Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

overdeberg2020@gmail.com

© 2020. Jacques Louw. All rights reserved.

Jaargang 1 Uitgawe 24

Vrydag 17 Julie 2020

Overberg Renosterveld Concervation Trust 3

Trots Merino

Helende kragte van die wolskaap 7

Huis Lekkerbly Bejaardesorg 10 Nuus & foto’s: overdeberg2020@gmail.com Foto’s in JPEG-formaat. Berigte in WORD-formaat. Advertensies: 0656862204

Foto: Pierre Vlok

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

overdeberg2020@gmail.com

1


2

Vrydag 10 Julie 2020

Redaksioneel Vrydag, 17 Julie 2020 Goeiedag en welkom by ons 24ste uitgawe van OVERdeBERG. Vandag is ek so dankbaar om met julle te deel die ongelooflike en vinnige groei wat hiérdie gemeenskapsblad gehad het oor die laaste week of wat. Dit is te danke aan julle, die lesers en al die getroue ondersteuners van hiérdie gemeenskapsblad. Dit is lekker om te sien hoe mense van oral graag wil deel wees van ‘n blad wat konsentreer op die positiewe gemeenskapstories en hulle nie ophou met die neerdrukkende nuus en negatiwiteit wat deesdae voortdurend in ander publikasies verskyn nie. Gewone mense deel hulle pragtige foto’s met ons, stories kom van oral oor en die positiewe nuus stroom in. Dit is absoluut ‘n voorreg om vir julle hiérdie blad weekliks uit te lê. ‘n Groot dankie gaan ook aan my twee medewerkers wat gereeld positiewe nuus en ander stories insamel. Sonder Letty-Ann Möller en Lunette Coetzee, sal ek dit nie op my eie kan doen nie. Hulle onbaatsugtige bydrae’s is van onskatbare waarde. In hiérdie uitgawe is daar juis baie interessante artikels deur hiérdie twee dames. Verder het ons ook ‘n uiters interessante berig oor die helende kragte van wolskape, geskryf deur Pierre Vlok van BKB. Daar is ‘n lekkerlees storie deur Anne-Marie Groenewald en oom Kaspaas is alweer besig met een of ander iets. Weereens ‘n pragtige uitgawe met positiewe nuus, berigte en artikels hiér uit ons pragtige Overberg. Indien jy ook graag nuus of foto’s uit jou deel van die Overberg met ons wil deel, is jy meer as welkom om dit te stuur aan ons by overdeberg2020@gmail.com vir plasing in die blad. Nuwe skrywers en fotograwe is altyd meer as welkom om by ons aan te sluit. Geniet uitgawe 24 en mag julle naweek ‘n mooi naweek hê. Sterkte vir die nuwe week wat voorlê. Onthou om plaaslike besigheid te ondersteun. Tot volgende Vrydag!

No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer R995.00 per room per night for two people

Breakfast included (valid from 1 May - 31 August)

Direct bookings only

Bly gesond & veilig.

“My friend, it's not what they take away from you that counts. It's what you do with what you have left.” - Hubert Humphrey

2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

3

Overberg Renosterveld Concervation Trust Jacques Louw “Saving one of the world’s most threatened habitats near the southernmost tip of Africa.” Renosterveld is highly fragmented with fewer than 50 fragments being over 100 ha in size. Almost all Renosterveld remnants occur on privately-owned land, thus creating an additional challenge for conservation. All these factors, coupled with the large range of endemic and threatened plants and animals inhabiting this biohotspot, make this unique rhino veld one of the most threatened habitats on earth and putting it in urgent need of conservation attention. Lowland Renosterveld is the relatively fertile clay-based veld type that occurs in the low-lying areas of the Western Cape, South Africa. Renosterveld is part of the Fynbos Biome, although it is very distinct from Fynbos. The main difference is that it generally lacks, with some exceptions, the three distinct Fynbos elements, i.e. the Proteas, Ericas (heather) and Restios (reeds). Renosterveld is one of the richest ecosystems in the world, mostly due to its extraordinary bulb diversity. However, the Renosterveld we see today is very different from what it was 300 years ago, before the advent of largescale commercial agriculture in the Western Cape.

Photo: ORCT

Sadly, the replacement of large game animals with small selective feeders, such as cattle and sheep, combined with years of poorly-informed management (i.e. overgrazing and too little or too much burning), has allowed extensive areas of this special veld to become severely degraded and dominated by ‘unwanted’ shrubs, such as Renosterbos (Elytropappus rhinocerotis). The grey, ‘drab’ veld that we see today is probably largely a result of the legacy of historic overgrazing and is not representative of true Renosterveld. Today, those areas that are well-managed retain the characteristics of Renosterveld and it is clear that this habitat supports a diversity of botanical gems, incomparable with any other system in the world. Continued on page 5

Before European farmers settled in the region, Renosterveld supported large numbers of big game, including Black Rhino, Eland and the now extinct Bluebuck and Quagga. It was also possibly a far more grassy system, with some areas even having a very high Rooigras (Themeda triandra) component, with a much higher plant diversity. The combination of grazing and browsing game animals of varying sizes maintained the diversity and structure of this system. overdeberg2020@gmail.com

Photo: ORCT 3


4

Vrydag 10 Julie 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

BIERBROOD IN DIE BLIKKIE Bestandele: 500 gr bruismeel 5 ml sout 10 ml suiker 125 ml gekapte pietersielie, kruie na smaak 1 bier (kamertemperatuur) geklitste eierwit Metode:

AARTAPPELSOSATIES OP DIE KOLE

Blikkies - 4 X 300 ml elk, of ‘n paar klein tunablikkies. Kondensmelk blikkies groot konftyt blikke, jou keuse. Meng droë bestandele, pietersielie of enige ander kruie wat jy wil ingooi. Gooi bier in en meng tot taai deeg. Ver-deel jou deeg in die hoeveelheid blikkies wat jy het. Smeer blikkies goed met botter. Smeer die eierwitte bo-op en bak in oond vir 30 minute tot gaar, goudbruin en uitgerys. Vervang kruie en pietersielie met 125 ml kaas of 125ml gekerfde fyn biltong. Jy kan hier enigiets saam met die deeg inwerk. Dit is ietsie anders by ‘n braai.

Kook die baba-aartappels tot 95% gaar. Draai dan om elke aartappeltjie ‘n repie spek. Ryg nou die aartappels saam met ‘n groen of rooi kersie en sampioene op ‘n sosatiestokkie. Maak ‘n sousie van ‘n teelepel appelkooskonfyt, botter, garlic, droë pietersielie, sout en gemaalde swartpeper en smeer oor terwyl dit op die kole lê. Jy kan ook ’n braaisous soos Jimmy’s probeer.

MIELIE- & KAASGEREG Bestandele:

250ml melk 250ml gerasperde kaas 25ml botter sout en peper na smaak 250ml droë broodkrummels 1 Blikkie pitmielies 2 eiers geskei

Metode: Meng alles saam behalwe die eiers. Klop eierwitte en gele apart. Voeg eers geel van eiers by, vou wit liggies in. Bak in gesmeerde bak in matige oond vir ongeveer 30 minute. Gebruik ’n klein bietjie vrugtechutney in die gereg. Dit gee ’n baie lekker smaak aan ’n reeds baie lekker dis. 4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

5

Continued from page 3 Not only has Renosterveld been altered by management, it has also been severely fragmented for agricultural development. The result is that over 95% has been irreversibly converted to croplands, rendering what remains of this vegetation type in urgent need of conservation attention. Despite these incredibly high levels of threat, Renosterveld has retained an extraordinary diversity and the ORCT was instrumental in discovering six new species in 2012. (Otholobium curtisiae, Polhillia curtisiae, Ficinia overbergensis, Aspalathus quartzicola, Hesperantha kiaratayloriae, and Aspalathus microlithica).

Adjacent to these habitats are the mountainous and strandveld-type habitats, which are generally based on poor and acid soils and are less transformed than their Renosterveld counterparts.

These discoveries, along with the countless records of rare, endemic and threatened species are testament to the importance and biodiversity value of this overlooked and under-valued habitat.

Photo: ORCT Renosterveld originally covered the entire clay-/shalebased lowlands of the Overberg. These comprise the most fertile soils of the region and so were first identified as being most suitable for agriculture by early European settlers. It is uncertain what exactly these habitats looked like in the past, as they were radically transformed (through livestock grazing and subsequent ploughing) relatively soon after European settle-

overdeberg2020@gmail.com

The six new species discovered by the ORCT in 2012, are from left to right & top to bottom: Polhillia curtisiae, Ficinia overbergensis, Aspalathus quartzicola, Hesperantha kiaratayloriae, Aspalathus microlithica and Otholobium curtisiae.

5


6

Vrydag 10 Julie 2020

Oudste tweeling in Suid-Afrika word 93 Lunette Coetzee

Dit het in 'n wonderlike familiereünie ontaard en waartydens die breër familie (oud en jonk) saam gekuier het. Hierdie jaar kon haar kinders met blyke van waardering terugblik. Marie Wentzel is al vir jare nie gesond nie. Bettie was nog ferm en sterk tot 'n paar maande voor haar heengaan. Dit sou seker moeilik vir hulle hiérdie jaar met die grendeltyd gewees het. Sou hulle kon hanteer dat daar nie ‘n familiebyeenkoms en partytjie gehou sou kon word nie? Die tweeling is gebore op Sondagskloof. Toe hulle 11 was, het die familie na Elim verhuis. Hulle was die jongste van hul ouers se tien kinders. Bettie het na haar ma vir tien jaar omgesien tot sy op die ouderdom van 93 oorlede is. Verlede jaar het RSG 'n indiepte onderhoud met haar kon voer. Sy het haar vol lewe toegewy aan God se genade en die feit dat sy haar ouers geëer het. Bettie was 'n baie presiese en netjiese mens. Sy was nederig, liefdevol, en het groot bydrae in die Morawiese Kerk op Bredasdorp en op Elim gelewer. Sy het goeie gene gehad, het gesond gelewe en gesond geëet. Van kruie en huisrate het sy veel kennis gehad. Die lekkerste gebak en gekook het uit haar kombuis gespruit.

Op dié foto is vlnr Elizabeth Hans en Marie Wentzel van Elim, wat op 14 Julie, 93 jaar oud sou gewees het. Die oudste tweeling in Suid-Afrika. Foto: Verskaf Op Dinsdag 14 Julie sou die oudste tweeling in SuidAfrika die rype ouderdom van 93 jaar bereik het. Hiérdie jaar het net Marie Wentzel (93) gesien. Elizabeth Hans (Bettie) is na haar ewige tuiste geroep op 9 Februarie 2020. Elke jaar was hulle saam met die wonderlike familieviering. Bettie het jaarliks na Kaapstad gegaan om die dag saam met haar geliefde tweeling suster te vier.

6

Haar 4 kinders, waarvan 3 oorlewend is, het sy met ferm dissipline en in die vrees van God opgevoed. Sy het haar kinders met goeie waardes en kerkstandvastigheid opgevoed. Hulle is dankbaar vir die liefdevolle sorg en haar toewyding. Haar kinders bring haar eer en sê sal altyd in hul harte bly voortleef. Sy het ook 'n seën vir liefde, geluk, verse en vooruitgang oor haar kinders uitgespreek.

“Grief never ends… but it changes. It’s a passage, not a place to stay. Grief is not a sign of weakness, nor a lack of faith. It’s the price of love.”

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

7

Die helende kragte van die wolskaap Pierre Vlok Die helende voordele van wol en skaapvel, is al legendaries, maar in die outyd is daar so sterk geglo in die helende kragte van wolskape, dat helende kragte ook aan skape self toegedig is. Mense wat gesukkel het met asemhalingsprobleme, het bv. geglo hulle baat daarby as hulle saam met ‘n trop skape sou stap en deurentyd diep asemhaal, asook om by die ingang van ‘n houplek van skape te staan en wanneer die skape uitkom, die lug aldaar dan in te asem.

Foto: Pierre Vlok Kom ons kyk na die helende kragte van skape in die Romeinse tydperk. Die Romeinse natuurkundige Pliny, het dit mooi kort opgesom toe hy die volgende waarneming gemaak het: “Soos osse die lande omploeg, sodat daar voedsel geproduseer kan word vir die mens, so is die skaap verantwoordelik vir die beskerming van ons liggaam”.

Foto: Pierre Vlok Antieke heling vir Brongitus, was om die kind toe te draai en te neem na die weiveld waar die skape gewei het… vroegoggend voordat die môredou verdwyn het. ‘n Skaap wat in sy rusplek gelê het, sou dan opgejaag word en die siek kind sou dan dadelik in die warm lêplek van die skaap neergelê word vir ‘n tydperk. Wolskape is ook gebruik om te reinig in ‘n huishouding waar daar probleme was met infeksie. ‘n Trop skape is byvoorbeeld geneem en in die huis gejaag en vir 3 nagte in die huis gehou. Die vroeë pioniers van Suid-Afrika het ook geglo in die helende kragte van skape. Warm skaapbloed was aanbeveel vir ringwurm se genesing en die gesmelte skaapvet is aanbeveel vir kroep. Waar ‘n klein kind stadig was om te begin stap, is die kind byvoorbeeld in water gesit of sitgemaak waarin skaapafval gewas is. overdeberg2020@gmail.com

Dan wil ek vir julle graag noem ‘n paar ongewone feite van skape wat ons nie almal van weet nie. Neusafdrukke van skape is ‘n onfeilbare manier om skape te identifiseer. Eksperimente wat sedert 1934 uitgevoer is op merinoskape by Onderstepoort Navorsingstasie naby Pretoria, het onteenseglik bewys dat, soos vingerafdrukke by elke mens uniek is, Vervolg op bladsy 9 7


8

Vrydag 10 Julie 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Musiek Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek

Saterdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek

Ondersteun plaaslik... Support local...

Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00

Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! 8

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

9

Vervolg van bladsy 7

Vervolg van bladsy 12

geen twee skape dieselfde neusafdruk het nie. Deur die neusafdrukke van skape oor jare te neem, is agtergekom dat alhoewel die neusafdrukke in grootte verander het, hulle nooit verander het in samestelling nie.

Dis iemand se kind, iemand se ouer, grootouer, broer of suster… iemand se geliefdes of lewensmaat. Opvoeders sê oor die algemeen neem hulle dit een dag op 'n tyd en bly biddend. Daar is ook die vrees dat individue hul eie geliefdes mag verloor. Dis net hul geloof in 'n hoër hand wat hul staande in hiérdie uiters uitdagende stryd hou. Opvoeders moet passievol en simpatiek optree in 'n stryd waarin hulself berading en ondersteuning nodig het. As die autoriteite net in 'n klas vir een volle dag, gemasker en op sosiale afstand wil kom klasgee, sal daar sekerlik 'n ander deuntjie gesing word.

In 1961 is ‘n 10 jaar-oue ooi op die “Isle of Wight” in Engeland, met ‘n volledige stel valstande toegerus, want sy het nie meer ‘n tand in haar mond gehad nie. Die valstande is gemaak nadat die laaste paar tande onder narkose getrek is en ‘n afdruk van die onderkaak gemaak kon word. Die 6 plastiektande is in plek gehou met ‘n knip wat gehaak het onder die onderkakebeen. Die valstande het klaarblyklik foutloos gewerk en “Gertrude” het blykbaar meer as ‘n kilogram gewig in ‘n week se tyd opgetel. In 1963 het ‘n boer in Suid-Australië gerapporteer dat hy ‘n merino het met helder blou oë. Die departement van Landbou, het na ‘n ondersoek berig dat daar geen bewyse in bestaande literatuur gevind kon word dat daar blou oë voorkom by enige skaapras in die wêreld nie en dat dit met redelike sekerheid aanvaar kan word dat dit ‘n geval van mutasie moes wees.

ONDERSTEUN ONS PLAASLIKE BESIGHEDE SUPPORT OUR LOCAL BUSINESSES

Daar was klaarblyklik ‘n verandering in die genetiese samestelling van die merinoskaap oor die tye, wat die verandering in die oogkleur teweeggebring het. Volgens die wetenskaplikes, kom sulke mutasies baie min voor en kan dit miskien in elke 100000ste skaaplam wat gebore word, voorkom.

overdeberg2020@gmail.com

9


10

Vrydag 10 Julie 2020

Huis Lekkerbly inligtingsessie Letty-Ann Möller Peet Louw, die administratiewe bestuurder en Anita Mouton, verpleegkundige bestuurder het besoekers op Woensdagoggend,15 Julie, vir die eerste van 3 opeenvolgende inligtingsessies oor Huis Lekkerbly Bejaardesorg op Bredasdorp ingewag.

Foto: Letty-Ann Möller

Hierdie goed toegeruste eenheid staan gereed vir inwoners om sy binneste met hulle eie meubels te vul en sodoende hulle eie splinternuwe tuiste binne die Bredasdorpgemeenskap te vestig. Marietjie Visser, het opgewonde vertel: "Hier gaan 24-uur mediese personeel aan diens wees. Ons het 4 selfsorgeenhede en kamers in die huis vir mense wat volsorg nodig het. Versorging is ook beskikbaar vir die aansterk na 'n operasie of vir 'n breuk as jy die bejaarde in jou sorg vir 'n rukkie wil inboek. Soos die naam sê, 'Huis Lekkerbly'. Dis 'n plek waar bejaardes kan veilig voel en tuis voel en hulle gaan deel wees van 'n gemeenskap en 'n huis met 'n mooi tuin met so 'n lekker huislike atmosfeer waar ons mooi na hulle sal kyk en waar hulle hul waardigheid sal behou, waardig sal oud word en met waardigheid behandel sal word. So ons is baie opgewonde oor dit."

Foto: Letty-Ann Möller

“Huis Lekkerbly se adres is All Saintsstraat 20. Die ou Bredasdorpers sal weet, daar waar Julian se pottebakkery was. Antoinette Events het die vertoonlokaal oorgeneem. Die huis langsaan is nou mooi ‘gepolish, gepaint’ en gepoeier en staan reg om mense te ontvang", vertel 'n passievolle Marietjie Visser. Peet Louw se ma, Suster Enid Louw het aanvanklik haar eie ouers versorg en dit het gegroei tot Huis Lekkerbly op Stilbaai. Huis Lekkerbly Bejaardesorg, Bredasdorp se naamgenoot op Stilbaai bestaan reeds 13 jaar en brei nou uit na Bredasdorp, "soveel so dat opgeleide personeel by beide instansies sal kan werk", het Peet Louw bygevoeg. Marietjie Visser,' n direksielid van Huis Lekkerbly op Bredasdorp se slotopmerking was: "Ons is in ons beginskoentjies, so ons het die gemeenskap nodig om hande te vat en ons nooi almal uit om deel te raak." Nog foto’s op bladsy 11 “To make an elderly person happy is the noblest act a young person can ever do.” - Mehmet Muratildan 10

By die eerste inligtingsessie gesels vlnr Peet Louw, Marlene Louw en Gina Joubert. Foto: Letty-Ann Möller overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

11

Plaasjapies onthou sinkbaddens Letty-Ann Möller Huismodes uit Europa het in die middel 19de eeu, veral in stadshuise posgevat. Plaashuise daarenteen is ingerig volgens die beskikbaarheid van materiaal. Huise het baie groot vertrekke en sinkdakstoepe gehad, maar daar was aanvanklik nie badkamers in die huise nie. Wat nog te sê ingeboude baddens?

Dis hoekom elke slaapkamer 'n wastafel met 'n ‘enamel’ of porselein wasbeker en -kom vir jou gesig en hande gehad het. Vir voete was kon jy die sinkbad voor die warm koolstoof neersit, dit met emmers vol water maak en jou voete daarin was, of selfs daarin bad.

Foto: Netwerk24 Die sinkbad is glad nie soveel generasies terug as wat ons graag dink nie. Soos 'n plaasvrou hiérdie week ná die stormweer opgemerk het: "Ek het al ‘n paar 5-liter kanne met water wat ek byderhand hou. Soos dit op 'n plaas gaan, is daar somtyds net een oggend of aand nie water nie. ‘n Pyp wat gebars het of tenk wat leeg is. Ek bad soms in 'n emmer in die stort as ek water op die stoof warm gemaak het, want as daar nie water is nie, werk die ‘gasgeiser’ mos nie, maar dit gebeur darem net so een of twee keer per jaar. My sonkrag hou ook nie. Te veel wolke. Soms moet ek gaan generator aansit in die stoorkamer. Dan laai die batterye weer." Heelwat plaaskinders vertel nóú nog van familie op plase waar daar in 'n sinkbad gebad is. "Groot geword met water indra huis toe, ook hout vir die stoof en in ‘n sinkbadjie bad. In die winter het die sinkbad in die kombuis en voor die lekker warm stoof gestaan." Nog een beaam: "...dieselfde groot geword op Melkbosplaas" en "ek ook op Ondervlei en Vissersdrift voordat daar ‘n badkamer aangebou is!" overdeberg2020@gmail.com

'n Ander onthou: "Dink ons ken almal die sinkbad. Selfs in Holland die 4 jaar wat ons in die laat 1950's daar gewoon het. Daar was openbare ‘kuipe’ of badhuise waar mens teen betaling nou en dan lekker diep kon gaan bad." Die Kaap het ook sy Turkse baddens gehad! Dis vandag steeds 'n openbare swembad in Langstraat, Kaapstad. Maar sommige plase, selfs vandág se plase, moet nog steeds die holgoedjies nader sleep, water warm maak en aandra as die natuur hulle 'n streep trek.

Huis Lekkerbly

Op die voorgrond, is mnr. en mev. Stoffberg by Mev. Gina Joubert in die selfsorgeenheid vir twee. Foto: Letty-Ann Möller

Marlene Louw gesels met Alta de Wet voor die kaggel in een van die gesellige gemeenskaplike sitkamers in die hoofhuis. Foto: Letty-Ann Möller 11


12

Vrydag 10 Julie 2020

Opvoeders en COVID-19 Lunette Coetzee Regoor die land het opvoeders 'n onbegonne taak om kop bo water te hou in hierdie tyd waar leerders in sarsies die skole begin bywoon. Behalwe die feit dat arm leerders en leerders van sekere skole 'n agterstand het, is daar die vrees dat hulle dalk COVID-19 mag opdoen. Leerders wat terugkeer van en na dorpe wat gevaarsones is, dra by tot hierdie hoë risiko. Skole word oop- en toegemaak as daar COVID-gevalle is en moet diep gesanitiseer word. Sielkundig, emosioneel en geestelik word opvoeders diep gekrenk en getref. Leerders is ook angstig onseker en vreesbevange. Hulle moet hul pyn en kommer in stilte verduur. Watter blywende effek gaan hierdie moeilike en senutergende situasie op leerders hê? Daar is so baie onsekerhede en ontwrigting. Daar is al baie sterfgevalle aangemeld van skoolhoofde en opvoeders. Vroeër was gerapporteer dat kinders nie deur die virus getref sal word nie. Wel, daar word deesdae 'n ander deuntjie gesing. En as leerders so lanklaas hulle vriende en opvoeders gesien het, is dit moeilik om hulle uitmekaar te hou. Die kind wie se liefdestaal drukkies is, hoe dan nou gemaak? En die kind wat ook onbeskermd tuis rondhardloop in areas waar sosiale afstand basies ongehoord en ook onmoontlik is. Onderwysers mag nie die leerder uitvra oor of daar siekte tuis is nie. Die werklikheid is dat opvoeders en nie angstig, onseker en vreesbevange is. Opvoeders loop daagliks met die vrees dat hulle geinfekteer kan word, en hulle ouers, grootouers, lewensmaat en familielede kan aansteek deur COVID-19 aan hulle oor te dra. Daar is die ewige vrees dat hulle kollegas geaffekteer kan word. Die mense is versigtig en suspisieus teenoor mekaar. Bowenal moet hulle sterk wees vir die leerders, hul kollegas en tuis. Hulle vertoon moedig en skynbaar in beheer, maar hulle is geskeur wanneer daar opvoeders is wat geaffekteer word of in isolasie of onder kwarantyn geplaas moet word weens hulle verbindintenis met positiewe gevalle. Baie soek sielkundige berading. Daar is ook honderde gevalle waar opvoeders false mediese sertifikate voorgelê het. Baie opvoeders skroom nie om te sê dat hulle moeilik slaap of kalmeermiddels moet gebruik of slaappille nie. Hoe lank kan mens so aangaan? Hiérdie is kommerwekkende feite, waarmee opvoeders 12

daagliks gekonfronteer word. Die algemene gevoel landswyd is dat dit baie maklik is vir amptenare wat veilig van 'n afstand af besluite neem om te praat, maar die werklikheid is daar waar mense tussen skole en huise beweeg. Baie opvoeders kom skool toe met simptome, want daar is 'n kurrikulum om te voltooi. Opvoeders voel asof hulle daagliks in 'n oorlogsone is teen hierdie onsigbare vyand. Dit is nou makliker terwyl daar minder grade skool moet bywoon, maar wat gemaak as alle leerders die skool bywoon? Daar word gepraat van in sessies skoolgaan, maar in praktyk? Leerders het vervoer nodig en ouers moet werk.

Leerders wat lang afstande moet aflê en alleen moet loop, omdat ander maatjies op verskillende tye moet klasloop, stel leerders aan talle gevare en risikos bloot. Daar word baie beloftes van ondersteuning gemaak, wel makliker gesê as gedaan. Opvoeders wat chronies is, mag nie op skool wees nie, jongmense met onvoltooide diplomas of grade, het die hand en leiding van ervare en gesoute opvoeders nodig. Hoe suksesvol kan hierdie onderwys situasie wees? Wat maak mens met ongedissiplineerde leerders en wat ongehoorsaam is en diegene wat sukkel en wat maande laas 'n boek oopgemaak het? Wat van leerders wat leerderondersteuning nodig het? Hoe help die opvoeders so iemand vanaf 'n 2-meter afstand? Daar is skole waar leerders konstant kon werk en aanlyn klas ontvang het, of ouers kon die werk by die skool of individuele kinders kon werk kom optel. Maar as die ouer nie opvoeding gehad het, nie lees of skryf nie… hoe moeilik is dit dan? As die omstandighede tuis teen die leerder tel is die agterstand nou rêrig verbreed. Te midde van alles moet leerders gemotiveer en aangemoedig word. Hulle het die krag en moed van die opvoeder nodig. Leerders benodig 'n klimaat van kalmte, rustigheid ,aanvaarding, liefde, aanmoedigende en emosionele standvastigheid om te funktioneer in 'n klaskamer. Die opvoeder stel die emosionele toon vir die klas. Tans word opvoeders en skoolhoofde bokant hul kragte versoek. Opvoeders is onder geweldige druk gedurende hiérdie tydperk. Hulle moet leerders monitor, 'n taakspan by die skool moet leerders ontvang, temperature meet , vraelyste deurwerk en dan nog moedig voorkom. Hulle moet leerders welkom en gemaklik laat voel. Hulle moet 'n positiewe houding ten alle tye handhaaf. Baie verskeur van binne oor hul eie pyn en leiding, en tog moet opvoeders alles wees. Hulle moet sterk staan by die skool en tuis by hul families. Wie droog hul trane af wanneer hul geliefde kollegas sterf of besmet word? Opvoeders is nie robotte nie, dis mense met gevoelens. Vervolg op bladsy 9 overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 10 Julie 2020

Seegogga skryf

Foto: Seegogga

Anne-Marie Groenewald Matriekreünie Meer as ‘n jaar lank is daar gedink, gewoel, beplan, idees neergeskryf, mini-senu-ineenstortings gekry, hoera-idees uitgedeel, herdink, herkou, gewerk, en veral gestres. Om jou oud-matriekklas se 50-jarige reünie hier op die Suidpunt van Afika te beplan, was vir my ‘n eer, ‘n uitdaging en ‘n vinnige manier om 10-20 jaar ouer te word. Eerstens was daar die weer. As ‘n mens by die see kom kuier, moet mens die see ervaar. Dus… wat van ‘n boottrippie in Struisbaai se pragtige baai? (Ag seker “easy peazy” om te reël, né) En wat van sjampanje by die Suidpunt van Afrika - ons eerste en allebelangrikste “claim to fame”? En hoe sal dit wees as ons daar 50 duiwe loslaat vir die 50 vervloë jare? (Hier is seker tog baie van die duiweboere?) En natuurlik moet ons daar ‘n kanon ook skiet. Hoe dan anders? Het ons Sasolburg Hoërskool dan nie ou Grietjie, ons eie kanon gehad wat vir ons eresaldo’s geskiet het as ons goed doen in iets nie? En dan moet ons ‘n aanddinee hê - met mooi 60’s musiek, né? Ah… Sasolmannetjies moet mos plek aanwys soos in die ou dae!

Liewe Trudie maak pragtige vlae, en my liewe man Gert speel heeljaar kanon-kanon totdat hy 50 kleintjes gemaak kry vir die tafels, 2 kleintjies wat kan skiet vir ons tweelingkleinkindes en ‘n groot speelgoedkanon wat darem ‘n knal moet kan gee by die suidpunt van Arika. Maar ai, met 4 seisoene op een dag en ons beroemde yskoue winters in September, was daar net een genade: bid, glo en bid weer. Ten spyte van al die gebede om reën in hiérdie baie droogtegeteisterde gebied, het daar ‘n ou yl, wanhopige gebedjie opgegaan. Laat dit asseblief nie reën op 15 September nie. Laat die wind tog asseblief nie waai nie. Laat dit tog asseblief ‘n mooi dag wees. Op die ou einde was die weer die maklikste: al wat jy kan doen is bid, glo en vertrou. En dit het gewerk! Wonderlik! Die “boottrippie” was ‘n ander storie. Niemand het genoeg bote nie. Niemand kan 50 passasiers gelyk hanteer nie, maar die booteienaars is ook nie bereid om saam met ander te werk nie. Na maande wat ek hand en mond beloof is deur verskeie rolspelers en daar dan verder niks gebeur het nie, het ek op die ou einde besef dat ek self individuele eienaars sal moet opspoor en huur. Dit het ek ook so gedoen. Die een man kon 20 gaste neem op 3 bote @ R400 per persoon. Die ander eienaar kon 20 gaste neem op 2 groter bote @ R300 per persoon. Alles duur, maar klopdisselboom - of so het ek gedink. Ons kry ‘n borg wat onderneem om die hele “boottrippie” te betaal! Dankie Wim!

Foto: Seegogga Beligting? Ek het mos nog Sasol – was van ‘n kersmaakgier 50 jaar gelede. Allekrukkerse op die tafels en 4 groot, lang kerse om die Sasolskoorstene te verteenwoordig, moet gemaak word. En waaraan dink jy as jy aan ons dorp dink? Die fabriek natuurlik. Hy moet daar wees! Daar moet ‘n “kitty” wees – en “goodiebags”! En presentjies, spesiale sjampanjeglase en wyn met spesiale ettikette. En ons spesiale Sasolvlae! 14

Foto: Seegogga

Maar met baie sielkunde, paai en geld onder die tafel deur, was ek die dag voor hiérdie “trippie” steeds nie seker of ons op ‘n leë hawe sou afkom nie, want die een eienaar wil nie ry as die ander een ook ry nie. Wéér is my baie gebede verhoor. Vervolg op bladsy 15 overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

15

Vervolg van bladsy 14 Dan was daar die duiwe sage. Die een boer vlieg nie, die ander het nie genoeg duiwe nie. ‘n Ander een verhuur sy duiwe teen R2 elk en ek huur gretig, maar toe ek hom so 2 maande gelede herinner, het hy al sy duiwe permanent verkoop en die nuwe eienaar vlieg nie. Na maande se rondbel was ek dus weer waar ek begin het. Gelukkig het my nefie duiweboerkontakte en so ‘n maand voor die funksie kry ek hulle… 50 duiwe en wit op die koop toe daarby. Hulle was wit en pragtig teen die donker see, en het hopelik almal veilig weer huis toe gevlieg.

Die aand het ons “gewine en dine in style”, met ons wonderlike 60’s-musiek en die volgende oggend het Tina vir ons ‘n baie besondere dankseggingdiens in Struisbaai se ou kerkie aangebied. “Lord, for all that has happened Thank you. For all that is about to happen - Yes! End goed, alles goed en vriendskapsbande is opnuut baie versterk.

Foto: Seegogga

Foto: Seegogga

Tussen die duiwe- en bootsoekery deur, het my man besluit om ‘n kanon te bou en ek ‘n batik gemaak van die Sasolfabriek. Die kanon was ‘n “glorified aartappelgun”, maar met baie eksperimente en probeerslae en baie gebede het hy ook op die ou einde perfek gewerk - en ‘n appel geskiet dat hy daar trek! Die kanontradisie is iets wat net ‘n oud-Sasolleerling sal verstaan, en ek hoop dat my medematriekmaats sal besef dat hierdie kanon met liefde vir hulle geskiet het, en ook vir mnr. Pellissier, ons geliefde oud-onderwyser wat op 93-jarige ouderdom ons funksie kon bywoon.

En nou is dit tyd om die huis op te ruim, die waskerse te bére, die foto’s te liaseer, en terug te keer… back to reality!

Foto: Seegogga

Lees meer van Anne-Marie Groenwald se stories op haar blog. Skandeer of kliek op die QR-kode. Foto: Seegogga Daar op die suidpunt van Afrika het ons toe die duiwe losgelaat, die kanon geskiet, die ‘spietse’ gemaak en toe ‘n glasie sjampanje geklink - op onsself, op die Suidpunt en op die geleentheid. En alles was wonderlik, kompleet met “caterer” Alida se heerlike eetgoed. overdeberg2020@gmail.com

“Friendship is the positive and unalterable choice of a person whom we have singled out for qualities that we admire.” - Abel Bonnard -

15


16

Vrydag 10 Julie 2020

Die waarde van trane Lunette Coetzee

Foto: WebMD

“God in sy genade verander ons vallei van trane in 'n deurgang na seëning.”

Hoekom is mense bang om te huil? Daar is so baie pyn en hartseer in die wêreld. Dit is veral tydens hiérdie pandemie, waar daar so baie teleurstellings is. Drome lê aan skerwe, daar is verlies van inkomste, lewens, siektes en aanvalle op plase, aanvalle op rasse, teenkanting en pyn oral oor. Mense het so baie seer, onsekerheid en trauma wat verwerk moet word. Soms voel mens net om 'n slag dit goed uit te huil. Maar ons is skaam, bang en trots.Trane is egter so verfrissend en genesend. Vir beide mans en vroue is trane 'n teken van moed, sterkte en egtheid. Daar is so baie voordele van trane. Psigiaters moedig ons aan om te huil en nie skaam oor trane te voel nie. Mens hoef nie om verskoning te vra vir trane nie. Daar is baie voordele van trane. Trane verlig pyn, dis vertroostend, trane het 'n kalmerende effek op die gemoed, dit beveg bakterië en verbeter sig. Daar is 3 verskillende tipes trane, nl. basaltrane, reflekstrane en emosionele trane.

Basaltrane is vloeistofryk aan proteine en bevat antibakteriële stowwe. Dit bevogting ook die oog. Reflekstrane is 98% vloeistof en dit word ontplooi deur rook, wind en uie. Dit verwyder irritasies en beskerm die oog. Emosionele trane is in respons tot emosionele pyn. Trane reguleer emosies, dit kalmeer die gemoed en verminder stres. As mens huil kry jy ondersteuning van ander. Trane stel ook hormone vry wat jou laat goed voel, nl.endorfiene en oksitosin. In 2011 het 'n studie bewys dat trane 'n stof, "lysozyme" bevat. Hierdie het kragtige mikrobiale eienskappe, dit verminder selfs die risiko van oordrag van anthrax vanaf dier tot mens. Endorfiene en Oksitosin is ’voelgoed’ hormone, en verlig emosionele en fisieke pyn. 16

Psigiese trane bevat 'n natuurlike pynstiller "leucine enkephalm." Na 'n goeie huilbui voel mens beter.Huil verbeter gevoelens en verminder pyn. 'n Onderwyser in Japan, Hidefumi Yoshida, word die trane-onderwyser genoem.Hy sê mens moet ten minste een keer per week goed huil, om sodoende 'n stresvrye lewe te lei. Soms is al wat nodig is om gevoelens te verbeter 'n goeie huilbui. Junko Umihara, professor aan die Nippo Mediese Skool in Japan, sê huil is 'n selfverdedigingstegniek. In Japan word werkers en skoliere aangemoedig om te huil. Trane verminder stres, en verbeter geestesgesondheid. Die aksie van trane stort is meer effektief as slaap en lag. Vir God se kinders is daar 'n plek waar Hy met jou stap deur die vallei van trane. Hyself droog trane af en in Psalm 56 vers 8, praat David van God wat ons trane in 'n bottel hou. Ons pyn en trane gaan nie ongesiens verby nie. Ons het die gawe van trane van bo ontvang. Elke traan is soos 'n saad wat geplant word, daaruit spruit 'n akkerboom van blydskap voort. As jy met trane saai, sal jy met ‘n gejubel maai. Solank ons op die aarde is, sal daar hartseer wees, net by God sal ons trane weggedroog wees. Ons is breekbaar en blootgestel aan pyn, teleurstelling en lyding. Uit die vallei van trane spruit voort blydskap in plek van hartseer, genesing in plek van gebrokenheid , in pleks van 'n vallei van bedwelming en mislukking… 'n vallei van vryheid, restorasie en transformasie. overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu