Skip to main content

Weslander E-Edition - 12 March 2026

Page 1


Uitspraakbringeffense verligting virkleinvissers

Die onlangse aankondiging deur Willie Aucamp, die minister van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE), bring effense verligting vir kleinskaalse vissers.Aucamp het dieappèllewat deur kleinskaalse visvangkoöperasies in die tradisionele lynvis-enWeskus-kreefsektorevir die 2026-’27-seisoen ingedien is, gehandhaaf. ’n Aantal kleinskaalse vissers en vennote was by ’n media-inligtingsessieteenwoordig waar dié besluit aangekondig is Aucamp hoop dit sal vertroueindie appèlproses herstel en dui op ’n belangrikestap in die rigting van die versterking van dieverhouding tussen kleinskaalse vissersgemeenskappe endie regering Kleinskaalse vissers in dietradisionele lynvissektor kon die afgelopeongeveer 16 jaarmet 297 vaartuie as deel van die tussentydse verligtingstelsel visvang.

Toe die departement dieprosesonderneem het om die tussentydse verligtingsvaartuie in die Totale Toelaatbare Poging (TOV) deur die toekenning van kleinskaalse visvangregte te formaliseer, is hierdie297 vaartuie steedsaan kleinskaalse koöperasies toegeken. Vir die 2026-’27-visvangseisoen is hierdie vaartuie egter nie geakkommodeer nie,wat baie kleinskaalse visvangkoöperasies met aansienlik mindervaartuie gelaat het om mee te werk Nadat die verwantewetgewing, die wetenskaplike basis virTOV-beheermaatreëls en die historieseafhanklikheid van kleinskaalse gemeenskappeopdie tradisionele lynvisvaartuiehersienis, het Aucamp al 297 standaardvaartuie in die TOV-toekenning vir kleinskaalse vissers

virdie 2026-’27-seisoen herstel

Intussen het die afgevaardigdeowerheid vrystellingsuitgereikom kleinskaalse vissers toe te laat om voort te gaan met bedrywighede terwyl hulle genoegsaam geleentheidkry om vir hul nuwe 2026-’27-permitte aansoek te doen. Hilda Adams, die voorsitter vandie Weskus-kleinskaalse vissersforum, sê sy is verlig oor die uitkoms vandie appèlle

“As ditandersuitgekom het, soudit ’n groot krisisgewees het. Baie van ons vissers sou werkloos gewees het. Hulleis 100% afhanklik van die see. Hulpassie virhul lewensbestaan is iets besonders. Ek hetsoveel respek vir onsvissers. Dit is net jammer datsobaie onregtighede intreewat onsraak,” voeg Adams by Aucamp het beklemtoondie uitreiking vanhierdie besluite in so ’n kort tydsbestekisuitsonderlikvan aard, maar dit is nieligtelik geneem nie.

“Ek hetaldie feite wat ek voor my gehad het, oorweeg en moesverseker dat elke appèl deeglik en wettig verwerk word op ’n wyse watdie departement se verbintenistot billikheid, verantwoordbaarheidendie volhoubaregebruik van Suid-Afrika se marienehulpbronne weerspieël.”

CharlesJordaan,die voorsitter van die St. Helenabaai-vissersgemeenskapsforum,sêdie forum se mening is egter dat die huidigeminister besig is om sy geld te plaas waar sy mond is metdie herstelvan die 297 uitgelate bote.

“Hy kon meer gedoen het. Ek het my mening in ’n e-posaan homduidelik gestel dat hy en sy departement besig is om diehond vanagteraftenader en nie die grootsteprobleemdirek aanspreek nie.”

Adams iswel hoopvol dat alles spoedig reggestelsal word.

No Under 18s –Gambling isforAdults Only

Gamblingshouldbeaformofentertainmentforadults,such asplacingabetonafootballmatchorvisitingacasino.

Butgambling is notmeant foreveryone. In South Africa, gamblingisrestrictedtoadults,andpersonsundertheage of18maynotparticipate

This rule existsfor an important reason. Youngpeople are stilldevelopingtheabilitytoassessrisksandmakeinformed decisions.Researchshowsthatearlyexposuretogambling canincrease the risk of harmful behaviour later in life. Gamblingcanbeharmfultoadultsaswell,butyoungpeople areespeciallyvulnerable.

Aswiththeagelimitsfordrivingordrinkingalcohol,theage limitongambling is theretoprotect youngpeople and our communities.

Understanding andrespecting these limits helps protect youngpeople and ensures that gambling remains a regulatedformofentertainment

Know therules.Gamblingisanactivity foradults, not forchildrenorteenagers.

This messageisbrought to youbythe Western Cape Gambling andRacing Board as part of itspublic education programme.

Boer-aanvallers kies nieborgtog

AlidaBuckle

’n Plaaslikeboer sê die verdagtes wat verledeweek by die aanval op Hugo Louw (56) langs die Lambertsbaai-pad betrokke is, is al lank ’n probleem in die omgewing.

Louw, ’n boer en ook ’n gewilde sanger en storieverteller, is verlede Donderdag (5Maart) wreed deur ’n groep mans langs die Lambertsbaai-pad (R365) nabydie Wadrif-plaas aangeval. Hy is met ’n stomp voorwerp oor die kopgeslaan, wat ernstige kopwonde veroorsaak het, en boonop is sy hande verskeie kere met messe gesteek soos hy probeer keer het. Louwisin’nkritieke toestand per helikopter na ’n Kaapse hospitaal geneem, waar hy steeds aansterk. Hy sal nog verskeie operasies moetondergaan.

Louwwou sy aanvallers glo’nsaamrygeleentheid gee, maar het met dieopklim van die mans agterop sy bakkie onraad

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse ministervan landbou, het Maandag tydens die hofverskyning van dieverdagtes, Clive Boois (27), Marlon Booysen (24) en Anthony Storm (28), gesê “As jy ’n boer aanval, gaan jou gat nie weer die son sien nie.”

’n Groot groep boere, inwoners en belangstellendes het by die rondgaandehof in Lambertsbaai opgedaag.

Volgens kapt.Tania Helfrich, distrikswoordvoerder virdie Weskus-polisie, het Boois, Booysen en Storm almal vorige veroordelings. Hulle staan tereg op aanklagtevan poging totmoord, diefstal uit ’n motorvoertuig en veediefstal.

“Ek was ook vandag buitedie hof, maar net sowat 15 vanons is toegelaat om die hofverrigtinge by te woon,”het Turner gesê.

Turner beskryf Louw as ’n Sandvelderin murg en been.

Helfrich het bevestig dat die verdagtes bloedbevlekte klere aangehad het waar hulle naby die plek waar ’n geslagteskaap

’n Groot groep mensehet by die rondgaande hof op Lambertsbaaiopgedaag om teen borgtog vir die aanvallersvan ’n boer vandie omgewing te betoog. Foto:Hetta Saunderson

Mev. SA-droom word ’n werklikheid

Om deel te kanwees van Mevrou Suid-Afrika2026 is vir Mariëtte Vorster ’n belewenis.

Dié Langebaan-inwoner meendit was ’n droom om deel te wees van hierdie platform en sy genietdie susterskap terdeë,asook die manierwaarop ’n mens in die proses groei

Vorster is een van die semi-finaliste en sê die aankondiging was vir haar ’n “volle oomblik”

“Dit verteenwoordig die moed om terug te keer, die dissipline om te groei, en die eer om die moderneSuid-Afrikaanse vrou te verteenwoordig op ’n platform watsubstansie bo alles anders vier.Een van my grootste hoogtepunt sover in die reis is om te sien hoe ongelooflik my gemeenskap agter my staanenmyin hierdie kompetisie ondersteun. Dit het my opnuut laat besef hoe belangrik ’n

menssegemeenskapenjou netwerk vir jou is ”

Volgens Vorster het die kompetisie haar reeds so baie geleer. Wathaar persoonlik die meeste geraak het, is die voortdurende groei.

“Ek streefdaarnaomelke dag’nbeter weergawe vanmyself te wees Wanneer ek voelmykrag raak min, ervaarekhoe daarnuwekrag vanbokom, en dit is presieswaar die innerlike groeiplaasvind.Omself-twyfel te oorwin en te besef datjy ’n uitdaging suksesvolkan aanpak, is ’n ongelooflike bevredigende gevoel.”

Op diereis van Mev. Suid-Afrika sê Vorsterhaar grootste ondersteuners is definitief haar man, haar ouers en haar beste vriendin.

“Hullestaanbankvas agter my met elkestap van die proses. Ek onthou nog toe ek my mangevra het of ek dit moet doen.Syantwoord wasdat ek dit 100% moetdoenendat ek bo saluitkom.Dit het my opnuut laatbesef hoelief hy my

KykNet-filmspan besteel

’n Produksiespan was verlede week geskok om wakker te word in hulverblyfplek in SharkBay, Langebaan,en te besef dat duur kameratoerusting gedurende die nag gesteel is Wilmer Muller, woordvoerder vir Homebrew Films, wat die kykNET-reeks Lekker &Goed vervaardig, sê lede van diespan is gelukkig almal ongedeerd ná die voorval op Woensdag 4Maart.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder van die Weskus-polisie, hetdie inbrekers vroeg in die oggend stilletjiesbydie villaingebreek en die duur toerusting gesteel. Daarword vermoeddaar kan ’nverband wees tussen diéinbraak en verskeie anderindie omgewing, waar vensters soms met raam en al verwyder is om toegang tot die huise te kry.Die Langebaan-polisie ondersoek tansverskeie sake van huisbraak.

Muller sê die spankon gelukkig vinnig alternatiewe toerusting van Kaapstad laat kom sodat dieverfilmingsonderonderbreking kon voortgaan.“Ons is baie dankbaar dat niemandbeseerisnie.Die voorvalhet geen vertragings veroorsaak nie en produksiehet sonderprobleme voortgegaan.”

Hy beklemtoon dat die produksiespan steeds welkomvoel in Langebaan en dat hulle die gemeenskap se ondersteuning en gasvryheid baie waardeer.

Die span werk tans aan die tweede reeks van Lekker &Goed. Die verfilming het op Maandag 23 Februariebegin en sal na verwagting tot Woensdag 11 Maart duur. Al 13 episodes word weer in die Shark Bay-omgewinggeskiet, net

soos die eerste reeks in 2024. Carmen Niehaus, bekende kosskrywer entelevisie-persoonlikheid, is die aanbiedervan Lekker& Goed.Die reeks, wat in 2025 vir die eerste keer op kykNET uitgesaai is, keer nouterug vir ’n tweede reeks wat op 9April begin. Niehaus deel in dieprogram resepte en verwelkom bekende gaste soos Danie du Toit, Rolanda Marais, Yolani Abrahams,MilaGuy en Ewan Strydom

Herman Lensing,bekroonde kosskrywer, televisiepersoonlikheid en redakteur van SARIEKOS,isdeel van die produksiespan en dien as kosvervaardiger vir die reeks. Lensinghet ook tydens dieinbraak in die Shark Bay-blyplek tuisgegaan.

Muller sêintussen is ekstra sekuriteitswagte aangestel wat saansbydie verblyfplekdiens doen om die veiligheid vandie span en toerusting te verseker.

het en dat hy net die beste virmywil hê.”

Sou sy as Mev. Suid-Afrika2026 gekroonword, is daar baie wat Vorster in haargemeenskapwil doen.

“Een vanmyhartsprojekte is om jong dames te help deur vir hulle lewensvaardighede aan te leer; ek wildit die ‘BMS (Body,Mind andSoul) Super Girls’ noem. Verder wil ek ’n werkswinkel vir vroue begin waar onsmekaarkan ondersteun en opbou,sodat onsas’nverenigde gemeenskap van die Weskus kan groei. Deurmyeie ervaringsendit wat oormypad gekom het, wil ek graag die stem vanhoop wees watmense laatbesef dat’nmoeilike tydperk niedie einde van die padisnie.

“Soms verloopdingenie volgensons planne nie, maar ek wil hê elke persoon moet weet dat daar ’n beter pad voorlê Dikwels is dit net ’n herleiding van God om vir jou’nmooiertoekoms te geeas watjyself kondroom.”

Kommer oorverwagte

styging van brandstofpryse

Weskussers staal hulle vir ’n moontlike brandstofskok in April. Indien verwagte prysstygings ’n werklikheid word, sal dit die skerpste styging in brandstofpryse in die land se geskiedenis wees. Weens die prys van ru-olie, wat sedert die begin van die voortslepende militêre konflik in die Midde-Ooste met sowat 40% gestyg het, en die rand/dollar-wisselkoers, kandie pryse van diesel en petrol moontlik onderskeidelik metR7enR4per liter styg Die brandstofprys raak elke aspek van die lewe, selfs toerisme. Vrese dat dieland selfs binnekort deur ’n ernstige brandstoftekort in die gesig gestaar kanword, word noudeur sommige kenners geopper. Weslander het by sakekamers en landbouorganisasies gaan kers opsteek oor die impak van dié verwagte prysstygings op Weskussers. Volgens Gary Badenhorst, voorsitter van die Weskus-sakekamer, hou die vinnig stygende prys van Brent-ruolie beduidende gevolgeinvir plaaslikeekonomieëindie Saldanhabaai-gebied,wat afhanklik is van vervoer, nywerheid, vissery en hawebedrywighede. “Ek is ’n veteraan van die bedryf en het nognooit ervaar wat nouopons afstorm nie,”sêBadenhorst. Hy verduidelik dat Saldanha ’n haween nywerheidsdorp is waar ekonomiese bedrywighede afhanklik is vandie vervoer van goedere per pad, see en spoor. “Wanneer brandstofpryse styg, neem kostes van goedere en dienste toe. Dit raak logistieke kostes direk en lei tot verhoogde skeepsen visserybedryfskostes. Kleinhandelaars betaal meer vir aflewerings, boere en

produsentebetaal meer om produkte te vervoer, en ekstra kostes word weer aan verbruikers oorgedra. Taxi-tarieween pendelkostes neem toe, en gesinne het uiteindelik minder beskikbare en besteebare inkomste.”

Volgens Johnny Da Silva, voorsittervan die Velddrif Sakekamer, is ondernemings uiters bekommerd oor dieverwagte brandstofpryse. “Brandstof is nie net ’n vervoersaak nie. Duurder diesel en petrol raak uiteindelik diepryse vanalle produkte en diensteindie dorp,”sêDaSilva. Hy beklemtoon dat die land se afhanklikheid van ingevoerde energiebronne kommerwekkend is.

Volgens Stoan Bartel, voorsittervan die Sakekamer in St. Helenabaai, is hulle ook uiters bekommerd oor diemoontlike uitwerking van ’n skerp brandstofprysstyging op plaaslikeondernemings. “Daar is ’n risiko dat voortgesette brandstofprysstygings aktiwiteite in die plaaslikeekonomie negatief kanbeïnvloed.Stygendevervoerkosteplaas druk op verbruikers, wat lei tot’nafname in besteding in sektore soos eetplekke, kleinhandel en toerisme.” Die verwagtedieselprysstyging is ook slegte nuus virdie land se landbou-,bosbou-,vissery-enmynbousektore. Volgens SP Tredoux,streekbestuurder van Agri Wes-Kaap in die Weskus, is die moontlikestyging kommerwekkend virdie landbou. Boere word reedsverlam deur uitdagings soos dieselpryse, die hittegolf en bek-en-klouseer. ’n Boer wat sowat 100 000 liter diesel per jaar verbruik, kan’n styging van meer as ’n halfmiljoen rand in sy dieseluitgawes verwag.

Mariëtte Vorster, semi-finalis in Mevrou Suid Afrika 2026
Carmen Niehaus van Lekker &Goed.Foto: DStv
DanieHefers

Misdaadbrokkies |Crime Snippets

Vredenburg– Drieonbekendemanshet verledeDonderdag(5Maart)omstreeks 20:30’n32-jarigevrousehuisinGeorge Kerridgebinnegekomenhaargevraom saammethullenadiesjebienlangsaante gaan.Methulaankomsbydiedrinkplek isdievrouaangesêomR1500“beskermingsgeld”tebetaal.Dievrouwouweet waarom,wantsyverkoopniemeerdrank nie,waaropdiemansgloweggeloop het.Driedaelater,opSondag8Maart ongeveerdieselfdetyd,wasdaarweer’n klopaandievrousedeur.Syhetgevrawie ditis,maarniemandhetgeantwoordnie Dievolgendeoomblikhetiemandtwee skotedeurdiedeurafgevuurendiehuis ingekom.Tweevandievierverdagtes hetnadievrouinhaarkamergegaan Syhetweerbenadrukdatsyniemeer drankverkoopnie,maarhullehethaarnie geglonieenmet’nknuppelindiegesig geslaan.Dieaanvallershethaarselfoon enR40gevatenopdievluggeslaan.Die Vredenburg-polisieondersoek’nsaakvan huisroofenafdreiging.

Vredenburg–’n37-jarigemanvan GeorgeKerridgeisSondagaand(8Maart) deursybuurmaninkennisgesteldat iemandbesigisomhulkragkabelstesteel Dieklaerhetondersoekgaaninstelen’n verdagtemanagtervolg.Dievolgende oomblikisskoteophomgeskiet.Hy isgewondensterktansindieGroote Schuur-hospitaalinKaapstadaan.Die Vredenburg-polisieondersoek’nsaakvan

pogingtotmoord

Clanwilliam–RachellEssiKallemeyer (25)isverledeDonderdag(5Maart)om 17:20op’nplaasindieClanwilliam-omgewingmet’nbyloordiekopgekap.Syhet opdietoneelaanhaarkopwondebeswyk. HendrienavanRooy(36)vandieselfde plaashetopMaandag9Maartopaanklag vanmoordindielanddroshofverskyn.

Citrusdal–GetruidaSwarts(47)is Saterdagaand(7Maart)omstreeks18:40 op’nplaasindieCitrusdal-omgewingmet ’nmesdoodgesteek.Haarvermeende aanvaller,EstelleDouries(37),hetook MaandagindieClanwilliam-landdroshof opaanklagvanmoordverskyn.

Vredenburg–LukeMushakaranhu (37)isSaterdagogggendom02:00in WilgerstraatinWitteklipmet’nmesindie nekenondersyarmgesteek.Hyhetmet syaankomsbydieVredenburg-provinsiale hospitaalgesterf.Diepolisieondersoek’n saakvanmoord.

Malmesbury–Saterdagoggend (7Maart)omstreeks07:15was’ngroep jongmenseagterop’nbakkieoppadna’n kerkbyeenkomsopdieRiverlandspadtoe (N7)nabeweringdeurNdivhuwoMashay (28)semotorindieverkeerdebaanvan diepadafgestampengerolhet.Lesedi Sithole(15)isoorlede.Nogtweetieners heternstigebeseringsopgedoenendie andervyfminderernstig.Mashayhet Maandagindielanddroshofop’naanklag vanstrafbaremanslagverskyn.

GPF nooi jouomtekom deelneem

Waarom moet jy jou plaaslikegemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bywoon?Jou stem en betrokkenheidmaak jou buurtveiliger.Deursaam met die polisie te werk,kan misdaadvoorkom,problemevinnigopgelos en praktieseoplossings gevind word,wat vir almalwerk. Die Hopefield-GPF se vergadering vindopDonderdag26Maartom19:00 in die Hopefield-Thusong-sentrum plaas.

FARR Weskus sluit

DieFoundation for Alcohol Related Research (FARR) het op Donderdag 26 Februarie sy laaste seminaar en afsluitingsgeleentheid by die Saldanhabaai-hotel aangebied.

Die dag was gevulmet trots oor die werk wat gedoenis, maar ook hartseer oor die einde van ’n projek wat die Weskusgemeenskap vir meer as ’n dekade bedien het. Sedert 2013 is die Weskusprojek deur die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gefinansier. In April 2025 het die FARR-direksie die besluit geneem om die projek, en uiteindelik ook die organisasie, te sluit. As navorsingsgebaseerde instelling het FARR toenemend gesukkel om volhoubare finansiering vir navorsing te bekom. Tog sluit die organisasie sy deure op ’n hoogtepunt: Sedert 1997 het FARR 20 internasionaal erkende gemeenskapsvoorkomstudies vir Fetale Alkohol Spektrum Afwykings (Fasa) gedoen –die meeste in die wêreld –en77wetenskaplike artikels gepubliseer. Daarby het die organisasie meer as 20 gemeenskapsprojekte in vyf provinsies voltooi en duisende professionele diensverskaffers opgelei. Verskeie nagraadse studente, aan internasionale universiteite, het, in samewerking met FARR doktorale en meestersgrade verwerf. Die grootste impak is egter dat FARRsewerksaamhede in hul projekareas tot ’n drastiese vermindering in Fasa-geboortes geleihet.

Hayley Smith (projekbestuurder),Luthando Sixishe (musikant),dr. Zaino Petersen (HSRC),Chriselda Saul (ELRU),Leana Olivier (uitvoerende hoof vanFARR), sr. Christelle Annandale(departement vangesondheid), dr.LynetteRossouw (Inner Wheel) en ElloiseKarolus (gemeenskapswerker).

Onder die tema “Legacy of Hope”het rolspelers uit verskeie regeringsdepartemente en gemeenskapsorganisasies die seminaar bygewoon. Hayley Smith, projekbestuurder van FARR Weskus, het die verrigtinge geopen, waarna die uitvoerende hoof, dr. Leana Olivier, ’n oorsig van dieprojek se reis van 2013 tot2026 gedeel het Charnine Sobey, opleidingshoof, het ’n oorsig oor Fasa gegee en die boodskap van hoop en nalatenskapverder beklemtoon.

Oor die afgelope 13 jaar het duisende inwoners van dieWeskus aan projekte en opleidingsessies deelgeneem. Die “Het Jy 3-Minute?”-bewusmakingsprogram alleen het 22 851 gemeenskapslede bereik. FARR het deurgaans dieboodskap versprei dat geen hoeveelheid alkohol tydens swangerskap veilig is nie, en het daarmee ’n kultuur van verantwoordelikheid en be-

wustheid gevestig. Oordie afgelope 13 jaar het duisende inwoners van die Weskus aan projekte en opleidingsessies deelgeneem. Verskeie sprekers, onder wie verteenwoordigers van die Departement van Gesondheid,die polisie, Human Science Research Council, ELRU en Inner Wheel, het FARR bedank vir sy baanbrekersnavorsing, dienslewering en samewerking. Met ’n Fasa-voorkomssyfer van68per 1000 geboortes (6,8%) in die streek, teenoor ’n internasionale gemiddelde van minder as 1%, is dit duidelik datFARR se intervensies noodsaaklik was en dat voortgesette insette van alle rolspelers nodig bly, selfs ná die organisasie se vertrek.

Die dag is ligter gemaak deur ’n musiekbydrae van Luthando Sixishe, terwyl Elloise Karolus, FARR-gemeenskapswerker, die verrigtinge afgesluit het met 'n hartlikedankwoord aan almal.

Real-estateagency opens in Langebaan

REXRealEstate West Coast in Langebaanhosted its launch on Friday6 March.

Taking placeatLaVibra in Langebaan, theevening was filled with laughter,good food and good wine.

Guests had the opportunity to mingle and network with the owners of REX Real Estate West Coast andagood idea of what they offered

Both Nee Alberts, managing director and property

practitioner, and Rehana Mula property practitioner of REXReal Estate West Coast emphasisedthe importance of integrity, teamwork and honesty,and wereexcited to servethe West Coast tothe best of their ability.

Guests alsoenjoyed hand massages fromthe Beauty Shop andtastings from Snow Mountain, ZevenwachtWine Estate and DarlingBreweries.

Laaiplek helpboere

LetitiaVanZyl-Schult

Boereindie Noord-Kaapse dorp Williston staar steedsernstige droogtetoestande in die gesig, met uitgedroogde lande en diere wat sukkel om genoegsame voer te kry. Verskeieorganisasieshet reedshande gevat om die boeregemeenskap by te staan.

As deel van hierdie pogings het die NG kerk se Laaiplek-gemeente op Vrydag 20 Februarie met vragte goedere na Willistonvertrek om verligting aan die droogtegeteisterde gemeenskap te bring.

Die gemeente is sedert 2019 by uitreik-aksies na Willistonbetrokke en volgens hulle bly die nood in die dorp ’n saak van liefde vir hul naaste. Vanjaar is die hulp met viervoertuie, ’n sleepwa asook een vragmotor vervoer.

Wilhelm Visser en sy vrou, Anja, van Graafwater, het die vragmotor saam met hul bure volgemaak en self gehelp om die skenkingsafte laai. Ten spyte daarvan dat plaaslike boere in die Weskus-omgewing self verlede jaar ’n moeilike droogte beleef het, het hulle steeds hul harte en hande oopgemaak Hannes Pienaar het twee tonlupiene geskenk, terwyl ruim bydraes van hondekos, druiwe, skaapmedisyne en aartappels ontvang is. Plaaslike fabrieke het ook gehelp metdie skenking van blikkies vis. Skryfbehoeftes vir skole is ingesamel en die gemeente het 80 komberse vir ouer mense gehekel, asook 50 bederfpakkies vir vroue saamgestuur.

Die voertuie is deur ds.Charl en Louise van Rensburg, Nickie en Elaine Oosthuizen, Jaap en Gerda van Wyk, en Klaas en Anlovan Zyl beskikbaar gestel. Verskeie instellings is tydens die uitreik besoek. Volgens ds. Charl is die ACVV Amandelhof-tehuis besoek, waar elkeinwoner druiwe, ’n kombers vir die winter, dadellekkers en droëvrugte ontvang het.Die tehuis het ook vyf sakke aartappels en ’n krattamaties gekry en almal het saam tee gedrink en gekuier.

Diespan het ook Badisa se Huis Immanuel besoek,waar elkeinwoner ’n winterkombers, droë vrugte, druiwe en dadellekkers ontvang het. “Dit is ’n wonderliketehuis metpersoneel om op trots te wees,” het ds. Charl gesê. Verder het Williston Junior Kollege en die Pretplaas-kleuterskool skryfbehoeftes en ’n “Brain Buddy”-

les ontvang.

Die uitreikspan is in Williston deur Theresa Jordaan, wat van die goedere by die plaaslike koöperasie ontvang het,verwelkom. Vandaar af sal dit na boere in die distrik versprei word.

Jordaan het haar diepewaardering in ’n dankbrief uitgespreek en die Laaiplek-gemeenteas“engele met ’n lyf” beskryf –“mense wat hoop, liefde, omgee en bemoediging in ’n tydvan moedeloosheid gebring het”. Sy het afgesluit met ’n gebed vir seën, bewaring en reën oor die dorre land.

Die naweek is afgesluit met ’n erediens Sondagoggend waar ds.Charl die boodskap bedien het

Die uitreik word deur die gemeenteas’ngetuienis van omgee, samewerking en hoop beskryf –selfs te midde van moeilike omstandighede.

Ds. Charl vanRensburgensyvrou, Louise, saam metdie kinders vanWilliston Junior Kollege en die Pretplaas-kleuterskool,waarhulle skryfbehoeftes uitgedeel het
Nee Alberts (managing director and propertypractitionerofREX Real Estate West Coast),Devan Bosch(financial franchise director of REXRealEstate West Coast) and Rehana Mula(propertypractionerofREX Real Estate West Coast). Photos:Noluvu Ludidi
Guests Deanand Neels Roodt
Tian vanTaak of West Coast Destination and Events.
Jean-PierreRobak, Rehana Mula, SusanOpie,Nee Alberts and Roswitha Robak.

Di vi

As Maart pa eerst Rocks-fees va bedrywig. le op Die ste jaar to Kl mo die tj by br die Laaiplek-hotel mus jo boek ku prob ten in weer oor week dit maand!

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in Weslander en niks magsonder skrifteliketoestemming gebruik word nie.

Kantoor

Uitgewer

Redakteur

Redaksie

022 713 1251 (t) 074 294 5435

Stefan Kolver stefan.kolver@novusmedia.co.za Alida Buckle alida.buckle@novusmedia.co.za

Noluvu Ludidi Nuuswenke noluvu.ludidi@novusmedia.co za weslander@novusmedia.co za

Advertensies

Madelie van Tonder madelie.vantonder@novusmedia.co.za

Yvette Smith yvette.smith@novusmedia.co.za

Sirkulasie:Onthe Dot

Algemene navrae: 087 353 1300 /087 353 1333 074 2945435

Joernalis aan diens/Nuuswenke

Alida Buckle/Noluvu Ludidi 082 5760453

LETTERS/BRIEWE Lettersmay by edited for clarity and style. We cannotsupply reasonsfor non-publication. Shorter letters are preferred The opinions voiced on the opinion page arethose ofthe individual writers, and do not necessarily reflect Weslander’s viewpoint. Briewe kan geredigeerenverkort word.Redes word nie verskafhoekom’nbepaalde brief nie geplaas word nie Korter briewe kry voorkeur. Die menings uitgespreekopdie meningsblad isdie vandie individueleskrywers en weerspieëlnie noodwendig d esiening van Weslander nie.

OMBUDSMAN

Contactthe Weslanderombudsman with readercomplaints. Any complaints,queriesorsuggestions aboutcontent in Weslander maybe senttoour ombudsman, George Claassen, on 021851 3232 or at mediaombud@novusmedia.co.za

Watisjou mening?

Stuur ’n WhatsApp na 0825760453.

Suid-Afrikaners?Ons kies toemaar weer om ’n bietjie diedraak te steek met die helegedoente.

Stuur enige klagtes, navrae of voorstelle oor die inhoud vanWeslander aanons ombudsman, George Claassen by 021851 3232 of mediaombud@novusmedia.co.za.

Foeitog, ’n mens moet sekermaar ons nasie verskoon. Onshet al deur soveel drama en trauma gekom. En al watons nogaltyd deuralles gedrahet,isons veerkragtigheid en ’n goeie sin vir humor. Nee kyk, ons kanvir jou gekskeer met allesenalmal. Soos baieander mense probeer ek ook maar op hoogte blyvan sake rakende die nuutste wêreldgebeure, veralnoudat diegerugte van’n

En disjuis op sosialemedia waar ek toeopdie skreeusnaakse insette rakendedie nuutstewêreldgebeure afkom.

EenSuid-Afrikaansepaartjie hoor toeglo diegeraas vanmissielewat afgeskiet word en vlug nou ghamma vir hul lewe. Die tannie stop skielik en skreeu benoudvir haar man dat hulle vinnig moet teruggaan huis toe, want sy het haar valstande vergeet.Sysien nie kans om met ’n papbekkie te “surrender”nie Dis nog niksnie Terwyl almal in gewyde po-

dophou, beginmygedagtesloop Watasdaar wel’noorlog uitbreek en ons land moetook skouer bysit om virvrede te veg? Is ons troepe fiksgenoeg om dienodigetedoen? Kanhulle ’n geweer behoorlik hanteer as ditmoet? My moedsak sommerinmy skoene,want daai prentjie vandie vroulikesoldaat blyinmykop maal. Honderde“streetwisethrees”en “familymeals”met ekstra“mash and gravy” is al watekvoor my sien En ons almal weet mos–daai goed is diep ongesond, maar diep lekker

diespoedomtehardloop as daar gehardloop moet word? En wateet ons soldateop’ndaagliksebasis?

Ek hoop hulle volg darem ’n gebalanseerde spyskaart,want partyvan my broers en susterslyk of hulle ’n badkamerskaal in sy peetjie in gaan laat klok. Is ek onnodig angsbevangeasek so oor ’n potensiëleoorlog dink? LieweVadervan genade,ekbid togdat enigeoorlog vanenige aard nie in my vaderland saluitbreek nie. Want hoe gemaak …?

-AndreSmith

Dagboek/Diary

Dagboek-inskrywingsisgratis. Inskrywingsmoet voor 17:00 op ’n Maandagontvang word.E-pos: weslander@novusmedia.co.za. WhatsAppna 0825760453

DONDERDAG 12 MAART

BeleefDie Piesangskille soos jy hullenog nooit gesien het nie –akoestiesenbyKapstadt Brauhaus in Langebaan –vir ’n intieme aandvol lag, stories, bekende treffers en lekker saamkuier. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjieprysebegin by R200.Bespreek by www.quicket.co.za.

FRIDAY13MARCH

Me and Mr Clapton;atributeshowbyMel Botes at Die Koelkamers.Makesureyou don’t miss it Theshowstarts at 19:00 and tickets cost between R230 andR368. To book visit www.diekoelkamers. com.

SATURDAY 14 MARCH

Kingdom Transformation LifeChurch and the EonAdams Foundation present abreakfast seminar about gangsterismand drugaddiction and an overall conversation of hope and steps towardsfreedom and restoration.Itwilltakeplace at 62 Oberon Street,Saldanha, at09:00.For more infomation contact Rowanon076 7734040

Weskus Mallinvites youand your family to experienceamagical transformation as Weskus Mall becomes aBrick Wonderland. Join them fora celebration of creativity, familyfun andimagination.TheseBrick Exhibitions willbelocated on the Lowerlevel in front of Foschini for1day only from 09:00 until14:00.for moreinformationcontact the mallon022 703 6900

SONDAG 15 MAART

Direk vandie Woordfeeskom Jana Cilliers en Koos Kombuissaamin Omwentelinge,’nintieme woord-en-musiekaanbieding oordie draaievan die lewe, taal en lied. Die vertoning vind plaasby Die Koelkamers om 12:00. Kaartjies kostussen R230 en R437.Omtebespreek besoek www. diekoelkamers.com.

SUNDAY 22 MARCH

Come out in numberstothe Multipurpose CentreinSaldanha foragathering of unity. The West Coast comes together in onevoice to boldly glorify the name of Jesus, win thelost, and restore hopetobelievers. One night of worship, praise and word with NateThe Curator(photo) andhis band, performing his brand newalbum Luke 1910 live Therewillalsobeaspecialliveperformanceby Pinkster Giant Boeti Ello.Come expectant.Come ready.Jesus willbelifted out loud. Tickets cost

Weekliksesudoku

Hier is weer twee Sudoku-kopkrappers om die breinspiere mee te kielie. Die een raaisel is van ’n hoër moeilikheidsgraad terwyl die ander meer op beginnersvlak is.

R68 and canbebookedonwww.webtickets.co.za or at Pick nPay

WOENSDAG 25 APRIL

Die Vredenburg-tuinbouklubvergader om 10:00 by dieOuStallevan die Moedergemeente, Vredenburg. Tema: Effektiewe besproeiing. Bel Erna by 083285 2729 virnog inligting

DONDERDAG 26 MAART

Maak gereed vir’nonvergeetlikeaandwanneer JuanBoucher,een vanSuid-Afrika se gewildste en mees geliefde Afrikaanse kunstenaars, weer die verhoog by Kapstadt Brauhaus in Langebaan bestyg. Juan bly’nkunstenaarwat gehore landwyd met sy kenmerkende stem, egte liriekeen kragtige verhoogaanwesigheid betower. Besoekers kanuitsien na ’n energieke, emosievolle vertoningmet ’n mengselvan sy grootstetreffers, gewildegunstelinge en nuwe vrystellings.Ofjy Juanal jare lank volg of eers onlangssymusiek ontdek het– hierdievertoningbeloof iets spesiaal vir almal. Ditbegin om 20:00 en kaartjiepryse beginvanaf R185. Besoek www.quicket.co.za om plektebespreek. Maak sekerjyloop niehierdie vertoningmis nie.

SATURDAY11APRIL

If youare looking foranoutlet to sell your unwanted goods,join theCar BootMarket at the Catholicchurchgrounds, SuffrenStreet,Langebaan,from08:00 to 12:00. Call or Whatsapp 0837795127 to book your spot

SATURDAY25APRIL

TheBay Club and Social presents the legendary John MaythamliveatBlueBay LodgeinanIntimatetheatricalperformance of To life with love Arrivalis at 18:15 and tickets cost R200 perperson. To bookcontact the Lodgeon022 7141179.

Die antwoorde vanhierdie week se Sudoku-raaisels sal ‘n volgende keer in Weslander verskyn. Weslander,nagelang vanplek, poog om elke week twee nuweSudoku-raaiselste plaas. Regsisdie antwoordevan verlede week se kopkrappers.

Met sy jongste enkelsnit, Sommer so, bewys Wouter van de Venter vanLangebaan weer hoe eerlike en reguit Afrikaanse musieksteeds diep tref.

Dielied is rou, eg en deurdrenk met ’n vasberadenheid wat soos ’n refrein deur elke vers klop: jy gaan nie lê nie –nie vandag nie, niemôrenie.

Sommerso het sy ontstaan gehad in Julie verledejaar,’ntyd wat Wouter doelbewus gebruik om te skryf.

“Junie-maandeismos maar stil in die bedryf, so ek gebruik gewoonlik daai tyd om te skryf,” vertel hy.

Saam met twee ander liedjies, Poppe dans en Jonk en verlief, het Sommer so in daardiekreatiewe venster vorm aangeneem.

Hoewel die lied sterk emosies dra, is dit nie geboreuit een spesifieke gebeurtenis nie. Die gevoel van alles wat “onderstebo”draai,iseerder iets waarmeehyenbaieander gereeld kan identifiseer.

“Ek voel, en ek is seker baie mense kan relate,nogal gereeldso,” sê hy.

Die beeld van ’n koue see en ’n storm staan sentraal in dielied. Dit simboliseer die moeilike tyewat elke mens beleef.

“Nie alles is altyd maanskyn en rose

nie,” sê Wouter. “Maar dit hang van jou af hoe jy daardeur gaan kom.”

Vir Wouter is deursettingsvermoë nie onderhandelbaar nie.

“As jy gaan lê is dit neusie verby, jy kan nie gaan lê nie!”sêhy met oortuiging. Dis hierdie ek-sal-nie-gaanlê-nie-mentaliteit wat die hart van Sommer so vorm. Sy vrou, Anita, speel ’n sentrale rol in sy kreatiewe proses. “Anita, my vrou, is my grootste inspirasie deur my hele loopbaan.”

Hierdie liefde gee nie net stabiliteit nie, maar ook die emosionele brandstof wat sy musiek dryf.

Sommer So bevat ook ’n skerp waarneming van die wêreld rondom ons. As hy dié lied in drie woorde moet opsom, kies Wouter “real,eerlik, inspireer.” En dit is presies wat die lied doen. Dit erken die rowwe dae, maar dit bly nie daar vassteek nie. Dit kies om vorentoe te beweeg. Wanneer die laaste note wegsterf, hoop Wouter dat mense positief sal voel. Dat hulle sal onthou die son skyn weer. Dat môre ’n nuwe kans bring.

Met dié enkelsnit lewer Wouter nie net ’n lied nie, maar ’n lewenshouding wat sê: al voel alles vandag onderstebo, môre vat ek die wêreld oor, sommer so.

S.T.I.R.Weskus: Igniting chefs

S.T.I.R. Weskus is abold and exciting initiative designed to ignite high-school learners’ passion, develop their skills, and inspire the next generationofchefs along the West Coast. The programme also supports educational needs within the local community, making it a platform for real impact.

S.T.I.R.Weskus High School Cooking Competition.

Thedriving forces behind S.T.I.R. Weskus areLientjieBlok, Welmarie Coetzee, Anene Loubser,and Edmund Barkhuysen. With 23 years of professional culinary experience along the West Coast,competition organisers aredelighted to have Chef Aneneon board,bringing her authentic“from-theheart” cooking styletothe initiative According to Loubser, thereisa growing demand fortrained andskilled culinary professionals, particularly along the West Coast. “Restaurants andvenues are strugglingtofind young chefs whoare properly trained andpassionate about the craft. There is aclear need for skill development andhospitality exposure

among ouryouth.”

S.T.I.R. Weskusisa high-energy competition aimeds at highschool learners, offering mentorship, prizes,and exposure thatcan fast-track alearner’s culinaryjourneytoward becoming aqualified professional chef. Learnerswithapassion for food, flavour,and creativity have auniqueopportunity to step into the fireand shine.

S.T.I.R. Weskusinvites businessespassionate about youth development to partnerassponsors.Sponsorscan empower young talent by encouraging creativity, confidence,and career aspirations.Businesses cansponsor in avariety of ways, including financial contributions, productoringredientdonations, chef mentorshiportrainingsupport, andprize sponsorship. This year’s competition will be hosted by Longacres PrivateSchool, with Weslander as media sponsor.

Visit Facebook: @stirweskus or email stirweskus@gmail.com

Makeperfect summer meal

This refreshingsalad is the perfect accompaniment to anysummer meal, or even alight lunch outdoors.The complimenting flavours aresuperb

Ingredients

80 gbaby pinach,rocket andbasil

200 gwatermelon, cubed

200 gfeta cheese

40 gfresh rocket

Baby spinach

Fresh watercress (*optional)

Dill andchilli dressing

80 ml oliveoil

zest andjuice of 1lemon

10 ml dill, roughlytorn

5mlchilli flakes

salt andpepper, to taste

Method

1. Arrangethe mixed leaves on a serving platter andtop with watermelon cubes,fetaand dill.

2. For thedressingput ingredientsin aglass jar, shake untilemulsified and season to taste.

3. Dressthe salad with the salad dressingjustbefore serving Source: foodloversmarket.co.za/recipe/ watermelon-feta-and-herb-summer-salad/ Watermelon,

Die musikant Wouter vandeVenter.
feta
Natethe Curator.

Weskus-kuierkonsertlok skare

Duisende mense het die afgelope naweek by die Laaiplek-hotel saamgekuier toe die gewilde Weskus-kuierkonsert weer top-kunstenaars, pret en egte Weskus-gasvryheid na Velddrif gebring het. Van Fear Factor-uitdagings en kindervermaak tot ’n energieke vertoningdeur Snotkop,het die jaarlikse konsert weer bewys waarom die dorptrots praat van “ons konsert”.

Die gewilde konsert het oor die jare’n hoogtepunt op die Weskus se kalender geword en bied jaarliks top-kunstenaars, heerlike eetstalletjies en vermaakvir kinders. Volgens die eienaar enorganiseerder,Steyn Fourie, wat self’nprofessionelemusikant is en reeds 14 jaar in Velddrifwoon, worddie konsert elke jaarnet groter en beter.

Vyf jaar geledehet hy dievisie gehad om ’n konsert na die dorp te bringwat nie net die gemeenskap souverenignie, maarook ’n ekonomiese hupstoot vir Velddrif sou gee. “Sedertdien hetdie konsertgegroei van sowat 600 mense tot ongeveer 3500 besoekers wat jaarliks kom saamkuier.

“Gaste moetaltyd spesiaal voel,want dit is juis ’n kuierkonsert en nie net’n fees nie. Velddrif praat van‘onskonsert’

en die borge wat deel is, maak dit vir ons moontlik om elke jaar ’n top-gehalte konsert tebied,” sê Fourie. Virdie kinders was daar ’n spesiale kindergebied mettradisionele tombola-speletjiessoos vissie-vang en toutrek. Die plaaslike Laaiplek Spar het pryse en lekkersvir die kindergebied geborg. Besoekers het heerlik geëet, gelagen geskoffel terwylverskeie aktiwiteite en

kompetisies die dagvol gehou het. Kort nadat die hekke oopgemaak is, het die plaaslike kunstenaar Gerrie West die verhoog betree, gevolg deur Ek’s Nadia, ’n voormaligeVelddrif-inwoner. Tussen die optredes het dapperkonsertgangers ook ’n FearFactor-kompetisie aangepak, wat groot vermaak vir die skare gebied het. Deelnemers moes onder meer shooter-glase vol kakao-tipe poeier eet en ’n mengsel vandie bekende“Chef Moenie-kat-skiet-nie”afsluk, gevolg deur sy spesialeseekos-pizza.

Die eindronde het nóg grotermoed gevergmet ’n dis van ’n koei,gevolg deur ’n sterk ruikende brownie as nagereg.Johan Olivier het as diedapper wenner uit die strydgetree.

’n Belangrike deel van diekonsert is die jaarlikse veilingwaar geld vir’n gemeenskapsprojekingesamel word. Vanjaar is genoeg geld ingesamel om warm komberse, mussies en serpevir seniorburgers in die dorp te skenk. “Ons probeer sover moontlik almal in diedorp betrek,” sê Fourie.

Weslander het ookdie gewilde Koppie-tee-fontein-aanbieder en kunstenaar JakdePriester in die VIP-gebied raakgeloop.Hyhet die gehoorvermaak met trefferssoos “SallyWilliams Nougat”, “Roerjou voete”,“Groen Mamba”en “Ek sny dit af”. Desmond Wells hetook ’n paar vansyeg-Weskus-liedjies gesing

voordatdie humoristiese duo, Bokkom& V’tsek,die skare laatskaterlag het met hulWeskus-stories en musiek op ’n kitaarsoos ’n regte Weskus-vis. D ie jongspanwas opgewonde oordie Glowstick-danskompetisievoordie verhoog. Diegroot oomblikvan dieaandhet aangebreek toe Snotkop metrookmasjien-golwe op die verhoog verskyn het. Sy energieke optredehet die skare onmiddellik laatreageer.Mensehet saamgesing,gedans, hande geswaai en soos ’n groot koorgevoel. Die gebied voordie verhoog hetbinne minute in ’n dansvloer verander Ná diehoogtepuntvan die aand kon konsertgangersnog tot middernag kuier metDJCharity wat vir diená-partytjie gesorg het. Volgens Fourie maak dieborge ditmoontlikomelkejaar ’n besonderedag vir die gemeenskap aante bied. “Ons wilhêelkeen wat diekonsert bywoon, moet wegstapmet die gevoel: ‘Dit was nou’nlekker kuier.’” Gebaseer op dieglimlagte van die skare was daardievisie beslis in diekol.

Huis Wittekruin-basaar’nsukses

Huis Wittekruin was die afgelope Vrydag (6Maart) ten spyte van die triestigeweer vollewe.

Met hul basaar in volle swang het die braaivleisvure gebrand, die pannekoektannies het gebak om voor te blyendie tafels het gekreunonder talle eetgoed terwylGaanGroot Radio almal van die stoep af vermaakhet.

Huis Wittekruin bedank graag al hul borgeenelke helpende hand wat die basaar’nsukses gemaakhet.

“Dit waslekker om so baie

menseindie gees van vriendelikheid en hartlikheid te sien saamkuier.Ons sê baie dankie aandie gemeenskapwat onsso goed kom ondersteunhet.Hoewel onsmet diebasaargeldinsamel, gaan dit virons baiemeeroor die saamkuier en skouerskuur metons eiegemeenskap, familie en besoekers.Alleeer aandie Here. Ons kom buig in dankbaarheid voor Homvir Sy liefde en genade, wat ditalles moontlik gemaak het,” hetHuisWittekruin bygevoeg. Danie Joubert

SteynFourie,eienaar en organiseerder vandie Weskus-kuierkonsert Foto’s Letitiavan Zyl-Schultz
Snotkop het gesorg virgroot vermaak soos die skaresaam gesing en gedans het
Jak de Priester sing vansybekendsteliedjiesbydie Weskus-kuierkonsert.
Die skaredans en genietdie Weskus-kuierkonsert behoorlik.
by die groentetafel

Applynow forGrR,1 or 8for 2027

The on-time school admissionsapplicationwindow for Grade R, 1or8in2027 has openedonTuesday 10 March.

Parents are encouraged to collectthe required documents so that theyare ready to apply as the window willclose on Tuesday 14 April

David Maynier, minister of the Western Cape Education Department(WCED)said parents areresponsiblefor ensuring that they submit their applications for admission on time.

"Applyingontime is essential to ensure that your child is included in the first round of applications and to support the WCED’splanning for the 2027school year."

DOCUMENTSREQUIREDFORALLAPPLICATIONS

•The learner’smost recent officialschool report (where applicable).

•Certified proof of identity of thelearner: Birthcertificate,IDorpassport

•For foreignlearners: apassport, study permit, proof of application for apermit, or acopy of the parent’sasylum seekeror refugee permit.

Ifnoneofthe above are available, a South African Police Service affidavit will beaccepted

•Immunisation card (Road to Health Certificate) –required for primary school applications.

•Proof of residence (such as amunicipal account, lease agreement, or affidavit

confirming residence.

Once your documents have been gathered anduploaded, completing theonline application should not take toolong.

Preparing these documents before the application period opens will makethe process quicker, easier, and less stressful

The onlineadmissions system is zero–rated, so parents canaccess theplatform without using mobile data. Parentsare encouraged to use the following link: www. westerncape.gov.za/education/service/ learner-admissions

"Toassist parents, the WCED provides clearstep-by-step guidance, including video tutorials, on the admissions webpage.

“We encourage parents to visit thesite

in advance and familiarise themselveswith theapplication steps. We willalsohost popup admission sites during theapplication window. These sites willsupport parents who need help completing online applications or who do not haveinternet access." Information about these pop-up sites will be shared on theWCED website: www. westerncape.gov.za/education/service/ learner-admissions.

Maynier urges parents not to wait."Each year, thousands of lateapplications place enormous strain on thesystemand delay placement processes. Submittingapplications during theon-time window period helps us to plan for aplace in aschool for your child.Don’twait!Apply on time."

Leerdersgee sentrumlewe

Leerdersvan die Hoërskool Vredenburg het hul kunstalent by die gemeenskapsgesinsfees by Stoneridge CentreinVredenburg getoon.

Volinspirasie en bewapenmet kleure het die leerders die drommereg om die sentrum nuwe lewe gegee

Volgens Aneen Burger, ’n onderwyseres by die skool, het die leerdersdit baie geniet.

“Ditwas vir die leerders’nwonderlike geleentheid. Een vanhulle is selfs deur een van die winkeleienaarsgenaderoor die moontlikheid van ’n opvolgprojek –watnatuurlikbaie opwindend is.

“Onsisopreg dankbaar teenoordie sentrum-eienaars, New AgeProperty Developments, asookBullguard en Blikkie Pizzeria vir die geleentheidwat hulle aanons skool se leerders gegee hetom hul talente ten toontestel.”

Burger voeg by dat sulke samewerkingsprojekte vir die leerders baiebeteken, hulle waardevolleblootstellinggee en motiveer.

“Nogmaals baie dankie virdie ondersteuning en betrokkenheid. Ons sien uit na toekomstigegeleenthede om weer saam te werk.”

MelandréHarmsebyhaar NewAge-kunswerk.

rlinge weeg
Pearlvan Vught doen haar Blikkies Pizzeriakunswerk. Foto’s:NoluvuLudidi
VOERTUIE

Weskusskool trots op sy atlete

Die Weskusskool is trots op sy atletewat tussenVrydag13enSaterdag 14 Maart aan die LSEN Wes-Kaapse atletiekbyeenkom in Stellenbosch gaan deelneem. “Ons is ongelooflik trots op jul harde werk en toewyding.

Sterkte met die voorbereiding. Onsstaan agterjulle,” voeg die skool by

Rugbyseisoenbegin!

Hopefieldprobeerhard

MurphyRoberts

Met die aanvang vandie nuwe seisoen in die Boland-Grootuitdaagreeks was daar nie juis verrassings nie.

Hopefield het Saterdag die Grafkelder in Pella besoekenhet by tye gevaarlik gelyk, maar die YoungHearts-troepe van dieuitgeslape Ruben Abels was rotsvas op verdediging en skitterend op die aanval.

Young Hearts hetdie wedstryd met 3815 gewen nadat hy rustyd 17-8 voor was. Hopefield het vinniguit dieblokke gespring en gou 0-3 voorgeloop.Die besoekers het die eerste 40 minute van die wedstryd baie aspekte van die spel oorheers, maar die gebrek aan afronding het ’n rol gespeel. Young Hearts, wat ook in die vasteskrums gesukkel het, kon nie hul lynstaanbesit behou nie, wat telkens voordeel aan Hopefield besorg het.

Young Hearts se rotsvaste verdediging was ’n plesier om te aanskou en hetdie besoekers gereeld tot foutegedwing, wat besitomgekeerhet.

Abels, wat ná ’n seisoenen’nhalfsy terugkeer gemaak het, hetonmiddellik ’n verskilgemaak en teen rustydsy“Bomb Squad” vrygelaat, wat dierigtingvan die wedstryd bepaal het. Hopefield het nie antwoorde gehad nie en moes skielik verdedig vir al wat hy werd was.

DaarnaisHopefieldgereeldsoos ’n Shoprite-trollieindie vasteskrumsrondgestoot en hetbyna elke keer ’n strafskopafgestaan. Met ’n bietjie minder dissipline hetdie tuisspandie wedstryd met 14 man voltooi. Die bonuspuntoorwinning en die punteverskil laatAbels en sy troepe vanvroeëpasaangeërs ook boaan diepunteleer staan.

Vredenburg is ook tans eenvan die voorste spannenásygroot oorwinning oorSteenberg’s Cove, terwyldie nuweling Saldanha Tigers goeierekenskapvan homself teen diehuidige Boland-kampioen, Saldanhabaai, gegee het.

Mamre het ook ’n goeiewegoorwinning behaal deurdie groen Moorreesburg-truie van KennyStadler met22-10 te klop.

Ander uitslae:

Saldanhabaai 31-18 Saldanha Tigers

St. Helenabaai 56-18 Goedverwacht

Vredenburg 65-5 Steenberg’s Cove

Velddrif 43-27 Piketberg

Paternoster 27-19 Langebaan

Swartland: Wesbank 62-3 Koringberg

Saron 34-32 Darling

Abbotsdale 48-7 Riebeeck United Moorreesburg 10-22 Mamre

Porterville40-21 Good Hopes

Villagers Wittewater 20-18 Never

Despairs

Dienaweek pak Langebaan die Young Hearts, Hopefield speel teen Velddrif, Piketberg t. St. Helena, Goedverwacht t. Vredenburg, Steenberg’s Cove t. Saldanhaen Saldanha Tigers onthaalPaternoster.Indie Swartland onthaalDarling Mamre,Never Despair speel teen Porterville, Good Hopesteen Saron, Moorreesburgteen Abbotsdale,Riebeeck teen WesbankenKoringbergteen Wittewater.

bedank graagElana vanZyl Meyervir haar gasvryheid en die geleentheid.
Hopefieldhet hardprobeer om Young Hearts se aanvalletestop, maar die tuisspan se verdediging was rotsvas. Foto:MurphyRoberts
Die mannevan Saldanha keer RonaldoBrown vanSaldanhaTigersomdeurtebreek. Foto:NoluvuLudidi

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook