Tel: 022 713 1251 / E-pos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / WhatsApp: 082 576 0453
.co.za 3 September 2026
Biltong-egpaar J
Alida Buckle
dood op bankie gekry Bedrog van R7,3 m ondersoek
ACOBSBAAI – ’n Bejaarde egpaar van Citrusdal, wat die afgelope maande by Weskus-markte biltong by markies verkoop het, is Maandag (31 Augustus) doodgeskiet op ’n piekniekbankie by ’n uitkykpunt gekry.
Dat Jacques Umans (66) en sy vrou, Marlene Umans (68), selfdood gepleeg het, is een van die moontlikhede wat die speurders van die Saldanha-polisie ondersoek. ’n Spaans-vervaardigde 9 mm pistool is op die toneel aangetref.
Die Umans-egpaar moes dié dag saam met ’n familielid vir die eerste keer op aanklagte van bedrog, kuberbedrog en geldwassery in die hof verskyn. Kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, sê ’n sakeman van Citrusdal het ’n klagte aangemeld oor R7 355 651 wat tussen 2020 en 2021 uit sy onderneming verduister is. Dokumente is glo vervals. Die beweerde ongerymdhede het tydens ’n oudit van die onderneming se boeke aan die lig gekom. Die familielid moet nou op Maandag 26 Oktober in die hof verskyn terwyl die ondersoek na die tragiese voorval voortduur.
‘n Videogreep van ‘n sosialemediaonderhoud vroeër vanjaar met Jacques Umans (links) en sy vrou, Marlene. Polisiebeamptes op Maandag 31 Augustus besig op die toneel by die uitkykpunt by Jacobsbaai waar die Umans-egpaar se lewelose liggame en ‘n pistool gekry is. Foto: Alida Buckle
Hooggeregshofsaak oor Die Eiland Huis begin - 2
4 000 bikers boost local economy during rally - 2
Vredenburger pen sy lewensverhaal neer - 3