Hou die Weskus ingelig sedert 1972
11 Desember 2025
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
Ouma op pad vermoor Sy wou geliefdes in Vredenburg besoek
Noluvu Ludidi ’n Besoek aan Vredenburg, wat vir ’n oupa en ouma veronderstel was om groot vreugde te bring, het in ’n tragedie ontaard toe rowers hulle op pad van die Kaapstad- internasionale lughawe af by ’n rooi verkeerslig oorval het. Karin van Aardt, wat in die passasiersitplek van die huurmotor gesteek is, en haar man, Herman, sou hul kleinkind se verjaarsdag in Vredenburg kom vier het. Hulle is Amoré van Aardt, ’n onderwyseres by die Laerskool Vredenburg, se skoonouers. Die voorval het die afgelope Vrydag (5 Desember) op die hoek van Jakkalsvlei-laan en Jakes Gerwel-rylaan gebeur. Rowers het die Van Aardts, inwoners van die Bateleur-aftreeoord in Mbombela, Mpumalanga, by die verkeerslig oorval toe die huurmotor tot stilstand gekom het. Die mans het op die voertuig toegesak, die passasiersruit uitgeslaan en Karin telkemale gesteek, berig Nova- News. ’n Motoris het die paartjie na die Netcare N1 City-hospitaal gelei, waar hy saam met Herman gewag het totdat hul
seun, Ruan van Aardt, uit Vredenburg aangekom het. Uli Tümpelmann, ’n familielid, het aan Netwerk24 vertel dat hy ’n oproep van Herman uit die hospitaal ontvang het, met die woorde: “Ons het groot moeilikheid. Ons moet bid. Karin is gesteek.” Tümpelmann vertel dat hulle ná die aanvanklike skok op hul knieë gegaan en gebid het. Hy het gehoor hoe die dokter vir Herman die bitter nuus oordra dat sy vrou met haar aankoms by die hospitaal as dood verklaar is Tümpelmann het opgemerk dat Karin maar net ’n ouma was wat haar kleinkind se verjaarsdagpartytjie wou bywoon en daarvoor gesterf het. Die Primêre Skool Universitas, oftewel Tjokkies, waar Karin tot 2018 skoolgegee het, het op sy Facebook-blad gedeel dat Karin ’n lig en vreugde vir almal om haar was. “Haar afwesigheid sal diep gevoel word. Ons dink veral aan haar familie en geliefdes in dié moeilike tyd. Mag julle troos in kosbare herinneringe vind.” Hoewel die Van Aardts met ander mediahuise in gesprek was, het hulle verkies om nie met Weslander, die Weskus se streekskoerant, oor die voorval te gesels nie.
Wyle Karin van Aardt
Beendere-uitslag in 2028 Die polisie bewaak die perseel in Paternoster waar menslike beendere vroeër vanjaar gevind is.
Werkers wat ’n gat vir ’n swembad gegrawe het, het eers gedink dié menslike beendere is dalk ’n skilpaddop, maar het by nadere inspeksie besef dit is ’n menslike skedel. Lees berig op bl. 2
Alle bouwerk aan dié swembad in Paternoster was vir ‘n tyd gestaak toe beendere gevind is.
NM10040473-DW111225