Skip to main content

OVERdeBERG

Page 1

+27656862204

overdeberg2020@gmail.com

© 2020. Jacques Louw. All rights reserved.

Jaargang 1 Uitgawe 23

Vrydag 10 Julie 2020

NAMPO Kaap 2020 word gekanselleer 3 So herhaal die geskiedenis 5

Die Canola begin kopuitsteek...

Klavierskenking verbly harte 7

Seegogga skryf 14

“Le Centaur” 16

Foto: Jacolien Terblanche Ons voorbladfoto is eie uit die Overberg. Indien jy graag een van jou pragtige en unieke Overbergfoto’s op ons voorblad wil sien, stuur dit aan ons vir plasing.

“What a find. Adrian and Jill have created something really special here. The attention to detail is exceptional…” - TripAdvisor -

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

overdeberg2020@gmail.com

1


2

Vrydag 10 Julie 2020

Redaksioneel Vrydag, 10 Julie 2020 Goeiedag almal… en so kom nog ‘n besige week ‘n einde. Met die graanlande wat groen staan en die Conola wat hiér en daar die geel begin deurstoot, is dit OVERdeBERG wat ook stadig maar seker aan die verander is. Die laaste week of twee het ek ‘n paar proefnemings gedoen. Hiérdie proefnemings was meestal rondom verskillende skriftipes en watter skriftipes die maklikste leesbaar sal wees. Daar was ook so ‘n paar uitlegveranderings in die blad en oor die volgende paar weke sal julle baie van die veranderings begin waarneem. Ek is iemand wat nie hou daarvan om te stagneer nie en wil die heeltyd kreatief en innoverend dink en hiérdie blad is die perfekte plek daarvoor. Sodoende maak ons die blad beter met elke uitgawe vir julle as lesers. Stadig, maar seker, is ons besig om terug te keer na die volle interaktiewe weergawe. Die laaste paar weke was dit maar moeilik om nuus en gebeure in die koerant te plaas tesame met video- of klankgrepe. Die inperking het veroorsaak dat daar nie baie van hiérdie gebeure op film vasgelê kon word nie, juis a.g.v. die inperkingsmaatreëls en sosiale afstandswetgewing. Soos die regulasies en vlakke van inperking verlaag word, is dit meer nuus wat begin instroom soos wat meer aktiwiteite plaasvind en selfs die skolenuus begin weer so klein bietjie meer raak. Langs hiérdie weg wil ek vir elkeen van OVERdeBERG se ondersteuners, hiér en ook op ons Facebookblad, baie dankie sê vir julle wonderlike ondersteuning van hiérdie blad. Dit is wat dit elke dag die moeite werd maak om voort te gaan met hiérdie publikasie. Geniet uitgawe #23, wat weer propvol is met interessanthede en positiwiteit uit die gemeenskappe van die Overbergstreek.

Geniet julle naweek… bly veilig & gesond, dan gesels ons weer volgende Vrydag.

No 10, 5th Avenue, Arniston Restaurant open Tuesday - Saturday (dinner only) Bookings essential

Email: blueskyarniston@gmail.com www.blueskyguesthousearniston.co.za Phone: +27 (0) 28 4459010 Cell: +27 (0) 71 4186209 See our Nightsbridge listing for availability and bookings.

Special offer R995.00 per room per night for two people

Breakfast included (valid from 1 May - 31 August)

Direct bookings only

“Time is a gift that most of us take for granted. We get so caught up in the business of our daily lives that we rarely stop and take a serious look at how we're spending this gift.” - Cheryl Richardson 2

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

3

NAMPO Kaap 2020 gekanselleer Jacques Louw Die bestuur van NAMPO Kaap en die Bredasdorp Park NPC, het na gesprekke met vennote Graan SA, die owerhede en rolspelers, besluit om NAMPO Kaap vir 2020 te kanselleer. Die finale besluit rakende die NAMPO Kaap Landbouskou, sou aanvanklik eers aan die einde van Julie bekend gemaak word, met die hoop op ‘n beter aanduiding van die COVID-19 pandemie en die gevolge vir die aanbied van massabyeenkomste. Ongelukkig moes die moeilike, dog verantwoordelike besluit, noodgedwonge vroeër geneem word, om sodoende die moontlike kansellasie van die skou op kort kennisgewing af te weer.

