Skip to main content

Midsomernag-droom (Eitemal)

Page 1

The Lihrary University of the Witwatersrand Johannesburg


wms


WILLIAM SHAKESPEARE

MIDSOMERNAGDROOM Shakespeare se Midsummer JVight’s Dream

Vertaal deur EITEMAL

EIUMAN & R O U S S E A U KAAPSTAD • PR ETO R IA


Kopiereg in vertaling © 1974 deur W. J. du P. Erlank Eerste uitgawe in 1974 deur Human & Rousseau Uitgewers (Edms.) Bpk., Roosstraat 3-9, Kaapstad; Pretoriusstraat 239, Pretoria Ontwerp deur G & G Gedruk deur Citadel-pers, Lansdowne, Kaap ISBN 0 7981 0434 1 Alle regte voorbehou. Dit is ’n oortreding van die kopieregwet om afskrifte van die teks te maak, of om sonder skriftelike verlof die stuk op te voer of as spellesing aan te bied. Sodanige verlof kan aangevra word van DALRO, Posbus 9292, Johannesburg.

BC 5 iflÉfl


Aan Paul cn Dcbbie


DIE K A R A K TER S IN DIE T O N E E L S T U K

Hertog van Athene Koningin van die Amasone, verloof aan Theseus egéus , Hermia se vader hermia , verlief op Lysander

theseus ,

h ippo ly ta ,

LYSANDER

wat vry na Hermia verlief op Demetrius filostraat , seremoniemeester van Theseus oberon , die elwekoning tita nia , die elwekoningin pu k , ook genoem Karnallie demetrius , h elena ,

SPINRAG 1 ERTJIEBLOM y feetjies MOSTERDSAA MOT J piet pla n k , die timmerman; proloogspreker in die tussenspel buks bolle , die wewer; Pyramus in die tussenspel bertus blaas , die blaasbalkmaker snoet , die blikslaer; die muur in die tussenspel manus maerman , die snyer; maanskyn in die tussenspel

Ander feetjies in die gevolg van Oberon en Titania. Edelmanne en volgelinge van Theseus en Hippolyta.


mm


EERSTEBEDRYF TONEEL I Athene Theseus, Hippolyta, Filostraat en gevolg. My liewe Hippolyta, ons huweliksuur Kom vinnig nader. Nog vier vrolike dae, Dan is dit nuwemaan. Hoe stadig kwyn Die ou maan tog! Sy strem al my begeertes Soos ’n stiefmoeder, of ’n ou erftante Wat haar jong neef se erfenis uitleef. h i p p o l y t a . Vier dae duik gou weg in donker nag, Vier nagte droom die tyd wel gou verby; Dan sal die maan as nuutgespanne boog Van silwer aan die hemel ook ons nag Van feest’likheid aanskou. t h e s e u s . Gaan, Filostraat, Roep op d ’Atheense jeug tot vrolikheid, Wek op die dartele, vlugge gees van pret; Stuur droefheid na begrafenisse weg Die vaalbleek vriend pas by geen huweliksfees. Filostraat af. Hippolyta, ek het met die swaard gevry, Jou liefde verower deur jou kwaad te docn; Maar ek sal jou in ’n ander toonaard trou, Met luister, optogte en feest’likheid. Egéus, sy dogter Hermia, Lysander en Demetrius op. e g é u s . Fleil, Theseus, ons beroemde hertog, heil! t h e s e u s . Dank, goeie Egéus, wat se nuus bring u? e g é u s . Ek kom vol ergernis, en ek beskuldig My eie kind, my dogter Hermia. Staan hier, Demetrius. My ed’le heer, Die heer het my verlof om met liaar tc trou. Staan hier, Lysander. My genadige hertog, Die man hier het my kind se siel beheks. Lysander, jy het rympies vir haar geskryf, En liefdespande met haar uitgeruil, In maanlig voor haar venster valse liefde In valse liefdesverse uitgesing, theseus.

9


Skelmagtig haar verbeelding aangegryp Met haarlokke, met ringe, ornamentjies, Met siersels, prulle, blomme, snoepgoed - dinge, Wat magtig inwerk op die tere jeug. Met lis het jy my dogter se hart gesteel, Gehoorsaamheid wat sy verskuldig is, Verander in koppigheid. Hooged’le Hertog, As sy mog weier voor U Hoogheid hier Om met Demetrius te trou, eis ek Volgens Atheense wet my vaderreg. Sy’s myne; ek kan dus oor haar beskik. Sy gaan dus óf na hierdie heer, óf na Haar dood, waarvoor ons wet in so ’n geval Direk en duidelik voorsiening maak. t h e s e u s . Wat sê jy, Hermia? Liewe mei;ie, wees Verstandig; eer jou vader as ’n god, Hy wat jou skoon gevorm het, ja en een Vir wie jy niks meer is as ’n wasfiguur W at hy self geboetseer het, en wat hy By magte is om te handhaaf of vermink. Demetrius is ’n waardige edelman. h e r m i a . So ook Lysander. t h e s e u s . In homself, ja seker. M aar hy mis in díe saak jou vader se steun; Dus moet jy d’ ander sien as waardiger. h e r m i a . Kon vader maar met mý twee o ë sien! t h e s e u s . Kyk liewers met jóu oë deur sy wysheid. h e r m i a . Ek smeek U Edelheid, vergewe my. Ek weet nie watter mag gee my die moed, O f hoe dit strook met my beskeidenheid Om voor u aangesig mý saak te stel nie; M aar ek smeek U Genade, sê my wat Die ergste is wat my sou kan oorval, As ’k weier om met Demetrius te trou. t h e s e u s . Die dood te sterf, o f dan vir lewenslang Met manne alle omgang af te sweer. Dus, liewe Hermia, ondervra jou hart, Praat met jou jeug, en vra jou warm bloed O f jy, as jy die vaderkeus verwerp, Sou kan gelukkig wees in nonnekleed, In ’n donker klooster ewig ingehok, Jou hele lewe lank onvrugbare non Wat bleek gesange sing vir ’n dorre maan. o


Drie maal geseën hulle wat so hul bloed Bedwíng tot pelgrimsgang van maagd’likheid; Meer aards gelukkig die geplukte roos, As sý wat maagd’lik op haar doringtak Verenkeld salig bloei, verwelk, en sterf. h e r m i a . My heer, so sal ek groei, so leef, so sterf, Voor ek my maagdereg verspeel aan een, 5n Heer aan wie se heerskappy en juk My siel sy vryheid nooit wil onderwerp nie. t h e s e u s . Dink deeglik na, en met die nuwemaan, Die dag waarop my liefste en ek die band Van ewigdurende vriendskap sal verseël, Moet jy gereed wees om díe dag te sterf As jy jou vader se gesag verwerp, O f met Demetrius, soos hy eis, te trou, O f op die altaar van Diana sweer Om ewig kuis en koud alleen te leef. d e m e t r i u s . Gee toe, my liefste Hermia! En, Lysander, Laat voor my reg jou dwase aanspraak swig. l y s a n d e r . Haar vader het jou lief, Demetrius; Trou jy met hom, laat Hermia aan my. e g é u s . Jou bitterbek! Nou goed, ek het hom lief, En wat aan my hoort, dra ek oor aan hom; Ook sý is myne, en my reg op haar Bemaak ek voluit aan Demetrius. l y s a n d e r . Ek is, my heer, in afkoms sy gelyke, My rykdom net so groot, my liefde groter, My waarde in ieder opsig die gelyke, Miskien die meerdere van Demetrius. En - wat tog al die grootspraak moet oortroef Die allermooiste Hermia het my lief. Waarom mag ek my aanspraak nie laat geld nie? Demetrius - dit sê ek in sy gesig Het na Nedar se dogter Helena Gevry, haar liefde gewen, haar dolverlief Gemaak, en die pragtige kind aanbid nou díe Geskandvlekte en trouelose man. t h e s e u s . Ek moet erken ek het daarvan gehoor, En wou al met Demetrius daaroor praat. M aar onder druk van al my eie sake Het ek vergeet. Maar, kom, Demetrius, En jy, Egéus, kom nou saam met my; Ek wil vertroulik praat met julle twee.


En jy, mooi Hermia, maak jou klaar, en stel Jou wense in op wat jou vader wil; O f die Atheense wet, wat ons in geen Geval ooit mag versag, veroordeel jou Tot d’ dood of tot die eed van eensaamheid. Kom, my Hippolyta, hoe gaan dit, liefling? Demetrius en Egéus, kom nou saam; Ek het opdragte in verband met my Aanstaande huw’lik, en moet iets bespreek Waarby julle albei nóu betrokke is. e g é u s . Ons sal u volg uit plig en uit plesicr. Af. Lysander en Hermia bly agter. l y s a n d e r . W at nou, my liefste? Waarom ’s jy so bleek? Waarom verwelk die rose op jou wang So gou ? h e r m i a . Miskien gebrek aan reën, al kon Ek hulle besproei met trane uit my oë. l y s a n d e r . O wee! In al wat ek gelees het, of Kon hoor deur stories of geskiedenisse, Het ware liefde nog nooit glad verloop nie; W ant een keer was die standverskil te groot h e r m i a . O kruis! Te hoog om ondertoe te trou! l y s a n d e r . O f d’ entloot was te jonk vir die ou stam h e r m i a . O vreeslik! Té oud vir ’n jong verloofskap! l y s a n d e r . O f naasbestaandes moes die deurslag gee h e r m i a . O hel! Met ’n ander se oë jou liefde kies! l y s a n d e r . Of, as die keuse wedersyds bevredig, Het oorlog, dood of siekte dit oorval, En was d’ geluk soos klank wat gou verklink, ’n Vlugtige skadu, ’n kortstondige droom, So vinnig soos weerlig wat in koolswart nag Met een blits aarde en hemel openbaar, En voor jy kans kry om te sê ,,kyk daar”, Word dit deur donker nag weer opgesluk So gou keer helderheid tot duisternis. h e r m i a . As ware liefde altyd weerstand vind, Is dit ’n wetsbepaling van ons lot. Dan moet ons díe beproewing rustig dra As ’n gewone kruis, so eie aan Die liefde as mymeringe, dromc, sugte, Verlangens, trane — liefde se arm gevolg. l y s a n d e r . Dis goed gesien; maar luister, Hermia; Ek het ’n tante, vername weduwee, 12


Wat baie ryk is, sonder erfgenaam. H aar huis is twintig myl van Athene af, En sy beskou my as liaar enigste seun. Daar, liewe Hermia, kan ek met jou trou, Want daarheen kan d’harde Atheense wet Ons nie vervolg nie. As jy my dus liefhet, Sluip morenag weg van jou vader se huis, En in die bos, drie myle buite die stad, W aar ’k jou ’n keer ontmoet ’t met Helena Om saam die Meidagmore daar te vier, Daar sal ek vir jou wag. h e r m i a . My liewe Lysander, Ek sweer by Gupido se sterkste boog En by sy beste goudgepunte pyl, By die onskuld van Venus se duiwepaar, By siele wat liefde sweer voor haar altaar, By vlamme waarin Dido haarself verbrand ’t Toe vals Aeneas wegseil van haar land, By al die ede wat deur mans verbreek is Veel meer as ooit deur vroue uitgespreek is, Op d’afgesproke plek, waar jy sal wag, Kry ek jou more rondom middernag. l y s a n d e r . Hou woord, my liefste. Hier kom Helena. Helena op. h e r m i a . Welkom, mooi Helena, waarheen so vlug? h e l e n a . Noem jy my mooi? Trek daardie ,,mooi” terug. Demetrius vind jou pragtig. Salige prag! Jou oog sy leid-ster, jou stem mooi en sag, Mooier as leeurikslied wat ’n herder boei As die graan groen is en die meidoring bloei. Siekte steek aan. Mooi Hermia, steek my aan Met jou aantreklikheid, en laat my gaan Met oog en oor vol van jou harmonie, Met ’n tong wat tolk is van jou melodie. Ek sou my wêreld, alles, daaraan wy, Behalwe Demetrius, om te lyk soos jy. Leer my jou oogopslag, die maat waarop Demetrius se hart so vinnig klop. h e r m i a . Ek frons teen hom, en hy bemin my meer. h e l e n a . O, kon my glimlag van jou fronse leer! h e r m i a . Ek vloek hom, hy stel liefde in die plek. h e l e n a . Kon my gebede maar so ’n liefde wek! h e r m i a . Hoe meer ek haat, hoe trouer volg hy my. 13


Hoe meer ek liefhet, hoe meer haat hy my. Sy dwaasheid, Helena! Die fout is syne. h e l e n a . Jou skoonheid! O, ek wens jou fout was myne. h e r m i a . Wees dan getroos; hy sien my nooit weer t’rug. Lysander en ek gaan hierdie plek ontvlug. Toe ek die eerste keer Lysander sien, Was Athene nog my paradys. Sinsdien Het magte, wat in die liefde skuil, te snel My hemel laat verander in ’n hel! l y s a n d e r . Heleen, ons sal jou sê waar dink ons aan. Teen morenag, wanneer die silwer maan In d’waterspieël haar aangesig beskou En gras omheen met diamant bedou, Wanneer die nag ons liefdesvlug omsluit, Glip ons twee by die stad se poorte uit. h e r m i a . En in die bos waar dikwels jy en ek, Op ’n bleek bed van primulas uitgestrek, Ons soetste hartsgeheime kon openbaar, Ontmoet ons twee, Lysander en ek, mekaar, Verbreek dan met Athene alle bande, En soek weer nuwe vriende in vreemder lande. Vaarwel, my jeugvriendin, bid vir ons twee, En mag die lot Demetrius aan jou gee. Hou woord, Lysander. floe ons ook versmag, Geen liefdeblik voor moremiddernag. LYSANDER . Ek Sal. Hermia af. En, Helena, tot siens! Mag gou Soos jy met hom, Demetrius dweep met jou. Lysander af. h e l e n a . Die é é n mens mis die geluk wat ’n ander kry. Athene dink ek is net so mooi as sy. W at help dit, as Demetrius my vergeet En weier om te weet wat almal weet ? H y’s dom en dol verlief op Hermia, En net so dom draf ek hóm agterna. Aan waardeloosheid, grofheid kan meteen Die liefde ’n skyn van waardigheid verleen; Dit kyk nie met die oog nie, met die gees: Dus moet Cupido blind, gevleuel wees! Hy het dus ook geen oordeelskrag, helaas, Geen oog, net vlerke vir sy domme haas; Dus sê hulle ook die liefde is ’n kind, helena. hermia.

14


Wat vinnig kies en die verkeerde vind. Soos speelse seuns in spel ligsinnig sweer, Word d’ liefdesgod deur ede vals onteer, Want voorheen het Demetrius sonder tal Sy haelreën liefdesede op my laat val; M aar onder Hermia se warm geweld Het hy met al sy ede weggesmelt. Ek gaan vertel van d’vlug van Hermia. Sit hy haar morenag dan agterna Na daardie bos, sal ek vir my verraad Wel duur betaal en seker weinig baat. M aar daardeur neem my pyn ’n hoër vlug Omdat ek hom kan sien daarheen en t’rug.

Af.

T O N E E L II Athene Plank, die timmerman, Tap, die skrynwerker, Bolle, die wewer, Blaas, die blaasbalkmaker, Snoet, die blikslaer, en Maerman, die snyer. p l a n k . Is ons hele geselskap hier? b o l l e . Maak liewerste ’n algemeenlike oproep, man vir man, soos volgens die teksvers. p l a n k . Hier is die rol met die naam van elke man, wat dwarsdeur Athene werd geag word om in ons tussenspel te speel voor die hertog en die hertogin op die aand ná hul troudag. b o l l e . My liewe Piet Plank, sê eers wat die storie van die stuk is; dan noemjy die name van die spelers; so kry jy puntjie by paaltjie. p l a n k . So wragtag, ons stukis getiteld: „Die allerdroewigste kimmedie en die allerwreedste dood van Pyramus en Tispie.” b o l l e . ’n Baie mooi stuk werk, ek verseker julle, en vrolik. Nou, my liewe Piet Plank, hou ’n rolkól van jou spelers. Manne, staan bietjie los van mekaar. p l a n k . Antwoord op jul name. Buks Bolle, die wewer. b o l l e . Hier! Noem die rol wat ek moet speel, en laat ons wegval. p l a n k . Jy Buks Bolle, speel die rol van Pyramus. b o l l e . Wat is Pyramus, ’n vryer of tiran ? p l a n k . ’n Vryer wat homself vrek maak uit dapperheid en liefde. r5


Dit vra trane as j y dit rêrag speel. As ék dit doen, huil al die toehoorders hul oë uit. Ek sal laat trane stort, maar ook laat simpatteseer. Nou die ander - Natuurlik my groot talent is die van ’n tiran. Ek kan Herklas speel vir ’n vale, of ’n stuk met kattegetjank wat hart en longe skeur. Die ruwe rots Wat beuk en klots Breek met sy bots Die kerkerslot; En Phoebus se kar Blink ver vandarrr, Wink en verwar Die blinde lot. Dit was hoogverhewe. Noem nou die res van die spelers. Dit was Herklas se trant, die trant van ’n tiran. ’n Vryer praat bietjie sagter en treuriger. p l a n k . Bertus Blaas, die blaasbalkmaker. b l a a s . Hier, Piet Plank. p l a n k . Blaas, j y moet Tispie speel. b l a a s . W at is Tispie, ’n dwalende ridder? p l a n k . Dit is die meisiekind wat Pyramus op verlief moet wees. b l a a s . Nee, magtie, ek kan nie ’n meisiemens speel nie; my baard begint al pik. p l a n k . Almiskie! Jy speel dit in ’n masker, en jy mag so fyntjies praat asjy wil. b o l l e . As ek my bakkies kan bedek, laat my ok Tispie speel. Ek sal met ?n vreeslike dun stemmetjie praat: ,,Tietsie, Tietsie.” ,,A ! Pyramus, my skattebol!Jou liewe Tietsie, jou lieflinkie!” p l a n k . Nee, nee, jy speel Pyramus; en, Blaas, jy Tispie. b o l l e . Gaan verder. p l a n k . Manus Maerman, die snyer. m a e r m a n . Hier, Piet Plank. p l a n k . Manus Maerman, jy speel Tispie se ma. Piet Snoet, die blikslaer. s n o e t . Hier, Piet Plank. p l a n k . Jy Pyramus se pa. Ek self Tispie se pa. Tap, die skrynwerker, jy is die leeu. Ek hoop dis ’n rol vir jou. t a p . Is die leeu se rol klaar uitgeskryf! Assemblief, as dit is, gee dit vir my, want ek leer swaar. p l a n k . Jy doen dit uit die vuis, want dis net brul dat dit bars. b o l l e . Laat my ok brul-leeu speel. Ek sal brul dat elke hart sal bewe. Ek sal brul, sodat die Hertog sê: ,,Laat daardie ou bul weer brul, weer brul.”

bo l l e .

6


As jy dit te vreeslik doerr, sal jy die hertogin en die dames laat skreeu van skrik; en dis genoeg om ons almal te laat hang. a l m a l . Dan word elke moerskind hierso opgehang. b o l l e . Dit gee ek toe, vrinde, as ek die dames laat disnis skrik, sal hulle niks beters weet as om ons op te hang nie. M aar ek sal my stem so verminkeleer dat ek vir jou sal brul so sag soos ’n suig’lingduif aan sy moedersbors, ek sal vir jou brul so soet soos die soetste nagtegaal. p l a n k . Jy kan niks anders speel nie as Pyramus; want Pyramus is ’n man met ’n sagaardige aangeseg; ’n ordentlike man, soos mens op ’n somersdag sal sien; ’n allerlieílikste jintelman van 5n man. Dus moet jy opsluit Pyramus speel. b o l l e . Goed, ek sal perbeer. In waffer soort baard moet ek dit speel ? p l a n k . Wel, soos j y w il. b o l l e . Ek sal die rol vervaardig óf in ’n strooigeel baard, óf 5n oranje-bruin baard, of 5n helrooi baard, óf in 5n Franse kroonkleurbaard, jou suiwerste geel. p l a n k . Party Franse skedels en krone het glad geen hare nie, en dan sal jy moet speel met 5n kaal geseg. Maar, manne, hier is jul rolle, en ek smeek julle, versoek julle, en beveel julle om dit uit julle kop te leer voor morenag. Ontmoet my in die paleis se bos in die maanlig, 5n myl buite die dorp. Daar sal ons oefen, want, as ons in die dorp vergader, sal hulle soos honde om ons draai en ons geheim uitsnuffel. Intussen sal ek 5n lys opstel van benodighede, wat ons opvoering nodig het. Assemblief, moet my nie in die steek laat nie. b o l l e . Ons sal bymekaarkom, en daar sal ons onsindelik en vry rippeteer. Werk hard. Mik hoog. Ajeu! p l a n k . Ons kom bymekaar by die Hertog se akkerboom. b o l l e . Genoeg. Ons sal die boog laat buig of breek. plank.

Af


TWEEDEBEDRYF TONEEL I ’n Bos naby Athene ’n Feetjie eenkant, en Puk aan die ander kant. . Kom, nou, Feetjie, waarheen gaan die reis? f e e t j i e . Oor die heuwels en deur dale W aar skerp doringstruike skuur, Oor die parke en heiningpale, Deur die vloed en deur die vuur Dwaal ek rond op elke baan Vlugger dan die silwer maan. Voor die elwe-vorstin kom Sprink’l ek dou op gras en blom. Regop primulas hou die wag In hul geel soldatedrag, W at die elwe pragtig fyn Rooi bespikkel ’t met robyn. Ek soek nog druppels dou hier voor Om ’n pêrel te hang in elke blom se oor. Loop grapjas van die geeste, ek moet gaan; Ons vorstin en haar elwe kom al aan. p u k . Die koning kom vannag om fees te vier; M aar hou die koningin tog weg van hier, W ant Oberon kan vreeslik woedend raak, Omdat sy 5n pragtige koningskind, geskaak In Indië, by haar hou om haar te dien; Sy’t nooit ’n mooier wisselkind gesien. M aar Oberon wil die kind as volgeling Meevoer waar hy deur wilde woude dring. Sy wei’r beslis, want sy’t die kind te lief W at sy bekrans met blomme, haar hartedief. As hulle ontmoet in beemd of bosse dig, By helder stroom of stippels sterrelig, Baklei hulle so dat elwe halsoorkop Van angs wegduikel in ’n akkerdop. f e e t j i e . Ó fjy ’t met vorm en voorkoms my verkul Ó f jy ’s die skelm, stoute gees wat hul Karnallie noem. Is jy nie daardie gees puk

8


Wat nooientjies van die dorp vervul met vrees, Wat.melk afroom en die boervrou verplig Om te karring tot sy blou is in haar gesig, Wat bier soms futloos maak en sonder krag, Nagwandelaars mislei en lekker lag ? Die wat jou Pukkelossie noem of liewe Puk, Die help jy werk, vir hul bring jy geluk. Is dit nie jy nie? p u k . Ja, soos jy verwag, Is ek die vrolike wand’laar deur die nag. Ek grap met Oberon, en laat hom grinnik Wanneer ek soms jongmerrieagtig runnik, En ’n vetgevrete hings op stal rondtrappel. Soms dryf ek soos ’n gebakte winterappel In d ’kletskous van die dorp se bierglas rond, En nes sy drink, dan dobber ek teen haar mond En stort haar bier oor skilpadnek en vel. Ou tannies wat ’n treurverhaal vertel, Het my al aangesien vir ’n driepootstoel; Ek glip dan uit nes ek haar boude voel, Sy val, en skreeu ,,o gats!”, begin te hoes, Terwyl die ander krul en hard uitproes In ál hoe wilder lag, en nies, en sweer So vrolik het hul nog nooit hier saam verkeer. Staan eenkant, Feetjie, hier kom Oberon aan. f e e t j i e . En hier my meesteres! Hoe sal dit gaan! Oberon, koning van die Feetjies, eenkant op met sy gevolg, Titania, die koningin aan die ander kant met hare. o b e r o n . Geen blye ontmoeting, trotse Titania. t i t a n i a . O b’ron jaloers? Gou, feetjies, kom, ek het Sy bed en sy geselskap afgesweer. o b e r o n . Wag, roekelose! Is ek nie jou man nie? t i t a n i a . Dan moet ek tog jou vrou wees; maar ek weet J y ’t al uit Feëland skelm weggesluip, In ’n herder se gedaante heeldag lank Op jou rietfluit, jou liefdeslied gekweel Vir ’n verliefde herderin. Waarom Kom jy van die verste berg van Indië Terug? Omdat die woeste Amasone, Jou vegvrou-liefie met haar hoë skoene, Met Theseus gaan trou, en jy ’t gekom Om vreugde en voorspoed aan hul bed te gee. o b e r o n . Titania, hoe durfjy skaamteloos 19


Hippolyta en my eer beskimp, terwyl Jy weet ek weet van jou en Theseus ? Het jy hom nie een skemernag gelok Weg van Perégina wat hy verlei het? Hom teenoor mooi Aegles sy woord laat breek, Teenoor Ariadne en Antíopa? t i t a n i a . Dit is versinsels van jou jaloesie. Nog nooit sedert die volle somertyd Het ons op berg, dal, bos of veld ontmoet, By klipfontein of riet-begroeide spruit, O f sanderige strandplek aan die see Om ringdanse te dans op windmusiek, O f jy ’t met jou kabaal ons pret bederf. Dus het die wind, wat vrugt’loos vir ons fluit, In weerwraak uit die seë opgesuig Verpeste damp, wat neerslaan op die land En al die klein riviertjies so laat groei Dat almal swel en oor hul walle stoot. Die os het dus vergeefs sy juk gedra, Die boer vergeefs gesweet, en die groen graan Het vroeg gevrot, voordat hy baard kon kry. Die kraal staan leeg in die oorstroomde veld, En kraaie is vet van die gevrekte vee. Die kegelbaan is ene slyk en modder; Die slingerpaadjies deur die dart’le groen Is onbetrede, onbekenbaar nou. Geen wintervoorraad vreugde vir die mens. Geen nag word meer deur lied of sang verryk. Dus drenk die maan, wat d’watervloed beheers, In bleke woede met haar reën die lug, Wat deur sy klamheid koors en siekte kweek. En deur die weersverwarring sien ons ook Seisoene wissel. Spierwit winterryp Val in die jong skoot van die bloedrooi roos; Op winter se yskoue kaal ou kruin Pryk daar ’n geur’ge kransie somerblomme As ’n soort spotterny. Die lente, somer, Die vrugb’re herfs, die kwaaie winter het Van kleed verander, die verdwaasde wêreld Weet deur die wiss’ling nie meer wie is wie. Dieselfde nasleep van onheile spruit Uit ons debatte en ons rusies voort; Ons is die ouers, oorsprong van dit alles. 20


o b e r o n . Jy

kan dit regmaak; dit is in jou mag. Weerstreef Titania haar Oberon ? Ek vra jou net, gee my die wisselkind As lyfbediende. t i t a n i a . Dit kan jy vergeet. Nooit koop die hele Feëland hom van my. Sy moeder was aan my orde toegewy, En sy het in die soet deurgeurde lug Van Indië nagte lank met my gesels, Daar op die geel strand saam met my gekyk Hoe handelskepe uitseil oor die see, En saam gelag as seile swanger word En uitbol onder wellus van die wind. Dan stap sy met ’n pragtig glydende Beweging - sy het toe die seun verwag Net soos ’n skip op land, om kleinighede Vir my te kry, en kom sy weer terug Van ver, ’n koopvaardyskip, ryk belaai. Maar sy was mens, is dood by sy geboorte. Om haar ontwil maak ek die seuntjie groot, Om haar ontwil mag ek nooit van hom skei nie. o b e r o n . Hoe lank gaan jy vertoef in hierdie woud? t i t a n i a . Miskien tot net na Theseus se troue. Maar as jy rustig saam met ons wil dans Om ons maanskynfees te sien, kom saam met ons. Anders, vermy jy my gebied, ek joue. o b e r o n . Gee my die seun en ek gaan saam met jou. t i t a n i a . Jou feëryk koop hom nooit. Feetjies, volg my, Daar kom weer rusie as ek langer bly. Titania a f met gevolg. o b e r o n . Nou, gaan jou gang. Jy bly in hierdie bos Tot ek vir d’onreg jou gemartel het. My liewe Puk, kom hier. Onthou jy nog Eenkeer het ek gesit op ’n voorgebergte En ’n meermin op die rug van ’n dolfyn ’n Lied so soet, meeslepend mooi hoor sing, Dat d’ woeste see verstil het voor haar lied En sterre wild verskiet het uit hul sfeer Om na die meerminsang te luister. p u k . Ja. o b e r o n . Toe ’t ek gesien, wat jou ontgaan het, hoe Cupido tussen d’ aarde en koue maan Vlie met sy pyl en boog. Hy mik sekuur 21


Op ’n suiwer maagd wat in die Weste troon, En skiet sy liefdespyl met so ’n geweld Asof ’t ’n duisend harte moes verwond. Daar sien ek die vurige pyl geblus Deur wat’rig-kuise strale van die maan. Die koninklike priesteres gaan voort In maagdelike mym’ring, liefde-vry. Ek weet waar het Cupido se pyl geval. Dit het geval op ’n blommetjie in die Weste, Voorheen melkwit, nou purper van die wond; Jong meisies noem dit ,,Liefde-se-Gesiggie” . Bring my die blom; ’k het jou die struik gewys. As mens sy sap op ’n slaper se oë lê, Sy’t man of vrou, dan word hy dol verlief Op d’ eerste lewende wese wat hy sien. Bring my die struik, en wees hier weer terug Voor die leviatan een myl ver kan swem. p u k . Ek sal ’n gordel om die aarde trek In veertig minute. Puk af. o b e r o N. Kry ek daardie sap, Sal ek Titania dophou as sy slaap En van die vog laat druppel in haar oë. Die eerste wat sy sien as sy ontwaak, Sy dit ’n leeu, ’n beer, ’n wolf, ’n bul, Onnutsige bobbejaan of besige aap, Sal sy met sielsverliefdheid agtervolg. Voor ek haar oë van die ban genees, W at ek kan doen met ’n ander struik se sap, Moet sy die edelknaap aan my afstaan. Wie kom hier aan ? Laat my onsigbaar word, Dan hoor ek wat hulle met mekaar bespreek. Demetrius op, gevolg deur Helena. d e m e t r i u s . Ek’t jou nie lief nie, basta my agtervolg. W aar is Lysander en mooi Hermia ? Hom slaan ek dood, m aar sy is weer my dood. J y ’t my gesê hulle skuil in hierdie woud. Hier’s ek, benoud gevry in hierdie woud, Omdat ek hopeloos soek na Hermia. Kry dus j o u ry, h o u op o m my te volg! h e l e n a . Jy trek my hart, h ardvogtige ad am an t; En tog trek jy geen yster, want my hart Is trou soos staal. As jy my ophou trek Verval die drang om jou te agtervolg. 22


demetrius.

Lok ek jou aan met vriend’like gevlei? Of sê ek jou kaalkop die waarheid: Jy, Jy laat my koud, en so sal 5t altyd wees? h e l e n a . En juis daardeur het ek jou nóg meer lief. Ek is jou waterhond. Demetrius, Hoe meer jy slaan, hoe meer lek ek jou hande. Gebruik my as jou hond, skop my, slaan my, Verloor, verwaarloos my; gee net verlof Dat ek onwaardig op jou voetspoor volg. Kan ’k om iets laer in jou liefde smeek En tog 5n staat wat ek self hoog waardeer? Gebruik my net soos jy jou hond gebruik. d e m e t r i u s . Moenie die haat uittart wat in my woon nie, Want ek is siek as ek jou voor my sien. h e l e n a . En ek is siek as ek jou nie mag sien nie. D E M E T R i u s . J y stel jou goeie naam in groot gevaar As jy die stad verlaat, jou toevertrou Aan iemand wat geen liefde vir jou voel nie, Jou maagdelike rykdom blootstel aan Geleentheid wat die nag se donker bied, En 5n eensaam plek se bose fluistering. h e l e n a . Jou eer is my beveiliging, te meer Omdat die donker opklaar as jy voor My staan en ek vergeet dis óm my nag, Met ’n wêreld van geselskap in die bos, Want jy ’s vir my gevoel die hele wêreld. Hoe kan jy dink dat ek kan eensaam wees As deur jou 5n hele wêreld kyk na my. d e m e t r i u s . Ek sal hardloop en wegkruip in die ruigte, Jou laat aan wildediere se genade. h e l e n a . Die wildste het geen hart so wreed soos jy. Hardloop gerus; jy draai die verhaal net om: Apollo vlug vir Dafne op sy hakke; Die duif jaag die griffoen, die sagte hinde Storm wild af op ’n tier - W at help die spoed, As d ’ lafaard agtervolg, die held w egvlu g? D E ME T R i u s . J y mors my tyd m et vrae; ek gaan nou w eg, En, as jy m y d u rf volg, glo m y gerus, Ek sal my in die bos aan jou vergryp. h e l e n a . Ag, in die tempel, stad, of veld vergryp Jy jou aan my. Skaam jou, Demetrius; Jy krenk my, maar beledig elke vrou. Hoe kan ons, soos die man, vir liefde veg? 23


Nie vry nie, maar gevry word, dis ons reg. Demetrius af. Ek volg, en dra my hel die hemel in, En sterwe deur die hand wat ek bemin. Helena af. o b e r o n . Nimfie, vaarwel. Voor hy van hier vertrek, Vlug jy vir hom, die doodverliefde gek. Puk weer op. Het jy die blom hier? Welkom, wandelaar. p u k . Ja, hier is dit. o b e r o n . Gee dit hier asseblief. Ek ken ’n bed waar wilde tiemie groei, W aar sleutelblomme en skaam viooltjies bloei, Met kamferfoelie bo tot baldakyn En eglantier en muskusrose fyn. Daar slaap Titania somtyds in die nag, Gesus deur geur en dans van blommeprag. Daar raak die slang van glanswit vel ontslae, ’n Rok, net reg vir feetjies om te dra. Laat ek ’n druppel sap in haar oë val, Dan word sy té belaglik liefde-mal. Neem van die sap, deursoek die bosse tot Jy ’n mooi Atheense nooi kry; sy’s versot Op ’n man wat haar verstoot. Gaan en bestryk Sy oë, maar so dat d’ eerste wat hy na kyk, Die nooi sal wees. Jy sal hom, waar hy gaan, Herken, want hy’t Atheense klere aan. Bewerk hom goed, dat ’n liefde oor hom kom Veel sterker as haar liefde was vir hom. Voor d’ eerste hanekraai verwag ek jou. p u k . Geen vrees, my heer, u dienaar doen dit gou. Oberon en Puk af.

T O N E E L II Die bos, met Titania se slaapplek daaragter Titania op met haar gevolg. Kom, nog ’n rondedans en elwelied, Dan almal vir ’n klein minuutjie weg. Party roei kanker uit in roseknoppe, Party vang vlermuise om elwebaadjies

titania.

24


Van d’ vleuelvlies te maak. Party verjaag Die raasbekuil wat roep en deur die nag Ons mooi feetjies beloer. Sing my aan slaap, Gaan elkeen na sy werk, en laat my rus. Die feetjie sing. e e r s t e f e e t j i e . Spikkel-slange, gly verby, Krimpvark, hou jou stekels in, Geitjies, akkeldisse, bly Ver weg van ons koningin. k o o r . Soet gestemde nagtegaal, Sing mee in ons sluimertaal: Doedoe, doedoe, doedoe sag, Doedoe, doedoe, doedoe sag. Duister ding, Nog towerkring Hou ons vorstin in sy mag. Wees gerus, en doedoe sag. t w e e d e f e e t j i e . Langbeenspinnekoppe, span Hier geen web of spinnedraad, Pikswart torre, wees verban, Wurm en slak, doen haar geen kwaad. k o o r . Soet gestemde nagtegaal, Sing mee in ons sluimertaal: Doedoe, doedoe, doedoe sag, Doedoe, doedoe, doedoe sag. Duister ding, Nog towerkring Hou ons vorstin in sy mag. Wees gerus, en doedoe sag. Titania slaap. e e r s t e f e e t j i e . Alles goed; nou, kom ons gaan; Een bly hier as skildwag staan. Feetjies af. Oberon op. Hy druk die sap uit op Titania se ooglede. o b e r o n . Wat j y sien as j y ontwaak, Sal jy sotverlief op raak, Kwyn en kwyl dat dit so kraak. Panter, kat of hermelyn, Luiperd, borselrige swyn Wat ook voor jou oog verskyn, Word jou skatjie, o, so fyn; Mag daar ’n goggabie verskyn. Af. Lvsander en Hermia op. 25


J y ’s van die wand’ling deur die bosse moeg, My skat, en ek moet sê, ek is verdwaal. Vind jy dit goed, rus ons tot more vroeg Die dag ons weer met nuwe moed bestraal. h e r m i a . Nou goed, Lysander, soek vir jou ’n plek; Op hierdie grassooi gaan ek my uitstrek. l y s a n d e r . Een sooi sal dien as kussing vir ons hoof; Een hart, een bed, twee siele, een trou beloof. h e r m i a . Nee, my Lysander, doen dit net vir my, Lê verder weg, ’n bietjie meer opsy. l y s a n d e r . My liefling, glo in d’ onskuld van my doel. Wat liefde sê, moet liefde weet en voel. Ons harte is so verstrengel en verward Dat ons dit kan beskou as net een hart. Twee siele deur die liefde aaneengesmeed, Twee siele dus, verenig deur een eed. Ek vra jou net of ek jou bed mag deel; Dit is geen sluwe liegspel wat ek speel. h e r m i a . Lysander druk op elke woord sy seël. Ek sou my fyner aard, my trots bedrieg, As Hermia sou sê Lysander lieg. My vriend, uit liefde en eerbied vir mekaar, En ook uit skroom, skuif verder weg, tot daar So ’n afstand tussen ons is as die naam Van ’n eerbare vrygesel en nooi betaam; Tot hier, my liewe vriend. Slaap lekker, mag Jou liefde duur tot jou laaste lewensdag. l y s a n d e r . Amen op daardie mooi gebed van jou. Die lewe sterf, maar nooit my eed van trou. Hier is my bed. Mag voldiep slaap jou sus. h e r m i a . Die helfte van die seën moet op jou rus. Hulle slaap. Puk op. p u k . Deur die bosse om en om, Geen Athener teëgekom, Wie se oog ek kan laat smag Deur die blom se liefdeskrag. Nag en stilte. Wie is daar? Hy’s Atheens gekleed, sowaar. Dit is hy, die windlawaai, W at d’ Atheense nooi versmaai. Hierdie nooientjie, slaap so vas Op die klam en koue gras. Pragtige kind, moet veraf slaap

lysander.

26


Van die koue, onbeskofte swaap. Vent, ek maak jou oë dom Met die toorsap van die blom. Mag die liefde in jou lyf Slaap uit jou twee oë dryf. Word maar wakker, ek moet vlug Nou na Oberon terug. Af. Demetrius kom aangehardloop, gevolg deur Helena. h e l e n a . Bly, maak my liewers dood, Demetrius. d e m e t r i u s . Ek sê jou, loop, jy ’s my tot ergernis. h e l e n a . O, moenie my in die donker laat, alleen. d e m e t r i u s . Bly hier, jy w aagjou lewe; ek gaan heen. Demetrius af. h e l e n a . Ek is uitasem van die dom wedloop; Hoe meer ek bid, hoe minder word my hoop. Gelukkige Herrnia! W aar sy gaan of staan Trek haar geseënde oë almal aan. Eloe kom haar oë so helder? Deur geween? Meer tranesout spoel deur my oë heen. Nee, ek is ’n beer, afskuwelike bees, En diere wat my ontmoet, loop weg in vrees. Dis dan geen wonder dat Demetrius Van my wegvlug asof ek ’n monster is. In watter krom lieg-spieël het ek gekyk, Toe ’k my met ster-oog Hermia vergelyk? Maar wie is hier? Lysander op die grond. Dood, of aan slaap ? Ek sien geen bloed, geen wond. Lysander, as jy leef, word wakker nou. l y s a n d e r (Ontwaak). Ek sal deur vuur en vlamme storm vir jou. Deurstraalde maagd, natuur en kuns ineen! Ek sien jou hartklop deur jou boesem heen. W aar is Demetrius? Sy vuil naam sal sterf, As hierdie swaard hom stort in die verderf. h e l e n a . Sê dit tog nie, Lysander, sê dit nie. Wie ly as hy jou Hermia liefhet, wie ? Wees jy tevrede; sy leef net vir jou. l y s a n d e r . Tevrede met Hermia? Ek verafsku nou Verveelde oomblikke, by haar verbrou. Geen Hermia, maar Helena vir my. Wie kies ’n kraai as hy ’n duif kan kry ? Verstand beheers nog steeds ’n man se wil; Voorkeur vir jou is dus geen yd’le gril, 27


W ant al wat groei, is net ryp in seisoen; My ryp verstand weet nou wat hy moet doen. Nou dat ek kom tot kennis van die mens, Beheers verstand my hele wil en wens, En sien ’k jou oë, waar die hele verhaal Van liefde se rykste liefdesboek uit straal. h e l e n a . Waarom is ek gebore tot bitter spot? Is hoon van jou maar my verdiende lot? Is’t nie genoeg nie, nie genoeg, jong man, Dat Demetrius na mý nooit sál of kán Met warm liefde kyk nie ? En moet jy Boonop my swaar tekort nog spot met my? Jy doen my onreg aan, ’n onreg, ja, As jy so smalend om my liefde vra. Vaarwel. Dit moet ek jou nog eerlik sê, Ek het gedink jy sou meer fynheid hê. O, dat ’n meisie, deur een man, versmaai, ’n Ander se veragting op haar laai. Af. l y s a n d e r . Sy het vir Hermia nie gesien nie. Hermia, rus, M aar laat voortaan Lysander ook met rus. Want, net soos oordaad van die soetste ding In keel en maag die diepste walging bring, Soos mens díe kettery die meeste haat W at jy voorheen geglo ’t en nou verlaat, Word jy, my oordaad en my kettery, Orals gehaat, maar meeste nog deur my! Ek gaan my liefde en geeskrag met geweld Aan Helena wy, en word haar ridder-held. Afh e r m i a (Ontwaak). Help my, Lysander, help my, ek is bang, Ruk weg hier van my bors die gladde slang! O vreeslike nagmerriedroom wat my laat stik! Lysander, kyk hoe bewe ek nog van skrik. Ek het gedroom ’n slang vreet aan my hart, Terwyl jy sit en glimlag oor my smart. Lysander, is jy weg, is alles verbeur, Ver weg, en dring geen woord meer tot jou deur? Helaas! W aar is jy? Praat, as jy my hoor, Om liefdeswil verdryf die angs wat my vermoor. Geen antwoord? Dan’s jy weg, jy ’t my verstoot. Ek vind jou dad’lik, of ek vind my dood.

Af28


DERDEBEDRYF TONEELI Dieselfde plek Titania slaap. Plank, Tap, Bolle, Blaas, Snoet en Maerman op. Is ons almal hier? p l a n k . Op die nippertjie. En hier is sommer ’n bakgat plek vir ons om te rippeteer. Die groen gelykte is ons verhoog, die meidoringbos is ons kleedkamer. En ons sal alles met aksie doen, soos voor die Hertog. b o l l e . Piet Plank? p l a n k . Wat sê j y Bolle, ou bul? b o l l e . Daar’s dinge in die kimmedie van Pyramus en Tispie wat nie sal werk nie. In die eerste plek, Pyramus moet sy swaard uitpluk en homself doodsteek, iets wat vroumense nie graag sien nie. Hoe maak ons daarmee ? s n o e t . So by my siks, hulle sal ’n groot skrik skrik. m a e r m a n . Ek dink ons moet na alles die doodstekery maar weglaat. b o l l e . Nót ’n wiel! Ek het ’n plan wat alles sal regmaak. Skryf vir my ’n perloog, en laat daar in die perloog staan, dat ons geen kwaad met ons swaarde sal doen nie, en dat Pyramus nie rêrag doodgemaak word nie. En om nog sekerder te maak, sê vir hulle ek, Pyramus, is nie rêrag Pyramus nie, maar Bolle, die wewer. Dit sal hulle banggeid wegneem. p l a n k . Goed, dan kry ons so ’n perloog, en dit sal geskrywe word in reëls van vier en drie voete. b o l l e . Nee, maak dit meer; laat dit geskrywe word in vier voete deur die bank. s n o e t . Sal die vroumense nie skrik vir ’n leeu nie? m a e r m a n . Ek sê julle, ek is bang daarvoor. b o l l e . Manne, julle moet by jul sigselwers dit konsidereer: Om 5n leeu - die hemel bewaar ons - tussen vrouvolk in te bring is 5n verskriklike ding; want daar is nie 5n vreesliker aasvoël as 5n lewendige leeu nie. Daaroor moet ons nadink. s n o e t . Dan moet nog 5n perloog sê hy is nie ’n leeu nie. b o l l e . Nee, jy moet sy naam noem, en die helfte van sy geseg moet by die leeu se nek uitsteek; en hy moet self daardeur praat en sê, so iets in hierdie trant: ,,Dames55, of ,,liewe dames55, ,,ekwensdat

bolle.

29


u” , of ,,ek wil u graag versoek” , of ,,ek sou u graag wil smeek, orn niks te vrees, en niks te bewe nie: my lewe vir u lewe. As u dink ék híer is ’n leeu, dan is dit klaar met my. Nee, ek is, gladdental nie soiets nie, ek is ’n man, soos enige ander man.” En daar kan hy dan sy naam maar noem, en vir hulle reguit sê hy’s Tap, die skrynwerker. p l a n k . Nou goed, dan doen ons dit. M aar daar’s nog twee swaar dinge, dit is, om maanskyn in die kamer te bring; want, julle weet, Pyramus en Tispie ontmoet mekaar in die maanskyn. ' NOET. Skyn die maan die nag as ons ons toneelstuk speel? b o l l e . ’n Kalender, ’n kalender. Kyk in die almanak. Kyk op maanskyn, kyk op maanskyn. p l a n k . Ja, dit skyn daardie nag. b o l l e . Wel, dan laat j y ’n raam oop van die groot kamervenster, waar ons ons stuk speel, en dan kan die maan deur die raam na binne skyn. p l a n k . Ja, of anders moet iemand binnekom met ’n doringbos en ’n lantern om die maan as persoon te persenteer of voor te stel. Dan’s daar nog ’n ander ding: Ons moet ’n muur hê in die groot kamer, want Pyramus en Tispie - so sê die storie - praat met mekaar deur ’n bars in die muur. s n o e t . Ons kan nooit ’n muur inbring nie. Wat sê jy, Bolle? b o l l e . Een van ons moet die muur voorstel. Laat hom bietjie pleister of klei of rofkas hê aan sy klere om muur te beduie. En laat hom sy vingers só hou, en deur die spleet fluister Pyramus en Tispie. p l a n k . As dit moontlik is, dan is alles reg. Kom, sit nou elke moerskind, en rippeteer jul rolle. Pyramus, jy begin. As jy jou praat gepraat het, verdwyn jy agter darie bos. En so elkeen volgens sy teksvers. Puk op van agter. p u k . Nou wat se boerse buffels bullebak Hier rond by d’ slaapplek van ons koningin ? Wat, ’n toneelstuk? Ek is die publiek, Miskien akteur, as ek dit nodig ag. p l a n k . Praat, Pyramus. Tispie, kom na vore. b o l l e (as Pyramus). Tispie, net soos die roos met soet afroom. p l a n k . Soet ároom, soet ároom. b o l l e (as Pyramus). Soet ároom, So is jou asem lieflik, Tispie lief. Ek hoor ’n stem, wag hier ’n ruk vir my, En ek kom dad’lik weer, my hartedief. Af, agter.


puk .

So snaaks is Pyramus nog nooit gespeel nie. Moet ek nou praat? p l a n k . Natuurlik, ja. Kyk, jy moet verstaan, hy gaan net kyk wat se geraas hy daar gehoor het, en kom weer t’rug. b l a a s (as Thisby). O Pyramus, ligstralend leliewit van kleur, Rooi wilderoos wat triomfant’lik bloei, Of soos ’n fikse jongkêrel, Jood in volle fleur, Of soos ’n troue ryperd, íluks en onvermoei, Ek kry jou, Pyramus, by Nonna se graf. p l a n k . Ninus se graf, man! M aar moenie dit nóu al sê nie; dis jou antwoord aan Pyramus. Jy rammel jou hele rol af, wagwoorde, die lot. Pyramus, kom maar op, jou wagwoord is verby, dit was „fluks en onvermoei” . b l a a s (as Thisby). O f soos ’n troue ryperd, fluks en onvermoei. Bolle op met ’n eselskop. b o l l e (as Pyramus). As ek maar mooi was, Tispie, leef ek net vir jou. p l a n k . O gats! Afskuwelik! Kêrels, ons is getoor! Vlug! Help, manne, help! Almal af behalwe Bolle en Puk. p u k (kom na vore). Ek sal jou volg en lei jou orals rond Deur vlei, deur bos, deur dorings heen en weer, Partykeer as ’n perd, dan as ’n hond, ’n Vark, ’n vuur, of as ’n af-kop beer; Dan runnik, knor, blaf, brul en brand ek daar Soos perd, vark, hond, vuur, alles deurmekaar. blaas.

A fB o l l e . Wat hardloop hulle weg ? Dis sommer kwajongstreke om my

bang te maak. Snoet weer terug. s n o e t . Bolle, maar jy ’s verander! Wat sien ek aan jou? b o l l e . Wat jy sien? Sien jy altemits jou eie eselskop, of hoe? Snoet af. Plank weer terug. p l a n k . Magtag, Bolle! Gonna, jy ’s mos omgeskape! Af. b o l l e . Ek sien deur hul skelmstreke; dis om ’n esel van my te maak, om my bang te maak, as hulle kan. Ek sal g’n poot versit van hierdie plek nie, al doen hulle wat, en ek sal hier op en af loop en sing, dat hulle hoor ek is g’n stukkie bang nie. Hy sing. Die merel, pikswart uitgedos, Met snawel, oranje-geel, Die lyster, sanger van die bos, Tinktinkie wat sag kweel. 31


(word wakker). W atter engel wek my op my blommebed? (sing). Die vink, die spreeu, die lewerik, Die grys eensang-koekoek, W at ou getroue mans laat skrik Met onrus in hul broek. Nou wel, wie antwoord so ’n verspotte voël? M aar wie durf sê hy lieg, as hy aanhou roep oor vreemde eiers in jou nes? t i t a n i a . Ek bid u, liewe sterweling, sing weer. My oor is deur u stemklank diep ontroer; My oog is deur u mooi voorkoms betower; By d’eerste aanblik het u wese my So aangegryp dat ek u lief moes kry. b o l l e . Juffrou, my spesmaas is jy het bra min rede daarvoor. En tog, dis ’n waar woord, rede en liefde het deesdae baie min met mekaar uit te waaie. Des te jammerder dat baie goeie mense nie meer doen om die twee bymekaar te bring nie. Ja-nee, ek kan ok korswel as ek op my stukke is. t i t a n i a . U wysheid is soos u aantreklikh~id. b o l l e . Nee, nie juis nie. M aar as ek genog verstand het om uit hierdie bos uit te kom, het ek genog om verder mee klaar te kom. t i t a n i a . Moenie probeer wegvlug uit hierdie bos nie; A1 wil jy wat, ek laat jou nooit weer los nie. Ek is ’n gees van ongewone krag; Die somer staan nog onder my gesag. Ek het jou lief, kom, gaan dus met my mee. Ek sal jou elwe as jou dienaars gee. Hulle sal juwele uit die diepsee bring, En óm jou blombed wiegeliedjies sing. Ek suiwer weg die logheid van jou lyf Dat jy soos ’n feetjie deur die lug kan dryf; Mot, Spinrag, Ertjieblom, en Mosterdsaad! Vier feetjies op. e r t j i e b l o m . Hier’s ek. s p i n r a g . En ek. m o t . En ek. m o s t e r d s a a d . En ek. a l m a l s a a m . Gereed. t i t a n i a . Wees lief en vriendelik vir hierdie heer, En dartel waar hy loop voor hom verby. Voer hom met appelkose en adamsvye, Blou druiwe, kruisbessies en moerbeie. Steel heuningsakkies van die hommelbye En stroop vir kersies was af van hul dye

titania b o lle

32


En steek dit op by vuurvlieë in die vleie As lig vir hom by slaap- en opstaantye. Bring vlindervlerke, waaier sag verby Die maanligstrale wat oor sy oë gly. Buig diep voor hom, al die elwe op ’n ry. e r t j i e b l o m . Heil, sterweiing! s p i n r a g . Eleil! mo t . Heil! MOSTERDSAAD. H eii! b o l l e . Ek vra u edelagbares askies van ganser harte. Mag ek weet hoe voer u edelagbare die van ? e e r s t e f e e . Spinrag. b o l l e . Ek sal jou nader wil beken, goeie Meneer Spinrag. As ek my vinger sny, sal ek'jou graag misbruik. En jou naam, cdele meneer ? t w e e d e f e e . Ertjieblom. b o l l e . Sê assemblief tog groetnis vir Miesies Skorsie, jou ma, en Meneer Ertjiepeul, jo T*/A pa. Goeie Meneer Erljieblom, ek sal jou ook nader wil beken. Jou naam, assembiief, meneer? d e r d e f e e . Mosterdsaad. b o l l e . Goeie Meneer Mosterdsaad, ek weet hoe geduidag jy is! Daardie symde lafhartige beesbak van 5n stuk beesvleis het al baie geslagte van jul familie opgevreet. Ek sê vir jou, jou familie het al baie trane in my oë gebring. Ek sal graag jou nader wil beken, Meneer Mosterdsaad. t i t a n i a . Kom, dien hom, lei hom na my heiligdom. Die maan kyk deur die wolke waterig, Eri as sy ween, ween mét haar elke blom, Tot ’n soort kuise meegevoel verplig. Bring in my lieíling, hou sy mondjie dig. Titania mel Bolte en die feetjies a f

T O N E E L II 5n Ander deel van die woud Oberon op. o b e r o n . Ek wonder of Titania wakker is, En wat haar oog gesien 5t toe sy ontwaak, W ant daar sal sy ook dolverlief op raak. Puk op. 33


Hier kom my bode. Sê my, dolle gees, Wat gaan hierdie behekste nag nog bring? p u k . My meesteres verlief op ’n monsterding! Naby haar stil en heilige alkoof, In d’ tyd dat slaap dofswaar die sinne doof, Het ’n spul hansworste, goor klomp om te sien, W at op d ’ Atheense mark hul kos verdien, Byeengekom en ’n spel gerepeteer Om Theseus by sy huwelik mee te eer. Die dikvelligste dikkop - dommerik, W at Pyramus moes speel in daardie stuk, Het sy rol verlaat, gaan wegkruip in ’n bos. En daar trek ek toe lekker op hom los En plant twee eselsore bo sy kop. Toe hy in díe vermomming antwoord op Thisby se toespraak was die gort mooi gaar. Soos wildeganse ’n skerpskutter gewaar, O f swetterjoele pikswart roeskop-kraaie, As die geweerskoot klap, met groot lawaai Opfladder, vlerke klap, een teen die ander, So het sy maats, toe hul hom sien, gespaander. Ek stampvoet op die grond. Dit struikel en val, Skreeu moord en brand en roep om hulp, skoon mal Van skrik, wat die rede so verswak, verwar, Dat dooie dinge word tot groter gevaar. Die haak-en-steek, die wag-’n-bietjie-bos Gryp hoede, moue, hulle laat alles los. Ek het die skrik-verwardes weggelei, M aar Pyramus, mooi eselskop, laat bly. Op daardie oomblik het Titania ontwaak, Soos jy sê ,,mes” op ’n esel verlief geraak. o b e r o n . Dit val veel beter uit as wat ek dag. Het jy ook die Athener se oë vannag Op my bevel bestryk met liefdesap ? p u k . Ja, in sy slaap; sy doppie is geklap. En die Atheense vrou lê langs hom daar. As hy dus wakker word, dan sien hy haar. Demetrius en Hermia op. o b e r o n . Skuil hier. Dit is dieselfde Atheense vent. p u k . Dis wel die vrou, die man lyk onbekend. d e m e t r i u s . Waarom verstoot jy my met hoon en smaad? Hou bitter woorde vir jou bitter haat. h e r m i a . Ek’t jou berispe, veels te sag miskien, 34


W ant nou vrees ek jy het my vloek verdien. As jy Lysander in sy slaap vermoor’t, Loop enkeldiep in bloed maar verder voort, Vermoor my ook. Die son was aan die dag nooit so getrou As hy aan my. Dat hy van Hermia sou Wegsluip terwyl sy slaap - voor ek dit glo, Moet ’n tonnel deur die aarde tot daarbo Gegraaf word, en die maan opkruip daardeur En haar broer, die son, se middagdiens versteur. J y ’t hom vermoor, nooit anders nie, dis waar; So stroef en strak, so lyk ’n moordenaar. d e m e t r i u s . So moét ek lyk; want jy het my vermoor, Jou koue wreedheid het my hart deurboor. M aar jy, die moord’nares, kyk helder, sag, Soos Venus in haar glans en sterreprag. h e r m i a . Hoe raak dit my Lysander? W aar is hy? Liewe Demetrius, gee hom t’rug aan my. d e m e t r i u s . ’k Gee liewers aan my honde sy karkas. h e r m i a . J ou hond, jou brak, jy dryf my verder as ’n Vrou mag duld. Het jy sy bloed gestort? Mag jy nooit weer tot man gereken w ord! Praat een maal waar, al moet jy my mishaag. Sou jy, as hy wakker was, dit ooit durf waag? O dapper held, jy het hom in sy slaap gevang. Dit sou ’n wurm kon doen, en ook ’n slang. ’n Slang se w erk! Geen addertong, gesplyt Tot valsheid, hct ooit valser doodgebyt. d e m e t r i u s . Jou valse waandenkbeelde maak jou wild; M aar ek het aan Lysander se dood geen skuld. Miskien leef hy tensy ek my vergis. h e r m i a . Ek smeek jou, sê my dat hy veilig is. d e m e t r i u s . En as ek kan, watter loon sal ek verdien? h e r m i a . Die voorreg dat jy my nooit weer sal sien. Uit jou gehate aanwesigheid gaan ek, O f hy leef of dood is, nou vir goed vertrek. Afd e m e t r i u s . Vcrgeefs o m haar te volg, sy’s kw aad verby. Ek sal ’n tydjie rustig agterbly. Die smart verswaar as slaap, ’n bankroetier, Sy skuld aan hom nie kan betaal nie. Hier Sal slaap miskien aan smart ’n klein bedrag Betaal, as ek hier bly en rustig wag. Hy gaan lê en slaap. 35


W at het jy aangevang? Jy het fouteer, Aan troue minnaarsoë sap gesmeer. Uit jou dwase vergissing volg dit nou Dat ontrou bly; die ware word ontrou. p u k . Die lot beslis: Vir een wat sy eed bewaar, Sweer duisende vals ede deurmekaar. o b e r o n . Gaan deur die woud so vinnig as die wind, Sorg dat jy Helena van Athene vind. Sy’s liefde-siek en haar gesig is bleek Deur sugte wat d’ gesonde bloed opbreek. Bring haar met een of ander lis by my, En ek sal hom bewerk met towery. p u k . Ek vlieg, ek vlieg, kyk tog hoe vlug, Soos geen Tartaar se pyl vlieg deur die lug. AfOberon buig oor die slapende Demetrius. o b e r o n . Blommetjie met die purper bloed, Tref soos Cupido raak en goed, Dring in sy oog in, laat hom boet, As hy sy beminde ontmoet. Stel haar stralend voor sy voet Soos die aandster in sy gloed. Laat met hartstog in sy bloed Hy om liefde bid, en boet. Puk weer op. p u k . Koning van ons feëland, Helena is byderhand. Hy wat ek nie herken het nie, Pleit vir ’n liefdeslekseltjie. Kom ons beskou die vertoninkie Hemel, hoe dom is die mens tog nie! o b e r o n . Wag, die geraas wat hulle maak, Sal Demetrius laat ontwaak. p u k . Dan word een gevry deur twee; Dit sal ’n snaakse tweespel gee. Ek vind dit die hoogste sport, As iets hoogs belaglik word. Hulle staan terug. Lysander en Helena op. l y s a n d e r . Eloe kan my liefde hoon wees wat j ou krenk? Gaan trane ooit gepaard met spot en hoon ? Ek ween en sweer; in ede, so gedrenk In trane, kan net suiwer waarheid woon. oberon.

36


Hoe kan jy dinge as bitíer spot beskou W at so die waarmerk dra van eie trou ? h e l e n a . J ou sluheid kry nou ál hoe meer formaat. Trou veg teen waarheid, hemels-helse stryd! Jou eed kom Hermia toe wat jy verlaat. Weeg ede; joue is wind en ydelheid. Jou trou aan haar en my in een weegskaal Sal ewe lig weeg, soos ’n sot verhaal. l y s a n d e r . My oordeel was, toe ’k sweer voor haar, van streek. h e l e n a . Nog meer as jy jou ecd aan haar verbreek. l y s a n d e r . Demetrius het haar lief, en nie vir jou nie. d e m e t r i u s (oïitwaak). O Helena, nimf, godin uit d ’ hemelryk, Waarmee kan ’k jou twee oë vergelyk? Kristal is modd’rig. Ploe verleid’lik mooi Jou lippe, soen-ryp kersies, rond en rooi! Die hoogste sneeutop, waar die ooswind waai Om d’ wit te stol, lyk pikswart soos ’n kraai As jy jou hand verhef. Laat my dit soen, Die sneeuprinses, die straahvit visioen! h e l e n a . O helse gruwel! Julle is almal hier Net om my aan te val vir jul plesier. Geen mens van fyn beskawing en fatsoen Sou my die bitter onreg aan wil doen. Waarom, as jul my haat, soos ek wel weet, Nog hierdie spot wat in my siel invreet ? As julle manne was, soos julle lyk, Sou jul geen tere vrou so wil misbruik, Haar deugde hemclhoog aanprys en roem, Terwyl sy weet dat julle haar verdoem. Twee mededingers in liefde vir Hermia Word mededingers in spot met Helena. ’n Fyn onderneming, manlik en kordaat, Wat ’n arme meisie so met spot en smaad Tot trane dwing! Geen man van edel geslag Sou ’n jonkvrou krenk, tot bo haar weerstandskrag Flaar siel onteer - dít nét om lekker te lag! l y s a n d e r . Hou op daarmee, Demetrius, jy is wreed. Jou liefde is Flermia; jy weet ek weet. Ek skenk vrywiliig, met my hele hart Van Hermia se liefde jou mý part. Staan jy jou deel van Ilelena aan my af, Wat ek sal liefhê tot verby my graf. h e l e n a . Geen spotterny was ooit so iaag en laf. 37


Lysander, hou jou Hermia; niks vir my. As ek haar liefgehad het, dis verby. My hart het soos ’n gas by haar loseer, M aar na sy Helena-tuiste t’ruggekeer Om daar te bly. l y s a n d e r . My Helena, dis ’n leuen. d e m e t r i u s . Ken jy die trou waarop my liefde steun? Bly daarvan af, of dit sal jou berou. Daar kom jou liefde, loop, begroet haar nou. Hermia op. h e r m i a . Die donker nag, wat d’ oog beroof van lig, Verskerp die oor in d’ uitvoer van sy plig. W at dus ons oog in d’ duisternis verloor, Word ons vergoed deur dubbelskerp gehoor. My oog, Lysander, was totaal verblind; Dank sy my oor het ek jou tog gevind. M aar waarom is jy onvriend’lik weg van my? l y s a n d e r . As liefde lok, mag niemand agterbly. h e r m i a . M aar watter liefde lok dan my Lysander? l y s a n d e r . Die liefde van Lysander vir ’n ander, Mooi Helena wat die nag meer glans verleen Dan vurige stippeltjies van sterrereën. W at volg jy my? Jy moet probeer verstaan: Ek haat jou; daarom het ek weggegaan. h e r m i a . Jy praat nie wat jy dink nie; dis onwaar. h e l e n a . O, sy behoort aan d’ sameswering daar, Die drietal, wat hulle teen my sameskaar Om spottend my te maak tot martelaar. Ondankbare meisie, wrede Hermia, Het jy met hierdie manne saamgesweer Om my te treiter met die spotterny? Is al die geheimpies wat ons saam gedeel het, Die trou wat ons as susters saam gesweer het, Die ure wat ons die gevleuelde tyd Verwens het, wat ons skei - is dit vergeet? Die onskuld van ons jeug? Vriendskap op skool? Ons, Hermia, het soos skeppende godinne Op een kussing gesit, en met ons naalde Volgens dieselfde patroon een blom borduur, En in een toonaard saam een lied gesing, Asof ons hande, lyf, en stem en gees Een liggaam was. So het ons saam gegroei Net soos ’n dubb’le kersie, skynbaar twee,

demetrius.

38


Maar tog in sy gedeclde tweeheid een, Twee rooiryp bessies aan dieselfde tak. So was ons, twee liggame, met een hart, Twee wapenskilde van die heraldiek, Maar tot een trou met een pluimtop bekroon. Wil jy ou liefde nou in flenters skeur En saam met mans jou arme maat bespot? Dis haatlik en dit pas 5n meisie nie. Alle vroue sal met my jou dit verwyt, M aar ek alleen ervaar die narigheid. h e r m i a . J ou heftige taal vervul my met verbasing. Ek spot jou nie; dit lyk jy spot met my. h e l e n a . Het jy nie Lysander opgestook om my Te volg, met spot gesig en oë te prys? En toé jou ander minnaar, Demetrius, W at onlangs my verskop het met sy voet, Gekry om my ’n juweel, 5n nimf, godin Uit d’ hemelryk te noem? Waarom dit sê Aan een wat hy haat? Waarom verwerp Lysandcr Die sieleliefde wat hy voel vir jou Om my sowaar begeerlik na te loop, Tensy op jou aandrang, met jou verlof? W at maak dit saak as 5k minder begunstig is, Veel minder met liefde en geluk belaai, M aar miserabel liefhet, onbemin ? Verdien dit spot van jou of medelye? h e r m i a . Wat jy daarmee bedoel, begryp ek nie. h e l e n a . Goed, gaan dan voort met jou gehuigelde srnart, Trek agter my rug skewemond en lag, Knik vir mekaar, rek lank die lekker grap; So ’n goeie grap kan nog geskiedenis word. Met medelye, fyn maniere sou Jy my nooit kies tot voorwerp van jou smaad. Vaarwel! Dis deels my eie fout, wat ek Kan regmaak deur verdwyning of die dood. l y s a n d e r . Bly, liewe Helena, ek smeek jou, hoor, My liefde, lewe, siel, mooi H elena! h e l e n a . O pragtig! h e r m i a . Liefling, moet haar nie bespot nie. d e m e t r i u s . As haar plcitrede faal, kan ek hom dwing. l y s a n d e r . Jou dwang is magteloos soos haar pleidooi, Jou dreigemente swakker as haar bede. By my jong lewe, ek het jou lief, Heleen. 39


Ek sweer by wat ek jou as oílcr biccl, En toon hoc vals hy is wat dit betw yfel. d e m e t r i u s . Ek het j ou liewer as wat hy ooit kan. l y s a n d e r . As j y so dink, kom saam, bewys dit dan. DEMETRIUS. Kom, gOU ! h e r m i a . Lysander, wat beteken dit? l y s a n d e r . Los my, j ou Ethiopiër. d e m e t r i u s . Nou, meneer, Jy ruk kammakastig los, maak of iy volg, M aar bly tog staan, jy is ’n bangbroek, loop! l y s a n d e r (worstel mel Hermia) . Los my, jou kat, jou klits, los my, onding, O f ek sal jou moet afskud soos ’n slang! h e r m i a . Waarom so grof? W at het jou so verander, My liefling? l y s a n d e r . Liefling? Weg, jou blas gesig! Weg, haatlike mcdisyne, weg, gifdrank! h e r m i a . Maak jy nie ’n grap nie? h e l e n a . Ja, beslis, jy ook. l y s a n d e r . Demetrius, ek hou my aan my woord. d e m e t r i u s . Ek soek ’n stcrker band. ’n Swak band bind Jou skynbaar sterker as jou erewoord. l y s a n d e r . Verwag jy ’k moet haar seermaak, siaan, vermoor? A1 haat ek haar, kan ’k haar nie pynig nie. h e r m i a . Kan jy my meer pyn aandoen as jou haat? My haat? Waarom? W at het gebeur, lieíling? Is ek nie Hermia nie, en jy Lysander? Ek is nog net so rnooi as kort gelede, Deur jou vannag bemin, vannag verlaat. Wel, dan ’t jy my - mag d’ gocle dit verhoed! Sal 'k sê, in erns verlaat? l y s a n d e r . So waar ck leef. En ek het nooit begeer om jou weer tc sicn nie. Geen hoop, geen vraag, geen twyfel mecr vir jou. Wees sekcr, niks is waarder, dis geen grap Dat ek uit liefde vir Helena jou haat. h e r m i a . Ag wat, j o u gogelaar, j ou kankerroos, Jou liefdedief! Het jy in die nag gekom, My minnaar se hart gestecl ? h e l e n a . O, pragtig mooi! Het jy as rnaagd geen sedigheicl, geen skroorn, 40


Geen sweem van skaamte? Moet my sagte aard Verskeur word tot my bitter wanhoop praat? O, skande, jy, bedriegster, houtpop, jy! h e r m i a . ’n Houtpop? So! Is dit die spel se doel? Nou sien ek sy’t ’n vergelyking gctref Tussen ons ngure; sy’t haar lengte genoem, Met haar postuur, haar hoë postuur, En met haar lioogte ’t sy hom afgevry. Staan jy in sy waardering nou so hoog Omdat ek so dwergagtig laag vertoon ? Hoe laag staan ek, geverfde meiboom? Praat, Hoe laag staan ek? Ja, laag, maar hoog genoeg Om met my naels jou oë by te kom. h e l e n a . Ek smeek jul, here, al bespot julle my, R.ed my van haar. Ek was nog nooit ’n geitjie, En het geen aanleg vir ’n tonggeveg, Ek is ’n meisie in my lafhartigheid. Keer haar, voor sy my slaan. U sou wel dink, Omdat sy soveel laer staan as ek, Dat ’k haar portuur is. h e r m i a . L aer! Weer die woord! h e l e n a . J y ’s te verbitter tecn my, Hermia. Ek het jou altyd liefgehad, en jou Geheime trou bewaar, geen leed gedaan nie, Behalwe dat ’k uit liefde Demetrius Vertei het van jou vlug na hierdie bos. Hy’t jou gevolg; my liefde ’t hom gevolg. Maar hy’t my afgejak en my bedreig Met slae, veragting, ja, selfs met die dood. En nou, as jy my rustig weg laat gaan, Sal ek my dwaashcid t’rugneem na Athene, En jou nie verder volg nie. Laat my gaan. Jy sien hoe onskadeiik en hoe dwaas ek is. h e r m i a . Nou kry jou ry! Wie hindcr jou miskien. h e l e n a . ’n Dwase hart wat ek hier agterlaat. h e r m i a . Wat, by Lysander? h e l e n a . Bv Demetrius. l y s a n d e r . Sy sal jou nie aanraak nie, Helena. d e m e t r i u s . Nee, selfs nie as jy trng om haar te help nie. h e l e n a . As sy kwaad word, is sy ’n rissiepit. Sy was op skool al giftig soos ’n geitjie. Ai is sv ldein, sy kan wreedaardig wees. h e r m i a . Wecr klcin? Niks anders nie as iaag en klein?

á


Moet julle toelaat dat sy my beskimp? Laat my haar bykom. l y s a n d e r . Hande af, jou dwerg, Jou klein en lastige bondel buffelskweek, Jou potjierol, jou akkerdop. d e m e t r i u s . J y ’s te gedienstig, Dit teenoor haar wat jou en jou diens verag. Los haar, hou af jou mond van Helena; Moenie haar kant kies nie, want as jy waag Om d’ minste blyk van liefde vir haar te gee, Sal ’t jou berou. l y s a n d e r . Sy’t my nou vrygelaat. Volg my nou, as jy durf, dat ons kan toets Wie het meer reg op Helena, jy of ek. d e m e t r i u s . Jou volg? Nee, ek loop langs jou sy aan sy. Lysander en Demetrius af. h e r m i a . Jy, juffrou, al die herrie kom deur jou. Nee, bly hier. h e l e n a . Ek vertrou jo u nie, ek bly Nie langer in jou vervloekte geselskap nie. Jou hande is vinniger by ’n geveg, My langer bene dra my vinniger weg. Af. h e r m i a . Ek is stom verbaas, en weet dit nie so reg nie. Af. Oberon en Puk op. o b e r o n . Dis jou nalatigheid. Jy maak ó f fout, ó f voer moedswillig kwajongstreke uit. p u k . Glo my, o elwekoning, dit was ’n fout. Het u my nie gesê ek sou die man Herken, want hy’t Atheense klere aan? In sover kan geen mens my dus blameer; Ek het aan Atheense oë die sap gesmecr. In sover is ’k tog bly dit het so geword, W ant hul rumoerige twis vind ek groot sport. o b e r o n . Jy sien, hulle soek vir hul tweegeveg ’n plek. Gou, Puk, laat donker wolke die nag bedek. Skuif voor die sterrehemel onmiddellik ’n Lae floers, soos die hel, so swart en dik. Mislei die knorrige mededingers goed Sodat die een die ander nooit ontmoet. Boots eers Lysander na, sy stem, sy spraak, En krenk Demetrius tot liy roep om wraak; 42


As jy dan soos Demctrius uitvaar Teen hom, lei jy hulle verder van mekaar, Tot oor hul gees ’n slaap, swaar soos die dood, Aansluip met vlermuisvlerk en voet van lood. Druk van die blom dan in Lysander se oë, Die sap met die wonderbaarlike vermoë Dat dit alle oogverwarring laat verdwyn, Sodat die oog weer waarheid skei van skyn. As hulle ontwaak, sal die verspotte stryd ’n Dwase droom lyk, 5n belaglikheid, En sal die vier t’rug na Athene gaan Met liefde wat tot hul sterfdag sal bestaan. Terwyl ek hierdie taak aan jou opdra, Gaan ’k weer my koningin die seuntjie vra, En dan sal ’k haar verdwaasde oog bevry Van die gedrog, sodat ons vrede kry. p u k . My feëkoning, dit moet gou gebeur, Want nag se drake dring al vinnig deur Die wolke, en dáár voor skyn die morester, By wie se koms dwaalgeeste her en der Na hul kerkhoftuiste tou. Geeste, vervloek, Weens moord op kruispaaie begrawe, soek In haas hul wurm-deurwoelde beddens nou. Uit vrees dat d’lig hul dade sal aanskou Het hulle hulself verban van die helder dag, Konfraters ewig van die swartoog-nag. o b e r o n . M aar ons is geeste van ’n ander soort; Ek het met d’ morebruid al ongestoord Soos 5n jong boswagter in die woud gestoei, Wanneer die oosterpoort al vurig gloei Ver oor die see, en met sy lig dic sout Seewater maak tot spartelende goud. Spring weg, en handel haastig, geen versuiin; Ons moet vóór sonop hierdie boel opruim. Oberon af. p u k . Op en neer, op en neer, Ek lei hulle heen en weer; Land en stad skrik al hoe meer, Bosgees lei hul heen en weer, Hier kom één meneer. Lysander op. l y s a n d e r . Demetrius, jou grootbek, praat met my. p u k (as Demetrius). Hier, skurk, met swaard getrek, maar waar is jy ? 43


lysander.

Ek ’s dad’lik daar by jou. (as Demetrius). Nou volg my dan Na gelyker grond. Lysander af. Dcmeirius op. d e m e t r i u s . Lysander, praaí tog, man. Jou wegloper, jou lafaard, jy ’t gedros. Praat! W aar steek jy jou kop weg? In ’n bos? p u k (as Lysander). Jou bangbroek, brul jy tot die sterre bo Dat jy baklei soek, tot die bosse jou glo, En kruip bang weg? Kom, seun, ek sal jou stert Met ’n kweperlat bewerk. Jy ’s dit nie werd Dat ’n swaard teen jou getrek word nie. d e m e t r i u s . W aar’s jy? p u k (as Lysander). My stem sal jou na ’n mannestrydperk lei. Puk en Demetrius af. Lysander weer op. l y s a n d e r . Hy hardloop voor, en daag m y om te korn. As ek is waar hy roep, is hy doodstom. Die skurk loop ligvoet, dit moet ek beken: Ek volg hom ál hoe vinniger, maar hy wen. Nou ’t ek beland op ’n donker oneffe plek \V7aar ek gaan rus. Mag helder dag my wek. Hy gaan l ê. Sodra die grys iig van die dag aanbreek, Sal ek Demetrius kry, en alles wreek. Hy slaap. Puk en Demetrius weer op. p u k (as Lysander). Elier, hier, jou papbroek, waar bly jy dan nou? d e m e t r i u s . Wag vir my as jy durf, want ek ken jou, Jy hardloop voor, en bly my steeds ontwyk, En durf nooit staan of in my oë kyk. W aar is jy heen ? p u k (as Lysander). Kom hier, hier is ek nou. d e m e t r i u s . Jy jil met my, m aar dit sal jo u bcrou, As ek jou bakkies weer by daglig sicn. Gaan bars; ek is swak en moeg, ek ’t rus verdien, En gaan my lank uitstrek op die klam kweek. M aar jy moet oplet loop as d’ dag aanbreek. Hy gaan lê en slaap. Helena op. h e l e n a . Vermoeiende nag, o, lang, verveiende nag, Verkort jou ure; troos my, daeraad, puk

44


Laat my na Athene gaan by helder dag, Weg van die groep wat my geselskap haat. En, slaap, wat d’ oë sluit van smart en leed, Ontvoer my, laat my ’n ruk myself vergeet. Sy gaan lê en slaap. PUK.

Dis nou drie. Kom, nóg een hier. Twee van albei soort maak vier. Hier’s een kwaad en kommervol, En Gupido is stout, hy lol, Hy maak arme nooientjies dol. Hermia op. h e r m i a . Nooit so mistroostig en nog nooit so moeg, Dou-nat, deur doringstruike rou gekrap, Kom ek niks verder, al moet ek kruip en swoeg. My wil beur vorentoe, maar my bene is slap. Hier wil ek rus, hier wek die dagbreek my. O, Hemel, help Lysander, as hulle baklei. Sy gaan l ê en slaap. PUK.

Op die gras Slaap vas, Ek sal jou Oog bedou Minnaar, dit genees so gou. Hy druk die sap in Lysander se oë. Word jy wakker In jou flakker Vroeër vreug As verheug, Jy jou liefie weer aanskou. Nugter, sal jy dan ervaar, Die ou spreekwoord is tog w aar: Man en vrou hoort by mekaar. Jan met sy Annie Stuit vir geen man nie. Elke hings sy merrie, dan is daar geen herrie. Af; Die ander slaap.

45


V I E R D E BEDRYF TONEEL I Dieselfde plek Titania en Bolle op met feetjies. Oberon agter, maar onsigbaar. Kom, vly jou op die blommebed hier neer, Dat ek kan vry met jou wange van verweel, En rose in jou voorhoof vleg, so teer, En jou groot ore, liefste, soen en streel. b o l l e . W aar is Ertjieblom? e r t j i e b l o m . Hier. b o l l e . Krap my kop, Ertjieblom. W aar is Mister Spinrag? s p i n r a g . Hier. b o l l e . Mister Spinrag, liewe Mister, neemjou wapens op en slaan vir my ’n rooiboud-hommelby dood op die top van ’n disseldoring; en liewe Mister, bring my die heuningsak. Moenie jouself daarmee ooreis nie, Mister, en, goeie Mister, sorg net dat die heuningsak nie breek nie; dit sou my spyt, as jy oordek word met heuning, sinjeur. W aar is Mister Mosterdsaad ? MOSTERDSAAD. Hier. b o l l e . Steek blad, Mister Mosterdsaad. Asseblief, basta buig voor my, liewe Mister. m o s t e r d s a a d . W at verlang u? b o l l e . Niks, liewe Mister, net dat jy Kavalier Spinrag bietjie help krap. Ek moet na die barbier gaan, Mister, want, ek dink ek is vreeslik wollerig om my wange. En ek is so ’n teergevoelige esel, as ’n haartjie van my jeuk, dan moet ek krap. t i t a n i a . Wil jy ’n bietjie musiek hoor, my soetlief? b o l l e . Ek het redelike goeie ore vir musiek. Speel vir my ’n ghoera en ’n trom. t i t a n i a . Of, sê my, soetlief, wat wil jy graag eet? b o l l e . Ja, so ’n krip vol voer. Ek sal nie nee sê vir jou goeie droë hawer nie. Dit smaak vir my ek is belustig op ’n bondel hooi; goeie hooi, soet hooi, is tog maar bobaas. t i t a n i a . Ek het ’n wakker feetjie wat eekhoring Se spens sal plunder en vars neute bring. b o l l e . Ek sou liewers een of twee hande vol droë ertjies eet. Sorg assemblief dat jou mense my nie steur nie. Daar kom so ’n slomerige lomerigheid oor my. titania.

46


Slaap sag, ek sal jou in my arms vou. Feetjies, wip nou na alle kante weg. Feetjies af. So teer omslinger akkerwinde die Soet kamferfoelie. Vroulik sag omhels Klimop die olm se skurwe vingers so. Ek het jou lief, ek is versot op jou. Hulle slaafi. Puk ofi. o b e r o n (kom na vore). A! liewe Puk. Sien j y die soet gesig? Ek begin haar in haar sotheid jammer kry. Ek het haar onlangs in die bos ontmoet W aar sy vir die misbaksel bessies soek. Ek het haar sleggesê en rusie gemaak, Want sy’t sy harige voorhoof net bekrans Met 5n blommekroon, so heerlik vars en geurig. Dieselfde dou wat in ’n blom se knop Soms skitter soos ’n Oosterse juweel, Het helder in haar oogkelke geblink Soos trane wat oor haar verned’ring treur. Toe ’k haar na hartelus getreiter het En sy my ned’rig om genade smeek, Het ek die wisselkind van haar gevra. Sy’t toegestem, ’n fee gestuur om hom Na rny lushof in feëland weg te bring. Nou ek die seun het, wil ek haar bevry Van daardie naar en haatlike oogbedrog. En, liewe Puk, neem daardie eselspruik Van die Atheense vent se harspan af, Sodat hy rnét die ander wakker word En almal na Athene hul begeef, En aan díe nag se manewales dink Soos aan die skok van ’n nagmerriedroom. Maar eers moet ek die koningin bevry. Ply raak Titania se ooglede aan. Vind jouself weer, jou vermoë Kyk weer deur jou eie oë, En Diana se bloesemknop Hef Cupido se toorkrag op. Ontwaak, Titania, liewe koningin. t i t a n i a (word wakker en staan op). My Oberon! wat se gesig het ek gesien! Ek het in droom ’n esel liefgehad. t it a n ia .

47


oberon.

Daar lê jou liefie. Hoe het dit gebeur? Hoe walg my oë van sy aanskyn nou! o b e r o n . Wees stil. Puk, ncem die pruik weg van sy hoof. Titania, laat musiek dic sinne verdoof Van ál vyf dieper as wat slaap kan doen. t i t a n i a . Musiek, musiek, betower hulle slaap! Aíusiek speel. p u k ( Terwyl hy die eselskop van Bolle wegneem). Ontwaak, cn kyk met eie oë, swaap. o b e r o n . Musick! My koningin, gee jou hand vir my, Skud sag die grond van slapers hier opsy. Hulle dans. ’n Nuwe liefde wag vir jou en my, En morenag dans statig, ek en jy, By Hertog Theseus se trouparty Om hul triomf en vreugde in te wy. Met drie maal twee getrouc liefdes by Sal Theseus se jolyt meer luister kry.

titania.

PUK.

Feëkoning, luister hier, Leeurik meld die daglumier. OB E R ON .

Kom, my koningin, ons gaan Agter nag se skadu’s aan; Ons deurkruis die hemelbaan Vlugger as die swerfsiek maan. titania.

Sê my, liefling, wyl ons deur Wolke vlie, hoe’t dit gebeur Dat 5k geslaap het op die grond Met die skepsels om my rond. Oberon, Titania en Puk af. Die liefdespare en Bolle slaap voort. Jaghoringgeluide. Theseus, Hippolyta, en Egéus op met hul gevolg. t h e s e u s . Gaan, een van julle, kry die bosbewaarder, Die viering van die Meifees is verby. Omdat ons staan op d’voorpos van die dag, Moet my beminde die jagmusiek hoor van My honde. Laat in die west’like vallei Hul los. Maak gou, en vind die bosbewaarder. Volgeling af. Ons gaan, my koningin, na d’bergtop bo, 48


En luister na verwarde kruismusiek Van.hondegetjank en weerklank deur die dal. h i p p o l y t a . Ek was eenmaal by Herkules en Cadmus Wat in die woud van Crete ’n beer vaskeer Met honde uit Sparta. Woestc blafverweer Elet m y verstom laat staan. Die bosse omheen, Die lug, die strome, elke streek vereen Deur klank en weerklank. So 5n dond’rende Musiekverwarring het ek nooit beleef nie. t h e s e u s . My honde ’s uit Spartaanse bloed geteel, Ligbruin, met lae kop, sakwange en lang Flapore wat die moredou wegveeg, Krom bene, keelvel soos Thessaalse bulle; Wel stadig, maar met gorrels ingestem Soos klokkespel. Geen mooier geluid het ooit By jagroep of by horinggeskal weerklink In Crete, Sparta of Thessalië. Maar oordeel self. Hy sien die slapers. Sjuut! Wat se nimfe is dit? e g é u s . My heer, dit is my dogter wat liier slaap, En dit Lysander, dit Demetrius, Dit ou Nedar se dogter, Helena. Ek sou wil weet hoe ’t hulle hier saamgekom. t h e s e u s . Hulle het maar seker vroeër opgestaan Vir die Meifees en van ons plan gehoor, En wou ons plegtige byeenkoms eer. Egéus, sê my, dit is tog die dag Waarop Hermia moet antwoord en besluit? e g é u s . Ja, ed’le heer. t h e s e u s . Roep jagters, laat die horingklank hul wek. Jaghorings klink op. 'n Geskreeu. Die verliefdes skrik wakker. Vriende, Sint Valentyn is lank verby; Eloe is dit dat jul bosvoëls nou eers vry? l y s a n d e r . Vergeef my, heer. Die minnaars kniel. t i i e s e u s . Staan asseblief tog op. Ek weet julle is vyandige mededingers. W aar kom die tere vriendskap nou vandaan, Dat nyd so ver sy jaloesie verlaat En rustig lê langs iemand wat hy haat? l y s a n d e r . My heer, ek sal ’n verwarde antwoord gee, H alf wakker, half in slaap. M aar ek kan sweer Ek weet nie lioe ek hier gekom het nie. 49


Maar, soos ek dink, ek wil die waarheid praat, Ja, nou val dit my by; dit het so gebeur: Ek het met Hermia hierheen gevlug Om weg te kom van Athene en so die straf Van die Atheense wet te kan ontwyk e g é u s . Genoeg, genoeg, my heer, u weet genoeg. Ek beroep my op die wet teen hom, die wet. Hul wou wegsluip; hul wou, Demetrius, Oor jou en my oorwinning vier, jou van ’n Vrou beroof, mý van my vaderreg, My vaderreg o m haar aan jou te skenk. d e m e t r i u s . My heer, m ooi Helena het aan my verklap Hul plan om skelm te vlug na hierdie woud; Ek het in woede hul agternagesit, En Helena het uit liefde my gevolg, Maar, ed’le heer, ek weet nie watter krag Deur ’n soort krag het liefde vir Hermia In my gesmelt soos sneeu, en dit lyk nou Soos die gedagte aan dwase speelgoed wat In my kinderjare vir my dierbaar was. En al die trou, die liefde van my hart, Die mooiste beeld en vreugde van my oë Is nou net Helena. Aan haar, my heer, Was ek verloof voor 5k Elermia gesien het. Soos ’n siek man, het ek die goeie kos Verwerp; gesond, herwin ek weer my smaak; My lus, my liefde, my verlange gaan Na haar, getrou aan haar vir alle tyd. t h e s e u s . Verliefdes, julle is weer bly verenig. Ek wil die hele storie later hoor. Egéus, ek gaan teen jou wil besluit, W ant aanstons sal in d ’ tempel saam met ons Die paartjies vas verbind word aan mekaar. Omdat die more ver gevorder is, Word ons beplande jagtog afgelas. Kom, na Athene; ons drie pare saam Vier daar 5n fees, so vrolik as vernaam. Kom, my Elippolyta. Almal aj\ behalwe die verliefdes, en Bolle wat nog slaap. d e m e t r i u s . Dit alles lyk so klein en so onduid’lik Soos veraf berge wat verwaas tot wolke. h e r m i a . Ek dink ek kyk met twee onenige oë Wat dinge dubbel laat vertoon. 5°


HELENA. Ek OC)k.

Demetrius was vir my soos ’n juweel, My eie en tog nie. d e m e t r i u s . M aar is jy seker Dat ons nou wakker is? Dit lyk vir my Ons slaap, ons droom. Jy dink tog ook die hertog Was hier en ’t ons beveel om hom te volg? h e r m i a . Hy en my vader. h e l e n a . En Hippolyta. l y s a n d e r . En hy’t beveel ons moet na d’ tempel kom. d e m e t r i u s. Dan is ons wakker. Wel, dan volg ons hom; Op weg daarheen gesels ons oor ons drome. Die verliefdes af. r o l l e (word wakker). As my beurt kom, roep my, en ek sal antwoord. My volgende wagwoord is ,,allermooiste Pyramus” . Haai, julle! Piet Plank! Bertus Blaas, die blaasbalkmaker! Gedoriewaar, weggedros, en my laat slaap! Ek het ?n wonderbaarlike gesig gesien. Ek het ’n droom gehad; geen mens se verstand kan sê wat se droom dit was nie. Die mens wat hierdie droom perbeer ytlê, is ’n esel. Ek het gedog ek was, en ek het gedog ek had - die man wat vir my wil kom sê wat ek gedog het ek had, is ’n dwase sot. Geen menseoog het ooit gehoor, geen menseoor het ooit gesien, geen tong verstaan, geen hart sal kan vertel wat ek gedroom het. Ek sal Piet Plank ’n versie laat skryf oor my droom; dit sal as tittel hê ,,Bolle se Droom” , want dit is hol van binne. En ek sal dit sing aan die end van die toneelstuk voor die Hertog. O f dalk, om dit nog aandoenliker te maak, by Tispie se dood. Af-

T O N E E L II Athene Plank, Blaas, Snoet, en Maerman op. Het jy iemand na Bolle se huis gestuur? Het hy al tuis gekom ? m a e r m a n . Niemand weet van hom iets nie. Hy is sweerlik vervoer. b l a a s . As hy nie kom nie, is ons toneelstuk in sy maai. Dit kan tog nie vort gaan nie, kan dit? p l a n k . Buite kwessie; jy het in die ganse Athene geen man wat Pyramus kan opbring soos hy nie. plank.

51


Ja-nee5 hy het die langste kop van al die werksmense in Athene. p l a n k . Ja, en hy’t net die lyf daarvoor, en hy is die ware aambeeld van ’n mooi stem. b l a a s . Jy bedoel 5toonbeeld5. ?Aambeeld’ sê gedoriewaar niks. Tap op. t a p . M anne5 die Hertog kom net van die tempel af5 en daar is nog twee of drie adelmanne en adelvroumense in die huwelik gevestig. As ons toneelstukkie klaar was5 het ons met ons stêre in die botter geval. b l a a s . Liewe Bolle, ou bul! So het hy sikspens per dag vir lewenslank verloor. Hy sou speel-speel sikspens per dag gekry het. As die Hertog hom nie sikspens per dag gegee het om Pyramus te speel nie5vreet ek my hoed op. Hy sou dit werd wees. Sikspens per dag vir Pyramus, of nót ’n wiel. Bolle op. b o l l e . W aar is die kêrels? W aar is die liewe vrinde? p l a n k . Bolle! 0 5 allergelukkigste dag! O geseënde uur! b o l l e . Manne, ek gaan oor wonderbaarlike dinge praat; maar moenie vir my vra wat nie5 want as ek dit moet sê5 is ek nie ’n ware Athener nie. Ek sal julle alles vertel persies soos dit gebeur het. p l a n k . Laat ons hoor5 m y liewe Bolle. b o l l e . Geen woord van my nie. A1 wat ek julle sal vertel, is dat die Hertog klaar geëet het. Kry jul monderings reg, sterk toutjies vir jul baarde, nuwe linte vir jul skoene, en kom in ’n japtrap by die paleis bymekaar. Elke man moet sy rol nakyk, want5 om ’n lang storie kort te maak, ons stuk is aangeneem. In ieder geval laat Tispie ’n skoon hemp aantrek. En die een wat vir leeu speel5 moet nie sy naels knip nie5 want hulle moet uitsteek soos ’n leeu se kloue. En5 liewe medespelers, moenie uic of knofFel eet nie5 want ons moet met soet asems praat5 en, ek twyfel glad nie5 hulle sal sê dit was ’n soet kimmedie gewees. Geen verder woord nie; weg is julle, weg! Bolle en sy manne af. blaas.

52


VYFDEBEDRYF TONEEL I Athene Theseus, Iiippolyta, Filostraat op, met gevolg. Dis vreemd, wat hierdie paartjies ons vertel. t h e s e u s . Meer vreemd as waar. Ek het nog nooit geglo In die ou fabels of in feëverhaie nie. Waansin en liefde verhit die brein, sodat Dit soms die wildste fantasië omvat Wat d’ koel verstand onmoontlik kan verstaan. Die malman, die verliefde en die digter Is almal uit verbeelding opgebou: Een sien meer duiwels as die wye hel Kan vat - die malmens; minnaars, net so mal, Sien Helena se skoonheid in 5n blas Sigeunervrou; in wilde ekstase rol Die digtersoog oor hemel en aarde rond, En wyl hy nooit gekende dinge ontwerp Met sy verbeelding, vorm sy digterspen Dit tot gedaante - so kry leë lug Deur hom ’n eie woning en ’n naam. 5n Sterk verbeelding is so vindingryk: As sy verlange na geluk hom dwing, Skep hy die bode wat geluk moet bring. M aar as hy snags in donker angs verkeer, Maak hy ook maklik van 5n bos 5n beer. h i p p o l y t a . A1 die gebeurtenisse van hierdie nag, Die ommekeer wat hulle deurgemaak het, Getuig van meer as blote fantasie En word 5n groot saamhangende geheel, Hoewel dit vreemd en wonderbaarlik bly. Lysander, Demetrius, Hermia en Helena op. t h e s e u s . Hier kom die paartjies vrolik, vol geluk. Vriende, mag vreug en liefde, ewig fris In julle harte woon. l y s a n d e r . Mag meer geluk U pad, u tafel, en u bed bekroon. t h e s e u s . Is daar geen maskerspel of dans om die hippolyta.

53


Lang wagtyd van drie ure te verkort, Wat tussen die ete en die slaaptyd strek? W aar is die meester van ons hofvermaak? Is daar geen vrolikheid, is daar geen spel W at d’ pynlik trae ure kan versnel? Roep Filostraat. f i l o s t r a a t . Hier, magtige Theseus. t h e s e u s . W atter tydverdryf kan jy vanaand aanbied? 5n Maskerspel? Musiek? Kan ons die tyd Se traagheid nie met bietjie pret verlig nie? f i l o s t r a a t (gee hom ’n velpapier). Hier is ’n lys van wat beskikbaar is. Kies self wat u Hoogheid eerste sal wil sien. t h e s e u s (lees). ,,Die stryd met die kentaure, solosang Van ’n Atheense eunug met sy harp.” Nie dit nie. Ek het my skat dit reeds vertel Tot roem van Herkules, my bloedverwant. „Die raserny van dronk Bakkante, wat Woedend die sanger uit Thrasië verskeur.” Dit is ’n stokou stuk en is gespeel Toe ek uit Thebes t’rugkeer in triomf. ,,Drie maal drie Muse wat die dood beween Van die geleerdheid wat as bed’laar sterf.” Dit is 5n soort satire, skerp en krities, Wat nie geskik is vir 5n huw’liksfees nie. ,,’n Kort, langdradige stuk oor Pyramus En sy geliefde Thisby. Grappig-tragies.55 W at? Grappig-tragies ? Kort en tog langdradig? Dit klink soos warm ys en snaakse sneeu. Hoe laat mens so 5n ongerymdheid rym? f i l o s t r a a t . Dit is ’n stuk, my heer, so tien reëls lank, Seker die korste drama wat ek ken. M aar dis presies tien reëls te lank, my heer, Dus ook langdradig. In die spel is geen Gepaste woord en geen gepaste speler. Tragies, my heer, is dit beslis, W ant Pyramus deursteek daarin homself. Toe 5k dit sien repeteer, moet ek beken, Skiet trane in my oë; geen wilde lag Kan so ’n vrolike tranevloed laat vloei. t h e s e u s . Wie is hulle wat dit speel? f i l o s t r a a t . Vereelte handwerksmanne uit Athene, Wat nooit 5n stuk kopwerk gedoen het nie 54


En hul kopsku geheues nou ooreis Om by u huw’liksfees die stuk te speel. t h e s e u s . Ons wil dit hoor. f i l o s t r a a t . Nee, nee, my ed’le heer, Dis nie vir u nie. Ek het dit gehoor, En dis op aarde niks nie, sommer niks. Tensy u pret vind in die goeie wil, Vreeslik oordryf, die woorde ingestamp Om u ’n diens te doen. t h e s e u s . Ek wil dit hoor, Want daar kan niks verkeerd wees met ’n ding Wat pligsgetroue eenvoud ons aanbied. Gaan bring hulle in, en, neem jul plekke, dames. Filostraat af. h i p p o l y t a . Ek gru as ’k sien hoe arme drommels sukkel En pligsgetrouheid in sy diens beswyk. t h e s e u s . My liefling, jy sal glad nie soiets sien nie. h i p p o l y t a . Hy sê tog hulle is tot niks in staat nie. t h e s e u s . Veel vriend’liker as ons bedank vir niks. Ons pret sal wees, behou wat hulle verbrou. ’n Edel gees skat armsalige plig Nie na sy waarde maar sy toegewydheid. W aar ek ook kom, het groot geleerdes my Begroet met voorbereide welkomswoorde; M aar ek het hul sien bewe en verbleek, Sien vassteek in die middel van ’n sin, Hul woordaksente wegsluk in hul vrees, En eindelik in stomheid stok, voordat Hulle my kon welkom heet. Liefling, glo my, Hul swye was vir my ’n welkomswoord. M aar daardie bang, beskeie pligsbesef Was meer as die brutale kletterklank Van selfversekerde welsprekendheid. Die liefde, eenvoud, tongvaste bedeesde, Sê met sy minste woord vir my die meeste. Filostraat op. f i l o s t r a a t . U edele, die Proloog staan gereed. t h e s e u s . Laat hom maar kom. Trompetgeskal. Plank op as proloogspreker' p l a n k (as proloogspreker). As ons u erger sal dit ons behaag. As u net dink dis nie ons doel en strewe Om te mishaag nie. Ons klein talent wil graag U dien, want dis die mispunt van ons lewe. 55


Ons staan hier almal teen ons wil en sin. Onthou, ons speel nie net vir u plesier nie. Ons wil u vreugde bring as u begin Verveel raak, daarvoor is ons glad nie hier nie. Die spelers staan nou klaar, en deur hul spel Sal hulle al wat u moet weet, vertel. t h e s e u s . Die kêrel trap darem klei met punte en komma’s. l y s a n d e r . Hy’t soos ’n wilde hingsvul sy proloog gery, en nie geweet waar hy moet stop nie. ’n Goeie les, my edele heer: dis nie genoeg om iets goeds te sê nie; mens moet dit goed sê. h i p p o l y t a . Hy het op sy proloog gespeel soos ’n kind op ’n blokfluit, met veel geluid, maar weinig note. t h e s e u s . Sy proloog was ’n gekoekte ketting, die skakels reg, maar alles verkeerd. Wie is die volgende? Trompetgeluid. Pyramus (Bolle), Thisby (Blaas), Muur (Snoet,) Maanlig (Maerman) en Leeu ( Tap) gaan staan ïn 'n ry, terwyl Plank die proloog spreek. p l a n k (as proloogspreker). Toehoorders, u sal vol verbasenis Ons spel aanskou, tot waarheid als verklaar. Die man, as u wil weet, is Pyramus, En Tispie is die pragtige dogter daar. Die man met rofkas en met kalk besmeur, Is die vuil muur wat die geliefdes skei. Die muur ’t gebars, en by die wye skeur Kan hulle fluister van liefde, ewig vry. Die man - lantern, hond en doringbos Is Maanskyn. Die verliefdes is gelok Deur Maanskyn en het skelmpies weggedros Om by die graf van Ninus te gaan bok. Die vreeslike dier, wat hulle noem die leeu, Het Tispie, toe sy een nag eerste was, Van vrees, of, laat ons sê, van skrik laat skreeu; Terwyl sy vlug, vat dorings haar mantel vas, W at leeu toe met sy bloedige bek bevlek. Toe Pyramus daarna, lank, en slank, en mooi, Tispie se mantel sien, so bloedig rooi, Het hy die blad van sy blinkende swaard getrek, En braaf sy bloedige, bonsende bors deurboor. Toe Tispie onder die moerbeiboom dit hoor, Trek sy sy doík, en sterf. W at d5 res betref, Leeu, Maanskyn, Muur, die minnaars twee Sal als vertel, terwyl hulle hier optree. Al die spelers qf,‘ behalwe Snoet, die muur. 56


Ek wonder of die leeu gaan praat. Een leeu mag wel, my heer; want soveel esels praat. s n o e t (as muar). In hierdie tussenspel kom ’t hierop neer Dat ek, Piet Snoet, ’n muur aanpresenteer. En so ’n muur, dit moet julle nooit vergeet, Met onderlangs ’n wye bars of spleet W aardeur die tweetjies, Tispie en Pyramus, Saggies kon praat as hulle te eensaam is. Die kalk, die rofkas en die klip toon aan, Dat ek die muur is, hierso, waar ek staan. En hier’s die kraak, dwarsdeur die muur en pleister W aardeur die doodsbang paartjie saggies fluister. t h e s e u s . Wie verwag dat kalk en hare beter praat? d e m e t r i u s . Dis die slimste muur wat ek ooit hoor praat het, mv edele heer. t h e s e u s . Wag, stilte! Daar is Pyramus by die muur. b o l l e (as Pyramus). O grimmige nag, pikswart soos Afrika! O nag, wat ewig duur voor dag aanbreek! O nag, helaas, geen hart kan dit verdra! Ek vrees my Tispie laat my in die steek. En jy, o muur, o soet, o lieflike muur, Wat haar ou pa se grond van myne skei, En jy, o muur, o soet, o lieflike muur, Ek wil deurkyk; o wys jou spleet vir my. Snoet wys met sy vingers. Dank, goeie muur, gcseën vir alie tyd! Maar ek sien dan geen Tispie; muur, jy lieg. O wrede muur, ek sien geen saligheid Deur jou. Vervloek jou klippe wat my bedrieg! t h e s e u s . Lyk vir my, ’n muur wat lewe, moet t’rugvloek. b o l l e (as Pyramus). Nee, om die waarheid te sê, my heer, hy moenie. ,,Wat my bedrieg” is Tispie se wagwoord; sy moet noú opkom, en ek moet haar deur die muur sien kom. U sal sien dit gebeur persies net soos ek sê. Daar kom sy. Blaas kom op as Tfiisby. b l a a s (as Thisby). O muur, jy het my telkens liier hoor ween, Omdat jy Pyramus van my weghou. My kersielippe soen jou skurwe steen, Jou klippe, met kalk en hare opgebou. b o l l e (as Pyramus). Ek sien ’n stem; ek gaan nou na die spleet, Dalk kry ek Tispie se gesig te hore. Tispie! b l a a s (as Thisby). My lieíling, dit is jy, ek w eet. theseus.

demetrius.

57


(as Pyramus). Weet ook, ek is verlief tot oor m y ore, En, soos Salmander, bly ek ewig trou. b l a a s (as Thisby). En ek soos Helena tot die noodlotshou. b o l l e (as Pyramus). Geen Shafalus was aan Procus so getrou. b l a a s (as Thisby). Soos Shafalus aan Procus, ek aan jou. b o l l e (as Pyramus). O soen my deur die gat van die vuil muur. b l a a s (as Thisby). Ek soen, maar proe geen lippe, net kalk en suur. b o l l e (asPyramus). Kry ek by Nonna se grafjou altemits? b l a a s (as Thisby). By lewe en sterwe, ek kom soos die blits. Bolle en Blaas af. s n o e t (as Muur). Ek, M uur - my rol, my plig is nou voldaan; Dit synde so, kan ek, Muur, nou maar gaan. Af. t h e s e u s . Nou is die skeidsmuur tussen die twee bure weg. d e m e t r i u s . Dit help tog niks, my heer, as mure so gedienstig is om alles af te luister. h i p p o l y t a . Dis die verspotste affêre wat ek ooit gehoor het. t h e s e u s . Die beste spelers is maar skaduwees, en die slegstes niks erger nie as ons verbeelding hulle aanvul. h i p p o l y t a . Dit moet dan jóu verbeelding wees, nie hulle s’n nie. t h e s e u s . As ons verbeelding hul niks laer skat as hulle self nie, is hulle uitstekende mense. Hier kom twee edele diere, ’n man en ’n leeu. Tap op, as Leeu^ en Maerman, as Maanskyn. t a p (as Leeu). U, dames, spring op stoele in ’n kits, As die kleinste muisie by u rokke kom; U sou van angs en skrik die ritteltits Kry, as ’n woeste leeu hier brul en grom. Ek is Tom Tap, ’n mak skrynwerkertjie, Geen regte, leeu, selfs geen leeuwyfie nie. W ant as ’k, op prooi belus, hier rond sou stap As leeu, dan is my doppie gou geklap. t h e s e u s . ’n Sagmoedige dier met ’n teer gewete. d e m e t r i u s . Die dierbaarste dier wat ek ooit gesien het, edele heer. l y s a n d e r . ’n Leeu met ’n jakkalshart. t h e s e u s . Ja, en die verstand van ’n gans. d e m e t r i u s . Nie so nie, edele heer; want sy moed kan nie sy verstand saamsleep soos die jakkals die gans nie. t h e s e u s . Sy verstand, weet ek, kan nie sy moed dra nie, want die gans dra nie die jakkals nie. Nou goed, laat dit aan hom oor, en kom, ons luister na die maan. m a e r m a n (as Maatiskyti). Hierdie lantern is die maan met horings.

bolle

58


demetrius.

H y moes die horings op sy h oof gedra het. H y is geen h alw em aan nie, en sy horings is onsigbaar in sy volheid. m a e r m a n (as Maanskyii). H ierdie lan tern is die m aan m eth o rin g s; Ek self die m an in d ’m aan , soos ’t vir m y lyk. t h e s e u s . Dis die grootste fout van die hele affêre; die m an m oet binne die lan tern wees. H oe is hy anders m an in die m aan ? d e m e t r i u s . H y kan nie d a a r kom nie, u it vrees vir die kers; u sien, d it begint al rook. h i p p o l y t a . Ek is nou m oeg vir die m aan, ek wens hy verander. t h e s e u s . D it blyk u it die dowwe lig v an sy verstand, d a t hy begint afneem . M a a r in alle beleefdheid, en in alle redelikheid, m oet ons die tyd afwag. l y s a n d e r . G aan verder, M aan . m a e r m a n (as Maanskyn). A1 w at ek te sê het, is o m ju lle te vertel d a t die lan tern die M a a n is, ek, die m an in die M aan , hierdie doringbos m ý doringbos, en hierdie hond m ý hond. d e m e t r i u s . W el, d a n moes al díe dinge in die lan tern gewees het, w an t alles is in die m aan. M a a r, luister, hier kom Thisby. theseus.

Blaas weer op, as Thisby. b l a a s (as Thisby). H ier is ou t a p (brul soos ’n leeu). U m fff!

N o n n a se graf. W aar is m y liefste? U m fff!

Thisby hardloop weg. demetrius.

G oed gebrul, Leeu. G oed gehardloop, T hisby. h i p p o l y t a . M ooi geskyn, M aan . W erklik, die m aan skyn baie sjarm ant.

theseus.

Tap skeur as Leeu die mantel van Thisby en verdwyn. theseus.

M ooi kat-en-m uis, Leeu!

Bolle terug as Pyramus. demetrius.

En toe kom Pyram us. En dus het die Leeu gevlug. b o l l e (asPyramus). O M aan , ek d a n k jo u vir jo u sonnestrale, Ek d an k jo u , M a a n ; by hierdie helder lig, W at gly m et goue glans oor donker dale, Soek ek m y troue Tispie se gesig. O my, ek sidder, K yk, arm e ridder, ’n S m art w at jo u verlam ! Ek staar m et vrees, H oe kan d it wees? M y lieflinkie, m y la m ! J o u m antel goed lysander.

59


Bevlek met bloed! O, felle Furies, draf, O, noodlotsusters, laat Nou spring my draad, Knip, druk of draai my draad morsaf! t h e s e u s . Hierdie hartstog, plus die dood van ’n dierbare vriend, sou ’n mens amper treurig laat voel. h i p p o l y t a . Sê wat julle wil, maar ek kry die man jammer. b o l l e (as Pyramus). Natuur, maar waarom skep jy leeus tog nou? ’n Leeu ’t my maagdeliefieblom gesteel. Sy is5 nee5 nee, sy was die mooiste vrou W at leef, wat liefhet, loer5 en lekker speel. Kom, trane verward, Verwond nou, swaard, Die pram van Pyramus, My linkerpram, W aar d’ bloed opdam; Dan gaan ek rus5 rus5 rus. Hy deursteek homself. Verby die tyd5 Kom, ewigheid, My siel is in die lug. Tong, basta skyn5 Maanlig, verdwyn. Maerman5 die Maanskyn, a f Kom, laaste sug5 sug5 sug. Hy sterf d e m e t r i u s . As speler is hy ’n aas5 bobaas, alleen. l y s a n d e r . ’n Ander soort van aas, hy’s dood5 hy’s niks. t h e s e u s . ’n Snydokter kan twee stukke aas saamvoeg tot ’n lewende esel. h i p p o l y t a . Hoe kom dit dat Maanskyn vertrek voor Thisby kom en haar minnaar vind ? t h e s e u s . Sy sal hom by die lig van die sterre vind. Hier kom sy5 en met haar jammerklag eindig die spel. Blaas weer op as Thisby. h i p p o l y t a . Ek dink dit hoef geen lang jammerklag te wees vir so ’n Pyramus nie; ek hoop sy kap dit kort. d e m e t r i u s . ’n Strooitjie sou die skaal laat oorslaan, wie van hulle beter was5 Pyramus of Thisby, hý as man - hemel, help ons sý as vrou -hemel, wees genadig. l y s a n d e r . Sy’t hom klaar gesien met haar liewe ogies. d e m e t r i u s . En sy uit haar jammerklag as volg! 60


(as Thisby). Aan die slaap, my lief? Dood, hartedief? Staan op, my Pyramus. Praat, praat! W at? Stom? Die graf het horn, Sy mooi oë uitgeblus. Die lelielippe, Die kersieneus, Sy wange, geel primulas, Is heen, is heen. Minnaars, beween Sy oë wat grasgroen was. O, skrikgodinne, Kom aldrie binne Met hande, bleek soos melk. Doop hulle in bloed, Julle skêr het vir goed Sy sydraad laat verwelk. Tong, spreek geen woord. Kom, troue swaard, en steek my in my maai. Sy deursteek haarself. Ag, treur tog nie, So sterf, Tispie, Goe’baai, Goe’baai, Goe’baai. 6^ sterf. t h e s e u s . Maanskyn en Leeu moet nou die dooies begrawe. d e m e t r i u s . M aar Muur kan darem help. b o l l e (staan op). Nee, ek kan u verseker, die muur wat hul vaders geskei het, lê nou plat. Sou u graag die epiloog wil sien of ’n volksdans wil hoor, uitgevoer deur twee lede van ons geselskap? t h e s e u s . Tog nie ’n epiloog nie, asseblief, want julle hoef nie vir jul spel ekskuus te vra nie. Moet nooit ekskuus vra nie, want as die spelers almal dood is, kan mens niemand blameer nie. Waarlik, as hy wat dit geskryf het, die rol van Pyramus gespeel het, en homself opgehang het aan Thisby se kousband, sou dit ’n pragtige tragedie gewees het; so was dit ook, en voortreílik gespeel. M aar kom, nou die volksdans, en los maar die epiloog. ’/z Volksdans. Bolle en sy mense af. Die nag se ystertong het twaalf getel. Verliefdes, bed toe; dit word elwetyd, Ek vrees ons moet vanmore slaap inliaal blaas

61


W at ons verloor het met ons nagwaak hier. Die growwe, sterk oordrewe spel het tog Die swaar gang van die nag verlig. Almal Na bed. Ons het nog veertien dae tyd Vir naglang nuwe pret en vrolikheid. Almal af. Puk op met 'n besem. PUK.

Honger leeus brul nou omheen, Wolwe huil nou teen die maan; En die boer snork dat dit dreun, Met sy dagtaak afgedaan. Uitgebrand die stompe vuur; Net 5n steenuil skreeu, en laat Iemand, wat reeds pyn verduur, Bang dink aan sy doodsgewaad. Tyd dat grafte wyd oopgaap Nou presies om middernag, En die geeste wat daar slaap Sweef dan oor die kerkhof sag. Ook ons feetjies wat saamvlug, Agter Hékate aanstroom, Vir die sonneskyn bedug, En die nag volg soos ’n droom, Is nou vrolik. Laat geen muis Piep in díe gewyde huis. Hy wys op sy besem. Hiermee vee ek ongesteur Stof weg agter elke deur. Oberon en Titania, die Koning en Koningin van Feetjies, op met hul gevolg wat brandende kerse dra. OBERON.

Deur die huis, laat kersies blink Voor die vakerige vuur. Elke elf en fee rinkink Lig soos voëltjies op ’n muur. Sing die deuntjie agter my Aan, en trippeldans verby. TITANIA.

Leer nou eers die lied se woorde, Sing met borr’lende akkoorde; Hand in hand, fyn feëvertoning, Sing ons seën oor hierdie woning. Oberon lei, en die feetjies sing en dans. 62


'J -lftl M

12/05427 í0 í

1 2.7

<P(L

2 (S

m 7

Ki.

^ i cV

So iv\ er

f\o-

c,Á r co,vv.

SH fl

U n iv e rsity o f th e W itw a te rs ra n d , Jo h a n n e sb u rg

The Lihrary T his b o o k m a y not be retained after th e last date stam ped b e lo w . A renew al fo r a fu rth e r p e rio d o f seven days m a y be g ran ted unless the b o o k is in d em and. Fines, as schedulcd in the Rules and Regulations, are

incurred on overdue hooks.

L , DISPLA ÏU N T IL 12

í w BZOUï

‘ m

1983

1 u MAY 2019

T his b o o k is not tiansferable. It w ill rem ain y o u r charge u n til re tu m e d b y y o u in person.


’

Q13273ÍS

BC54169


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Midsomernag-droom (Eitemal) by Shakespeare in Southern Africa - Issuu