FREE!
REITZ | PETRUS STEYN | LINDLEY | ARLINGTON
09 DECEMBER 2022
Reitz
Advertiser Veldbrand
MEDIA
Local. Useful. Digital.
Reitz-leerders help Burre Burger met onlangse projek
■ REI TZ
Vanwyksvlei, ‘n klein dorpie in die Noord Kaap, was onlangs in die kollig danksy die hulp van die alombekende Burre Burger. Dít, met di e hulp v an Droogtehulp met Burre Burger. Burre skryf op die internet: “Suid Afrika ervaar die ergste droogte in meer as 113 jaar en dit het 'n groot impak op ons plaaslike boere. Hy en ander rolspelers, soos die radiopersoonlikheid en motivering-spreker, Doccie Shields, bied hulp aan droogte geteisterde gebi ede. Die projek het begin om aan Calvinia hulp te verleen en het uitgebrei na ander omgewings wat ook hulp nodig het. Vanwyksvlei was onlangs in Burre se projek en ‘n hele aantal leerders
van die Reitz Hoërskool het handjie by gesit om van die projek ‘n reuse sukses te maak. DG Photography het op sosiale media gespog met uitstekende foto’s waar Burre, sy span en die leerders van Rei tz fluks gelaai het aan produkte om die boere in Vanwyksvlei mee te help. Die fotograaf skryf op Facebook: “Wat ‘n voorreg om deel te kon wees van die span.” Die Hoërskool Reitz het ook die week op Facebook al di e leerders bedank en skryf: “Van ons leerders was deel van die Droogtehulp uitreik na Vanwyksvlei. Baie dankie aan elkeen wat betrokke was!” Die dag was ‘n enorme sukses. Gaan kyk gerus na nog Tientalle foto’s wat op die skool se amptelike blad gepubliseer is.
FOTO: DG Photography