Hou die Weskus ingelig sedert 1972
Die wyle Lesley Williams.
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / E-pos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / WhatsApp: 082 576 0453
9 7 71 6 8 3 3 31 0 0 2
26212
12 Februarie 2026
Skietvoorval eis tiener (18) ‘Hy’t vir sy lewe gepleit’ Noluvu Ludidi “My kind het vir sy lewe gepleit.” Só vertel ’n gebroke Angelique Williams van Diazville, Saldanha, nadat haar seun verlede week tragies vermoor is. Haar seun, Lesley Williams (18), is verlede Woensdag (4 Februarie) omstreeks 00:40 in Galjoenstraat, Diazville, doodgeskiet. Sy ma sê Lesley was ’n stil kind wat by homself gehou en min woorde gehad het. Volgens Angelique het Lesley vroeër verlede week dreigemente ontvang, maar sy sou nooit kon raai dat dit ’n werklikheid sou word nie. Sy vertel dat Lesley op pad huis toe was toe die voorval gebeur het. Volgens inligting wat sy van omstanders ontvang het, het gewapende mans Lesley eers in die rug geskiet, waarna hy by ’n huis in gevlug en om hulp gevra het. Hy het
Hond word raakgery, op sypaadjie gelos -2
Die lewe van nóg’n jongmens is in die Saldanhabaaimunisipale gebied geëis. Foto: Eyasu Etsub | Unsplash
glo gesmeek, maar nóg ’n koeël is afgevuur en het hom in die kop getref. “Hy het dit nie verdien om so wreed vermoor te word nie. Toe ek die nuus hoor, was ek yskoud; dit is moeilik om die gevoel te beskryf. Toe ek op die toneel kom, het ek afgehurk en sy naam geskree. Dit is so seer en voel asof iets uit my binneste geskeur is.” Angelique sê inwoners wat op die toneel was, het Lesley se pleidooie gehoor en dit speel nou nog in hul gedagtes af. “Ek gaan hom verskriklik mis. Ek kan nie sê dat ek sterk is nie, want dit is moeilik.” Angelique voeg by dat sy haar seun gaan mis vir wie hy was en sy respek vir haar. Al wat sy kan doen, is om die herinneringe te koester. ’n Moorddossier is by die Saldanha-polisie geopen en die saak word ondersoek. ◘ Die begrafnis vind komende Saterdag, 14 Februarie, om 08:30 by die Kingdom Ministries International, Vredenburg, plaas.
Oud-raadslid gee sy eerste boek uit -3
Hel of hemelpoort? elke dag gaan daar mense dood ’n baba of iemand pleeg selfmoord die misdade en gangsterism; gunskoot iemand word dood gevind in die sloot die dood is elke dag oop dood loop hier rond kan iemand die dood eenkant toe stoot dan’s daar natuurlike dood en ongelukke ons verloor onse mense dit was nie onse wense wanneer dit my beurt is hel of hemelpoort? ek stel nog steeds belang in God se woord kom ons bid * Die gedig is geskryf deur die Vredenburgse gospelrapper Thyrone Pieterse.
Kleinskaalse vissers eis erkenning -5