Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

World Alzheimers

Month

overdeberg2020@gmail.com

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 34

Vrydag 25 September 2020

Hande in die grond

Elim biblioteek 3

Oom Pietie se tuin 5

‘n Wonderlike voorbeeld 12 The routes to shipwrecks 16 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com Advertensies: 0656862204 JPEG-formaat vir foto’s. WORD-formaat vir berigte.

Foto: Cathy van Eeden

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor

overdeberg2020@gmail.com

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 4459010 Cell: +27 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

1


2

Vrydag 25 September 2020

Redaksioneel Vrydag 25 September 2020 Goeiedag en baie welkom by uitgawe 34 van OVERdeBERG. Ek is baie dankbaar vir die roete wat hiérdie publikasie al oor die laaste 34 weke gestap het. Elke week is daar nuwe en interessante toevoegings tot die blad en meer mense is besig om in person betrokke te raak by die blad deur skryfwerk of fotografie. Hiérdie uitgawe is weer gevul met positiewe en opbouende beriggewing. Dit is dan ook ons uitgangspunt hier by OVERdeBERG. Ons probeer om julle as lesers en ondersteuners, positief ingelig te hou, sonder om julle te bombardeer met negatiwiteit. In ons blad hiérdie week kan jy lees van oom Pietie en sy groentetuin op Swellendam, die heropening van Elim se openbare biblioteek, nog twee heerlike resepte in ons eie ‘Kombuiskuier’ en Jimmy Herbert deel weer interessante maritieme geskiedenis van die Overberg met ons. Dan is daar Seegogga wat verder vertel van Bekkie die blou ringnekpapegaai en oom Kaspaas is alweer besig met dinge daar in die Bosveld op bladsy 13. Dis daarem nie al nie! Blaai deur, kyk die foto’s en lees die interessante berigte. Heelwat moeite gaan elke week in die samestelling van dié blad in en hiérmee sê ek dankie aan my medewerkers Lunette Coetzee, Letty-Ann Möller, Pierre Vlok en Jimmy Herbert. Geniet uitgawe 34 en alles wat mooi is vir die naweek en die nuwe week wat voorlê. Dankie vir al julle wonderlike ondersteuning van OVERdeBERG. Dit is ‘n riem onder die hart en word opreg waardeer.

No.10, 5th Avenue, Arniston Dinner can be arranged at the guest house with prior notice.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 445 9010 Cell: +27 71 418 6209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00

per room per night for two people

Breakfast included.

(valid from 1 May 2020 - 31 October 2020)

Direct bookings only.

0656862204

overdeberg2020@gmail.com 2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

3

Elim biblioteek ook nou oop Lunette Coetzee Die Elim Gemeenskap het al vanaf 1966 aansoek gedoen vir ‘n volwaardige biblioteek. Vanaf die 17 de September is die Biblioteek oop vir die publiek, alhoewel dit nog amptelik geopen sal word. Sedert die inperking, kon niemand die biblioteek besoek nie.

baie gepaste Morawiese wyse met die lees van die dagteks begin en Lunette Coetzee is dan gevra om die Openingsgebed te doen.

Elim Biblioteek se twee baie pligsgetroue beamptes is vlnr Maudeline Frans en Charlita Europa. Foto’s: Lunette Coetzee Vanaf die 2de September, kon lede hul boeke boetevry kom inhandig by die deur. Die boeke was gekwarantyn en berook. Vandag sal mense dus hul nuwe biblioteek kom besoek. Daar heers al groot nuuskierigheid in die dorp, en dit is voorwaar ‘n wonderlike gebeurtenis. Die Biblioteekamptenare op Elim is ook nou slaggereed. Me. Maudeline Frans, is al vir tien jaar in die biblioteek betrokke en Charlita Europa, vir 3 jaar. Die Biblioteek is op ‘n strategiese plek, reg by Elim Primêre Skool geleë en kan nou in die nabye toekoms, wanneer toestande gunstig is, die Primêre Skool op wonderbaarlike wyse dien, soos met praatjies, stories lees, en kompetisies, en werkstukkies wat aanbied kan word. Die ouer mense veral, is baie lief vir lees. Alles is volgens COVID-19 regulasies in stand, en daar heers groot verwagting onder die beamptes. OVERdeBERG was ingenooi voor die opening. Die twee dames, het ook die oggend op ‘n overdeberg2020@gmail.com

Daarna is heerlike lekker koek en tee tussen hulle drie geniet. Daar het baie nuwe boeke aangekom en tesame met wat in die tydelike biblioteek was, is alles geskandeer en gereed. Die rekenaarafdeling is in plek en moet nog net aankom en programme ingestalleer word, dan is alles gereed. Daar is pragtige sterk werkstafels en stoele en die ontvangsarea se toonbank is korrek ingerig volgens COVID-19 regulasies. Mense mag nog nie kom sit in die biblioteek nie. Daar is goeie beligting en ook ventilasie, sowel as lugversorging. Nou kan die leerders van Elim, wat op omliggende plase woon, maklik eers by die biblioteek aandoen, voordat die bussies betree word om huiswaarts te keer. Daar is wonderlike slagspreuke en plante, wat die amptenare met tere sorg hanteer. Dit is so waar dat mens ‘n nasie moet leer om eers te lees, want lesers maak leiers. Boekelees bevorder, spel en skryf en taalvernuf. Ons sien uit na die amptelike opening deur die KAM-amptenare, wat eersdaags sal plaasvind en mag daar vele wonderlike jare vir hierdie span voorlê. ‘n Groot dankie ook aan al die ander personeel wat oor die jare in die biblioteek gewerk het. 3


4

Vrydag 25 September 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

GEBAKTE AARTAPPEL MET SPINASIE EN SPEKVLEISSOUS Bestandele: Vir die vulsel:

6 groot aartappels olie vir bedekking sout en peper 6 spekvleisrepe 15 ml (1 eetlepel) botter 100 g sampioene (in skywe gesny) 40 g botter 45 ml (3 eetlepels) meel 250 ml (1 koppie) melk 100 g spinasie (gekap) ’n hand vol pietersielie (gekap) 30 ml (2 eetlepels) wit cheddar

Metode: Voorverhit die oond tot 200°C. Prik nou al die aartappels met ’n vurk. Giet bietjie olie in jou hande en vryf die aartappels om hulle met die olie bedek. Plaas die aartappels op ’n bakplaat en bestrooi met sout en peper. Bak vir 90 minute.

KNOFFELBOLLETJIES Hierdie resep lewer sowat 16 bolletjies, gebak in ‘n groot 40 cm koekpan of enige ander pan. Bestandele: 1 kg broodmeel 1 pakkie kits suurdeeg 10 ml sout 3 eetlepels ml suiker 3 koppies lou warm water 3 eetlepels botter Metode: Meng alles deurmekaar en maak deeg aan met die louwarm water en knie baie goed (ongeveer 15 minute). Laat rys vir 1 uur en knie af. Smelt 1 koppie botter of margarien. Voeg 5 knoffelhuisies wat fyngekap is by die botter, asook ½ koppie pietersielie of grasuie. Meng. Maak balle so groot soos tennisballe, rol dit in die botter en knoffelmengsel en plaas in pan. Laat rys tot dubbel die grootte en bak in oond 180ºC vir 1 uur. Bedien dit warm. Dis nie nodig om met botter te bedien nie, aangesien daar baie botter in die resep is.

Vulsel: Braai die spekvleis in ’n pan oor matige hitte tot goudkleurig en sit eenkant. Braai die sampioene in dieselfde pan. Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die meel by en klits tot ’n gladde pasta vorm. Giet die melk stadig in terwyl jy roer tot glad. Voeg die spinasie, spekvleis, sampioene, pietersielie en kaas ook nou by. Wanneer die aartappels gaar is, sny ’n kruis boaan elkeen en druk om die aartappels oop te breek. Skep die vulsel in die kruis wat gevorm het. Bron & foto’s: http://www.watertandresepteviroudenjonk.com/ Indien jy graag ‘n lekker resep met ons wil deel, kan jy dit stuur na: overdeberg2020@gmail.com 4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

5

Oom Pietie se tuin Jacques Louw Die meeste mense wat in en om Swellendam woon, is baie bekend met oom Pietie en sy pragtige groentetuin.

Foto: Cathy van Eeden

Vir die laaste 5 jaar gebruik oom Pietie ‘n lappie grond wat deur die Swellendam Munisipaliteit aan hom beskikbaar gestel is en waarvoor hy ongelooflik dankbaar is. Hiérdie stukkie grond grens aan die Koornlandrivier is agter die polisiestasie geleë - in dieselfde straat as die Swellenmark Mall (Checkers).

