Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

overdeberg2020@gmail.com

© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.

Jaargang 1 Uitgawe 27

Vrydag 7 Augustus 2020

Heuningseisoen in aantog...

Augustus is vrouemaand 3

Motorfietsklub reik uit 7

Toortsie skryf oor plastiek 16 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com

Foto’s in JPEG-formaat. Berigte in WORD-formaat. Advertensies: 0656862204 Op die foto is dit Brendon Kees, wat saam met Danie Möller, tans besig is om hul byekorwe reg te kry vir die naderende heuningseisoen. Albei is Bredasdorpers en het ‘n passie vir heuningbye. Op bladsy 5 kan julle so bietjie meer lees oor hiérdie tipe boerdery en die belangrikheid van heuningbye. Foto: Danie Möller

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

overdeberg2020@gmail.com

1


2

Vrydag 7 Augustus 2020

Redaksioneel Vrydag 7 Augustus 2020 Goeiedag aan julle en welkom by uitgawe 27 van OVERdeBERG op hiérdie Vrydag. Hiérdie gemeenskapsblad is vining besig om traksie te kry onder die Overbergse gemeenskap en dit is vir my week na week ‘n groot plesier om vir julle hiérdie publikasie uit te lê en beskikbaar te stel. Dit is vanjaar my 46ste jaar in Bredasdorp en dit was dan ook in Desember van 1973, wat my ouers besluit het om Bredasdorp ons tuiste te maak. Dit was ‘n ongelooflike voorreg om hiér in Bredasdorp te kon grootword… om dit ‘huis’ te noem. Vandag nog is dit vir my ‘n voorreg om nog steeds hiér te kan woon.

No.10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Ek is eendag die vraag gevra: “Hoekom ‘n publikasie soos OVERdeBERG?” Die antwoord daarop was vining en reguit gewees: “Ek het OVERdeBERG begin, omdat ek ‘n passie het vir die Overberg en die mense van die Overberg.” Hiérdie gemeenskapsblad is gebore uit dit wat ek ervaar het oor die laaste paar maande wat ons 1ste uitgawe voorafgegaan het. Daar was ‘n oorweldigende gevoel van mense in die gemeenskap wat ‘n platvorm wou hê waar daar suiwer gemeenskapsnuus gepubliseer word. Nuus van buite die Overbergstreek, kon hulle in die nasionale koerante lees, maar gemeenskapsnuus moet nuus wees uit ons omgewing… deur die gemeenskap en vir die gemeenskap. Daarom dan die OVERdeBERG. Met ons 27ste uitgawe kan ek terugkyk met dankbaarheid vir dit wat ons bereik het. Ons het ‘n publikasie gevestig wat waarlik gerig is op die gemeenskappe van ons Overbergstreek. Dit was van die begin af die groot rede hoekom ek die publikasie die lig laat sien het. Baie dankie vir die ondersteuning van elke leser, lid van ons Facebookblad en sommer net almal wat betrokke is by hiérdie projek. Elke week bereik ons meer mense en dra ons ‘n positiewe, sowel as opbouende boodskap uit na ons mense hiér in die pragtige Overberg.

Special offer

R995.00

per room per night for two people

Breakfast included

(valid from 1 May - 31 August)

Direct bookings only

Tot volgende week! Geniet julle naweek. Bly veilig en bly gesond.

2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

3

Augustus is vrouemaand Jacques Louw

Byna 20 000 Suid-Afrikaanse vroue het op 9 Augustus 1956 kragte saamgesnoer en na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om ook teen die destydse paswette te betoog. Die vroue het ‘n halfuur lank in doodse stilte voor die kantoor van die destydse eerste minister, JG Strydom, gestaan. Toe begin hulle ‘n lied sing wat spesiaal vir die geleentheid geskep is: “Wathint’ Aba­fazi, Wa­thint’ in­ boko-do. As ‘n mens dié woorde in Afrikaans vertaal beteken dit: “Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy ‘n rots getref.” Almal ken daardie een vrou wat ‘n rots in haar gesin, familie, gemeenskap of land is. Vroue wat nie bang is om die beroepswêreld van mans te betree nie, of wat die politieke bal sonder vrees hanteer of wat in haar gemeenskap uitreik en liefdadigheidswerk verrig. Daardie rots kan ook ‘n ma wees wat altyd daar is vir haar man en kinders. Wat daagliks hul kosblikke met liefde en toewyding vol gesonde voedselhappies pak. Wanneer ons Vrouedag herdenk, salueer ons die vroue wat in ons gesinne, ons gemeenskappe en ons land ’n belangrike rol gespeel het en dit steeds doen. Ons doen dit deur weer te dink aan hulle prestasies en die vooruitgang wat hulle gemaak het om sistemiese hindernisse te oorkom terwyl hulle floreer en inspireer. Landswyd is daar tallose individuele vroue wat ’n ongelooflike en baanbrekende impak gemaak het. Hulle diversiteit is net so omvangryk en waardevol as die sektore waar hulle diens lewer, en ons kyk steeds op na hulle vir inspirasie en leiding. Te midde van die huidige golf geslagsgebaseerde geweld teen vroue en meisies in Suid-Afrika is Vrouedag ook ’n geleentheid vir almal van ons om ons stemme dik te maak en vir hulle in die bres te tree en gelykheid te bepleit. overdeberg2020@gmail.com

3


4

Vrydag 7 Augustus 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

Foto: Shutterstock GROENBOONBREDIE

Foto: Shutterstock AARTAPPEL OMELET MET BILTONG

Bestandele: 3 eetlepels botter 1 ui, fyngekap 1 knoffelhuisie (fyngekap) 3 hande vol sagte biltong (dungesny) Olyfolie 6 aartappels, gekook (in skywe gesny) 8 plaaseiers (geklits) 1 eetlepel growwe mosterd Sout en swartpeper na smaak Metode: Verhit die botter in ’n pan oor die kole en braai die uie en knoffel stadig totdat dit sag is, maar nie bruin nie. Skep dit uit die pan en meng dit dan met die helfte van die biltong. Gooi ’n bietjie olyfolie in dieselfde pan en sit dit oor matige hitte. Bedek die bodem van die pan met ’n laag van die aartappelskywe en skep lepels van die uie-en-biltongmengsel bo-oor. Herhaal die lae totdat die aartappels op is. Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en die swart peper na smaak by, en giet dit oor die aartappels. Gebruik ’n houtlepel en druk deurentyd die omelet weg van die kant af. Laat die omelet gaar word. Gebruik ’n eierspaan en keer die omelet uit in ’n bord met die rou kant na onder. Gooi ’n bietjie olie in die pan en glip die omelet met die rou kant na onder terug in die pan.

Bestandele: 15 ml (1 eetlepel) vet of olyfolie 1,5 kg lamsnek of skaapstert (gesny) 2 uie (gekap) Sout en gemaalde swartpeper 1 kg vars groenbone (gekerf) 10 ml (2 teelepels) gedroogde orego 1 heel brandrissie Fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen 15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap 250 g (sowat 2 middelslag) aartappels, geskil en in kwarte gesny 80 ml (1/3 koppie) water Gerasperde neutmuskaat na smaak Metode: Verhit die vet of olie oor hoë hitte en braai die vleis oraloor tot goudbruin. Voeg die uie by, verlaag die temperatuur tot matig, bedek en prut vir 5 minute tot die uie sag is, maar nie bruin nie. Geur na smaak. Roer die res van die bestanddele by, bedek en prut vir 2 uur of tot die vleis sag is. Loer kort-kort om seker te maak die bredie kook nie droog nie.

“Cooking is all about people. Food is maybe the only universal thing that really has the power to bring everyone together. No matter what culture, everywhere around the world, people get together to eat.” - Guy Fieri

Braai dit vir nog 5 minute. Keer die omelet uit en sny dit in skywe. Sprinkel die res van die biltong oor en sit dit voor met ’n Griekse slaai.

“Food brings people together on many different levels. It’s nourishment of the soul and body. it’s truly love.” - Giada De Laurentiis 4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

5

Die gezoem van die bye Danie Möller In die FAK sangbundel is daar ‘n liedjie met die volgende woorde: “Lalie my liefling, staan net ‘n oomlik stil en laat jou gedagtes gaan. Lalie my liefling, kom kyk hoe groei die maan.” Wie van julle het Sondagaand na die maan gekyk? Ja, die planete Jupiter en Saturnus reg onder die maan in lyn. Nou laat jou gedagtes vir ‘n oomblik stilstaan oor jou onderonsie met een van die volgende en met watter van dié drie het jy al die meeste angs beleef…. ‘n slang, spinnekop of ‘n by? Verseker maak ons, ons vinnig uit die voete vir enige een van die drie. Kom ons gesels vandag oor ”daai vliegetjie wat nie ‘n tand in die bek het nie, maar ‘n assegaai op die sitvlak.” Ons weet almal baie van bye, het al baie oor bye gelees en is al deur ‘n by gepiets, maar ek wil oor twee aspekte van heuningbye spesifiek gesels. Foto: Scientific American

koeke is net genoeg om die bye toegang tot die selle van albei koeke te gee. Soos reeds gesê staan dit bekend as byespasie. In ‘n byekis soos wat meestal vandag gebruik word, is dit dus uiters noodsaaklik dat dit ‘n spesifieke grote is en die raampies dan ook ‘n spesifieke spasie van mekaar is. As daar aangeneem word dat ‘n kolonie uit 30,000 bye bestaan is die byespasie baie belangrik vir temperatuurregulering en byebeweging. In ‘n kis sonder raampies of in ‘n beskutte spasie is die koeke almal semetries ewe vêr van mekaar af. Dit spreek van ordelike huishouding. Die vermeerdering van die aantal kolonies deur afswerwing verseker egter dat bye voortbestaan. Die koningin kan ‘n hele paar jaar leef, maar haar eierproduksie kan afneem en later heeltemal ophou. Dus wanneer dit gebeur en die swerm te groot raak, word op die rante van die koeke ‘n paar groter selle gebou, waar die nuwe koninginne geteel word. Voedselversameling deur die veldwerkers neem af en die ou koningin word minder gevoer totdat sy ophou om eiers te lê. As gevolg hiérvan word haar agterlyf baie kleiner en sy verloor omtrent ‘n derde van haar massa - waarskynlik om makliker te kan vlieg. In dié tyd berg die werkerbye groot hoeveelhede voedsel in hul heuningmae om as reserwes te dien gedurende afswerwing. ‘n Dag of twee voordat die eerste jong koninginne uitbroei, swerm die kolonie af. Die ou koningin en ‘n groot aantal bye verlaat dan die nes en gaan tros aan ‘n tak in die omgewing van die ou kolonie. Hier vertoef hulle terwyl verkenners nog na ‘n nuwe nes soek. Kort na die vertrek van die ou koningin met ‘n gedeelte van die bye, begin die nuwe koninginne in die ou kolonie uitbroei. Elk van hiérdie koniginne kan ook die ou kolonie verlaat om nuwe kolonies te vorm. So kan kolonies na nuwe gebiede versprei en word die spesie se kanse op voortbestaan vergoot.

Eerstens oor die terme byespasie en afswerming, asook die lewenssiklus van ‘n by.

Kom lees volgende keer dan meer oor die lewenssiklus van die by en die hierargie in ‘n kolonie.

Byespasie is die afstand tussen heuningkoeke. ”Wilde swerms” wat afswerm vlieg met ‘n koningin na ‘n veilige en beskutte plek om daar ‘n nuwe kolonie te begin. In ‘n nuwe kolonie word die wasstukkies teen die dak van die nuwe woonruimte geplak om ‘n klein tongvormige waskoekie te vorm. Die heuningkoeke bestaan uit ‘n groot aantal seskantige selletjies wat aan weerskante uitgebou is. Die koek hang vertikaal na ondertoe. Terwyl die eerste koek nog in aanbou is, word die ander koeke reeds op die dieselfde manier weerskante gebou. Namate die koeke groter word kan hulle sywande van die woonruimte vasgeheg word. Die afstand tussen twee aangrensende

Kontak gerus vir Danie Möller as julle meer inligting benodig by

overdeberg2020@gmail.com

“I like pulling on a baggy bee suit, forgetting myself and getting as close to the bees' lives as they will let me, remembering in the process that there is more to life than the merely human.” - Sue Hubbell 5


6

Vrydag 7 Augustus 2020

Bredasdorp VLV bly virtueel aan die woeker

Volgende op die virtuele notule was dit ‘n kort, maar ook ‘n baie interessante bydrae deur Simone Rossouw van “Madfun Dance Studio”. Jy kan hiér kliek om na die insetsel te kyk. Dan was daar ook ‘n bydrae van verlede Sondag se uitreik na die “Bethel Independent Learning Foundation” deur Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub. Baie belangrike werk wat dan deur Solidariteit Helpende Hand gedoen word ook onder die versorgers van bejaardes.

Letty-Ann Möller Die VLV-tak op Bredasdorp, laat hulle nie stuit deur die inperkingsmaatreëls nie en is volstoom (en aan die voorpunt) besig met hul virtuele maanvergaderings. So dan ook die pas afgelope Woensdag met die Opvoeding & Kultuurvergadering. Die voorsitster van die VLV-tak op Bredasdorp, Anette van Eeden het die vergadering welkom geheet en jy kan hiér kliek om saam te luister. Die opening van die vergadering word waargeneem en daar is ‘n voorlesing van ‘n pragtige dagstukkie uit die volgende publikasie: Na ‘n baie treffende opening dan deur Diana de Wet En Letty-Ann Möller, was dit Sarie Mommsen wat die vergadering toegespreek het ook die program van Abacus Maths. As jy so bietjie meer wil weet oor hiérdie Wiskundeprogram dan kan jy hiér kliek om so ‘n kort videogreep te kyk.

Carin Brink het ‘n pragtige demonstrasie gedoen van blommerangskikking en kliek hiér om saam te kyk.

Daarna neem die sameroeper, Alerina Augustyn, die bedankings en ook afsluiting waar en te oordeel aan die lede se terugvoere is daar nou ‘n splinternuwe projek waarby hulle betrokke wil raak: pakkies vir ons tuisversorgers. Kliek hiér om na Alerina se boodskap te kyk. So kom nog ‘n uiters suksesvolle virtuele vergadering van die VLV op Bredasdorp tot ‘n einde.

6

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

7

Motorfietsklub reik uit Jacques Louw Met brullende motorfietse is die Sondagoggendstilte van verlede week, so ietwat gebreek. Dit was egter vir ‘n baie goeie rede… Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub, het ‘n liefdadigheidsuitreik gehad na Bethel Independent Learning Foundation hiér op Bredasdorp.

Foto: Jacques Louw

So skuins na 11h00, het motorfietsryers van sover as die Suid-Kaap (Riversdal en omgewing) in Bredasdorp ingery op hul ysterperde. Hendri Fourie, die voorsitter van Solidariteit Helpende Hand se Kaap Agulhas-tak en self ‘n lid van dié motorfietsklub, het die uitreik moontlik gemaak. In my gesprek met Hendri, het hy dit genoem dat daar skryfbehoeftes en ander leermateriaal as deel van hiérdie uitreik aan die Bethel Independent Learning Foundation geskenk is.

Ansunell Jacobs, wat aan die stuur staan van die Bethel Independent Learning Foundation. Foto: Jacques Louw

Pastoor Walters Joubert (links) wat die oggend se verrigtinge met skriflesing en gebed begin het. Regs staan Hendri Fourie, voorsitter van die Kaap Ahulhas-tak van Solidariteit Helpende Hand. Foto: Jacques Louw overdeberg2020@gmail.com

Vlnr op die foto is dit Antoinette van der Westhuizen, Corrie van der Westhuizen (voorsitter: Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub, Wes-Kaap) en Hendri Fourie (voorsitter: Kaap Agulhas-tak van Solidariteit Helpende Hand) tydens die geleentheid by Bethel Independent Learning Foundation. Foto: Jacques Louw 7


8

Vrydag 7 Augustus 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Ommie Tafel met Anne-Marie Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 10:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel met Anne-Marie Radiodrama Ommie Tafel met Anne-Marie Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek

Saterdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek

Ondersteun plaaslik... Support local...

Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00

Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! 8

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

9

Die geskiedenis van Vrouedag Lunette Coetzee Dit was die jaar 1913 toe die Goewerment van die dag hul eerste poging aangewend het om vroue te forseer om die pas te dra. Hiérdie het op 'n fiasko uitgeloop. Duisende handtekeninge is teen hierdie wet ingesamel, terwyl honderde vroue tronk toe gestuur is. In die jare daarna was daar demonstrasies en gevalle van siviele ongehoorsaamheid. Die “Native Laws Amendment Act” is ingestel, en dit het beteken dat vroue arrestasie en deportasie ondervind het. In 1954 moes vroue verwysingsboeke dra en dit het gelei tot werkloosheid, asook deportasie na hul lande van herkoms. Wie sou na hul kinders kyk as vroue onder arres geplaas was?

'n Versoek is gerig om vorentoe te kom en te veg vir hul regte as vroue. Op 9 Augustus 1956, het meer as 20 000 vroue van regoor Suid-Afrika en alle rasse na die Uniegebou marsjeer. Dit was teen die “Urban Act” van 1950, beter bekend as die paswette. Hierdie optog was gelei deur Lillian Ngoyi, Helen Joseph, Rahima Moosa en Sophia Williams. Hulle betoog was teen JG Strijdom (destydse Eerste Minister), met die volgende woorde: “Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy ‘n rots getref.” Dit was die grootste optog ooit in daardie tyd. Lilian Ngoyi het die groep gelei om 'n halfuur van totale stilte buite die Uniegebou te handhaaf. Voordat die vroue uitmekaar is, het hulle die lied, 'Nkosi Sikeleli Afrika' gesing. Die Verenigde Nasies het 1975 tot Vrouejaar verklaar. In 1977 het die VN sy ledelande genooi om 8 Maart as Internasionale Vrouedag waar te neem. Hierdie dag is 'n globale dag waar sosiale, politiese, ekonomiese en kulturele vooruitgang van vroue herdenk word. Op 8 Maart 2020 is daar op internasionale vlak 'n beroep gedoen op geslagsgelykheid. Om 'n vrou te wees, beteken eienaarskap van jou liggaam, eie identiteit en gelyke regte. Die vrou het die vermoë om enigiets te wees en te bereik wat sy kan.Sy kan doen wat sy haar voorneem om te doen. Sedert die land demokraties bestuur word, is Vrouedag as publieke vakansiedag ingestel en word dit landwyd gevier, soveel so dat Augustusmaand as Vrouemaand gevier word. Kliek hiér om na ‘n videogreep te kyk oor Vrouemaand en die rol van vroue in ons lewens. overdeberg2020@gmail.com

Foto: Verskaf

Skoukampioene uit Elim Lunette Coetzee

Die Nasionale Jeugskou, is al sedert 1990 aan die gang, en twee pragtige susters van Elim is alreeds ook skoukampioene, onder die vaandel van die jeugkampioenskappe. Miche Swart is vanaf 2018 betrokke. Sy het eerste prys vir die Jeugskou, Suid Afrika gewen. Sou daar oorsee gegaan word, sou sy Suid Afrika verteenwoordig het. Haar ouers se inspirasie, ondersteuning en deursettingsvermoë dien as groot aansporing vir hul enigste twee kinders. Sy het medaljes en ereklere by haar skool, Hoërskool Bredasdorp ontvang. Oom Pierre Human is hul afrigter. Daar word baie tyd ingesit en voor skoue word daar hard geoefen. Miche Swart hanteer en geniet die Rooipoenskopbeeste. Aktiwiteite sluit in: borsel van die dier, water en kos gee, stalle skoonmaak, en heel dag daar doenig wees, gedurende die skou. Die spanlede ondersteun mekaar. Samantha en Martin Swart, hul ouers is baie nederig en selfs die twee dogters oor hul sukses. Vervolg op bladsy 11 9


10

Vrydag 7 Augustus 2020

Elim se Bybelse Tuin Lunette Coetzee

0780644225

Een van die Vele besienswaardighede mwat op Elim besoek kan word is die Bybelse tuin nwat tans aan die Elimmers behoort. Die tuin was voorheen spesifiek vir die predikante en hul families se ontspanning en gebede ingestel. Toe die laerskool in die opstal was, het die skoolleerders hul sport daar beoefen. Foto: Lunette Coetzee

Eerwaarde Godfrey Cunningham het met die kerk se 180ste fees, die tuin aan die hele gemeente gewy en dit is dus aan almal oopgestel, wat ‘n welkome besluit vir Elimmers en almal verbonde was. In September 2014, is hiérdie uitbreiding van die tuin begin. In die tuin is daar fynbosplante te sien, wat in die laaste paar jare vir Blommefeeste aangeplant was. Eunice Marais ko-odineer die tuin projekte, en Jimmy Adonis versorg die tuin, onder CWP en Eunice se bestuur. Daar is ook die volgende te sien: inheemse medisinale plante in ‘n sirkel om die labarint, sodat mense deur die geur verfris word tydens gebede. Mense vind kalmering en verfrissing, veral na ‘n moeisame reis of dag. Hulle kan die wonderlike vreedsaamheid en verfrissing geniet.

Labarinte is lankal as meditasie- en gebedspunte gebruik. Dit is nie ontwerp dat jy jou weg moet verloor nie, maar ’n geestelike pad wat jou kan help om jou weg te vind. Soos mens loop en die een voet voor die ander sit, is dit ‘n aksie van gedagtesreining, die liggaam help ontspan en die gees verfris.

Verskeie aktiwiteite vind ook in die tuin plaas, soos bv. bruidsfoto’s wat geneem word, jeugprogramme, Mispah se skoolprogramme, Elim Tehuis-programme, asook die kersblyspel word in die tuin opgevoer. Daar is vele verse uit die Bybel aangebring, om verder te inspireer. Onder Daar is banke aangebring deur die Ulster-familie, ter her- die klank van vloeiende water, die voëlsang en prag, word Elimmers, asook toeriste begeester. Bome wat in die denking aan Biskop en Juffrou Ulster. Die Labarint is ‘n Bybel genoem word soos Seder-, Granaat-, Vye- en antieke simbool, wat heelheid, simboliseer. “The Labypalmbome is daar te sien, en gepaste Bybelverse is rinth of Gratitude”. daarby vertoon. Dis ‘n lushof met inheemse plantsoorte, Verse soos, Hooglied 2:1, “Ek is ‘n narsing van Saron, die fynbos, vetplante aangelê. Dis uitgebeeld, met gepaste Bybelverse, en ander mooi boodskappe word vertoon, lelie van die dale…” en Psalm 23:2, “Hy laat my neerlê in Dit is waarlik ‘n wonderlike belewenis om in die tuin te groen weivelde, na waters waar rus is lei hy my heen”. kuier, tussen die skaduryke bome en prieële wat aangelê is. Die Labarint is in 2014 uitgelê, en Eerwaarde Cunningham het met die aankondiging gedurende die fees se Dankseggingsdiens die Elim Bybelse Tuin, aan die gemeente geskenk. Die Labarint kombineer die verbeeldingsirkel en die spiraal in ‘n betekenisvolle weg. Die labarint verteenwoordig die mens se eie reis met ons eie middelpunt, en terug na die wêreld. 10

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

Skoukampioene uit Elim Vervolg van bladsy 9 Die ouers se beker loop oor van trots en hulle wil hê hul dogters moet nederig bly. Dit vereis harde werk en groot onkostes. Hul wil hê dat hul dogters behulpsaam en ook vriendelik moet bly. Hierdie betrokkenheid, hou hul dogters van die straat af en dis wonderlike voorbereiding vir die lewe. Miche het die National Agricultural Youth Show in 2019 gewen.

11

Oor hul gevoelens… daar is baie energie en opgewondenheid voor die skou. Mens moet leer om jouself te kalmeer. Jy moet weet wat jy en die dier kan doen. Miche werk met vleisbeeste. Tydens die skou word na voorkoms van mens en dier gekyk. Hul moet netjies vertoon en daar moet ook oogkontak met die beoordelaars gemaak word. Vriendelikheid, gemak, netheid en selfvertroue is ‘n deurslaggewende factor tydens die kompetisie. Mia en Miche het ook ‘n groot rol tydens die Elim Melkery se 30ste verjaarsdag gespeel in 2017, toe hulle gehelp het om die beeste van die melkery te skou. Nog foto’s op bladsy 12.

Weens COVID-19 was hiérdie jaar se skou uitgestel. Sy het ‘n groot begeerte om ‘n veearts te word. Mia Swart is ook sedert 2018 betrokke. Sy het ook al medaljes, en kleure by Laerskool Bredasdorp ontvang. Sy het haar eie perd in ‘n kampie naby haar huis en is betrokke by “Pony Pals” waar Mariska Marais, Heleen Lambrecht en Hilde Reeders haar afrigters is. Sy kry lesse een keer per week. Mia het ‘n derde prys tydens haar WP-deelname in 2019 verwerf. Dit is baie belangrik, soos hulle sê, om die reëls te volg. Hulle kry opleiding, en skryf ook eksamens. Konsentrasie en gesindheid speel hiér ‘n groot rol. Sy word ook geleer hoe om die stalle, en haar dier te versorg. overdeberg2020@gmail.com

Foto: Verskaf 11


12

Vrydag 7 Augustus 2020

Skoukampioene uit Elim

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

“Most of the important things in the world have been accomplished by people who have kept on trying when there seemed to be no hope at all.� -Dale Carnegie 12

Foto: Verskaf overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 7 Augustus 2020

Seegogga skryf Anne-Marie Groenewald

Die dag toe ek die trein ingehardloop het… Sjoe, na al die stres van die afgelope rukkie, is dit tyd vir ‘n kraterstorie! En dis ‘n ware storie hoor! Vooraf moet ek net gou eers my hele sportloopbaan vertel. In my jare in die laerskool moes die hele skool in rye van 10 staan en dan hardloop. Die eerste 3 of 4 is dan gekies om aan die kleuresport deel te neem. Van sub A tot st. 5 het ek TWEE keer TWEEDE LAASTE gekom. AL die ander kere HEEL, HEEL, HEEL LAASTE. Ek kan eenvoudig nie my bene so vinnig heen en weer beweeg soos ander mense nie (en as iemand vir my ‘n bal gooi, dan koes ek, maar dis nie hiér relevant nie). Maar nouja, ons het almal ons talente… ek kon darem teken. Dit was so in 1976 dat ek in Johannesburg gaan skoolhou het na twee jaar op Kimberley. Na daardie eerste vakansie laai my ouers my terug op die trein, die TransKaroo, gewapen met ‘n heerlike boks Nuy-wyn, ‘n boks appels en ‘n pragtige groot gedraaide murgpampoen uit my pa se eie tuin.

Ek hardloop die trappe twee-twee af en werk mooi uit hoe ek die handreling gaan vasgryp en my inswaai net soos die cowboys altyd in die flieks maak. Onder gekom, hardloop ek langs die trein en mik-mik ek telkens na die handrelings, maar die trein beweeg al hoe vinniger. Die trokke gaan een na die ander al vinniger verby en uiteindelik besef ek dat ek my morsdood sal val as ek probeer. Maar ek MOET hierdie trein haal - al my goed is daarop en ook my pa se pampoen! Ek hardloop nog so en wonder, toe kom die laaste trok verby. Die kondukteurtjie loer deur sy venstertjie. “Meneer, dis my trein! Kan hy nie stop nie?” skree ek en ek hardloop dat my skoene so klap. Die mannetjie se kop wip terug. Kan hy, wat heel agter sit, vir die ou heel voor laat weet dat hy die trein moet stop? Die perron het baie mense op wat hulle geliefdes kom afsien het en nou vir hulle treinvriende staan en waai. Ek hardloop hulle almal verby. As daardie trein nie stop nie, moet ek weer terug voor al hierdie mense! En wat van my pa se pampoen? Hy MOET net eenvoudig stop! So haak my brein vas. Ek hardloop nog so, toe sak die grond so onder my voete weg… die perron is klaar! Ek ploeter voort oor die klippe op my rooi platforms. Daar is geen manier wat ek nou gaan omdraai en weer voor al daardie mense verbyloop nie! Die trein word al hoe kleiner in die verte. Uiteindelik, net toe ek eintlik begin besef het dat die trein nie gaan stop nie, toe stop hy! Sowaar! Ek lê oop en hardloop volspoed (oor die kluite met 4duim platformskoene) verder. Toe ek uiteindelik by die kondukteurswa verbykom, pop die mannetjie se kop weer uit: ”Is daar nog mense?” vra hy. Ek stoom verby tot by my wa en kompartement. Die mense, (wat teen die tyd almal by die venters uithang) klap hande. Heelwat later, in die eetsaal, kom die einste kondukteurtjie na my toe en vertel my hoe gelukkig ek was. Dis die Trans-Karoo dié, ’n sneltrein en eintlik stop hy nooit op ongeskeduleerde plekke nie.

Foto: Wikipedia Agtuur die volgende oggend stop die trein op Kimbeleystasie en ek besluit om my ou Kimberley-vriendinne te bel en te vertel waar ek is. Dit was die dae van platformskoene. Myne was 4 duim hoog en rooi, maar ek was jonk, en klim gou die hoë trappe van die oorbrug om op die hoofperron te bel, want die ander perron se tiekieboks was stukkend.

‘n Jong meisie kom na my toe: “Is jy die meisie wat die trein ingehardloop het?” vra sy. “Ek het in my hele lewe nog nooit iemand so vinnig sien hardloop nie!” Seegogga

Ons gesels nog lekker , toe hoor ek ‘n treinfluitjie blaas. Volgens my horlosie was dit nog nie tyd nie, maar vir veiligheid groet ek maar en gaan terug. Toe ek by die aftrappe van die brug kom, en my trein sien, wil my hart gaan staan… hy beweeg! 14

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag 7 Augustus 2020

15

Lesersfoto...

Foto: Etheresia Mostert

overdeberg2020@gmail.com

15


16

Vrydag 7 Augustus 2020 Kyk ‘n bietjie na Mrs Martin’s. Hulle skoonmaakmiddels is baie gesonder en bevat minder stowwe wat skadelik is vir ons. Jy kan ook die produkkonsentraat by hulle koop in klein botteltjies waarby jy dan net die water voeg, in plaas van om kanne vol produk wat reeds water bevat, te koop. ‘n Groot besparing in plastiek.

Toortsie skryf... Nog meer plastiekvry Om plastiekvry te lewe is glad nie so maklik nie, maar jaar vir jaar kom ek ‘n bietjie nader daaraan. Tog gebruik ek steeds heeltemal te veel plastiek. Ek moet er-ken dat ek nie so goed is met die herwinning van plastiek nie. Dis egter vir my makliker om te probeer om plastiekverbruik te minimaliseer. Ek het oor jare al soveel hieroor geskryf. Kliek hier vir sommer ‘n hele klomp bloginskrywings wat ek daaroor gedoen het: https://toortsie.com/?s=plastiek. Dus, behalwe dat ek karton- en lapsakke vir my inkopies gebruik, gaassakkies saamneem vir my groente- en vrugteaankope, keer dat hulle my vleis en seep in broodsakkies plaas, nie strooitjies, oorstokkies, wegneemkoppies gebruik nie, waarop fokus ek tans? Koop vars knoffel wat jy self sny in plaas van die opgekaptes wat in plastiekhouers kom. Dis in elk geval lekkerder en gesonder. En dit is mos in jou gaassakkie, nie in ‘n plastieksakkie nie, né?

Ek sit nie sakke in my vullisdromme nie. Hoekom is dit nodig? Dis net ‘n klomp plastiek wat weer die wêreld vol waai of die aarde besoedel. Hou die papiersakkie waarin jy jou apteekgoed gekoop het vir wanneer jy weer ‘n sakkie nodig het. Benut die plastiekbakkies, soos joghurtbakkies om sop in te vries, of vir wanneer jy vir iemand ‘n bakkie sop wil gee. Kry ‘n komposhoop vir jou kombuisafval, of anders, gooi die skille net so onder die bome, maar dit lyk nie so mooi nie. Dis goed vir jou grond, vir jou tuin. Waarom so ‘n belangrike komponent weggooi en dan kunsmis ten duurste gaan koop? Dit spaar die sakkies waarin jy die skille gooi. Meer nog, maak sommer jou eie groentetuin! Wel, tans doen ek dit nie, ek is te lui, maar my man doen. Volg gerus vir Less Plastic op Instagram vir uitstekende nuwe idees om nóg minder plastiek te gebruik. Rome is nie in een dag gebou nie. Begin net en maak dit ‘n leefstyl. https://www.instagram.com/lessplasticuk/ Maak seker dat jou gesigskrop nie plastiekballetjies bevat nie. Koop gladde tandepasta, nie die een wat skrop nie, want dit bevat ook plastiekballetjies. Groete Toortsie

Ek koop meestal eiers wat slegs in kartonhouertjies is en nie met plastiek toegedraai is nie. Mayonnaise in glasbottels, nie plastiekbottels nie, want die glasbottels gebruik ek weer vir inlê van kosse. Danksy my man se groentetuin, koop ek minder groente, maar kan ek ook my eie blatjang, kerriebone, slaphaakskeentjies, en wat nog alles maak. Dit beteken dat ek nie Mrs Balls in plastiekhouers hoef te koop, of die lieflike Werda in plastieksakkies nie. Water. Vertrou jy nie die water in jou kraan nie? Koop jy water in plastiekbottels? Installeer ‘n waterfilter en spaar baie geld, maar veral ook plastiek! Drink sommer meer water uit jou filterkraan en drink daardeur minder Coke - minder plastiekbottels! Gaan jy iewers kuier of met vakansie? Tap jou bottels water vol by die huis. Of die plastiekkanne wat jy steeds het. Ek maak my eie joghurt. Maklik en vinnig. Minder plastiekjoghurthouers! Het jy bakkies nodig vir oorskietkos? Belê eerder in die glasbakkies met ‘n plastiekdeksel as ‘n hele plastiekbakkie. Skoonmaakmiddels? Ek moet erken dat ek heeltemal te lui is om my eie brousels aan te maak. Ek weet baie mense doen dit en spaar tonne plastiek daarmee. 16

overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook