Hou die Weskus ingelig sedert 1972
31 Julie 2025
7.6L AIR FRYER DAF3376MBG - ‘Matt’ Swart
SLEGS R999 GELDIG TOT SONDAG, 10 AUGUSTUS 2025 | Terwyl voorraad hou
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
VELDDRIF
022 783 2997
LANGEBAAN 022 495 0001
VREDENBURG 022 713 1121
www.applianceworld.co.za | B F & W
’n Groep ontstoke inwoners van Paternoster het die hofsaak bygewoon. “Hulle het gemaak en gebreek soos wat hulle wou,” was die gevoel onder hulle oor die beskuldigdes in die bedrogsaak. Foto’s Alida Buckle
Nóg aanklagte teen Pato-10 ‘Diefstal’-aanklagte ná duur oorsese reise
Die beskuldigdes in die Paternoster-bedrogsaak van R300 miljoen en ’n beweerde gekonkel met aandeelpryse is, van links, Meiring Tarrant, Petrus Marais, André Eigelaar (in tweede bank), Bennie Lubbe, Kobus Pienaar (in tweede bank), Nico Latsky, Albert Marais en Minette Louw.
AlidaBuckle
Benewens die aanklagte van bedrog van meer as R300 miljoen en die oortreding van die Maatskappywet, staar drie van die tien beweerde aandeelpryskonkelaars nou ook aanklagte van diefstal in die gesig. Die nege sakemanne en ’n sakevrou van Paternoster, Velddrif, Wellington en Kaapstad, wat in Mei vanjaar in hegtenis geneem is, het die afgelope Dinsdag (29 Julie) weer in die Vredenburg-streekhof verskyn. Sake teen drie van die sakemanne – Petrus Marais, Bennie Lubbe en Nico Latsky – is by die hofsitting by die res gevoeg. Hulle was óf nie in die land met die inhegtenisnemings op Donderdag 29 Mei nie, óf besig met mediese behandelings. Ná die sewe se inhegtenisneming het hulle dieselfde dag nog in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Wet op Finansiële Markte en die Maatskappywet – bylae
vyf-oortredings wat as ernstige misdade beskou word en tot langer tronkstraf kan lei. Adv. Louis van Niekerk, ’n senior staatsadvokaat van die kantoor van die direkteur van openbare vervolging in Kaapstad, het dié week ’n aangepaste klagstaat aan die hof voorgelê. Daarin is ’n aanklag van regsverydeling teen al die beskuldigdes bygevoeg. Aanklagte van diefstal is ook bygevoeg teen die drie nie-beherende direkteure van die sogenaamde EPM-blok – die Eigelaar-, Pienaar- en Marais-families. Kobus Pienaar, Petrus Marais en André en Johan Eigelaar het na bewering sedert 2006 tot 2019 onwettig reistoelae van sowat R184000 per jaar ontvang sonder die goedkeuring of magtiging van die aandeelhouers en wat teenstrydig met die Maatskappywet is. Pienaar het in 2003 en 2009 oorsee gereis, Marais in 2003, 2008, 2012 en 2016, André Eigelaar in 2002, 2007, 2009 en 2013 en Johan Eigelaar in 2004, 2009 en 2013. Na bladsy 2.