Hou die Weskus ingelig sedert 1972
13 November 2025 25113
APPLIANCE
9 771683 331002
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
247L KOELKAS VRIESKAS KOMBINASIE
‘Net die Here se genade’
DAC447 - “Satin Metallic” Afwerking - 2 Jaar Waarborg + 3 Jaar Beperkte Waarborg
SLEGS R4 999 VELDDRIF
022 783 2997
LANGEBAAN 022 495 0001
VREDENBURG 022 713 1121
GELDIG TOT SONDAG, 2 DESEMBER 2025| Terwyl voorraad hou
www.applianceworld.co.za | B F & W
Geweld eis nóg ’n Vredenburger - 2 Staptog teen geweld gehou - 2 Roseline word reeds gemis -5
In ’n tyd van ekonomiese druk en onseker seisoene het die vissers van Laaiplek, Velddrif, hul hande en harte verenig by die hawe vir ’n dankdiens vol geloof, hoop en gemeenskapsamehorigheid. Onder leiding van pastoor Lorentz la Grange is hulle herinner dat selfs wanneer die nette leeg is, bly die Here getrou, en dat die krag van die gemeenskap in samewerking en geloof lê. Lees die berig op bl. 3. Foto: Letitia van Zyl-Schultz
Kry wenke hier vir eksamen - 10
Moord skok inwoners Noluvu Ludidi
Die prentjie wat sy aanskou het, was skokkend en iets wat sy nooit ooit verwag het nie. Die hele gesig het haar bewoë gelaat, het Andy Warnick gesê nadat sy verlede week op Cheryl Lombard (54) se lewelose liggaam in ’n huis in Seaview Park, Langebaan, afgekom het. “Die bloed, haar hand en een voet ... dis al wat ek van Cheryl gesien uitsteek het.” Warnick het Lombard, haar susterskind, op Vrydag 7 November uiteindelik in haar huis op die badkamervloer onder hope komberse en klere gekry. Sy het gaan ondersoek instel nadat sy talle oproepe ontvang het dat mense Lombard verlede Woensdag (5 November) die laaste keer gesien en van haar gehoor het. Warnick het onraad vermoed toe sy hoor dat Lombard vermis word, want volgens haar was dit nie Lombard se aard om haar huis net so te los nie. Volgens kapt. Tania Helfrich, die distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het ’n 22-jarige verdagte op Dinsdag 11 November in die Hopefield-landdroshof verskyn, wat Lombard
Vermoorde se suster sê hulle haat nie na bewering herhaaldelik met ’n mes gesteek het. Hy is verwant aan haar. “Na bewering was die twee Woensdag verlede week in ’n rusie betrokke waarop die beskuldigde die oorledene na bewering in die badkamer ingedwing en haar daar met ’n mes aangeval het.” ’n Familielid het Lombard se lyk Vrydag ontdek, waarna die 22-jarige op die toneel in hegtenis geneem is. Die polisie het op die moordwapen beslag gelê. Die verdagte het steeds die bebloede klere aangehad wat hy gedra het toe hy die oorledene na bewering aangeval het. Die skokkende ontdekking het die reeds omgekrapte gemeenskap van Seaviewpark verstom. Volgens Lombard se suster, Joliza van Boven, was haar suster ’n lieflike mens wat altyd ’n glimlag op haar gesig gehad het. “Toe ek op die toneel kom, het ’n woede by my opgekom, maar ek kan hom nie haat nie. Mense daar buite kyk vir ons en dink die suster is dood, maar daar is steeds liefde vir hom. Dit is nie ’n knoppie wat ’n mens kan afskakel nie.
Wat hy gedoen het, is nie reg nie, maar die oordeel kom ons nie toe nie.” Van Boven gee toe die familie het nog ’n lang pad na genesing, maar hulle gaan nie hul rug op die beskuldigde draai nie. “Daar is stories wat die ronde doen, maar mense van buite was nie daar nie en weet nie presies wat gebeur het nie.” Van Boven meen geen haat en blaam teenoor die beskuldigde sal haar suster terugbring nie. Sy glo hy het baie hulp nodig – meer as wat mense besef. “Hy het veral in hierdie situasie waarin hy hom bevind, sy familie nodig. Met die stories wat loop, moet mense ophou bespiegel, want dit maak die meeste seer. Die hele situasie is ’n dubbele seer.” Volgens Warnick het haar susterskind uit liefde altyd ander bo haarself gestel. Die saak word ondersoek en die beskuldigde het in die Hopefield-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy het vir die hof aangedui dat hy nie aansoek om borgtog wil doen nie. Die saak is tot 29 Januarie uitgestel.
Wyle Cheryl Lombard