Skip to main content

Weslander E-Edition - 18 September 2025

Page 1

9 771683 331002

18 September 2025

25918

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

Regsgeding oor nóg ’n windturbine-aanleg gaan voort Dié bestaande West Coast One-windturbine-aanleg grens aan die grond waarop die beoogde Boulders-windturbine-aanleg gebou gaan word. Hoewel ’n hofuitspraak verlede week ten gunste van dié reuse-aanleg was, is ’n groep Paternoster-inwoners van plan om te appèlleer. Lees die berig op bladsy 2. Foto: Danie Hefers

Kruising baie gevaarlik ‘Motoriste moet ekstra waaksaam wees’ Noluvu Ludidi Die kruising oor Saldanhaweg se dubbele bane by Builders Warehouse en Spar op Vredenburg wek al ’n geruime tyd kommer by inwoners. Twee voertuie was net verlede week daar in ’n botsing betrokke.

Nog ’n motorbotsing het by die kruising voor Builders Warehouse gebeur. Foto: West Coast Medical Rescue

Petisie oor beweerde kinderverkragter -2

Inwoners meen nie alle motoriste hou by die padreëls en spoed nie, en sê die lang gras belemmer sigbaarheid. Inwoners het ook al op sosiale media voorgestel verkeersligte moet hier opgerig word om sodoende seker te maak die pad is veiliger vir almal wat die kruising gebruik. Jandré Bakker van die departement van infrastruktuur meen egter daar is tans geen planne om hierdie kruising na ‘n kruising

Gesloer met bou van skoolsaal -3

“met seine” te omskep nie. “Dit is ‘n prioriteitsbeheerde kruising, waar voertuie op die kleiner pad moet toegee aan verkeer op Saldanhaweg.” Volgens Bakker sal verkeersseine eers oorweeg word sodra daar genoeg verkeersopeenhopings plaasvind om dit te noodsaak. Tereza Burger van die Saldanhabaai-munisipaliteit, beaam dat ‘n spoedgrens van 80 km/h op die dubbelbane geld. “Padgebruikers moet waaksaam wees wanneer hulle die kruising nader en binne die spoedgrens bly. Die volgende ondersoek om te bepaal of die installering van verkeersligte geregverdig is, sal oor sowat ses maande gedoen word. Die verkeerspan hou daagliks dié kruising dop, “veral in spitstye”.

Discount Boards word 21 jaar oud - 7-9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander E-Edition - 18 September 2025 by Novus Media - Issuu