Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

overdeberg2020@gmail.com

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 29

Vrydag 21 Augustus 2020

Die Blomskool ook nou virtueel 5 Dr. Jacques du Toit 12

Agulhas Bank Cannons 16 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com Foto’s in JPEG-formaat. Berigte in WORD-formaat. Advertensies: 0656862204

Die matrieks van Hoërskool Bredasdorp, het Donderdagoggend 'n ontbyt saam met die personeel in die klubhuis geniet. Die lekker kuiertjie saam met die BDmatrieks het bande versterk en beslis 'n wipstappie in elkeen se dag gesit. Ons is baie trots op elke matriek en wens hul sterkte toe met die res van hul skooljaar. Nog foto’s binne op bladsy 7 & 10. Foto: Marelise Nelson

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

overdeberg2020@gmail.com

1


2

Vrydag 21 Augustus 2020

Redaksioneel Vrydag 21 Augustus 2020 Goeiedag en baie welkom by ons 29ste uitgawe van OVERdeBERG op hiérdie Vrydag. Soos altyd, is dit vir my ‘n groot plesier om dié gemeenskapsblad vir julle saam te stel en te publiseer. Ek sê ook dankie aan my twee medewerkers, Lunette Coetzee en Letty-Ann Möller. Sonder hulle bystand is dit nie moontlik vir my om weekliks hiérdie publikasie aan julle te bring nie. In hiérdie uitgawe van OVERdeBERG is daar ‘n pragtige bydrae deur Letty-Ann Möller oor die Bredasdorp Blomskool se virtuele byeenkoms in die Napier NG Kerk, dan is dit Jimmy Herbert wat vir ons ‘n baie interessante artikel aangestuur het oor die skeepskanonne van die Overberg en Seegogga deel weer een van haar pragstories met ons. Dit is nie al nie… daar is ‘n pragtige artikel oor die koers in ons lewens deur Lunette Coetzee, ‘n baie mooi artikel oor Dr. Jacques du Toit, wat oorspronklik gepubliseer is op die Facebook-blad van die Wes-Kaap Premier, mnr. Alan Winde en laaste maar nie die minste nie, is dit weer oom Kaspaas wat inloer op bladsy 13 met een van sy grootpraatstories. Daar is nog baie meer binne... Voorwaar nog ‘n lekkerleesuitgawe van OVERdeBERG. Geniet julle naweek en sterkte vir die nuwe week wat voorlê.

No.10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer

R995.00

per room per night for two people

Breakfast included

(valid from 1 May - 31 August)

Direct bookings only

2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

3

Response to Alert Level 2: Premier Alan Winde

We welcome the announcements by President Cyril Ramaphosa which will help ease the burden that many businesses have faced over the past few months, and which is the first, vital step required to tackle the second pandemic of unemployment, hunger and increased levels of poverty which we face in the Western Cape and South Africa. It's now time to get South Africa back to work. As I have said before, a job is not just a nice-to-have. It is the difference between putting food on the table and starving for many people in our country. That is why the Western Cape Government argued from the beginning that we should not view our COVID-19 response as a zero-sum game. We can and must fight this coronavirus pandemic, but we can also allow the economy to open while doing so, saving the jobs and livelihoods for our residents. I am glad that this is now the path being pursued by the national government. As a province, we welcome the announcements which will impact the tourism, hospitality and agri-processing industries which are significant job creators in the Western Cape. Our provincial government has lobbied for all businesses which can operate safely, to be allowed to do so, and for the domestic sale of alcohol to be reintroduced, with smart interventions in place. These new announcements will mean an even greater responsibility on individuals, families and businesses to follow the golden rules at all times - the hardest work of all starts now. As the Western Cape Government, we are going to be committing our energy to developing a recovery plan which will focus on jobs, safety and dignity and well-being, while ensuring that our hotspot interventions remain in place to slow the spread of the virus. Continued on page 6 overdeberg2020@gmail.com

