Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

Breast Cancer Awareness

Month

overdeberg2020@gmail.com

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 36

Vrydag 9 Oktober 2020

‘n Pelgrimstog: Baviaans Camino 3

Dapper stappers

‘n Legende in ons midde 7

Best left, stored or displayed? 16

Vir die snoei van rose

Kontak: Jurie J.v. Rensburg

Foto: toortsie.com

0734869178

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor

overdeberg2020@gmail.com

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 4459010 Cell: +27 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

1


2

Vrydag 9 Oktober 2020

Redaksioneel Vrydag 9 Oktober 2020 Goeiedag en hartlik welkom by die 36ste uitgawe van OVERdeBERG… in pienk getooi! Oktober is die maand wat geïdentifiseer is as die bewusmakingsmaand t.o.v. borskanker in Suid-Afrika, sowel as die wêreld in totaal daarbuite. Dit is ‘n uiters belangrike saak hiérdie wat ‘n groot impak maak op die lewens van soveel mense - veral vrouens. Oktober is ook die bewusmakingsmaand vir Geestesgesondheid - ‘n ander baie belangrike saak wat sowat 400 miljoen mense wêreldwyd se lewens op ‘n daaglikse basis beïnvloed. Vir die maand van Oktober gaan ons hier by OVERdeBERG vir julle positief ingelig hou oor albei van hiérdie baie belangrike sake.

Binnekort kry bladsy 13 ‘n ander inwoner, wanneer oom Kaspaas se strokies tot ‘n einde kom. Vir dié van julle wat T.O. Honiball se strokies onthou, sal bly wees om te hoor dat Jakkals & Wolf een van die dae met hulle streke gaan begin, gevolg deur Adoons-hulle in 2021. Ook in hiérdie uitgawe, berig ons oor Madele Burger (ook bekend as Toortsie), wat verlede week saam met haar gesin die Baviaans Camino staproete van 89 km suksesvol voltooi het. Daar is ook ‘n kykie na die besoek van die bekende aktrise Sandra Prinsloo aan ons pragtige Overberg en Jimmy Herbert deel eksklusief met ons splinternuwe stories rondom die skeepswrakke aan ons kus. ‘n Heerlike, lekkerleesuitgawe van OVERdeBERG. Ek hoop julle geniet die naweek. Bly veilig en gesond, dan gesels ons volgende week weer. Bestuur ook asseblief versigtig op die paaie en kyk mooi na mekaar.

No.10, 5th Avenue, Arniston Dinner can be arranged at the guest house with prior notice.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 445 9010 Cell: +27 71 418 6209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00

per room per night for two people

Breakfast included.

(valid from 1 May 2020 - 31 October 2020)

Direct bookings only.

0656862204

overdeberg2020@gmail.com 2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

3

‘n Pelgrimstog: Baviaans Camino Madele Burger Of jy dit nou doen vir die ervaring daarvan of vir die lekker of omdat jy iets het wat jy graag wil verwerk, jy gáán dinge oordink of jy nou wil of nie. Want, sonder dat jy dit eers weet, neem jy vir JOU ook saam op so ‘n tog. Stap JY saam. Jy kan nie vir JOU by die huis los en alleen gaan stap nie. Selfs al word jou bagasie vir jou aangery, dra jy jou bagasie met jou saam. Jou innerlike bagasie. Nog nooit het Ps 121 soveel waarde gehad soos tydens hierdie staptog nie. Vier dae in die berge. Met God as my helper. Wanneer jy treetjie vir treetjie moet konsentreer waar jy jou voet moet neersit en dit selfs dán ook onder jou uit gly. Wanneer jy gly en in die keerproses jouself pootjie en onbeskermd val en jou kop nié ‘n vieslike klip tref nie weet jy jou Bewaarder sluimer of slaap nie. Ja, ek hét ook ‘n stukkie bagasie afgegooi. God hét vir my ‘n stukkie waarheid gebring. ‘n Las is van my skouers afgegooi. Sonder dat ek dit vooraf beplan het. Maar dis mos wat ‘n Camino is, dan nie?

Foto: toortsie.com

Dag 1: As ons as kind gaan toer het, het my ma altyd voor ons vertrek Ps 121 gelees. In die 1953-vertaling staan die opskrif: ‘Op pad.’ Gisteroggend voor ons by die huis vertrek, lees ek dit en vanoggend weer. Nog nooit het dit só tot my gespreek soos juis vandag nie, veral toe hulle ons aan Steytlerville se kant van die Baviaansberg aflaai nie. “Ek kyk op na die Berge, O waarvandaan sal daar dan hulp kom? My hulp kom van die Here Wat hemel en aarde kon vorm. Hy sal nie toelaat dat jy val nie Hy sal nie toelaat dat jy swik Want Hy sluimer of slaap nie Hy laat jou ewig wandel in die Lig.” Heeldag draai die liedjie deur my kop. Eers help Hy my teen die styl berg uit, verby elke zig en elke zag. Net voor die afdraend sê ons perderuitergids, oppas vir gly op die klippies. Daar is klein los klippies en ek loop versigtig. Skielik gly Trommeltjies agter my. Ons help haar op en stap verder, net sodat ek en sy gelyktydig weer gly en ek nóg ‘n keer. Wel, Toortsie en Trommeltjies besit nou albei twee stukkies grond in die Baviaansberg. En albei van ons het ongedeerd daarvan af gekom. Vandag was nogal uitdagend. Môre is blykbaar erger. Dis ‘n wonderlike ervaring. Ons is ‘n pragtige groep mense bymekaar. Vervolg op bladsy 5 overdeberg2020@gmail.com

3


4

Vrydag 9 Oktober 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

Foto: Shutterstock LEKKER TAAI HOENDERVLERKIES

Foto: Shutterstock GEVULDE VARKSPEKPAKKIES Bestandele: 10-20 klein uitjies 10-20 heel knoffelhuisies (skoongemaak) 10-20 versoete kersies 100 g botter 30 ml (2 eetlepels) vars kruie (gekap) 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas 10-20 repies varkspek Metode: Sny die uitjies se puntjies af en haal die binneste dele uit. Plaas ’n heel vars knoffelhuisie en kersie binne-in elkeen. Meng die botter, kruie en kaas. Skep dit binne-in die uitjies. Draai die spekrepe om die uitjies en steek vas met ’n peuselstokkie. Rol toe in tinfoelie en plaas tussen die braaikole. Braai tot gaar en sit warm voor saam met ‘n doopsous van jou keuse.

Bestandele: 200 ml tamatiesous 150 ml Worcestersous 100 ml sojasous 100 ml blatjang 15 ml mayonnaise 2 huisies knoffel (fyngedruk) Metode: Meng alle bestanddele saam en roer baie goed (dit sal soos sjokoladesous lyk). Voorverhit die oond tot op 180°C. Sit die hoendervlerkies in ’n oondbak en gooi die marinade oor en meng goed deur. Sit in die oond vir ongeveer 45 minute en draai die vlerkies nou en dan om. Bedien as peuselhappie of ‘n voorgereg met ‘n “Ranch” of kaassous. Vir ‘n ekstra bietjie skop ook, kan daar chillievlokkies of ‘n paar druppels Tobascosous by die marinade gevoeg word. Indien jy ‘n lekker resep het wat jy graag met ons en die lesers wil deel, stuur dit gerus aan ons vir publikasie en onthou asseblief om jou naam, van & ook ‘n foto of twee in te sluit. Stuur jou resep per WhatsApp aan 0656862204 of e-pos dit aan ons by overdeberg2020@gmail.com

4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

5

‘n Pelgrimstog: Baviaans Camino

teen die afdraende nie.

Vervolg van bladsy 3 Dag 2: Wat ‘n dag! Wat ‘n wonderlike dag. Wat ‘n uitdagende dag.Gelukkig het ons perderuitergids ons gisteraand gewaarsku dat dit nie poeding gaan wees nie. Onthou, ons bene is gister reeds behoorlik uitgedaag. Hy verduidelik: drie bulte maak saam een bult. Daar is drie van hulle. Dus, drie maal drie, as ek dit reg verstaan.

Ek het vandag geen val aangeteken nie, prys die Here. Ek is Hom ewig dankbaar daarvoor. Kort nadat ons begin stap het, het dit begin reën. Ons was behoorlik nat. Sommige van ons deurnat. En kouddd. Ons het maar gedruk vir al wat ons het om klaar te stap en het so min as moontlik piekniek gehou langs die pad.

Foto: toortsie.com Op ‘n stadium, na báie bulte, en ek bedoel BULTE, vra ek by nommer hoeveel is ons nou. Die eerste, die tweede of derde? So pas klaar met bult EEN, maar die ergte is nou verby. Sê hy. Ek het later nie meer bulte getel nie, maar elkeen uitgestap en die afdraende versigtig gevat. Rollende klippe, sien. Op die einde van die dag ‘n behoorlike stuk grond gekoop. Behoorlik. Die langs-die-pad-ondersteuning is fantasties. Die kos wat ons kry, uit die boeke. Die kameraderie uit ‘n ander wêreld. As jy behoorlik fiks is, andersins jonk genoeg, kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Maar jy moet weet: bulte gaan jy klim. Dis ‘n ervaring van ‘n leeftyd. Ek wil graag die goud in nog ‘n Towerin/Goue Vrou aankondig. Trommeltjies. Haar goud? Moedigheid. Wonderlik! Dag 3: Ek moet dit baie duidelik stel: Ons is OOR die Baviaansberg, nie DEUR die Baviaans nie. Daar is ook ‘n staproete in en deur die Baviaanskloof, maar dit is ‘n ander een. Sonder om snaaks te wees: hierdie een is ‘n bielie van ‘n staptog. ‘n Meneer. Ek beveel dit graag aan, maar wees gewaarsku: as jy ouer is, moet jy ekstra goed voorberei wees. Wat kan ek van vandag vertel? Dit was makliker as die eerste twee dae, maar beslis nie maklik nie. Die terrein waarop ons gestap het, was beslis minder grof en nie so glyerig soos die vorige twee dae op sommige plekke overdeberg2020@gmail.com

Foto: toortsie.com Weer eens was die ondersteuning van die span wonderlik en het hulle ons iewers langs die pad ingewag met heerlike vuurwarm koffie, tee, sop, koekies, ens. Middagete is nie langs die pad geniet soos die beplanning was nie, omdat ons eerder so gou as moontlik by ons bestemming wou kom. Ons het lekker gerus vanmiddag. Môre lê ‘n ekstra lang dag voor waar ons die laaste van die Kougaberg moet oor, asook die Suur Anysberg. Weer ‘n paar bergreekse voor.

Dag 4: Vandag was dit die laaste dag van die Baviaans Camino. Gelukkig kon ons gistermiddag lekker rus, want vandag het daar 33 km vir ons voorgelê. Gestewel en gespoor en reg vir die koue is ons vanoggend weg en het in die pragtige Nooitgedachtvallei begin met ons dag. Vandag was die stap makliker, alhoewel daar steeds nog ‘n paar berge vir ons tande gewys het. Vervolg op bladsy 6 5


6

Vrydag 9 Oktober 2020

Skolenuus uit ons streek

‘n Pelgrimstog: Baviaans Camino Vervolg van bladsy 5 Ons het die eindpunt veilig gehaal. Alle eer aan die Here dat ons nie seergekry het nie. Dankie aan my man dat hy my so afgerig en gebrei het, vir elke keer wat ons Bredasdorp se berg gestap het en die Riversdalkoppe getakel het. Ons het berg-oor gestap vanaf Steytlerville tot Kareedouw in vier dae. 18 bergbulte. Sekerlik net so baie bergaffe. 2500 meter geklim. 89 km in totaal gestap. Bergpad. Dit was ‘n erge staptog en ek sal aanbeveel dat iemand goed voorberei daarvoor. Maar as jy kan, doen dit! Dit was ‘n belewenis.

Die gr 10’s het op Internasionale Onderwysersdag ook ‘n civvidag met die tema “Dress like a teacher” gehad. Hierdie graad is beslis goeie waarnemers… hulle het sommige BD-personeellede se kleredrag met humor en baie fyn detail nageboots. Mnr Tiaan Diedericks (opvoeder: Engels), bekend onder die leerders as “Mr T”, was beslis gewild. Op die foto is hy saam met vlnr Janru Retief, Sharief Gertse, Theo du Preez, mnr Tiaan Diedericks (Mr T), Bertus de Jager, Lythan Leonard en Hugh-Robin du Toit. Foto: Verskaf

Foto: toortsie.com

Dankie aan uitstekende organisasie, lieflike kos, vriendelike ondersteuningspan wat ons in die berg inwag met koffie, rooibostee, “cup-a-soup”, koekies, beskuit. Dankie vir heerlike versnapperings elke dag, lekker middagetes langs die pad. Dit was goed. Baie goed. Ons het die Baviaansberge, Kougaberge en Suur Anysberg oorkruis. Baie min plat pad gestap. Die warm ontvangs, dat ons ingewag is by die eindpunt, die heerlike afskeidsete was die toppunt.

Kliek op of skandeer die QR-kode en besoek Toortsie se blog. Hiermee bedank ons ook vir Madele Burger dat sy aan ons toestemming verleen het om inligting en foto’s te gebruik vanaf haar blog by https://toortsie.com/ 6

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

‘n Lewende legende in ons midde

7

0780644225

Lunette Coetzee & Jacques Louw

Op die foto is dit vlnr dr. Niel le Roux (Uitvoerende Direkteur: SBA), Sandra Prinsloo (SBA), Caureen Cloete (Skoolhoof: Elim Morawies Primêre Skool) en Sandra Viljoen. Foto: Lunette Coetzee Die bekende aktrise Sandra Prinsloo en dr. Niel le Roux, het die afgelope Maandag ‘n blitsbesoek gebring aan ons pragtige Overbergstreek. In haar opvoedkundige hoedanigheid as voorsitter van die SBA (Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans), het Sandra Prinsloo tesame ook dan met dr. Niel le Roux (Uitvoerende Direkteur van die SBA) en ons eie Sandra Viljoen, na die Overberg gereis as deel van ‘n projek om handboeke aan skole in ons streek uit te deel wat dit ook dan daadwerklik nodig het. Dit alles is natuurlik op Internasionale Onderwysersdag, wat Maandag dan ook wêreldwyd gevier is, gedoen. Verskeie skole, waaronder Elim Morawies Primêr, Struisbaai Primêr en Wagenhuiskrantz Primêr, is daar besoek by afgelê en Afrikaanse handboeke oorhandig. Die atmosfeer by al die skole was baie feestelik en die groep besoekers is vermaak met sang of dans deur die leerders van die onderskeie skole. Nog foto’s op bladsy 10

Sandra Prinsloo (SBA) besig om stelle handboeke aan leerders uit te deel. Foto: Sandra Viljoen overdeberg2020@gmail.com

7


8

Vrydag 9 Oktober 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Rohlandt Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok met Johan Mulder Drive Time met Marquin Nefdt Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Nefdt Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof Gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:15 09:15 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Boekvoorlesing met Jaco Barnard-Naudé Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Drive Time met Ben Burger Radiodrama Drive Time met Ben Burger 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Botes Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Radiodrama (H) Musiek 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt Met ‘n ander Oor Vers & Lied met Jaco Barnard-Naudé Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 19:30 19:30 – 20:30 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi de Waal 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt Musiek Kragtoer met Jacques Louw Musiek Deurnagmusiek

Saterdag 02:00 – 03:00 03:00 – 05:00 05:00 – 06:00 06:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

Boeretroos in die Overberg (H) Kaviaar vir ‘n Springbok (H) By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt (H) Musiek Uit ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight Deurnagmusiek

Sondag 00:00 – 02:00 02:00 – 03:00 03:00 – 07:50 07:50 – 08:00 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:10 21:10 – 22:10 22:10 – 23:00 23:00 – 05:00

8

Kaviaar vir ‘n Springbok (H) Boeretroos in die Overberg (H) Musiek Bybelstorie met Tannie Net Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowners met Marquin Nefdt Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Kruispad met Lunette Coetzee (H) Radiodrama Omnibus Deurnagmusiek

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

9

overdeberg2020@gmail.com

9


10

Vrydag 9 Oktober 2020

‘n Lewende legende in ons midde Vervolg van bladsy 7

Dr. Niel le Roux (SBA) en me. Caureen Cloete, skoolhoof van Elim Morawies Primêre Skool. Foto: Verskaf

Sandra Prinsloo (SBA) by mnr. Marthinus, die skoolhoof van Wagenhuiskrantz Primêre skool. Foto: Sandra Viljoen

‘Education is not the filling of a pot but the lighting of a fire.’ W.B. Yeats 10

Sandra Prinsloo (SBA) by me. De Villiers, die skoolhoof van Struisbaai Primêre skool. Foto: Sandra Viljoen overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

11

Opleiding van kleinskaalse vissers op Elim Lunette Coetzee Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye , het Elim ‘n paar weke terug besoek om kleinskaalse vissers op te lei en te registreer. Hulle het verskeie lesings aangebied en so dan ook die gemeenskap verder kom ophef.

streer as kleinskaalse vissermanne. Die opleiding het van die volgende aspekte ingesluit:  Die vorming en bestuur van ‘n koöperasie  Besigheidsmodelle  Beplanning vir sukses  Lidmaadskap van ‘n koöperasie  Deelname aan ‘n koöperasie  Verantwoordelikhede as lid van ‘n koöperasie  Verpligtinge as lid van ‘n koöperasie  Verantwoordelikhede van beheerraadslede  Gedragskodes  Waardes van die grondwet  Registrasie van ‘n koöperasie  Bedryfsprosesse  Beplanning  Finansiële modelle van visserye Hulle het lesings bygewoon, assessering het plaasgevind en almal het ook wonderlik aan groepsbesprekings deelgeneem. Die konstitusie is ook voorgelê en daar is dokumentasie onderteken. Die geregistreerdes, sal nog verdere opleiding in hiérdie proses ontvang, aangesien dit die eerste opleiding van sy soort in die Overberg is. Die vissers in Elim is baie opgewonde oor die geleentheid om ‘n koöperasie met kleinskaalse vissery te bedryf.

Foto: Lunette Coetzee Elim is ‘n historiese dorpie, wat met ‘n eie geskiedenis spog. Elim is ook baie ryk aan fynbos en goeie landbougrond. Daar is egter ook groot belangstelling in vissery onder die inwoners (wat altyd visvang as ‘n tydverdryf gesien het), maar die geleentheid om ‘n besigheid daarvan te maak, word nou aan hulle gegun.

Ek het ook ’n interessante gesprek met Me. Nkgabiseng Sejosengoe gevoer, in haar hoedanigheid as die senior administratiewe beampte van die departement. Daar was ‘n span van 4 amptenare wat die opleiding by Elim kom doen het. Uit die Wes-Kaap, het die minister dan ook die Elim span goedgekeur.

Jeugkonsert op Elim ‘n sukses Lunette Coetzee Franay Davids van Elim het ‘n groot behoefte gehad om die jeug van Elim ‘n bietjie te bederf, veral na die maandelange inperking weens COVID-19. Vervolg op bladsy 12

So is ‘n groep van 19 mense geïdentifiseer vir opleiding, en registrasie. Hiérdie groep van Elim, het ‘n paar weke gelede opleiding in kleinskaalse vissery in die Kerksaal op Elim ontvang. Volgens die COVID-19 regulasies, kon net die 19 mense deelneem en hulle is ook al geregi-

Foto: Lunette Coetzee overdeberg2020@gmail.com

Die groep JBWZ van Bredasdorp, wat ook aan die konsert op Elim deelgeneem het. Foto: Lunette Coetzee 11


12

Jeugkonsert op Elim ‘n sukses Vervolg van bladsy 11 Sy wou die konsert in die buitelug op Elim se feesterrein hou, maar a.g.v. die weersomstandighede, het sy toe die Elim Stoor gebruik. Die Opsienersraad van Elim het haar pragtig bygestaan en ook van sanitasie en ander benodighede, soos krag en water voorsien. Tyreece Isaacs was toe daar aangestel as die programkoördineerder en binne een dag het hy met al die kunstenaars gepraat en hulle het almal positief teruggeantwoord.

Vrydag 9 Oktober 2020 Dit was maklik, aangesien hy al die kunstenaars al voorheen gehoor het, en hy kon maklik besluit. Tyreece het ‘n groepie van drie wat bekend staan as Sre-Mile (wat dan die woord Elimers omgekeerd gespel is). Tyreece was ook die omroeper op Saterdag 3 Oktober tydens die konsert. Tyreece glo dat as jy jou drome wil navolg, jy nie moet laat lệ nie en hy studeer ook tans dan motormeganisasie te Northlink Kollege. Sammy October, of die gewilde Sammy O en ‘n paar seuns van Mispah Skool, het die klank verskaf, terwyl Jeremy Wyngaard, die joggie was. Een van die gaskunstenaars was dan ook ons eie Clint Nico August, van Elim. Sy verhoognaam is Nico en hy het ook al 2 CD’s self vrygestel met die titels “Prime Time” en “Meet you @40”. Clint het ‘n goeie stem, aangename persoonlikheid en is alombekend. Hy was al twee maal in Singapore, waar hy saam met die Asian Drama Assosiation, ‘n aantal filmopnames gemaak het. Hy ondersteun graag die jeug met Ontwikkelingsprogramme. Sy stokperdjies sluit in swem, kook en musiek. Hy was voor die nasionale inperking, verbonde aan “The Dunes” buite Arniston as die bestuurder (vroeër bekend as Die Herberg). Tans is hy besig met filmopnames saam met agente en doen hy ook baie konserte. Daar was ook ‘n groot sameloop soos belangstellendes saam met Nico wou foto’s neem.

Die “Sessie Bellas” van Elim is ‘n jong groepie en het ook deelgeneem het aan die jeugkonsert. Foto: Lunette Coetzee Die jeug het ook bewusmaking teenoor geslagsgeweld getoon deur hulle rymkletse en dan mimiekopvoerings. Deelnemers was van Napier, Caledon, Gansbaai en Stanford, met die Sessie Bellas van Elim, en die groep JBWZ van Bredasdorp. Ook Jayden Absolom van Bredasdorp het hom goed van sy taak gekwyt. Op die foto is Tyreece Isaacs (programkoördineerder) en deelnemende kunstenaar Clint Nico August (regs). Foto: Lunette Coetzee 12

Franay Davids was baie dankbaar dat alles so goed verloop het daar en die Opsienersraad van Elim, het haar ook aangemoedig om die jeug aan die hand te neem en voort te bou op die ontwikkeling en bewusmaking vir die jeug. overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 9 Oktober 2020

Virtuele Takvergadering vir Bredasdorp VLV

BEST LEFT, STORED OR DISPLAYED? Continued from page 15

Letty-Ann Möller

The bell and porcelain from the Brederode (1785), the silver coins and never seen large silver ingots off the Joanna (1682), the bronze swivel guns of a host of different shipwrecks, gold coins and items from the Birkenhead (1852), to mention but a few. Numbers would skyrocket and with it the museum’s educational potential and income, not only of for the museum, but also the Overberg and the country as a whole - B & B's, Hotels, shops, beaches and more.

Bredasdorp het die voortou geneem en baie leersame en interessante virtuele aanbiedings tydens grendeltyd voorgesit. Annette van Eeden, voorsitter van die VLV se Bredasdorp-tak, bedank haar bestuurspan vir hul innovering.

As the reader, it is now up to you to decide what makes more beneficial sense, leaving everything on the ocean floor, taking items into storage custody, or responsibly to becoming display orientated, artefact protecting and public-educating custodians? JIMMY HERBERT Retired lecturer: Stellenbosch University (1977-2013) Writer & Specialist in Maritime History and Archaelogy

Kock van Suid Afrika! VLV-lede is outomaties lid van die WBPV. Op die 24ste Oktober doen die Animal Anti-Cruelty League (AACL) tuinbesoeke vir fondsinsameling. Inskrywingsgelde beloop R50. Die dames is aangemoedig om dit te ondersteun. Kim Finsham reël dit.

Annette van Eeden, voorsitster van VLV Bredasdorptak is aan die woord. Regs sit die sekretaresse, Annemi Fourie. Foto: Letty-Ann Möller 7 Oktober is Wêreldkatoendag en gevolglik is inligting oor die voor-en nadele van katoen deurgegee. Katoengewasse was aanvanklik giftig vir mense om te eet maar sedert 2017 is dit geneties gemanipuleer sodat mens wel katoensaad kan eet. Katoen is egter veelsydig - vesel én voedsel. 'n Groot nadeel van die katoengewas is dat dit baie water nodig het. Sonder katoen kan ‘n mens ook nie… dink net aan die immer gewilde denims en T-hemde, rokmateriale en lakens. 17 Oktober is die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) dag en ‘n virtuele staptog word beplan. Daar is ongeveer 9 miljoen lede in 70 lande en die hoofkantoor is in London. Die huidige voorsitter is Magdie de 14

Oktobermaand is borskankermaand en 'n mens behoort jouself maandeliks te ondersoek om vroegtydig knoppe te identifiseer. (Mans kan dit ook kry). Wat die rooi ligte laat flikker is die feit dat 28% van almal teenwoordig in die vergadering reeds borskanker gehad het. Die nuwe gevalle is ook gerusgestel met die bevestiging van die oorweldigende suksesvolle herstel hiervan na afloop van behandeling. Tekens van borskanker sluit in: Swelling van die bors, vel dimpeling, pyn in die bors, tepel intrekking, sensitiewe vel om die tepel wat rooi, droog en jukkerig is en ‘n afskeiding anders as melk, ook die swelling van kliere. Daar is ook ‘n uitstekende spesialis tydens die vergadering aanbeveel vir mammogramme en chirurgie. Lede het daarna spontaan ingeval by die voorstel van “Show & Tell” oor al die aktiwiteite tydens grendeltyd! 'n Groot verskeidenheid “crafts” is uitgestal. Marina Blight het haar 'Altered Books' bespreek. Annetjie de Beer het vertel hoe sy bygehou het met haar 3 jaar oue kleinseun se kleuterskoolrooster en Lorraine du Toit het Vervolg en nog foto’s op bladsy 15 overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 9 Oktober 2020

15

BEST LEFT, STORED OR DISPLAYED?

Bredasdorp VLV

Continued from page 16

haar baie vindingryke verftegnieke gewys. Daar is van die selfoon se storiesamestellingstegniek gebruik gemaak om die ervaring met lede wat nie kon bywoon nie, te deel. Selfs dié wat daar was het die 30 sekonde videogreep geniet. Die volgende VLV vergadering is om 11h00 op 3 November 2020 in die Landbou Opleidingsaal. Dit sal ook die vorm van ‘n tapas-ete aanneem. Terloops, tapas het ontstaan deurdat die manne in die kroeg ‘n snytjie brood op hulle wynglas neergesit het om die vlieë uit te hou.

accepted many recovered rare items, almost nothing is presently on display. Artefacts were donated, recorded, catalogued, stabilised and placed in storage. For what purpose or who benefits? One wonders, as in this manner they too (like when left in situ) are placed where the public can NEVER see, study or enjoy them. Storage also has other downfalls. Items are 'out of sight, out of mind'. If moved, misplaced or even stolen artefacts can quickly 'disappear'.

Vervolg van bladsy 14

‘n Trotse ouma, Annetjie de Beer, wys aan die vergadering hoe sy haar kleinkind se kleuterskooltake bygehou het. Foto: Letty-Ann Möller They were in a bad state of preservation. By the time that he got to the extremely rare by then greenish (one of two in the world) 1664 2-Daler Plate of KAREL XI, he had tears in his eyes. Again most will feel, why are these rare educational items instead not on display for all to see, study and enjoy?

BREDASDORP SHIPWRECK MUSEUM Furthermore, as not regularly in view, items might again destabilise and start corroding without this adverse action being noticed. This author remembers accompanying the world's plate money expert, the Swedish Professor Bertel Tingström, to the then Cultural History Museum in Cape Town.

There are many advantages if artefacts are removed from the seabed, taken into a museum’s custody, stabilised, restored and then put on display. Firstly and fore-mostly, the custodian has all items in one place for the public to visit, see and enjoy such educational collections. Security, upkeep and ongoing stabilisation and restoration are in the hands of experts or people with access to experts. As custodians, all artefacts are safely kept for generations to come.

He had flown out from Sweden to inspect the globally unique representative sample of Nicobar (1785) Plate Money that he had helped the NMC collect some years earlier.

Naturally, due to limited exhibition areas, not everything can be shown at the same time. Those not on display are kept in storage for a period. A dynamic, ever-changing and rejuvenating exhibit policy ensures that items never spend too much.

Once at the museum, after much delay, the plates were eventually found and brought to him for inspection. The shock on his face when he started scrutinising the individual plates one-by-one is something I will never forget.

time in storage, before getting a turn to be displayed. Just imagine the attraction and educational potential of the Bredasdorp Shipwreck Museum, if they could have some of these artefacts in question, exhibited. Continued on page 14

overdeberg2020@gmail.com

15


16

Vrydag 9 Oktober 2020

History from the Overberg Jimmy Herbert BEST LEFT, STORED OR DISPLAYED? When a ship wrecked, the vessel is always exposed to the mercy of the winds and ocean elements. If she runs onto a highly wave-exposed reef, the vessel is pounded to pieces within hours, if not minutes. Example of such ships is the Doncaster (1836) and La Souvenance (1871) that struck on the Drie Branders with all lives lost and the destruction of the vessel. Of these large wooden ships, only pieces of wood washed out onshore. STAGES OF DECAY UNDER WATER

However, when vessels sink in slightly deeper water or a comparatively protected position, the ship takes longer to break up. The Joanna (1682) and the Arniston (1815) were exposed to a southeast wind and swell, yet protected from the more damaging northwest and southwest. It took a while for the Joanna's (1682) upper portion to break loose from its keel. Next, this top section broke in two and some hours later, both parts washed out into the shallows. In turn, the Arniston (1815) broke into four sections, three washed out immediately, and

the fourth remained standing upright on the site for several days. On her, even to this day, some broad wood ships planking is still pinned down and preserved under ballast. Foundering in deep water invariably ensures a better chance of survival of wood and fragile artefacts. As an example, on the Brederode (1785), lying in deep water off Cape Agulhas, the cargo of porcelain is still lying in-situ, neatly packed in boxes as they were when the ship foundered. Only the exposed lids of the boxes have been eaten away by the notorious Teredo navalis, also called the shipworm or "termite of the sea". On discovering an old wooden shipwreck, nothing of the massive structure is found to have survived. For example, the English East Indiamen, Joanna (1682), was discovered three hundred years later, with not one single piece of the original ship that had stood the test of time. The only time that wood items might have a slight chance of survival is when they are buried and protected by nature (see "Stages of decay", J. Herbert). The Joanna (1682) wooden box still filled with cob coins, the Nicobar (1785) chest of neatly packed Swedish Plate money, and the boxes and boxes of Brederode (1785) porcelain are a testament to the protection nature provides when buried. All of the above is proof of how nature initially destroys (almost everything), but then later semi protects. However, keep in mind that although somewhat protected, the destroying elements remain at work. From there, the question of most is, what is the sense of leaving the surviving artefacts on the ocean floor - not only exposed and eventually doomed but also where nobody can see, study or enjoy them? Under the permit system of the 80’s and 90’s, the National Monuments Council (NMC) was entitled to 50%. Usually, the State finally ended off with all artefacts and a representative sample of the cargo. Although the NMC Continued on page 15

National hotline: 0800 029 999 Provincial hotline: 021 928 4102 Toll-free hotline: 080 928 4102 WhatsApp "Hi" to: 0600 123 456 Email: doh.dismed@westerncape.gov.za

16

overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu