Skip to main content

Weslander E-Edition - 3 July 2025

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

3 Julie 2025

100 FIRM BEDSTELLE 8% ekstra vir XL

RM WinAskopie!

was

w

nou

R4 999 R4 199 Enkel 3/4 R5 499 R4 699 Dubbel R6 499 R5 499 Koningin R6 999 R5 899 Koning R9 499 R7 999

Geldig tot Sondag, 13 Julie 2025 • Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / BF&W VELDDRIF LANGEBAAN VREDENBURG

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / E-pos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

Vissers staan dié keer saam

Noluvu Ludidi Die kleinskaalse vissersgemeenskappe in die Weskus is moedeloos en sukkel om ’n bestaan te maak. Met hul pleidooie wat op dowe ore val, is die volgende stap om Maandag 14 Julie ’n vreedsame betoging te hou. Volgens die Fishers Movement for Change (FMFC) sal die aksie ’n week duur of totdat die minister van die departement van omgewing, bosbou en visserye instem om met die FMFC-leierskap te vergader om die krisis in die vissers- bedryf op te los.

Die departement het in November 2023 visvangregte aan kleinskaalse vissers vir die volgende 15 jaar toegeken. Dit het beteken dat vissers weer van voor af die proses moes begin en weer aansoek moes doen, terwyl baie van hulle nie finansiering gehad het nie. Vissers meen die nuwe stelsel is onvolhoubaar en onprakties. Volgens Charles Jordaan, ’n visserman en die president van die St. Helenabaaivissersgemeenskapsforum, word nie aan hul griewe aandag gegee nie. Hy meen die regte wat aan die “koöps” toegeken is, is onvolhoubaar en ekonomies nie haalbaar

022 783 2997

022 495 0001

022 713 1121

Vreedsame betoging beplan Kleinskaalse vissers trek swaar en voel hul griewe word nie ernstig opgeneem nie. Foto: Adrian Venter

nie. “Die Wet op Mariene-hulpbronne sluit nie inheemse volke in nie en is ondeursigtig, daar is nie gelyke deelname nie en koöp-lede het geen insae in die bedryf nie. Hierdie is maar net ’n paar van die talle kwessies wat opgelos moet word, het hy gesê. Volgens een visserman is dit ’n daaglikse stryd om kos op die tafel te sit en kop bo water te hou. “Soos dinge nou aangaan, is daar nie ’n toekoms vir ons nageslag nie en ons word in alle aspekte benadeel. Die minister neem nie ons kwessies ernstig op nie

en aksie moet geneem word,” meen dié visser. Volgens Naomi Cloete, die direkteur van die Paternoster Multipurpose Fishing Cooperation, is dit wat in die vissersbedryf aangaan, uiters power. “Die regte wat hulle vir ons gee, was veronderstel om lewensvatbaar te wees. Dit is bitter hartseer. Ons het al hoeveel appèlle gaan aanteken en niemand reageer nie. Die 40 kg vir die jaar is nie eens ’n maand se kos nie en dek nie ons ander uitgawes nie. Dit is hartseer om te weet dat die staat niks van die vissersgemeenskap dink nie,” meen Cloete.

Klagte van diefstal, bedrog teen paartjie van Laaiplek Alida Buckle Sewe sake van bedrog is in Velddrif teen dieselfde paartjie aanhangig gemaak. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het een klaer vyf van die klagtes teen die vermeende swendelaars aangemeld. Dié klaer beweer dat die man en vrou van Laaiplek, wat hulself oral op sosiale media bemark, hom al sedert Oktober 2023 bedrieg het. Die ander klaers is ’n 60-jarige vrou en ’n 41-jarige man.

Die bewerings wat die Laaiplek-polisie se speurders teen die twee beweerde swendelaars ondersoek, sluit onder meer in die vervalsing van handtekeninge, die aangaan van boukontrakte waaraan nie gehoor gegee word nie en nie by die voorwaardes gehou word nie, en die voortdurende “verskuiwing” van ’n sakeonderneming se geld. • Die Laaiplek-polisie ondersoek in ’n onverwante geval ook 14 sake van die diefstal van pensioenbydraes wat verlede week op Vrydag 27 Junie by hulle aangemeld is.

Bergrivier se mense by begrotingsrede -2

Speurders van die Laaiplek-polisiekantoor in Velddrif ondersoek sewe klagtes van bedrog waarby ’n paartjie van Laaiplek glo betrokke is. Foto: Alida Buckle

Nuwe hoof vir Saldanha Animal Care -3

NovaNews-webwerf bekendgestel -7


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook