
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
![]()

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
Alida Buckle
Die “mooi” by die slegte van ’n pragtige rietdakhuis in Velddrif, wat tot op die grond afgebrand het, was die gemeenskap van Velddrif wat soos een man verenig het om die huis te probeer red.
Volgens Madelie van Tonder, ’n advertensie-verteenwoordiger van Weslander en wat op die toneel in Spoonbillstraat was, het die bure, ander inwoners, die brandweer, die polisie en die buurtwag ingespring om groot gaskanne van die huis af te verwyder voordat dit kon ontplof.
Manne in net kortbroeke, strandplakkies en kamerjasse het ingespring en probeer red wat te redde was.
Helene van Wyk van die Paarl, die eienaar van die rietdakhuis, het op Weslander se Facebook-blad geskryf die brand het vermoedelik buite die huis op die dak ontstaan.
“Ons is geskok oor ons pragtige huis. Daar was niemand binne nie, want dis ons vakansiehuis.
“Baie dankie aan al die mense wat daar gehelp het. Ons waardeer dit opreg.”
Sy het lesers bedank vir hul positiewe kommentare en gesê
sy waardeer dit.
“As dit God se wil was, dan aanvaar ons dit. Die assessor het gesê: It’s an act of God. Ons is baie gelowige mense. Ons harte is stukkend.”
Van Wyk het egter verseker wanneer hulle die huis weer opbou, dit weer 'n “strooidak” gaan wees.
Die gemeenskap het ook die aand van die brand ten spyte van die erge rook gehelp om ’n kleinerige boot van die perseel af te stoot sodat dit darem behoue kon bly.
Matthew Sheldon het namens die Bergrivier-munisipaliteit bevestig die brand het om 19:34 uitgebreek. Hul brandweerpersoneel was om 20:00 op die toneel en het onmiddellik begin om die vlamme te bestry.
Brandweerwaens van die Weskus-distriksmunisipaliteit en die Saldanhabaai-munisipaliteit het later ook kom help.
“Die brand is uiteindelik Vrydag 19 September in die vroeë oggendure – omstreeks 04:15 –geblus,” sê Sheldon.
Die nodige opruimingswerk het tot omstreeks 19:00 geduur.
Die raadslid Johan Moolman het ook heelnag gehelp.
Die huis aan die rivierkant van die hoofstraat net voordat ’n mens De Plaat op pad Piket-


berg toe teëkom, het tot op die grond afgebrand. Wat Van Tonder veral aan die hart geraak het, was die bure wat almal onbaatsugtig moeite gedoen het om te probeer help.

Velddrif-inwoners en verskeie brandweerspanne het die afgelope Vrydag (19 September) tevergeefs probeer om ’n rietdakhuis wat aan die brand geslaan het, te probeer












































































































































































































































































































































































































































































Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453






























































































