaard Teen sy eie baas se boesem draai. So val die vloek van Margaret op my. ,As hy jou hart met smarte splyt,’ het sy gesê, ,Onthou dan Margaret was ’n profetes.’ Neem my, soldate, na die skandblok toe; Want kwaad vir kwaad, en skuld vereffen skuld. bugkingham.
b a l j u . Ja,
Af.
93
T O N E E L II ’n Kamp naby Tamworth Richmond, Oxford, Sir James Blunt, tamboere en vaandels.
Walter Herbert e.a. op, met
righmond.
My wapenbroers en mees geliefde vriende, Verbrysel deur die juk van tirannie, So ver het ons die land se ingewande nou Betree, en sonder hindernis getrek; En hier ontvang ons van ons vader Stanley ’n Brief van troos en vol bemoediging. Die aaklig bloedbeluste, valse wildevark Het julle somerland en wingerd omgedolf, Jul warm bloed soos afvalwater uitgemors, Sy trog in julle ingewande oopgewroet Nou is die bose swyn mooi in die land se hart Naby die stad van Leicester, so het ons verneem. Van Tamworth af tot daar is maar 5n dag se trek. Kom laat ons vrolik opruk, dapper vriende, En die oes van blywende vrede in Deur dié enkele bloedige oorlogsdaad. o x f o r d . Elke man se wete is ’n duisend man Wat teen die skuldige moordenaar veg. h e r b e r t . Sy vriende sal gewis oorloop na ons. b l u n t . Hy het geen vriende nie: net vriende van vrees Wat in sy hoogste nood hom sal versaak. r i g h m o n d . Als tot ons voordeel. Trek dan in Godsnaam op. Die hoop is vlug, vlieg met die vleuels van swaels; Van konings maak dit gode, en van nederiges konings. Af.
TONEEL III Die veld by Bosworth Koning Richard in wapenrusting binne, saam met Norfolk, RatclijJ\ die Graaf van Surrey en ander. richard.
Ons slaan hier kamp op, in die veld van Bosworth. 94
Lord Surrey, waarom lyk jy so bedruk ? s u r r e y . My hart is tien maal ligter as my blik. r i c h a r d . Lord Norfolk! norfolk. Hier, U Majesteit. r i g h a r d . Teenslae moet ons hê, nê, Norfolk? Ha! n o r f o l k . Ons moet maar gee en neem, my liewe heer. r i c h a r d . Op met my tent! Vannag vertoef ek hier.
Soldate begin sy tent opslaan. Maar móre - waar ? Ag, dis ook daarnatoe. Wie’t die verraaiers se getal bepaal ? n o r f o l k . Niks meer as ses- of seweduisend nie. r i c h a r d . Ons leërmag is drie maal die getal; En daarby is die Koningsnaam ’n toring van krag Wat hulle aan die ander kant ontbeer. Op met die tent! Kom, edel here, saam, Dat ons die ligging van die grond beskou. Roep manne wat soldate kan beveel; Laat dissipline nie ontbreek; en moenie draai; Want móre, here, is ’n drukke dag.
Almal af. Aan die oorkant van die veld verskyn Richmond, Sir William Brandon, Oxford, Dorset en ander. ’n Paar begin Richmond se tent opslaan. richmond.
Die moeë son se ondergaan was goud, En aan die blink spoor van sy vurige koets Voorspel hy voorspoed vir die dag wat kom. Sir William Brandon, dra jy my vaandel. Bring my papier en ink hier na my tent. Ek gaan die plan van die geveg neerstip, Wat elke leier tot sy taak beperk En na die juiste maat ons leërtjie verdeel. Lord Oxford, jy - en jy, Sir William Brandon Ook jy, Sir Walter Herbert - bly by my. Die Graaf van Pembroke hou sy regiment; Kaptein Blunt, gaan groet die Graaf en nooi hom namens my Om twee-uur vannag hier na my tent te kom. En nog iets, my goeie Kaptein: kan jy my sê Waar die kwartiere van Lord Stanley is ? b l u n t . Tensy ek met sy vaandels my misgis En ek is vas oortuig dít het ek nie Dan lê sy regiment ’n halfmyl suid, Op sy allerminste, van die Vors se gedugte mag. r i c h m o n d . As dit sou moontlik wees, sonder gevaar,
95
My liewe Blunt, probeer dan by hom kom En gee hom hierdie dringende brief van my. b l u n t . Ek sal dit met my lewe onderneem; Mag God u goed laat rus vannag! r i c h m o n d . Goeienag, my goeie Blunt. Kom nou, menere, Laat ons beraadslaag oor wat móre gebeur. Kom na my tent; die dou is bytend koud. Hulle gaan die tent binne. Koning Richard, Norfolk, Ratcliff en Catesby kom die Koning se teni binne. r i c h a r d . Hoe laat is dit? catesby. Aandetenstyd, my heer; Dis nege-uur. richard. Vanaand gaan ek nie eet. Bring vir my ink, papier. En toe, is my helm iewers neergelê ? En al my wapenrusting in my tent ? c a t e s b y . Dit is, my heer, en alles is gereed. r i c h a r d . Norfolk, haas jou nou na jou taak; Gaan soek betroubare soldate vir die wag. n o r f o l k . Ek gaan, my heer. r i c h a r d . Staan móre met die leeurik op, Norfolk. n o r f o l k . Dit kan ek u beloof, U Majesteit.
Af.
richard.
Catesby! My heer! r i c h a r d . Stuur ’n gewapende herout Na Stanley se regiment; laat hom sy mag Voor sonop bring, of anders val sy seun In die blinde grot van die nag wat ewig duur. Catesby af. Skink my ’n beker wyn. En stuur ’n kers Waarop die nag se ure strepe maak. Laat my spierwit Surrey opsaal vir die slag. Kyk dat my lanse stewig is, en nie te swaar. Ratcliff! r a t c l i f f . My heer? r i c h a r d . Het jy die broeiende Northumberland gewaar? r a t c l i f f . Hy’t saam met Thomas, Graaf van Surrey, Teen skemertyd van man tot man Die leêr deurgestap, soldate opgebeur. r i c h a r d . So, dan is ek tevrede. Gee my ’n beker wyn. Ek het nie daardie vurigheid van gees, Die opgewekte hart wat ek vanslewe had. catesby.
96
Sit dit maar neer. Is al die skryfgoed daar ? Dit is, my heer. r i c h a r d . Gaan sê my wag moet waghou; jy moet nou gaan. Ratcliíf, kom weer teen middernag na my tent En help my wapens aangord. Gaan nou, sê ek. Ratcliff a f ; Richard raak aan die slaap. By Richmond in die tent verskyn Stanley ; ander Lords op die agtergrond. s t a n l e y . Geluk en sege sit al op jou helm! r i c h m o n d . Mag al die troos wat hierdie donker nag kan bied, Op u teregkom, my edel skoonvader! Sê my, hoe gaan dit met ons liewe moeder ? s t a n l e y . Ekis gestuur om jou vir haar te seën. Sy bid nog sonder ophou dat Richmond triomfeer. Genoeg daarvan. Die stille ure sleep verby. Die nag se nerf versplinter op die oosterkim. Om kort te gaan - dis wat die tyd vereis Berei jou veldslag voor vir móre vroeg, Laat dan jou lot beslis word deur die bloed, Die slae en die doodstaar van die stryd. Ek, as ek mag - wat ek sou wou, dit kan ek nie Sal die tyd met die beste voordeel uitoorlê, Jou bystaan in dié groot onseker slag; Te openlik sal ek jou nie mag steun: Word ek gesien, dan word jou jong broer George Voor sy vader se oë tereggestel. Vaarwel; die drukte en die benoude uur Verhinder die omslagtige liefdesgroet, Uitvoerige wisseling van sagte woorde Wat sulke lang-geskeie vriende sou behoef. God gun ons later vir dié rite tyd! Weer eens, vaarwel; hou moed: dit gaan jou wel! r i c h m o n d . Neem hom nou na sy regiment terug. Ek sal onrustig maar gaan slaap Dat ek nie móre deur vaak oorweldig word As ek my perd met vleuels van triomf moet klim. Ek groet jul almal weer, my here: goeienag. Al die ander af. O God in wie se grote naam ek stry, Sien tog my magte met genade aan; Lê in hul hand die yster van U toorn, Dat hul met sware slag ons vyand tref En al die valse helms af laat stort! Maak ons die werktuig van U strafgerig, ratcliff.
97
Dat ons in die oorwinning U mag loof! Aan U beveel ek nou my wakend siel; Voor ek die luike van my oë sluit, In slaap of wakkerbly, beskut U my! Raak aan die slaap. Die gees vanjong Prins Edward, seun van Henry VI, verskyn. ge e s (aan Richard). O laat my móre swaar lê op jou siel! Onthou hoe jy my in my prille jeug By Tewksbury deursteek het; wanhoop daaroor, en sterf! (Aan Richmond). Richmond, wees opgewek; die donker siel Van alle geslagte prinse veg vir jou. Die seun van Koning Henry Richmond, kom jou troos. Gees van Hendrik VI op. ge e s [aan Richard). Toe ek nog sterflik was, is my gesalfde lyf Deur jou met dodelike wonde diep deursteek. Dink aan die Toring en my. Wanhoop en sterf! (Aan Richmond.) Vroom, deugsaam mens, wees jy oorwinnaar! Die Henry wat voorspel het jy gaan Koning word, Vertroos jou in jou slaap. Leef en floreer! Gees van Clarence op. g e e s (aan Richard). O laat my móre swaar lê op jou siel! Ek wat met giftige wyn in die dood gespoel is, Die arme Clarence, deur jou lis vermoor! Onthou my móre in die stryd, Laat val jou stomppuntswaard. Wanhoop en sterf! (Aan Richmond.) Jy, spruit uit die Huis van Lancaster, A1 die veronregtes van York dié bid vir jou. Die engele seën jou stryd. Leef en floreer! Geeste van Rivers, Grey en Vaughan verskyn. r i v e r s (aan Richard). O laat my móre swaar lê op jou siel, Ek, Rivers wat by Pomfret dood is. Wanhoop en sterf! g r e y (aan Richard). Onthou vir Grey en wanhoop in jou siel! v a u g h a n (aan Richard). Onthou vir Vaughan, laat val jou lans Vol skuld en vrees. Wanhoop en sterf! a l m a l (aan Richmond). Staan op en weet: Richard se kwaad teen ons Die sluimer in sy bors en sal oorwin. Staan op en triomfeer. Die gees van Hastings op. ge e s (aan Richard). Bloedige skuldenaar, staan skuldig op En sluit jou lewe in ’n slag vol bloed! Onthou Lord Hastings. Wanhoop en sterf. (Aan Richmond.) Bedaarde, vreedsaam siel, staan op, staan op! Gord wapens aan, gaan veg, oorwin, vir EngeJand! 98
Geeste van die tweejong Prinsies op. (aan Richard.) Droom van jou neefs wat in die Toring ver-
geeste
moor is. Laat ons soos lood lê, Richard, in jou bors, Jou neerdruk na jou ondergang, na skande en dood! Die siele van jou neefs sê: Wanhoop en sterf! (Aan Richmond.) Slaap, Richmond; slaap gerus, en staan in vreugde °p: En engele behoed jou teen die Wildevark! Leef, en verwek ’n bly geslag van Konings! Edward se droewe seuns kom wens jou voorspoed toe. Gees van Lady Anne (sy vrou) op. gees (aan Richard). Richard, jou vrou, rampsalige Anne, jou vrou Wat nooit ’n uur van rus by jou geslaap het nie, Vul nou jou slaap met stoornis en geweld. Onthou my móre in die stryd, Laat val jou stomppuntswaard. Wanhoop en sterf! (Aan Richmond.) Vreedsame siel, jy slaap ’n slaap van vrede; Droom van sukses en van ’n bly oorwinning. Jou teenstander se vrou dié bid vir jou. Gees van Buckingham op. gees (aan Richard). Ek het jou eerste na die kroon gehelp; Ek het die laaste jou geweld verduur. Dink in die stryd aan Buckingham, En sterf verwilder deur jou eie skuld! Droom voort, droom voort van duister bloed en skuld; Raak flou, en wanhoop; en in jou wanhoop, sterf! (Aan Richmond.) In die hoop om jou te help, het ek gesterf Voor ek ’n vinger kon verroer om jou te help. Maar wees verheug en moet jou nie ontstel: God en Sy engle veg met Richmond saam, En Richard se hoë hoogmoed kom tot val. Al die geeste a f ; Richard skrik met ’n ruk uit sy drome wakker. r i c h a r d . Bring my nog ’n perd. Verbind my wonde. Genade, Here! W ag! Ek het dit maar gedroom. Lafhartige geheue, waarom kom jy my teister ? Blou brand die lig. Dis middernag. ’n Koue sweet van angs lê oor my bewende vlees. Wat vrees ek tog ? Myself? Hier’s niemand anders. Richard min Richard; dit is te sê: ek is nog ek. Is hier ’n moordenaar? Nee - ja, ek is. Vlug dan. Maar van myself? Tog het ek goeie rede Voordat ek wraak neem. Ek wraak neem op myself? 99
Ek het myself tog lief. Waarom? Vir enigiets goeds Wat ek vanself myself kon aangedoen het ? Nee, nee. Ek vrees ek haat myself Vir die haatlikhede deur myself gepleeg! Ek is ’n skurk: nee, dit is leuens. Ek is dit nie. Dwaas, praat jouself tog goed. Nee, dwaas, jy moenie vlei. My wete het ’n duisendvoudige tong, En elke tong vertel sy eie verhaal, En elk verhaal veroordeel my as skurk. Meineed, dis meineed tot die hoogste graad; Moord, kil moord en tot die ergste graad; Alle aparte sondes, tot elke graad bedryf, Drom voor die regsbank saam, roep ,Skuldig! Skuldig!’ uit. Ek gaan die wanhoop in. Geen sterfling het my lief; En as ek sterf, sal niemand oor my treur; En waarom sou hul ook, as ek dan self Geen droefheid vir my in my opspoor nie ? Dit was of al die siele van my slagoffers Hier in my tent vergader het, en elk Het wraak gesweer wat Richard móre tref. Ratcliff op. r a t c l i f f . My heer! r i c h a r d . Verdomp, wie’s daar? r a t c l i f f . Ratcliff, my heer: dis ek. Die dag se vroeê haan Het twee maal reeds die oggend aangeroep; U vriende is orent en gord hul wapens aan. r i c h a r d . Ratcliff, ’n vreeslike droom het ek gedroom! Dink jy dat al ons vriende trou gaan bly ? r a t c l i f f . Dit ly geen twyfel, heer. richard. O Ratcliff, ek is bang, ek’s bang. r a t c l i f f . Nee, Majesteit, u moenie skadu’s vrees. r i c h a r d . By Paulus sweer ek jou: die skadu’s het vannag Richard se siel met groter skrik geslaan As wat tienduisend goeie soldate kan, Tot die tand gewapen, agter die vlakke Richmond aan. Die oggend lê nog ver. Kom saam met my; Tussen ons tente wil ek luistervink Gaan speel, en hoor of iemand van my dros. Albei af. Richmond se Lords kom na hom waar hy in sy tent sit. l o r d s . Richmond, gegroet! r i c h m o n d . Vergewe, waaksaam here en vriende van my, Dat julle my so ledig aan moet tref. ioo
Hoe het u toe geslaap, my heer? Die soetste slaap en aangenaamste droom Wat ooit ’n vake hoof beleër het, Het ek geniet sedert jul hier vertrek het. Dit was of al die siele van sy slagoffers Hier in my tent oorwinning kom voorspel. My gees is baie opgewek, dit kan jul glo, As ek dié skone droom onthou. Hoe laat is dit al in die móre ? l o r d s . Vieruur. r i c h m o n d . Dan is dit tyd vir wapens, en om aan te voer. Gaan spreek sy soldate toe. Meer as ek al gesê liet, getroue landgenote, Laat hierdie drukke uur nie toe nie. Maar onthou: God en ons reg stry aan ons kant; Die gebede van heiliges en veronregtes Staan soos ’n hoë bolwerk vlak voor ons; Behalwe Richard, sou al ons teenstanders Wou hê dat liewer ons as hy moet wen. Want wie is hy vir wie hul volg? Gewis, ’n Bloedige tiran, ’n moordenaar; Deur bloed het hy geklim, in bloed tot stand gekom; Dit wat hy het, is agterbaks verwerf; Wie hom kon help, dié het hy doodgemaak; ’n Boos onedel steen, net kosbaar deur die setsel Van die troon waarop hy onregverdig sit; Steeds het hy hom die vyand van God bewys. As jul dus teen ons God se vyand stry, Sal God jul as Sy eie soldate hoed; As jul moet swoeg in die stryd teen ’n tiran, Sal julle ná sy val in vrede slaap; As jul moet opruk teen jul land se vyande, Dan sal jul land se welvaart jul vergoed; As jul moet stry om jul vroue te beveilig, Dan sal jul vroue jul as die oorwinnaars groet; As jul jul kinders vrymaak van die swaard, Sal juJ seuns se seuns jul ouderdom vertroos. In die naam van God en van ons goeie reg, Neem dan jul vaandels op en trek die gretige swaard. Die losprys van my daad van durf sal wees Dié koue lyk op die koue aarde uitgestrek; Maar gaan dit goed, dan sal die minste onder jul ’n Aandeel in my loon en my oorwinning hê. lords.
ric hmond.
ioi
Laat die tamboere slaan, trompette blaas nou luid; God en Sint George! Richmond gaan oorwin! Almal af. Koning Richard, RatclijJ\ volgelinge en soldate op. r i c h a r d . Wat het Northumberland oor Richmond als gesê? r a t g l i f f . Dat hy nooit in die krygskuns opgelei is nie. r i c h a r d . So is dit ook; en wat sê Surrey toe? r a t c l i f f . Hy’t geglimlag en gesê: ,Des te beter dan vir ons.5 r i c h a r d . Hy het gelyk gehad: ons saak staan goed. ’n Horlosie slaan. Tel die slae. Gee my ’n almanak. Wie’t al die son gesien vandag ? ratcliff. Nie ek nie, heer. r i c h a r d . Dan verseg hy om te skyn; die boek dui aan Hy is ’n uur gelede al verwag. Vir iemand gaan dié dag ’n swarte wees. RatclifF. r a t c l i f f . My heer? richard. Vandag gaan die son nie skyn. Die hemel frons, gluur na ons leër af. Ek wens die dou se trane was al weg. Geen son vandag ? Wat raak dit my Iets meer as Richmond ? Want dis dieselfde hemel Wat frons oor my en droewig kyk na hom. Norfolk op. n o r f o l k . Neem wapens, wapens op, my heer: Die vyand staan al slaggereed en tart. r i c h a r d . Kom, opskud, opskud; trek my perd se harnas aan. Gaan roep Lord Stanley dat hy opruk met sy mag, En ek sal my soldate voorgaan na die veld, En só my afdelings laat stelling neem: Die voorhoede langwerpig uitgesprei, Ruiters en voetsoldate om die beurt; Ons boogskutters dié neem die middelpos. Die Hertog van Norfolk en die Graaf van Surrey Sal hierdie voetsoldate en ruiters lei. Met hulle aan die spits, kom ons daarná Met die hoofgroep aangejaag, aan weerskante versterk, Op albei vleuels, met die beste ruiters in ons mag. Dit, en Sint George daarby! Hoe dink jy, Norfolk ? n o r f o l k . ’n Goeie oorlogsplan, strydvaardig Majesteit. Vanmóre was dié nota in my tent. Wys hom ’n vel papier. 102
(lees). ,Norfolk, ou kêrel, luister: loop maar lig, Jou baas se kers is uit, hy is verraai.’ Dis deur die vyand saamgeflans. Laat elkeen na sy pos toe gaan En nie ons drome toelaat om ons te verskrik; Gewete is ’n woord wat net ’n lafaard uit, Bereken om die sterkes sku te maak. Ons wapens is gewete, en dié swaard ons wet. Gaan voort, kom laat ons nader jaag, en snel, Die hemel binne; of so nie, na die hel. Hy spreek sy soldate toe: Wat kan ek meer sê as wat ek al gesê het? Onthou met wie jul gaan te doene kry ’n Groot spul skelms, vlugtelinge, rondlopers, Die skuim van Frankryk, verraderlike boere, Deur hul oorvrete land na ons toe uitgebraak Na wanhoop, avontuur, gewisse ondergang. Jul slaap is veilig; hulle kom onrus stook; Julle het grond, en koester skone vroue Die een wil hul onteien, die ander graag onteer. En wie’s hul leier ? ’n Arme vent Op ons moeder se koste in Frankryk aangehou! ’n Safte kêreltjie: al koue wat hy ken, Is oor sy digte skoene in die sneeu. Laat ons die spul weer oor die see trugslaan; Astrante Franse uitskot: looi hul uit, Dié lewensmoeë, honger bedelaars: Die rotte sou hul in hul armoed al Loop ophang het, was dit nie vir dié troeteldroom. As ons verslaan moet word, laat manne dit doen, En nie dié honger basterspul van Frankryk nie Wat deur ons vaders in hul eie land Verslaan, verpletter en oorweldig is En nou as erfgename van die skande leef. Gaan hulle ons grond afneem ? en by ons vroue slaap, Ons dogters onteer? (Tamboer in die verte.) Luister! Ek hoor hul trom. Veg, seuns van Engeland! Veg, dapper adel! Boogskutters, stuur jul pyle na die kop! Spoor aan jul trotse perde, jaag in bloed; Verstom die hemel met verpletterde lans! Boodskapper op. Wat sê Lord Stanley ? Kom hy met sy mag ?
r i c h a r d
103
My heer, hy weier om te kom. Af met sy seun se kop! n o r f o l k . My heer, die vyand stroom al oor die veld. George Stanley kan u ná die slag onthoof. r i c h a r d . Groot in my bors klop duisend harte nou. Lig ons baniere, bestorm ons vyande; Laat die óú woord van moed, en groot Sint George, Ons met ’n drakewoede inspireer! Vooruit! Triomf die sit al op ons helm. Almal aj\ boodskapper. richard.
T O N E E L IV ’n Ander gedeelte van die Slagveld Trompette; troepe beweeg heen en weer. Dan kom Norfolk en sy soldate binne. Catesby kom hom tegemoet.
Kom red, Lord Norfolk, kom red, kom red! Die Koning verrig meer wonders as ’n mens, Daag teenstanders tot elke groot gevaar. Sy perd is neergevel, hy veg te voet, Op soek na Richmond in die oë van die dood. Kom red, my heer, anders is ons verslaan. Trompette. Koning Richard binne. r i c h a r d . ’n Perd. ’n Perd! My groot ryk vir ’n perd! c a t e s b y . Kom saam, my heer. Ek neem u na ’n perd. r i c h a r d . Jou slaaf! Ek het my lewe op die spel geplaas, En ek gaan voort al moet ek sterf. Dit lyk my daar is ses van Richmond op die veld: Vyf het ek doodgemaak in plaas van hom. ’n Perd! ’n Perd! My groot ryk vir ’n perd! Almal af. catesby.
TONEEL V Trompette. Richard en Richmond binne. Hulle veg. Richard word gedood. Die aftog word geblaas. Triomfantelike trompette. Daarna verskyn Richmond opnuut; Lord Stanley kom met die kroon binne, gevolg deur ander Lords. 104
God loof ek, en jul wapens, seëvierende vriende; Die dag behoort aan ons, die bloedige hond is dood. s t a n l e y . O dapper Richmond, goed het jy jou gekwyt! Dié teken van die koningskap, so lank onteer, Het ek van die bebloede skurk se kop geruk Sodat dit voortaan op u hoof kan rus. Dra dit met blydskap, laat daar veel van kom. r i c h m o n d . Die Groot God in die hemel sê hier Amen op! Maar sê my: leef George Stanley nog ? s t a n l e y . Hy is gespaar, en veilig in die stad van Leicester, Waarheen ons, as u goed dink, nou kan gaan. r i c h m o n d . Watter bekendes is aan weerskant dood? s t a n l e y . Die Hertog van Norfolk, Walter Lord Ferrers, Sir Robert Brakenbury en Sir William Brandon. r i c h m o n d . Begraaf hul lyke soos dit hul rang b e t a a m . Beloof vergiffenis aan almal wat gevlug het En onderdanig na ons trug sal keer. Daarná, nadat die sakrament bedien is, Sal ons die wit roos en die rooie bind. Die hemel glimlag oor dié fraai vereniging, Nadat hy lank moes frons oor hulle stryd! Wie hoor my aan en sê nie daarop Amen nie ? Die land was lank waansinnig, het homself verwond; Die broer het blindelings sy broer se bloed vergiet, Die vader roekeloos sy eie seun geslag, Die seun het, vasgekeer, sy pa gedood; Daardeur is York en Lancaster geskei, Afsonderlik, verbitter teen mekaar: Maar mag nou Richmond en Elizabeth, Dié koninklike huise se ware nageslag, Deur God se band die baie breuke heel! En laat hul erfgename, God, as U dit wil, Die toekoms met ’n vredeslag verryk, Met baie voorspoed en met vreug alom. En heer, maak stomp die snykant van die swaard Waardeur verraaiers weer die dae mag bloedig maak En arme Engeland laat ween in strome bloed! Laat hulle sterf en nie die welvaart smaak Wat hierdie land se vrede met verraad wou kwets! Nou is die wonde weer geheel, die vrede heers God gee dat sy nou lank by ons bly leef! Almal af. richmgnd.
105
I .
' ,
■
■
I .
;
í>
f
^
MMKi Pí<
47
l o i ' i ' m j . i o H MCtSs Pf. AfcF. ( W
a n q s
■f
R-tc.hc».r<L
-M f
m
SHA
University o f the Witwatersrand, Johannesburg
T / j£
Lib
This bo;. may «ef be retained after the last date stamped below . A renewai for a f rther period o f seven days may be granted unless the book is in demand. Fines, as scheduled in the Rules atid Regulations, are
incurred on overdue books.
This book is not transferable. It w ill remain your charge until retamed by you in pcrson.
101747322
WITS UNIVERSITY LIBRARY
BD145286