Skip to main content

Weslander E-Edition - 4 June 2026

Page 1


‘Begroting duiopmorelekompas’

AlidaBuckle

“’n Munisipale begroting is meer as net syfers op ’n balansstaat. Dit is ’n morele verklaringvan ’n munisipaliteit se prioriteite.”

Só het raadslid William Morrison van die Patriotiese Alliansie (PA) die Saldanhabaai-munisipaliteit(SBM) se nuwe begrotingbeskryfop’nspesiale raadsvergadering op Donderdag 28 Mei. Die driejaarbegroting vanR7,7miljard is met 18 teenoor 5stemme goedgekeur. Dit bestaan uitR6,4 miljard vir bedryfsuitgawes en R1,3 miljard vir kapitaalprojekte, waarvan 64% aan infrastruktuur bestee sal word.

Die DA, Good, Vryheidsfront Plus en die Truth and Solidarity Movement hetdie begroting gesteun, terwyl die PA,ANC en EFFdaarteen gestem het. Raadslid Mzandile Simon Biko van uMkhontoweSizwe (MK)het buite stemming gebly. Volgens die uitvoerende burgemeester, Marius Koen, was nuwe eiendomswaardasies een van die grootste gesprekspunte onder inwoners. “Eiendommeindie munisipalegebied is in 2025 herwaardeer, met waardes wat gemiddeld met 50%gestyg het sedert die vorige waardasie in 2021. Die totaleeiendomswaarde het van R51miljard

Die SBM hetdrie nuweproporsionele raadslede verwelkom watinMei by die raad aangesluit het: vanlinksis dieuitvoerende

tot R77 miljard gestyg.Dit sal na verwagting eiendomsbelastinginkomste vansowat R399 miljoen in 2026-’27oplewer, teenoor R385miljoen voorheen. Koen het gesê die raad het besluit om die groei in eiendomsbelastinginkomste te beperk ten spyte van die sterk styging in waardes.”

Die PA het die begroting verwerp omdat dit volgens Morrison “nie die armstes’n lewenslyn bied nie”. Die party hetook kommeruitgespreek oor ’n bedryfsoorskot van sowat R30 miljoen oor drie jaar, asook die hoë koste van werknemersalarisse en

Foto:Ethne Lawrence |SBM

elektrisiteitsaankope. Morrison het ook vrae gevra oor elektrisiteitsverliese van 11% en die tariefstruktuur. Die munisipale bestuurder, Heinrich Mettler, het die PA uitgenooi om bewyse vir hul bewerings voor te lê.

Die kapitaalbegroting word hoofsaaklik gefinansier deur kapitaalvervangingsreserwes (70%), eksterne lenings (18%) en regeringsubsidies (12%). Volgens die finansiële hoof, Stefan Vorster, word lenings hoofsaaklik vir inkomste-genererende dienste soos water gebruik en word

bekostigbaarheid noukeurig bestuur. Behuising het ook sterk onder die vergrootglas gekom. Die ANC het kritiek uitgespreek oor die stadige vordering met behuisingsprojekte en die formalisering van informele nedersettings. Volgens die begroting is R193 miljoen oor drie jaar vir behuising bewillig, waarvan R62 miljoen vir diensteenR131 miljoen vir huise bestem is. Die munisipaliteit bly egter grootliksafhanklik vanprovinsiale subsidies. Koen het gesê SBM bedien meer as 161 000 inwoners en meer as 53 000 huishoudings, waarvan meer as 8000 as behoeftig geregistreer is. Huishoudings met ’n inkomste van minder as R6 000 per maand ontvang ’n volle subsidie, terwyl dié met ’n inkomste tussen R6 000 en R6 800 ’n 70%-subsidie ontvang. Ander verligting sluit gratis basiese elektrisiteit, water en ’n verhoogde vrystelling vaneiendomsbelastingin. Tariefverhogings vir algemene dienstesoos water, sanitasie, vullisverwydering en eiendomsbelasting beloop 3,7%, terwyl elektrisiteit met sowat 9,2%styg Opposisiepartye het ook ander kommer uitgespreek.Die ANC het die impak van verhogings op arm huishoudings bevraagteken, terwyl die EFFmeer gedetailleerde begrotingsinligting per dorp versoek het

Vir meer, besoek weslander.co.za

mans bedrieguiteindelik vas

Ledevan die Vredenburg-polisie het ’n 41-jarigevrouwat landwyd met verskeie sake vanbedrog verbind word verlede week op die dorp in hegtenis geneem.

Charmaine Heath, wat op 18 Junie 42 jaar oud word, het verlede Vrydag (29Mei) vlugtig in dieVredenburg-landdroshofverskynnadat sy vroeër die oggend op ’n lasbrief in hegtenis geneem is. Sy is gedurende dienaweek na Mosselbaai oorgeplaas,waar sy weens verskeie aanklagte gesoek word.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vandie Weskus-polisie, is verskeie klagte van diefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer op verskeie plekke in dieland oor die jare teen Heath aanhangiggemaak.

“In baie vandie gevalle was die klaers manswat beweer hulle is deur haar ingedoen. In 2012 is Heath skuldig bevind

aan diefstal nadat sy juweliersware ter waarde van R25200 van ’n man van Genadendal in die Wes-Kaap gesteel het.In dieselfde tydperk is sy ook skuldig bevind aan die diefstal van huishoudelikeitems ter waarde van bykans R2000 van ’n ander man in Genadendal.

“Later dieselfde jaar, in Oktober 2012, is sy in ’n saak in Malmesbury aan winkeldiefstal skuldig bevind nadat sy jeans uit ’n winkel gesteel het.In’nVredenburg-saak van 2018het Heathglo aan ’n man, wat oorsee gewerk het,voorgehou dat sy swanger is en sowat R250000 van hom geëis. Volgens inligting het sy later erken dat sy nooit swanger was nie nadat die man aangedring het om die kind te sien.”

Volgens hofrekords dateer haar eerste botsing met die gereg toe sy 19 jaar oud was en van diefstal van ’n selfoon in Malmesbury aangekla is. Die saak is egter later teruggetrek.

Leiding virtegniese dienste

“Ekishier om die gemeenskappe van die Bergrivier-munisipaliteit te dien en infrastruktuur te help ontwikkel wat groei ondersteuneninwoners se lewensgehalte verbeter.”

So sê Carel van Niekerk, dienuut aangestelde direkteur vantegniese dienste by die Bergrivier-munisipaliteit,wat meer as 17 jaar ondervinding in ingenieurswese, infrastruktuur en projekbestuur het.

VanNiekerk is in Pretoria gebore en het in 2024 as professionele ingenieurstegnikus by die Ingenieursraad vanSuid-Afrika (ECSA)geregistreer. Hy het sy diploma in sivieleingenieurswese in 2007 aandie Tshwane Universiteit van Tegnologieverwerf en later sy Baccalaureusgraad in tegnologie in siviele ingenieurswese in 2013 deur die DurbanUniversiteit vanTegnologie voltooi.

Gedurendesyloopbaanhet hy by ingenieursfirmas soos AureconenWSP Group Africa gewerkenaan infrastruktuurprojekte in Suid-Afrika en internasionaal deelgeneem.Van dieprojekte waaraan hy gewerkhet, sluit in infrastruktuurontwikkeling by die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone Volgens VanNiekerk speel tegniese dienste ’n sleutelrol in plaaslikeregering omdatdit inwoners se daaglikselewe en die ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappebeïnvloed.

Carelvan Niekerk, nuut aangestelde direkteur van tegniese dienstebydie Bergrivier-munisipaliteit.

“Grootmaatwatervoorsiening,paaie, stormwaterinfrastruktuur en instandhouding vormdie grondslagvan goed funksionerende gemeenskappe,” sê hy Sy fokusisom’noplossingsgedrewe tegniesedienste-afdelingtebou wat op groei, infrastruktuurbehoeftes en klimaatuitdagings kan reageer. “Infrastruktuurontwikkeling moet nienet dienste verbeter nie, maar ookgeleenthede virplaaslikebesighede,opkomende kontrakteursenKMMO’s skep,” sê hy

burgemeester,Marius Koen,die speakerOlweneDaniels,Antonie Jansen (Vryheidsfront Plus), Mzwamadoda Bixa(EFF),Fredley Jacobs (DA) en Wilhelm Africa,raadslid.

Vredenburger mik hoog

NoluvuLudidi

Dit is met groot trots dat Hesmari Meyer van Vredenburg, ’n finalis in die Mnr. en Mev. Doof Suid-Afrika 2025, ’n prestasieaseerste prinses en mensekeuse-titel gewen het.

Die spoggeleentheid hetopSaterdag 30 Mei in Gauteng plaasgevind

VolgensMeyer is dit ’n ongelooflike eer en voorreg om hierdie titel te draen dat die prestasiedeurhardewerk, deursettingsvermoë en geloof vrugteafgewerp het

Dit wasvir Meyer ’n skokenmengsel

Wat ditbesonders gemaak het, wasdat ons nie as vyande teen mekaar meegedinghet nie. Ons het as ’n gemeenskap van mense metgestremdhede byeengekom, mekaarondersteun en soos familie geword. Die sterk bande en vriendskappe wat gevormis, sal vir altyd by my bly.”

Methierdie platform wil Meyer graag bewustheid skep en ondersteuning bied om ander te inspireer.

Oordie volgende paar maande sal sy haar projekte en planne noukeurig beplan, sodatsyop’nbetekenisvolle manier die dowe gemeenskapkan dien en ondersteun Tydenshaar reis wasMeyer geseënd

Hopefield-GPF houimbizo

Die Hopefield-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergader Maandag (8 Junie)vir hul imbizo. Ditvind om 19:00 by die Hopefield-Thusong-Sentrum plaas. Almal is welkom.

Werkers mor oor tehuis

NoluvuLudidi

Voormalige werkersbydie Saldanha-ouetehuis het hulkommer uitgespreekoor werksomstandighede en kwessies watal’ngeruimetyd aan die gang is

Volgens dié werkers het hulle in swak omstandighede gewerk en is hulle dikwels sonder behoorlike ondersteuning gelaat

Werkershet met Weslander gedeel dat een van die belangrike kwessies is dat versorgers nie betaal word volgensdie minimumloon soosdie arbeidswet vereis nie, en selfs nadat hulle die tehuis se diens verlaat het, is daar steeds ’n gestoei vir werkloosheidsfondsgeld en ander uitstaande betalings.

Volgens ’n werker, wat anoniem wil bly uit vrees vir vervolging, word daar dikwelsmense afgedank wanneer die werkgewer nie salarisse kan of wil betaal nie, eerder as om formele afdankingsprosesse te volg. Die einste werker wagal sedert 2024vir geld wat uitstaande is. Verder beweer werknemersdat daar geen personeelbestuurder of werknemerwelstandstelsel in plek is om probleme billik te hanteer nie. Veranderings in werksmetodes word glo ingestel sonder konsultasie met werknemers.

TOEGESMEER

Sommige werknemersbeskuldig die bestuur van intimidasie en “bully tactics”, waar werknemers wat hul stem dik gemaak het, afgedank of geïgnoreer is.

Daar is ook klagtes van nepotismeen bevoordeling van sekere werknemers, asook ongelyke betalings tussenwerknemers. Volgens werknemers wordpersoneel gereeld aangestel en afgedank wanneer hulle beter salarisseeis

Veiligheidskwessies is ook uitgelig, met bewerings dat daar geen brandoefeninge plaasvind nieendat problemebydie tehuisdikwels toegesmeer wordennet die “goeie kant” aan die publiek gewys word. Gedetailleerde vrae aan die ouetehuis soos of die ouetehuis by die Departement vanMaatskaplike Ontwikkeling as ’n tehuis vir ouer mensegeregistreer is,isbeantwoord met ’n bewysdat die ouetehuis as ’n nie-winsgewende maatskappy geregistreer is. Dit is nie dieselfde registrasie soos wetlik vereis deur diedepartement nie. Volgens raadslid Suritha du Plessis, wat sedert Weslander se ondersoek begin het, asmenslikehulpbronkonsultant vir die tehuis begin optree het, is dieWet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Arbeidsverhoudinge baieduidelik oor hoe geskille tussen werkgewers en werknemers hanteer moet word. Sy meen werknemers hetdie geleentheidomsodanige klagtesbydie Departement vanArbeid in te dien, wat ditsal ondersoek en geskille probeeroplos deur bv. ’n instansie soos die Kommissie virVersoening, Bemiddelingen Arbitrasie. “Aangesien die betrokke klagtesreeds deur die klaer by die departement aangemeld is,endaar tans ’n saak aan die gang is, is dit nie geskik om dit in die media te probeer oplos nie. Ons wil nie in ’n persoonlike moddergooierymet

’n voormaligewerknemer betrokke raak nie, aangesien ditalbei partye se beeld kan skade doen. Ons is verder van mening dat persoonlike geskille van hierdieaard, ver-alwaar werknemers se gedrag, vergoedingspakket ens. ter sprake is, as vertroulikhanteer moet word. Dit is beslisnie in dieopenbare belang nie. Onsgaan dusin hierdie stadium geen kommentaar oordie aangeleentheidlewer nie en saldeurdie amptelike proses verneem watterbewyse daar vir diegenoemde beweringsis, en dit dan verder hanteer.”

REGISTRASIEENNAKOMINGVANVEREISTES

Du Plessis meen die tehuishet totstand gekom uit’nprivate persoon se inisiatief en liefde virbejaardes. Sy het ’n week gelede laat weet dathoewel diebestuur nou met dieproses vanregistrasie begin het, die volhoubaarheid van dietehuis van diebegin af in die weegskaal wasen ditprobeer het om eerder met bestaande geregistreerdeinstansies saam te smelt. In Februarie is finaal besluitomdie tehuis in Saldanha te behou, weens die enorme behoefte aan versorging vir verswakte bejaardes.DuPlessis hetdie versekering gegee datdie registrasieproses hervat is. Sy het ook gesê’nkonsultant is aangestel om ondersoek te doen en aanbevelingstemaak oor diewetlike vereistes virdie ouetehuisendie nakoming daarvan.DuPlessis het benadruk dietehuis blytoegewydtot diediens wat hulle lewer. “Die inwoners en hul families is almal baie tevrede en gelukkig metwat dietehuis bied.”

Misdaadbrokkies

Weslander verskafweekliks ’n kort blik op die vorigeweek se misdaadgebeure in sy verspreidingsgebied metbehulp vankapt. TaniaHelfrich, distrikswoordvoerder vandie Weskus-polisie •Piketberg: ’n Poging-tot-moord-saak is in Piketbergaangemeld nadat ’n manin’nFordRangerbakkie ’n polisiebeamptebynaomgeryhet.Die voorvalhet Saterdagaand (30Mei) omstreeks 23:30 naby die Meintjieskraalplaasplaasgevind. Die bestuurder vandie bakkie het versuim om by ’n roetine-padblokkadestil te hou. Hy het ’n verkeersbeamptesebeveleverontagsaamen weggejaag. Die verkeersbeampteenpolisie het die mangevolgenvoorgekeer.Die beamptehet twee keer probeer om die mansealkoholvlak deurmiddel van’n‘asemtoetser’ te toets. Dieman is gevra om uit sy bakkie te klim,maarhet weer weggejaag. Die polisiebeamptehet homtot by sy woning agtervolgenuitgeklim (ommet die verdagte te praat) en die manhet weer probeer wegjaag.Hy het toedie polisiebeampteamper omgery •Vredenburg: ’n 36-jarigeman is Saterdagaand (30Mei) omstreeks23:00 in sy regterknie geskiet terwyl hy vanaanvallers in WilgerstraatinWitteklip,Vredenburg, probeer vlug het.’nSaakvan poging totmoordwordondersoek.

•Lambertsbaai: Dieleweloseliggaam vandie 18-jarigeAngle Leeroy is op Saterdag 23 Mei omstreeks04:30 in Swartz-singelgevind. Omstreeks 08:30dieselfde dagis’n26-jarige mansewendyhuis aandie brandgesteek omdatinwoners in die gebied beweer het hy steek die moordenaar weg. ’n Klagte vanbrandstigting word ondersoek. Linex Daniels(26)het op 25 Mei op aanklagvan die moordopLeeroy in die hofverskyn.

•Langebaan:BoitumeloKgoele(38) en Thandile Mayile(28) is verlede Woensdag(27 Mei) in ’n kettingwinkelinLagunaMallaangekeer toehulle verbydie betaalpunt gestap het –blykbaarsonder om vir hulkruideniersware te betaal. oensdag 7Okag vandronk(29Mei) or die verkeer nkelsentrum

Noodhulpvir diere

Ons almal hoop dit gebeur nooit nie, maar ongelukke met troeteldiere gebeur dikwels wanneer ’n mensdit die minste verwag. ’n Hond sny sy poot op ’n stukkende bottel, ’n katbrand haar pootjies op ’n warm stoofplaat,of ’n hondjie eet iets wat hy nie moes nie. In sulke oomblikke tel elke sekonde. Baiemense woon ver van ’n veearts of het nie altyd vervoer of geld om onmiddellik hulp te kry nie. Daaromis’neenvoudige noodhulpkissie vir troeteldiere so belangrik.

’n Noodhulpkissie hoef glad nie duur of ingewikkeld te wees nie. Met ’n paar basiese items kan jy vinnig optree en dalk jou troeteldier se lewe red voordat professionele hulp beskikbaar is. Dit help ook met kleiner beserings wat maklik by die huis behandel kan word. ’n Klein snyplek, insekbyt of splinter in ’n poot kan baie pynlik wees en later infeksie veroorsaak as dit nie behandel

’n Eenvoudigenoodhulpkissievir troeteldiereisbelangrik. Foto:AbsolutImages

word nie.

Die goeie nuusisdat jy maklikself so’nkissie kansaamstel. Gebruik ’n plastiekhouer, koekblik of selfs ’n skoendoos. Hou dit netjies georganiseer, duidelik gemerk en op ’n droë plek waaralmal indie huis dit maklik kan kry.

Basiese items sluit in steriele soutoplossingofsoutwater om wonde en oëuit te spoel, gaas, watte en verbandeombloeding te help stop, asook kleef- of rekverbandwat maklikom’n pootdraai. ’n Skêrmet stomp punte is handig om verbande te sny, terwyl’n pincet of klein tangetjie gebruikkan word om dorings, splintersofbosluise te verwyder. Weggooihandskoene helpomwonde skoon te houen beskermjou teeninfeksies.

’n Digitaletermometer is nuttig om jou troeteldier se temperatuur te meet, maar onthoudat diere se normale temperatuur hoërasmense s’n is. Ditisslim ombyjou veearts navraagte doen oordie normale temperatuur vir jou spesifieke troeteldier.

Ander nuttige itemssluit in ’n handdoek of klein kombers om ’n dier warm te houofveilig toe te draai,’nmuilbandoflanglap vir noodgevalle, en ’n spuitjie sonder naald vir vloeistowwe of wondspoeling. Sommigemense hou ook’nflitslig,ekstra batterye, ’n notaboekie en belangrike noodnommers in die kissie. Dit is belangrik om te onthou dat menslike medisyne gevaarlik vir troeteldiere kan wees. Medisyne soos parasetamol, aspirienenibuprofen kan ernstige skade veroorsaak en moet nooit sonder veeartsadvies gebruik word nie. Indien joutroeteldier medikasiegebruik wat deur ’n veearts voorgeskryf is, houeerder ’n ekstra voorraaddaarvan in die kissie.

Nogiets wat baie mense onderskat, is kennis. Dit help nie jy het al die regte items, maar weet nie hoeomdit te gebruiknie. Basiese noodhulpkennis,soos hoeombloeding te stop of ’n beseerde dier veilig te hanteer, kan’nverskil maak

Maak dit ook ’n gewoonte om jounoodhulpkissie elke paar maande na te gaan.Vervang gebruikte itemsenmaak seker niks het verval of is beskadig nie.

Ons troeteldiere is deel van onsfamilies.Hulle geeliefde, beskerming en geselskap sonder om iets terug te vra

Om voorbereid te wees vir noodgevalleiseen vandie eenvoudigste maniere om daardie liefdetebeloon

Warm harteopWêreldhongerdag

LetitiavanZyl-Schultz

Solidariteit Helpende Hand se Saldanhabaai-tak het die afgelope Donderdag (28Mei) saam met die OnsWinkels in Vredenburg en Langebaan Wêreldhongerdag gedenk deur vars groentesop, broodjies en nie-bederfbare kos aan twee plaaslike gesinne te skenk.

Wêreldhongerdag word jaarliks wêreldwydherdenk om bewustheid te skep van hongersnood en die miljoene mense wat daagliks sonder genoeg kosmoet klaarkom. Diedag dien ook as ’n herinnering dat gemeenskappe deur samewerking en omgee ’n verskil in die lewe van mense in nood kan maak.

Lede van HelpendeHand en die eienaars van die Ons Winkels het hul eie etes virdie dagasdeel van die inisiatief afgestaan om dit eerder aan mense wat minder bevoorreg is, te skenk.

Die Saldanhabaai-takhet sy dank uitgespreek teenoor die Langebaan-gemeenskap vir skenkings van droë voedsel, asook aan Spar Nautica Mall vir vars sopgroente. Die Ons Winkelsin Vredenburg en Langebaan het elk twee dosyn vars gebotterde broodjies geskenk Danksy dié steun kondie organisasie 10 liter vars groentesop en broodjies asook nie-bederfbare kosvan meer as R2000 aan die twee gesinne oorhandig om hulle deur die koue winterdae te help Solidariteit Helpende Hand se tema vir 2026 is ‘Werksyn’. Mense wat graag by die inisiatief betrokke wil raak of ’n bydrae wil maak, van Solidariteit HelpendeHand in Saldanhabaai by 0833829723 kontak.“Die bestehelpendehand is aan die einde van jou arm,” lui die boodskap.Die organisasie fokus daarop om armoede te verlig, verbreek en voorkom deur opvoeding,opleidingenontwikkeling.

Hospiceshoponlyclosedtemporarily

St Helena Sandveld Hospice’s charity shop in Vredenburghas temporarilyclosed following severe waterdamage to the premises.

Accordingtothe organisation, the shop hasbeenclosedsince 11 May 2026 whilerepairs are being carried out. Hospice said the safetyofstaff, volunteers, customersand donated goods remains apriority during the repairprocess.The organisation thanked the community for its patience,understanding and

continued support during the disruption,adding thatcommunity donations andsupport remain vital to the workdoneby St HelenaSandveld Hospice.Donationscan still be deliveredto the hospice officeat2Loubser StreetinVredenburgfromMonday to Friday between08:00 and 13:00.Hospice alsoconfirmed thatits Langebaan charityshop remains openand continues to servethe community. Contact the St HelenaSandveld Hospice officeon022 713 3738.

Fokusopd waarheid

Die redding van ’n ontvoerde Kaapse sakeman uit ’n huisinDiazville, behoort elke inwoner in die Saldanhaba munisipale gebied te laat regops Volgens berigte is die manv weekaangehou en gemartel voord Wes-Kaapse teenontvoeringsee gered het. Nege verdagtesisinv met die saak in hegtenis geneem Diemeeste inwoners hetegter vangehoor toe die polisie toegeslaan Dit laat ’n ongemaklike vraag gebeuronder ons neuswaarvan weetnie?

Misdaad floreerindie skaduwees, dieselfde kan soms van die polit openbare instellingsgesê word. hoorgemeenskappe eers van probleme wanneer dit reeds ’n krisis gew Dan volg ontkenning, verskonings, wys of eenvoudig geen komment Belastingbetalersverwagnie altyd glad verloop nie. Almal verst daar uitdagings, mensgemaakte misverstande kan insluip. Wat verdien, is eerlike kommunikasie. Openheid bou vertroue. Geheimho vernietig dit. Wanneer feiteweerho verdwyn probleme nie, dit skep vir gerugteenwantroue ’n Gesonde gemeenskap word verantwoordbaarheid, eerlikheid bereidheid om oplossings te soek. Die Weskus verdienbeter as skouerophaling.

Wanneer iets verkeerd loop, fokus wees op diewaarheidenh reg te stel, nieomdit toe te smeer

Weskus Media behou die kopiereg op gepubliseer in Weslander en niks mags skrifteliketoestemming gebruik word

Kantoor

Uitgewer

Redakteur

022 713 1251 (t) 074 294 5435

Stefan Kolver stefan.kolver@novu Alida Buckle alida.buckle@novu Redaksie

Noluvu Ludidi Nuuswenke noluvu.ludidi@novu weslander@novusmedia.co.

Advertensies

Madelievan Tonder madelie.vantonder@no Yvette Smith yvette.smith@novus Sirkulasie:Onthe Dot

Algemene navrae: 087 353 1300 /087 074 2945435

Joernalis aan diens/Nuuswenke Alida Buckle/Noluvu Ludidi 082 5760

LETTERS/BRIEWE Letters maybyedited for clarity and style. We cannot reasons for non-publication. Shorter letters are preferred The opinions voiced on the opinion page arethose individual writers, and do not necessarily reflect We viewpoint. Briewe kan geredigeerenverkort word.R nie verskafhoekom’nbepaalde brief nie geplaas Korter briewe kry voorkeur. Die meningsuitgespreek op die meningsblad isdie individuele skrywers en weerspieël nie noodwend gd van Weslander nie.

OMBUDSMAN

Contactthe Weslanderombudsman with readercomplaints. Any complaints,queriesorsuggestions aboutcontent in Weslander maybe senttoour ombudsman, George Claassen, on 021851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud vanWeslander aanons ombudsman, George Claassen by 021851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

Metdie sonwat oor die Weskus sak, stroom ’n groot groep Kaapse Kormorantedie Bergrivier-hawe binne op padnahul oornagplek. Diefotoisom16:50 op 30 Meivan die hawe by Laaiplek geneem. Lesers word genooi om hul mooi Weskusfoto’s na weslander@novusmedia.co.zatestuur.Foto’smoet minstens1MGgroot wees. Foto:Kobus Gouws

Briewevan ons lesers |Letters from our readers

Mans moet mentorswees

In vandag se samelewing hoor ons dikwels die woorde: “Wees’nman.” Maarwat beteken dit regtig?Vir baie mansbeteken dit om sterk te wees, nooit te huil nie en altyd almal anders se laste te dra.Van kleins af word seuns dikwels geleeromhul emosies wegte steek. Maar die waarheid is dat ’n man ook mensis. Baie mans glimlag in die openbaar,maar sukkel stilweg metstres, finansiëledruk, gebrokeverhoudings en emosioneleuitputting.Die grootste geveg gebeur dikwelsbinne-in hulle. ’n Ware man is nie iemand watperfek is nie, maar iemandwat verantwoordelikheid neem, uit sy foute leer en weer opstaan nadat hy geval het. Dit is iemandwat

ander respekteer, sy familiebeskerm en ookaandag geeaan sy eiegroei en genesing.Ons jongmense kyk na hoeons leef. Hullesien hoe onsmense behandel, hoeons reageer wanneer dinge moeilik raak en of onsmet integriteit leef. As mans moet onsweer mentors wees.Jong mans het mensenodig wat virhulle wys hulle hoef nie alleendeur dielewete gaan nie. Om ’n manteweesgaannie oortrots nie. Dit gaan oor karakter, doel en verantwoordelikheid.“’n Wyse man bousyhuis, maardwaasheid breekdit af.” –Spreuke 14:1. (Verkort. Red.)

Thomas Lotz VREDENBURG

Woordvan dieweek

Elkeweek neem die Woordeboek vandie Afrikaanse Taal (WAT)ons saam op ’n ontdekkingstoer vaninteressanteAfrikaansewoorde en idiome.Wil jy dalk ’n woordindie WATborgofselfs’nnuwewoordhelp insluit watnog nie daar is nie? Dit is ook ’n uniekegeskenkidee virtaal-enwoordliefhebbers. Besoek WATby www.wat.co.zaommeer te leer.

keerinmylewetweewaterbuffelsin’nrivier gesien.Ekmoesnatuurlikfoto’senvideo’s neemasbewysvannóg’neersteinmylewe

DeDrift-winkelsentrumopensydeure:

•Jullewatsokla,wonderhoegaanjulleklaashulleskielikdie mallweertoemaak?Geediemensekansomnethulvoete tevind.Weetjullewatallesagterdieskermsgebeur/gedoen wordofgedoenisomdaardiewinkelsteopen?Ekwens’n iederen’nelkwatdaar’nplekkiehet,allesuksestoe.Diéwat sokla–kom,daarisnogplek.Komsitjouwinkelopenkykof jynfoutloseeerstedaghet.-RianaEngelbrecht •Fantasties.Voorspoed.Onssalryengaankyken’nbietjie inkopiesgaandoen–aldiepadvanSt.Helenabaaiaf.WilmavanAswegen

•Wow,verynice.WilldefinitelyvisitthereinDecemberwhile visitingfamily–allthewayfromWelkom.Congratulations onthenewmall.-BarbaraHorn

Fishfactoriesclosing:

•Intervenehow?Ifitisn’tsustainable,youcloseit,oristhe governmentsupposedtopumptaxmoneyintheresothe shareholderscansmile?-KobusConradie •Behoortnettydeliktewees.Indieoudaehetdiefabrieke nettotAugustus/Septembergewerkomsardyneintemaak. Dieseisoenstopgewoonlikdan.Hopelikworddiesardynkwotavergrootomlangertevangenhopelikblydiesardyn waarhullenouis.-TertiusTraut

•JustgiveOceanamoresardinessoalltheworkerscan havework.Thereareplentyofsardinesinthewaterat St.Helenabaai.Lettheirvesselsgoandtrawlforthatfish.Or mustwewaituntilthefishrunouttothedeepforourshort friendstotrawlwherewecan’tseethem?-QuintonGlover •Fishsupplychallenges…isthisduetooverfishingby theChineseandlackofoversightfromourgovernment departments?Andnowwewanttocrybecauseno-one isholdingthegovernmentresponsiblefornottaking accountabilityandnotpreventingoverfishingbytheChinese topreventunemploymentonourshores Langebaan-rioolkwessie:

•Myvraagis:Hoewordnuweokkupasiesertifikateuitgereik virnuwehuiseasdaar’nrioolprobleemis?Verklaareindomsagenteaankopersdatdaar’nrioolprobleemis?Eklaatmy nieverteldathullenieweetvandieprobleemwatalvan 2023aandiegangisnie.-HugoBronkhorst

WritebetterEnglish

Eventhe strongestwriting canbeweakened by small errors.These frequently misusedwords andphrases slip in unnoticed, diminishingboth credibility andimpact.

•Ifyou don’t mind my asking This oneisa bitofanobscure and little-known grammar thing,and oneof those ruleswhere —whenyou useit correctly —people areprobablygoing to think you’redoing it wrong when you’re oneofthe fewwho is doing it right. Butthe properway to sayaphrase like this with agerund— that’s averb ending in -ing —istouse the possessive formofthe adjective “my”, rather than saying “Ifyou don’t mind me asking”. Thinkofitlike this: the asking is an action thatbelongstoyou.Another example?“Do you think my speaking at this event would be agoodcareermove?”It’s acommonmisusebut nota commonly known rule so I’mchucking it in here as a“well isn’tthatnifty”

• Follow Amber Naslund |Medium.com

steeds,hoewel ryslandete rvoer.Ditwas watekgesien ërfeesopgedaag eeswaselektries elsopdieooren myrieldanssstalletjieswas oggendlaas laatmiddag tarieseburgers erbetekendie diggewagen telekkeraan hoopdieburffensherinner dieskyfiesmet gesitsouword evalnie riërvriende ie,doenmaar kanssienvirdie saaknie,paksommerjoueiemandjiekos. Myvegetarieseburgerwasvullend.Ekdink disdieskyfieswatdiemoeilikheidveroorsaakhet.Daarwasgrondboontjiebotterop

myskyfies!Kanjyditnouoorvertel?Ekhet maarvinniggeslukenmy“dieisheerlik”-gesigopgesit.Ekwashongergenoeg. Terwylekmyburgerenskyfiesgeëethet,het ekmyverbeeleksitbydieSpurindiePaarl Mylusvir’nbief-pattieendaardieekstra lekkersousoordieskyfieshetvir’noomblik dieoorhandgekry. Metaldievegetariesekosveiliginmy kossakkie,hetmyingewandeegterbegin protesteerteendievolksvreemdedisse. Eenvandiegastehetintussenontdekek is’nvleiseterenwoumymetallemagdie padnadieligwys.Volgenshaarismyliefde virtjoppiesenworseenvandiegruwelikste dingewat’nmenskannastreef Hoemeersymyprobeeroortuigvandie wondersvangroenteenneute,hoegroter hetmylusvir’nskaaptjoppie,worsenbraaibroodjiegeword Eklaatditmaaraanjouverbeeldingoorhoe dieprotesaksiegeëindighet Dankie,LiezlenTertia,datjullemyverstaan enrespekteer.Dankiedatjullemysaamnooi nanuweeet-enlewenservarings.Wat’n heerlikereis.Ekgaannou’nvleisieoordie kolegooi,met’ngesondeslaaitjiedaarby!

LethembaCareProjects wasdie

Lethemba vier vanjaar drie jaar

Lethemba Care Projects het hulderde bestaansjaar gevier op Dinsdag26 Mei. Die organisasieisin2023gestigmet die doel om hoopte herstel en gemeenskappe op dieWeskuste versterk.

Lethemba CareProjectshet dieafgelopedrie jaar onderleidingvan die stigter GereldoPieterstot ’n bekende gemeenskapsorganisasie gegroei,wat verskeie programme aanbiedomkwesbare individue, jeug,gesinneengemeenskappe te ondersteun

Dieorganisasie fokusonder andereopsopkombuis- en voedselondersteuning,jeugontwikkeling, volwasse-matriek-ondersteuningsprogrammeenbaiemeer

Volgens Pieters wasdie pad niealtyd maklik nie. “Onshet baieuitdagings beleef, insluitend beperkte hulpbronne, finansiële druk en vervoertekorte,maar deur geloof,deursettingsvermoë en die

Weekliksesudoku

Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie. Die een raaisel is van ’n hoër moeilikheidsgraad terwyl die ander meer op beginnersvlak is.

ondersteuningvan onsgemeenskaphet ons aangehou om hoop te bring waar dit dienodigste is.”

As deel van diedriejaarviering sal Lethemba Care Projects ookhul toekomsvisiebekendstel, watdie ontwikkelingvan ’n permanente gemeenskapsontwikkelingsentrum,die uitbreiding vanopvoedkundige programme, dieverkryging van voertuie vir gemeenskapsdiensteengroter vennootskappe met sakeondernemingsenander rolspelers insluit.

Dieorganisasie nooiplaaslike sakeondernemings, gemeenskapslede, vennote en moontlike borge om hierdie mylpaal saam methulle te vier en deel te word vandie volgende fase van groeien impak. “Hierdie driejaar sounie moontlikgeweeshet sonder onsvrywilligers, direksie,vennote, skenkers en die gemeenskapnie. Ons sê dankie aanelkeen wathierdie pad saam metons stap,” het Pieters bygevoeg

Die antwoorde vanhierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander verskyn. Weslander,nagelang vanplek, poog om elke week twee nuweSudoku-raaiselste plaas. Regsisdie antwoordevan verlede week se kopkrappers.

Dameskring leer oorbrein

LetitiavanZyl-Schultz

Lede van die Weskus-dameskring het verlede Dinsdag(26 Mei) by Togryersvlei in Jacobsbaai vir hul maandelikse vergadering byeengekom, nadat dievorige byeenkoms op 12 Mei weens reën en stormweer uitgestel moesword.

Nadat die voorsitter, Magda Deysel, almal verwelkom het, is die gasspreker, Elma Vertue, aan die woord gestel Vertue is ’n motiveringspreker en voorstander van breingesondheid en seniorwelstand. Sy is betrokke by Grey Matters, ’n platform wat fokus op breingesondheid, aktiewe veroudering en lewenskwaliteit. Sy is ook verbonde aan die South African Seniors Fitness Association (SASFA).

Volgens Vertue dui bevindings vandie Wêreldgesondheidsorganisasie daarop dat daar tans meer mense ouer as 65 jaar as kinders jongerasvyf jaar is, en die senior generasie van vandag kan gemiddeldsowat 30 jaar langerasvorige geslagteleef.

Sy het gesê elke mens het ’n keuse oor die kwaliteit van lewe wat hulle willeef “Ons het nie net vyf sintuie nie, ons het ses. Jou sesde sintuig is jou sin van beweging,”het sy verduidelik.

Volgens haar “prop” elkesintuig by die brein in en wanneer ’n sintuig verswak, ontvang die brein minderboodskappe. Daarom is dit belangrik om al die sintuie daagliks te stimuleer.

Vertue het dié beginsel prakties gedemonstreer deur musiek te speel terwyl

Dagboek/Diary

Dagboek-inskrywingsisgratis.Inskrywingsmoet voor17:00op’nMaandagontvangword.Stuure-pos naweslander@novusmedia.co.zaofWhatsApp 0825760453metjouinskrywing.

VRYDAG5JUNIE

SaldanhaNGgemeentehousyjaarliksePiken Proeom18:00bydiekerksaal.Boekiemetkaartjies bydiedeuretekoop.KontakErnaby0832852729vir noginligting.

Besteldr.Mooresegewildebeesvleiskerrieen rysbyHuisWittekruinteenR45perbakkie.Kontak 0227132230/9enhaalvan15:00afbydietehuisaf.

GianGroenandBassonLaubscherononestage atDieKoelkamersforonenightonly.Theshowwill startat19:00.Expectamusicaljourneywheresmoky bluescollidewithdeep,heartfeltballadsinawaythat feelsthrillinglyfresh.Visitdiekoelkamers.comtobook.

SATURDAY6JUNE

Lookingtosellyourunwantedgoods?Joinusat theCarBootMarketattheCatholicchurch,Suffren Street,Langebaan,from08:00to12:00.Callor WhatsApp0837795127tobookyourspot

die dames, sittend op hul stoele, hande moes klap en voeteopdie ritme beweeg. Praktiese wenke:

◘Ruik daagliks aanverskillendegeure (geheuefunksie); ◘Vat aanverskillendeteksture soos sponsies, lappiesenborsels (velfunksie); ◘Masseerdie liggaam metgeurige produkte of essensiëleolies (reuk- en tasfinksie); en ◘Rol’ntennisbalonder die voete, veral wanneer jy lanksit (beweging).

“Moet nooit ophou beweeg nie.”

Deysel het diedames bedank virhul diensbaarheid en hul bydrae van sopbestanddele wat geskenk is aan Solidariteit Helpende Hand se sop-en-brood-uitreiking verlede Donderdag (28Mei). Ledeisook aangemoedig om voort te gaan met die jaar se “liggieprojek”-geldinsameling: teldie getalgloeilampe in jou huis, vermenigvuldig dit met vyf, en skenk daardie bedrag.

Elize Boshoff het ’n oorsig gegee van die Waarde-projek,gefokus om kinders op ’n praktiese wyse waardes en Christelike beginsels te leer.

Leonie de Beer, sekretaresse, het aan die dames “Sakgebed-kwiltpakkies” met inspirerende boodskappe van liefde en waardering uitgedeel. Die pakkieskan onder meer by hospitale uitgedeel word.

Deysel het dievergadering afgesluit en gasteaangemoedig om by die Weskus-dameskring aan te sluit.

Kontak Leonie de Beer by 0828728230 vir nog inligting en om aan te sluit

JohanLiebenbergandMathysRoets|ACohen andDiamondJourneyiscomingtoDieKoelkamersat 17:00.WhenRoetsandLiebenbergcometogetherto celebrateCohenandDiamond,theresultisamusical highlightofthelivemusiccalendar.Jointhesetwo exceptionalartistsandexperiencetheverybestof CohenandDiamond–performedwithheartand storytelling.TicketscostbetweenR230andR437 Visitwww.diekoelkamers.comtobook.

SONDAG7JUNIE

MathysRoetsbringdietydlosemusiekvanKoos duPlessisnaDieKoelkamersTeater–’nintieme,roerendevertoningvolstories,emosieenikonieseliedere. Moenieditmisloopnie.Ditbeginom12:00enkaartjies kostussenR207enR368.Besoekww.diekoelkamers. comomtebespreek

SUNDAY5JULY

JointheAzureGymnasticsClubforanuplifting GospelConcertinLangebaan.Theeveningwillfeature gospelmusicbythewell-knowngroupDumisani ledbypastorKevinBooysen,togetherwithtalented localartists.Experienceanightofpraise,worshipand inspiration.TheeventishostedtosupportthedevelopmentofyounggymnastsattheAzureGymnastics Club.Theconcertstartsat16:00,andticketsstartat R60.Visitwww.quicket.co.zatobook.

Smokey BBQchicken pizza

Try thissmoky, sticky andjust alittle sweet, this BBQ chicken pizza comes together perfectly in onebold, flavour-packed slice.

Ingredients

For the dough:

675 gflour pinch of sea salt

1x10g packet instant yeast ½tcaster sugar

2textra virgin olive oil

1½ cups warm water

For the topping:

2-4 tBBQ sauce per base (or to your preference) rotisserie chicken breasts, shredded 350 gmozzarella, grated 1red onion, sliced (optional)

Method

1. To make the dough, sift theflour and salt into aclean bowl and makeawellin the middle

2. In ajug,mix the yeast, sugar and olive oil into the water using aspoon.

3. Allow to stand forafew minutes, then pour into the well.

4. Gradually mix in the flour, swirling it into the liquid. Keep mixing, bringing in more flour, andwhen it all startstostick together, mix in the remaining flour with your hands.

5. Sprinkle alittle flour ontoa clean surface. Placethe dough onto thesurface andkneaduntil smoothand springy,about

10 minutes. Shape it into aball. Rub alittle oil into alarge bowland place the dough into thebowl. Loosely cover thedough withcling film and place it in awarm place for 30 minutes, or until thedough has doubled in size.

6. Sprinkle more flour ontothe counter and briefly knead thedough again. Divide into 4pieces.

7. Roll out thedough into circles or rough rectangles about ½cmthick and place ontogreased and floured baking trays.

8. Top each pizza withthe BBQ sauce, shredded chicken, grated cheese and red onion (if using), then bakeat220°Cuntil golden and crispy.Slice and serve. Source: taste.co.za/recipes/bbq-chicken-pizza/

Pizzainthe oven
afgelope drie jaar al by verskeie projekte betrokke.

Laerskool wysloopbaanmoontlikhede al vroeg

DieLaerskoolPanoramahetsyloopbaandagvirsegraad-7-leerdersverledeVrydag(22Mei)aangebied.Dieleerdersisaanverskeieberoepeenloopbaanmoontlikhedeblootgestel.Ditwasvirdieskool’nwaardevolleervaring watdieleerdersaandieberoepswêreldendiensaandiegemeenskapblootgestelhet.“Onswilgraagonsopregtedankenwaarderinguitspreekteenooraldierolspelerswattydgemaakhetomdeelvanhierdiedagtewees.Baie dankievirjulinsette,demonstrasiesenmotivering.Jullehet’ngrootbydraegeleweromonsleerdersteinspireerenaantemoedigomgrootoorhultoekomstedroom,”hetdieskoolbyegvoeg.

Vorm JJJ

VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS

Hiermee wordkennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68(1) van die RegistrasievanAktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om 'n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nr.T64437/2001gepasseer deur Nellie Marks, identiteitsnommer4512250725082 ongetroudten gunstevan Johnson Mtoti Kolisile, identiteitsnommer 590915 5777 086 en Noklinofu Kolisile, identiteitsnommer 690805 0899 085, Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar,ten opsigte van Erf7535 Saldanha, geleë in die Munisipaliteit Saldanhabaai, Administratiewe Distrik Malmesbury, Wes-Kaap Provinsie,watverloregeraakofvernietigis.

Alle persone wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, wordhierby versoek om dit skriftelik in te dien by the, de Registrateur van Aktes Weskaap, 4Vloer,ForeshorePlace, Absagebou, Riebeeckstraat 2, Kaapstad, binne twee wekena datumvanpublikasievanhierdiekennisgewing.

BRAND&VENNOTEPROKUREURS, VanZylstraat1, Vredenburg, Tel:0227151671, E-pos:ashneen@brandandpartners.co.za, Verw:C9772HB

OR

passedby NADEMAAL

MERWEDETRUST Nr.T 240/1986 aansoek gedoenhet virdie uireiking aandieTrustvan 'n Sertifikaat vanVerenigdeTitel kragtens diebepalings vanartikel 40 vandie Registrasie vanAktes Wet1937, en nademaalhydie die geregistreerdeeienaarisvan:

1.Gedeelte 9('n Gedeelte vanGedeelte 1) vandie plaas Matroozefontein Nr.13,Afdeling Piketberg,ProvinsieWesKaap

GROOT: 225,0639 (Tweehondred vyfentwintig kommanul sesdrienege) hektaar

Gehoukragtens Transportakte Nr.T120557/1997 en

2.Restantvan diePlaas Mtroozefontein Nr.13,Afdeling Piketberg,Provinsie Wes-Kaap

GROOT: 816,992(Agthondred en sestienkomma nege twee twee) hektaar

Gehoukragtens Transportakte Nr.T50195/1986

Welkeeiendommeverenig is en bekendstaan soos hierna vermeld;

SO IS DITDAT ingevolge die bepalings vangenoemde Wet, ek die REGISTRATEURVANAKTESteKAAPSTAD,hierbysertifiseerdat voornoemde

MERWEDETRUST Nr.T 240/1986 hulOpvolgers inAmp, administrateurs of regsverkrygendes, die geregistreerdeeienaarisvan: Gedeelte 10 vandie Plaas Matroozefontein NR.13,Afdeling Piketberg Provinsie Wes-Kaap GROOT: 1042,0561 (Eenduisenden twee en veertigkomma nul vyfses een) hektaar

Whichhas been lostordestroyed

Allinterested persons having objection to the issue of such copy areherebyrequired to lodge the same in writingwith the Registrar of Deeds at 90 Plein Street,CapeTown City Centre, CapeTown within twoweeks fromthe date of publicationofthis notice nd DATEDATPIKETBERG ON THIS THE02DAYOF JUNE 2026.

INGRID ELIZABETH LESTRADE (LPC Number 98048) CONVEYANCER 59 Long Street /POBox 295 PIKETBERG ingrid@lestrade.co.za 0825966284

Lugskoudalkin2027

Die Weskus-lugskouspan het voorlopig Saterdag en Sondag, 20 en 21 Maart 2027 opsygesit vir die vierde Weskus-lugskou by die Saldanha-lughawe.

Voordat finaal besluit word, wil die organiseerdersegter eershoor of genoeg steun uit die gemeenskap, sakeondernemings en die lugvaartbedryf is om nóg ’n skou moontlik te maak. ’n Finale besluit wordin Oktober 2026 verwag.

Volgens die span is dit nie ’n borgskapveldtog nie,maar eerder’nkans om saamte gesels oor die toekoms van die geleentheid en hoe dit steeds tot die Weskus kan bydra. Sedert die eerste lugskou in 2022 het die geleentheid vinnig gegroei en tussen 5000 en 7500 mense per jaar gelok.

Meer as die helfte van die besoekershet vanbuite die streek gekom, wat ’n groothupstoot vir plaaslikeverblyfplekke, restaurante,winkels en toerisme beteken het. Die 2025-lugskoualleen het volgensramings meer as R6,5 miljoen vir die plaaslike ekonomieingebring

Hoewel lugvaart steeds die hoofaantrekking bly, hetdie geleentheidoor die jare uitgebrei om ook jeugontwikkeling, geldinsameling vir nie-regeringsorganisasies (NRO’s), plaaslike verkopers en gemeenskapsprojekte in te sluit. Die skouisdie enigste in Suid-Afrika met ’n toegewyde hommeltuig-afdeling Vir 2027word reedsgedink

Andrévan Zylhet die toeskouers in ’n vorigelugskou met ongeloofliketoertjies in ’n girokopter vermaak.

aan nog groteren meer interaktieweaanbiedinge soos tegnologie-enhommeltuiguitstallings, motorsportdemonstrasies, BMXen skaatsplankryvertonings, leefstyl- en toerisme-uitstallings, jeugprogramme engesinsvermaak.

Die organiseerders sê dit is nognet idees en hulle wil graag hoorwat die gemeenskapgraag by die geleentheid wil sien. Sakeondernemings, organisasies, diensverskaffers, vrywilligers en ander belanghebbendes watbetrokkewil raak,kan CliveCoetzeeby0846141675 bel of e-posstuur na clivecoetzee@ sun.ac.za.

Sailingcelebrated

As theWestCoast’s familiar summer winds make way for colderdays andapproaching winterfronts, another sailing season hascome to an endat Port Owen Yacht Club.

Members marked the occasion on Saturday 30 May with the club’s traditional closing cruise in near-perfectweather conditions.

Afleet of vesselsdeparted from Port Owen, sailed past Rooibaai andcircled CommodoreBruce Quayle’svessel in salute before continuing via Laaiplek Harbour andback to the yacht club.

Weslander joined Derek (73) andSharyn (71) aboard their Ocean 31 yacht, Reflexion.

ForSharyn, sailing hasbeen part of her lifesince childhood. Having sailed with her parents fromthe ageofnine, she describes it as aunique connection between people, the wind andthe sea.

Derek, who originally preferred rugby andcars, metSharyn when he was 19 years old

The couplehas been sailing together ever since andrecently celebrated their 50th wedding anniversary.

Their passion for sailing has also been passed on to their son, Brad, who completed the prestigiousCape to Rio yacht race

“There is no other place like Port Owen andthe West Coast,” Derek said. “The weather and ocean conditions areidealfor ourway of life, andsailing is our life.”

Among their manyadventures, the couple sailed fromPort Owen to Cape Point via Valsbaaion three occasions. Derek also spent

27 days at seain1992 while sailing ayacht backtoSouth Africa fromRio de Janeiro.

As the cruise ended,Derek paid tribute to the volunteersof the NationalSea Rescue Institute (NSRI), whosecrewsassist sailorsindistressatsea.

Thecelebrationscontinued later thatevening with a“Howthe West WasWon”cowboy-themed party at the clubhouse.

Establishedin1985, Port Owen YachtClubhas grown from 72 memberstomorethan400 and remainsavibrant partofthe localboating community.

Speaking in true Western style as “Bad Buck Bruce”,Commodore BruceQuayle said the closing cruise marked the endof another successfulseason

He thankedmembers for their enthusiasm andhighlighted events such as the Festivalof Lights andthe upcomingWinter Wonderlandon13June.

Quaylealsoexpressed his passionfor introducing young people to sailingand praised the

CommodoreBruceQuayleand Vice-CommodoreJeff Hampton.

work of the Saldanha SeaCadets andSaldanha Sailing Academy. Vice Commodore Jeff Hampton will nowtake overthe reins. Havingretiredtwo years ago, Hampton describesPortOwen YachtClubas“onebig family” Fittingly, he named his vessel NeverLookBack.

“Once you come to Port Owen andbecomepartofthis beautifulfamily,you will never look back,” he said

Skutsvan Weskus vaar skitterend

Die Weskusdistrik-jaggeweerskietvereniging het vanjaar uitstekend gevaar,met twee skuts watvir SA presidentspanne gekies is en nege lede watdistrikskleure ontvang het.

Evan Lategan vanVredendal is in Mei by die SA Top-50 Ope-klas in Joubertina in die Oos-Kaapas Skut 3vir die SA Presidentspan aangewys.

Dit volg nadat BarendVerster vanJacobsbaai vroeër vanjaar as Reserwe 1vir die SA Presidentspan in die .22LR-klasgekies is tydensdie Top50- en Top 30-kompetisies in Delareyville.

Volgens die voorsitter, Wouter Basson,isuitnodigingsnadié kompetisies ’n groot eer aangesien net die land se beste skuts genooiword om vir President- en Protea-kleure meeteding

Hy sê die kompetisies plaas skuts ondergroot druk, metuitdagende toestande sooswind en reën wathul vaardighede toets.

Gholfuitslae

Vredenburg-gholfklub Woensdag27Mei GoldenOldies (Individuele Stableford)

1. JapiedeKlerk 42 2. Dawie Joseph 38 3. KC de Jager37 4. FafSteenkamp 36

Jackpot:JoosBasson /Dawie Joseph 11

Nuni: Anod Paulse

Saterdag 30 Mei

Bekker-vleispryse (Medal)

Evan Lategan(Vredendal) maak gebruik van’ndriepoot-skietstok.

Negevan diedistrik se 12 skuts het vanjaar amptelik distrikskleure ontvang en is genooi om dieWeskusbynasionale kompetisiesteverteenwoordig.

Drie skuts,naamlikBarend Verster, SanetVerster en Basson, het toekenningsinaldrieklasse ontvang: .22LR, 223-kaliberen Ope-klas

Die anderses skuts hetelkeen in een klas presteer.

1. MHolloway68

2. Helena Schoeman70

3. Lizelle Olivier 71

4. Ockie Schoeman 72

5. CliveKaptein 73

Nuni: Rodney Sam Bergrivier-gholfklub Woensdag27Mei WeeklikseSundowner (Enkelspel, 9gate)

1. Johan Griffioen 20

2. Alfie Pretorius 20

3. MikeCuley 19 4. RoyMassyn 19

5. Greg Gunton18 Gelukstrekkingswenner:TaxiKotze

Saterdag 30 Mei Jakkals-en-wolf-dag(4-bal American

DieSAJaggeweer-skietvereniging is in dievroeë1990’s gestig en bied veldskietkompetisies aan wat werklike jagomstandighede naboots

Tydens kompetisies word verskillende skietposisiesenteikens gebruik om jagtoestande so realisties moontliktemaak.

DieWeskus-distrik is in Maart 2024 gestig en strek van Malmesbury tot VanrhynsdorpenNieuwoudtville. Dorpe soos Langebaan, Saldanha, Vredenburg, Velddrif, Clanwilliam en Vredendal vormdeelvan diestreek.

Dieverenigingbied op 29 Augustus ’n Ope-skietkompetisie op Swartbergvlei-plaas naby Yzerfonteinaan ’n Gekombineerde.22LR- en 223-kaliber-kompetisie volgop5 September

Belangstellendes kan Wouter Basson by 078 121 8195 kontak of www.sahuntingrifle.co.zabesoek virmeerinligting

Scramble)

1. Elbie Basson, JohanGriffioen, MikeCuley, Nick Schrauwen 55.625

2. PamBrink, Taxi

Kotze, Alfie Pretorius, HarryFransman 56.875
3. JanSkippers, Dave Crous, ChristoMassyn, Bernie vanZyl 57,625
Johanvan Wyk,Reaan vanZyl, Kobus Kotze, Niel Byers57.875
5. BarryKukard, Chenley Fortuin, Berney Meyer, Hein Smit 58.625
Nearest the Pin: Wayne vanZyl #2
Alfie Pretorius#8
Reaan vanZyl #11 Taxi Kotze#17
CommodoreBruceQuayle(right) answering the salute from sailors.
Photo: LetitiaVan Zyl-Schultz

Jou eenstopwebwerf virplaaslike, nasionale en internasionale nuus -GRATIS

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander E-Edition - 4 June 2026 by Novus Media - Issuu