26 Februarie 2026
9 7 71 6 8 3 3 31 0 0 2
26226
Hou die Weskus ingelig sedert 1972
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
Weskus-vrou vertel
Lees Sonja Kruger se volledige berig hieroor op bl. 3 binne.
Dié foto gee volgens Van Zyl ’n goeie persepsie van hoe groot die reuse-malmokke is. Die wit bassiane (white chin petrels) om hulle is ook groot voëls. Foto: Carika van Wyk Carika Van Zyl van Aurora voor die Dr. Fridtjof Nansen. Sy het as die enigste verteenwoordiger van Suid-Afrika en die Afrika-vasteland haar plek as lid van ’n span van 20 spesialis-wetenskaplikes uit elf verskillende lande op die skip ingeneem, van November 2025 tot Februarie vanjaar. Hulle het deur die Suidwes- Indiese Oseaan gevaar om Walter’s Shoal – ’n baie belangrike marienegebied – wetenskaplik te ondersoek en te dokumenteer.
Hou van kos? Wys jou kooktalent in S.T.I.R. Weskus Is jy ’n hoërskoolleerder wat daarvan hou om in die kombuis te speel en jou gunstelingdisse te maak? Dan is S.T.I.R. Weskus net vir jou! Stuur ’n kort video van jouself terwyl jy jou lekkerste gereg voorberei, en wys ons hoe jy kan “S.T.I.R. up a victory”. Die kompetisie is oop vir almal
wat tussen 2007 en 2011 gebore is. Jy moet jou video saam met ’n kort opstel stuur waarin jy vertel wie jy is, waar jou liefde vir kos vandaan kom en hoekom jy die uitdaging wil aangaan. Die inskrywingsfooi is R500 en die sluitingsdatum is Saterdag 31 Maart. Stuur jou inskrywings aan stirweskus@gmail.com.
Dit is nie net ’n gewone kookkompetisie nie – hier kry jy kans om van professionele sjefs te leer, jou kookvaardighede te wys en groot pryse te wen, soos ’n MSC-vaart vir twee, kookkursusse en sjefge- reedskap. ’n Deel van die geld gaan ook na minderbevoorregte skole om ander kinders te ondersteun.
Die kompetisie vind plaas by die Longacres Privaatskool en Weslander is die hoofmediaborg. Volg S.T.I.R. Weskus en Weslander op sosiale media vir meer inligting. Stap die kombuis in, wees kreatief en wys jou koskookvernuf – wie weet, jy kan die volgende groot sjef van die Weskus wees.