Skip to main content

Weslander E-Edition - 12 June 2025

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

25612

12 Junie 2025

9 771683 331002

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

A+energie

508L SY-AAN-SY KOELKAS - H670SIT

VRIES VRY

- Koelkas 334L : Vrieskas 174L - H 1786 x W 910 x D 646mm - ‘Titanium Inox’ afwerking - 5 Jaar waarborg

RM WinAskopie! w

was R11 999

R10 999

Geldig tot Sondag, 22 Junie 2025 • Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / BF&W VELDDRIF LANGEBAAN VREDENBURG 022 783 2997

022 495 0001

022 713 1121

Bouwerkers is vroegoggend verras toe hulle op beendere – vermoedelik menslike oorskot – afgekom toe hulle met werksaamhede op die bouperseel in Laaiplek, Velddrif, afgekom het. Die Weslander-advertensieverteenwoordiger Madelie van Tonder was vinnig op die toneel om dié foto (links) te neem. Die ander foto is ingestuur.

Beendere nog ’n raaisel Alida Buckle

Bouwerkers wat gister (Woensdag 11 Junie) vroegdag met grondverskuiwingswerk op ’n bouperseel in Velddrif begin het, moes hul werksaamhede staak toe hulle menslike beendere ontdek het. Werkers in Laaiplek is besig met voorbereidingswerk om bouwerk aan ’n gebou te begin, wat ’n groter apteek sal

Ontdek toe bouwerk begin huisves. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, was die polisie se forensiese dienste uit die Kaap nog op pad na die toneel teen die tyd dat die koerant drukkers toe is. Min inligting is nog oor die beendere bekend.

Van die omstanders meen die menslike beendere moet baie oud wees, aangesien die gebied dekades lank ’n geteerde parkeerterrein was en vóór dit het daar huise gestaan. Die gebied is afgesper vir die publiek en die polisie het ’n wakende oog gehou dat die beendere nie verder versteur

Inbrake neem bedags in Oudorp toe Noluvu Ludidi ’n Bejaarde inwoner van Vredenburg is op die plek waar sy op haar veiligste moes voel, douvoordag op haar eiendom aangeval. Volgens Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus- polisie-distrik, het die voorval verlede Woensdag (4Junie) omstreeks 07:30 plaasgevind. Volgens Helfrich het die inwoner haar deur oopgemaak sodat haar honde kon uit gaan. “Twee jong mans het haar oorval en met messe gedreig. Sy is vasgebind en aangerand en toe in haar badkamer toegesluit. “Die rowers het op die vlug geslaan met onder meer haar skootrekenaar, selfoon en handsak. “Die klaer het die deur oopgebreek en om hulp geskree, waarop haar bure haar kom help het,” sê Helfrich. Hierdie is een van etlike voorvalle wat die afgelope tyd in Vredenburg plaasgevind het. Volgens Sammy Springleer, ’n patrollielid van die Oudorp-buurtwag, het inbrake en ongemagtigde betreding van eiendomme die afgelope twee tot drie maande in die Oudorpgebied toegeneem. Springleer sê dit blyk dat misdadigers

soggens van ongeveer 04:30 tot 08:30 toesak. “Hulle slaan spesifiek toe wanneer mense werk toe gaan, of wanneer kinders skool toe gaan. Hulle huiwer nie om mense aan te val as hulle in of op die eiendomme betrap word nie. Dit lyk ook asof hulle bewus is van eiendomme waar ouer mense en vroue alleen woon.” Denzil Holloway, die voorsitter van die Oudorp-buurtwag, sê omdat hierdie voorvalle deesdae meer in die dag as in die aande gebeur, moes die buurtwag sy patrollies aanpas om op die oggende en bedags te fokus. Wanneer dit kom by hoe inwoners hulself kan beveilig, sê Holloway inwoners moet by die buurtwag aansluit en uitkyk vir verdagtes en hul teenwoordigheid op die buurtwaggroep aanmeld sodat die buurtwag ondersoek kan instel. Volgens Holloway is Breestraat, Vredenburg, met sy self-aangestelde karwagte bedags ’n groot kospeer. “Hulle intimideer veral vroue en pla hulle tydens inkopies. “Nog ’n kwessie is die veiligheid van sakeondernemings in Hoofstraat waar kinders winkels teiken en in groot groepe ingaan en dan winkeldiefstal pleeg terwyl personeel besig gehou word. “Nog bronne van kommer is die beweging van groot getalle skoolkinders deur ons buurt en hul algehele minagting van

verkeersreëls soggens en smiddae, wat tot lewensverlies kan lei. “Inwoners moet hulle ook weerhou van die gebruik om ongedokumenteerde buitelandse tuiniers aan te stel. Ons vermoed dat dit bygedra het tot twee onlangse huisbrake. “Verder moet inwoners hul dromme so spoedig moontlik inbring nadat die vullis verwyder is. Items van waarde en tuingereedskap moet ook buite sig gehou word en voldoende beligting moet aangebring word waar booswigte in die donker ure deur die buurt gaan vir maklike teikens.” Springleer maan ook inwoners om seker te maak dat alle deure en vensters gesluit is – selfs deur die dag. Hy het ook die kwessie gelug dat inwoners hul bure moet leer ken en dat ’n hegte gemeenskap een van die sterkste afskrikmiddels vir misdaad is – ’n siening waarmee die dogter van die bejaarde inwoner saamgestem het. Sy is beïndruk met die optrede van die buurtwag en ander mense wat ingespring het om te help en moedig inwoners ook aan om by hul buurtwagte aan te sluit. •Skakel Holloway by 082772 3417 vir nog inligting of om by die Oudorp-buurtwag aan te sluit.

word nie. Dit sal later bekendgemaak word of dit beendere van meer as een mens is. Indien die beendere oud is, sal die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap ook betrokke raak om ’n deeglike forensiese verslag saam te stel. Dit sal moontlik ook die oorsaak van dood kan uitwys. Ou beendere word van tyd tot tyd in die Weskus ontdek wat onder andere dié van ou seevaarders was.

Man beseer in bakleiery buite kroeg -2 Dierewelsyn in die Weskus beleef ’n krisis -3 Sosiale foto’s saam met Lizz Meiring - 11 Weskus-afrigter maak naam oorsee - 19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander E-Edition - 12 June 2025 by Novus Media - Issuu