




![]()





Letitia VanZyl-Schultz
Die bekende Mike Bolhuis het lede en gaste van die Velddrif-sakekamerverlede Donderdag (19Maart) by hul jaarvergadering toegespreek. Dié deurwinterde ondersoeker het veral gefokus op die groeiende bedreiging van kubermisdaadvir plaaslike ondernemings en inwoners.
Die aand by die Soverby Lapa is geopen met skriflesing en gebed, waarnadie voorsitter, Johnny da Silva, ’n oorsigvan die afgelope jaar gegee het. Hy hetbeklemtoon die Sakekamer se kernvisie is om plaaslike sakeondernemingsteverbind en samewerking te bevorder.
VolgensDaSilvakan Velddrif, as ’n toerismedorp, nieslegsop seisoenale inkomste staatmaak nie. “Wêreldgebeure raak selfs die kleinste onderneming. Plaaslike ondernemings moet saamwerk om volhoubaregroei te verseker.”
Hy hetook verwys na voortgesettegesprekke tussen die sakekamer en die Bergrivier-munisipaliteit rakende honde-vriendelike restaurante –’nkwessie wat beide wetlike vereistes en toerismebelange raak. Sakelui word aangemoedig om betrokke te raak en oplossingstebou, wat Velddrif aantreklik hou
Die sakekamerbeplan verder om die komende maande gefokusde netwerkgeleenthede vir sektore soos gasvryheid, restauranteen klein ondernemings aan te bied
om samewerkingte versterk.
Tydens die geleentheid is plaaslikeondernemings vir uitnemendheid vereer, met meer as 1100 benoemingswat ontvangis–’n duidelikebewys van sterk steun vir ondernemingsindie dorp.
Nádie formele verrigtinge en aandete het Bolhuis die gehoor aangegryp metinsiggewende en onrusbarende feiteoor kubermisdaad –’nbedreiging wat hy beskryf as een van die grootste risiko’s vir ondernemings.
Hy het beklemtoon dat kubermisdadigers hoogs georganiseerd en professioneel werk, met diepgaande kennis van bankstelsels en digitale toestelle.
Volgens hom is Suid-Afrika ’n makliketeiken, met slegs’nklein persentasie suksesvolle ondersoekeenvervolgings.
Bolhuis het spesifiek gewaarskudat klein en medium ondernemings al meer geteiken word –dikwels deurmense met binnekennis, soos voormalige werknemers. Hy het die belangrikheid van integriteitstoetse, leefstylouditsengoeie interne beheermaatreëlsbeklemtoon.
Verder het hy uitgewys hoe maklikpersoonlikeensake-inligting bekomkan word –selfs deur weggegooide dokumente. Hy het vertel van kinders wat deur misdadigers betaal word om dokumenteopashope op te tel.
So word toegangverkry totrekeningnommers, bankstate, polisdokumente en ander persoonlike dokumente. Hy hetelkeen aange raaiomsensitiewe dokumente te

praat by die Velddrifsakekamer se jaarvergadering oor kubermisdaad. Foto’s:Velddrif-sakekamer
versnipper eerder as om dit net weg te gooi. Hy het ook die kwesbaarheid van kinders, vroue en bejaardes uitgelig en sakeondernemingsenouers aangemoedig om digitale risiko’steleer ken.
“Een verkeerde klik kan ’n deur oopmaak, wat groot finansiële skade kan veroorsaak.”
Bolhuis het afgesluit met’n praktiese boodskap: In enigekrisissituasie moetmense kalm bly en ingeligte besluite neem eerder as om emosioneel te reageer –’n beginsel wat volgens homnet so belangrik is vir sakeondernemingsasindividue.
•Nog inligting en foto’s van al die wenners is beskikbaar op die Velddrif-sakekamer se webtuiste
AFDELING-WENNERS
•Landbou:Kliphoek-boerdery
•Gemeenskapsbetrokkenheid: Velddrif-buurtwag


•Opkomende onderneming: Pencils for Smile
•Finansies, regsake, rekenaars en tegnologie: Kim PistorAttorneys
•Front of House: Bianca du Toit
•Gesondheid en welstand: Smart HealthClinic •Gasvryheid en toerisme: 3DOM &Co
•Vervaardiging en energie: Nu
Dimensions
•Openbare dienste: AO Adele Visser
•Eiendom: Property.CoZa Extreme
•Kleinhandel: Sandboskraal
•Dienste: Bergrivier-aanbiddingsentrum

NoluvuLudidi
Om as stasiebevelvoerder van die St.Helenabaai-polisiekantooraangestelteword, is ’n groot eervir kapt. Andrew Prinsloo.
Prinsloo het in 1994 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangesluit en in2010 tydens vakansie in St.Helenabaai op die dorp verlief geraak.
Dus het hy in 2012 die skuif van Vryburg in Noord-Wes gemaakenin2012 by die St.Helenabaai-polisie ingeval.
Prinsloo het sy rol as adjudantoffisier vervul en is met sy nuwe aanstelling as stasiebevelvoerder tot kaptein bevorder. Hy meen met die aanstelling kom groot verantwoordelikheid teenoor diegemeenskap en dit stel hom in dieposisie om positiewe veranderings te maak.
“My eerste prioriteit is om die St.Helenabaai-polisiekantoor se dienslewering aan die gemeenskap te verhoog, ledete motiveer om positief en gedisiplineerd te wees en te alle tye profesioneel op te tree –veral in die uitvoering van hulpligte. My doel is om die algehele voorkoms van die stasie te verbeter.”
Vir Prinsloo kry alle misdade voorkeur.
“Tans is kontakmisdade van die hoogste misdade in die dorp. Dranken dwelmmisbruik dra grootliks tot hierdie misdade by. Die polisie en die gemeenskap moet saamwerkommisdaadinons gemeenskap te bekamp. Die polisie kan nie alleen funksioneer sonder die bystand vandie gemeenskapnie.”
Prinsloo beplan om gereelde bewusmakingsveldtogte te hou en geïntrigeerde optredes in samewerking met die ge-

meenskapspolisiëringsforum, Community inBlue-lede, buurtwagte, private veiligheidsmaatskappye en munisipale wetstoepassingsbeamptes te houom dingeenmense watmisdaad laat gedy, te bespreek.
Hy sienuit om die uitdagingsgepaard metdie aanstelling aan te pakenom vertroue tussen die gemeenskap en die polisie te versterk.
“Ek wil’nvoorbeeld wees vir my lede en hulle motiveer om die gemeenskapte alletye te dien. Vertroue is ’n baie groot woordengroot betekenis tussen albei

Amajor development transpires within the local business sector whenpartnershipsoccur leading to business efficiencyand accompanying enhancement.This took placewith the formalopening of atruck-garage facilitybyDuferco Processing Steel (DSP)toKhulaKhulaTransport Services (KKT) in VredenburgonFriday20March. This keymoment in sustainablebusiness development wasmarkedby the unveiling of acommemorativeplaque by KKT founder MichaelMadangatya.Hethanked DSPfor the experienceofworking together to makethis dreamareality,DSP saying it sawa bright futurein this partnership.Madangatya bought the land in 2016,and construction of the building commenced in 2025 and wascompleted in February2026.The building is seen as asymbol of hope and growth. Pictured areMadangatya and Nicovan Wyk, marketing manger of DSP, following the unveiling of the plaque Photo: NoluvuLudidi



LetitiaVanZyl-Schultz
Shevon Boltman is die stigter en bestuurder van die Saldanha Ouetehuis, ’n instellingsonder winsoogmerkenwat sedert 2020 ’n veilige tuiste vir kwesbare bejaardes in die gemeenskapbied. Watas’nroeping beginhet,het oor diejare tot ’n voltydse verantwoordelikheid ontwikkel, wat nienet toewydingnie,maar ook deursettingsvermoë verg.
Die ouetehuis moes in Oktober 2025 na ’n nuwe perseel verhuis nadat die eiendom verkoop is. Tans huisvesdie sentrum nege inwoners met vyfgeregistreerde versorgers, wat daagliks na hul welstand omsien.Volgens Boltman ontvang die ouetehuis geen staatsubsidie nieenisvolledig afhanklik van inwoners se bydraes en sporadiese skenkings
“Ons lopende uitgawes verhoog gedurigeninwoners valweg en kannie altyddadelikvervang word nie.Dit laat ’n groot gaping,” verduideliksy.
Die grootste uitdagings lê in die daaglikse basiese behoeftes. Voedselprodukte soosbrood,
melk, vars vrugte, groente en vleis vul ’n beduidende deel van die uitgawes. Daarbykom munisipale rekeninge, gas, brandstof, skoonmaakmiddels, wasgoeden die salarisse van versorgers –alles noodsaaklik om’nwaardige lewensgehaltevir inwoners te verseker.
Ten spyte van die finansiële druk, bly Boltman se passie onwrikbaar. Sy glo elke bejaarde verdien respek,sorg en ’n plek waar hulleveilig en geliefd kan voel.
Die ouetehuis ontvang van tyd tot tyd ondersteuning uit die gemeenskap.
“Ons kry skenkings van die kerk en het onlangskomberse en warmwaterbottels by ’n organisasie in Vredenburg ontvang.Ons isopreg dankbaar vir enige vorm van hulp,” sê sy.
Met beperktehulpbronne, maar ’n groot hart, bly Boltman en haar span daagliks toegewyd om hul inwoners met waardigheid en deernis te versorg
•OmBoltman in haar passie vir bejaardesorg te steun, kontak haar by 078541 1531

Boltman het warm waterbottels en komberse ontvang van Mumtaz Limetless. Hier staan Annelie Steyn(Mumtaz) Shevon Boltman en HenkSteyn (Mumtaz).

LetitiaVanZyl-Schultz
In die gees van Maatskaplikewerkersmaandhet Solidariteit Helpende Hand (SHH) verlede week ’n insiggewendeenemosionele inligtingsessie by die Gerimed-aftree-oordaangebied, waar die onmisbarerol van maatskaplike werkers en gemeenskapsdiens beklemtoon is
Die sessie op Donderdag 19Maart is geopenmet ’n besondere oomblik toe Elma Vertue, streekbestuurder van SHH, ’n gedig voorgelees het wat die liefdeswerk en opoffering van maatskaplike werkers vereer. Die gedig, opgedra aan Lizelle de Jager, SHH se maatskaplike werker in die Weskus, het die gehoor diep geraak en die emosionele kern van hierdie beroep beklemtoon Vertue het gesê Maatskaplike Werkers-maandis’ngeleentheid om erkenning te geeaan dié wat daaglikshulself geeomander op

Lizelle de Jagerluister na ’n gedig oor maatskaplikewerk –vir haar voorgelees deurElma Vertue
te hef. Sy het uitgewys hoe maatskaplike werkers nie net ondersteuning bied nie, maar ook hoop herstel in gemeenskappe waar nood en uitdagings groot is.
Die inligtingsessie volg kort op die opening van SHH se Ons Winkel in Oostewalstraat, Langebaan –die 34ste takindie Wes-Kaap.
Die winkel, onder leiding van Lynette Op’Thof, vervul ’n belang-
rike rol om geld vir plaaslike projekte en hulpinisiatiewe in te samel.
Alisha de Lange, die streeksorganiseerder van SHH in dieWesKaap, het die sessie gelei en ’n oorsig gegee van die organisasie se doelwit om gelykegeleenthede vir almal te skep. Sy het vertel van verskeie projekte wat op die steun van bejaardes, kinders en mense met gestremdhede fokus. De Lange het ook met deernis verhale gedeel van kinders wat dikwels slegs een maaltydper dag by die skool ontvang. Sy het verduidelik hoe SHH se HelpJag-projek ’n tasbare verskil maak,waar jagters aangemoedig word om ’n ekstra bok te skiet wat na skole in nood verwerk en versprei word.
“Een eland kantot 83 kinders voed,”het sy verduidelik Die sessie het nie net inligting oorgedra nie, maar ook harte aangeraak –’nkragtige uitbeelding van mense watomgee en daarvolgens optree.



’n Lyk wat iewers gekry word– sonder identifiseerbare items –isnog altyd een vandie mensdom se hartseerste gesigte.
Wanneer daaroor berig word, soos oor die lyk wat naby Jacobsbaai gekry is, bespiegel mensehoofsaaklikoor diewie dit dalk kan wees.In’npaar mense wat ’n vermiste geliefde het, laat dit seker dadelik die vrees dat dit hul vermiste geliefde kan wees.
Die feit bly staan dat ditiemand se kind, lewensmaat of pa was. Om vermoor en boonop sommer langs die pad in die veld gesmyt te word, bly onmenslik; ’n gruweldaad. Selfs gesoute polisieledewat só misdaadtoneel moet hanteer, kandit vir dae en weke later steeds nieuit hul gedagtes kry nie. Hullemoet die plek afkampenondersoek en reëldat die oorskot deur ’n forensiesespanafgehaalword –die hele tyd omring met dieallerverskriklike reuk van’nontbindendelyk in die bloedigeson staan en wag, totdat die nodige afgehandel is.
Sommige kan vir lang tye daarna nie geslaap kry nie.
Wat van ons hou op om diepolisie oor allestekritiseer en vra’nbietjie joubuurman wat in die polisiediens staan, hoe dit met hom gaan? Praat jou klub, organisasie of sakekamer om om ’n bietjie jouplaaslike polisiekantoor te besoek.
Bring muffins.Suid-Afrikaanse polisiemense eet nie almal doughnuts nie.
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks magsonder skrifteliketoestemming gebruik word nie.
Kantoor
Uitgewer
Redakteur
Redaksie
022 713 1251 (t) 074 294 5435
Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Alida Buckle alida.buckle@novusmedia.co.za
Noluvu Ludidi Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia.co za weslander@novusmedia.co za
Advertensies
Madelie van Tonder madelie.vantonder@novusmedia.co.za
Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za
Sirkulasie:Onthe Dot
Algemene navrae: 087 353 1300 /087 353 1333 074 2945435
Joernalis aan diens/Nuuswenke
Alida Buckle/Noluvu Ludidi 082 5760453
LETTERS/BRIEWE Lettersmay by edited for clarity and style. We cannotsupply reasonsfor non-publication. Shorter letters are preferred The opinions voiced on the opinion page arethose ofthe individual writers, and do not necessarily reflect Weslander’s viewpoint. Briewe kan geredigeerenverkort word.Redes word nie verskafhoekom’nbepaalde brief nie geplaas word nie Korter briewe kry voorkeur. Die menings uitgespreekopdie meningsblad isdie vandie individueleskrywers en weerspieëlnie noodwendig d esiening van Weslander nie.

Contactthe Weslanderombudsman with readercomplaints. Any complaints,queriesorsuggestions aboutcontent in Weslander maybe senttoour ombudsman, George Claassen, on 021851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud vanWeslander aanons ombudsman, George Claassen by 021851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.


Experienceanintimatetheatricalperformance with John Maytham in To LifeWith Love at TheBay Club &SocialonSaturday25April. Guests arerequested to arriveat18:15for an unforgettableevening of music andstorytelling. Tickets arepriced atR200 per person. Forbookingsand enquiries, contact: 022714 1177 or operations@bluebaylodge.co.za

Ruhan du Toit is ’n bekroondeSuid-Afrikaanse sangerenliedjieskrywer vanPretoria. Hierdie gewilde musikant,met sy sjarmante, energiekeverhoogpersoonlikheid en indrukwekkendevieroktaafstem, hetoor die afgelope drie dekades diep sporeindie plaaslikeeninternasionalemusiekbedryf getrap enisnet so deel vandie Afrikaanse kultuur soos biltong enkoeksisters. Hy tree op Woensdag15April om 20:00 by Kapstadt Brauhaus in Langebaan op Kaartjieprysebegin by R185.Besoek www.quicket. co.zaomtebespreek.

Once hailed as the Queen of Cabaret, Irit Noble’scareercrashed as she slowly becamebed-bound with asocalled incurableillness.Broke and broken, she movedtothe tinytownofDarling andlearned that youcan’t keep agood divadown! Afew years later, she washealedand begantoreclaim her self-proclaimed titleof professionalshowoff.Inher show“In Real Life”,Noble’soversharing is unfilteredand hilariouslyhard-hitting. Audiences find her storyimmenselyinspiring, but Irit says she is not arolemodel, butacautionarytale, and inspirationalbyaccident.Makesureyou don’t miss this show at Die KoelkamersonSunday, 5April, starting at 12:00.Ticketscostbetween R138 andR253. Book at diekoelkamers.com.
Dagboek-inskrywingsisgratis. Inskrywingsmoet voor 17:00 op ’n Maandagontvang word.E-pos: weslander@novusmedia.co.za. WhatsApp na 082576 0453
DONDERDAG 26 MAART
Juan Boucherisvanaand by Kapstadt Brauhaus in Langebaan op dieverhoog. Die vertoning begin om 20:00enkaartjieprysebeginvanaf R185. Bespreekbyquicket.co.za
OddMan Out by Stuart Taylor at Die Koelkamers. Tickets cost between R184 and R276 Visit www.diekoelkamers.comtobook.
VRYDAG 27 MAART
Arno CarstensenAlbert FrostbyDie Koelkamers om 19:00. Kaartjies kostussen R253 en R460. Bespreekbydiekoelkamers.com
SATERDAG 28 MAART
Die NG Kerk Velddrif hou basaar en ’n MTB-ride word aangebied deur RemaxWeskus tenbatevan die kerk, met ’n 33-km-roetewaarvan17kmlangs die seeis. Inskrywingsvan 06:00 en wegspring om 07:00.Vroeginskrywingsaanlyn is R180,en
Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie. Die een raaisel is van’nhoër moeilikheidsgraad terwyl dieander meer op beginnersvlakis.



R200 op die dag. Kontak Ansaby073 150 0898 of stuur e-posaan ansa@remaxweskus.co.zavir nog inligting. Die basaar begin om 09:30 en gastekan uitsien na baie lekkernye
DieSkuur hou mandjiedans by die Skilpadsaal in Vredenburgom19:00. Dietema is Paasdans. KosteisR60.Bring eie drankies en eetgoed.
SATURDAY 11 APRIL
If youare looking foranoutlet to sell your unwanted goods, join the CarBoot Market at the Catholic church grounds, SuffrenStreet,Langebaan, from 08:00 to 12:00.CallorWhatsapp 083779 5127 to book your spot
SATERDAG 2MEI
DieSandveld-fees word in Redelinghuysgehou met Dirk vander Westhuizen as hoofkunstenaar Besoekers kanuitsien na vele pret.Dit begin om 09:00 en toegang is gratis.
VRYDAG 8MEI
DieATKV-takVelddrif bied aan: Antoinette Kellerman met Hulle woorde,mystem met dank aan Antjie Krog, Dot Serfontein en Breyten Breytenbach by die Riviera-hotel op Vrydag 8Mei om 18:30.Kaartjies kosR250,wat ’n driegangmaaltydinsluit.’nKontantkroegsal beskikbaar wees. Bel AllanDreyden by 084 580 6450
Die antwoorde van hierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander verskyn.
Weslander,nagelang van plek, poog om elke week twee nuwe Sudoku-raaisels te plaas. Regs is die antwoorde van verlede week se kopkrappers.






Die Laerskool Panorama in Vredenburghet die afgelope Saterdag (21 Maart) hul pretloop-dag gehad. Die dagwas gevul metkleur,goeie energie en opgewondenheid. Die skool bedank die leerders en ouers vir hul wonderlikeondersteuning en entoesiastiesedeelname deur die loop vandie dag. “Dit waswerklikhartverblydendomsoveel leerders en gesinne te sien saamkom –vol energie,opgewondenheid en skoolgees. Ubetrokkenheid hetnie net die dag’ngroot suksesgemaak nie,maar ook gehelp om ons skoolgemeenskap te versterk. Ons is opreg dankbaar vir die tyd, moeiteenondersteuning wat uvoortdurendtoon,”het die skool bygevoeg. Links staan die leerders EirahNeiholtz, Shikeena Adams, ElskéNeiholt, Lekesh Luyt,Chloë Goliath, Amzi Abrahams, Miche Malgas en RylanFarmervol kleur.



















VOERTUIE GESOEK OMTEKOOP 3075
AANDAG!!! Alle Kliënte VOERTUIE dringend gesoek Ek koop enige gebruikte voertuie virkontant. Skakel083 4646960.



















Drievan Cubs Karate se lede het op Saterdag 14 Maart onder leiding van die sensei LehanBrand aan dieWorldShotokankarate federation in die Langebaan-karate-sentrum se jaarlikse Rittel ChampsinSaldanha deelgeneem. Diekarateka het die ervaring baie geniet en elkeen met ’n medalje weggestap Op die foto linksisLiam Katzke, sensei Brand, Adriaan Stander en AlaskaDuvenhage

Vredenburg draws against De Kuilen
Theu-19first soccer team of Vredenburg High School recentlyplayedagainstthe Super Sport Super Soccer National champions, De Kuilen High School and it wasaproud moment,especially when they drew 1-1.


wedstryd met een lopie gewen Nadat die Krewedie loot gewen het, het hulle besluit om eerstetekolfenná goeie vennootskappe het hulle 260/7inhul togelate50boulbeurteaangeteken.
Devon Smith se onoorwonne beurt van 90* (nie uit nie) van 57 balle het ses grenshoue en sewe sesse ingesluit
Cecil Jooste se 41 van 59 balle was die tweede hoogstetelling van die Krewe en het twee viere en een ses ingesluit. Ruben Klaase het 38 lopies met 84 balle behaal, terwyl Charlton Villet ook ’n waardevolle bydrae van 36 lopies van 41 balle gemoker het,wat vier viere en een ses ingesluit het. Waylin September was Paarl KK se bestebouler met ’n boulontleding van 2/27 terwyl Taywin Adams ook goeie ondersteuning verleen het deur 2/61 te neem. Paarl KK het die teiken van 261 lopies gejaag, maar is beperk tot259/6lopies –een lopie te min om gelyk te trekentwee te min vir ’n oorwining. Juanrico Vorster het ’n moedige 70 (95b)behaal, wat drie viere en drie sesse ingesluit het. Herscelle Poggenpoel se onoorwonne 50-tal,57* (71b), het met vier viere en twee sesse goeie ondersteuning verleen.
Thandani Majebehet egter Paarl se kolwers geknoop met sy 3/63, terwyl Leighton Goeida ook goeie ondersteuning verleen met sy bydrae van 2/36 en het saam met Majebe toegesien dat Paarl net 259 lopies konbehaal, wat twee lopies te min was en die Krewe’noorwinning van een lopie besorg het VBS Krewespeel nou hul laaste wedstryd van die seisoen op Krewepark teen die Victorians op 28 Maart. ’n Oorwinning sal hul seisoen op ’n hoë noot afsluit vir die 2025/26-seisoen.


MurphyRoberts
Vredenburg se Burg Boys issteeds die pasaangeërsnadathulle Piketberg die afgelope Saterdag (21Maart) in die Boland-Grootuitdaagbeker-Weskus-streekwedstrydmet 104-3 afgeranselhet. Vredenburg, Saldanha en St. Helenabaaiissteedsonoorwonne, en Velddrif het teen Langebaan vasgeval.
Young Hearts hetook huleerstenederlaag teenPaternoster gely. Ruben Abels en sy troepe het 18-22 in Paternoster vasgeval. SaldanhaTigers, watdié seisoenhul buigingindie Grootuitdaag maak,sal ook die Grafkelder die eerstekeer besoek. Met Abels en sy troepe,wat tans die sesde plek op die punteleer beklee, behoort hulle ná Saterdag ’n plek of twee te klim Atlantis en Hamlets pak mekaar môreaand in ’n vriendskaplikewedstryd in Mamre
In die Swartland-reeks het Atlantis, wat steeds voorseisoenwedstryde speel, 13-22 in ’n wegwedstryd teenHands and Hearts vasgeval.
Hamlets hetopsytuisveld ook ’n goeie oorwinning in die vriendskaplikewedstryd teenBelhar behaal.Hamlets het die wedstryd 33-12 gewen.
Mamre se groentruie het op hul beurt die besoekers vanGood Hopes met skitterrugby met 53-15 in die wedstryd in Mamre geklop. Die groentruie, watsoos ’n dieselenjin gesukkel het om aandie gang te kom, hetdaarna die krane behoorlik oopgedraai. Die span vanKenny Stadler, wat verlede week weensswak dissiplineteen Darling se melkboere vasgeval het, moes eenvoudig die wedstrydwen om in die wedloop te bly. Die oorwinninghet ookdie groen truie weer onder die voorlopers geplaas nadat Darling in ’n wegwedstrydteen Abbotsdale gespeelenhullegeklop het. Mamre,wat
Bergrivier-gholfklub
Woensdag18Maart WeeklikseSundowner (Enkel spel, negegate)
1. Nick Shrauwen 21
2. Leon Cilliers 21
3. Greg Gunton 19
4. Dave Crous 18; 5. Elbie Basson 18 Saterdag 21 Maart Property.co.za-gholfdag(Preferred DriveAlliance)
1. Kobus Kotze, Reaan vanZyl, JanSkippers, Paul du Toit (109).
2. HarryFransman, AltonGreen, LionelJohnson, JacquesBurger(108)
3. CWilliams, APaulse,P Adams,C vanWyk (106).
4. Albe Louw,Gideonvan Dyk, DanielHuysamen, Dons Alberhaulser(103).
5. Nick Shrauwen, MikeCuley,Johan Griffion, Altus Coetzee (100) Langebaan CountryEstate Saturday21March SaturdayClubCompetition (Better BallStableford)
Prize-winners:
1. Neil Olivier &Anton Rademan 47
2. RuanMeiring &Chris Breitenbach 42 c/i
3. Mike Blamey &Allan Eriksen42
4. Dane Topass &Mark Topass 42
TwoClubs:MikeBlamey#6, Mark Topass #11, FerdiNell #3,AlexKnutsen #11, Anton vanRensburg#11, Lynette Lotriet #11, CarolShaw#11, NickSchwerin #11,Jaap Storm #3 , Llewelyn Viljoen #11, Kruger vander Walt #11, John Sissons#11, Sidney Bruyns #6.Nearest thePin:Elsie Hepburn #6,LawrenceSchroeder #16.

Saterdag naMalmesbury reis om Never Despair te pak, sal egter moetvoortbouop hul momentumenStadler salook nog aandag aan die span se dissipline moet skenk. Die nederlaag het ook ’n eindeaan Lillies se onoorwonne status gebring.
Weskus-uitslae:
Vredenburg 104-3 Piketberg,Saldanha 81-5Goedverwacht, Velddrif 28-34 Langebaan, St.Helena 35-12 Hopefield, Saldanha Tigers 66-12 Steenberg's Cove en Paternoster22-18 Young Hearts.
Swartland-uitslae:
Abbotsdale 22-28 Darling, Wesbank 28-22 Moorreesburg, Mamre 53-15 Good Hopes, Saron 27-24Never Despair, Porterville 22-21 Villagers Wittewater en Koringberg 39-17 Riebeeck United
•Hierdie naweek speel Young Hearts teen Saldanha Tigers, Paternoster teen Velddrif, Langebaan teen St. Helenabaai, Hopefield teen Vredenburg, Piketberg teen Saldanha en Steenberg Cove teen Goedverwacht.

Noluvu Ludidi
With just onetrophy up forgrabs eight rugby teams are set to tackle the field at the Saldanha Super 8Easter Tournament.
This seventh annual tournament is once againbeing hosted by the Saldanha RugbyClub. The official launch took place in theheart of Langebaan at Club Mykonos on Friday 20 March,attended by players, dignitaries and sponsors.
The SaldanhaSuper 8Tournament is settotake placeonbetween Thursday
2and Monday 6March at the Transnet Saldanha Stadium
Rugby clubs participatinginclude the hostsSaldanha,Vredenburg, Hawston, SK Walmers, SP Hamiltons, Naka Bulls, MultisureEvergreens andGardens.
During the launch the draw determinedthatSaldanha wouldgohead-toheadwith Multisure Evergreens,Vredenburg with SP Hamiltons,Gardenswith Hawston andSKWalmers with Naka Bulls.
Bertram Vraagom, director of the tournament acknowledgedsponsorships and
alsocongratulatedall the selected teams. He said the tournament is aplatform whereone canexcell, be seen andlive outonesdreams. “Weare quitefortunate thatthe previoussix tournamentshave been played in tremendous spirit and with sportsmanship. We believe it will be the very same this year. Iwish you a good tournament andhopethatspectatorswillrock up in numbers,and that ourdearLordwillprotectusall from anyseriousinjuries.”
Thetournament will alsobebroadcastedonSuperSport.



Tel: 022713 1251 /E-pos: weslander@novusmedia.co.za/ Facebook:Weslander Instagram: weslander_koerant /WhatsApp: 082576 0453 26 Maart2026