+27656862204
Breast Cancer Awareness
Month
overdeberg2020@gmail.com
© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.
Jaargang 1 Uitgawe 38
Vrydag 23 Oktober 2020
Overberg… haar inspirasie
Tracking our Overberg Blue Cranes 5
Pragtig op Nacht Wacht 12
Sovereigns from the Birkenhead 16
Vir die snoei van rose Kontak: Jurie J.v. Rensburg
0734869178 Foto: Marjolijn Malan
“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor
overdeberg2020@gmail.com
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 4459010 Cell: +27 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
1
2
Vrydag 23 Oktober 2020
Redaksioneel Vrydag 23 Oktober 2020 Goeiedag en baie welkom by die 38ste uitgawe van OVERdeBERG en wat ‘n voorreg bly dit nie, om hiérdie gemeenskapsblad saam te stel en te publiseer vir julle nie. Weekliks is dit ‘n uitstekende span mense wat allerhande nuuswaardighede en ook ander interresanthede vir julle insamel om te publiseer. Die toekoms vir OVERdeBERG is blink. In hiérdie week se uitgawe van OVERdeBERG is dit ons wat afskeid neem van oom Kaspaas… die unieke en baie interessant karakter uit die Bosveld. Hierdie strokie van T.O. Honiball, was vir baie jare deel van die nasionale tydskrif Landbouweekblad en vir die laaste 38 weke was bladsy 13 die tuiste van oom Kaspaas hiér by ons tussen die ander bladsye van OVERdeBERG. Van volgende week af sal dit T.O. Honiball se ‘Jakkals & Wolf’ wees wat ons gaan vermaak op bladsy 13. Verder nog in hierdie week se uitgawe is daar twee lekker resepte om te probeer in ‘Kombuiskuier’ en ons het ‘n artikel oor die nasporing van bloukraanvoëls, sowel as die gepaardgaande navorsing van hiérdie bedreigde spesie, in die Overberg. Daar is ‘n pragtige reeks foto’s wat die aandag verder vestig op die Bredasdorper Marjolijn Malan se bekende en ook baie pragtige blommerangskikkings wat sy geniet om te doen en waarvoor sy die Overberg as haar inspirasie gebruik. Ons berig ook oor die Elim Opsienersraad se heerlike uitstappie agterop ‘n wa met ‘n trekker deur ‘n pragtige deel van ons streek. Jimmy Herbert deel ook weer ‘n baie interessante storie oor skeepswrakke met ons op die agterblad.
Geniet hiérdie uitgawe en besoek gerus ook ons FB-blad, waar jy ook lid kan word van ons OVERdeBERG-familie. Baie sterkte ook aan al ons boere, werkers en ander betrokkenes met die insameling van die 2020 oes. Ons dink aan julle! Bly veilig en gesond, dan gesels ons volgende Vrydag weer.
No.10, 5th Avenue, Arniston Dinner can be arranged at the guest house with prior notice.
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 445 9010 Cell: +27 71 418 6209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Special offer
R995.00
per room per night for two people
Breakfast included.
(valid from 1 May 2020 - 31 October 2020)
Direct bookings only.
0656862204
overdeberg2020@gmail.com 2
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
Elim Opsienersraad uitstappie
3 Elim het so vroeg as 1865 sewejaartjies na Duitsland uitgevoer, maar sedertdien het baie van die spesies fynbos uitgesterf weens oorbenutting. Sedert verlede jaar is die Opsienersraad al besig om na 'n program van produksie te kyk. Twee van die manne, Malcolm Temmers en Craig Jonathan is tans besig met 'n blommeprojek wat nou sal fokus op produksie, navorsing, tegnologie, kommunikasie, die markte en ook transformasie in die fynbosindustrie van Elim.
Lunette Coetzee
Saterdag 17 Oktober,is raadslede dan die velde in om besigtiging te doen,asook samesprekings oor die Blombedryf in Elim te hou. Die raadslede wou ook graag die uitgestrekte gronde van Elim besigtig. Dit is baie verbasend om te sien hoe geweldig vêr Elim se gronde strek. So bietjie agtergrond… die Opsienersraad bestuur Elim onder die vaandel van die Morawiese Kerk en sorg dat die ordinansies behoue bly. Die Opsienersraad bestuur die dorp, alle gronde, insluitend die landbougrond, asook omliggende gronde.
Foto: Verskaf
Elim se Opsienersraad, almal lekker ingepak op die wa agter die trekker, reg vir hulle uitstappie en besigtigingstoer. Foto: Verskaf Elim het eiesoortige plante wat slegs op Elim se gronde te kry is. Eie aan Elim, is die genus Proteacea, met subfamilies Protea, Lucaspermum (Speldekussing) en Leucadendron. Dan is daar die genus Ericacea (Heide). Die Brunicia, Silver Brunia. In die Midde-Ooste, staan dit ook bekend as witgoud. Hierdie Brunia is baie kosbaar en in groot aanvraag op die Europese markte. Craig Jonathan het hierdie besonderse lesing aangebied. Daar is 'n hoë waarde op fynbos en daar word oor die Wes-Kaap omtrent 3000 spesies fynbos gevind. Dit is so dig, gelykstaande aan reënwoude met 'n groeikoers van sowat 5%. Elim was die eerste om blomme na die wêreld uit te voer en ander omliggende plase het van Elim gekoop en geweldig uitgebrei. Elim se blomme is aan die uitdun, so daar is tans 'n nuwe projek in aan die gang, waar kultivars nou ook aangeplant sal word. Daar is van Elim se blomme wat tweejaarliks op die Elim Blommefees uitgestal en gekoop kan word. Die dorp spog ook met die Bybelse tuin, waar Elim se blomme binne bereik is vir besigtiging. Op Geelkop, is hierdie unieke spesies aan die groei. Vanaf Geelkop sien mens die wonderlike gesig van Elim. Elim Flora voer weekliks blomme uit na oorsese en Kaapse markte en die blomme is ook in baie groot aanvraag. overdeberg2020@gmail.com
Die dorp Elim,strek oor 6 plase. Duitse Sendelinge het die plaas Vogelstruiskraal gekoop en Elimers het self dan hulle dorp en die Historiese geboue tot stand gebring. Die dorpie Elim is genoem na die Bybelse Elim naby Sinai… in Exodus 15 vers 27: “Toe hulle op Elim gekom het, was daar 12 fonteine en 70 palmbome.” Ons het tans, volgens navorsing, 60 palmbome en 200 fonteine in Elim. Die dorp is aan vrygestelde slawe sonder herkoms, asook die inheemse Khoi bevolking as ‘n heenkome beskikbaar gestel. Elim het toe ook in 1824 tot stand gekom. As inwoners van Elim, is die begeerte daar om weer die topsport in blomme-uitvoer te kan bereik. Daar kan ook nou geleenthede geskep word vir Elim-inwoners om by te dra tot die bedryf met deelname in die blommebedryf, deur entrepreneurskap en werksgeleenthede aan te bied. Die algemene gevoel is dat nuwe ekonomiese geleenthede ondersoek moet word, beter bemarking en beter bestuur toe te pas en sodoende ekomomies uit te brei.
Foto: Verskaf 3
4
Vrydag 23 Oktober 2020
Kombuiskuier Jacques Louw
Foto: Pinterest MAKLIKE KERRIEVIS Bestandele:
2 kg stokvis skoongemaak en gesny Visspeserye na smaak olie om vis in te braai 1 bottel bruinasyn 250 ml water 200 ml suiker 30 ml borrie 80 ml kerriepoeier 7 ml sout 20 ml peperkorrels 60 ml pekelspesery 6 uie (in ringe gesny) 6 lourierblare 40 ml Maizena
Foto: Pinterest WATERBLOMMETJIEBREDIE/-POT Bestandele:
Metode: Sny die stokvis in mote. Maak droog met kombuispapier. Gooi visspeserye oor en braai in olie tot net gaar (nie pap nie). Sit alles in die pot met die res van die bestanddele behalwe die vis en die Maizena. Sit die deksel op en kook vir 10 minute. Neem dan ‘n bietjie van die warm sous en meng dit met die Maizena in ‘n koppie. Gooi die mengsel terug by die res en kook tot dik. Pak lagies van vis en sous in ’n glas- of ook plastiekbak en koel af. Hoe langer in die yskas hoe beter.
1kg skaap/lam stowevleis (skenkel of ribbetjie verkieslik) olie 2 uie (grof gekap) sout en peper na smaak fyn naeltjies 1 koppie witwyn 1 koppie vleis- /hoenderaftreksel 1 kg skoongemaakte waterblomme 4 groot aartappels (geskil en in groterige blokkies gesny) vars suurlemoen
*Onthou: Was die waterblomme net in bietjie skoon soutwater af, en breek die blomme in helfte indien dit effens groterige blomme is. Metode: Geur vleis met sout en peper na smaak. Braai die stowevleis in sarsies tot verbruin met olie in potjie. Verwyder uit die pot en hou eenkant. Braai uie tot verbruin in potjie. Skep die vleis terug, geur met ‘n knippie naeltjies en voeg nog sout en peper by indien nodig. Voeg wyn en aftreksel by en laat prut vir 1½ uur tot die vleis begin sag word. Sit die waterblomme en aart-appels bo-op (moenie die pot roer nie). Laat prut nog so 45 minute. Hou die vloeistof dop, die potjie moenie te veel vloeistof bevat nie, maar ook nie droog kook nie. Voeg nog by indien nodig, of haal die deksel af en kook stadig, sodat vloei-stof verdamp indien daar te veel vloeistof is. Druk ‘n lekker vars suurlemoen oor die waterblommetjies uit voor opdiening en bedien met wit rys. Die surigheid gee balans aan die vetterige smaak van die gereg.
4
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
5
Tracking our Overberg Blue Cranes Jacques Louw As we drive along the roads in our beautiful Overberg region, we often see the majestic Blue Crane in the fields next to these roads. These birds are protected by law and as our national bird, they are also very closely monitered by the African Crane Conservation Programme. These birds are fitted with trackers and this beings wild birds, the question comes up on how the team from the African Crane Conservation Programme go about fitting these trackers. Photo: Overberg Crane Group
An example of a tracking map, showing the location and movements of Blue Cranes in the Overberg region. Now this question remains… how can you get involved with this programme? If you see any Blue Cranes with colour rings attached, please report it to the Endangered Wildlife Trust at the following email: christiec@ewt.org.za or contact 066 289 5988. The Endangered Wildlife Trust and the Overberg Crane Group work in partnership to protect Blue Cranes in the Overberg. Both the EWT and the International Crane Foundation work together in furthering conservation of the cranes and their habitats throughout Africa. The EWT Western Cape project is supported by the Leiden Conservation Foundation and Eskom Hld SOC Ltd.
The following steps are taken in capturing these birds in order to fit them with trackers: They trap the cranes around sheep troughs. Once captured, they put a hood over the crane’s eyes to keep it calm while we work. The small satellite tracking device sits on the crane’s back, attached with a harness. It’s very small and it does not affect the crane’s ability to fly or move about naturally. These devices work off the iridium satellite network, much like a satellite phone. The device sends the crane’s location and height every time it moves 200 metres from its previous location, allowing the team to get data every time the crane makes a significant movement. The crane also gets some colour rings so that the team can recognise them afterwards. A second question that comes to mind then is why this procedure is necessary. The answer to that is summed up in one word… conservation. Tracking these birds, can lead to better understand their movements and better protect them against threats. One of the main threats of these birds are collisions with power lines. overdeberg2020@gmail.com
Photo: Animal Spot 5
6
Vrydag 23 Oktober 2020
VLV raak betrokke by “Her Dignity Matters” Letty-Ann Möller Sirkelbestuurslede is vlnr: vise-president Elbie Fourie, president Rienie Ludick, sekretaresse Lanita Marais en tesourier Annatjie Liebenberg. Die geleentheid was die Ampsdraersvergadering van die VLV Sirkel Overberg te Caledon op 20 Oktober 2020. Foto: Verskaf
Overberg… haar inspirasie So paar uitgawes gelede, het ons berig oor die Bredasdorper Marjolijn Malan van Prinskraal en haar liefde vir blomme, sowel as blommerangskikking. Sy het ookal ‘n 1ste plek behaal in ‘n groot internasionale kompetisie wat aanlyn gehou is. Vandag deel ons graag foto’s met julle wat deur Marjolijn aan ons gestuur is en presies aantoon waar haar inspirasie vandaan kom. Nog foto’s op bladsy 11
Letty-Ann Möller van VLV Bredasdorptak (links) en Nicky Bradley van die Nobelfm-groep. Hierdie produkte wat deur die Pavilionsentrum vir die projek 'Her Dignity Matters' ingevorder is, sal deur die VLV aan twee plaaslike hoërskole oorhandig word. Foto: Verskaf 6
Foto: Marjolijn Malan overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
7
Wat gebeur & waar?
Die Bredasdorp Skeepswrakmuseum bied aan: ’n Koper en Silwer Werkswinkel, op Dinsdag, 8 Desember 2020, by die Ou Tronk in Hoopstraat, Bredasdorp. Registrasie en intekeningsprosesse sal om stiptelik om 09h00 geskied. Die prys verloop R100-00 per persoon vir die hele proses, waaronder jy geleer sal word hoe om jou verskeie stukke skoon te maak en te versorg. Dit sluit dan ook ’n beginnerspakket in. By aankoms, sal ’n heerlike koffie en ook ‘n kolwyntjie bedien word. Kontak die museum vir besprekings of navrae by: 0284241240 of 0826008281
swm@xsinet.co.za of swmbredasdorp1@gmail.com overdeberg2020@gmail.com
7
8
Vrydag 23 Oktober 2020
Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Rohlandt Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok met Johan Mulder Drive Time met Marquin Nefdt Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Nefdt Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof Gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek
Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:15 09:15 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Boekvoorlesing met Jaco Barnard-Naudé Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Drive Time met Ben Burger Radiodrama Drive Time met Ben Burger 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek
Luister nou
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Botes Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Radiodrama (H) Musiek 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt Met ‘n ander Oor Vers & Lied met Jaco Barnard-Naudé Make a Difference (H) Deurnagmusiek
Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 19:30 19:30 – 20:30 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi de Waal 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt Musiek Kragtoer met Jacques Louw Musiek Deurnagmusiek
Saterdag 02:00 – 03:00 03:00 – 05:00 05:00 – 06:00 06:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00
Boeretroos in die Overberg (H) Kaviaar vir ‘n Springbok (H) By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt (H) Musiek Uit ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight Deurnagmusiek
Sondag 00:00 – 02:00 02:00 – 03:00 03:00 – 07:50 07:50 – 08:00 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:10 21:10 – 22:10 22:10 – 23:00 23:00 – 05:00
8
Kaviaar vir ‘n Springbok (H) Boeretroos in die Overberg (H) Musiek Bybelstorie met Tannie Net Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowners met Marquin Nefdt Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Kruispad met Lunette Coetzee (H) Radiodrama Omnibus Deurnagmusiek
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
9
overdeberg2020@gmail.com
9
10
Vrydag 23 Oktober 2020
Skolenuus uit ons streek Foto: Verskaf Die 16de Oktober was ‘Basedag’ en dit was ook 'n groot bederf vir die twee hoofde van Hoërskool Bredasdorp, mnr. Muller Retief (skoolhoof, links) en mnr. William Matthys (adjunkhoof, regs).
Foto: Facebook Die hoofleiers van die 2021 HSB Matriekraad is ook die afgelope week bekendgemaak en elke lid het sy/haar balkie ontvang tydens 'n spesiale seremonie wat by die Hoërskool Bredasdorp gehou is.
Die BD-Matriekraad het die oggend vir hulle met 'n heerlike "brunch" in die skoolhoof se kantoor verras. Die 2020 Matriekraad het die BD-base namens die leerders en personeel bedank vir hul leiding en omgee.
Agter is vlnr: Inge Reynicke, Erin Simons, Jurie-Johann Groenwald, Nicole Madden, Kosie van Zyl en dan Retief Swart. Voor is vlnr: Micheala Elliot, Shannon Sampson, Cindy-Lee Snyman, Marnél Retief, George de Kock, Rhys Dennis, Annake Gouws. Mnr. Tiaan Diedericks, die VRL koördineerder staan heel regs. Baie geluk aan George de Kock en Marnél Retief wat as hoofseun en hoofdogter vir 2021 verkies is. Rhys Dennis en Cindy-Lee Snyman is verkies as onderhoofseun en onderhoofdogter.
Foto: Facebook Die koshuisleiers van HSB se Heldersig Koshuis vir 2021 is aangewys by dieselfde geleentheid. Agter vlnr is dit Anja Swift, Angus Strydom, Bertus de Jager en John Dunn saam met die koshuisuperintendent mnr. Christopher van Niekerk regs agter. Voor vlnr is: Micheala Elliot,Telani Swift, Peter Brand, Kosie van Zyl en Simoné Schneeberger. Die hoofleiers is Telani Swift en Peter Brand. “In learning you will teach, and in teaching you will learn.” Phil Collins 10
Foto: Facebook Die personeel van die Mispah Skool op Elim, het Vrydag die 16de Oktober tyd afgeknyp om 'n baie spesiale dame, Me. A.G. Klink bietjie te bederf en te deel in haar 60 ste verjaarsdagvieringe. Me. Klink het alreeds op 11 Oktober 2020, die baie geseënde ouderdom van 60 bereik en is al vir meer as 30 jaar in die onderwys, waarvan die oorgrote meerderheid van haar diens aan die Mispah Skool op Elim gekoppel is. Die skool het haar nog vele geseënde jare toegewens en mag sy ook altyd haar spontane, energieke en liefdevolle gesindheid behou. overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
11
Overberg… haar inspirasie Vervolg van bladsy 6
Skolenuus uit ons streek Tydens Dinsdag se VRL seremonie by die Hoërskool Bredasdorp, is daar ook amptelik afskeid geneem van twee personeellede wat al jare by HSB betrokke is en nou besluit het om halt te roep aan hulle loopbane. Daar is op ‘n gepaste wyse afskeid geneem van juffrou Marie Geldenhuys en Mev. Stoman.
Foto: Marjolijn Malan
Mnr. Muller Retief (skoolhoof) en juffrou Marie Geldenhuys tydens haar afskeid. Foto: Verskaf
Foto: Marjolijn Malan overdeberg2020@gmail.com
Daar word ook op ‘n gepaste wyse afskeid geneem van mev. Stoman. Foto: Verskaf 11
12
Vrydag 23 Oktober 2020
Blomskool kuier op Nacht Wacht Letty-Ann Möller
Die Blomskool op Bredasdorp het Woensdag die 21ste Oktober 2020 vergadering gehou op die Albertyns se plaas Nacht Wacht. Dit was ‘n pragtige en perfekte sonskyndag en Karen Albertyn se lowergroen tuin was ‘n inspirasie.
Die gasspreker, Warren Stegmann, besig om met die teenwoordiges te gesels oor die snoei van verskillende struike. Foto: Letty-Ann Möller
Wenke: die struik moet nie tot heel onder weggesny word nie, die leiertak moet behoue bly sodat dit die regte hoogte kan bereik en regop kan groei. Hou ook in gedagte dat fotosintese steeds moet plaasvind. Ten opsigte van die natlei van plante sê Warren ook: “The don’ts are more important than the do’s”…
Links op die foto is die gasvrou, Karen Albertyn van Nacht Wacht by Lois Fletcher. Foto: Letty-Ann Möller Jenny Uys en haar bestuurspan het ‘n ligte ete voorgesit en die gaste kon ook na willekeur saamkuier onder die bome en sambrele in die rustige atmosfeer van ligte klassieke musiek in die agtergrond.
Moenie natlei op die hitte van die dag nie. Moenie water op jou blomme spuit nie. Of jy nou malvas rose of azalias het, maak seker dat die wortels nat is, nie die blomme self nie. Moenie dit snags natmaak nie. Dit sal dan net gouer verlep. Warren se studierigting was Tuinbou. Hy is beskikbaar vir navrae by 0714933626. ‘n Kleurvolle rangskikking van grotendeels tuinblomme is deur Elaineh Willemse van die distrik gedoen en sy het ook reels en wenke oor tradisionele rangskikkings deurgegee:
“Cutting, Pruning and Propagation” was dan ook die oorhoofse tema. Snoeimetodes om struike en bome te fatsoneer in spesifieke vorms is bespreek. Dis ‘n antieke gebruik wat duisende jare reeds bestaan. Die bonsaiboom is ‘n ekstreme vorm hiervan, maar dan is daar ook die tradisionele stokkielekkerfatsoen en gesnoeide vorms wat in Europese tuine aangetref word.
* die houer moet hoër wees as sy deursnee. tradisionele rangskikkings is dan ook of simmetries of asimmetries. * style kan dekoratief of interpretasie weergee maar daar moet ‘n sentrale fokuspunt wees. * moenie jou oase onderwater dompel nie – dit sal lugborrels vorm. Laat dit vanself afsak en water absorber. * oase moet ten minste 2cm bo die rand van die blompot uitsteek om rangskikking te vergemaklik. * sny ‘n klein wiggie in die oase om natmaak te vergemaklik (of sit gereeld ysblokkies by om dit nat te hou). * kies loof wat lank hou. Hou by 2 soorte loof en loof moet nie meer as 3 verskillende kleure wees nie anders raak die rangskikking onrustig. * kies die blomgrootte in verhouding tot die vaas.
In Suid-Afrika is die Eugenias die beste vir fatsonering. Roosmaryn en Laventel - enige struik wat leen tot digte groei- kan in ‘n vorm gesnoei word.
Dit was, soos een van die Blomskoollede dit beskryf, “a very nice and fruitful day”. Die volgende geleentheid vir die Blomskool, word beplan vir 25 November 2020.
Warren Stegmann, gasspreker, is oorspronklik van die Oos-Kaap en het die meeste van sy leeftyd in die WesKaap deurgebring, maar het ook oorsee, o.a. op die eiland Mauritius gewerk in vakansieoorde se tuine. SuidAfrika is natuurlik steeds vir hom die plek waar “you can see it and get it all”. Hy het in September vanjaar die Riverland Garden Centre by Agri oopgemaak.
12
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
13
Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.
overdeberg2020@gmail.com
13
14
Vrydag 23 Oktober 2020
Update on the coronavirus Premier Alan Winde On Tuesday October 20th, Minister of Finance and Economic Opportunities, David Maynier tabled the PERO and MERO documents in the Western Cape Provincial Parliament. Minister Maynier's speech and the documents can be accessed here: https://www.westerncape.gov.za/provincial-treasury/ news/minister-david-maynier-tables-pero-and-mero-wecan-and-we-will-bounce-back-western-cape These research documents provide insight into key economic trends in the Western Cape and in its municipalities. I'd like to thank Minister Maynier and the team at Treasury for the hard work that went into preparing these documents which provide the information we need to make important decisions around our recovery.
This year's documents show us the impact that COVID19 has had on our economy. They predict a slow recovery at an average annual rate of 1% between 2020 and 2024. The province is still expected to grow at a faster rate than the rest of the country's economy, which is predicted to grow at 0.7% between 2020 and 2024. These two documents outline the many risks we face in the South African economy but also point to the opportunities that exist for investment and growth in the Western Cape. These include opportunities in sectors including agriculture, agri-processing, business process outsourcing (BPO) and the green economy. These documents and Minister Maynier's sketch the situation we face and set the scene for my speech on Thursday in which I will detail the province's plans for recovery going forward. During the worst of the COVID-19 pandemic, the Western Cape Government committed to providing appropriate care for those who needed it and we were able to deliver that to our citizens. We did this by working differently, by innovating and harnessing the skills, and knowledge of the people working in the public service. We were also able to respond to both the health and
Photo: Western Cape Government the humanitarian needs of our citizens by building partnerships with local governments, the private sector and civil society. Our recovery plan will use that same hard work, innovative thinking and agile approach to address our key areas of focus including jobs, safety and dignity and well-being. The first step in achieving the targets we set for ourselves in each of these areas, has been to confront the seriousness of the situation we find ourselves in, and to make the sometimes difficult decisions to ensure that we are able to meet the most immediate and growing needs of the people of this province at a time when budgets are shrinking. The people of this province joined together to slow the spread of COVID-19, to protect others and to help in their communities when it was needed most, so I have no doubt, that with the same energy, from government, from businesses and from each and every citizen, we will recover. Source: Western Cape Government
National hotline: 0800 029 999 Provincial hotline: 021 928 4102 Toll-free hotline: 080 928 4102 WhatsApp "Hi" to: 0600 123 456 Email: doh.dismed@westerncape.gov.za
14
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 23 Oktober 2020
15
HISTORY MADE! FIRST 15 SOVEREIGNS FROM THE BIRKENHEAD Continued from page 16 Pierre stopped his frantic digging and turned to me, proudly displaying two gold coins. Astonishingly, there and then, they made history. I, in turn, was able to capture this historic event on film by taking some underwater photographs for posterity. With Pierre's 'gold fingers', the next few minutes saw another 13 gold sovereigns follow into the safety of his glove. Built in 1845, HMS Birkenhead was a Steam Frigate and the first iron-hulled ship designed for the Royal Navy. In 1851, the 64-metre-long Birkenhead was converted to a troopship, and a year later in 1852, while transporting troops to Algoa Bay (Port Elizabeth), she hit a rock off Danger Point, broke her back and sank. All this happened on 26 February 1852. Sadly, although all the women and children were saved, about 450 troops and crew lost their lives. Now, a day had passed her 132nd anniversary and she had benevolently relinquished some of her gold. First, back on deck, I eagerly awaited our two historymaking divers to surface. The intention was to take a few more pics before they were wisely, almost man handily rushed into the decompression chamber. I justifiably left it to them to break the news, which Pierre gleefully did. On deck, more film was used by both the professional ARGUS photographer and me. The reality of this find was that, if we were able to find the main heap of gold, each would instantly become a multi-millionaire. Mindboggling! On the massive tug, the ARGUS reporter asked Pierre Joubert, easily the most liked diver of the project, what possible thoughts he might have given to such a possibility. Pierre's answer had us all in stitches, "I haven't really thought about it, but I would certainly increase my kids' pocket money from R3 to R5 a week". Sadly, for us, only a few hundred sovereigns were recovered in total – all believed to be personal belongings. So, millionaires, we were not! However, this likeable character went on to be the most successful underwater gold coin locator, earning him the affectionate nickname, "Gold fingers Joubert". Pierre Joubert was to be the first man to find Birkenhead gold!
JIMMY HERBERT Retired lecturer: Stellenbosch University (1977-2013) Writer & Specialist in Maritime History and Archaelogy
“Knowledge is the treasure of a wise man.” -William Penn overdeberg2020@gmail.com
15
16
Vrydag 23 Oktober 2020
History from the Overberg Jimmy Herbert HISTORY MADE! FIRST 15 SOVEREIGNS FROM THE BIRKENHEAD What a day February 27th 1986, turned out to be for us. We struck gold! Or, so we thought. In those days, one of my regular affirmations to myself and others was that, "even if I became a millionaire in my lifetime, I would never leave my lecturing job at Stellenbosch". For me then, the academic environment with knowledge flowing freely from one minute to the next – always learning! – was exceptional. Maybe my thought originated from the possible outcome of our Birkenhead project. This Thursday, a day or so passed my lucky full moon, just felt extra special to me. Having said this, it must be mentioned that Mel Fisher's (discoverer of the Atocha's vast treasure in the USA) logo on the shirts he wore almost daily during his 16-year search was, "TODAY IS THE DAY". Our search was for the Troopship Birkenhead payroll of some 240,000 gold sovereigns destined for the troops stationed at the eastern frontier. In 1985, such a hoard of sovereigns could have been worth up to a cool R360 million in gold. An above-average home at the time was between R40k to R50k making the buying power of the Birkenhead gold enormous.
These air pipes were also used for communication. As an example, three jerks from the bottom meant "there is a problem". This signal would immediately be acknowledged by returning three pulls from the surface tender. The problem would then be identified (hot water machine not operating adequately; air insufficient; etc.) and rectified. It was my turn to tender for one of the pair – Pierre Joubert. My 90-minute job started smoothly. Pierre was not swimming back and forth but instead appeared to know precisely where he wanted to search. Hose line was fed out until he stopped. From then on, all that was needed was to keep a slight tension on the pipes and stay super alert for communication jerks. About 40 minutes into the dive, my hose twitched vigorously three times. The full protocol was followed also, but no problem identified. Furthermore, no more signals came from the bottom.
The divers worked in teams of two with each pair staying under water for 1½ hours after which they surfaced to decompress in the chamber. That day, Pierre Joubert and Konrad Stutterheim were the second group to go down to the wreck. All the divers took turns to tender, which, with regard to safety, was an important task. Keeping a fisherman's feel for tension on the airlines, giving out and taking up slack when needed. Photo: Provided by Jimmy Herbert
Photo: Provided by Jimmy Herbert Deciding to investigate, I put on my diving suit, strapped on a 15-litre SCUBA tank, tucked my underwater camera neatly under the left armpit, and with a pencil and underwater writing slate, jumped overboard. Swimming down along the airlines, I was soon able to join them and establish if all was OK. It later came to light that the hot water machine had gone on the blink for a few seconds, but by the time it was checked, the engine proved to be functioning. Both gave the OK hand signal and continued working – Konrad operating the blower, and Pierre digging in a small hole. Within just a minute or two, Pierre's body language changed. I inquisitively swam closer to observe. Continued on page 15 16
overdeberg2020@gmail.com