Hou die Weskus ingelig sedert 1972
27 November 2025 APPLIANCE 6KG VOORLAAI WASMASJIEN
energie A+++ DAW392 - Manhattan Grys - 2 Jaar Waarborg + 1 Jaar Beperkte Waarborg
SLEGS R3 999 VELDDRIF
022 783 2997
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
LANGEBAAN 022 495 0001
VREDENBURG 022 713 1121
GELDIG TOT SONDAG, 2 DESEMBER 2025| TERWYL VOORRAAD HOU
www.applianceworld.co.za | B F & W
Staptog deur Vredenburg se hoofstraat
Vredenburg se hoofstraat is gister (Woensdag 26 November) ingevaar ter bewusmaking van die hoë syfers van geslagsgebasseerde geweld en vrouemoord in die Weskus-gebied. Foto regs: Van links stap Carol Feris (rampbestuur: Saldanhabaai-munisipaliteit), Lindie Kleynhans (hoof: wetstoepassing en polisiëring), kol. Lindie Marx (Vredenburg-polisiehoof), Mario Jacobs (senior bestuurder van openbare veiligheid) asook Akhona July en Cathleen Mentu van korrektiewe dienste. Foto’s: Danie Hefers
GBV kry rampstatus Alida Buckle
Die Nasionale Rampbestuursentrum het verlede week geslagsgebaseerde geweld (GBV) en vrouemoord tot nasionale rampstatus verhef. Die 16 Dae van Aktivisme is op Woensdag 26 November in die Weskus
die Saldanhabaai-veiligheidsinisiatief (SBSI), het die staptog as bewusmaking van die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld teen vroue, kinders en mans in die Weskus gedien. Die SBSI is ’n vennootskap tussen die Saldanhabaai-munisipaliteit, wetstoepassingsafdelings, nooddienste en gemeenskapsorganisasies.
in Vredenburg van stapel gestuur met ’n bewusmakingsstaptog deur die hoofstraat. Deelnemers het pers of swart gedra ter ondersteuning van die veldtog om te wys dat die Weskus-gemeenskap ferm staan teen geweld. Volgens Joey Pieters, die gemeenskapsveiligheidskoördineerder van
Pato-10: Nóg aanklagte dalk bygevoeg -2
Oorskot langs pad dié van matriekkind -2
.
Pieters sê hulle wil die kollektiewe boodskap van veiligheid, respek, waardigheid en beskerming vir almal versterk. Vanjaar se tema van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog is “Letsema: Mans, vroue, seuns en meisies werk saam om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te beëindig”.
Tragedie vir laerskool-rugbyspeler
-3