Skip to main content

Weslander E-Edition - 10 April 2025

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

10 April 2025

Motor tref bejaarde voetganger

‘Titter’ was ware liefde

Noluvu Ludidi

Die gemeenskap van Louwville het ’n geliefde inwoner verloor.

Porterville se strate oorstroom Porterville is Dinsdag 8 April gedurende ’n wolkbreuk oorstroom. Die water het soos ’n rivier in die strate afgespoel en sakepersele en woonhuise oorstroom. Berig op bl.2 Foto: SA Truck King

25410

9 771683 331002

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 Epos: weslander@novusmedia.co.za Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant Whatsapp: 082 576 0453

Cecelia Coleman (72), ook bekend as “ma Titter”, is Donderdag 3 April dood nadat sy by die voetoorgang in Hoof-straat, Vredenburg, op Woensdag 2 April deur ’n motor getref is. Soos Cecelia se dogter, Leome Joseph, verduidelik, het haar ma ’n betaling by ’n klerewinkel aan die ander kant van die pad gaan maak. Met haar terugkoms by die voetoorgang het die motor haar getref. “Toe ek op die toneel kom, toe lê mammie daar met haar oë toe. Ek is beïndruk deur al die nooddienste wat vinnig op die toneel was. Toe ons by die hospitaal kom, het die dokter ons ingelig dat haar breinaktiwiteit baie laag is. Sy is oorgeplaas Groote Schuur-hospitaal toe met die helikopter en dokters het daar ook vasgestel dat die impak so groot was en daar te veel bloeding op die brein was en dat daar niks meer is wat hulle vir haar kon doen nie.” Joseph het weer eens besef hoe seer haar ma eintlik gekry het en sê die familie moes besluit om die masjiene te laat afskakel nadat dokters haar breindood verklaar het. Joseph sê haar ma was baie aktief in die gemeenskap en ’n ware mense-mens. Dit was vir Joseph wonderlik om te sien hoe die gemeenskap byeenkom en saamgestaan het om hul ondersteuning te wys en hulp te verleen. “Selfs in haar omstandighede was sy altyd iemand anders se sonskyn. Sy was altyd bereid om iemand anders te help en te bemoedig,” vertel Joseph. Norman van Wyk, ’n gemeenskaps-

Leome Joseph met ‘n foto van haar ma. Foto: Noluvu Ludidi

aktivis in Witteklip, sê “ma Titter” was geliefd en baie mense het haar geken. “Ek het vele interaksies met haar gehad. Dit het nie saak gemaak hoe sleg ek gevoel het nie, sy was daardie geesdriftige mens wat jou net kon laat vergeet van die lewe se uitdagings,” sê Van Wyk. Joseph sê die familie se harte is seer en dat haar ma deur baie gemis sal word. Sy sê sy sal altyd die plek waar die ongeluk plaasgevind het moet aanskou en die ongeluk sal haar bybly. Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die Weskus-polisiedistrik, word ’n saak van strafbare manslag ondersoek. Die begrafnis vind op Saterdag 12 April plaas. Die huisdiens begin om 10:00 by Hendricksstraat 25, Louwville en die diens in die Louwville-gemeenskapsaal volg om 12:30.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander E-Edition - 10 April 2025 by Novus Media - Issuu