Foto: Cathy van Eeden

Die 74-jarige, alombekende en beminde oom Pietie van Swellendam, is ‘n tuinier van formaat en altyd reg met raad vir voornemende tuiniers. Foto: Cathy van Eeden

Foto: Cathy van Eeden Oom Pietie is hiérdie jaar 74 jaar oud en het onlangs so bietjie van ‘n terugslag beleef toe hy ‘n redelik ernstige operasie moes ondergaan en bykans ‘n maand lank in ‘n Kaapse hospitaal moes deurbring. As julle op besoek is aan Swellendam, kan julle gerus inloer daar by oom Pietie se tuin. Hy geniet dit baie as mense daar besoek aflê. Hy is maar al te lief om sy wye kennis van tuinmaak met ander mense te deel.

Foto: Cathy van Eeden

overdeberg2020@gmail.com

Oom Pietie verkoop dan ook van die lekkerste en varsste groente. As jy dalk kompos soek vir jou tuin, moet jy ook nie by oom Pietie verby ry nie… jy kan die beste kompos ook daar by hom koop. Dit is dan mense soos oom Pietie wat die Overberg en meer spesifiek Swellendam so ‘n unieke plek maak. 5


6

Vrydag 25 September 2020

Update on the coronavirus Premier Alan Winde As of the 23rd of September, the Western Cape now has 2 492 active cases of COVID-19, with a total of 109 109 confirmed cases and 102 471 recoveries. The COVID-19 lockdown forced the closure of many of our province's museums and heritage sites. While some have now been allowed to reopen, reduced numbers of local and international tourists also mean that museums have lost significant revenue. The Department of Cultural Affairs and Sport in the province made over R1.3 million funding available to museums as part of its Cultural Affairs COVID-19 relief funding strategy. Museums play an important part in sharing the stories of our region and of our people and as we prepare to celebrate Heritage Day tomorrow, we must acknowledge their significance in preserving our cultural heritage. I am therefore very pleased that the District Six Museum’s application for funding was successful. District Six, and the many distinguished people who were born, or who grew up there, are part of Cape Town's rich heritage which must be preserved and shared with younger generations.

Photo: Western Cape Government We must however be safe at all times wherever we are across the province. Wearing your mask, washing your hands regularly and practicing social distancing are simple things you can do to protect yourself and others and ensure that we continue to slow the spread of COVID-19. I also echo the Minister of Transport and Public Works, Bonginkosi Madikizela’s call today for our residents who are travelling for this long weekend to please drive very responsibly. Source: Western Cape Government

The museum will receive just over R330 000 in funding to assist it to continue to tell the story of District Six. The museum is also running a donation campaign. I encourage residents to support one of these initiatives which will not only help to preserve the museum but to save the jobs of those employed there. On Wednesday, I headed out into the Karoo with Minister of Finance and Economic Opportunities, David Maynier to launch the Karoo Crossing cycle route. This is the fifth in the Cape Cycle Routes network, created by the Western Cape Government, and marketed by Wesgro. Stretching from Knysna to Calitzdorp, or vice versa, this 358 km route will take you through some of the Karoo's beautiful small towns, via gravel and tar road. With the summer season approaching, we encourage people to get out and explore the province by venturing off the beaten track and to stop along the way and enjoy some of the best of small town hospitality. This will help support the tourism and hospitality sector which is a significant job creator, especially in our non-rural areas, and help us to save jobs in the province. 6

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

7

Nuus van die AACL Bredasdorp

MALAGAS HOTEL

Jacques Louw

September/October Special Offer on the Breede River in the Overberg.

Die afgelope week het ‘n jong sub-arktiese pelsrob haar opwagting gemaak op strand by Waenhuiskrans en dus taamlik belangstelling uitgelok. Die sub-arktiese pelsrob word algemeen aangetref in die suidelike dele van die Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan. Die mannetjies groei tot so 2 meter in lengte met ‘n gewig van tussen 120 en 160 kilogram. Die wyfies is op hulle beurt, dan natuurlik baie kleiner op so 1.4 meter in lengte en ‘n gewig van so om en by 50 tot 70 kilogram. Hulle lewensduur is tussen 20 en 25 jaar.

Bed & Breakfast 028 542 1049 Redeem Code: OCT Ferry 2020

Hiérdie wyfie wat op Waenhuiskrans se strand gevind is was erg ontwater. Haar ouderdom word geskat op so 11/2 jaar en toe sy geweeg is, het sy die skaal op so 10 kilogram getrek. Sy is Dinsdag deur inspekteurs KerriLee Giliomee (AACL) en Edwin Boucher (KAM) op die strand gaan haal en sterk tans aan by die ‘Seal & Penguin Sanctuary’ in Gansbaai. Sy sal daar bly vir so 2 weke en dan sal sy met ‘n merker toegerus word en dan terug in die oseaan vrygelaat word. Besoek gerus die Facebookblad van die AACL op Bredasdorp en volg ook die pragtige werk wat deur hulle gedoen word. Kliek net op of skandeer die QRkode.

Foto: Facebook

National hotline: 0800 029 999 Provincial hotline: 021 928 4102 Toll-free hotline: 080 928 4102 WhatsApp "Hi" to: 0600 123 456 Email: doh.dismed@westerncape.gov.za

overdeberg2020@gmail.com

7


8

Vrydag 25 September 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Rohlandt Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok met Johan Mulder Drive Time met Marquin Nefdt Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Nefdt Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof Gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:15 09:15 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Boekvoorlesing met Jaco Barnard-Naudé Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Drive Time met Ben Burger Radiodrama Drive Time met Ben Burger 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Botes Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Radiodrama (H) Musiek 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt Met ‘n ander Oor Vers & Lied met Jaco Barnard-Naudé Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi de Waal 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt Kragtoer met Jacques Louw Musiek Deurnagmusiek

Saterdag 02:00 – 03:00 03:00 – 05:00 05:00 – 06:00 06:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

Boeretroos in die Overberg (H) Kaviaar vir ‘n Springbok (H) By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt (H) Musiek Uit ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight Deurnagmusiek

Sondag 00:00 – 02:00 02:00 – 03:00 03:00 – 07:50 07:50 – 08:00 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:10 21:10 – 22:10 22:10 – 23:00 23:00 – 05:00

8

Kaviaar vir ‘n Springbok (H) Boeretroos in die Overberg (H) Musiek Bybelstorie met Tannie Net Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowners met Marquin Nefdt Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Kruispad met Lunette Coetzee (H) Radiodrama Omnibus Deurnagmusiek

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

9

overdeberg2020@gmail.com

9


10

Vrydag 25 September 2020

‘n Wonderlike voorbeeld... Vervolg van bladsy 11 kollekteer het, en by die families se huise gaan aflewer het, soms het hulle teen middernag eers hierdie gebaar van opoffering voltooi.

0780644225

Dikwels het kerke en skole hulle genooi,om diens waar te neem,waartydens handwerke dan verkoop kon word. Vir jare het hierdie sentrum 'n stalletjie by die Goedverwacht Patatfees gehad. Besoekers van vele oorsese lande het die sentrum besoek en ware aangekoop wat dan oorsee geneem is. Plekke soos die VSA, Kanada, Duitsland en ander Europese lande. Toe Santam se befondsing later teruggetrek word, moes hulle afskaal en het toe vanaf hulle motorhuis die werk met 'n paar dames voortgesit. Hulle het toe uit hul eie bronne die werk finansier maar dit kon nie so aangaan nie en die projek is toe gesluit. Die egpaar onderhou nog steeds een dame wat deel van die sentrum was en betaal maandeliks 'n toelaag vir haar in.

Eerwaarde Faure en sy vrou Margaret, bedien die Elimgemeenskap op verskeie maniere. Die Eerwaarde is dan dikwels in die preekstoel en sy vrou word ook as spreker na die skool en ander funksies, genooi. Hy is lid van die Broederbond en ook deel van die Omgee Ondersteuningsgroep, tesame met Margaret en ook ander vrywilliges, lewer hulle bystand en berading aan verslaafdes en hul families. Hy bied ook berading aan jeug en paartjies. Margaret bedien die oues van dae by Geluksoord in die rol van die breikoĂśrdineerder. Die oues van dae brei-artikels wat dan verkoop word vir fondse en ook waarmee vele van die ouer mense in die gemeenskap mee bederf word. Saam vorm hulle 'n gedugte span en is 'n positiewe teenwoordigheid en rolmodelle vir baie ander. Hulle stap gereeld en sien daar goed uit. Hulle is gasvry en baie bemind. Hul omgee en liefde vir mense maak hulle 'n baie gewilde paartjie op Elim.

10

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

‘n Wonderlike voorbeeld... Lunette Coetzee 'n Wonderlike voorbeeld op Elim is 'n egpaar wat op Elim in einde 2018 kom aftree het. Eerwaarde Edgar Faure en sy pragtige vrou Margaret, is rolmodelle in wie se voetspore baie mense vastrapplek kan kry. Lewens vol van omgee en vreugde en totaal toegewyd aan gemeeskapswerk in Elim.

11 Hy het in 1998 as lektor by die Bellville Opleidingskollege begin. Gedurende hierdie tyd het hy B.Ed by Unisa gestudeer. Hy was ook as die departementshoof in Bybelkunde by die opleidingskollege aangestel en bly in die onderwys tot 1996. Daarna het hy vir 3 jaar by die hof as Assessor vir ‘n Regter bystand en ondersteuning in raadgewende hoedanigheid diens gelewer. Margaret Faure is 'n boorling van Elim en het na al die jare huiswaarts gekeer. Sy het BA Honeurs by die Universiteit Wes-Kaap voltooi. As onderwysers in Kuilsrivier verlaat sy die onderwys en begin bediening van HIV-vrouens. Sy word die Direkteur van die Tygerberg Community Outreach Program, waar sy daagliks 40 vrouens, onder wie ook blindes was, bedien het. Hulle het etes ontvang en werkverskaffing was aangebied met 'n baie suksesvolle handwerkprojek. Santam het destyds hierdie werk geborg. Vanaf 1997 tot 2000, staan Edgar vir Margeret by as die Administrateur. Hierdie vroue, omdat hulle vigsleiers was, kon nie werk kry nie en was gestigmatiseer. Dit was in die dae voor SASSA-uitbetalings en hierdie vroue was aan hul eie genade oorgelaat. Sommige van hulle het 2 tot 3 kinders gehad.

Dominee Faure en Margaret Faure saam met hulle span helpers by hul handewerk. Die foto is geneem tydens ’n vorige Blommefees op Elim. Foto: Verskaf Eerwaarde Faure het in Worcester opgegroei. Later bekwaam hy hom as ‘n onderwyser en begin sy onderwysloopbaan in Ceres. Na 'n paar jaar van onderwys, voel hy die roepstem tot die Pastorale bediening. Hy wy hom toe aan Teologiese studie by die Universiteit van Wes-Kaap en voltooi BTh, BA en MA.

Hulle het van oral gekom soos Delft, Valhalla Park, Belhar, Kuilsrivier en omliggende gebiede. Daar was ook vir hulle vervoer verskaf. By die sentrum is daar is die pragtigste handwerk gemaak: tafeldoeke, gordyne, quilts, plekmatjies en oorgetrekte gevlegte mandjies. Die vroue was getrakteer. Soms kon hulle baie fyn uitgevat word en na 'n hotel of ander plekke gaan, hare netjies gedoen en alles deur Santam geborg. Hulle het elke dag etes by die sentrum gekry. Op 'n keer was hulle ware op Elim by die Blommefees uitgestal en verkoop. Daar was ook gereeld fondse ingesamel. Een voorbeeld is Kersetes en ander aktiwiteite. Elke Vrydag het Woolworths oedsel geskenk, wat die Faures gaan Vervolg op bladsy 10

Gedurende 1971, ontvang Eerwaarde Faure 'n beroep na die Potchefstroom VGK en in 1973 na Riversdal. In 1974 tot 1994 versorg hy die Woodstock VGK. Weens die groepgebiedwetgewing, het baie gemeentelede na ander dele regoor die Kaapse Skiereiland verhuis en so kom hy in die bediening van die gemeente in Fracteton, Woodstock. Omdat hierdie gemeente finansieël baie gesukkel het en nog ‘n kerk moes bou, het Eerwaarde Faure teruggeval op die onderwys en word hy toe ‘n “Tentmakerpredikant”. Hy het glad nie ‘n inkomste van die gemeente geneem nie, maar het homself onderhou. So kon die gemeente God se huis bou en hulself finansieël stabiliseer. overdeberg2020@gmail.com

11


12

Vrydag 25 September 2020

Lastige molle in Bredasdorp Die Burger, 8 September 1928 Hier is so ietsie interessant wat al op die 8 ste September 1928 in Die Burger verskyn het. Ons deel dit dan graag nou met julle as huidige Bredasdorpers. Dit word in totaal onveranderd geplaas. (Van Ons Korrespondent)

Na die onlangse reëns het die lastige molle weer begin om hul verskyning maak. Mnr. Jeremy Swart se jong aartappeltjies moes dit lelik ontgeld, want toe hy die ding agterkom, het hierdie diertjies byna alles weggevoer! Hierop het die gebelgde eienaar met sy haelgeweer teen hulle te velde getrek. Sorgvuldig word die grondhopie verwyder en die gat oopgekrap. Geduldig sit oom Jeremy dan op ‘n stoel en pyp rook, geweer in gereedheid om die vyand sy vuurdoop toe te dien as hy by die opening kom loer. Op hierdie wyse het hy vanoggend sy agste mol van die gras gemaak. Sy voorbeeld word deur ander tuinboere in die dorp gevolg en selfs op die skoolterrein is mnr. Dreyer, die opsigter, bedags baie hard besig om hul te bestook. Hier kom twee soorte voor: die klein vaalmolletjie, wat gerieflik met ‘n slagyster kan gevang word; en die groot blesmol, die grootste kwaaddoener, wat hom baie selde op hierdie metode laat flous. Oom Jeremy Swart het nou reeds meer dan ‘n honderd keer sorgvuldig sy slagyster gestel maar slegs een van die groter soort is gevang. Al die ander kere word grond opgewerk totdat die slagyster toeslaan, maar vang is min! Die vorige jaar is die vaalmolletjies almal met ‘n slagyster opgevang vanjaar is daar net die grotes wat bedrywig is. Meer as een Bredasdorper sal graag wil weet of daar ander metodes is om hierdie groot blesmolle uit te roei. 12

Seegogga skryf... Vervolg van bladsy 14 “Hok toe! Hok toe” het nie gehelp nie, want daar was niks lekker in die hok om na uit te sien nie. Toe besluit ek (FOUTIEWELIK!) om stadig die hok op te tel en na binne te dra. (NEE, NEE, NEE JOU IDIOOT!). Pollie was rustig, maar met elke tree na die voordeur, het sy meer ongemaklik begin voel, begin rondskuiwe en net voor ons binne is, trek sy daar weg, vlieg oor die straat na haar ou huis toe, draai om, en weg is sy saam met die sterk wind. Ek het geroep en gesoek - dae lank, noodoproepe op Facebook gemaak, plakkate op strategiese plekke opgesit, belonings belowe, maar niks. Pollie het soos ‘n groot speld verdwyn. Ek het haar nooit weer hoor roep nie en ook niemand het op enige van my plakkate gereageer soos destyds toe ons Bekkie deur die buurman gevange geneem is nie, niks. EN DIS ALLES MY SKULD. LIEWE POLLIE - EK HET JOU GEFAAL. EK IS JAMMER. Dis nou al ‘n paar maande later. Ek luister steeds saans of ek dalk iewers ‘n ringnekkie hoor... enetjie wat “Hallo Pollie!” kan sê of sommer net fluit, maar dis net ander wilde voëltjies wat ek hoor. Pollie is weg, omdat ek my eie reëls oortree het. Slotsom: Vertroosting. Pollie se vlerke is nie geknip nie en sy kan goed vlieg. Ek glo sy sal kan oorleef en ek hoop van harte sy is nog iewers daar buite en veilig. Bekkie is beslis baie gelukkiger vandat Pollie weg is. Hy het begin om meer te speel as ooit tevore. In plaas van waaksaam erens op ‘n veilige plek te sit, speel hy nou graag weer met sy bal, wegkruipertjie en is duidelik ‘n vrolike voëltjie vol selfvertroue. ‘n Mens sien soms hoe lekker hy speel as hy alleen is, met niemand om hom stop te sit nie. Hy kou nie kasdeure nie, maar hou daarvan om al my servette uit te gooi; papiere of boeke wat rondlê ‘n bie-tjie te knibbel; margarien- en ander plastiese bakkies, grondboontjiebotter botteltjies en asynbottels en ander met sagte plasiekproppies ens. oop te maak. Een oggend toe ek see toe is, het hy al my speserybotteltjies een vir een van die rak afgestamp en natuurlik dit baie geniet as hulle met ‘n harde slag die teëlvloer tref. Genadiglik het net 4 gebreek. My man is nou besig om vir my pragtige nuwe kasdeurtjies ook te maak van vloerplanke. As jy graag meer van Seegogga se stories wil lees, kliek of skandeer die QR-kode en besoek haar blog. overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 25 September 2020

Seegogga skryf... Anne-Marie Groenewald “I Believe I Can Fly.” - Deel 7 Dit het my lank geneem om hieroor te skryf, maar dit moet uit. Hieronder sit Pollie, my bure se ringnekpapagaaitjie en ek is so bly ek kon die spesiale oomblik tussen haar en my Grietjie-kat vasvang.

Pollie het my eie ringnekkie, Bekkie, heeltemal verskrik. Hy het van haar af weggevlug. Hulle wou regtig niks met mekaar te doen hê nie. Tog was sy nie kwaai nie, eerder net versigtig en effe bang. Sy het later meer tuis geraak in die huis en beter begin vlieg en die hele huis begin ken. Sy het meer selfvertroue gekry en selfs een of tweekeer op my skouer kom sit. Ek was so bly dat sy begin selfvertroue kry het en tuis begin voel het. Sy het egter steeds volstrek geweier om op my vinger of arm te kom sit, en sou eerder ‘n lekkerny mis as om die “step up” roetine te doen. Ek is so spyt dat ek nie baie meer tyd spandeer het om haar dit te leer nie, maar dit was vir my ‘n besige jaar en tyd min. Soos gewoonik het ek die voëltjies veilig in hokkies, buite toe geneem en die sproeiers aangesit vir hulle gereelde badsessie. Bekkie het ‘n spesiale badhokkie, maar Pollie het gebad in die enigste hok wat sy ken. Pollie het ook ‘n spesiale voëlbad in haar hokkie en sy geniet altyd haar bad baie. Ek het ‘n draai deur die tuin gestap en toe ek weer by die voëltjies kom, sit Pollie bo-op haar hokkie.

Pollie het as verkrikte en versigtige voëltjie so ‘n jaar gelede na ons toe gekom omdat die bure haar nie meer wou hê nie. Sy was baie hokgebonde, al het hulle vir my gesê dat hulle die deurtjie sluit omdat sy dit self kan oopmaak. Ek het nooit die deurtjie gesluit nie, en bedags oopgemaak omdat ek juis wil hê dat sy uit die hok moet kom en rondvlieg. Sy het ook nooit by my huis haar deurtjie oopgemaak nie, omdat sy meestal net snags toegemaak is in die hokkie. Ek het dus heeltemal vergeet dat sy dit kan doen.

Dit het lank geneem voor Pollie begin uitklim het, want sy het verseg om op my vinger te klim. Sy het wel later self uit haar hok geklim en nog later met vertroue in my kombuis begin rondgevlieg. Sy het toe ook sommer al my kleinkinders se prentjies van die kasdeurtjies afgeskeur, die papierborde versnipper, en die houtrame van die kasdeurtjies heeltemal voos gekou! Ja, Pollie het nou groot skade in die kombuis veroorsaak, maar dis ou deurtjies, waaroor ek nog nooit mal was nie, en hulle sou een of ander tyd vervang moes word en “who cares”? 14

Sy was rustig en het op haar een been gesit en rus, maar ai! Sy is buite! Ek, wat nou al met die jare geleer het om nie paniekerig te raak as Bekkie uitvlieg nie, raak toe nou paniekerig! Ek het nooit met Pollie om die huis gestap soos ek altyd met Bekkie doen nie - haar hok is vir my eenvoudig te swaar, en sy laat nie toe dat ek haar vashou nie. Sy ken nie die omgewing soos Bekkie nie, sy ken nie ons huis soos Bekkie nie en haar regte huis is oor die straat, waar hulle toe besig was om die hele huis oor te doen - dis net bouers en lawaaierige masjienerie en alles wat ‘n voëltjie sal verskrik. En in plaas daarvan dat Polllie skrik, skrik ek en my brein slaat bottoe. Nogtans probeer ek my reëls onthou. Praat kalm en rustig. Doen alles gemaklik en stadig. En Pollie is rustig en kalm. Maar hoe gemaak om haar terug in haar hok te kry? Liewe land, hoe kon ek vergeet het van lekker grondboontjiebotter of ‘n broodjie of ‘n pekanneut? ‘n Lekkerny is noodsaaklik! Waar was my verstand? Ek het haar kos gaan haal en vining ingesit, maar met geen spesiale lekkerny nie! Vervolg op bladsy 12 overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 25 September 2020

15

FIRST ROUTES TO SHIPWRECKS NEAR CAPE AGULHAS Continued from page 16 The route taken correlates well with the three trips already mentioned. Again the influence of the Overberg Khoekhoe can be seen - from one known water source to the next. We see that trips to and from the first two Overberg shipwrecks are very similar, although one is lying slightly east of Agulhas and the other west of that point. Both trips were also made during the rainy winter months.

The next shipwreck to meet her fate in the Overberg was the Portuguese ship, Nossa Senhora de Los Milagros. She struck the coast to the east of Agulhas in April 1686. Between July and December, no less than three trips were made there and back. The vessel, Jupiter, also made there-and-back trip to the wreck. This time no plots were made on charts, but no less than two complete written reports were handed in. Both consisted of daily entries with full reports on the happenings of each day.

routes taken prior to 1722. Surprisingly enough, this time they took an even more coastal route than the ones used in 1673 and 1682. Again they kept a daily diary stating time, distance and places. Diaries were kept on no less than three of their trips to and from Agulhas. It is interesting to note that all three more southerly routes they recorded seeing elephants, while on the more inland route, taken in 1686, they only mentioned seeing lions.

From the orders, they were given, as well as the reports they produced, it would appear that this Portuguese wreck is not located near the two already mentioned. The six times that they travelled to or from, the wreck they always took a new north of the mountain range route to the east of Agulhas (see map). They also only mention visiting the Zoetendaalsvlei once while en route to that place and never again. Thus, one can safely assume that the wreck could not be too close to this water source. Furthermore, Olof Bergh led the salvage teams to the Joanna, and he sent the salvaged goods over land to Struis Bay for a boat to transport them to the Cape - by 1686 he knew the route well. Why then did he, without exception, always take the inland route to the Portuguese wreck? The Overberg was to wait another 36 years before the next wreck struck Agulhas. By then, the area was relatively well-known, as were the three greatly-travelled overdeberg2020@gmail.com

15


16

Vrydag 25 September 2020

History from the Overberg Jimmy Herbert FIRST ROUTES TO SHIPWRECKS NEAR CAPE AGULHAS Centuries ago, the Ruens and Strandveld had no trees.

Today we know this from a 1686 survival story that a Siamese Mandarin narrated to a Frenchman, who in turn put pen to paper. The Mandarin, Ok-Khun Chamnan, gave his first impression of that part of the Overberg by commenting that “we left the beach and entered the woods”, and then immediately corrects himself by saying, “or rather the bushes, for we saw no high trees during our whole journey”.

Soon after this, they came across the local Khoekhoe who assisted the survivors from then on. It can be assumed safely that they took the same route back frequently used by the Khoekhoe - from one known water source to the next.

The first recorded trip to this same shipwreck near Agulhas, was when a salvage team was sent to the wreck of Zoetendaal that same year. One team was sent overland while the other was to sail a boat to Agulhas. Both were ordered to keep a detailed record of the position of the wreck, and all that was done and found there. A result of this salvage is a map with the location of the Zoetendaal indicated. On it is written in Dutch: “Hier is het schip Zoetendaal op vergaan in September 1673.” (Here the ship Zoetendaal was lost in September 1673). An authentic “treasure chart” indeed! The next recorded trip from the Overberg to the Cape was made nine years later in June of 1682. This time the survivors started their journey from Quoin Point where the English East Indiaman, Joanna, had come to grief.

A present-day visit to the De Hoop Reserve, with its lowland fynbos as the dominant vegetation, can take us “back in time” and provide similar scenes to that which Chamnan would have experienced. Although the travellers to and from the Overberg did not encounter any forests, they still had to negotiate walking through marsh areas and extremely dense fynbos. The only trails that would have been available to make their walking a little less tiring, would have been those used by large buck, like the Eland. The best trails that nature would have provided would be those used by the Overberg elephants that, according to the historical record, were found there in abundance. The first survivors, to straggle their way to the safety of the Dutch settlement at Table Bay, were from the Dutch shipwrecked Fluit, Zoetendaal. This Fluit was returning from the East with a cargo of much-needed rice as provisions for the Cape, when she ran onto a reef at Agulhas in August of 1673. On their inland walk eastward, an elephant unfortunately killed a sailor - maybe while walking along one of the many elephant trails? 16

Because one of the English officers kept a noteworthy diary, we can today postulate, with a high probability, the route they took. Again, like with the Dutch survivors before them, the Khoekhoe assisted them to safety, and the path taken appears to be close to the one adopted by the Dutch before them. The team sent to salvage the Joanna, as was the case with Zoetendaal, recorded the route by not only plotting the exact position of the wreck (marked “n”) but also the day-to-day trip they took to get there. Continued on page 15 overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu