Hou die Weskus ingelig sedert 1972
4 Desember 2025
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
Kaper sterf in jaagtog Puin besaai die pad, met dele van die gekaapte voertuig wat op die oop veld in Idasvallei langs die pad gestrooi is. Foto’s: Eikestadnuus
Lees berig op bl. 2
Links: ’n Polisiefotograaf neem die wrak van ’n vrou van Porterville se gekaapte motor af. Die vrou is verlede Donderdag (27 November) in ’n gewelddadige kaping gedwing om saam met haar kaper te ry. Sy kon in Gouda uit sy kloue ontsnap, voordat hy met haar voertuig gevlug het. Die verdagte is later dié dag in Stellenbosch dood toe die motor in ’n hoëspoed-jaagtog met die polisie verwoes is.
Vriende aanskou verdrinking
Die gemeenskap staan die afgelope Saterdag (29 November) saam op die strand by Tabakbaai in hoop dat die 15-jarige Hano van Rheenen lewend uit die water gehaal sal word, maar hy het tragies verdrink toe ’n sterk stroom hom weggeruk het. Sy groep vriende en sy broer moes magteloos toekyk. Sy familie beskryf hom as ’n liefdevolle vegter. Lees die berig op bl. 2. Foto: West Coast Medical Rescue
Wyle Christiano “Hano” van Reenen (15).
Lewenslank vir kinderverkragter
-3
Vredenburgers vas oor onwettige wapens - 4
Muurversierprojek in Saldanha voltooi -5