



![]()




Die Weskus het pas afskeidgeneem van ’n man wat oor dekades heen ’n blywendeindruk op sy gemeenskap gemaak het.
Jesse Constable (70), ’n geliefdeopvoederengemeenskapsfiguur, is onlangs aan nierversaking oorlede Constable, wat in Hangbos,Laaiplek, gebore is, word deur sy familie beskryf as “’nWeskuskind in murg en been” “As ons hom in drie woorde kon beskryf, sou dit kleurvol, klassieken outentiek wees,” het diefamilie gesê “Hy was ’n woordkunstenaar wat enige storietot op die tiekie konvertel. Hy het
menselaat lag, atmosfeergeskepenoral waar hy gekom het, vreugde gebring.” Musiek was een vansygrootste passies enhywas ’n toegewydeElvis Presley-aanhanger. Op hoërskool het hy saam metvriende die groepLive Wire gestig,waar hy volgenssyfamilie“die hooftrekpleister” was en reeds sy liefde virvermaak en optrede uitgeleef het.
As onderwyser het Constablediep spore getrap –veral by St Augustine Primêr in Paternoster, waarhydie grootste deel vansyloopbaandeurgebring het. Hy hetnie net die skoollied geskryf nie,maar ook ’n opheffingsprogramvir Duitse besoekers geïnisieer, wat’nbetek-

Liefde, omgee en bemoediging
Em-Li Daycareengr.R-leerders hetopMandeldadaghul deel gedoen om liefde en omgee te verspreideur spesialepakkies na die Saldanha-ouetehuis te neem.Die kinders en personeel het saamgewerkomdie pakkies voor te berei en aan die inwonersvan die ouetehuis te oorhandig.




Weskus Mall,insamewerking met die Saldanha-seekadette,het vir Mandeladaggesorgdat 1200 matriekleerders met noodsaaklike skryfbehoeftesen’n boodskap vanondersteuning voor hul eindeksamen bemoedig salword. Die pakkies, watspesiaal virdie matrukulantevoorberei is,bevat onder meer ’n boekie,pen, potlood,uitveër, stickynotes en lekkernye.Die pakkies salbinnekort aan matriekleerders vanvyf skole oorhandig word,naamlik Hoërskool Weston, Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Diazville, Hoërskool VelddrifenNew VredenburgHigh. Besoekersaan Weskus Mallisgenooi om betrokketeraak deur boodskappevan bemoediging op die pakkies te skryf


enisvolle bydraetot die skoolgemeenskap gelewer het.
Sy familiebeskryfhom ookas’nbron vankennis. “Jesse was onsGoogle vóór Google. Sy algemene kenniswas ongelooflik en hy het elke dag- en naweekkoerantverslind.”
Bo alles onthouhulle homas’n toegewydegesinsman.“Sy vrou,Zephia, en hul twee kinders, Brandon en Zenith, wassyhele lewe. Hy hetook ’n kampvegter geword vir kindersmet spesiale behoeftes.” Die familie sê sy afsterwe laat ’n groot leemte.“DieWeskusis inderdaad ’n armer plek sonderhierdie bruisende persoonlikheid.” Wyle JesseConstable

NoluvuLudidi
After eight yearsofrescuingand rehabilitating injured and orphaned wildlife,the Owl Orphanage in Velddrifwillcloseits doors.
Founder Jacques Nel announced thedifficultdecision, describing it as the result of nearly 18 months of mounting financial pressure that has made it impossible to continue operating.
“Thisisnot adecision Imade overnight,” Nel said.“For the pastyearand ahalf,Ihave been fighting to keep the centre alive, butthe financial burdenhas simply become too much.
"The rehabilitationcentre, which serves the CapeTown, Swartland and West Coast regions, hasbecome alifeline for injured owls,raptors, blue cranes and otherwild birds. However,Nel saidthe costsofoperating awildliferehabilitation facility far exceed what manypeoplerealise
“Peoplesee the birds, but they don’t see the permits, paperwork, rescue vehicles, fuel,medical treatment, staff salaries and the countless hours spent raisingfunds insteadofcaring forwildlife,” he said
According to Nel,the centre’s operating costs range between R40 000 andR50 000 a month during the quieter months,while expenses during the breeding season can reach between R600 000 and R700 000.

term patientswillbetransferredtoBetty’s Bay, whilebirdscurrently undergoing soft release will be released wherepossible.Nel warned that the closureleavesa significant gap in wildlife care on theWest Coast.

Despite extensivefundraisingefforts, including appealstolocal and international companies,emailcampaignsand socialmedia drives, support has steadily declined.Nel said the centre has now stopped accepting new admissions because he can no longer guarantee that incoming birds will receivethe care needed to complete their rehabilitation.
“I cannot, in good conscience, take in another injured bird if Idon’t know whether I’llhave the fundstosee its rehabilitation through.”The facility will continue caring for its current patients for the next one to twomonths while funds last. Two long-
“There is no nearbyfacility that can simply absorbthe numberofbirdswehandle.Without rehabilitation, many injured birdswilleither be euthanised, endupin inexperienced hands or enter the illegal pettrade.”He believes wildlife rehabilitation organisations receivefar lesssupport than domestic animal welfaregroups despite playing acriticalrole in protecting biodiversity.Duringits eight years of operation,the Owl Orphanage has rehabilitatedcountless injuredbirds, established partnershipswith conservation organisationsand government departments, built two rehabilitation centres,launched the West CoastSealProject and conducted environmental education programmes throughout theregion
Although devastated by the closure, Nel says he hasnot given up on wildlife conservation
“If sustainable funding canbesecured,I will continue. Theenvironment is already under immense pressure,and without supportfor conservation organisations, we risk losing far morethan people realise.”
ST. HELENABAAI –Die ontdekkingvan ’n vrou se lyk op ’n plaas naby Laingville het totbespiegeling gelei datdit dalk die vermiste Magdalena “Suster Lenie” Rhode (75) kanwees, maar die polisie beklemtoon dat dit nogtevroeg is om te bevestig.

Die liggaam is op Donderdag 16 Julie omstreeks 15:50 op die Varkvlei-plaas langs Laingville gevind, en is deur forensiese ondersoekers van die toneel verwyder.
Volgens ThyroneWilliams, onderburgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, het die polisie bevestig dat ’n liggaam gevind is, maar dat forensiese ondersoeke eers afgehandelmoet word voordat die vrou se identiteit vasgestel kanword. Hy het ’n beroep op die publiek gedoenomnie onbevestigde inligting of gerugte te versprei nie.
Die familie van Rhode is intussen van die ontdekking in kennis gestel en sal op hoogtegehouword van die ondersoek. Rhode, wat aan demensie ly, is op

Sondag 28 Junie as vermis aangemeld nadat sy dielaaste keer die vorige dag by haar woning in Laingville gesien is. Sy het tentydevan haar verdwyning ’n ligblou japon en pantoffels aangehad Haar familie het destyds’nbeloning van R5 000 uitgeloof vir enige inligting wattot haar opsporing konlei.
Volgens haar seun, Ricardo Rhode, het sy al voorheen probeer om diehuis te verlaat,maar die familie het ná haar verdwyning die heleLaingville-omgewing en omliggende gebiededeurgesoek
Kapt.Tania Helfrich, woordvoerder van die Weskus-polisie, het bevestig ’n geregtelikenadoodse ondersoek is geopen. Die polisie het nog nie bevestig datdie liggaam wel dié van Rhodeisnie.
Danie Hefers
Bekommerde inwoners in Hopefieldskop verbetevas teen’nbeoogde multimiljardse brandstofaanleg en reuse-sonplaas vlakbuitedié plattelandse Weskusdorp.
Die Phelan Green-groep van Kaapstad beplan ’n brandstofverwerkingsaanleg van byna R50miljard vir die vervaardiging van tonne elektro-volhoubare lugvaartbrandstof (eSAF), wat per pad van Hopefield na die Saldanhahawe vervoersal word vir uitvoere na onder meer Europese lande.
Die voormalige burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit(SBM), AndréTruter, wat intussen na die Hopefieldomgewing toe verhuis het, is in ’n senior bestuurshoedanigheid by die projek betrokke.
Hopefield is ’n plattelandse dorp, bekend vir sy uniekefynbos, heuningproduksie,toerisme en landbouaktiwiteite. Inwoners en omgewingsaktivistemeen dié Weskuskarakter van die dorp word deur die beoogde nywerheidsontwikkelingbedreig.
Die omstredeenergieprojek sal duisendehektaarbestaande landbougrond beslaan wanneer dit voltooi is, terwyl duisende sonpanele bestaande inheemse en bedreigde Weskusplantegroei sal vervang.Die beoogde sonplaas wordasdie grootsteindie land beskryf.
HOPEFIELDSTIGAKSIEGROEP
’n Gemeenskapsaksiegroep, die Hopefield Environmental Petition Group, is intussen in die dorp van stapel gestuur om die projek te beveg.
Volgens Janine Spamers, die organiseerdervan dié groep, is ’n kennisgewingvan voorneme die afgelope Maandag (20Julie) aan staatsdepartemente, plaaslikeregerings, projekkonsultante en verskeie bewaringsorganisasies gestuur, waarin aangedui word dat die Hopefield-aksiegroep tot die strydtoetree en beoog om later ’n amptelike gemeenskapsbeswaarskrif, met onder meer onafhanklike omgewingsstudies, in te dien. Die groep, wat onder meer

Bekommerde inwoners vanWeskusdorpe soos Hopefield, Saldanha enLangebaan by die gebied buiteHopefieldwaar ’n omstede energieprojek beplan word.Van linksisJenine Spamers, David Harper,Yvonne Kitchin, Owen Kitchin en Des Coetzee Foto: Danie Hefers
bekommerde inwoners en grondeienaars verteenwoordig, gaan ook as ’n belanghebbende en geaffekteerdeparty registreer en versoek dat die tydperk vir openbare kommentaar met 90dae verlengword wanneer die konsepomgewingsimpakverslag (EIA) vrygestel word
In die aksiegroep se konsepbeswaarskrifword onder meer versoekdat die beoogde brandstofaanleg eerder in bestaande nywerheidsgebiede met die nodige infrastruktuur, soos Saldanha,Mosselbaai in die Suid-KaapenAtlantis buite Kaapstad, gebou word.
“Die aksiegroep versoek ook dat diebelangrike openbaredeelnameproses(PPP)met 90 dae verlengword en dat die basiese assesseringsproses ongeldig verklaar word weensonvoldoende openbaredeelname en ’n gebrek aan spesialisstudies.”
In die skrywe maakdie aksiegroepamptelik beswaar teen die beoogdeontwikkeling en eis dat geen omgewingsgoedkeuring of watergebruikslisensies toegestaan word voordatalle be-
DIE
DieHopefieldEnvironmental Petition Group se logo

sensies en ander permitte vir dié soort projekte so vinnig as moontlik af te handel.
TENDERREEDSUITGEREIK

kommernisse behoorlik aangespreek en onafhanklik gestaafis.
Volgens die beswaarskrifsal die beoogde ontwikkeling byna 6000hektaar bedreigde plantegroeivernietig, totdie verlies vanwaardevollelandbougrond lei en ’n ernstigebedreiging vir natuurlike waterbronne, vleilande en voëlleweinhou.
“Die projek sal die bestaande plattelandse landboulandskap in ’n swaar nywerheidsgebied verander. Dit sal die regte van toekomstigegeslagte opoffer vir korttermyn voordele.”
Openbare drukword ookop betrokke owerhede uitgeoefen om die projek se status as strategiese geïntegreerde projek (SIP) te kanselleer.

BESTAANDE PLATTELANDSE LANDBOULANDSKAP IN ’N SWAARNYWERHEIDSGEBIED VERANDER.
’n Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is ’n vennootskap tussen die polisie en die gemeenskap om veiliger woongebiede te skep deur die deel van inligting oormisdaad en verdagte aktiwiteite, en die bevor tussen die polisieend Woon jou plaaslike
•Louwville, Vreden
Julie om 18:00 in dieg
•Middelpos, Saldanh
Julie om 17:30 by die meenskapsaal.
•Langebaan –Woensdag 18:00 by die Thusong
da by 0742382346 vir
•Paternoster –Dinsd 18:00 by die gemeenska
Volgens dié status word die brandstofprojek as ’n belangrike nasionaleprojek deur die onderskeie regeringsvlakke beskouen daar bestaan verskeie wettige meganismeswat projekte soos dié help om vinniger deur goedkeuringsprosesse te beweeg Dié “groen” waterstofprojek het dié status reeds in 2023 ontvangenstaatsdepartemente word aangemoedig om omgewingsgoedkeurings, waterli-
Weslander het intussen betroubaar verneem dat ’n tenderproses blykbaar reeds begin is om dieverbindingspad tussenHopefield en Velddrifte verbeter, moontlikinaanlooptot ’n beoogdeontsoutingsaanleg in die Velddrif/Dwarskersbos-kusgebied. Die Wes-Kaapseregering,en veral dieprovinsie se premier, Alan Winde, is ’n voorstander vandie vestiging van waterstofprojekte in dieWeskus. Vraewordegter nougeopper oorofdie premier kennisgedra het van diebesluit om dieWeskus se beoogde multimiljardrand-waterstofaanleg van die bestaandenywerheidsgebied in Saldanha na die platteland buite Hopefieldteskuif–’n ingrypende besluit wat blykbaar binne ’n tydperkvan slegs sowat sesmaande geneem is Weslander wou by Windese kantoorweetofdie premier betrokke en bewus was van dié drastiese verskuiwingsbesluit en of hy ditsteun
VolgensKristoff Adelbert, ’n direkteur in diepremier se kommunikasieafdeling,raak die Wes-Kaapse regering en sy amptenarenie betrokke by besluite om projekte van diéomvang te bou nie, maar berusdit in die hande en oordeel van die betrokke ontwikkelaars.
VolgensAdelbert is daartans minstens sewe beoogdewaterstofprojekte in dieprovinsie
in diepyplyn en wordWinde deurentydingelig oorbeoogde projekte in dieprovinsie. Hy het diepremier se ondersteuning virverskeievoorgestelde waterstofprojekte benadruk.
“Die premier ondersteun robuustepublieke deelname en raadpleging virallevoorstelle DieWes-Kaapse regering is toegewyd daaraanomomgewingsbeskerming te balanseer metvolhoubareekonomiese ontwikkeling.Verantwoordelike beleggings en ontwikkeling is noodsaaklikvir ekonomiese groei, werkskepping en die verbeteringvan menseselewensgehalte,” luidie verklaring uit diepremier se kantoor.
AANSOEKBYMUNISIPALITEIT
Weslander hetook dieSaldanhabaai-munisipaliteit(SBM) vroeërvir kommentaar oordie beoogde Hopefieldprojekte genader,enwou onder meer weet weet of dieSBM bewus is van diebeoogde sonplaas én brandstofaanleg in Hopefield, wat die munisipaliteitserol in dieprojekte en goedkeuringsprosesseis of was,enofdie SBMten gunste van die projekte is.Die SBMis ookgevra of hulle as die plaaslike regering ’n grondgebruiksaansoekvir die projek ontvang het. DieSBM se kort en bondige kommentaar was dat daar’naktiewe stadsbeplanningsaansoek deur diePhelan Green-groepby dieSBM ingedien is.Volgens dieSBM is geen stadsbeplanningsaansoek metbetrekking tot ’n waterstof-/e-SAF-fasiliteit egter deur hulle ontvangten opsigte van eiendom wat deur diePhelan Green-groep in die Hopefield-omgewing besitword nie.
◘Kontak dieaksiegroep by 0722253731 (WhatsApp) met navrae. Diepetisie is by die Hopefield-biblioteek beskikbaar


AlidaBuckle
LANGEBAAN –“Kunsmatige
Intelligensie het dieintelligensie van ’n genie en die moraliteit van ’n spreadsheet.”
Beverley Ann Schäfer, gewese adjunkspeaker van die WesKaapse provinsiale parlement,het sake-eienaarsgemaan om versigtig te wees om nie kunsmatige intelligensie (KI)willens en wetens in hul maatskappye in te stel nie. Sy was die hoofsprekerbydie Weskus-sakekamer se gala-aand die afgelopeVrydag (17 Julie) by die SharkBay-hotel. Schäfer sê hoewelKIenorme produktiwiteitsvoordele inhou, kom dit met ernstige risiko’s wat nie geïgnoreer kan word nie “KI is nie net nog ’n instrument nie.Dit is die ontstaan van ’n sintetiese ‘gedagte’ wat die arbeidsmark betree.Dit hou beide enorme voordele en ernstige nadele in, en leierskap en etiek bepaal die uitkoms,” sê sy. Schäferhet voorbeelde gegee van KI se reedsbestaande impak, soos Google wat tans 75% van sy nuwe sagtewarekode deur KIgenereer. Sunaka Chai,uitvoerende hoof van Google, hetdié statistiek in April2026gedeel “Ditbehoortelke sakeleier in
hul spore telaatstilstaan,” sê sy.
“Ons het toegangtot hoëvlak kundigheid uit ‘’nland van genies’ teen slegsdie koste van ’n rekenaar. Dit kanproduktiwiteit dramaties verhoog en nuwe ekonomiese sektore skep.
“Mense houopdie oomblik nogby, maar die moeilike werk, die opstelwerk,die argitektuur, die blote volume vanproduksie word al meer in die geheel deur masjiene hanteer.”
Sy waarskudat hierdie aanwins teen beduidende koste kom. Die kostevan energie en water wat KI-datasentrumsverg,is wêreldwyd ’n snelgroeiende probleem, met plaaslike gemeenskappe waar dié datasentrums gebou word, in opstand.
ETIESEKWESSIESEN
ARBEIDSVERSKUIWING
Schäfer spreek ernstigekommeroor die etiese implikasies van KI-implementeringuit en sê die sakewêreld moet’npaar kernbeginselsvoor oë hou.Volgens haar moetwaarheid altyd bo gerief gestel word, aangesien KI-hallusinasies, onbetroubare antwoorde en ingeboude vooroordeel steeds grootstruikelblokkeis. Sy waarsku ook dat geen kritieke funksie só volledig geoutomatiseer moet word dat niemandmeer weet hoe

om dit sonder die tegnologie te verrig nie. Ondernemingsmoet die vermoë behou om in te gryp wanneer dit nodig is.
Verder sê Schäfer dat KI die bestaande werksmag moet aanvul, eerder as vervang. Op die lange duur sal heropleiding van werknemers meer waarde bied as onvermybare afleggings. Sy beklemtoon dat KI as “geleende vertroue” beskou moet word en nie bloot as ’n bate nie. Empatie, verantwoordelikheid en morele oordeel salvolgens haar altyd menslike eienskappe bly wat nie deur KI vervang kan word nie.

GaryBadenhorst,voorsittervan die Weskus-sakekamer, verwelkomdie gaste by dié organisasie se gala-aand
Een vandie grootste bedreigings, waarskusy, is diekonsentrasie van mag by die maatskappye wat KI-modelle ontwikkelen die toenemende afhanklikheid van dié tegnologie. Sy verwysna ’n simulasie waar ’n KI-model afpersing as strategie gekies het om te voorkom dat ’n fiktiewe maatskappy die gebruik van KI staak. Dié verskynsel, wanneer KI as ’n outonome agent onvoorsiene of onetiese optrede kies, staan as “spesifikasie-speletjies” (spec-gaming)bekend. “’nMens gee die masjien ’n doelwit, en dit kry wiskundig die
doeltreffendste pad om die doelwit te bereik,ongeag menslikemoraliteit. Daarmee saam is daar die risiko dat maatskappye morele waardes en verantwoordelikheid uitkontrakteer. Ons kannooit menslikebeheer verloor nie,” beklemtoon Schäfer.
“Ons praat van die outomatisering vankognitiewe take.Die einste take wat die grondslag vorm van die middelklas van die hele wêreld.Wanneer KI vinniger en meer akkuraat as ’n junior medewerker regskontrakte kan opstel, wat gebeur met die regsfirma se sakemodel?”
GEOPOLITIEKBEMOEILIKREGULASIE
Schäfer het ook verwysnadie geopolitieke “ruimtewedloop” tussen moondhede wat versnelde KI-ontwikkeling dryfenregulasie bemoeilik
“Massiewe arbeidsverskuiwing en die moontlikeuithol van die kennis-ekonomie is werklike bedreigings. Ons moet dit met omsigtigheid benader,” sê sy. Volgens Schäfer bied KI ongekende geleenthede, maar ondernemings en sakeleiers moet verseker datmenslikewaardes, etiese oorwegings en verantwoordelikheid die rigting van hierdie tegnologie bepaal –nie andersom nie.
AlidaBuckle
LAMBERTSBAAI –’nHof het beslis dat plaaseienaars se regte geskendistoe die Cederberg-munisipaliteit sonder hul medewete ’n waterlisensie gekry het om grondwater op hul eiendomme te onttrek. Tog sal Lambertsbaaise“onwederregtelike” watertoevoer vir eers nie geraak word nie.
Regter Mark Sher van die Kaapse hooggeregshof het die lisensie tersyde gestel, maar het die bevel vir 18 maande opgeskort sodat die munisipaliteit tyd het om die regte proses te volg en ’n nuwe aansoek in te dien.
Die saak hetgegaan oordrie boorgate op private grond wat water aan die Lambertsbaai-dorpsgebiedvoorsien.
Met die verswakking en versouting van Lambertsbaai se oorspronklikewaterbron, die Wadrif-akwifer, het die munisipaliteit boorgate op private grondbegin gebruik. Volgens hofdokumente is die boorgate aanvanklikingevolge ooreenkomstein 2008en2009 geïnstalleer. Teen 2021 het dié ooreenkomste egtervervalnadat die partye nieoor vergoedingkon saamstem nie. Die plaaseienaarsvoer aandat die muni-
sipaliteit daarna steeds water uit die boorgate gepomp het, sonder hul toestemming.
Die I.S.W. van Zyl-trust het reeds in 2021 ’n hofbevel verkry dat die munisipaliteit sy toerustingmoetverwyder, maar volgens die hofdokumente is daar steeds water onttrek
WATERLISENSIESONDERKENNISGEWING
Terwyl die regsgedingaan die gang was, het die munisipaliteit reeds in 2019 om ’n waterlisensie aansoek gedoen.
Die lisensie is op 23 Maart 2023 toegestaan en gee die munisipaliteit toestemmingomvir 20 jaar jaarliks tot 567 648 kubiekemeter grondwater uit die drie boorgateteonttrek.
Die grondeienaars sê hulle het eers maande later daarvan te hore gekom Hulleisnooit in kennis gestel van die aansoek of die geleentheid gegee om beswaar te maak nie.
Die plaaseienaars het aangevoerdat hul regte geskend is omdat hulle nie oordie aansoek geraadpleeg is nie.
Die departement van water en sanitasie het aangevoer dat die wet nie noodwendig vereis dat grondeienaars in elke geval in kennis gestel moetword nie.
Die Bergrivier-munisipaliteit het in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling,die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad (Sanac) se mansafdeling en ander belanghebbendes sy eerste Seunsbyeenkoms(Boys Assembly) by Steynville Primêre Skool in Piketberg aangebied. Ongeveer 200 seuns vanoor die Bergrivier- munisipale gebied heen het deelgeneem aan gesprekke oormaatskaplike uitdagings soos tienerswangerskappe, dwelm- en alkoholmisbruik, geslagsgeweld, jeugwerkloosheid, skoolverlating en bendegeweld. Die programhet ten doel gehad om seuns toeterus
om gesonde besluiteteneem, selfvertroue te bou en positiewe waardeste ontwikkel.
Deelnemers is deur interaktiewesessies en mentorskap aangemoedigomhul potensiaal tebereikenpositiewe rolmodelle in hul gemeenskappe te wees
Die adjunkminister van verdediging, genl.Bantu Holomisa, het gesê te veel jongmense wordslagoffers van bende- geweld, dwelm- en alkoholmisbruikengeslagsgeweld omdat hulle sonder hoop grootword.
“Hierdieuitdagingsbepaal niejou toekoms nie. Elke jong seun het diegeleentheid om die regtekeuses te maak.
Regter Sher het egter bevind dat die departement die grondeienaars moes betrek omdat die besluit hul regte direk raak
Hy het beslis dat hulle diegeleentheid moesgehadhet om inligting voor te lê oor ondermeer vorige wateronttrekking, versouting en die volhoubaarheid van die waterbron.
Omdat dit nie gebeur het nie, is hul reg op ’n billike administratiewe proses geskend.
Hoeweldie hof die lisensie tersyde gestel het, het Sher sy bevel vir 18 maande opgeskort.
Dit beteken Lambertsbaai se watervoorsiening kan voortgaan terwyldie munisipaliteit ’n nuweaansoek indien. Die departement saldie aansoek moet heroorweeg, hierdie keer nadat die grondeienaars die geleentheid gekry het om hul saak te stel
As die prosesvroeër afgehandel word, verval die opskorting. Indien nie, kandie partye weer die hof nader.
WIEBETAALDIEKOSTE?
Die hofhet ook beslis dat al vier respondente gesamentlik en afsonderlik vir die plaaseienaars se regskoste aanspreeklik is, insluitende die koste van tweeadvokate.

Regter Sher se uitspraak stuur ’n duidelikeboodskap datowerhedenie sommer water op privategrond kanonttreksonder om grondeienaars behoorlik te raadpleeg nie. Terselfdertyd het die hof ook die praktiese werklikheid in ag geneem dat Lambertsbaai nie oornag sonder water gelaat kanword nie.
Dorpenaars kandaarom gerus wees dat die krane darem vireers oop bly.

“Dit begin met dissipline,”sê Holomisa
Die geleentheidisook bygewoon deur koningin Rebecca Komo vandie Nama- koningshuis.
Mario Wessels, adjunkburgemeester vandie Bergrivier-munisipaliteit, sê die toekomsvan
seuns begin by die huis.
“Ouers, versorgers en gemeenskappe speel ’n belangrike rolomjong mans groot te maak watrespekvol en verantwoordelik is. Programme soos hierdie help seuns om meer te leer oor positiewe manlikheid, leierskap, verantwoordelike burgerskap en gesonde lewenskeuses.”
Die munisipaliteit het sy waardering uitgespreek teenoor al die vennoteenfasiliteerders wat totdie sukses van die eerste Boys Assembly bygedra het en sien daarna uit om soortgelyke inisiatiewe voort te sit
Die NG Kerk Saldanha-gemeente se 60 jaar-viering het gister (Woensdag 22Julie) begin.
Die kerk vier sy 60ste bestaansjaar met ’n feesweek wattot Sondag26Julieduur en waartydens die gemeente terugkyk na ses dekades van geloof,diens en betrokkenheid by dieSaldanha-gemeenskap. Die gemeente is op 22 Julie 1966 gestig nadatdie destydse burgemeester van Saldanha, Sarel Carstens, saam met Kobus Rabe en Willem Loubscher hul beywer het om die afstigting van dieVredenburg Moedergemeente moontlik te maak. Hulle moes onder meer bewysdat dienuwe gemeente ’n predikantsou kon bekostig voordat goedkeuring verleen is
Weslander.co.za is jou gemeenskapskoerant, en daarom is jou insettevir ons belangrik.Ons nooialons lesers om hul menings, terugvoer, nuuswenke en storie-idees met ons te deel. Of jy nou kommentaar wil lewer oor plaaslike kwessies, ’n suksesverhaal uit jou gemeenskap wil vertel, ’n probleem onder ons aandag wilbring of weet van ’n nuuswaardigegebeurtenis, onshoor graag van jou.
Ons plaas lesersbriewe en waardeer konstruktiewe bydraes wat gesprek en betrokkenheid in ons gemeenskappe bevorder. Jou stem help onsomdie stories te vertel watvir dieWeskus saakmaak.
Stuur ’n WhatsApp na 082 576 0453 of e-posjou brief, nuuswenkofstorie-idee na weslander@novusmedia.co.za.
Redaksionele kommentaar
Die Weskus, bekend vir sy rustigheid, oop ruimtes en gemeenskappe waar mense mekaar nog by die naamken,voeldeesdae asofsyeenvoud al hoe verder wegglip. In dieafgelope weke is Vredenburg, Saldanha en St. Helenabaai deur ’n ontstellende vlaag vangeweldgetref. Agter elke misdaadstatistiek is daar ’n ma wat haar kind begrawe, ’n eggenootof eggenote wat alleenagterbly,kinders watsonder’nouer grootword en geliefdes wie se lewens in ’n oogwink onherroeplik verander. Daardie pyn strek veel verder as die polisiedossier. Terselfdertyd verander dieWeskuslandskap teen’nongekende tempo.Ontwikkelingisnoodsaaklik, maaronoordeelkundigeontwikkeling bedreig die landelike karakter en natuurlike skoonheid wat inwoners koesterenbesoekers lok.Dit is juis hierdie unieke identiteit wat dieWeskus vananderbestemmings onderskei. Diedruk op Weskussers kom van oral. Kospryse bly styg. Skoolgeld,brandstof en die basiese lewenskosteraak al hoe duurder.Gesinne leef onder geweldige finansiële druk. Dit is ookdié druk wat mense kort vandraadkan maak; waarom ’n lewevir iets so kleinsoos ’n sigaret geneemword.
Ons moet waak daarteen dat frustrasie nie in woede omslaannie Gee eerder ’n asemteugen tel totvier voordat daar opgetreeword. Of wees bereid om iemand tenspyte van twyfelteglo.Nie elke meningsverskilhoef op konflik uit te loopnie.
Ons kan nie al die uitdagings oornag oplos nie. Ons kan nie alleen geweld beëindig of pryselaat daal nie, maar ons kan kies hoeons mekaar behandel. Onskan vriendelik bly,selfs wanneerdit moeilik is. Ons kan luister voordat ons oordeelen kalm bly wanneer emosies hoog loop. Op die ou end is dit dikwels die klein dade van respek, deernis en selfbeheersing wat gemeenskappe bymekaar hou Ditisjuis dié geesvan buurmanskapen omgee, selfs vir vreemdes, wat dié deel van Suid-Afrika se westelike kus ons geliefde Weskus maak.
Diekerksaal is eersteopgerig, terwyl diehuidige kerkgebou in 1978 voltooi is. Volgens die gemeenteisdaar oor die jare talle hoogtepuntebeleef. Dit sluitin diebevestigingvan ds. J.H. Minnaar as eerste predikant, uitreikenaMosambiek, sopkombuise, die verwelkoming van die Saldanha Militêre-gemeenteenjarelange betrokkenheid by Biblia Hawesending en dieAmazing Brainz-projek
Diegemeentehet saam metSaldanha gegroei toe die hawe uitgebrei, die Sishen-Saldanha-spoorlyn ontwikkel en dieMilitêre Akademiegevestigis. Die getal lidmate het só toegeneem dat daar vir’n tyd lank twee erediensteopSondae gehou is. Met’nveranderende demografiehet diegemeenteegter ook aangepas
Dagboek-inskrywingsisgratis en moet voor 17:00 op’nMaandag ontvang word.Stuur e-posnaweslander@novusmedia.co.zaof’n WhatsAppna082 5760453 met jou inskrywing. VRYDAG24JULIE
AlkoholisteAnoniem Saldanha vergader van 18:30 tot19:30 by dieHoedjiesbaai-hotel in Hoofstraat. BelKelly by 082410 3952vir nog inligting.
Weskus Kallie tree by Maanhaar in Velddrifop vanaf 21:00.Skakel076 956 0073
SATURDAY 25 JULY
Die feesweek het met’nmusiekdag begin.Môre (Vrydag) volg ’n Praise & Worship-aand vir hoërskooljeug
Dievieringword Sondag afgesluit met ’n feestelike erediens waar diebekende sanger Deon Meiring sal optree, gevolg deur ’n talentuitstalling en tee, asook’n feesmaal in die Weskusskoolsaal
Hoewel die fees ’n belangrike mylpaal vier, sê die gemeentedie fokusisop dankbaarheid.
“Ons feesvieringe is ’n uitdrukkingvan ons dankbaarheid teenoor God virSy liefde,trou,genadeengoedheid deur die afgelope 60 jaar.”
Diegemeentenooi die breër Saldanhagemeenskap uit om die vieringe saam te komgeniet
www.diekoelkamers.com.
SONDAG 26 JULIE
Corlea en JD Marsbring hulKaapse Toer na Die Koelkamersom12:00. Corlea en JD Mars kan nie meer verskillend klink nie–haar “soet en helder”, teenoor sy “grofendiep”– en juis daarin lê ’n klank watdie gehore gaande het oor hierdie paartjie.Kaartjies kostussenR230enR345. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.
MAANDAG 27 JULIE
AlkoholisteAnoniem Vredenburgvergader van18:30 tot19:30 in dieMetodiste-kerksaal in Hospi-taalstraat.Bel Monique by 071402 8771 vir noginligting.
WOENSDAG 29 JULIE
Die Vredenburg-tuinbouklub vergader om 10:00 by Frank’stuinsentrum in Saldanha.
Spreker: Lynn vanEfekto. Tema:Wintertot lente: watdoen ons in dietuin? Daar salook ’n werksessiewees oor hoe om ’n tussie-mussiete maak. Virmeer inligting kontak Erna by 083285 2729

Thriller: TheMJDanceTribute is ahigh-energy stageshowcelebrating themusic and legacy of Michael Jackson. Starring EaganFeb,the productionrecreatesMJ’siconic performances with live vocals,signature choreography,and authentic costumes. He willbeperforminglive at Die KoelkamersinPaternoster at 17:00. Tickets cost between R184 and R322. To book visit
Weskus Media behoudie kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niksmag sonder skrifteliketoestemming gebruik word nie
Kantoor
Uitgewer
Redakteur 022 713 1251(t) 074 294 5435
Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Alida Buckle alida.buckle@novusmedia.co.za
Redaksie
NoluvuLudidi Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia.co.za weslander@novusmedia.co.za
Advertensies
Madelievan Tonder madelie.vantonder@novusmedia.co.za
Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za
Sirkulasie: On the Dot
Algemenenavrae: 087353 1300 /087 3531333 074294 5435
Joernalis aan diens/Nuuswenke
Alida Buckle/Noluvu Ludidi 082 576 0453
LETTERS/BRIEWE Lettersmay byeditedfor clarity and style. We cannot supply reasons fornon-publication. Shorterletters are preferred. The opinions voiced on the opinion page arethose of the ndividual writers, and do not necessarily reflect Weslander’s viewpoint.Briewe kan geredigeer en verkort word. Redesword nie verskaf hoekom ’n bepaaldebrief nie geplaasword nie Korter briewe kry voorkeur Diemenings uitgespreek op die meningsbladisdie vandie individuele skrywers en weerspieël nienoodwendig die siening van Weslander nie.
Besoek weslander.co.za vir nóg dagboekinskrywings.
Contact the Weslanderombudsman with reader complaints. Any complaints, queries or suggestions aboutcontent in Weslander may be sent to our ombudsman, George Claassen, on 021 8513232 or at mediaombud@novusmedia.co.za.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelleoor dieinhoud van Weslander aan ons ombudsman, George Claassen by 021 851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.























Bergrivier-gholfklub
Woensdag8Julie
WeeklikseSundowner(Enkelspel)
1.AlfiePretorius19
2.LudwigZietsman18
3.ChristoMassyn16
4.RoyMassyn14
Gelukstrekking-wenner:PamBrink
Vrydag10Julie
OuKrokke(SingleStableford)
1.TaxiKotze20
2.BarryKukard20
3.RoyMassyn19
Ghost-gate: RoyMassyn24
ElbieBason23
Woensdag15Julie
WeeklikseSundowner(Enkelspel)
1.GeorgevanNiekerk21
2.DaveCrous19
3.HarryFransman18
4.GregGunton18
5.LudwigZietsman18
Gelukstrekking-wenner:DaveCrous Vredenburg-gholfklub Woensdag15Julie
GoldenOldies(IndividueleStableford)
1.DawieJoseph
2.HannesSterkse
3.HennieBrink
4.AlanDurant


Theminimum agefor the 21,1 km is 16 years and14years for the 10 km. All finishersinthe 21,1 km and10km raceswillreceivemedals,while the first 500 finishersinthe FunRun will also earn amedal. Participants will alsohavethe opportunitytowin arangeofspot prizes, including aweekendgetaway for fourat ClubMykonosResort. Food stalls andentertainment will keepspectatorsentertainedthroughoutthe morning, making the event an enjoyable outingfor the whole family.


VELDDRIF -Die 64ste Bergrivierkanomarathon hetSaterdag (18Julie) by die Riviera-hotel en die Carinus-brug tot ’n einde gekom waar twee kampioeneaan dieoewer gekroon is.
Die Bergrivier-kanomarathon word beskou as een van Suid-Afrika se mees uitmergelende kanomarathons en die ervare kampioenHank McGregor (48) het sy legendariese status versterk deur sy 15de Berg-titel te wen.N eriyah Dill (20) het haar eerste oorwinning in die vroue-afdeling behaal. Die Bergrivier-kanomarathon,bekend vir sy uitdagenderoete en onvoorspelbare toestande, het verledeWoensdag (15Julie) in die Paarl begin en oor sowat 240km stroom-af gestrek.
McGregor, ’n 11-malige wêreldkampioen van KwaZulu-Natal, hetdie vierdaagse wedvaart van diebegin af beheer
en in ’nalgehele 18 uur 35 minute en 54 sekondes voltooi. Hy het sy naaste teenstanders, Jeremy MaherenMsawenkosi Mtolo, metbykans13minute geklop.
Dielaaste skof op die vierdedag –van ZoutkloofnaVelddrif –het egter sy eie uitdagings gebied, metkoueweer en vlak water,wat die deelnemers behoorlik beproef het.
“Die laaste skofwas ’n tipiese Bergdag,” hetMcGregor aanGamePlanMedia gesê. “Die water wasvlakendie weer koud, maar die gety het onsdie laaste 10 tot 15 kilometer gehelp.”
McGregor het al vierdae se skofte gewenenmet sy 15de oorwinning sy rekord as die oudste wenner vandie wedvaartverder uitgebrei.
“Dit isongelooflik as ek na die statistiekekyk –18wegspringe en 15 oorwinnings. Ek is baie gelukkig,”het hy gesê
Diejong Joshua Glyn-Cuthbert vandie Universiteit Stellenbosch wasdie enigste deelnemer wat McGregorwerklik onder druk geplaas het. Hy het egter op die
derdedag ’n groot terugslagbeleeftoe sy roeispaan gebreek het nadat sy kano in ’n boomstompvasgehaak het. Hy het uiteindelik vyfde geëindig.
In die vroue-afdeling het Dill, wat aan haar derdeBergrivier-kanomarathon deelgeneem het, ’n indrukwekkendeoorwinning behaal.
Dié jong ster van die Wes-Kaaphet drievan die vierskofte gewenenin’n algehele 21:13:31 klaargemaak.
Dill moes op die laaste dag metsiekte worstel en wastweede oor dieeindstreep –enkele minute agterChristy Shrimpton. Haar voorsprong oordie res vandie veld was egter genoeg om haar eerste Berg-titelteverseker. Sy het meer as ’n uur voor haar naaste teenstander geëindig.
“Ek het van die eerste dag af probeer om harder as in vorigejare te roei,” het Dill aanGamePlanMedia gesê.“Ek het geleerdat jy nie te ver agtermoetraak nie, want dit is moeilik om dietyd terug te wen.”
Da nie lB uy sv an die Pa ar lka nok lu bh aal die ei ndstr eep da nkb aar Fo to ’s :B la ze Buck le

Op die wenpodium –JeremyMaher(tweede), die wenner, Hank McGregor,enMsawenkosiMtolo(3de)
Dievrouepodium was ’n volledige Wes-Kaapse aangeleentheid, metShrimpton tweede en Natasha Bradfordderde, terwyl diemanspodium metMcGregor, MaherenMtolo in dietop-drie-plekke almal van KwaZulu-Natal is DiePaarlseHeinrichSchloms was die besteWes-Kaapse manlike deelnemerin dievierdeplek. Entoesiastehet diekoueaangedurf en gewag virdie roeiersomdie oewervoor dieRiviera-hotel te bereik sodat hulle op gepaste wyseverwelkom kon word.
David Rossouw
Die Weskus Grootuitdaagbeker-kompetisie is nou in die laaste pylvak en vir Vredenburg, St. Helenabaai, Young Hearts en Velddrif is die laaste wedstryde van kardinale belang. ’n Fout kan beteken dat hulkanseom die uitspeelronde te haal al skraler word. Die afgelope Saterdag (18 Julie) het Paternoster se eerste span op sy tuisveld, die Paternoster-sportterrein, teendie St. Helenabaai Albatrosse te staangekom
Diebesoekers se voorspelers het van vroeg af die toon aangegee en die wedstryd grootliks oorheers
Paternoster, wat deur dieseisoen uitstekende rugby opgedis het, het hom egter teen ’n sterk Albatros-span vasgeloop wat hom van meet afmet aanvallende spel onder druk geplaas het.
Die Albatrosse het seker gemaak dat Paternoster geenbeweegruimte gegun wordnie, want Paternoster kan die gang van ’n wedstryd in ’n oogwink verander as hy nie in toom gehou wordnie
Die eerste helftewas taai en kliphard, met Paternoster meestal op die verdediging terwyl daar nie eintlik sprake van balbesit was nie. Dithet dié span beperkte geleenthede gebied om sy spelplan uit te voer.
DieAlbatrosse hetsekergemaak dat hulle in beheer van sakebly en teenrustyd reeds met 20-5 voorgeloop ná goeie, gekonstrueerde speltussendie voor- en agterspelers.
Die Albatrosse hetPaternoster se verdedigingbytye wankelriglaat voorkom, veral wanneerdie bal vinnig langs die lyn afgestuurisomkundigspoed met

krag te kombineer. Dit hetPaternoster verhinder om afbreekpunte te vertraag of te teiken, wat die Albatrosse die geleentheid gegeehet om momentum te behou en die oorwin-
ning te verseker, sê die afrigter.
Die Albatrosse se oorwinning van 46-20 oorPaternoster het hul kanseverder’n hupstootgegee en hulle nouopgelyke voet metHearts geplaas.
DieBurgBoys hethul goeievormvan dielaastepaarwedstryde gehandhaaf en ’n oorwinningoor Langebaan behaal wat hulle op koers hou. Methulle en die Albatrosse wat eenwedstryd minder as die ander spannegespeel het, gaan die laaste wedstryde van kardinalebelang wees virdie vier spannewat om dietweede posisie meeding Saldanhabaai hetweereenssy meesterskapoor Hopefieldgetoondeur met’noorweldigende 62-14 te wenensy voorsprong van sewe punte oorsynaaste teenstander, die Burg Boys,behou het. Hearts hetweerdie derdeplekingeneem nadat ’n naelskraapseoorwinning van 33-31 oorVelddrif hulvlammetjie lewendig gehou het.
DieAlbatrossesal diekomende naweeksewedstryd op Albatrosparkwil gebruik om sake reg te stelnadathulle in dieeersteronde teenHeartsopdie Grafkelder vasgeval het.
Ondersteuners kan hulle gereed maak vir’nopwindende eindeaan dielaaste Grootuitdaagbeker-wedstryde van dieWeskusenkan nie bekostig om ’n wedstryd misteloopnie
Uitslae:
Paternoster 20-46 St.Helenabaai; Hopefield 14-62 Saldanhabaai; Langebaan 27-39 Vredenburg; YoungHearts33-31 Velddrif; Saldanha Tigers 54-19 Goedverwacht; SteenbergCove15-38 Piketberg. Wedstrydbepalings vir25Julie: St. Helenat.YoungHearts; Vredenburgt.Paternoster; Saldanha t. Langebaan; Piketberg t. Goedverwacht; Velddrift.Steenberg Cove; en Hopefield t. Saldanha Tigers



