PROMOSIE PROMOTIONS
18 September 2025
Weslander
7
Discount Boards
NM10028731-DW180925
21 jaar van sukses en groei gevier Viljoen Human en sy seun Brink het die deure van Discount Boards Vredenburg in 2004 geopen en vandag – 21 jaar later – is die onderneming steeds ’n trotse rolspeler in die Weskus. Brink vertel hy het in 1999 gematrikuleer en daarna twee jaar Sportbestuur gaan studeer. Hy het hierna by Mica, een van die familie se vorige ondernemings op Worcester, gewerk voordat hy Vredenburg toe getrek het om saam met sy pa die tweede tak van die Discount Boards-groep te begin. “Ons het in ’n kleinerige gebou begin, maar namate die mark en ons klantebasis gegroei het, het ons die winkel vergroot en die produkreeks uitgebrei,” sê hy. Die onderneming se oorsprong lê in sy pa se visie om vir elk van sy drie kinders ’n toekoms te skep. Die eerste tak het in 2000 in Worcester geopen en word vandag deur sy broer Pieter Human bestuur. Vredenburg was die tweede tak, terwyl sy suster, Charlene Smith, een van die ander takke in Upington bestuur. Ernes van den Heever bestuur die ander tak in Malmesbury. “Ons bedien die hele Boland, Overberg, Weskus, Swartland en
Die Discount Boards-familie is agter (van links) Junior Brand, Marilize Human en Brink Human. Voor staan Daniel Huisamen en Maureen Valentine.
selfs die Noord-Kaap. Intussen het ons ook nuwe ondernemings soos Global Mattress and Foam, asook Storenett in Worcester met 400 eenhede en 100 vraghouers begin. Ons is dus in elke opsig
’n volwaardige familieonderneming.” Discount Boards staan bekend vir sy slagspreuk: We cut, edge and deliver. Die winkel voorsien alle melamien-, MDF- en gewone
spaanderbord (chipboard) vir kasbouers, asook postform-kasblaaie (werkoppervlakke) en hardeware. MDF staan vir mediumdigtheidveselbord, ’n bekostigbare alternatief vir soliede houtkaste van
kersie-, eike- of esdoornhout. Discount Cabinet Doors is in 2015 geopen, wat ’n nuwe produkreeks vir kasbouers deur MDF-profiele met plastiekafwerking bied. Die onderneming het tans 20 werknemers in diens, van wie die helfte al langer as 15 jaar deel van die span is. “Ons is trots dat ons werk aan 20 gesinne kan bied, veral te midde van ’n uitdagende ekonomie. Dit is een van ons grootste prestasies.” Brink beskryf vinnige, professionele, vriendelike en gehaltediens as die faktor wat hulle bo ander laat uitstaan. Groot uitdagings oor die jare sluit die wisselende ekonomie en natuurlik die Covid-pandemie in. Tog het die onderneming gegroei en oorleef. Volgens Brink bly hulle ook aan die voorpunt van tegnologie. “Ons voer ons eie masjinerie in om by te hou met nuwe tendense. Dit verseker dat ons klante altyd die beste gehalte produkte ontvang.” As hy vorentoe kyk, is sy droom dat sy kinders die onderneming kan oorneem en verder bou. Oor nóg tien jaar sou hy wou terugkyk en ’n sterk onderneming sien wat nog groter sukses vir die volgende geslagte kan bring.
At National Edging we have the largest stock of edgebanding, PVAc, flat lamination, foam bonding, PU Dispersion and PUR adhesives in the country. National Edging doesn’t compromise on quality and is the most reliable supplier to the shop-fitting, furniture and kitchen industries.
A Huge Congratulations TO
Discount Boards
21st ������� on your
NNNNNN-DW180925