Weslander E-Edition - 27 November 2025 Food Lovers Market Leaflet

Page 1


Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

Só lyk nuwe Carinus-brug

Letitia Van Zyl-Schultz

Velddrif se inwoners gaan gemengde gevoelens hê, maar die bou van ’n nuwe brug oor die Bergrivier gaan gebeur.

Ingenieurs het reeds in 2024 bevestig dat die bestaande Carinus-brug (B2918) nie “veilig vir moderne verkeer is” nie. Die Velddrif-sakekamer het onlangs bevestig dat die nuwe brug gebou gaan word en ’n volledige voorlegging oor die konstruksieprojek is op hul webtuiste te sien.

Volgens Johnny Da Silva, die voorsitter van die sakekamer, sal die lang verwagte infrastruktuurprojek “streeksverbinding verbeter, verkeersopeenhopings verlig en saam met die De Drift-winkelsentrum ’n betekenisvolle bydrae tot Velddrif se ekonomiese ontwikkeling wees”.

Die strukturele inspeksie, wat in 2024 deur AECOM-ingenieurs gedoen is, het aangedui die huidige brug kan nie die vereiste verkeerslading dra nie.

Tydelike versterkingswerk om die

brug sedert Maart 2024 stewig te hou, is reeds voltooi.

Die nuwe brug sal soortgelyk aan ’n kabelbrug wees en groter ruimte oor die rivier en verbeterde vloedbestuur moontlik maak. Die 190m lange brug met ’n hoofspanmaat van 82 m sal breër skouers én veilige voetpaaie tussen 1,8 m en 2,6 m breed insluit.

Beelde in die projekdokument toon ’n slanke, marina-geïnspireerde ontwerp wat die estetika van die riviermonding aanvul.

Die projek strek verder as slegs die brug. Die pad tussen Hopefield en Velddrif word opgegradeer na ’n provinsiale klas 1-pad met breër bane en verbeterde belyning vir veiliger toegang tot die dorp.

Die kruising by die ingang na Velddrif sal ook opgegradeer word na ’n gefaseerde verkeerslig en toegewyde draaibane.

Hoewel die presiese aanvangsdatum nog nie bevestig is nie, dui die projekdokument daarop dat bouwerk aan die nuwe brug waarskynlik in 2027 sal begin.

‘Estetika van die omgewing in ag geneem’

Die ou Carinus-brug (B2918) sal vervang word met ’n splinternuwe brug (B6144) wat die landskap van Velddrif vir altyd gaan verander. Die nuwe B6144-brug beloof om met minder risiko’s, nuwe padopgraderings en ’n wêreld-eerste konstruksiemetode toegang tot die dorp drasties te verbeter.

Die bouwerk sal sowat 42 maande duur, wat beteken die brug kan moontlik in 2029 vir verkeer oopgestel word, indien alle magtigings betyds verkry word. Tydens die konstruksiewerk aan die nuwe brug sal die verkeer deur stop-ry-bane gereël word.

Met min alternatiewe rivierkruisings

naby Velddrif beskryf ingenieurs die nuwe brug as ’n noodsaaklike belegging in die dorp se ekonomiese en logistieke toekoms.

• Indien jy oor die nuwe brug kommentaar wil lewer, stuur gerus e-pos na weslander@novusmedia.co.za of ’n WhatsApp na 082 576 0453.

Blaai vandag om en kry jou Weslander, propvol vars nuus, misdaadbrokkies, vermaak, lesersbriewe, sport en soveel meer!
Sweet Juicy ‘n

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.