+27656862204
overdeberg2020@gmail.com
© (2020) Jacques Louw. Alle regte voorbehou.
Jaargang 1 Uitgawe 26
Vrydag 31 Julie 2020
NAMPO 2020 “VIRTUEEL” 3
Damvlakke in die Wes-Kaap: “Beste in jare.” 7
Dis daardie tyd van die jaar...
Oom Joseph “Boetie” Engel 16 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com Foto’s in JPEG-formaat. Berigte in WORD-formaat. Advertensies: 0656862204
Photo: Jean Tresfon
“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
overdeberg2020@gmail.com
1
2
Vrydag 31 Julie 2020
Redaksioneel Vrydag, 31 Julie 2020 Goeiedag & baie welkom by ons 26ste uitgawe van OVERdeBERG en wat ‘n voorreg om te sien hoe hiérdie gemeenskapsblad by die dag groei en meer geliefd raak onder die inwoners van ons streek. Baie dankie aan almal wat handjie bysit, raad gee, ondersteun en soms ook moed inpraat! Dit is en bly vir my ‘n absolute plesier. Groot was die opwinding in my binneste toe ek vroeër die week OVERdeBERG se YouTube-kanaal bekendsgestel het. Die doel agter die kanaal is om kort videogrepe saam te stel, waar daar met inspirerende mense uit ons gemeenskappe gepraat word. In ons eerste episode het ons gaan besoek aflê by “adell Designs” hiér in ons eie Bredasdorp om bietjie meer te gaan uitvind oor die “Skills Development Program” wat Adell du Plessis ingestel het om vir gestremdes soos bv. Anton Franken ’n platvorm te bied waar hy ook vir himself ’n inkomste kan genereer deur die vaardighede wat Adell en haar werknemers om aanleer. Volg die skakel hiéronder om die 1ste episode op ons nuwe YouTubekanaal te gaan kyk. Teken ook sommer in op ons kanaal, dan kry jy kennisgewings van al ons toekomstige episodes. https://www.youtube.com/watch?v=_X7sNXJwxlU Hiérdie week is daar heelwat pragtige artikels en interessante nuus in ons blad, ons maak weer lekker kos in die kombuis, Seegogga skryf weer ‘n storie en oom Kaspaas speel krieket op bladsy 13! Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning van OVERdeBERG en dat julle deel is van ons familie op ons Facebookblad. Geniet julle naweek, bly veilig & gesond.
No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential
Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.
Special offer R995.00 per room per night for two people
Breakfast included (valid from 1 May - 31 August)
Direct bookings only
“The life in front of you, is far more important than the life behind you.” -Joel Osteen 2
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
3
NAMPO gaan virtueel in 2020 Jacques Louw Die NAMPO Oesdag, wat landbou al amper ses dekades bymekaarbring, moes ongelukkig vir die eerste keer deur die organiseerders Graan SA gekanselleer word weens die COVID-19-pandemie. Die Oesdag is met die uitbreek van die pandemie tot Augustus 2020 uitgestel, maar na die aankondiging van 'n ongespesifiseerde verbod op groot byeenkomste, sal die NAMPO Oesdag in 2020 op NAMPO Park nou nie plaasvind nie. Dit beteken egter nie dat boere nie die beste kan geniet wat landbou kan bied nie. Die 2020 NAMPO Oesdag, wat die 54ste aanbieding van hierdie ikoniese landbouhandelskou sal wees, sal aanlyn voortgaan! Die tema 'Vind jou 2020 Agri-Visie, is heel gepas en die tema van hierdie jaar vind weerklank op meer as een manier! Van 9-12 September 2020 sal die virtuele NAMPO nuut, opwindend en innoverend wees. Boere, verskaffers en kollegas kan verbind word met baie van hul gunstelinguitstallers en 'n magdom aanlyninhoud van die industrie en van regoor die wêreld besigtig. Graan SA sal die grootste landbouhandelsvertoning omskep in 'n gerieflike en veilige interaktiewe aanlyn virtuele ervaring.
Daarbenewens is die NAMPO virtuele platform beskikbaar met uitgebreide vertoonure van 09h00 tot 19h00, en sluit 'n Saterdag tot 14:00 in. Besoekers kan via hul voorkeurtoestel inskakel met ‘n internetblaaier, hetsy dit nou 'n telefoon, tablet of rekenaar is. "Tydens 'n pandemie wat na verwagting in September eers ‘n piek sal bereik, kan ons nie verantwoordelik voortgaan met 'n handelskou wat meer as 20,000 besoekers per dag lok nie. Ondanks maandelange beplanning, die deurgaanse oorweging van die toestand van die pandemie, en 'n aanvanklike verlenging van die oorspronklike NAMPO Oesdagdatum, is die kansellering van die Oesdag die enigste logiese aksie." - Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA.
Foto: https://nampovirtueel.co.za/media/ overdeberg2020@gmail.com
NAMPO Oesdag sal sy digitale teenwoordigheid opknap met 'n virtuele byeenkoms wat die meeste van wat die besoekers tydens die fisiese Oesdag sou beleef het, bevat. Uitstallers wat ook positief op die virtuele aanbieding reageer het, sal al hul produkte op die virtuele NAMPO-platform kan vertoon en hul nuutste innovasies ten toon stel, terwyl besoekers kan aanmeld vir een-toteen-konsultasies en deur die nuutste tegniese aanbiedings en produkdemonstrasies kan delf. Vervolg op bladsy 5 3
4
Vrydag 31 Julie 2020
Kombuiskuier Jacques Louw
BEES & KWEPERBREDIE
BEESSTERT IN ROOIWYN EN TIEMIESOUS Bestandele:
1,5 kg beesstert 30 ml olyfolie 4 preie (opgesny) 4 selderystingels (gekap) 4 knoffelhuisies, fyngedruk 15 ml koekmeel 625 ml klaargemaakte beesvleisaftreksel 375 ml rooiwyn 30-45 ml tamatiepasta 3-4 vars tiemietakkies (ekstra blaartjies vir garnering) 2 lourierblare 4 wortels, gekrap en in die lengte in kwarte gesny 5 ml gerasperde suurlemoenskil Fyn aartappels en groen groente, om voor te sit. Metode: Verhit ’n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by sodra dit warm is en braai ’n paar stukke beesstert op ’n slag bruin. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant. Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir ’n paar minute, en roer dan die meel by.
Bestandele: 1 groot ui gekerf 3 knoffelhuisies gekneus 1 /4 koppie olyfolie 800 g kookvleis in blokke gesny 2 teelepels sout 1 teelepel peper 3 koppies water 1 klein blikkie tamatiepasta 2 kwepers (moet nie skil nie) 1 /4 koppie lemoensap 3 /4 koppie ontpitte, opgekapte pruimedante 2 tamaties geskil & in blokkies gesny 4 aartappels geskil & in blokke gesny 1 /2 teelepel naeltjies 1 /2 teelepel gemmer 1 /2 teelepel tiemie Metode: Braai ui & knoffel in olyfolie tot sag & glansend, so 1-2 min. Voeg vleis by, sit deksel op & kook tot vleis sag is. Roer gedurig. Voeg nou geurmiddels by & water, tamatiepasta, lemoensap, kwepers, pruimedante, tamaties & aartappels. Sit deksel op & kook tot vleis sag is vir so 1 uur. Roer gedurig. Wanneer gereed, giet in opskepbak & bedien met rys, Couscous , kapokaartappels of selfs stampmielies.
Gooi die aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer goed, en skep dan die beesstert terug. Verhit tot kookpunt en haal van die plaat af. Gooi alles in ’n oondskottel, sit die deksel op en bak vir ’n uur. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en baie varsgemaalde swartpeper. Bak dit vir nog 1-11/2 uur sonder die deksel tot die vleis baie sag is. Haal dit uit die oond uit en laat dit vir ’n rukkie eenkant staan. Skep die vetlagie af. Sit voor met fynaartappels en groen groente. Garneer met die vars tiemieblaartjies. 4
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
NAMPO gaan virtueel in 2020 Vervolg van bladsy 3
Boonop het die platformvariasie Graan SA die geleentheid gebied om 'n virtuele NAMPO Oesdag-ervaring verder as hiérdie jaar te laat strek. Die virtuele aanbieding sal nooit die persoonlike ervaring van besoekers en uitstallers op NAMPO Park kan vervang nie, maar sal aan toekomstige uitstallers die geleentheid bied om hul fisieke teenwoordigheid by NAMPO aan te vul met 'n virtuele duplikaat van hul standplaas, sodoende ‘n breër gehoor in 2021 en daarna te kan bereik.
5 netwerk nie, word ons op nuwe maniere verbind en neem ons die kans om duisende NAMPO-entoesiaste te bereik.” - Dr. Dirk Strydom (Graan SA se bestuurder vir graanekonomie en -bemarking) Jy kan gerus 'n kopie van die 2020 NAMPO Virtuele Tema aflaai deur hiér te kliek. Uitgereik deur: Alzena Gomes (Grain SA Communications)
Die 2020 Oesdag het gestalte gekry om nog 'n merkwaardige gebeurtenis te wees, en Graan SA is diep teleurgesteld dat graanprodusente, boere, landbouleiers, belanghebbendes en die breë publiek nie vanjaar NAMPO persoonlik kan bywoon nie. Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie en is ‘n kumulasie van langdurige interne besprekings, sowel as gewaardeerde insette van ons uitstallers en belanghebbendes. “Die koronavirus-pandemie het elke uithoek van die wêreld aangeraak, en hoewel dit hartseer is dat die 2020 NAMPO Oesdag nie gaan plaasvind nie, is Graan SA se belangrikste verantwoordelikheid om seker te maak dat boere, uitstallers, belanghebbendes en personeel veilig bly. Daar is ook op die stadium geen aanduiding van wanneer beperkings opgehef kan word of wanneer dit veilig gaan wees om rondom skares mense te vergader nie.” - Toit Wessels (assistentbestuurder vir NAMPO) “Die visie van NAMPO was nog altyd om 'n platform vir sakeondernemings te skep waar produsente nuwe tegnologie kan sien en toegang daartoe kry. 'n Virtuele platform kan steeds hierdie geleentheid bied om te verseker dat die visie steeds in die gemak van u eie omgewing nagestreef kan word. Alhoewel ons nie kan wag om weer met die agri-sektor in persoon te kan
overdeberg2020@gmail.com
“Life is not easy for any of us. We must have perseverance and, above all, confidence in ourselves. We must believe that we are gifted for something, and that this thing, at whatever cost, must be attained.” - Marie Curie
5
6
Vrydag 31 Julie 2020
Elim se Geluksoord Bejaardeklub Lunette Coetzee Die Geluksoord Bejaardeklub op Elim se Versorgsentrum, is vanjaar 31 jaar oud. Die huidige koördineerder, Me Vanessa Oktober, is baie opgewonde en tevrede met wat oor die afgelope 3 jaar onder haar toesig bereik is.
‘voorkook’ voorbereiding. KAM doen skenkings, asook ‘n wonderlike inwoner van Elim, Mnr. Eugene Daniels wat weekliks groente skenk. Daar is ook ‘n aantal wonderlike skenkings wat vanuit die Elim gemeenskap ontvang word. Vier wonderlike tuisversorgers, in diens van die Elim Tehuis, gaan daagliks deur tot deur om bejaardes te besoek en die nodige dokumentasie in te vul, deur korrekte gesondheidsvrae te stel. Hulle lewer ook medikasie af aan die ouer persone wat moeilik oor die weg kom. Die tuisversorgers, versorg die hande en voete van bejaardes en lewer ook gereeld, in samewerking met die gesondheidsdienste, motiveringspraatjies. Tuisversorgers werk onder die vaandel van die Gesondheidsdienste in Bredasdorp. Elim se senior burgers (bo 60), kom van Dinsdae tot Donderdae (3 dae per week) bymekaar vir hul programme. Die oggend begin met die mộreseën( voorlesing uit die Morawiese dagteksboek) en motiveringspraatjies. Hulle dag begin met tee, praatjies, speletjies en vaardighede. Daarna word middagetes bedien.
Me Vanessa Oktober by die rondritsbussie van die Geluksoord Bejaardeklub. Foto: Lunette Coetzee Die Geluksoordspan het in Desember al, geskenkies aan al die bejaardes van Elim, oor die ouderdom van 80 uitgehandig. Hierdie geskenkies het diegene wat jonger is, en die klub 3 dae per week bywoon, self gemaak. Me Margeret Faure van Elim, koördineer die breiprojekte. Daar was besluit om hierdie jaar winterkombersies te brei, maar die grendeltydperk het baie planne in die wiele gery. Die klub het hul eie bussie en daarmee kan ouer mense na die verskeie aktiwiteite vervoer word en ook na die klub geneem word. Tans kan hulle nie byeenkom nie, so word kos afgelaai asook ‘n nuusbrief, waarin hulle op hoogte gehou word. Kosse word deur Anneline Engel, die drywer, Vanessa Oktober en Crysal Arends by die huise uitgedeel. Die kos word deur Carol Europa en Chrissie Viegland voorberei. Crystal Arends sorg vir die afskil en
6
Geluksoord bied ook ‘n sopkombuis aan behoeftiges in die dorp. Mense kan hul kosse kom afhaal. Gedurende die grendeltyd se vlak 5 en 4, was kos onder alle weersomstandighede by huise afgelaai. Hierdie geluksoordwerkers het geen moeite ontsien om die inwoners te voed nie. Mense wat oor 60 is, word genooi om by die klub aan te sluit. Ledegelde beloop R100 per maand. Klublede se kos word by hul deure afgelaai. Dit word vooraf verpak en streng gesondheidsregulasies word handhaaf. Die Geluksoord nuusbrief is ‘n maandlikse uitgawe en daarin verskyn ‘n woord van die voorsitter, Mnr Michiѐl Smythѐ. Hierdie nuusbrief is ‘n poging om klublede op hoogte van sake te hou, oor siektes, verjaarsdae, sterftes, en die lief en leed van die bejaardes. Sommige bejaardes is so opgewonde om die dames van die klub by Vervolg op bladsy 7
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
7
Damvlakke in die Wes-Kaap: “Beste in jare.” Jacques Louw Die nuuste syfers rondom damvlakke in die Wes-Kaap, laat die hoop opvlam vir wat voorlê in die komende somermaande. Daar is egter kundiges wat waarsku dat die droogte in groot dele van die Wes-Kaap nog nie gebreek is nie. In vergelyking met Junie 2017, toe damvlakke op 21.2% gestaan het, is die syfers vir Junie 2020 baie goeie nuus. Die gemiddelde damvlakke vir die Wes-Kaap, staan tans op 60.7%. Anton Bredell (LUR vir Plaaslike Regering) het die syfers verwelkom. Bredell se woordvoerder, JamesBrent Styan het ook gesê dat dit waarskynlik die beste damvlakke is vir dié tyd van die jaar wat die Wes-Kaap nog gehad het oor die laaste 4 tot 6 jaar. Die Theewaterskloofdam, wat groot dele van die Overbergstreek van water voorsien, staan tans op 73% en dit is aansienlik beter as die 2017-syfer van 21.1%. Die pragtige stygings in damvlakke is ook meestal a.g.v. die reeks storms wat die Wes-Kaap oor die laaste maand of wat getref het. Die sterk kouefronte het goeie neerslae tot gevolg gehad en as gevog van daardie neerslae is dit die Hermanus strandmeer, wat vir die eerste keer in 5 jaar die sandbank gebreek het om in die see in te vloei. (Sien die foto hiéronder) Styan het egter die klem geplaas op die feit dat alhoewel die damvlakke goed lyk, die droogte in groot dele van die Wes-Kaap nog glad nie gebreek is nie en dat inwoners moet voortgaan om water spaarsamig te gebruik.
Geluksoord Bejaardeklub Vervolg van bladsy 7 hul deur te sien. Dan is daar grappies, bybelvasvrakompetisies en ander aktiwiteite in die nuusbrief. Geluksoord bejaardes neem ook deel aan die aktiwiteite regoor die Overberg, waar hulle saam met ander klubs verkeer. Daar is sportbyeenkomste en ander pogings vir die senior burgers waarin hulle deelname kan hê. Me Vanessa October, die koördineerder, is baie jonger as die lede en sy het ‘n passie vir haar werk onder die senior burgers. Sy is behulpsaam en vol medelye met die seniors. Sy vertel ook opgewonde van die pad vorentoe en die projekte wat in die pyplyn is. Sy werk ook tuis, as sy nie al haar administrasie kan afhandel nie.
Foto: Jean Tresfon overdeberg2020@gmail.com
7
8
Vrydag 31 Julie 2020
Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Musiek Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek
Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek
Luister nou
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek
Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00
Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek
Saterdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00
By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek
Ondersteun plaaslik... Support local...
Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00
Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek
Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! 8
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
9
CNR OU MEULE STREET & PARK ROAD, BREDASDORP
TEL: 028 424 2060
Image shown may differ from the actual prize
BUY ANY 2 RHODES PRODUCTS IN YOUR BASKET & STAND A CHANCE TO WIN A GENERATOR T’s & C’s APPLY
PROMOTION VALID: 17 JULY 2020 UNTIL 6 AUGUST 2020 All prices include VAT, where applicable. While stocks last. We reserve the right to limit quantities. E & O E. Picture are for illustrative purposes only and may differ from the actual product. overdeberg2020@gmail.com
9
10
Vrydag 31 Julie 2020
Elim Meul & die Teekamer Lunette Coetzee
0780644225
Die ekonomiese impak van COVID-19
Alles is tans toe, weens die inperking en dis stil op Elim. Die museum, kerk, en historiese geboue wat op die werf is, is gewoonlik 'n miernes van toeriste en besoekers van oraloor. Dit is 'n daaglikse gesig. Mense van oral oor stel baie belang in die geskiedkundige dorpie Elim. Die meul en erfenissentrum is in 1974 restoureer. Dit word deur die Opsienersraad (die Raadgewende gesag) op Elim bestuur. Die meul is in 1828 gebou, toe die plaas begin is. Dit het aan die Daniels-gesin behoort. Omdat die ligging nie reg was nie, is die meul verskuif na waar dit huidiglik is. Voorheen was dit by die ingang na Elim opgerig, met die smidswinkel voor, en die meul agter. Vandag kan mens nog die murasie by die ingang van Elim sien. Die meul is as gedenkwaardigheid opgerig. Die masjinerie is nog in werkende toestand, en demonstrasies word aan toeriste aangebied. In 2019 is opknappingswerk aan die meul en teekamers deur die Opsienersraad aangegaan. Sodoende dan 'n poging om meer inkomste te verkry. Vele besoek die meul daagliks. Die inperking het baie besoekers van hierdie geleentheid weerhou. Op Elim is dit 'n baie hartseer gesig om te sien hoe mense wat deurry teleurgesteld moes omdraai. Foto: Lunette Coetzee
10
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
‘n Derde publieke inligtingsessie is die afgelope week gehou by Huis Lekkerbly, die splinternuwe bejaardebehuisingsprojek. Huis Lekkerbly is geleë in Bredasdorp en in die huis wat eers aan Julian’s behoort het.
overdeberg2020@gmail.com
11
Op die foto besoek Huis Lekkerbly se Sr Anita Mouton die eerste amptelike inwoner van die bejaardesorgeenhede. Verpleegpersoneel is op ‘n permanente basis beskikbaar indien die inwoners hulle sou benodig.
11
12
Vrydag 31 Julie 2020
12
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
13
Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.
overdeberg2020@gmail.com
13
14
Vrydag 31 Julie 2020
Seegogga skryf Anne-Marie Groenewald Kaalvoet in die reën - ‘n kraterstorie Dis lankal tyd vir ‘n kraterstorie, so hier is hy. Ek begin gewoonlik goed met alles, maar êrens, somewhere, gaan iets gewoonlik verkeerd, né. Nie ernstige doodsake nie, net sommer… krateragtig?
Ons stap en stap fluks (in die reën onder die sambreeltjies). Kort-kort word die slimfoon se “GPS” geraadpleeg, maar die teater is net weg! Naderhand word daar by ‘n restaurantjie gevra, maar hulle het nog nooit van so ‘n teater gehoor nie. Teen die tyd is my arme drie-en-sestigjarige tone redelik vodde in dié te groot skoene, maar ek kla nie, ek doen my bes om by te hou. Dit voel na kilometers en kilometers. Toe tik my dogter weereens die informasie op haar foontjie in… katastrofe! Ons het verkeerd gestap en is nou baie ver van die teater af! En ons moet jaag, wat dis amper tyd dat die show moet begin!
Vir my verjaardag besluit my liewe dogter om haar ma te bederf: ‘n Aandjie uit na die teater - ‘n duur, maar spesiale uitstappie. Dis nie elke dag dat ek my verjaardag by haar in Holland vier nie! Ons was hare, “tittevate” en trek ons heel mooiste klere aan. Ek het nie skoene wat deftig genoeg is, saamgeneem Holland toe nie, maar sy het ‘n paar hoëhakstewels wat mooi by my uitrusting met sy kant jassie sal lyk. Die ongeluk is net… die stewels is ‘n nommer te groot vir my. “Tissues” voor in die toon sal darem seker die probleem oplos, glo ons. Ons vertrek lekker vroeg, want ons wil voor die tyd ietsie lekker eet, maar dit reën, en gewapen met sambrele kry ons die treine en busse na ons bestemming. Noodwendig moet daar van die bushalte af gestap word.
Ons hardloop, want nou moet ons gou ‘n taxi kry – wat ons nie kry nie, want dit reën en almal is vol! Gou ‘n stukkie treinry - trappe af, treinry en weer trappe op, en HARDLOOP!
Nee, ek kan eenvoudig nie meer nie. Ek stop en pluk die stewels uit. Toe hardloop ek verder in Amsterdam se strate… sambreel en “bootse” onder my arm, en op my sykouse! Ja, teen hierdie tyd is daar lankal nie vir een van ons meer tyd om te sukkel met sambrele nie. Ook nie met te groot stewels nie. Ons lê oop soos ons hardloop, sykouse of te “not”. En uiteindelik kom daar ‘n taxi tot ons redding! Vervolg op bladsy 15 14
overdeberg2020@gmail.com
Vrydag 31 Julie 2020
15
Kaalvoet in die reën... Vervolg van bladsy 14 In die motor, druk ek die “bootse” oor my waternat voete en sliep-slop, nat tot op die been, en al druppend van kop tot toon, is ons die teater binne – gelukkig net 5 minute laat, en ons moes net ‘n klein bietjie wag om te kan binnegaan. My arme kind was hewig ontsteld, want sy wou graag haar ma bederf, en kyk nou net. Maar sy het! Sy het my ‘n onvergeetlike herinnering gegee! ‘n Lieflike teater, (Cirque Stiletto) en ‘n lekker avontuur. Wie van julle het al ooit kaalvoet (of op sykouse) in Amsterdam se strate rondgehardloop in die reën? Eendag in die ouetehuis, sal ek nog lekker sit en grinnik daaroor.
Kliek op of skandeer die QR-kode en besoek Anne-Marie se blog. Daar is heelwat lekkerlees stories daar vir ons almal!
overdeberg2020@gmail.com
15
16
Vrydag 31 Julie 2020
Oom Joseph “Boetie” Engel van Elim word 80 Lunette Coetzee
Maart 1961- tydelik), Oranje Suid Primêr (Kakamas: 1 April 1961 tot Desember 1968); B.F. Oosthuizen Primêr (Barrydale: Januarie 1969 tot Desember 1969); Ebenezer Primêr (Paarl: Januarie 1970 tot Maart 1993) en Dalweide (Paarl: April 1993 tot sy aftrede in Junie 1998). Oom Boetie was en sal altyd ‘n Morawiër bly, maar moes by ander kerke aansluit om sy Christelike geloofsoortuiging uit te leef, vir die eenvoudige rede: daar was nie op die dorpe waar hy gewerk het Morawiese Kerke nie. As gemeenskapsleier was hy betrokke in Kakamas se VGK Sondagskool, kerkkoor, jeugvereniging en skolesport. In Barrydale het hy hierdie werke voortgesit en ook begin deel uitmaak van die VGK se Preekplan. In die Paarl het hy hom nog steeds toegewy aan die reeds genoemde kerklike aktiwiteite, maar was nou ook betrokke by katkisasieklasse en het hiér ook op die kerkraad gedien. Hy en sy gesin het in die Paarl aan die Bethel “Congregational” Kerk behoort. Sy groot liefde vir musiek het hy uitgeleef deur musieklesse aan te bied by die destydse Paarl Skole Musieksentrum, nou die Frank Pietersen Musieksentrum. As ‘n Elim-seun het hy met die genade van bo die geleentheid gehad om as ‘n ‘unieke Sendeling’ die woord van God uit te leef deur die reeds-genoemde aktiwiteite. Ook het die Here hom verder geseën deurdat hy as prinsipaal van Dalweide Primêr uit die onderwys kon uittree. Mnr. Joseph Engel se lewe het voorwaar altyd om Elim gedraai. Daar was nie ‘n skoolvakansie of ‘n spesiale Morawiese Fees wat hy en sy gesin sommer gemis het nie. Sy grootste opgewondenheid en geskenk van Bo was toe hy in 2003 permanent terug kon kom Elim toe… huis toe… met goeie gesondheid, sodat hy ook hiér deel kon wees van die kerkkoor, Broersvereniging, Elim Opsienersraad, Konfirmasieklas-aanbiedinge en die Preekplan.
Mnr. Joseph Engel (ook bekend as Boetie in sy kinderjare en Oom Boetie in sy volwasse jare), is op 26 Julie 1940 in Elim gebore. Hy het by sy ouma Chrissie en oupa Joseph Engel in Elim grootgeword. Sy ma se naam was Cornelia (later October getroud). As jong seun begin hy sy laerskoolopleiding by Elim Morawies Primêr. Daarna gaan hy Albert Myburgh Sekondêr toe (standard 7 & 8 - nóú graad 9 &10) en sluit sy skoolloopbaan op 18-jarige ouderdom in 1958 by Emil Weder Hoër in Genadendal af (Standard 9 & 10 - nóú graad 11 & 12).
Oom Boetie van Kerkstraat 37, nóú 80 jaar oud, was dus opreg tevrede toe die basuinkoor voor sy huis op die 26ste Julie, gedurende die grendeltyd, hulde kon bring met lofgesange, terwyl hy met ‘n masker op sy gesig na die lofliedere kon luister. Beslis ‘n inspirasie vir ons almal, tereg soos dit op Elim Morawies Primêr se leuse sê: “Wees in alles dankbaar”.
Hy bekwaam homself as onderwyser by die Onderwyskollege Suid-Kaapland te Oudtshoorn (1959 & 1960). Ook het hy in latere jare sy studies voortgesit by die Onderwyskollege Hewat in Kaapstad (1978-1979). Sy lewe getuig van opvoeding en nogmaals opvoeding in skole en gemeenskappe wat hy met nougesette toewyding bedien het. Oor die jare het hy by talle skole onderrig: Elim Morawies Primêr (Januarie 1961 tot 16
overdeberg2020@gmail.com