Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

overdeberg2020@gmail.com

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 31

Vrydag 4 September 2020

Die Overberg bibber!

Nasionale Parkeweek 3 Jong redenaar beïndruk 5

Mispah Skool opgehelder 6 VLV vier Lentedag 11 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com Advertensies: 0656862204 JPEG-formaat vir foto’s. WORD-formaat vir berigte.

Foto: Henri de Jager - The Berry Guest Farm

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor

overdeberg2020@gmail.com

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 4459010 Cell: +27 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

1


2

Vrydag 4 September 2020

Redaksioneel Vrydag 4 September 2020 Goeiedag en baie welkom by uitgawe 31 van OVERdeBERG. Elke uitgawe is vir my persoonlik ‘n ongelooflike ervaring, waar ek kreatief kan wees en vir julle, as lesers, die beste moontlike leerervaring kan bied. Hiérdie week se uitgawe is ook weer propvol met allerhande interessante artikels en nuuswaardighede. In hiérdie uitgawe berig ons oor ‘n jong redenaar van die Laerskool Bredasdorp wat pragtig presteer, daar is ‘n berig oor die 15de Nasionale Parkeweek wat later vanjaar aangebied gaan word en ons het weer ‘n heerlike kuier in die kombuis met watertandresepte. Dan gaan loer ons ook in by die Mispah Skool vir LSEN op Elim om te gaan kyk watter kleurvolle veranderinge daar plaasgevind het, nuwe besigheidseenhede in Bredasdorp wat amptelik oorhandig is en dan ook weer pragtige beriggewing deur Letty-Ann Möller oor die VLV se “High Tea”. Dan ook in ons weeklikse uitgawe van Overbergse geskiedenis, is dit weereens Jimmy Herbert wat maritieme en vele ander interessanthede met ons deel. Moet ook nie vergeet van Seegogga se stories oor Bekkie nie en oom Kaspaas is alweer doenig op bladsy 13. Voorwaar ‘n propvol uitgawe van OVERdeBERG. Geniet hierdie uitgawe en alles wat mooi is tot volgende week. Bly veilig en bly gesond.

No.10, 5th Avenue, Arniston Dinner can be arranged at the guest house with prior notice.

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 28 445 9010 Cell: +27 71 418 6209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00

0656862204

per room per night for two people

Breakfast included.

(valid from 1 May 2020 - 31 October 2020)

Direct bookings only.

overdeberg2020@gmail.com “The first step toward success is taken when you refuse to be a captive of the environment in which you first find yourself.” -Mark Caine 2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

3

de

15 jaarlikse Nasionale Parkeweek Jacques Louw Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), sal later vanjaar gedurende November ’n week lank gratis toegang tot alle parke bied. Dit is deel van die 15de jaarlikse Nasionale Parkeweek.

Foto: SANParke Dié week word gewoonlik in September aangebied, hoewel dit soos talle ander geleenthede vir eers agterweë moes bly weens die algehele landwye afsondering te midde van die COVID-19 pandemie. Vanjaar se Nasionale Parkeweek is van 16 tot 20 November. Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het ook daarop gewys dat vlak 2 van die nasionale afsonderingstydperk tans die aantal mense beperk wat binne openbare ruimtes toegelaat word. Hy het die versekering gegee dat die aantal besoekers in al die parke in ooreenstemming met die regulasies wat in daardie stadium geld, bestuur sal word. SANParke se Nasionale Parkeweek is ʼn jaarlikse veldtog wat Suid-Afrikaanse burgers gratis toegang bied tot die meeste parke wat deur SANParke bestuur word, met die uitsondering van die Namakwa Nasionale Park en die Boulders-afdeling by die Tafelberg Nasionale Park. Die gratis toegang tot parke sluit egter nié gratis toegang tot verblyfgeriewe en ander toeriste-aktiwiteite in nie. Bron: Maroela Media & SANParke overdeberg2020@gmail.com

3


4

Vrydag 4 September 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

Foto: Shutterstock HOENDER QUESADILLAS Foto: Shutterstock “CHOCOLATE CHIP” PANNEKOEKE Bestandele: 2 koppies meel 1 eetlepel + 1 teelepel bakpoeier 1 /2 teelepel sout 3 eetlepels growwe suiker 2 groot eiers 1 3/4 tot 2 koppies melk 4 eetlepels gesmelte botter 1/2 koppie sjokoladeskyfies 2 eetlepels groente-olie (vir rooster) Metode: Meng die meel, bakpoeier, sout en suiker in 'n groot bak tot dit deeglik gemeng word. Klop die eiers met 1 3/4 koppies melk in 'n ander bak tot dit lig en gemeng is. Voeg die gesmelte botter by en meng deeglik. Meng die eier- en melkmengsel in die droë bestanddele net tot gemeng. Voeg 'n bietjie meer melk by, indien nodig, vir 'n taamlik dik, maar gietbare beslag. Moenie oormeng nie. Vou die sjokoladeskyfies saggies in die beslag. Voeg 'n bietjie olie en of verhelderde botter by 'n groot pannetjie of rooster en hitte oor medium hitte. Die olie is gereed wanneer 'n paar druppels water "dans" wanneer dit oor die rooster gespat word. Giet die beslag op die rooster met 'n kwart koppie maat of skoen. Draai die pannekoeke wanneer die borrels om die oppervlak pop vorm en moenie met meer beslag invul nie. Die tweede kant sal vinniger kook - omtrent die helfte van die tyd as die eerste kant. Lig saggies om te sien of hulle op die bodem bruin is. Beweeg die pannekoeke op 'n bord, hou warm en gaan voort met die oorblywende beslag.Sit voor (verkieslik warm) saam met esdoornstroop, gegeurde sous of gouestroop.

Bestandele: 2 teelepels canola olie, verdeel 4 tot 10 medium tortillas 2 koppies gesnyde & gekookte rotisseriehoender 2 koppies gesny chedderkaas Metode: Verhit 1 teelepel. van die olie in 'n groot braaipan oor medium hitte. Terwyl die pan verhit word, monteer die quesadillas. Sprinkel 1/2 koppie hoender oor die helfte van elke tortilla. Top met 1/2 koppie kaas . Vou in die helfte. Plaas een quesadilla op 'n slag in die stoofpot. Laat dit 2 minute kook tot goudbruin aan die een kant. Draai om met tang. Kook nog 2 minute totdat kaas gesmelt word en die quesadilla is bruin aan die ander kant. Verwyder na 'n bord. Herhaal met die oorblywende quesadillas.

“The only thing I like better than talking about food, is eating.” -John Walters 4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

5

Skolenuus uit ons streek

Foto: Verskaf

Die afgelope Woensdag is dit die sekretaresses by Laerskool Bredasdorp wat so bietjie bederf is op Sekretaressedag. Foto: Facebook

As jy ‘n baie aktiewe seuntjie is en lief vir praat, hoe nou gemaak as dit grendeltyd is en daar is geen skool, sport of kultuur? Vir Daniël Fourie, ‘n graad 4-leerder van Laerskool Bredasdorp het hierdie grendeltyd hom nie onder kry nie. Hy skryf in vir die interskole redenaars waarvan die eerste rondte Wes Kaap skole was. Met ‘n video moes hy sy redenaars met enige onderwerp instuur. Als was nuut en vreemd, maar hiérdie mannetjie staan nie sommer terug nie en behaal die pragtige uitslag van 93 ++% en kwalifiseer om aan die landswye redenaars te gaan deelneem. Hy neem al van ‘n baie jong ouderdom af deel aan redenaars en eisteddfods. Hiérdie finaal vind plaas via ‘n zoom-sessie op Saterdag die 5de September. Hulle is net 18 deelnemers van regoor die streke wat in sy afdeling deelneem. Die kompetisie is baie sterk, met die meeste kandidate uit Gauteng, maar Daniel sê hy is reg vir hierdie nuwe avontuur. Welgedaan Daniël! overdeberg2020@gmail.com

5


6

Vrydag 4 September 2020

Mispah Skool opgehelder Jacques Louw Daar is verskeie helderkleurige veranderinge aangebring aan die verskillende binne- en buitemure van die Mispah Skool vir LSEN op Elim. Die werk is gedoen deur QuickArt en sluit in opvoedkundige en motiverende kunswerke. Die skool se belangrike hoofingang het ook ‘n bietjie deurgeloop met die opheldering. Die werk is gedurende Julie 2020 gedoen en lyk pragtig.

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

Foto: Facebook/ Mispah Skool

“A man's mind, stretched by new ideas, may never return to its original dimensions.” -Oliver Wendell Holmes Jr.

6

Foto: Facebook/ Mispah Skool overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

Update on the coronavirus By Premier Alan Winde 1 September 2020 As of 1pm on 1 September, the Western Cape has 3 705 active cases of COVID-19, with a total of 105 253 confirmed cases and 97 637 recoveries. Today, I held the Premier's Coordinating Forum (PCF), with mayors from across the province. I had the opportunity to thank the districts for the part they have played in our world-class response to COVID-19. However, I also emphasized that our work is not yet done. Our combined efforts are still required in responding to this pandemic, and the new challenges which now present themselves. The COVID-19 response thus far has showed us how we can all work together to achieve a common purpose. We've all learned how to work differently, and to respond quickly and efficiently.

7 releasing monthly procurement reports. This edition differs from the previous version in that it does not only cover the procurement of personal protective equipment, but all COVID-19 related expenditure between April and 31 July 2020. This month's report also provides a breakdown of expenditure with SMMEs and I am pleased to report that just over 47% of all of our COVID-19 expenditure has been with small, medium, and micro enterprises.

I encourage members of the public to engage with the report which is available here. An active, engaged citizenry is an important part of oversight and we encourage anyone to report any irregularities by emailing: Tip.Offs@westerncape.gov.za or making use of the reporting contact information provided in the report. Source: Western Cape Government

Photo: Western Cape Government This is a lesson we must take into the next stage of our response, as we work towards recovery. As with COVID-19, this is not something we will be able to achieve on our own or working in silos. This too will take an all of society approach to ensure that we are able to continue moving forward as a province and country. Yesterday the Western Cape Provincial Treasury made our second COVID-19 procurement report public. As part of our efforts to ensure transparent procurement, the Western Cape Government committed to overdeberg2020@gmail.com

7


8

Vrydag 4 September 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Rohlandt Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok met Johan Mulder Drive Time met Marquin Nefdt Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Nefdt Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof Gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:15 09:15 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Boekvoorlesing met Jaco Barnard-Naudé Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Drive Time met Ben Burger Radiodrama Drive Time met Ben Burger 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Botes Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Radiodrama (H) Musiek 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt Met ‘n ander Oor Vers & Lied met Jaco Barnard-Naudé Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi de Waal 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt Kragtoer met Jacques Louw Musiek Deurnagmusiek

Saterdag 02:00 – 03:00 03:00 – 05:00 05:00 – 06:00 06:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

Boeretroos in die Overberg (H) Kaviaar vir ‘n Springbok (H) By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt (H) Musiek Uit ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight Deurnagmusiek

Sondag 00:00 – 02:00 02:00 – 03:00 03:00 – 07:50 07:50 – 08:00 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:10 21:10 – 22:10 22:10 – 23:00 23:00 – 05:00

8

Kaviaar vir ‘n Springbok (H) Boeretroos in die Overberg (H) Musiek Bybelstorie met Tannie Net Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowners met Marquin Nefdt Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Kruispad met Lunette Coetzee (H) Radiodrama Omnibus Deurnagmusiek

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

9

‘n Eerste huis vir 72-jarige Lunette Coetzee Op Vrydag 28 Augustus het OVERdeBERG in die pragtige oorhandigingseremonie in Parkview, Parkstraat, Bredasdorp gedeel. Dit is Kaap Agulhas Munisipaliteit wat huise skenk ter waarde van R500 000 aan die belangstellendes wat aansoek doen en dié huise is dan ook op die dag deur die Uitvoerende Burgermeester, Paul Swart, Raadslede en ander beamptes oorhandig.

Me. Florrie Schippers (regs) en haar suster by die ontvangs van haar eerste huis op 72-jarige ouderdom. Foto: Lunette Coetzee Tussen hierdie mense wat huise ontvang het, was ‘n baie opgewonde en baie tevrede 72-jarige Me. Florrie Schippers. Mnr. Michael Dennis het die verwelkoming en afsluiting gedoen. ‘n Kort, maar kragtige boodskap deur Pastoor Michael Olivier het gevolg. Hy het ‘n vergelyking tussen die dors na God se woord, en die dors na ‘n aardse plekkie getref. Hierdie mense het jare na ‘n eie tuiste gesmag, soos ‘n hert na waterstrome, en hulle dors, honger en begeertes is dus nou geles. Hul hulpgeroep het byklank by God gevind.

inwoners geskyn. Hul is diep dankbaar en glo daar is ‘n dag en tyd vir oop deure. Mnr. Swart het die inwoners gemaan om die negatiwiteit te los, en die huis met positiwiteit te betrek. Hulle is verantwoordelik om die huise op te pas. Daar sal ‘n kompetisie gehou word om te sien wie hul huise die beste van buite verfraai, deur omheining, plante en netheid. Die area moet vry van dwelms en vrees gehou word. Dit moet ‘n positiewe gemeenskap gemaak word. Mense wat kwalifiseer kan ook deelname aan die Masekane-afslag hê.

Die Departement van Behuising het in hiérdie dringende nood voorsien. “Die woning moet nou ‘n plek van warmte, liefde en vrede wees. Mense moet verwelkom word. Hierdie nuwe huiseienaars is net ‘n paar van ‘n groot groep begunstigdes. Die burgermeester, Mnr. Paul Swart het die skrif gebruik wat lees, “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs bou dié wat bou.” Florrie het nog nooit die voorreg gehad om ‘n eie huis te hê nie. Op ‘n lieflike sonskyndag, het die son vir hiérdie

Mnr. Michael Dennis het die bedankings gedoen, en ook ‘n paar hoogtepunte genoem. Die prag is dat daar ‘n nuwe inkopiesentrum oorkant Parkview sal open, op 1 September 2020. Daar is wel ‘n paar ‘moets en moenies’ genoem, onder andere: geen huiswinkels, geen verhurings van hul huisies, anders sal die inwoners onmiddelik gederegistreer word. Die inwoners mag aanbou, maar die regte prosedure moet gevolg word. Me. Marjorie het haar dank teenoor die Departement van Behuising uitgespreek.

overdeberg2020@gmail.com

9


10

Vrydag 4 September 2020

“There are moments when I wish I could roll back the clock and take all the sadness away, but I have the feeling that if I did, the joy would be gone as well.� -Nicholas Sparks

LED-business units handed over

0780644225

Jacques Louw Opportunities for entrepreneurs as well as job creation is high on the priorities list for the Cape Agulhas Municipality. This was evident in the handing over of a number of newly erected LED-business units in Bredasdorp on Tuesday. These LED-business units are meant for small businesses in Bredasdorp. Our CAM Deputy Mayor Zukiswa Tonisi did the official handing over of the units. According to Mr Paul Swart, the Executive Mayor of Cape Agulhas Municipality, there will be more opportunities created for entrepreneurs and that job creation is important to enhance growth within our Local Economic Development. He also encourages people to not hesitate in speaking to officials at the Local Economic Development Department regarding funding business opportunities for new businesses. Mr Swart also urges the community of Cape Agulhas to support our local businesses and also to encourage all tourists to buy local.

Photo: Executive Mayor Paul Swart/Facebook

Photo: Executive Mayor Paul Swart/Facebook 10

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

11

Bredasdorp VLV vier Lentedag Letty-Ann Möller Annette van Eeden, voorsitter, verwys tereg na haar passievolle bestuur wat weereens verkies is nadat Lorraine du Toit bevestig dat geen ander nominasies ontvang is nie, Barbara Mandy verwys na Deuteronomium en die voortbring van nuwe lewe in die mens en natuur, tydens lente VLV Bredasdorp-tak betree met vrolike uitbundigheid hulle vergadering op Lentedag!

VLV Bestuur agter vlnr: Brenda Botha (Leefstyl), Annemi Fourie (sekretaresse), Carin Brink (Landbou), Alerina Augustyn (Opvoeding), Annette van Eeden (voorsitter) en Letty-Ann Möller (Openbare Sake). Voor vlnr: Carene Cooper (Kuns en Kultuur) Lorraine du Toit (vise-voorsitter) en Barbara Mandy (tesourier). Foto: Joanie Pretorius

Na afloop van die uitdeel van blomruikertjies wat Carin Brink gemaak het, koekies wat Carene Cooper opgetof het en vrugte wat Preline Swart geskenk het, is alle lede toegerus om "saam te eet" terwyl die bestuur die “High Tea” vir die virtuele vergadering vir die lede verfilm het. Letty-Ann Möller het gesels oor die versamelingswaarde van porselein: "Not ALL the china was made in CHINA!"

ryk geskiedenis tussen die Paragon-naam en die "Royal Family", wat die maatskappy 'n koninklike waarborg van 1933 tot 1963 gegee het, maar Paragon word sedert 1992 ongelukkig nie meer vervaardig nie. Dit beteken Paragon raak onbekombaar en het daarom ‘n baie hoër versamelaarswaarde. ROYAL ALBERT Hierdie pers teestelletjie is gelukkig Royal Albert “Made in England”. 'n Interessante feit oor Royal Albert is, in Desember 2002 het die maatskappy hulle produksielyn na Indonesië verskuif. 'n Wenk vir versamelaars: bly op die uitkyk vir die "Made in England" stempel. Dit is méér waardevol.

Foto: Letty-Ann Möller ARZBERG Hiérdie wit stel met die blou blommetjies is Arzberg. Arzberg porselein het in 1887 begin en is steeds baie gesog. Helmut Sättler, porseleinekspert, maak die volgende stelling hieroor: "Arzberg isn't just about selling porcelain. It's about history, design and quality. Porcelain is not simply an everyday item for the dinner table. It's an expression of style, indulgence and joy in setting a table." PARAGON Albei pienk porseleinstelle is Paragon. Daar is 'n baie overdeberg2020@gmail.com

Lorraine du Toit het 'n humoristiese voordrag gelewer en Annette van Eeden het almal se belangstelling geprikkel met haar video oor die stroop van roosmaryn in die Overberg. Annette noem dat hulle vir 'n proeflopie sowat 35 000 roosmarynplantjies op minder as 'n halwe hektaar aangeplant het. "Roosmaryn is baie lief vir water en son en kan elke twee maande ge-oes word”. Dit word dan gedroog en aan die teikenmark gelewer. Goed, dit was dan 'n bietjie landbou." Nog foto’s op bladsy 12 “One of the things that we admire about porcelain is its delicate fragility. We should learn to appreciate the same in people.” -Andrew Davenport 11


12

Vrydag 4 September 2020

Seegogga skryf... Vervolg van bladsy 14

Bredasdorp VLV vier Lentedag

”Kom, Bekkie, op, op, op,” roep ek hoopvol. En Bekkie kom! En vlieg verby my tot in die bure langsaan se erf en weg, waar ek nie kan bykom nie. Daar is geen genade meer nie. Babatjie moet kos kry. Teen ‘n geweldige spoed word kossies uit yskas gepluk, in mikrogolf gedruk, buitentoe gehardloop om voeltjie te roep, weer binnetoe om kossie uit te haal, tafel weer buite op stoep gedek, voeltjie geroep. Ons gaan maar aandete buite eet, net daar waar die hokkie afgeval het. Teen hierdie tyd het Bekkie oor die erf gevlieg na die bure aan die ander kant. Daar sit die blou voëltjie tussen die pienk rankplant in die buurman se heining en laat weet luidkeels dat dit nou etenstyd is. Maar ek moet nou die kleinkind voer. Bekkie kan nou net homself red. Ek gesels en dis “nam-nam” vir die kleinkind, “lekkerlekker” vir my man, “mm-mm” vir my en vir die blou voëltjie. En hy besluit dat dit darem nou hoogtyd is dat hy kry wat hom toekom. Met ‘n swierige boog land Bekkie by ons op die tafel. Mak soos ‘n lammetjie klim hy op my hand, en eet entoesiasties die kossies wat ons vir hom aanbied. End goed, alles goed. Bekkie het sy avontuur geniet, soet gaan slaap, ouma en oupa het taamlik uitgeput ontspan, en die bure het seker lekker gegrinnik oor die mal vroumens op die sypaadjie wat die heel dag lank onsinnige goed met ‘n blou voëltjie bo in ‘n boom gepraat het.

Annemi Fourie (VLV sekretaresse) ontvang blomme van Annette van Eeden (VLV voorsitter), want 2 September was Sekretaressedag. Foto: Letty-Ann Möller

As jy graag meer van Seegogga se stories wil lees, kliek of skandeer die QR-kode en besoek haar blog.

Foto: Lorraine du Toit

Foto: Lorraine du Toit 12

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 4 September 2020

Seegogga skryf Anne-Marie Groenewald “I believe I can fly…” Deel 3 Einde van verlede jaar het ek en my man ons kleinkind gaan oppas op Worcester, en natuurlik is Bekkie, my blou ringnekkie saam in sy reishokkie. Hy geniet die ryery altyd vreeslik en lewer kommentaar op alles. Vroeg die volgende oggend is dit heerlik buite en my man besluit om Bekkie se hokkie met ‘n toutjie aan die prieel vas te maak sodat Bekkie die buitelug kan geniet sonder dat my dogter se twee katte hom kan bykom. “Disaster!” Nie lank nadat ons die huis binne is nie, hoor ons ‘n slag. Ek storm uit en ja: die toutjie het gebreek en daar lê Bekkie se hokkie uitmekaar gespat op die grond en voëltjie is skoonveld. Ek het met die jare al geleer om nie ontsteld te raak as Bekkie uitvlieg nie, maar dit was nog altyd by sy eie huis, waar hy die omgewing baie goed ken. Maar Bekkie ken glad nie vir Worcester nie!

“Bekkie, waar’s die ou blou voëltjie?”, roep ek en probeer my uiterste bes om my stem kalm en vriendelik te hou. Hy mag nie weet hoe benoud ek is nie! “Wat maak jy? Vlieg? Mamma se babatjie!”, koer ek benoud. Daar roep hy! Erns van oorkant die straat af! Ek vlieg om die huis by die voordeur uit en gaan op die sypaadjie praat. ”Kom kyk hier!”, roep ek entoesiasties. In my hand het ek die groot stuk sjokolade wat ek vir my man gekoop het. “Mmm, lekker! Nam nam nam!” Bekkie antwoord ewe entoesiasties. Daar sien ek hom! Hoog in die takke van die hoogste boom op die sypaadjie oorkant die pad, sit hy. Maar Bekkie wend geen poging aan om die heerlike sjokolade hier onder te kom proe nie. Brood. Bekkie is mos baie lief vir brood. My man, kleinkind op die arm, bring pligsgetrou ‘n sny brood, lekker dik met botter. Bekkie gesels opgewonde saam oor die brood en vlieg na die volgende boom – steeds ewe hoog, en daar sit hy. Ek kry duidelik die indruk dat hy nou oor sy skrik is, en die avontuur daar bo in die boom begin geniet. Hy pik-pik aan die stam, stap, bietjie heen en weer, en maak hom tuis op ‘n lekker dik kortstomp tak reg onder ‘n ander dik tak-dus uit die oog van moontlike valke, en heeltemal te hoog vir katte of mense. En daar sit hy. Brood, sjokolade, neute? Nee wat, hy geniet dit nou eers daarbo. Hy is in elk geval nie vreeslik honger nie. Boonop raak dit tyd vir sy siesta. Intussen het my man ‘n koffietafeltjie en ‘n stoel vir my aangedra. Ek kamp nou uit op die bure oorkant die pad se sypaadjie en alle verbygangers staar my aan. Die bure kom almal uitvind wat aangaan. Een gawe man dra ‘n lang leer aan-‘n lang, lang leer. Ek waag my lewe tot heel bo, maar die leer is, helaas, nie lank genoeg nie. Bekkie klim ewe nuuskierig af tot naby my hand, maar loop dan weer terug-nog nie gereed om sy vryheid prys te gee nie. Ek kry die nare idee dat hy nogal al die aandag baie geniet en weet dat hy die hef in die hand het. Dan maar weer na my uitkampplek onder die boom. Gelukkig tog dat my kinders nie daar was om hulle ma se eskapades te aanskou en hulle dood te skaam nie. Ek verorber sjokolade, neute, brood, vrugte en wat nog, en alhoewel Bekkie saamstem dat dit heerlik lyk, sit hy lekker op sy nuwe plek, dankie. Ek moet maar nog ‘n bietjie soebat. My arme man moet heeldag alleen die kleinkind oppas, maar gelukkig is hy baie lief vir babatjies. Verder dra hy aan: eetgoed, tee, water, ‘n selfoon, skryfgoed en ‘n sonhoed. Dit raak 5-5.30 nm: Aandete tyd vir voëltjies en babatjies. Ek stap terug oor die straat na my dogter se huis toe. Daar staan toe ‘n kophoogte boompie op die sypaadjie. Vervolg op bladsy 12

14

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 4 September 2020

15

The Portuguese Captain & his son - part 2 Continued from page 16 from an early age, personally begin teaching his beloved heir the Captain's lucrative profession. The affection between father and son was always clearly to be seen, making this admired Captain unwilling to entrust, to anyone but himself, the education and care of his offspring whom he so fondly cherished. The child, too, was reported to be out of the ordinary with a most lovable character. He was not only nice looking, well built and very learned for his age but also always well behaved and considerate. The boys love for his father was said to be remarkable. When the Nossa Senhora de Los Milagros smashed onto Agulhas shores, the Captain personally brought the boy from the Ship to the safety of terra firma. On the march towards Table Bay, he had his son carried by slaves for the first number of days. However, once the slaves died or were physically unable to carry the extra burden any longer, the boy was forced to walk unassisted. This exertion and the scarcity of a regular and adequate fluid intake soon took its toll as this loveable boy, like many of the others, started to experience kidney failure. The resulting build-up of toxins in the bloodstream caused the most excruciating pains. To see his son suffer was to the Captain like dying a thousand deaths. At the same time, the boy dreaded the psychological distress, clearly to be seen in his fathers' eyes and experienced it to be far worse than his personal physical pain and life ebbing experience.

After stopping for a short afternoon rest on the 3rd the boy, when trying to get up very weak, swollen and exhausted, frightfully found himself unable to move. This form of paralysis had him lying stretched out, incapable of even bending his legs. To see his son in this fatal phase and agony was unbearable for the Captain. Although ultimately fatigued himself, he lifted the boy several times in an attempt to get him to walk a bit in the hope of overcoming the feeling of paralysis. The father begged the men to assist, but in doing so, it soon became apparent that all were scarcely able to carry themselves, let alone any extra burden. In total despair, yet fuelled on by his sheer affection and love for his boy, the Captain, repeatedly tried to carry him. Placing him over his shoulder, he kept trying, but each time, after only one or two steps, gravity again pulled them both to the ground. Sadly by then they must have unknowingly been no more than 18 km from the Hottentots Holland outpost and sure salvation. So near, yet so far! overdeberg2020@gmail.com

The physical and dying pains felt by this first young Portuguese unwilling visitor to the Overberg, was by far outweighed by the psychological torture he experienced in seeing his fatigued father trying so desperately to save him - refusing to throw in the towel. Over the next hours, he often implored his father to let him die, pointing out that even if carried further, he could never last the night, and that his father's tears and grief were more distressing to him than all the pain he felt. These words, far from consoling his father, made him even more persistent to save his treasured son - or die in the attempt. Desperately the brave boy turned to the soldiers with a heart-piercing appeal. He pleaded with them to take his father away while also moving him to a secluded place where he could more peacefully deal with his approaching death and prepare to meet his heavenly father. In sheer agony and total heartbreak, to both father and son, his wish was carried out. The party then continued on their journey while forcing the Captain to do the same. Although this naval and military Captain made it to the safety of the castle and saw to all needed duties, Captain Don Emanuel de Silva's heart was shattered. Heartbroken to the point that his inconsolable grief took its toll – he passed away after being no more than 21 days away from his only son and the true reason for living. A sad Overberg story. 15


16

Vrydag 4 September 2020

History from the Overberg Jimmy Herbert The Portuguese Captain & his son - part 2 On Wednesday 1 May another Mandarin died. Like two unfortunate Mandarin's before him, the intense distaste for the local herbs, grass, leaves and flowers prevented him too from even tasting them and led to his passing away due to weakness and hunger. The significance of this 11th day away from the wreck was that it was also the day that the Portuguese group abandoned the Siamese. The Portuguese also took with them all the navigation equipment and the only individuals with navigation experience. Furthermore, some had sailed this East to Europe route before. Others were said to possess already a basic idea of the lay of the land. The Siamese, in turn, had none of the mentioned.

On deciding to concentrate on primarily saving themselves, the Portuguese not only ruthlessly left the Siamese behind, but also pushed on at a much more gruelling pace, leaving behind all that could not keep up in their wake. One of the first to drop out and perish was a Siamese translator who succumbed to the elements. Up to that point, not many of the 200 had dropped out or lost their lives. However, once they deserted the Siamese and upped the pace westward, the next five days took its toll. Although they travelled faster alone, their speed was expensive in lives. One by one, the weaker members fell out and eventually totalled to between fifty to sixty lives lost.

Until this point, the Portuguese had not only been the guides but also, to a certain extent, the protectors. Not only against the wild animals that freely roam the plains (elephants, lions and leopards), but also the local inhabitants who they wrongly suspected were even more relentless and cruel than the fiercest of Africa's animals.

The son of Captain Don Emanuel de Silva For Captain Don Emanuel de Silva and his son 3 May turned out to be the worst day of their lives. It formed part of a sad tragedy parallel to none. Captain de Silva was a man of noble parentage, virtuous and wealthy. As Captain for many years already he had rendered numerous valuable and vital services to his King and country. It was often said that there were a few names in all the Kingdom of Portugal more illustrious than his.

Captain Don Emanuel de Silva 16

This nobleman, admired by all, had taken with him to the Indies his dearly beloved and only son - a boy of slightly over ten years of age. He did this to accustom the boy to a life at sea while using the opportunity to, Continued on page 15 overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu