Skip to main content

Weslander E-edition - 24 April 2025

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

25424

24 April 2025

A energie

555L Naturelight SY AAN SY KOELKAS VRIESKAS

9 771683 331002

DFF547

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

VRIES VRIES VRY VRY

- met WATER BEDIENER - Koelkas 365 L : Vrieskas 190 L - ‘Satin Metalic’ afwerking - H 1785 x W 910 x D 700 mm - 2 Jaar waarborg + 3 Jaar beperkte waarborg

+GRATIS AIR FRYER slegs

R12 999

Geldig tot Sondag, 4 Mei 2025 • Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / BF&W VELDDRIF LANGEBAAN VREDENBURG 022 783 2997

022 495 0001

022 713 1121

Swaar straf vir moorde

Man kry lewenslank; twee nog op vrye voet

Alida Buckle ’n Onwettige immigrant van Lesotho is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op ’n bekende en geliefde egpaar van die Aurora-distrik in 2023.

Pierre en Belinda de Kock

Phindile Khaya Pone, wat vir Pierre (59) en Belinda de Kock (56) op hul Holvlei-teeplaas gewerk het, is skuldig bevind op alle aanklagte teen hom – moord, roof met verswarende omstandighede en huisbraak met die voorneme om ’n misdaad te pleeg. Regter Mark Sher het in sy uitspraak op Dinsdag 22 April bevind dat Pone die rooftog by die egpaar en hul uiteindelike moord met voorbedagte rade beplan en uitgevoer het. Sy twee vermeende medepligtiges, ook burgers van Lesotho wat vir die De Kocks gewerk het, is nog op vrye voet. Sher het Pone tot lewenslange tronkstraf vir elke moord gevonnis, plus ’n verdere dertig jaar. Die Holvlei-teeplaas het werk aan 32 mense verskaf. Plaaswerkers het in die verhoor getuig oor die verwoestende uitwerking wat die moorde op hulle gehad het. Die De Kock-egpaar is Vrydag 2 Junie 2023 wreedaardig aangerand, gemartel en vermoor. Hulle lyke is eers twee dae later, nadat niemand hulle telefonies in die hande kon kry nie, op die plaas ontdek. ’n Werker het hulle by die plaasopstal gaan soek. Daar het sy op Belinda se bebloede lyk in die hoofslaapkamer afgekom en die polisie ontbied. Pierre se lyk is in die motorhuis gevind. Volgens die klagstaat het plaaswerkers, wat die Vrydag goedere by die plaaswinkel gekoop het, Pierre die laaste keer omstreeks 19:00 gesien. Pone en sy trawante was saam met hom in die winkel. Voordat Pierre vermoor is, is hy gedwing om sowat R230 000 in verskeie kleiner bedrae in Pone se bankreken-

R59. 99

PER KG

PORK TEXAN STEAKS BABY HAKE

GS BULK SAVIN

www.dcmeat.co.za

We reserve th he righ ht to limit quantities | E&EO

ing oor te betaal. Belinda het eers later die aand by die huis gekom en is reguit na die slaapkamer, waar haar moordenaars haar ingewag het. Sy het nog die klere aangehad waarmee sy dié dag by haar onderneming op Piketberg, Droomland, gewerk het. Dié onderneming het ook aan verskeie mense werk verskaf. Dr. Nadene-Louise Scherman se nadoodse ondersoek op die De Kocks op 7 Junie 2023 het bevind dat Pierre dood is as gevolg van bloedverlies weens ’n diep snywond voor aan sy nek. Belinda is op ’n soortgelyke wyse vermoor – met ’n diep snywond aan die nek.

R39 . 99

PER KG

SUPREME BRAAIWORS PORTIONSFISH 2KG TILAPIA

EACH

SELECT POLONY HAMPERS

R49 . 99 EACH 2KG FRENCH POLONY

BIG VALUE

DC DEAL

R89 . 99

Die moordenaars is nooit weer ná die Vrydag op die plaas gesien nie. Pone se saak is eers in die Laaipleklanddroshof aangehoor voordat dit na die hooggeregshof in Kaapstad geskuif is. Dié moord raak die gemeenskap diep. Net soos wat medelye ná die skokkende moorde van oral af ingestroom het, het verteenwoordigers uit verskillende sektore van die Sandveld- en Weskusgemeenskap vroeër petisies met duisende handtekeninge laat instroom om borgtog vir Pone teen te staan. Die petisies verwys veral na die De Kocks se ekonomiese bydrae tot die plaaslike gemeenskap.

PRICE UNBEATABLE

VINGS MASSIVE SA

E GREAT VALU

VALID F FROM: 24 APRIL - 4 MAY 2025

Pierre en Belinda de Kock se troufoto, op hul troudag op 5 Maart 1994.

R28 . 99 EACH 1KG MIXED VEGETABLES

99 R69 . PER KG SMOKED PORK SHOULDER RIBS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander E-edition - 24 April 2025 by Novus Media - Issuu