Foto: Nampo Kaap/Facebook NAMPO Kaap was die afgelope twee jaar ‘n uiters suksesvolle landbougebeurtenis in die Overberg, maar die COVID-19 pandemie, het die hele wêreld gedwing om nuwer en meer innoverende maniere te vind om besigheid te doen. Tans is daar geen aanduiding wat die situasie en wetgewing rondom massabyeenkomste in September gaan wees nie. Die bestuur van NAMPO Kaap kon dus nie die besoekers se risiko op enige manier verminder of totaal afweer nie.

Graan SA sal graag aan al die NAMPO uitstallers steeds ‘n geleentheid wil bied om ‘n platform te benut waar besigheid en die bemarking van produkte gedoen kan word met produsente en die wyer publiek. Enige belangstellende uitstallers wat deel van die eerste ‘NAMPO Virtueel’ wil wees vanaf 9-12 September 2020 van 09h00 tot 19h00 en Saterdag vanaf 09h00 tot 14h00, word aangemoedig om met die NAMPO kantoor te skakel. Reëlings vir NAMPO Kaap 2021 sal ook wel spoedig afskop, waar uitstallers en besoekers verseker kan wees van ‘n landbouskou in die Overberg wat ‘n voortsetting van die groei en kwaliteit van aanbieding sal bevestig. Kontak Bredasdorp Park NPC vir verdere besonderhede by 028 050 1385.

Die kansellasie van NAMPO Kaap 2020, volg slegs enkele dae na die 2020 NAMPO Oesdag gekanselleer is. Beide organiseerders, Bredasdorp Park en Graan SA, is van die oortuiging dat die onsekerhede rakende die toelating van massabyeenkomste, moontlik nog lank onder bespreking gaan wees a.g.v. die COVID-19 pandemie. Die vroeër aankondiging van die kansellasie, verhoed ook dat NAMPO Kaap se uitstallers verdere voorbereidings doen en gee dié uitstallers ook die geleentheid om tesame met die NAMPO Bothaville uitstallers, deel uit te maak van die opwinding wat die nuut aangekondigde ‘NAMPO Virtueel’ voorspel. overdeberg2020@gmail.com

3


4

Vrydag 10 Julie 2020

Kombuiskuier Jacques Louw

Foto: Pinterest VINNIGE MOSSELSOP Foto: Pinterest

Bestandele: 2-3 blikke (85 g elk) gerookte mossels 1 blik (400 g) klappermelk 500 ml (2 koppies) visaftreksel 45 ml (3 eetlepels) gekapte koljanderblare 2 brandrissies (gekap) 15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap 45-60 ml (3-4 e) sojasous Paar druppels vissous Lemmetjieskyfies Koljanderblare vir bo-oor sprinkle Metode: Plaas die mossels (olie en al), klappermelk, visaftreksel, koljanderblare en brandrissies in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Laat goed kook sodat die geure ook goed kan meng. Verwerk die vloeistof in die kastrol met ’n staafmenger tot die mossels fyner opgekap is. Voeg die suurlemoensap by en geur met soja- en vissous. Sit voor met lemmetjieskyfies en sprinkel koljanderblare oor. Genoeg vir 4 mense. Vir ekstra smaak kan gerasperde cheddarkaas ook ingemeng word met die sop.

MALVAPOEDING IN DIE MIKROGOLF Bestandele: Sous • 1 blik ingedampte melk • 100 g (125 ml) suiker • 125 ml water Poeding • 60 g (65 ml) sagte botter • 200 g (250 ml) suiker • 35 ml appelkooskonfyt • 1 eier • 140 g (250 ml) bruismeel • 5 ml koeksoda • 250 ml melk • 15 ml asyn • 1 liter vanieljeroomys • 500 ml vanieljevla Metode: Plaas al die bestanddele vir die sous in mikrogolfbestande bak en verhit tot kookpunt in mikrogolfoond vir sowat 2-3 minute. Hou eenkant. Poeding: room, botter en die suiker saam in ‘n groot mengbak. Voeg res van poedingbestanddele by, behalwe roomys en vla. Meng tot ‘n gladde beslag. Spuit ’n mikrogolfbestande 30 cm ringpan goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in ‘n pan en verhit in mikrogolfoond op hoog vir 10-12 minute of tot poeding begin verbruin. Laat staan in mikrogolfoond vir 3 minute. Gooi sous oor en laat intrek. Keer uit op opdienbord en sit voor met roomys en vla.

4

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

5

So herhaal die geskiedenis Lunette Coetzee Dit is verbasend om te sien hoe die geskiedenis homself herhaal. In 1918, bietjie meer as ‘n eeu gelede, het die Spaanse griep Europa, Groenland, die VSA en omliggende eilande getref. Dit het nie in Spanje begin nie, alhoewel dit die Spaanse griep genoem is. Die feit is dat meeste van die hoofberigte oor die siekte in laat Mei 1918 koerante gehaal het in Madrid, toe die koning Alfonso XIII dit ook onder lede gehad het. Dit is dus aangeneem dat die uitbreek in Spanje was,terwyl Spanje vir Frankryk blameer het en dit die Franse griep genoem het. Niemand kon met sekerheid die oorsprong bevestig nie. Navorsers kan tot vandag nie vasstel waarom hierdie Spaanse griep so dodelik was nie. Omdat die eerste geval in ‘n militêre basis in die VSA uitgebreek het, het Frankryk, Brittanje en China almal die VSA blameer. President Woodrow Wilson het die Spaanse griep gekry toe hy die "Treaty van Versailles" vroeg in 1819 onderteken het. In die herfs van 1918 is die piek van hierdie Spaanse griep bereik. Die virus was ook die "Spanish Lady" genoem. Intussen was daar ander virusse nl. die Singapore griep in 1957, die Hong Kong griep van 1968 en die H1N1 virus in 2009. Tans sit ons met iets erger, die Covid-19 virus. Dit verwar mense en die hele wêreld voel die effek, en ons almal word daardeur geraak. Weereens word die oë na China gekeer vir die oorsprong daarvan, maar niemand het nog aanspreeklikheid aanvaar nie.

overdeberg2020@gmail.com

Foto: The Guardian/Niday Picture Library Daar is vergelykings tussen die Spaanse griep en die Coronavirus. Dit tas die asemhalingstelsel aan. Mense het ook met maskers moes loop in 1918 en hulle moes persoonlike distansie handhaaf. Teaters, skole, kerke, prentsale, vermaaklikheid- en ontspanningsplekke, was gesluit, asook vergaderings en publieke byeenkomste van meer as 10 mense is verbied. Lapmaskers en gesigskilde was ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. Mense was ook ingeperk en onder kwarantyn geplaas. Die leuse was ook “bly tuis, red lewens”. Die geloof dus was moeder natuur het hierdie dodelike siekte op die mense uitgestort. Sowat 40% van die globale bevolking is in Vervolg op bladsy 6

5


6

Vrydag 10 Julie 2020

Vervolg van bladsy 5 18 maande uitgewis. Hierdie pandemie het kort op die Eerste Wêreldoorlog gevolg en daar was in vergelyking met die sterftes weens die pandemie, onder 2 miljoen sterftes. Dit is dus verbasend hoe die maatreëls vir Covid-19 met destydse maatreëls vergelyk. Ons ondervind ook geweldige finansiële terugslae en daar is geen teenmiddel in sig nie. In 2020 is ook skole, kerke, byeenkomste onderhewig aan beperkings en inperkings.

Die Overberg se wintermooi Foto’s deur Pierre Vlok

Ons het nou vir die eerste keer in ons ganse bestaan met inperkings te doen. Ons sien hoe baie mense geliefdes verloor en hoe baie van ons onderwysers en gesondheidswerkers sterf. Dit is voorwaar 'n tyd van verdrukking en pyn. Mense kry swaar vanweë die insinking van die ekonomie en die voortbestaan van maatskappye. Inderdaad sou dit interresant gewees het om in gesprek te wees met mense wat tydens die 1918 epidemie geleef het. In Suid Afrika se begraafplase is daar vele grafte van mense wat aan die Spaanse griep oorlede is en vandag is die Covid-19 pandemie buite beheer in sekere dele van die wêreld. Daar is alreeds honderdeduisende sterftes regoor die wêreld aangemeld. In ons streek, Kaap Agulhas, hoor ons nou daagliks van mense wat positief vir die virus toets. Al hoe meer mense is in afsondering.

Daar is 'n vrese dat leerders en ook opvoeders teen 'n geweldige pas die virus sal opdoen. Ons hoor al van vele sterftes en skole wat moes toemaak vir dekontaminasie. Mag almal veilig bly, versigtig en paraat wees tydens die Covid-19 tydperk. Steeds te veel mense sien nog nie die werklikheid van hierdie gevaarlike pandemie nie en ongelukkig, sal baie dit eers te laat besef. Elkeen van ons het 'n morele verantwoordelikheid en obligasie teenoor onsself sowel as ons naaste. Lunette Coetzee, Bredasdorp

6

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

7

Klavierskenking verbly harte Lunette Coetzee Verlede week was die skoolhoof van Elim Morawiese Primêre Skool, Me Caureen Cloete, verras toe sy ingelig word van 'n klavierskenking vanuit 'n onverwagte oord. Joseph Kastoor, wat op die Musiek Provinsiale Raad van die Morawiese Kerk Suid Afrika dien, het deur sy eie inisiatief en onderhandelinge met die Methodiste Kerk in Simonstad hierdie skenking bewerkstellig.

Aangesien hierdie orrel groter was as die vorige orrel van Elim Kerk, het die inbou van die orrel daartoe gelei dat die orrelgallery op Elim groter uitgebou moes word. Daar is 'n groep toegewyde orreliste wat beurte kry om die gemeente se lofprysing met orrelgeklank tot groot hoogtes te neem. Tesame met die orrelspel, wek die basuingeklank ook die siele op en dien tot inspirasie van gewyde lofprysing. Dit is sang en musiek wat 'n groot rol speel in die Morawiese Kerk. ’n Koor- en Basuinfees word gereeld gehou. Die skenking van die klavier is een van die vele gebare wat hierdie jaar tot Elim Morawiese Primêre Skool se dankseggingslys gevoeg kan word.

Foto: Verskaf Mnr Peter Golding het logistieke rakende vervoer onderneem, en Me. Susan Ross-Watt van die Methodiste Kerk in Simonstad het die skenking teweeggebring. Die skoolhoof het met die Kerkraad onderhandel sodat dat die klavier in die kerk gehuisves sal word. Vele sal deur dié gebaar van welwillendheid baat. Omdat die skool gereeld in die kerk opvoer, sal dit die beslommernis van ‘n draagbare klavier oor en weer neem, uitskakel en baie moeite bespaar. Daar is ook 'n paar wakker musikante wat van lewendige musiek hou en die jeudiges wat van opgewekte musiek hou, sal ten volle hiérby baat vind. Dan is daar ook die geval van kragonderbrekings, wat orrelspel benadeel. Nou kan Elim-gemeente steeds die musiek geniet, selfs ten tye van beurtkrag. Die kerkorrel help om die erfenis van die Morawiese Kerkmusiek bo aan die hart te lê. In Februarie 1964 is die kerkorrel van 531 pype teen 'n bedrag van R2000.00 van die firma R. Muller Orrelbouers in Kaapstad gekoop en ingebou. Die orrel was voorheen in gebruik by die N.G.Kerk in Drieankerbaai, Kaapstad. overdeberg2020@gmail.com

7


8

Vrydag 10 Julie 2020

Radio Overberg Programskedule Maandag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Breakfast met Bobby Nuus Breakfast met Bobby Musiek Radiodrama Nuus Musiek Nuus Kaviaar vir ‘n Springbok Drive Time met Marquin Radiodrama (H) Drive Time met Marquin Fabulous 50’s met Florence Kruger Pof gesels Van Toeka tot Nou (H) Deurnagmusiek

Dinsdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:20 09:20 – 09:30 09:30 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 16:00 16:00 – 18:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 21:00 21:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Donderdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 10:30 10:30 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 15:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Onderwys Vandag met Jacques Louw Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Municipal Matters Musiek Radiodrama Musiek 20th Century Pop 80’s met Marquin Van Toeka tot Nou met Piet Makwas Rock Rebellie met Andries Roux Deurnagmusiek

Luister nou

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Inspirasiestasie met Leanda Musiek Wat saak maak Radiodrama Musiek Nuus Musiek Drive Time met Jacques Viljoen Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Viljoen 20th Century Pop 60’s met Marquin Met ‘n ander Oor Swing, Sing & all that Jazz Make a Difference (H) Deurnagmusiek

Woensdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 14:30 14:30 – 15:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 05:00

Vrydag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 09:00 09:00 – 09:10 09:10 – 11:00 11:00 – 11:15 11:15 – 12:00 12:00 – 12:10 12:10 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 14:10 14:10 – 15:00 15:00 – 15:50 15:50 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 17:15 17:15 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 20:00 20:00 – 23:00 23:00 – 05:00

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Radiodrama Musiek Nuus Musiek By die Plaashek met Pierre Vlok Nuus Toerismeprogram Musiek Suidernuus Drive Time met Jacques Louw Radiodrama (H) Drive Time met Jacques Louw 20th Century Pop 90’s met Marquin Musiek Breyani met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Landbouradio Ontplof met Pof Toekomsvenster Musiek Nuus Musiek Ommie Tafel Radiodrama Musiek Nuus Musiek Nuus Musiek Uit die Museum Argiewe Drive Time met Rudi de Waal Radiodrama (H) Drive Time met Rudi 20th Century Pop 70’s met Marquin Musiek Caravan Deurnagmusiek

Saterdag 05:00 – 06:00 06:00 – 08:00 08:00 – 08:05 08:05 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:30 16:30 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 20:00 20:00 – 22:00 22:00 – 00:00 00:00 – 08:00

By die Plaashek (H) Pof gesels (H) Toekomsvenster Breakfast met Bobby (H) Fabulous 50’s met Florence Kruger (H) 20th Century Pop 60’s met Marquin (H) 20th Century Pop 70’s met Marquin (H) 20th Century Pop 80’s met Marquin (H) 20th Century Pop 90’s met Marquin (H) Musiek In ons Tyd met Johan Mulder Musiek Boeretroos in die Overberg met Piet Makwas Pof speel Country Pof till Midnight with Jazz Music Deurnagmusiek

Ondersteun plaaslik... Support local...

Sondag 08:00 – 08:10 08:05 – 09:30 09:30 – 10:00 10:00 – 11:00 11:00 – 12:00 12:00 – 13:00 13:00 – 14:00 14:00 – 15:00 15:00 – 16:00 16:00 – 17:00 17:00 – 18:00 18:00 – 19:00 19:00 – 21:00 21:00 – 05:00

Toekomsvenster Afrikaanse Gospel met Piet Makwas Erediens Kruispad met Lunette Coetzee Metronoom Journey met Gurswin Prins Musiek Wat Saak Maak (H) Essential Sounds with LadyK Overberg Sundowner met Marquin Klankbaan met Rudi de Waal Make a Difference met Dennis Bogenhagen Breyani Gospel met Deon Ahrends Deurnagmusiek

Jou eerste, oorspronklike & enigste gemeenskapsradiostasie in die Overberg! 8

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

9

Update on the coronavirus by Premier Alan Winde - 7 July As of 1 pm on 7 July, the Western Cape has 16 958 active cases of Covid-19, with a total of 71 272 confirmed cases and 52 175 recoveries. Total confirmed Covid-19 cases Total recoveries Total deaths Total active cases Tests conducted Hospitalisations ICU or high care

overdeberg2020@gmail.com

71 272 52 175 2 139 16 958 331 377 1 735 315

9


10

Vrydag 10 Julie 2020

10

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

“Art & beauty during lockdown” Letty-Ann Möller Carene Cooper se Kuns- en Handvlytvergadering op internasionale sjokoladedag het VLV-lede verras. Brownies is deur dié VLV-groep per hand by elkeen se huis afgegee, kunsstudio’s is besoek, demonstrasies is gesien, wenke en wyshede is gedeel en ‘n horlosiemaker het ‘n hartroerende sangitem gelewer. 7 Julie 2020 se vergadering het ‘n impak op Bredasdorp VLV-tak gemaak.

11

Mari Bezuidenhout, het haar gedagtes oor “Huppel of Kruppel” gedeel. Kliek gerus hiér om te kyk. Kunstige glasborde wat Sarie Mommsen geskep het, is opgeveil en die wenners was Lorraine du Toit, Ina Odendaal, tannie Jossie Swart en Annette van Eeden. Skoonmaakwenke wat deur Sarie Mommsen en Almare Scholtz gedeel is:  Was rottangmeubels skoon met seepwater en daarna met soutwater en maak goed droog in die son.  Vee roesvlekke op chroommeubels weg met verfrommelde tinfoelie.  Smeer bloekomolie op ‘n wit lappie, vee dit oor olie-, ghries- en vetvlekke. Was dan dadelik. ‘n Koswenk van Suzet Neethling: Gooi ‘n bietjie suiker onder in die bak waarin jy kaas stoor. Dit keer dat kaas muf. Allerlei ander wenke, o.a. van Adel Dreyer oor ons viervoetige kinders, is in ‘n aanbieding gedeel, maar die wenke oor “the wonderful and weird uses of a slow cooker” wat Carene Cooper gedeel het, is besonders.

Die eerste video-inset was Elize Robbertze se sielvolle voorlesing uit die eerste brief van Jakobus. “As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid en Hy sal dit aan jou gee want God gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.” Jak 1:5. Daarna het Carene almal verwelkom met “ons het ‘n soort van potpourri-vergadering, want daar is iets van alles.” Annette van Eeden, takvoorsitter, het lief en leed gedeel en herinner aan die leefstylitems vir volgende jaar se konferensie. Letty-Ann Möller en Anna-Marie Groenewald het demo’s hieroor gedoen. Google gerus “Get started with Lino printing”. Die “walk through” deur verskeie kunswerkwinkels sluit in Madeleine’s Pottery, Yvonne se privaat kunsversameling van foto’s en juweliersware, sowel as Damian Stone se juweliersontwerpe. overdeberg2020@gmail.com

 Roereiers: Berei dit voor en laat staan oornag op “LOW” in die prutpot. Roer dit net weer deur vir die volgende oggend se ontbyt.  Hou worsies warm: Laat dit regop staan met die deksel op.  Kook aartappels: Draai aartappels toe in foelie (jy kan dit eers sout en peper). Bak vir 21/2 uur oornag op “HIGH” met die deksel op.  Kook mielies: Dieselfde as aartappels, maar net 2 ure.  Lugverfrisser/potpourri: Los kruie in water op en sit die prutpot (sonder deksel) op “HIGH”. Kruie kan bv. kaneel of naeltjies wees en skyfies lemoen en ander geurige vrugte (nie piesangs nie). Vervolg op bladsy 12 11


12

Vrydag 10 Julie 2020

Vervolg van bladsy 11  Rol klam handdoeke op en sit in prutpot op “LOW” vir skoonheidsbehandeling.  Verdryf slegte reuke van ‘n bedompige strandhuis voor die vakansie kan begin. Vul ‘n prutpot halfpad met water en roer 1 koppie koeksoda in. Kook oornag (of langer) op “HIGH”.  Bevogtigerer: Vul prutpot driekwart met warm water, kook op “HIGH” vir ongeveer 20 minute en laat die stoom ontsnap. Laaste, maar beslis nie die minste nie, Lonelda Taljaard van Suidpunt Horlosies wat Jannie du Toit se ‘Gebed’ so mooi sing dat ons voel sy moet ‘n CD maak! Kyk haar video deur hiér te kliek.

Vir die jongspan en jonk van gees Trek gerus hiérdie inkleurprent groter soos wat jy wil hê en geniet die inkleur! Kyk ook op bladsy 15 vir nog ‘n inkleurprent wat jy kan takel met jou kleurkryte. Vanaf volgende week sal ons ‘n skakel plaas waar jy die inkleurprente kan aflaai vir jou eie gebruik.

‘n Linosnee deur Anna-Marie Groenewald, wat amper soos houtsnee is. Foto: Verskaf

Tel die steke op en brei 'n deurlopende stewige ry vir netjiese afwerking van babakombersie. Foto: Verskaf 12

overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

13

Die avonture van oom Kaspaas met Nefie & Ta’ Engeltjie‌ daar doer in die Bosveld.

overdeberg2020@gmail.com

13


14

Vrydag 10 Julie 2020

Seegogga skryf Anne-Marie Groenewald Hoe het Seegogga gebeur? Van jongs af was ek lief vir skryf. Op 10-jarige ouderdom het ek al ‘n paar “gediggies” geskryf gehad, wat ek dan Desembers ewe manmoedig by die CSV Kampkonserte op Struisbaai opgesê het. As ek klavier geoefen het, het ek dit dikwels in die vorm van ‘n Siembamba-program aangebied. Nou moes die “maatjies” trippel soos feëtjies of storm soos reuse (toonlere), dan weer spring soos hasies (arpeggios), ens. Die musiekstukke was stories van prinsesse en verlore liefdes en wonderlike balle in die kasteel. So het ek eendag ‘n goeie pak slae gekry (baie onregverdig), omdat my ma vir ons huishulp gevra het of ek geoefen het, en dié vertel toe dat ek net gespeel het en nie geoefen het nie. My ma glo toe vir haar en nie vir my nie! Op skool, universiteit en my jongmensjare, het ek van tyd tot tyd in ‘n dagboek geskryf. Tog snaaks hoe die drang daar is om te skryf as jy emosioneel voel (gelukkig of ongelukkig), ‘n saak het om uit te pluis, of sommer net soms die drang kry. Jy kan mos sê wat jy wil, sonder onderbreking, wat jy nie kan doen as jy met iemand gesels nie. Goed-goed… tyd is ook ‘n faktor né! So het ek jare lank nie geskryf nie, en baie sterk die behoefte begin voel. Ek het vêr van my hartsvriendinne gewoon en my lewe het nare draaie gegooi. Ek het internet begin ontdek, ook Julia en Juliette gesien, ‘n paar interessante blogs toevallig ontdek en my verstom oor wat mense alles skryf. En ek wou dit ook doen!

So loop ek, rekenaargestremde, ‘n lang ruk met hierdie groot behoefte in my hart om ook sommer my goeters te skryf, maar ek sal mos nie goed genoeg wees nie en sê vir niemand nie, want daar is eintlik niemand om dit voor te sê nie, niemand hier wat my behoefte sal verstaan of wie ek eintlik goed genoeg ken om my eie goeters mee te praat nie. As ek nou terugkyk, besef ek hoe eensaam ek eintlik was. Toe gesels ek toevallig eendag met my kind se ou musiekonderwyseres en sy noem iets van haar blog. Wat? Blog sy? Sowaar? Ek wou dit nog altyd doen! Ek is onmiddellik sommer jaloers dat sy, ‘n Bredasdorper, sowaar die moed het om op die internet te skryf en ek nie. Dat sy sowaar weet hoe om dit te doen en ek nie. Dat sy die moed gehad het om te begin, en ek nie. 14

Maar weet julle, sy is gaaf verby! Sy bied aan om my te help. Sy kom selfs na my huis toe om my bietjie meer rekenaargeletterd te maak. Sy skryf die mooiste en positiefste goed op haar blog. Destyds was sy besig met 40 dae van positiwiteit, waar sy elke dag iets positiefs geskryf het. Sjoe, dit was vir my wonderlik en eintlik net wat ek nodig gehad het toe my eie lewe heeltemal buite beheer begin raak het. Sy wys my op die belangrikheid van ‘n skuilnaam en ek besluit op Gogga, die troetelnaam wat my ouers my as kind genoem het (gelukkig het ek dit nooit as negatief gesien nie, al klink dit nou vir my baie snaaks. Nie Liefie of Hartjie of Prinses nie… Gogga). Toe ek wil Gogga word, is daar reeds ‘n Gogga. Ag en ek wou haar nou hier “getag” het, maar kry nie haar “profile” nie. Sy het baie lanklaas geskryf. Waar is jy, Goggatjie? Toe word ek Seegogga. En hier is ek nou vandag, 7 jaar later, steeds met my bloggie. My selfsorgakkommodasie by die see word Seegogga Akkommodasie. Ek begin daar ‘n tweede bloggie, en ek het selfs sopas ‘n Facebookbladsy oopgemaak onder die naam van Seegogga. My epos adres is seegogga, en ek weet nie hoe ek ooit sonder daardie titel klaargekom het nie. Nou die dag sê die een van my akkommodasie kliënte selfs: ” Ek hoor jy is Seegogga.” So ek is lankal nie meer “incognito” nie, maar wat, dit maak ook nie saak nie. Ek het nooit oor my heel ergste persoonlike goed geskryf nie. Skryf was net ‘n wonderlike uitlaatklep, ‘n ontvlugting, ‘n manier om gedagtes te orden, om dalk ‘n veskil aan iemand se lewe te maak en ‘n manier om my stories neer te skryf voor ek dit vergeet, soos my een kind my so mooi gevra het. Om te blog het my lewe verander. ‘n Boekie is gedruk na aanleiding van my bloggie en daar is ook een van my bloginskrywings in ‘n leesboek vir skoolkinders opgeneem. Vervolg op bladsy 15 overdeberg2020@gmail.com


Vrydag, 10 Julie 2020

15

Vervolg van bladsy 14

Continued from page 16

Ek het ook aan ‘n radiodramakompetisie deelgeneem a.g.v. ‘n bloginskrywing, (nie gewen nie, maar ten minste het ek dit gedoen en baie dankie André Kotze vir al jou motivering en inspirasie) en een van my blogstories is op Tjailatyd deur Amoré vertel. Een van my 5 minute prentjies het een van die gewildste kersfeesprentjies op Google images geword, en is selfs deur ‘n Suid Afrikaanse tydskrif gegaps. My tikvermoë en my rekenaarkennis het baie verbeter. Ek het wondelike nuwe blogvriende gemaak en het ook ‘n goeie blogviendin geraak met die dierbare blogger hier op ons klein ou dorpie, Bredasdorp.

The bell belonged to a Jesuit Priest. As the blower removed the overburden sand, so peppercorns were seen everywhere. Charles looked up in his records and came across the French ship named “Le Centaur” and on doing further research, found out that her cargo consisted solely of peppercorns! Other artefacts found were complete wine “onion” bottles, a gold earring, parts of a pig’s skeleton which had parts of a wooden cage around it and shards of thick porcelain.

Ja, liewe Toortsie (wat intussen ook haar eie baie suksesvolle “Banting” kookboek geskryf het), jy was en is steeds ‘n groot bron van inspirasie en ek dank jou daarvoor! Toe ek nou vanoggend die storie van Toortsie lees, het jy my weereens geïnspireer om ook Seegogga se storie te vertel en dus weer ‘n slaggie te blog!

Photo credits: SUNDigital Collections - Stellenbosch University

Credit for the article to https://beachcomberguide.co.za/

Lees meer van Anne-Marie Groenwald se stories op haar blog. Skandeer of kliek op die QR-kode.

overdeberg2020@gmail.com

15


16

Vrydag 10 Julie 2020

History from the Overberg Jacques Louw “Le Centaur” was a French ship carrying 300 crew, 100 passengers and a cargo which consisted solely of peppercorns. She was commanded by Captain Monsieur de la Butte and bound from Mauritius to France, when on the 19th January 1750 , she ran aground a little west of Cape Agulhas in fine weather.

“All would have been well had the Captain kept his head, but a few hasty decisions led to faulty manoeuvres. Before he quite realized the risks he was incurring, his ship was caught in an inshore current and carried ashore, grounding gently on a sandy bottom, the succeeding waves pushing her in further, until she was so tightly held that the men labouring in the boats could not haul her off again. The order to abandon ship brought the 400 people, including several woman and children, crowding to the side. In an orderly fashion they jumped down, or were lifted down, to the beach in safety. They were several days trek from the Castle, but to attempt that heartbreaking journey was preferable to camping on the beach in the remote hope of eventual deliverance from the sea. Lines of seamen passed the bags and barrels in which provisions and water were taken from the ship to dump on the beach. As the last man leaped from the canting deck, the captain gathered the people and spoke of the ordeal before them and of the need for faith and courage so that at last they might arrive safely. He portioned out the supplies, each according 16

to what he could carry. Thus burdened, the trekkers started hopefully, along a coast of precipitous cliffs, resounding river mouths and wide loose beaches, a distance of a few hundred miles that in the absence of even elementary footpaths became a torture of the damned even for tough seamen, let alone for the pitifully faltering women and children. So passed the days of agony, of bleeding feet, blistered heels and torn, weary limbs, days of depleted rations and little water, of hot sun and stinging wind, until finally there was nothing to eat and drink and the Cape still far away. The weak dropped out to die their lonely and neglected deaths on the bitter trail. But when at last news of the wreck reached the Castle, relief wagons were hurried out to pick up the survivors.” Aqua Exploration discovered the “Le Centaur” wreck-site in 1984 while searching for another treasure ship named the “Nossa Senhora dos Milagros“. Until positive identification could be established, they drew up a site plan and started with the excavation using their blower for the sand removal. Their main artefacts for identification came in the form of a huge bell and a small corroded coin. After a couple of weeks a coin expert identified the coin to be a French “Double Sol” which dated the wreck between 1738 and 1770. Continued on page 15 overdeberg2020@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
OVERdeBERG by OVERdeBERG - Issuu