Hou die Weskus ingelig sedert 1972
30 Oktober 2025
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
Die wêreldbekende Bokkomlaan in Velddrif, waar bokkoms by vissershuisies verwerk en verkoop word en ’n paar ikoniese restaurante en koffiewinkels deur die jare sake gedoen het. Foto’s: Letitia Van Zyl-Schultz
Bianka Mostert is saam met haar man, Dirkie Voges, die eienaars van Velddrif Dagbreek-visserye in Bokkomlaan.
Bokkomlaan bedreig Letitia van Zyl-Scholtz
Die ikoniese Bokkomlaan in Velddrif is lank reeds ’n gewilde toeristebestemming – ’n plek waar geskiedenis, die natuur en kultuur saamvloei. Dié bekoorlike vissershuisies lê langs die Bergrivier en hier word al geslagte lank bokkoms, harders en ander visspesies verwerk. Vandag lok die laning met sy karakter-
‘Munisipaliteit ontken geskiedenis’
volle huisies, voëls, koffieplekke en tuisgebakte lekkernye besoekers van oral. Agter die rustigheid en nostalgie skuil egter ’n groeiende bekommernis. Verskeie eienaars van die vissershuisies sê hul besitregte en kontrakte word stadig verander, “woord vir woord”, sonder behoorlike kommuni-
Lesers in tweespalt oor hospitaal se diens -2
kasie of instemming. Volgens Pieter en Christelle Smit, wat reeds 12 jaar lank twee van die huisies besit en self bokkoms verwerk, raak die onduidelikheid nie net hul familie-erfenis nie, maar ook hul brood op die tafel. Die Smit-gesin verskaf werk aan vissermanne, wat saam vir
Bejaarde stapper steeds soek in Tsitsikamma - 4
sowat 15 gesinne se inkomste sorg. “Ons is skielik ingelig dat die besitreg-ooreenkoms verander het,” vertel Christelle. “Die nuwe kontrak wat die Bergrivier-munisipaliteit (BM) aan ons gestuur het, verskil van wat ons al jare lank onderteken.” Bianka Mostert en haar man, Dirkie Voges, die eienaars van Vishuis 5 – Velddrif Dagbreek-visserye – deel ’n soortgelyke ervaring. Na bladsy 2
FOTOBLAD: Paternoster se mooistes -9