3


4

Vrydag 21 Augustus 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

KONDENSMELKROOMYS Bestandele: SOETSUUR LEWERTJIES Bestandele:

500 ml room 5 ml vanielje ekstrak 1 blikkie kondensmelk

600 g lamslewer 90 ml meel 90 ml Bisto souspoeier 10 ml “BBQ Spice” Genoeg olie om vlak te braai 500 g baba-uitjies 375 ml aftreksel 65 ml bruinasyn 15 ml Worcestersous Genoeg suiker om ‘n soetsuur sous te maak Genoeg mielieblom om die sous dik te maak Sout en peper na smaak 65 ml platblaarpietersielie (grof gekap)

Metode: Klits die room totdat dit dik raak en voeg die vanielje by. Klits nou stadig die kondensmelk by tot dit lekker dik raak. Laat dit oornag in die vrieskas en bedien met “honeycomb”.

Metode: Dompel die heel lewer in kookwater vir ‘n enkele minuut, dreineer en trek die buitenste membraan af. Sny enige sigbare vet of are weg. Sny die lewer in 3-cm blokkies en sit in ‘n groot bak. Meng die meel, Bisto en speserye in ‘n bak en sprinkel oor die lewer. Meng die lewer liggies sodat die mengsel al die oppervlaktes bedek. Skud die oortollige meelmengsel af. Verhit genoeg olie in ‘n braaipan en braai die lewer vinnig aan alle kante. Moenie die lewer te lank braai nie, anders raak dit droog (die binnekant moet nog pienk wees). Verwyder uit die pan en hou eenkant. Braai die uie in dieselfde pan tot sag en voeg dan die aftreksel by. Kook totdat die uie sag is, vir ongeveer 10 minute. Voeg nou die asyn, Worcestersous en suiker by en laat die mengsel vir ‘n minuut of wat kook. Proe aan die sous en voeg nog asyn by indien dit te soet is en nog suiker by indien dit te suur is. Plaas die lewer terug in die pan as jy gelukkig is met die smaakbalans van die sous. Laat weer kook vir so ‘n paar minute of tot die lewer gaar is en die sous verdik het. Indien nie, verdik na smaak met ‘n mielieblom-enwatermengsel.

Metode: Smelt die strooisuiker en heuning in ‘n pot op die stoof saam met die water. Dit moet nie kook tot al die suiker nie opgelos is nie. Draai die hitte op en laat dit ‘n mooi goudbruin kleur word. Haal van die hitte af en roer die koeksoda vinnig in met ‘n houtlepel. Gooi uit op ‘n stuk “tinfoil” wat gespuit is.

HONEYCOMB Bestandele: 200 g strooisuiker 75 g heuning 10 g koeksoda 45 ml water

Krediet vir resepte & foto’s: Marinda Kook

Geur met sout en witpeper en roer die pietersielie deur. 4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

Die Blomskool ook nou virtueel

5 2de was dit Marina du Toit wat gerangskik het op maat van M.E.R. se gedig oor Suringtjies. Ai, die bruide wat deesdae grasgewasse verkies! 3de is dit Marjolijn Malan gewees met ‘Lisa se klavier’, 'n moderne en ruimtelike voorstelling. Daarna die bespreking met Awie van Wyk.

Letty-Ann Möller Rangskik op die maat van musiek… Eers was daar die inoefening saam met Awie van Wyk (klavier), Cornel Hanekom (Viool) en Rudie Riek (Bariton) by Napier NG Kerk. Dit was pragtig gewees. Dat Awie se skoonma tannie Marie Roux was, weet ek. Tannie Marie was baie trots op haar skoonseun wat op Potchefstroom die universiteitskoor afgerig het. Hy is baie talentvol en het ook die Griekwa-Psalms getoonset. Dat Cornel Hanekom die kleinseun van die Overbergers, Koos en Jeanette was, was vir my 'n lekker verrassing en Cornel het óók 'n Potch-verbintenis. Ek hoor hy speel in die plaaslike filharmoniese orkes! Rudi, die bariton van Napier, is al volksbesit hier rond. Hóm het ek die eerste keer in Pascals hoor sing.

Gina Joubert met “Air On A G-String” Foto: Hanniki Bruére

Voor vlnr Marina du Toit, Marjolijn Malan, Gina Joubert en Cornél Hanekom. Agter vlnr is dit Rudi Riek, Awie van Wyk en Jenny Uys (voorsitter van die Bredasdorp Blomskool). Foto: Hanniki Bruére Die program is op Woensdagmiddag, 19 April 2020, om 14h30 op Bredasdorp Blomskool se eie WhatsApp-groep geaktiveer en is soos volg uiteengesit: Klavier speel 'n inleiding (Blommetjie gedenk aan my) en Jenny Uys (voorsitter van die Blomskool) doen die verwelkoming. Louis Fletcher (sameroeper en in kwarantyn vandaar die buitelugopname deur die veiligheidsheining), verduidelik die doel van die vergadering en stel die musikante en die rangskikkers bekend. Die blomkunstenaars beeld 'n verskeidenheid temas en style uit met die musiekbegeleiding in die agtergrond. 1ste is dit Gina Joubert met “Air On A G-String” en haar rangskikking sluit haar eie viool in (sy kan speel ja). overdeberg2020@gmail.com

Marina du Toit met haar rangskikking. Foto: Hanniki Bruére Die foto van Marjolijn Malan met haar rangskikking is op bladsy 6. Jenny Uys doen die bedankings, gee geskenkies aan almal wat deelgeneem het en kondig weer die musiekgroep aan wat afsluit met ‘Seënbede van hoop aan die blomvriendinne’. Kliek op die skakel en ervaar hierdie totale interaktiewe belewenis saam met Bredasdorp se Blomskoollede. Bredasdorp Blomskool 5


6

Die Blomskool ook nou virtueel

Vrydag 21 Augustus 2020

Om op koers te bly... Lunette Coetzee In die samelewing, moet elke persoon die rigting of koers van sy of haar lewe bepaal. Sommige mense kan op koers bly, ander nie. Omstandighede noodsaak ons om soms van koers af te dwaal. Baie mense bons terug, terwyl ander doelloos ronddryf op ‘n see van omstandighede.

Marjolijn Malan met die rangskikking ‘Lisa se klavier’, 'n baie moderne en ruimtelike voorstelling. Foto: Hanniki Bruére

Response to Alert Level 2: Premier Alan Winde

Ons gebruik ‘n kompas om op koers te bly. Meeste kompasse wys na die aarde se magnetiese noordpool, wat dan eintlik op ‘n ander plek is as die geografiese noordpool. Voëls migreer volgens die aarde se magnetiese velde. Daar is verskille tussen die geografiese noordpool en die magnetiese noordpool. Die mens het sy ingeboude radar met die koers van sy lewe. Die mens bepaal sy koers deur hul drome, visioene, doelstellings en die oogmerk vir hul lewens te bepaal. Ek het jare terug na ‘n lied geluister, waar die liedster praat van God, as die ware noord. God het in elkeen van ons ‘n wil om vorentoe te beweeg en om sukses te behaal, geplant.

Continued from page 3 We have worked around the clock as a province to slow the spread of COVID-19 and to put in place all of the medical interventions that were required for this pandemic. We will not lose any of this focus and drive as we now turn our attention to the economy, to saving jobs and addressing the humanitarian crisis. In return, we ask the people of this province to partner with us. To step up and to take personal responsibility to ensure that as we restart the engines of our economy, that we continue to contain and slow COVID-19. Businesses must operate safely, with all of the correct protocols in place, and as individuals we must abide by the remaining regulations, wear our masks, practice social distancing and keep up with hygiene practices such as hand washing and regular cleaning of surfaces. Now is the time for us all to pull together and build a stronger, more resilient future for this province. Source: www.westerncape.gov.za

Hierdie jaar was baie van ons heelwat van koers afgegooi weens die COVID-19 pandemie, waar ons reise, werke, geld, opvoeding, familiebande en gesondheid in gedrang gekom het. Baie verjaarsdae, troues en samekomste moes afgestel, of afgeskaal word. So ook is die mense wat oorsee werk, gekniehalter, tot wie weet wanneer. In al hierdie dinge is daar soms ‘n teleurstelling, ‘n kwelling of ‘n traan in die oog. Hierdie dinge is buite ons beheer, maar dit neem nie ons menswees of ons drome weg nie. Ons moet nog steeds die koers van ons lewens bepaal. Soms in ‘n ander rigting kyk of die reëls bietjie aanpas, maar vorentoe moet ons en op koers bly is noodsaaklik. As mens weet waarheen jy op pad is, gee dit ‘n rede om te leef, dit sit ‘n sprankel in die oog en ‘n glimlag op die lippe. Daar is sekere riglyne wat ons kan volg: Wees duidelik oor wat jy wil bereik, wat jy wil hê, waar jy wil wees en wat jy wil wees. Spel jou begeertes duidelik uit. Wees spesifiek, en hersien jou doelstellings gereeld. Dit is beter so en sodoende bly jy op dreef. Praat gereeld met jouself. Wees sag op jouself en wees eerlik, jy is jou enigste luisteraar. Dit is belangrik om doelgerig en Vervolg op bladsy 7

6

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

Om op koers te bly...

7 eendag nooit gekom nie. Die lewe is in die nou, en in hier leef, in weefsel, elke uur en dag.”

Vervolg van bladsy 6 spesifiek in jou gesprekke met jouself te wees. Dit is ook belangrik om ‘n gesindheid van dankbaarheid te hê. Ongeag wagtydperke, is dit belangrik om aan dinge te dink waarvoor ‘n mens dankbaar kan wees. Ons gedagtes maak saak. Fokus op gedagtes wat jou kan bemagtig, vol selfvertroue dat jy kan. Hoe jy op hierdie oomblik dink, hoe jy voel, hoe jy reageer en wat die uitdagings is. Hierdie aspekte speel ‘n belangrike rol. Kom ons kyk na ‘n paar wenke: Verwelkom goeie gedagtes, probeer om vir 24 uur net op positiewe gedagtes te fokus. Hierdie positiwiteit bring ‘n verandering in jou eie gesondheid. Visualiseer ook jou drome.

John Ruskin het op sy lessenaar ‘n steentjie gehad, met die word VANDAG uitgekerf. Dit is belangrik. Ons moet vandag goed lewe, want om vandag goed te lewe, maak elke gister ‘n gelukkige droom. Ons leef net een minuut op ‘n tyd en so moet ons elke minuut as ‘n kosbare wonderwerk beleef.

Hoërskool Bredasdorp se matrieks eet ontbyt saam met die personeel.

Wat motiveer of inspireer jou? Fokus op wat jy wil hê, wees oop vir nuwe geleenthede. Dit is belangrik om jouself lief te hê en te koester. Ons moet ook ophou om aandag te gee aan dinge wat nie saak maak nie. Moet ook nie aandag skenk aan die sake wat nie jou energie waardig is nie. Luister en kyk na inspirerende programme, boodskappe en lees leersame en opbouende leesstof. Sodoende inspireer jy jouself en verseker jy geestelike en Emosionele groei. Visualiseer wat jy wil hê, waar jy wil wees, en hoe jy daar sal kom. Hou kop en bly op koers. Ons moet nie van die weg na sukses afdwaal nie. Wanneer jy eers op dreef is, is dit belangrik om fokus te hou. Elke dag staan ons op met ‘n magdom take en dit is soms oorweldigend. So as jy op een aksie op ‘n slag fokus, sal jy verbaas wees om te sien wat jy alles kan vermag. Die wêreld verander nie, jy verander. Slegs jy kan die negatiewe blokkasies verdryf. Volgens Sir William Osler, is die geheim van sukses om ons lewens in dagdigte kompartemente te sit, en dan sodoende te hanteer. Ons moet die ysterhek van gister sluit. As ons môre se las by gister voeg, fouteer ons.

Foto: Marelise Nelson

God sê ons moet bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” As ons aan ons lewens as ‘n uurglas dink, soos ons dag begin, sal ons vind dat ons honderde dinge kan doen, maar as ons dit nie een dag op ‘n tyd neem nie, sal ons breek onder die geestelike en fisieke druk. Een korrel sand op ‘n tyd en een taak op ‘n tyd. Robert Loius Stevenson sê: “Enigeen kan sy werk doen, hoe hard dit ook al is, vir een dag. Enigeen kan dierbaar, geduldig, liefdevol en rein wees, vir een dag. Dit, kortom is al wat die lewe beteken. Ons is geneig om dinge af te stel. Ons droom van eendag, instede van vandag ons drome en planne in rat sit. Vir baie mense, het daardie overdeberg2020@gmail.com

Foto: Marelise Nelson 7


8

Vrydag 21 Augustus 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Rohlandt Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok met Johan Mulder Drive Time met Marquin Nefdt Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Nefdt Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof Gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:15 09:15 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Boekvoorlesing met Jaco Barnard-Naudé Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Drive Time met Ben Burger Radiodrama Drive Time met Ben Burger 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Botes Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Radiodrama (H) Musiek 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt Met ‘n ander Oor Vers & Lied met Jaco Barnard-Naudé Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Burger Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi de Waal 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt Kragtoer met Jacques Louw Musiek Deurnagmusiek

Saterdag 02:00 – 03:00 03:00 – 05:00 05:00 – 06:00 06:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

Boeretroos in die Overberg (H) Kaviaar vir ‘n Springbok (H) By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin Nefdt (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin Nefdt (H) Musiek Uit ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight Deurnagmusiek

Sondag 00:00 – 02:00 02:00 – 03:00 03:00 – 07:50 07:50 – 08:00 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:10 21:10 – 22:10 22:10 – 23:00 23:00 – 05:00

8

Kaviaar vir ‘n Springbok (H) Boeretroos in die Overberg (H) Musiek Bybelstorie met Tannie Net Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak met Jo-Anne Lourens (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowners met Marquin Nefdt Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Kruispad met Lunette Coetzee (H) Radiodrama Omnibus Deurnagmusiek

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

9

overdeberg2020@gmail.com

9


10

Vrydag 21 Augustus 2020

HoĂŤrskool Bredasdorp se matrieks eet ontbyt saam met die personeel. 0780644225

Foto: Marelise Nelson

Foto: Marelise Nelson 10

Foto: Marelise Nelson overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

Seegogga skryf... Vervolg van bladsy 14 Dit beteken eintlik heeldag alleen in ‘n boks , met slegs hantering tydens die voedingstye, geen meer liefdevolle “cuddling” van ‘n mamma wat dikwels bedags en die ganse nag op hulle sit met haar sagte warm lyf en donsies nie (stel jou voor alle kindertjies word op ouderdom 1 jaar uit julle huise gehaal en in kinderhuise gesit? Nee? Nou waarom word dit met voëltjies gedoen?) Daar is bevind dat die vereplukkery wat so algemeen by “African Grey’s” is, uitsluitlik voorkom by handgrootgemaakte voëls. Dit kom glad nie voor by voëls wat deur hulle voëlmamma grootgemaak is nie. Hierdie praktyk is nou reeds in Holland verbied, maar sover ek weet gaan “diereliefhebbers” in die res van die wereld voort met hierdie wrede praktyk… “all in the name of love”.

11

Lees asb ook hierdie interessante artikel oor die vooren nadele van die knip van vlerke. Veral die laaste deel van die artikel gee baie stof tot nadenke. http://www.onafricanwings.com/clipping.htm As jy graag meer van Anne-Marie se stories wil lees, kliek op of skandeer die QR-kode en besoek haar baie interessante blog.

Waarom word voëltjies soms jaar in en jaar uit stoksielalleen in piepklein hokkies gehou? ‘n Hond aan ‘n tou word beskou as dieremishandeling. Wat dan van ‘n voëltjie wat sy hele lewe lank (en dit kan dalk selfs 80 jaar lank wees, afhangende van die spesie) in ‘n hokkie sit? En waarom is daar nie ‘n wet daarteen nie? Daar is wel beter moontlikhede. Kyk gerus na die video by hiérdie skakel. overdeberg2020@gmail.com

11


12

Vrydag 21 Augustus 2020

Rural Hero: Dr Jacques du Toit Dr Jacques du Toit is the medical manager for Swellendam and Cape Agulhas subdistricts. Dr du Toit and his team have experienced increased pressure in all facilities due to the pandemic. The Coronavirus Hero campaign seeks to highlight healthcare workers and support staff’s achievements, abilities, personal qualities, or victories during the COVID-19 pandemic.

casual contacts when a positive case is identified, moves onto farms with a quadbike to explain to farm workers how the process of quarantine and isolation will work should it be necessary, and also assists and advises non-profit organisations in the communities. When talking to Dr du Toit, he indicates that he has had an amazing team who has supported him and the community without end. His staff members have worked around the clock to offer support during the pandemic. In order to ensure they reach the most vulnerable groups Dr du Toit and his team visited the farm’s pick up points very early in the mornings to screen the farm workers, educated them and ensure safety measures are being followed. Gwendoline van der Westhuizen, Swellendam and Cape Agulhas PHC manager says, “Dr du Toit is a no nonsense medical manager, he reiterates that we need to pay attention to detail and when looking back, that is what has brought us this far. He always go the extra mile, he has not taken any time off and even worked over weekends where needed.”

Photo: Facebook/ Premier Alan Winde

Photo: Facebook/ Premier Alan Winde As a medical manager, Dr du Toit has always been involved in his community. During the pandemic, Dr du Toit saw the need for a hands-on approach in this predominantly farming community, as they generally don’t have access to the resources to obtain the latest COVID-19 information. Over the past four months, Dr du Toit has been educating farm workers and farm owners, shop owners, schools and members of the community on COVID-19, what it is, how it spreads, the precautions that need to be taken and how a positive case in the work place needs to be handled.

Recently the Swellendam Sub-district has seen a decrease in the amount of new positive cases and cases that need to be hospitalised. Dr du Toit says the major decrease in active cases in the Swellendam Subdistrict is owed to the whole of society approach which the Sub-district has adopted. Each stakeholder and or department have actively played their role in helping the members of their community during this pandemic. Dr du Toit is appreciative of his team and says this result would only have been possible with everyone’s cooperation. “You can’t beat this thing if you try to do it on your own, a hands-on approach and teamwork is very important,” explains Dr Du Toit. Western Cape Government Health wishes to thank Dr Du Toit and his team for their amazing work. Credit to the source: Facebook: Premier Alan Winde

Being a medical manager of two sub-districts, Dr du Toit could easily have delegated relevant staff members to complete necessary tasks but he actively became involved in all aspects of this pandemic he continuously assists business owners with determining close and 12

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 21 Augustus 2020

Seegogga skryf Anne-Marie Groenewald

Soos baie van julle al weet, het ek ‘n klein papagaaitjie, Bekkie, ‘n blou Indiese Ringnek. Die vabond reël ook my lewe! Ek glo nie daaraan om voëltjies se vlerke te knip nie, net soos ek ook nie daaraan glo om kinders se bene af te sny nie. As die voëltjie dan nou eendag iets moet oorkom omdat hy kan vlieg, is dit jammer, maar is dit ook reg so. ‘n Mens kan nie ‘n hele lewe se pret en plesier wegneem omdat jy bang is jy kom iets oor nie.

Bekkie is reeds 11 jaar oud en hoewel hy eintlik net in die huis mag rondvlieg, het hy al verskeie kere ‘ontsnap’ en ook verskeie noue ontkomings gehad, soos die dag toe die valk hom gejaag het, die dag toe die stortreën hom oorval het en die dag toe die man hom gevang het. Hierdie bloggie gaan mos meer oor die beginsel van die saak. Voëls moet vlerke kan sprei en vlieg. Kinders moet speel, boomklim, swem, grootword, uit die huis gaan en hulle eie lewe lei. Ons moet die avonture wat na ons kant toe kom, aangryp en dit ervaar. In die proses stamp ons soms tone, val, maak ongelukke, beleef baie hartseer en ja, soms sterf ons. Maar om so bang te wees vir die lewe, dat jy jou hele lewe lank net in een kamertjie sit, is nie lewe nie. Lewe die lewe! Voluit! Voëlliefhebbers is gewoonlik gekant teen dieremishandeling en almal gaan tekere oor honde wat in agterplase vasgemaak staan aan toue. Dis nou teen die wet om honde se ore te knip of hulle sterte af te kap. Dis net: Waarom knip mense voëls se vliegvere? Om die voël te beskerm dat hy nie wegvlieg en deur ‘n kat of valk gevang word nie? Hoeveel keer het ek al gelees hoe so ‘n voëltjie se vere verkeerd geknip word en hy dan bloei? Dis ook baie pynlik as die skag van die veer oop is. Hoeveel keer moet ek nog hoor van so ‘n voëltjie wat val en homself ernstig beseer? Hoeveel korter is so ‘n voëltjie se lewe nie a.g.v. gebrek aan die regte oefening nie? Ons praat nie eers van verlies aan lewensgenieting nie. Is dit werklik om die voël te beskerm of is dit om die lewe geriefliker te maak vir die eienaar?Selfs voëltjies met geknipte vlerke vlieg soms uit - maar is dan baie minder in staat om weg te vlieg van gevaar af, soos Bekkie een keer moes doen toe die valk hom gejaag het. Ek glo dus hy is veiliger met sy vliegvere as daarsonder. Waarom doen ‘diereliefhebbers’ hierdie onreg (en ek glo mishandeling) aan hulle voëltjies? Waarom word papagaaie piepklein uit die nes gehaal en dan met die hand grootgemaak? Vervolg op bladsy 11

Byvoorbeeld: My goeie nefie, Derick, hou baie van duik, en gaan gereeld by Valsbaai en ander plekke duik, presies daar waar al ‘n paar haaiaanvalle was. Op ‘n vraag waarom hy dit dan nog doen, want dit is dan nou so gevaarlik, het hy die volgende geantwoord: ”Stel dit nou so. Om motor te ry, is baie gevaarlik. Daar sterf jaarliks duisende reisigers in motorongelukke op die paaie. Tog hou ons almal aan om motor te ry.” Die antwoord sê so baie: ‘n Mens kan nie ophou lewe omdat jy bang is jy hou op lewe nie! 14

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 21 Augustus 2020

15

History from the Overberg Continued from page 16 From the 17th Century, some cannons were salvaged over the years. Thanks to Gerry de Vries, today we have a full record of those recovered that remained in the Overberg. Gerry de Vries retired from the SA Navy, as Commander de Vries and is undoubtedly the most experienced cannon authority in South Africa and probably the Southern Hemisphere. In 1994, Gerry de Vries and Jonathan Hall started their Cannon Research Project. They set about locating and recording the muzzleloading cannon of South Africa. Sponsored by Durr Estates resulted in the naming of the record as “The Durr Record of the Cannon in South Africa�, which now lists 1047 cannons.

More than 30 of these salvaged cannons are recorded to still be in the Overberg. No doubt there are nonetheless many that are unrecorded. It would be wonderful if these too could join the DURR LIST (send info to Overberg.shipwrecks@gmail.com). It is known that Gansbaai has four, Hermanus six, Onrus two, and Agulhas one. In turn, Caledon boasts with one at the post office, and Swellendam has five. Our own Bredasdorp Shipwreck Museum is the custodian to ten donated guns (four bronze and six iron). In shot size, these range from a massive 100 lb stone shot brass mortar and an over 2 m long brass Dutch 12 pdr gun to a small VOC brass 2 pdr swivel gun.

0656862204

overdeberg2020@gmail.com

These 30+ guns, still with us in the Overberg, are our heritage to marvel at, enjoy and protect.

overdeberg2020@gmail.com

15


16

Vrydag 21 Augustus 2020

History from the Overberg AGULHAS BANK CANNONS Since 1673, more than 130 ships foundered within the area covered by the light of Cape Agulhas Lighthouse. Of these, many were armed with cannons, which they left on our coast or the Agulhas Banks. Some guns were pounded out onshore, others washed out into the shallows, while the rest remained where they went down, between 300m offshore and further out. In the Dutch Dagregister (1680–1791: Cape Archives), it was regularly diarised that ships encountered violent storms, while venturing passed Africa’s most southern tip - Cape Agulhas. These storms were often so bad that some boats did not make it passed. The Dutch ships Saxsonburg (1729), and Mentor (1780), as well as the British immigrant ship Trevelyan (1888), are examples of vessels taken to the bottom by storms off Cape Agulhas.

Fifty-one years later, the VOC homeward-bound ship Mentor (1780) met a similar fate. Where the Saxonberg (1729) crew fought for many hours in an effort to survive, and she eventually rolled onto her port side and sank, the Mentor (1780) was struck so hard that she immediately rolled over to her starboard side and disappeared. Many hours later, a French Ship, Le Salomon, happened to sail passed the disaster area, where she was only able to find two lucky sailors – Jan Holm and Barend van der Vorm. In the tragic case of the British immigrant ship, Trevelyan (1888), unable to take people over due to the merciless foul sea, the Drummond Castle could only bravely stand by until daybreak. The Drummond Castle Captain later stated that apart from the noise of the wind and furious sea, the weeping, sobbing and howling from below decks was shrilling. The two at the helm of the stricken Trevelyan (1888) were tied to the ship’s wheel to avoid being washed overboard. All others were bunked in below deck. With first light (at 6:30 am), the Drummond Castle immediately sailed to the place where the vessel was last seen, but nothing was found. After cruising about until full daylight and finding no survivors or anything to identify the ship with, they sadly continued their voyage. Many ships are recorded to have encountered ruthless stormy seas on the Agulhas bank, but most made it eventually. However, to survive, they often had to jettison the bulk of the armament of the ship and sometimes even her cargo - all this to lighten the vessel and keep it afloat. Just imagine the hundreds of iron guns lying on the Agulhas Banks today. Add to that the hundreds that were on the other wrecks lying shallower in. One can visualise a very iron cannon polluted Overberg coast. Continued on page 15

The range & area covered by the light of the Cape Agulhas Lighthouse. In 1729, the Westerdijxhorn found and rescued two officers, four sailors and a black youth from the Saxsonberg (1729) drifting off Cape Agulhas on a section of a sunshade tent. According to them, their ship was hit by a northwest storm on the Agulhas banks (relatively shallow area), where the elements were getting the better of them. In an effort to survive, cannons were cast overboard, but to no avail, as she rolled over onto her port side and sank. 16

A very early & rare bronze Dutch mortar. De Vries #451 overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu