FREE!
REITZ | PETRUS STEYN | LINDLEY | ARLINGTON
15 DECEMBER 2022
Reitz
Advertiser Veldbrand
MEDIA
Local. Useful. Digital.
KRY ‘N VOLLEDIGE GELOFTEFEESKALENDER 2022 IN DIE SPESIALE UITGAWE DEUR:
Waar kom ons Gelofte vandaan? Hierdié maand is dit Geloftedag en herdenk Afrikaners wêreldwyd weer eens die Gelofte van 1838. Hi erdi e Gelofte is die eerste keer op 16 Desember 1838 op die slagveld van Bloedrivier herdenk toe di e Voortrekkers daar ’n dankdiens na afloop van die veldslag gehou het. D aarna is dit jaarliks informeel gevier. In 1864 het twee predikante, di. Piet Huet en Jan Lion Cachet, besluit dat die “dankdag” (soos hulle di t genoem het) jaarliks amptelik kerklik herdenk moet word. In 1866 het is ’n groot fees op die slagveldterrein gereël. Op di e oggend van 16 Desember 1866 het Cachet oor Exodus 17 vers 15 gepreek (waar beskryf word hoe ’n altaar tot eer v an di e Here gebou word), waarna ’n ete gevolg het. Die middag het die aanwesige mans en seuns ’n klipstapel as gedenkteken aan die Slag van Bloedrivier opgeri g. Dit is gedoen op die pl ek waar die middel van die laer van 1838 na bewering was. ’n Groep Zoeloes het hand bygesit deur klippe nader te rol. Na die tyd het die kinders wat die fees bygewoon het, gesing en Cachet het ’n herdenkingstoespraak gehou waarin hy weer di e noodsaak om di e dag te herdenk en om sendingwerk te doen, bepleit het. Na afloop van die toespraak het oud-stryders hulle herinneringe aan di e slag vertel. Intussen het Cachet deur middel van ’n tolk vir di e swart werkers wat saam na die fees gekom het, asook die Zoeloes wat in die omgewing woon en kom kyk het wat daar gebeur, gepreek. Hy het vertel dat hy di e oggend ’n boodskap van die Zoeloekoni ng, Cetshwayo, gekry het waarin die koning verklaar het dat hy bly was dat ’n
predikant op die pl ek kom kerk hou het. Cachet het Cetshwayo laat weet dat ’n gedenkteken met di e naam “Vrede” op die terrei n opgerig sou word. Hy het die hoop uitgespreek dat harmonie voortaan tussen die Zoeloes en ander Natallers sou heers. Die dag se verrigtinge is met gebed en s ang afgesluit. Hierdie buitelugfees het die grondslag vir die formaat van duisende toekomstige Gelofteherdenkings gelê. Die laertrekpros es, dienste en toesprake deur oud-s tryders het jare lank ’n integrale deel van feeste uitgemaak. In die Transvaalse Republiek is 16 Desember van 1865 af as vakansiedag erken en in die Oranje-Vrystaat van 1894 af. Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika het dit ’n nasionale vakansiedag geword.