Skip to main content

Weslander e-Edition - 19 February 2026

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / E-pos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / WhatsApp: 082 576 0453

9 7 71 6 8 3 3 31 0 0 2

26219

19 Februarie 2026

Veldbrand lei na vrou se lyk Bekende hawelose in Vredenburg moontlik verkool

Seuntjie sterf in hospitaal ’n Gebroke moederhart: Isolde Konstant (31) van Paternoster probeer steeds die skielike verlies van haar vierjarige seun, Izaiah Konstant, verwerk. Die kind se laggie en energieke teenwoordigheid het op Maandag 9 Februarie stil geraak toe hy onverwags in die Vredenburgprovinsiale hospitaal vermoedelik aan breinvliesontsteking oorlede is. Berig op bl. 2.

Polisie-tuinier wys omgee -3 Nóg aanklagte kom dalk vir Pato 10 - 4

Sielkundige deur skole vereer -5 Berei só huis voor vir verkoop -7

Alida Buckle

B

randbestryders van die Saldanhabaai-munisipaliteit was geskok om op die verkoolde lyk van ’n vrou af te kom terwyl hulle besig was om ’n veldbrand langs die Muggievlakte-buurt op Vredenburg te blus. Die brandweer is die afgelope Dinsdag (17 Februarie) omstreeks 12:45 uitgeroep om ’n veldbrand te kom blus. Met die ontdekking van die lyk het hulle dadelik die Vredenburg-polisie in kennis gestel. Met die polisie se aankoms op die toneel was die liggaam egter reeds onherkenbaar uitgebrand. Al wat seker is, is dat dit die oorskot van ’n vrou is. Haar identiteit sal nou met forensiese toetse bepaal word, en daar is ’n vermoede dat sy ’n bekende hawelose in die dorp was. Of sy vermoor is en of die brand dalk per abuis ontstaan het, word nog ondersoek. Komberse onder die lyk laat die vermoede ontstaan dat die plek waar die brand ontstaan het moontlik as slaapplek gebruik is. Die Vredenburg-polisie is besig met ’n geregtelike nadoodse ondersoek. ◘ Kontak konst. Zikona Nyito van die Vredenburg-speurtak by 082 522 3326 met enige inligting oor wat tot die branddood kon gelei het.

’n Polisievoertuig op pad na die toneel by Muggievlakte in Vredenburg.

Rook langs die Muggievlakte-buurt in Vredenburg het inwoners die brandweer laat bel, min wetend dat daar ’n verkoolde lyk in die puin gevind sou word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook